NUUS • NEWS
12
28 Oktober 2015
Ruiters presteer
Hoofleiers:
Die Hoërskool Dirkie Uys op Moorreesburg se hoofleiers vir 2016 is soos volg: Jason Coetzee (onderhoofseun), Marige Carstens (onderhoofmeisie). Stephan Visser (hoofseun) en Nelia Bester (hoofmeisie). Foto: Ghida Visser
Swartgordel:
Liam O’Callaghan, Joubert du Bois en Blaze Nicholas van die Goju Ryuklub op Malmesbury het onlangs hul junior swartgordels verwerf. Al drie doen al meer as 10 jaar karate. Hulle het as 4- en 5-jariges begin. Vir Jeanne Steyn, hul sensei, is dit die grootste prestasie wat enige karateka kan bereik. Statistiek het al bewys, dat slegs een uit 500, wat met karate begin, uiteindelik swartgordel verwerf. Die eksamen was ‘n marathonsessie van drie en ‘n half uur, van fisiese toetsing. Steyn sê hulle sal ‘n sukses maak van alles wat hulle vorentoe aanpak, omdat hul geestelike en fisiese vermoëns op ‘n baie hoë vlak is.
Clintonianne Perdryskool op Moorreesburg het weer twee ruiters, Maarten Slabber en Marlene Schreuder (FOTO BO) na die Wes-Kaap Skouspring- kampioenskappe vir Juniors op Stellenbosch geneem. Die ryskool se ruiters het baie goed gevaar. Marlene Schreuder het die eerste keer deelgeneem en het die Sondag die 70cm A2-kompetisie gewen. Maarten Slabber het met sy 19-jarige perd, Kalahari, in die 70cm-klasse deelgeneem en het die Saterdag al twee klasse gewen. Hy het ook Sondag die kampioenskappe gewen en was die 70cm Victor Ludorum. Maarten het ook met sy perd, Wel Man, aan die 80cm-klasse deelgeneem en het Saterdag al twee klasse gewen en was Sondag tweede in die A2-kompetisie en tweede in die kampioenskappe. Hulle was ook die 80cm Victor Ludorum. Amanda Dick het die Saterdag aan twee 80cm-klasse deelgeneem met Tusanke Witko en was tweede en eersste in die twee klasse.
Raadslid Yolandé Cox-Chetty (naasregs) saam met Dirk Rust en Hilary Williams by die Koringberg Dagsorgpersoneel, Anna Antonie en Nita Swarts.
Verjaar met gemeenskap
Gesels met ons! Kontak ons by 022 487 3221 of stuur ‘n epos na izelle@diecourant.co.za met u nuuswenke!
‘n Swartland raadslid, Yolandé S. Cox-Chetty, het onlangs verjaar en In stede van 'n partytjie het sy en haar gesin besluit om eerder na die minderbevoorregtes in ons gemeenskappe uit te reik. Dit het ook saamgeval met die Internasionale Dag vir Bewusmaking van Borskanker en ‘n praatjie hieroor is aan die vroue gebied. Die voorsitter van die Koringberg GPF, Dirk Rust, en Hilary Williams was saam na die plaaslike dagsorg op Koringberg en verskeie gesinne is tuis besoek. Hulle het brode op Koringberg en in Sibanye Park op Moorreesberg uitgedeel. Die kinders het pakkies met smulgoed ontvang. Die vreugdevolle dag is afgesluit met gebed. Cedric E. Bruintjies