courant
BEKROON: Weskus se 1ste keuse
swartland en weskus
Gratis • Free
Hugenotestraat 24, Malmesbury
Bergrivier
dié
1
28 Oktober 2015
Uitgawe 344
tel: 022 487 3221
Weskus se GEWILDSTE en GROOTSTE Streekblad - Ons BOU saam met GOEIE NUUS
Déan sit Smit-tradisie voort
Een van Hoërskool Swartland se hekkielopers, Déan Smit (middel voor), volg deesdae in sy pa, Charl, en tannie Brenda (destyds Krogman) se atletiekspore. Brenda, wat getroud is met die oudste van die bekende Du Plessis rugbybroers, Springbok Willie, woon deesdae in Sydney, Australië. Sy was op haar dag die SA o.21-kampioen in die 400m-hekkies. Haar en Willie se dogter, Lizaan, was voorheen die No. 1-tennisspeler in Suid Afrika. Charl, soos Brenda ‘n oudleerder van Dirkie Uys op Moorreesburg, was sélf ‘n kranige hekkiesatleet. Hy vertel sy beste tyd as o.19 WP-atleet in die 110m-hekkies was 14,7 sekondes. “Ek was nie so pligsgetrou soos Brenda nie.” Oor Déan sê afrigter Charl: “Hy het die afgelope vier maande geweldig ontwikkel. Hy is nou o.17 en sy tyd is so 14,2 sekondes. Die hekkie lig volgende jaar (o.19) ‘n bietjie, maar hy kan dan twee jaar o.19 deelneem.”
• ‘grondsake: Geld bring drome aarde toe'
Begin nóú - boer saam Moenie wag dat dinge gebeur nie, láát dit gebeur. Hierdie raad het gister van Willem Klaase van die Welbeloon Boerdery gekom. Hy was een van die opkomende boere wat by die Weskus Landbouberaad op Moorreesburg gepraat het. “Omring jou met kundigheid,” was sy raad aan medeboere. Hy was een van drie opkomende boere wat hul suksesverhale gedeel het. Meer as 200 agrirolspelers was byeen vir die beraad wat grondhervorming onder die loep gehad het. Carl Opperman, uitvoerende hoof van Agri Wes-Kaap, het gesê: “Gesprekke soos dié wat ons vandag hier het, is baie belangrik sodat ons gemeenskaplike grond kan kry van waaruit ons grondhervorming kan bespreek.” Hy het aan dié courant gesê daar is baie verwagtinge en drome, maar ekonomiese realiteite bring drome vinnig aarde toe. “Almal kan nie boer nie, die res moet hul harte in die waardeketting sit.” Klaase het sy dank uitgespreek vir die hulp wat die staat gee, maar ook gewaarsku: “Land-
bou is een van die slagare van die land. As die staat dit afsny, sal die land doodbloei. Hulle moet honderd present agter ons staan.” Welbeloon Boerdery behoort aan Klaase en sy vrou, Martha. Klaase het in 1983 met tien lammers begin boer. Hy het die lammers en ‘n stukkie grond by ‘n kommersiële boer gehuur. Die grond het groter en die vee meer geword, totdat hy besluit het om na ander kommoditeite te kyk. Die plaas wat hy toe by die staat gehuur het, Drommelvlei, het die infrastruktuur vir aartappels gehad en in Januarie 2012 het hy met Stef Stephan as mentor sy eerste aartappels geplant. Vandag is dié twee in ‘n vennootskap en die opbrengs is in die omgewing van 50 ton per hektaar. Die Wes-Kaapse Minister van Landbou, Alan Winde, het gesê grondhervorming moet tot voedselsekerheid en ekonomiese groei lei om suksesvol te wees. “Grondhervorming is ‘n groter ekonomiese
proses as net grond, sonder markte kan dit nie suksesvol wees nie,” het hy gemaan. Prof Nick Vink van die department landbouekonomie van die Universiteit van Stellenbosch, het in sy rede gesê daar is baie om te kritiseer. “Maar moenie die regering só erg kritiseer dat hulle dinge te haastig begin doen nie. “Daar is baie tyd nodig om grondhervorming te laat slaag. Die staat het ook tyd nodig om te leer om dit ordentlik te doen. "Dit is ‘n mite dat landbou in Afrika nie suksesvol is nie, dit groei vinniger as die globale gemiddeld.” Nog een van die beraadgangers was John Dürr van die Rooivleis Produsente-organisasie. Hy het aan dié courant gesê dit is duidelik dat daar baie frustrasie bestaan oor die sloerdery om huurkontrakte af te handel. “Baie van die mense sit op grond, maar hulle kan nie hulp kry sonder wettige kontrakte nie.” Tijmen van Essen, burgemeester van die Swartland Munisipaliteit: “Die sukses van grondhervorming moet van binne die landbou kom.”
NUUS • NEWS
28 Oktober 2015
NUUS • NEWS
2
28 Oktober 2015
KulTIERweek: Die Hoërskool Dirkie Uys (Tiere) op
Moorreesburg se KulTIERweek het verlede week Dinsdag afgeskop met 'n Masterchef ‘Tastes of the World’-uitdaag waar elke registerklas ‘n land getrek het en ‘n ‘mini’-ete vir elke gas moes voorberei, asook hul stalletjie versier en ‘n kort toneeltjie opgevoer het. Die wenners was die Gr. 9D-klas wat die VSA voorgestel het en mini-hamburgers en mini-aarbeimelkskommels bedien het. Heel links is Lauren Marais, Vanessa Marais en Nikki Boltman. Lede van die Moorreesburg VLV het die beoordeling behartig. Middel: Die personeelkonsert, ‘Dirkie Uys het ‘n Noot’ het Donderdagaand plaasgevind. Bo is Jaco Grobbelaar as die ‘Buffelsfontein Baard-olie-man’, Jaco Wessels as Thys die Bosveldklong, skoolhoof Dawie Diedericks as Pieter de Villiers en Arian Bester as ‘Super Schalk’. Foto's: Ghida Visser
Laerskool Swartland keur nuwe skoolfonds goed Twee besluite van die onderwysdepartement het die grootste bydrae (meer as die helfte) gemaak tot die verhoging in skoolfonds wat Maandagaand by die Laerskool Swartland se begrotingsvergadering goedgekeur is. Die tesourier van die beheerliggaam, Gey Kriek, het die begroting voorgehou en ‘n 8,8% verhoging in skoolfondsgeld is goedgekeur. Die skoolfonds styg van R6250 per jaar tot R6800 per jaar. Kriek het gesê die departement se besluit om departementele poste by alle kwintiel 5-skole te verminder saam met die halvering van hul bydrae ten opsigte van die Sonskynklas vir spesiale onderwys het groot druk op die begroting geplaas. Die totale begroting wat deur die skool en beheerliggaam hanteer word, is R7,3 miljoen en daar word vir geen tekort of oorskot begroot nie. Van die ander vernaamste inkomstebronne is die verhuring van die skool se saal, busse en tennisbane, fondsinsamelings, verhuurde woonstel, musiekfooie, sportsentrum en die klerebank. Aan die uitgawekant maak salarisse en lone
61% van die begroting uit met ‘n verdere 9,3% wat aan algemene onderriggelde soos handboeke en skryfbehoeftes bestee word. Kriek het daarop gewys dat dus meer as 70% van die begroting aan direkte onderrig bestee word by hierdie skool. Die voorsitter van die beheerliggaam, LizaMari Lategan, het daarop gewys dat ouers volgens wet verplig is om skoolfonds te betaal. Die begroting maak ook voorsiening vir R1.224 miljoen ten opsigte van gesinne wat kwalifiseer vir kwytskelding of gedeeltelike kwytskelding asook wanbetalings. Kriek het ook die begrote bedrag vir verhaling van slegte skuld met sowat R50 000 verhoog. Lategan het die skool se personeel en die finansiële kommissie bedank vir hul harde werk om die begroting op te stel en die verhoging te beperk. • Wat is kwintiel by skole? Skole word geklassifiseer volgens 'n ekonomiese middele-toets van 1 tot 5. Kwintiel 1 is die laagste en kwintiel 5 die hoogste op dié skaal.
• erfenis van nader bekyk
Burden pak bewaring op Malmesbury Die bekende kultuurhistorikus, prof. Matilda Burden, bied op 18 November saam met Malmesbury Toerisme ‘n lesing op Malmesbury aan oor geboue en argitektuur. Burden het al verskeie publikasies, waaronder Van Fabels en Feeste tot Gewels en Geeste asook Yzerfontein - Weskuswonder, en tientalle referate die lig laat sien.
Sy bied lesings aan namens Historiese Huise, ‘n maatskappy wat deur dr. Anton Rupert gestig is om historiese geboue te bewaar. Hulle het onlangs besluit om ook op ander wyses as tot fisiese geboue bydraes tot bewaring te lewer. Vandaar Burden se aanbieding van kursusse en lesings namens die maatskappy. Malmesbury beskik oor ‘n historiese roete en bring tans unieke kennisgewings op elk van die roete-geboue aan om dit makliker te maak vir toeriste. Besoekers sal die geboue aan ‘n spesiale voete-embleem kan uitken. Burden sal in haar lesing ook kruisverwysings na geboue op die roete inwerk. Die lesing begin om 19:00 by die Malmesbury Museum. Skakel die toerismekantoor by 022 487 1133 met navrae.
NUUS • NEWS
3
28 Oktober 2015
Beraad:
Minister Alan Winde (middel, by gister se landbouberaad op Moorreesburg. By hom is Evan Mathews (opkomende boer, links) en Cornelius (oom Neelsie) Julie, voorsitter van die streek en plaaslike opkomende boereverenigings van Vredendal. Sien berig op bladsy 1.
Rolspelers:
John Dürr (Rooivleis Produsente-organisasie), Tijmen van Essen (Swartland burgemeester) en Willem Wilskut (raaslid).
Gesellig: Carl Opperman
(hoof uitvoerende beampte Agri Wes-Kaap), Wouter Kriel en Jeanne Boshoff in gesprek.
• wel op Porterville
Swartland nog vry van waterbeperkings Daar is nog geen waterbeperkings in die vooruitsig vir die Swartland nie, het At Botha, direkteur: siviele ingenieursdienste van die Swartland Munisipaliteit, aan dié courant gesê. “Daar was wel Maandag ‘n parlementêre navraag oor beperkings, maar niks is nog besluit nie.” Die senior bestuurder: tegniese dienste van die munisipaliteit, Louis Zikmann, het verlede week ook by Darrel Daniels van Depatement Waterwese navraag gedoen rakende moontlike waterbeperkings. Die Swartland Munisipaliteit kry sy water grootliks vanaf die Voëlvleidam. Die dam is op die oomblik 46% vol. “Dit klink min, maar hou in gedagte dat die Swartland slegs sowat 3% per jaar van die dam af kry.” Botha sê verder die inhoud en stand van die Voëlvleidam is nie die enigste bepalende faktor of daar waterbeperkings toegepas gaan word of nie, want dié dam vorm deel van ‘n groter voorsieningsbron en -stelsel wat verskeie ander opgaardamme insluit. Die reënval wat daardie damme voed, se inhoud en stand word weer bepaal deur die reënvalsyfers in die gebiede waarin daardie damme geleë is. Die Swartland kry ook ‘n klein bietjie water uit die Paardenbergdam, sowat 4%. Dié dam is nou 50% vol. Paardenbergdam is in September 1926 in
gebruik geneem om Malmesbury en ‘n paar landbouers in die Paardenberg van water te voorsien. Die opvangsgebied van dié dam is ‘n paar klowe en kleiner strome wat die dam voed. Botha vertel dat Paardenbergdam aanvanklik in ‘n groot gedeelte van die dorp se waterbehoefte voorsien het, maar soos Malmesbury oor die laaste 90 jaar ontwikkel het, het die bydrae al minder relevant geword. “Tans gebruik ons maar 206 850 kiloliter per jaar uit Paardenbergdam, wat maar 4,2% van ons totale verbruik verteenwoordig. “Voëlvleidam daarenteen is een van ons hoofbronne van watervoorsiening en verteenwoordig 4,897 miljoen kiloliter per jaar . • Intussen is waterbesparingsmaatreëls op Porterville ingestel. Die Bergrivier Munisipaliteit het verlede week aangekondig dat daar kommer heers oor die afname in die dorp se rouwater-toevoer. “Voorsorgmaatreëls moet ingestel word om te verseker dat daar voldoende drinkwater sal wees vir die warm somermaande wat voorlê.” Die maatreëls geld net vir die natmaak van tuine. Natmaak van tuine word verbied van 10:00 tot 17:00 daagliks. ‘n Boete van R100 per oortreding sal betaalbaar wees as oortreders betrap word.
courant
dié
4
Gaan haal jou moontlikhede
Ons almal is op onsself aangewese vir ons eie geluk, ons eie welvaart en ons eie sukses. Soos 'n opkomende boer dit tereg noem, omring jou met kennis en gaan haal die toekoms. Moenie agteroorsit en wag dat iets moet gebeur nie. As dit dan nie gebeur nie, vir wie kan jy dan blameer? Niemand anders as net jy self nie. As jy wel iets doen, as jy die geleenthede aangryp wat jou kant toe geslinger word, dan kan jy die beste maak van enige saak. Dit is nou eksamentyd waar leerlinge hard werk (hopelik). Dit is nou juis hier waar jy jou moontlikhede gaan haal. Waar jy jou toekoms nader hark en dit net vir jouself. Vir niemand anders behalwe jy nie. Daar is altyd een of ander storm aan die broei. Of dit nou in jou persoonlike lewe is en of dit op nasionale vlak is. Altwee het egter 'n impak op jou lewe en jou besluite. Soos die een kenner sê: "As jy sien hier kom 'n stofwolk aan, staan net bietjie eenkant toe. Dit is nou die politiek wat so maak." Daar sal nou soveel dinge gesê word, soveel beloftes gemaak word, soveel mooi broodjies gebak word net om mense te oorreed om die kruisie op die regte plek te trek volgende jaar. Selfs hier moet jy kophou en jou moontlikhede dophou en bepaal wat vir jou belangrik is. Hou koers en maak altyd seker dat jy jouself en jou behoeftes eerste stel.
NUUS • NEWS
28 Oktober 2015
Ackerman deel kennis met Wesbank Besigheidsforum Die Wesbank Besigheidsforum bied Dinsdag ‘n geselligheid in die Malmesbury Stadsaal aan. Die spreker is die bekroonde entrepreneur en sakevrou, Suzanne Ackerman, dogter van Raymond Ackerman (Pick n Pay). Die aand sal ook deur die nuwe voorsitter van die Afrikaanse Handelsinstituut (AHI), dr. Ernest Messina, die uitgetrede voorsitter, dr. Christo Van Der Rheede (nou adjunk uitvoerende direkteur van AgriSa), asook Sheraz Rayban, ondervoorsitter van die Wes-Kaap Handelsinstituut,
en ander hooggeplaasde gaste bygewoon word. Die program begin om 18:00 vir 19:00 en daar is slegs 150 kaartjies beskikbaar. Wesbank Besigheidsforum bied die aand in samewerking met Malmesbury Pick n Pay (Nelia Kirsch) aan en kaartjies teen R100 elk is by die bestuur te koop. Dit sluit ‘n ligte vingerete met sap of koffie/tee in. Navrae: Willmorie Jasson (060 481 4898), Jacques Swarts (082 826 6810), Geoffrey Coetzee (082 717 2197) of John Smith (082 762 3689).
Kersligmark kry huppel in sy stap Die jaarlikse Kersligmark van Malmesbury Toerisme wat reeds ‘n jarelange instelling is, neem vanjaar ‘n splinternuwe gedaante aan wanneer die mark op Saterdag 28 November as ‘n dagmark sal plaasvind. Ná gesprekke met rolspelers en lede van die gemeenskap, sal die mark vanjaar van 09:00 tot 15:00 plaasvind. Voornemende stalletjiehou-
ers kan die toerisme-kantoor by 022 487 1133 skakel om hul stalletjies te bespreek. Dit beloof om vanjaar vol verrassings te wees en die navrae stroom in. • Musikante en sangers van Malmesbury en omgewing wat vrywillig tydens die mark in die stadsaal wil optree, kan die koördineerder, past. Piet Smit, voor 4 November skakel by 073 447 2902.
Laaste kans om sakelui te nomineer
Dis Goeie Nuus
Dr Andrew Bosman
Gedaante van godsaligheid
Paulus skryf aan Timoteus dat in die laaste dae daar swaar tye gaan kom. Die mense gaan liefhebbers van hulself wees, grootpraters, verwaandes, ongehoorsaam aan hul ouers, geldgieriges, trotsaards, lasteraars, ondankbares, onheiliges, sonder natuurlike liefde, onversoenlikes, kwaadspekers, bandeloses, wreedaards, sonder liefde vir die goeie, verraaiers, roekeloses, meer liefhebbers van genot as liefhebbers van God; mense wat ‘n gedaante van godsaligheid het, maar die krag daarvan verloën het. Ons lees dat selfs die Satan hom kan verander in ‘n engel van die lig (2 Kor.11). Baie van hierdie eienskappe kom ons daagliks tee in die nuus, dit is vir ons vreemd dat mense so optree, nie vir God eer of soek nie maar tog die seën van die kerk op hulle dade wil hê. Daarom die gedaante van godsaligheid. Maar in werklikheid is dit om die kerk van Christus tot niet te probeer maak. Net wanneer ‘n mens wonder wat is volgende dan kom die woorde van ‘n prediker by my op: “Ek het die laaste bladsy gelees en ons wen!” Selfs Psalm 2 woel die nasies, die konings en vorste hou saam raad teen die Here en teen sy Gesalfde en sê: “laat ons die bande stukkend ruk en die toue afwerp! Hy wat in die hemel woon, lag; die Here spot met hulle. God is in beheer, laat dit nie by ons gevind word dat ons teen God gestry het nie.
Die Malmesbury Sakekamer se nominasies vir diensverskaffer en gemeenskapsbydrae van die jaar sluit Vrydag 30 Oktober. Deel in die proses en gaan nomineer jou besigheid of persoon wat bydrae maak tot die gemeenskap. Persone wat nie internet-toegang het nie, kan hul nominasies by Bester en Vennote in Hugenotestraat 38, Malmesbury, skriftelik indien. Aanlyn-nominasies kan gedoen word by www.sakekamer.co.za Kaartjies vir vanjaar se gala-aand op 13 November is by Bester en Vennote beskikbaar. Kontak Toinette Nieman by 022 482 1060 om kaartjies te koop. Vanjaar sal Desmond Wells die voete laat skoffel oor die dansvloer.
Fynere kuns van fotografie gewys
Die Malmesbury Museum bied ‘n fotografie-kompetisie en uitstalling aan. Inskrywings vir Fotografie-uitstalling sluit Dinsdag 2 November, Die tema is `Swartland Landskap’. Enige iemand kan deelneem in een van die volgende kategorië: skoliere of volwassenes. Kontak Christine by Malmesbury Museum om in te skryf: 022 482 2332 weeksdae van o9:00-13:00 of malmesburymuseum@gmail. com. Die uitstalling open Donderdag 4 November om 19:00. Chris Murphy is die gasheer en gesels oor "Fotografie in Suid-Afrika vandag". ‘n Kundige gaan ook gesels oor jou slimfoonkamera. ‘n Geskenkpak is te wen deur die persoon wat gedurende die geleentheid die beste foto neem. Kaartjies is R70 elk en sluit ‘n eg-Italiaanse langtafel in. Kontak Christine by bogenoemde nommers.
Dis die feite: In verlede week se uitgawe is daar verkeerdelik verwys na Jannie Dürr as ‘n inwoner van Malmesbury. Alhoewel hy ‘n boorling van die dorp is, woon hy tans op Moorreesburg. Daar is ook in ‘n onderskrif op bladsy 2 verkeerdelik na Francois de Villiers van Orion Dieregesondheid verwys as Pieter Dreyer.
Toekennings: Dié twee Maties van
Malmesbury spog elk met die Universiteit van Stellenbosch se “rektorstoekenning”. Juanita Langeveld het 'n eerste plek in die Agri-Wetenskap-fakulteit behaal en haar voorgraadse studie in B.Sc Agric Veekunde met 80% geslaag. Sy studeer tans M.Sc Agric Diere-reproduksie-fisiologie met skape as haar fokusdiere. Lize Spies het haar voorgraadse studies in BA Geesteswetenskap 'n derde plek in die Lettere en Sosialewetenskap-fakulteit behaal met 'n gemiddeld van 84%. Sy voltooi November haar nagraadsediploma in vertaling.
Wenners van BZN-kaartjies Die drie gelukkige wenners van 'n stel dubbelkaartjies na BZN se vertoning Saterdag in die Paarl is Christine Albertyn, PW Koegelenberg, Mavis Welman. • Met hulle optrede op 31 Oktober by die Liqui-Fruit-amfiteater in die Paarl gaan hulle al die liedjies sing wat destyds van hulle ’n huishoudelike naam in Suid-Afrika gemaak het. “Ná ’n vorige konsert in Suid-Afrika waar ons van ons nuwe materiaal gesing het, was ons Suid-Afrikaanse aanhangers se terugvoer dat hulle ons treffers wil hoor. "Wel, ons het geluister en die BZN Greatest Hits Show is presies wat die naam sê, ’n konsert propvol van ons grootste treffers,” vertel Anny, een van die oorspronklike sangers. Kaartjies is beskikbaar by Computicket.
Geen kossoort alleen gee kanker, sê kenner
Die beste manier om kanker te beperk is deur ‘n gesonder lewensstyl. Só het prof. Hettie Schönfeldt, van die Universiteit van Pretoria se instituut vir voedsel, voeding en gesondheid gister in ‘n persverklaring gesê. Sy is gepols na aaleiding van die jongste debat oor rooivleis en verwerkte vleis ná ‘n skrywe deur die Internasionale Agentskap vir Kankernavorsing (IAK). Na aanleiding van die IAK se skrywe in The Lancet Oncology het Schönfeldt gesê die IAK het bevestig dat rooivleis belangrike voedingselemente soos proteïen, vitamien B, yster en sink bevat. Die Verenigde Koninkryk se Kankernavorsingsinstituut het ook gesê die jongste skrywe oor rooivleis verklaar nie dat rooivleis as deel van ‘n gebalanseerde dieet kanker veroorsaak nie.
“Geen enkele kossoort op sy eie gee kanker nie. Daar word ook nie beweer dit is so gevaarlik soos rook nie. "Die verklaring is juis dat die risiko veroorsaak deur rooivleis en verwerkte vleis klein is.” Schönfeldt sê dit is belangrik om na ‘n paar wetenskaplike feite te kyk. Onder hulle is: Die verslag is slegs deur ‘n paar wetenskaplikes saamgestel, en verteenwoordig nie algehele konsensus onder wetenskaplikes nie. Daar is ook geen nuwe getuienis nie, maar bestaande literatuur is gebruik. Die kankerkwessie is multi-kompleks en kan nie opgelos of voor die deur van een enkele voedselsoort of groep gelê word nie. Suid-Afrikaners eet eerder hoender en dan bees, vark en dan skaap of lam en dan verwerkte vleis. Kosenergie word in Suid-Afrika grotendeels bekom van koolhidrate soos mieliemeel en
brood (57-69%). Dit is waarskynlik weens bekostigbaarheid en veel hoë as die aanbevole 45%. Die totale inname van rooivleis, witvleis, vis en eiers is steeds laer as die aanbevole 90g per dag. Suid-Afrikaners eet gemiddeld 4,2kg verwerkte vleis per jaar (12g per dag). ‘n Deel van die bevolking waaronder kinders, tienermeisies en vrou wat nog kinders kan baar, kan baat by ‘n ekstra porsie vleis per dag. Daar is nog geen bewyse gevind dat die weglaat van vleis uit ‘n mens se dieet hom of haar van kanker vrywaar nie. ‘n Langtermynstudie wat deur die Oxford Universiteit gedoen is, kon geen verskil in kolonrektale kankertellings tussen vleiseters en vegetariërs vind nie. Rooivleis in Suid-Afrika bevat minder vet as dié van die meeste eerstewêreld-lande.
Daar is inderwaarheid met studies bevind dat die vetinhoud drasties afgeneem het oor tyd van 32% in 1949 tot 18% in 1981 tot 13% in 1991 en tans op 11,3%. Dit word toegeskryf aan verbruikersvraag vir maerder vleis. Die beste manier om kanker te beperk is deur ‘n gesonder lewensstyl. Dit sluit in: Moenie rook nie. Hou ‘n gesonde liggaamsgewig. Geniet gereeld fisieke oefening. Eet rooi vleis saam met baie groente en heelgraan. Indien wel, drink alkohol verantwoordelik. Nog faktore wat al as belangrik uitgewys is, is gesonde gaarmaakmetodes van vleis. Verhoed direkte blootstelling van vleis aan oop vlamme en verhoed oorgaarmaak en verskroeiing van die vleis. Panbraai rooivleis eerder oor matige hitte. Voeg sitrus (suurlemoen of lemmetjie) en knoffel en uie by vleismarinades.
NUUS • NEWS 28 Oktober 2015
5
6
Promosie
Ox and Wagon is die plek om te kuier
Marius Greeff (naasregs) ontvang die sleutel van die Ox and Wagon van die vorige eienaar, Johan Basson. Links staan Marius se vrou, Charlene, met hul dogtertjie, Haylee.
‘n Mens moet passie hê vir wat jy doen, dan sal die res self volg. Dié wyse woorde kom van Marius Greeff. Hy en sy vrou, Charlene, is die nuwe eienaars van die Ox and Wagon restaurant op Riebeek-Kasteel en as ‘n mens met hulle gesels, kom jy gou agter dit is waar hulle hoort. Hulle het verlede week eers oorgeneem, maar hulle lyk tuis en gemaklik in hulle nuwe rol. “Marius het altyd gedroom van ‘n restaurant,” vertel Charlene en nou het dit waarheid geword. Hulle het die baie gewilde restaurant van Johan Basson gekoop en dié courant het daar ingeloer om te hoor van al hul planne. “Eintlik gaan ons nie nou veel verander nie,” verduidelik Marius. “Die mense geniet die restaurant en hulle hou van die spyskaart. “Ons gaan vir eers net so aan en sal dalk later ‘n paar veranderings aanbring.” Dit is die informele huislikheid wat ‘n mens bybly. Daar is ook ‘n speelhoekie vir kinders en dit is die enigste plek waar Charlene nou ‘n paar veranderings wil aanbring. Hulle het 120 sitplekke binne en buite. “Ons het ‘n kroeg binne en nog een buite wat ons in gebruik sal stel as daar ‘n aparte funksie buite gehou word. Die spyskaart bied ‘n indrukwekkende verskeidenheid: van ontbyt tot pizza, burgers, biefstuk, ‘n Sondagmaal en nagereg. “Die spesiale burger-aanbieding op ‘n Dinsdag en T-been op Donderdae is baie gewild en ons gaan dit beslis hou. "Ons oorweeg dit om Woensdae ‘n spesiale dag vir pensioentrekkers te maak.” Hulle dink ook daaraan om oor naweke kaaskoek en spesiale nageregte as swartbordgeregte (nie permanent op die spyskaart nie) aan te bied. “Kom gesels met ons en vertel wat julle behoeftes is,” nooi Marius en Charlene. Hulle is albei boorlinge van die vallei en het hulle nou op die dorp gevestig met hul vier-jarige woelwater, Haylee. “Ons is nommerpas vir enige funksie: kantoor-, jaareind, of Kerspartytjie. “Of bring jou gesin en vriende en kom ontspan hier by ons. "Dit is veilig en kindervriendelik.” Die restaurant se ure bly ook voorlopig soos dit was. Weeksdae van 11:00 tot 22:00, Saterdae van 09:00 tot laat en Sondae van 11:00 tot 18:00.
NUUS • NEWS
28 Oktober 2015
Plesier, kultuur en etiket op Porterville Nataniël en Amoré Bekker (RSG) besoek Porterville om hulle kennis en wysheid rondom etiket te kom deel. Die twee glanspersoonlikhede is in gesprek op Saterdag 14 November om 11:00 in die NGK Porterville se saal. Kaartjies vir die geleentheid wissel van R200, R150 tot R120 en is beskikbaar by Hoërskool Porterville se ontvangs. Kontak Elna by 022 931 2174 vir besprekings. ‘n Glasie sjampanje en kolwyntjies sal tydens pouse beskikbaar wees. Amoré bring ook haar nuwe boek, “Hartstoriesboek”, saam en van Nataniel se unieke items sal ook te koop wees.
Inspirerende lentetee Die ACVV Riebeek-Kasteel hou Saterdag ‘n lentetee in die ACVV-saal, Van Riebeekstraat 9 op Riebeek-Kasteel. Die spesiale gas is Beau de Klerk wat op 3 Julie 2010, in opdrag van die Here, sonder kos, ekstra klere of skoene, te voet ‘n tog van Kaapstad na Pretoria aangepak het. Hy vertel ‘n inspirerende verhaal van die Here se sorg, liefde en perfekte beplanning. Dit is alles deel van die verhaal waarna die ACVV mans en vroue kan gaan luister by die oggend, stylvol aangebied deur Bags & Stilettos. Kaartjies kos R100 (sluit ligte versnaperinge in). Bespreek by Gloudine: 022 448 1715 of 084 291 5088.
NUUS • NEWS
7
28 Oktober 2015
Maak ‘n draai by dié markte Langsdiebos Mark 31 Oktober - Elke Saterdag van 0900 tot 12:00 op die Voortrekkerterrein, Malmesbury. Besoek hulle vir gesinsvermaak en vars produkte soos gebak, groente, heuning en kaas. Kerke, skole en diensorganisasies kan ook reël om spesiale verkope daar te hou. Belangstellendes kan met Marilize by 072 052 6280 skakel.
Bootsale/Markdag 31 Oktober - Bootsale/Markdag op die terrein van die Moorreesburg Koringbedryfmuseum van 08:00 tot 12:00. Kontak Ilze by die Moorreesburg/Koringberg Toerisme kantoor vir enige navrae, 022 433 1072.
Market Day 31 Oktober - Animal Lighthouse hou ‘n markdag van 09:00 tot 15:00 by die Plaasmolpadstal, op die R45, km buite Hopefield. Kontak Ronel, 078 347 8745.
Citrusdal Kersmark 6 & 7 November - NG-kerksaal Citrusdal: Vrydag 10:00 - 20:00 en Saterdag 09:00 13:00.
Aan Oewer Straatmark 7 November – Velddrif: Aan Oewer Straatmark. Navrae: 022 783 0048.
Hoe gemaak… met ‘n besige Novembermaand
Short Street Monthly Market 7 November – Riebeek Kasteel : 10:00 to 15:00. Taste new craft beers, stunning stuff to eat, wear drink, treasure. Info: Yvette, 083 441 2083 or yvettepuchert@gmail.com
Oase Kersmark 21 November - 5 Desember - H/v Kerk- en Walnutstrate, Rouxville, Kuilsrivier. Maandag tot Vrydag 10:00 - 20:00, Saterdae 09:00 17:00. Navrae: 021 906 1987 of 071 897 3987.
Christmas Light Market 27 November - Malmesbury Christmas Light Market. 022 487 1133 swartlandtourism@westc.co.za.
Kloovenburg Wine & Olive Christmas Market Day. 6 December - It’s a showcase of the finest produce from the Riebeek Valley and surrounding areas and allows locals and visitors to this region the opportunity to taste, sample and buy all these wonderful products in one convenient location. The estate is transformed into a festive carnival of stalls, including a variety of quality cured meats, gourmet steak rolls . Time: 09:30 to 15:00. Venue: Kloovenburg Wine & Olive Estate, Riebeek Kasteel. For more information contact Kloovenburg Wine & Olive Estate on (022) 448 1635; email info@kloovenburg.com; or visit www. kloovenburg.com.
Onthou, die somer is op ons; die dae raak al langer en warmer en daar is baie meer wind hierdie tyd van die jaar. Jou plante gaan meer vog nodig hê om ordentlik te groei en te blom, daarom sal jy moet toesien dat die besproeiing reg werk en jy genoeg water plaas waar dit nodig is. Die meeste plante groei nou nog baie aktief, dus moet jy gereeld monitor vir plantluise en insekte, asook roessiektes, naamlik witroes, bruinroes en swartvlek. Vir al hierdie peste en plae is daar goeie middels beskikbaar. Indien jy nie weet wat jou plant se probleem is nie, bring ‘n voorbeeld saam na die kwekery (met in lysie van al die produkte wat jy reeds in jou tuinkamer op die rak het). Ons sal jou met graagte help om die regte medisyne te kry om die probleem aan te spreek. Spuit gereeld tot die plaag weg is - net een keer af en toe gaan niks help nie! Krisimisrose (hydrangeas) begin nou ook blomkoppe maak. Sorg dat jy hulle gereeld diep natmaak en bemes dit gereeld vir mooi blomme
en ‘n intense kleur. Gooi ook’n lekker dik deklaag met kompos onder jou plante om te verhoed dat hulle vog verdamp. Plant nou baie eenjarige en meerjarige blomplantjies vir pragtige somerkieur: begonias, afrikanertjies, beddingdahlias, petunias en nog meer. Plant groot groepe van een soort om ‘n mooi vertoning te gee of sommer net ‘n pot of hangmandjie vol van een soort, of ‘n mengelmoes om jou tuin op te vrolik. Jou grasperk het gereeld aandag en voeding nodig om dit in top-kondisie te hou. Sny dit gereeld (een tot twee keer per week), bemes gereeld (een keer elke vier tot ses weke) en gee genoeg water om dit mooi te hou. Moenie die grasperk lui maak deur dit te veel water te gee nie! Volgende maand (25 November) praat ons oor somertuin, veral met die lang somervakansie wat voorlê! Tuingroete, George Retief
NUUS • NEWS
8
Ford Earns Top Product Quality Awards from Ipsos South Africa
Ford Ranger ranked as Best One-Ton SingleCab LCV brand, second in Double Cab.
28 Oktober 2015
Ford Motor Company of Southern Africa (FMCSA) earned three gold awards at the highly-regarded Ipsos South Africa 2015 Product Quality Awards, held in Johannesburg recently. Ford Ranger was ranked as the ‘Best One-Ton Single Cab Light Commercial Vehicle Brand’ with a segment-best result and gold award, and earned silver in the Double Cab category. The Ford Ranger earned a gold award in the ‘Diesel Single Cab’ category, while the Ford Focus Hatch received gold as the ‘Most Improved Volume Passenger Car’. “The Product Quality Awards are testament to Ford’s unwavering global commitment to producing vehicles of the highest standard, and offering outstanding customer service throughout the purchasing and ownership experience,” says Fiona Smith, Director of Quality for Ford Middle East and Africa. “The One Ford philosophy ensures that the company maintains these standards across all of our manufacturing facilities and products around the world, and drives this process through its dealer network. We are delighted that our South African-built Ranger earned the Product Quality and Brand gold awards, as well as the improvement in
quality recorded for the Ford Focus,” Smith adds. Based on the latest results, the Ranger pick-up, which is produced at Ford’s Silverton Assembly Plant in Pretoria and exported to 148 markets in Africa, the Middle East and Europe, achieved a problems per 100 (PP100) score of 33. In the light commercial vehicle ‘Brand’ category awards, Ford was top of the charts with a class-leading PP100 of 32. The fully imported Focus Hatch, which is manufactured in Germany, recorded the best improvement in the volume passenger car segment. Its PP100 score improved from 59 to 29 last year. The 2015 Ipsos South Africa Product Quality Awards are based on studies using telephonic interviews with over 30 000 vehicle owners over a 12-month period, from January to December 2014. The customer’s purchasing and service experiences are measured 10 to 35 days after delivery, while product quality interviews take place 90 days from purchase. The surveys have three components, comprising a competitive customer experience benchmarking measurement of both the sales and service satisfaction of customers within the franchised dealership network, along with a benchmarking of product quality.
NUUS • NEWS
9
28 Oktober 2015
Kinsey Report: Car part costs - why you should care
Electric cars will be the norm by 2026
Back to the Future Mirai Concept. Toyota used Back to the Future day to promote its hydrogen fuel cell car. Respected futurologist Dr Ian Pearson has forecast 2026 as the year in which the electric car will overtake its gasoline-powered counterparts in terms of sales. His prediction is based on new research, published this week by Go Ultra Low, a UK governmentfunded organization for promoting greener motoring. It finds that today’s 14-to-17-year-olds are already fantasizing about owning their first car, and that it is going to be of the electric, rather than the gas-powered variety. When asked, 81% of British 14-year-olds said that their first car would be electric. What’s more, 88% of all respondents said they believed more people should already be driving a hybrid or plugin electric car in order to protect the environment. “Young people are very aware of environmental issues and it is great that they also notice that electric cars will be cheaper to run, so it is a clear win-win,” said Dr Pearson. “Battery technology continues to improve, and the amount of resources needed to make an electric car will continue to fall. These technology developments will all add up, greatly reducing the environmental impact of cars while making them safer and cheaper. If current trends towards electric cars continue this means that, by 2026, demand for electric cars will almost certainly outweigh demand for ‘traditionally fuelled’ cars.”
Presenting a ‘future technology’ as a concrete reality. Although the environmental and financial benefits of an electric car are clear, presenting that message to the current generation of drivers is challenging, meaning that car companies need to go to great lengths to promote their greener offerings. For example, on Wednesday, British luxury marque Aston Martin used a Chinese presidential visit to the UK in order to draw attention to its first plug-in electric car, the RapidE. Across the Atlantic, Toyota went even bigger. As part of Back to the Future Day -- October 21, 2015 -- it hosted a special event where it unveiled an equally special version of its Mirai hydrogen fuel cell vehicle. It had been heavily customized to resemble the time-traveling DeLorean, made famous by the film, complete with gullwing doors. “A piece of the future is now a reality with the Toyota Mirai,” said Christopher Lloyd, the actor who played Doc Brown in the trilogy and who attended the event in California. “Compared to some other technologies predicted in the film, like rehydrated pizza or self-tying shoes, this technology has the real potential to change the world.” But if Dr Pearson’s forecast is accurate, such events will soon be consigned to the history books, and maybe with them, the internal combustion engine itself. www.timeslive.co.za
What do you consider when you’re shopping around for a new - or used car? Most likely price‚ performance‚ specification‚ resale value‚ load space and fuel consumption. What about the price of car parts? If you don’t give those a thought‚ you may regret it‚ especially if your car is damaged in an accident. That’s because if the crash parts are expensive‚ relative to the value of the car‚ the repair bill will have your insurer declaring the car a write-off‚ and your “pay-out” is very unlikely to buy you a similar replacement. So how do you go about comparing car parts prices? Happily‚ Durban-based motoring journalist Malcolm Kinsey does it for us‚ and has been for the past 25 years. His Kinsey Report began as an exercise as part of the Car of the Year competition a quartercentury ago - Kinsey being a judge at the time - and his latest report‚ just released‚ features 74 vehicles in nine categories‚ from cheap-andcheerfuls to luxury saloons. It’s true that the cost of servicing and engine repair parts is irrelevant to car owners if the car has a service or maintenance plan‚ which applies to most cars these days. But it’s a major factor in the case of the few budget cars that aren’t sold with plans to cover these costs‚ as well as older cars which are not covered by these plans. When it comes to crash parts‚ though - light assemblies‚ fenders‚ windscreens‚ doors‚ bonnets‚ grilles‚ etcetera - buyers of all cars should pay close attention to their replacement prices before signing on the dotted line. This is where the huge price discrepancies lie‚ and‚ as Kinsey points out‚ “the cost of body parts can hit you‚ literally‚ from day one”. “In the event of an accident‚ irrespective of
who is to blame‚ the costs will affect your pocket either in the size of the excess you have to pay‚ or where the write-off point is reached‚” he says. In recent years‚ the write-off point has mostly been around 70% of the value of the vehicle at the time of the accident. Now‚ Kinsey says‚ with the advent of aluminium body panels and chassis components‚ which are complicated and very expensive to repair‚ some are written off when the repair costs reach just 50% of the resale value of the vehicle. The use of alloy is very “in” at present‚ Kinsey says‚ ostensibly to lighten the vehicle and thus improve fuel consumption. But he’s not impressed. “This is a false environmental-greening effort since aluminium requires much more energy to produce and recycle than steel does‚ which‚ in my opinion‚ negates the advantages.” HOW DOES HE DO IT? Kinsey’s data capture method is as laborious as it ever was‚ with all VAT-inclusive prices sourced almost exclusively from franchise dealers around Durban‚ within the same calendar month‚ to replicate as closely as possible what the customer would experience. “Where possible we provided a VIN number for the exact vehicle required‚” he says. “For the customer it is very important to take note of the VIN number found on all vehicles when getting a quote for any parts required (left bottom corner of the windscreen – a 17-digit alphanumeric code that identifies every component of the vehicle).” This will ensure that everything from trim to engine‚ gearbox and tyres will be specific to your model vehicle. With all the variations on the market‚ this makes part identification both easier and more precise.
JB’s NISSAN MALMESBURY 022 482 1124 2015 2015 2015 2015 2015 2015 2015 2015 2015 2015 2015 2015
Nissan Nissan Nissan Nissan Nissan Nissan Nissan Nissan Nissan Nissan Nissan Nissan
Qashqai 1.6 DCi CVT Tech LS 500 km X-Trail 2.5 CVT 500 km Qashqai 1.6 DCi AWD Tech 10 000 km X-Trail 1.6 DCi Design 5 000 km NP300 2.5 Tdi Hi-Rider E/K 5 000 km Navara D/K 4x2 XE Kappie, 2 500 km Qashqai 1.2T Acenta CVT Tech 12 000 km NP300 2.5 Tdi D/K 4X2 Kappie, 1000 km Qashqai 1.2 Visia+ Alloys, 500 km Juke 1.2 Acenta+ 7 500 km NV200 1.6 Panel Van 5 000 km NP300 2.5 Tdi LWB Fleet 7 000 km
R399 R349 R349 R329 R239 R329 R309 R289 R269 R239 R219 R199
950 950 950 950 950 950 950 950 950 950 950 950
2015 2015 2015 2015 2015 2015 2015 2015 2014 2014 2014 2014
Nissan Sentra 1.6 Acenta CVT 18 000 km Nissan NP300 2.5 Tdi LWB Base 8 000 km Nissan NP300 2.0 LWB Base Kappie, 500 km Nissan NP200 1.5 DCi + Safety Pack 500 km Nissan NP300 2.0 LWB Base 500km Nissan NP200 1.6 8V + L/V met Kappie en Radio/CD Nissan NP200 1.6 8V + L/V, 1 000 km Nissan NP200 1.6 8V Base 10 000 km Nissan Navara D/K 4x4 Auto LE 32 000 km Nissan X-Trail 2.5 4x4 SE 10 000 km Nissan Almera 1.5 Acenta 15 000 km Nissan Micra 1.2 Visia+ 30 000 km
R199 R179 R169 R169 R159 R149 R134 R109 R379 R279 R129 R99
950 950 950 950 950 950 950 950 950 950 950 950
Valid Value voertuie wat Select gemerk is, het ’n kilometerlesing van minder as 100 000km, is minder as 3 jaar oud en het ’n volle diensrekord • 101-punt-gehalteversekering
• 20-dag-omruilbeleid
• Opsionele voertuigwaarborg
• Polisiedatabasis-diefstalvrywaring
• Opsionele padbystand
Andries 083 283 9916 • Sienie 082 874 2786 • Johan 072 570 4750 • Henk 082 554 2326 • Hendrik 082 386 6045
JB’s Nissan Bokomoweg 54, Malmesbury Tel 022 482 1124 www.jbnissan.co.za
• Gratis veiligheidskontrolering
PROMOSIE •NUUS PROMOTION • NEWS
10
28 Oktober 2015
Efficient Advise se Malmesbury-tak bekendgestel Roodt voorspel korreksie Ek dink ons gaan ‘n groot korreksie sien op die wêreld se finansiële markte. Só het die bekende hoofekonoom en beleggingsvoorsitter van Efficient Group, Dawie Roodt, verlede week gesê by die bekendstelling van Efficient Advise se Malmesbury-kantoor oor sy voorspelling van ‘n sogenaamde “crash”. Efficient het die Malmesbury-kantoor in Roodstraat, voorheen deel van die Horn Carstens Thierssen-groep, van Doppies Ackermann gekoop. Roodt, mede-direkteur van Efficient Group, was die spreker by Eensgezind. Hy het gepraat oor sentrale banke en die risiko omdat hulle magtige instellings is en ook groot foute maak. As voorbeeld het Roodt verwys na hul verlaging van rentekoerse wat die laagste is in 700 jaar. Hy het beleggers aangemoedig om, inaggenome elkeen se persoonlike risikoprofiel, in die buiteland te belê. Hy het ook gepraat oor die ANC as regerende party in Suid-Afrika en die rol wat die party in die ekonomie speel. Sedert hulle aan bewind gekom het, het die karakter van die ANC verander, aldus Roodt. “Hulle het hulself van ‘n bevrydingsorganisasie wat voorheen destruktief was, omvorm na ‘n tipiese nieu-liberale party,” het Roodt verduidelik.
Hy het daarop gewys dat die karakter van die party nou weer verander het en dat dit moeilik is om vas te stel waarvoor die party nou staan. Roodt, wat al ‘n studie van kommunisme, Marxisme en Lenninisme gemaak het, het ook na Stalinisme verwys waar ‘n kultusfiguur regeer. Na aanleiding van die elektrisiteittekortkominge in Suid-Afrika het Roodt gesê dit het bygedra tot laer produksie van R300 miljard per jaar en 1 miljoen minder werksgeleenthede as wat daar kon wees. Hy het ook verwys na die “reusagtige staatsdiens wat oorbetaal word en soos ‘n nat kombers oor die ekonomie lê en dit smoor”. “Ons gaan vanjaar waarskynlik met sowat 1% groei. “Al lyk die Suid-Afrikaanse Ekonomie nie baie mooi op hierdie stadium nie, is daar goeie nuus. “Ons het nou al (letterlik) alles probeer en word nou gedwing om strukturele veranderings aan te bring - want ons het nie ‘n keuse nie. “Daar word geprivatiseer, want ons het nie ‘n keuse nie. “Arbeidswetgewing gaan verander word, want ons het nie ‘n keuse nie.” Roodt het gesê “die werklike opposisie in die land is nie die DA nie, maar eintlik die finansiële markte.”
Oor persoonlike beleggings het Roodt gesê dit is verkeerd om te vra wat die opbrengs gaan wees. “Jy moet vra wat is die risiko. “As iemand byvoorbeeld vir jou 10% gewaarborgde opbrengs waarborg, moet jy rooiligte sien, want daar bestaan nie so iets nie.” Roodt het gesê daar is drie hoofrisikofaktore: Markrisiko - jy kan niks daaraan doen nie. Net soos om te boer en dit reën nie. Jy kan dit net bestuur. Instellingsrisiko - maak seker jy weet wie die instelling is met wie jy besigheid doen. Verstaan waar jy jou geld belê. Dit is jóu geld. Dis jóu pro-
duk. Dis jóu verantwoordelikheid. Persoonlike Risko - Elkeen het ‘n ander plan en behoefte vir sy toekoms en aftrede . Elkeen het ‘n ander profiel. Jou risiko is dus uniek in hierdie opsig. Soek dus ‘n belggingsproduk wat pas by jou vereistes “Ons is nie dobbelaars nie. Ons neem besluite met navorsing.” Roodt het gesê hy stel voor beleggers plaas ‘n groot deel in die buiteland. As algemene riglyn het hy gesê hoe meer jy het, hoe meer vat jy landuit. “Dit hang af van die individu, maar rofweg so 25%,” het hy bygevoeg.
Links: Louw van der Spuy. Middel: Paul Truter. Regs: Inus Viljoen en Wilhelm Dreyer.
Voedselsekuriteit Op ‘n vraag oor voedselsekuriteit het Roodt gesê daar was nog nooit ‘n tekort aan kos nie. Daar was wel al probleme met die vervoer daarvan. Hy het ook verwys na die waarde van grond en gesê die waardetoename is nie in die grond nie, maar eerder in dit wat jy met daardie grond kan maak. “Die produksietoename op dieselfde hektaar
grond as ‘n 100 jaar gelede, kan grotendeels toegeskryf word aan beter tegnologie en beter bestuursvaardighede.” Roodt het ook gesê dit is belangrik om die emosie uit grond te haal, meer te spesialiseer en die waardeketting te verkort. “Boerdery is nie meer primêr nie, dit is eintlik deel van die dienstebedryf.”
Persoonlike beleggings
Dawie Roodt kondig met trots aan dat Efficient Advise nou ook ‘n kantoor het op Malmesbury!
Gesellig: Daar is gesellig in die saal van Eensgezind gekuier met die bekendstelling van Efficient Advise.
Van links na regs: Agter: Willem Basson (Efficient Advise, Hoof van Adviseursdienste), Dawie Roodt (Efficient Group, Hoof Ekonoom) en Frank Slier (Efficient Advise, Finansiële Adviseur). Voor: Elsabé Mostert (Efficient Advise, Finansiële Adviseur), Alana van Heerden (Efficient Advise, Finansiële Adviseur) en Talita Bothma (Efficient Advise, Assistent).
Kontak een van ons finansiële adviseurs vandag vir al jou korttermyn-, finansiële- en ander versekeringsbehoeftes.
Wat kan Efficient jou bied: + Korttermynversekering + Finansiële Beplanning + Beleggingsbestuur + Besigheidsversekering + Werknemervoordele + Gesondheidsorg + Kontantbestuur + Aandeleverhandeling
Alana van Heerden
Elsabé Mostert
Frank Slier
e: alana@efadvise.co.za t: +27 (0)22 482 2743
e: elsabe@efadvise.co.za t: +27 (0)22 482 2743
e: frank@efadvise.co.za t: +27 (0)22 482 2743
Efficient Financial Services (Edms.) Bpk., handeldrywend as Efficient Advise, is ‘n gemagtigde finansiële diensteverskaffer (FDV 655) en ‘n filiaal van die JSE-genoteerde Efficient Group Beperk
+ Lewensversekering + Batefinansiering + Boedelbeplanning + Trustdienste + Testamente
www.efadvise.co.za
NUUS • NEWS
11
28 Oktober 2015
Kersvader kuier by WKDM
Wiskunde: Wesbank Sekondêr se Top 5-Wiskunde studente: Henry Rhodes (5de), Yannicke Appollis (4de), Jean Cupido (3de), Chantelle Pieters (2de) en Wilton September (1ste).
Kersvreugde: Marianne Heyns (Badisa), Jasmine Erasmus en Hanlie Smith (albei van ACVV Moorreesburg), uitvoerende burgemeester Harold Cleophas (WKDM), Hanlie Visser (Badisa), Julie van Rensburg en Rochelle Magerman (albei van Kindersorg SA) en Melonice Blanckenberg (WKDM), met van die pakkies wat hulle ontvang het. Kersvader het verlede week vroeg sy opwagting gemaak toe die afdeling sosiale ontwikkeling by die Weskus Distrikmunisipaliteit vir drie instansies kospakkies uitgedeel het. Volgens Melonice Blanckenberg, bestuurder ontwikkeling, is daar besluit op die drie gevestigde instansies. “Dit sal van elke instansie verwag word om die pakkies verder te versprei sodat dit diegene bereik wat dit die nodigste het. Veral waar daar mense is wat in afwagting sit vir die goedkeuring van hul toelae en waar daar geen inkomste is nie.” Raadsheer Harold Cleophas, uitvoerende burgemeester van die Weskus Distriksmunisipaliteit, het die oorhandiging gedoen. Hy het gesê dit is maar ‘n druppel in die emmer wat die munisipaliteit kan bydra. “In ons streek is armoede groot, en die kinders is onder
die wat die meeste geraak word. Skenkings en donasies maak dat ons tot ‘n mate verligting kan bring aan die gemeenskap se behoeftes.” Marianne Heyns van Badisa het die munisipaliteit bedank en genoem dat as die seisonale werkers se werk tot ‘n einde kom, is daar ‘n toename in armoede in die Weskus. Hanlie Smith van die ACVV op Moorreesburg het gesê die kospakkies gaan van groot waarde wees. “Ons wag ‘n redelike lang tyd voor toelaes toegestaan word en die kospakkies sal daardie frustasie effens verlig.” Kinder- en Gesinsorg se Rochelle Magerman voel dat die teenwoordigheid van al die afgevaardigdes is tekenend van hulle waardering vir die munisipaliteit se poging om die nood daarbuite raak te sien en iets daaraan te doen.
Wiskunde Geletterdheid: Wesbank Sekondêr se Top 5-Wiskunde Gelet-
terdheidstudente: Elzetna Masoet (5de), Hilrico Dirks (4de), Nicole Barends (3de), Claudia Booysen (2de) en Tarryn Howburg (1ste).
NUUS • NEWS
12
28 Oktober 2015
Ruiters presteer
Hoofleiers:
Die Hoërskool Dirkie Uys op Moorreesburg se hoofleiers vir 2016 is soos volg: Jason Coetzee (onderhoofseun), Marige Carstens (onderhoofmeisie). Stephan Visser (hoofseun) en Nelia Bester (hoofmeisie). Foto: Ghida Visser
Swartgordel:
Liam O’Callaghan, Joubert du Bois en Blaze Nicholas van die Goju Ryuklub op Malmesbury het onlangs hul junior swartgordels verwerf. Al drie doen al meer as 10 jaar karate. Hulle het as 4- en 5-jariges begin. Vir Jeanne Steyn, hul sensei, is dit die grootste prestasie wat enige karateka kan bereik. Statistiek het al bewys, dat slegs een uit 500, wat met karate begin, uiteindelik swartgordel verwerf. Die eksamen was ‘n marathonsessie van drie en ‘n half uur, van fisiese toetsing. Steyn sê hulle sal ‘n sukses maak van alles wat hulle vorentoe aanpak, omdat hul geestelike en fisiese vermoëns op ‘n baie hoë vlak is.
Clintonianne Perdryskool op Moorreesburg het weer twee ruiters, Maarten Slabber en Marlene Schreuder (FOTO BO) na die Wes-Kaap Skouspring- kampioenskappe vir Juniors op Stellenbosch geneem. Die ryskool se ruiters het baie goed gevaar. Marlene Schreuder het die eerste keer deelgeneem en het die Sondag die 70cm A2-kompetisie gewen. Maarten Slabber het met sy 19-jarige perd, Kalahari, in die 70cm-klasse deelgeneem en het die Saterdag al twee klasse gewen. Hy het ook Sondag die kampioenskappe gewen en was die 70cm Victor Ludorum. Maarten het ook met sy perd, Wel Man, aan die 80cm-klasse deelgeneem en het Saterdag al twee klasse gewen en was Sondag tweede in die A2-kompetisie en tweede in die kampioenskappe. Hulle was ook die 80cm Victor Ludorum. Amanda Dick het die Saterdag aan twee 80cm-klasse deelgeneem met Tusanke Witko en was tweede en eersste in die twee klasse.
Raadslid Yolandé Cox-Chetty (naasregs) saam met Dirk Rust en Hilary Williams by die Koringberg Dagsorgpersoneel, Anna Antonie en Nita Swarts.
Verjaar met gemeenskap
Gesels met ons! Kontak ons by 022 487 3221 of stuur ‘n epos na izelle@diecourant.co.za met u nuuswenke!
‘n Swartland raadslid, Yolandé S. Cox-Chetty, het onlangs verjaar en In stede van 'n partytjie het sy en haar gesin besluit om eerder na die minderbevoorregtes in ons gemeenskappe uit te reik. Dit het ook saamgeval met die Internasionale Dag vir Bewusmaking van Borskanker en ‘n praatjie hieroor is aan die vroue gebied. Die voorsitter van die Koringberg GPF, Dirk Rust, en Hilary Williams was saam na die plaaslike dagsorg op Koringberg en verskeie gesinne is tuis besoek. Hulle het brode op Koringberg en in Sibanye Park op Moorreesberg uitgedeel. Die kinders het pakkies met smulgoed ontvang. Die vreugdevolle dag is afgesluit met gebed. Cedric E. Bruintjies
NUUS • NEWS
13
28 Oktober 2015
Bielie van ‘n barber
Tennis:
Die Malmesbury tennisklub se mans B-span het Saterdag op hul tuisveld teen die A-span van Paarl Hugenote te staan gekom. Bo is Irwan Turner, ondersteun deur Sarel Steyn op die agterbaan. Sien uitslae op bladsy 16.
WESKUS DISTRIKSMUNISIPALITEIT
Pieter (Eppie) van der Horst van die plaas Volstruisdrif, Moorreesburg het onlangs ‘n noue ontkoming gehad toe hy net na 19:00 besig was om vis te vang. Die plaas lê langs die Bergrivier. ‘n Barber het aan sy hoek gebyt en hom byna in die rivier ingetrek. Met groot moeite het hy die bielie van’n vis uitgetrek. Die vis se kop is groter as Eppie s’n. Die vis het die skaal op 17kg laat staan.
Weskus Distriksmunisipaliteit strewe na dinamiese en effektiewe dienslewering aan die gemeenskap binne sy jurisdiksiegebied. As ’n gelyke geleentheid werkgewer, bied ons tans hierdie vakature aan toepaslik gekwalifiseerde en ervare persone.
Departement: Kantoor van die Munisipale Bestuurder Afdeling: Menslike Hulpbronne MENSLIKEHULPBRONBEAMPTE: BEROEPSGESONDHEID EN VEILIGHEID (1 POS) ●Sentrum: Moorreesburg ●Salaris: R239 449 – R310 824 per jaar (TASK-Gradering 12) ●Verw.: MM17
Oesdag op Moorreesburg
Die Oesdag is die afsluiting van ‘n jaarlange projek om die Koringbedryfmuseum op Moorreesburg te ondersteun, en word op 5 Desember gehou. Al die prosesse wat nodig is om koring van die land tot op die tafel te kry, sal gedemonstreer word met veteraan-oesmasjinerie uit die eerste helfte van die vorige eeu. Trekdiere voor ‘n snymasjien en wat gerwe op ‘n trapvloer uittrap, sal ook te sien wees. Daar sal ook stalletjies wees met tradisionele kosse en koeldrank. ‘n Broodbakkompetisie met pryse geborg deur Checkers, vorm deel van die dag se pro-
gram. Die Checkers/Shoprite Development Trust sal ook die nuwe Moorreesburger Weiss Bier aan die publiek bekendstel. Die projek word deur Overberg-Agri (MKB), Checkers/Shoprite Development Trust en kleiner borge geborg, en word deur die Wes-Kaapse Veteraantrekker-en Enjinklub se takke Swartland en Piket aangebied. Die opbrengs gaan volledig na die Koringbedryfmuseum. Vir enige navrae, kontak Tania le Roux by 022 433 1093 of epos: kormuseum@wcaccess. co.za.
Trofeë: Die Omega Pigeon Racing-klub het vanjaar splinternuwe trofeë aan hul wenners
oorhandig met die borgskap van OK Mini Mark. Bobby Matthee en sy familie het 'n baie lang en indrukwekkende agtergrond met die teel en vlieg van wedvlugduiwe. Bo is Jaques Malan, Isma-eel Kasu, Brian September, Zaid Allie, Itrium Leukes, Kenneth Edas, Jannie Morris en Raimond Liedeman. Die nuwe trofeë sal by die jaarlikse prysuitdeling aan die kampioene van die seisoen oorhandig word.
Pligte: ●Om ‘n effektiewe en doeltreffende Beroepsgesondheid en Veiligheid-stelsel te verseker om Munisipale werknemers teen beserings en beroepsiektes te beskerm ●Uitvoer van voorplasing-mediese ondersoeke van werkaansoekers om ongegronde litigasie te voorkom. Koördineer werknemerondersteuningsprogram ●Gee Menslike Hulpbron-administratiewe ondersteuning rakende bevoegdheidsondersoeke en ongeskiktheidsaansoeke ●Hierdie posisie sal aan die Senior Bestuurder: Menslike Hulpbronne verslag doen. Vereistes: ●3 jaar toepaslike tersiêre kwalifikasie in Beroepsgesondheid en Veiligheid of Professionele Verpleegster met ’n bykomende kwalifikasie in Primêre Gesondheidsorg as sulks geregistreer by die Suid-Afrikaanse Raad op Verpleging ●Goeie wetgewende interpretasievaardighede ●Verslagskryfvaardighedes ●Aanbiedingsvaardighede ●Kode B-rybewys ●Vermoë om onafhanklik te werk ●Rekenaarvaardig (MS Word / Excel / PowerPoint / Outlook) ●Goeie administratiewe vaardighede ●Vlot in twee van die drie amptelike tale van die Wes-Kaap ●Beradingsvaardighede ●2 jaar toepaslike ervaring ●Voorkeur sal gegee word aan kandidate met ’n vorige kwalifikasie/ervaring in die volgende: ♦Spirometrie ♦Oudiologie ♦Berading ♦SAMTRAC.
13 November 2015 (geen aansoeke sal na 14:00 aanvaar word nie) Voorgeskrewe aansoekvorms is gedurende kantoorure beskikbaar by Me. P.S. Boer by 022-433 8400 of op die webtuiste by www.westcoastdm.co.za/vacancies.html. Voltooide aansoekvorms, vergesel van omvattende CVs en gewaarmerkte afskrifte van diplomas / sertifikate / registrasies en rybewyse, moet gerig word aan Weskus Distriksmunisipaliteit, Menslike Hulpbronne: Werwing en Keuring, Posbus 242, Moorreesburg, 7310.
Let Wel: Die Raad behou die reg voor om geen aanstelling te maak nie. Geen laat aansoeke of aansoeke per faks of e-pos sal aanvaar word nie. CVs sal nie aan kandidate terugbesorg word nie. Gunswerwing sal kandidate diskwalifiseer.Indien geen terugvoering binne 60 dae na die sluitingsdatum vanaf hierdie kantoor ontvang is nie, kan kandidate aanvaar dat hulle aansoeke onsuksesvol was. Kandidate op die kortlys sal onderwerp en veplig word om ’n teoretiese en praktiese toets af te lê. www.ursonline.co.za
URS 17776
NUUS • NEWS
14
Dagboek • Calender
Agri Cape Week 28-31 Oktober - Wyn-, Vrugte & Varsprodukte Ekspo; Kleinplasie, Worcester. Navrae: Anne-Marie le Roux by 021 863 0397/ annemarie@agrimega.co.za. Aandskemering-basaar 30 Oktober - Basaar begin om 09:00 met vleis, gebakte brood, terte, groente, konfyt, beskuit, koeke, kleinkoekies, handwerk. Kerrie en rys R35: bestellings kan by 022 482 1466 geplaas en op 30 Oktober van 11:30 afgehaal word. Poeding is R10 per bakkie en pannekoek R5 elk. Langsdiebos Mark 31 Oktober - Elke Saterdag van 0900 tot 12:00 op die Voortrekkerterrein, Malmesbury. Besoek hulle vir gesinsvermaak en vars produkte soos gebak, groente, heuning en kaas. Stal jou produkte uit by ons sentrale betaalpunt tafel. Geen besprekingsfooi. Slegs 20% kommissie gevra. Kerke, skole en diensorganisasies kan ook reël om spesiale verkope daar te hou. Skakel Marilize by 072 052 6280 . Bootsale/Markdag 31 Oktober - Bootsale/Markdag op die terrein van die Moorreesburg Koringbedryfmuseum van 08:00 tot 12:00. Kontak Ilze by die Moorreesburg/Koringberg Toerisme kantoor vir enige navrae, 022 433 1072. Traces and Tracks 31 October – Two new exhibitions open at !Khwattu at 11:00: Traces and Tracks documents Paul Weinberg’s intimate perspective on the lives of the modern-day San over the last 30 years; and the Dream Museum Exhibition is the culmination of a programme focusing on a dream of the San to share their history from their perspective. RSVP: info@ khwattu.org. Inspirerende Lentetee 31 Oktober – ACVV-saal, Van Riebeekstraat 9, Riebeek-Kasteel. R100 (sluit ligte versnaperinge in). Die spesiale gas is Beau de Klerk wat in 2010, in opdrag van die Here, sonder kos, ekstra klere of skoene, te voet van Kaapstad na Pretoria gestap het. Hy vertel ‘n verhaal van die Here se sorg, liefde en perfekte beplanning. Die ACVV mans en vroue kan uitsien na 'n inspirerende oggend, stylvol aangebied deur Bags & Stilettos. Bespreek by Gloudine: 022 448 1715 / 084 291 5088. Top 10- atletiekbyeenkoms 31 Oktober - Hoërskool Dirkie Uys hou sy jaarlikse Top 10atletiekbyeenkoms. Discount Exhibition Day 31 October - Gouda Art Gallery. Join their Studio Celebration @ 11:00 until late. Snacks and wine, or bing you wn. It's out with the old to make space for the new. Making Chrsitmas shopping easy. Contact Rochelle (082 966 3101) or Johan (083 994 9511). Market Day 31 Oktober - Animal Lighthouse hou 'n markdag van 09:00 tot 15:00 by die Plaasmol-padstal, op die R45, km buite Hopefield. Kontak Ronel, 078 347 8745. Vissermansgolfdag 31 Oktober - Velddrif. 022 783 0535. Music Festival at Camphill Village 31 October - Camphill Village West Coast host their second annual music festival from 13:00 until 19:00. The line-up includes Beatenberg, Just Jinjer, Ottoman Slap, Bootleggers and Swallowers of Time. Tickets R200 at www.webtickets. co.za . Free entrance for children under 4 years and R100 for children under 13. For more information, contact Janine on 021 571 8600 or visit www.camphill.org.za.
Kerke • Churches
AGS Corpus Christi, Malmesbury 1 November - Sondagoggend 09:30 preek pastoor Piet Smit oor `Jou Verhouding met die Here' en Nagmaal. Geen aanddiens. Navrae: 073 447 2902.
28 Oktober 2015
Wesbank Besigheidsforum 3 November - Malmesbury stadsaal, 19:00 vir 20:00. Die spreker is Suzanne Ackerman, dogter van Raymond Ackerman (Pick & Pay). Die aand sal deur die nuwe voorsitter van die Afrikaanse Handelsinstituut (AHI), dr. Ernest Messina, die uitgetrede voorsitter, dr. Christo van der Rheede asook Sheraz Rayban, onder voorsitter van die Wes-Kaap Handelsinstituut, en ander hooggeplaasde gaste bygewoon word. Slegs 150 kaartjies beskikbaar by die bestuur teen R100. Dit sluit ‘n ligte vingerete met sap of koffie/tee in. Navrae: Willmorie Jasson (060 481 4898), Jacques Swarts (082 826 6810), Geoffrey Coetzee (082 717 2197) of John Smith (082 762 3689). Citrusdal Kersmark 6 & 7 November - NG-kerksaal Citrusdal: Vrydag 10:00 20:00 en Saterdag 09:00 - 13:00. Oesmark op Moorreesburg 7 November – ‘n Heerlike, nuwe mark van 09:00 tot 14:00 by Olienhoutstaat 10 op Moorreesburg. Hulle beplan ook ;n aand-Kersmark vir 28 November, van 17:00 tpt 21:00. Produkte wat hulle graag meer van sal wil hê by die volgende mark: Lekker soet gebak, meer vars tuisverboude groente en vrugte, tuisgebakte brode en banting-produkte. Volgende jaar begin hulle op die eerste Saterdag van Februarie, en dan elke eerste Saterdag daarna. Malmesbury2Sea 7 November – Ry fiets van Malmesbury tot Yzerfontein en slaap die aand in die karavaanpark. Beperkte slaapplek beskikbaar. Die roete is sowat 80km oor distrikspaaie en private grond en die klub het toestemming om twee enkelroetes te kombineer. Besoek www.malmesburyfietsryklub.co.za. Aartappel-dans 7 November – Sir Lamberts, Lambertsbaai. Begin om 19:30 met die Dobbelsteun-orkes. R150 per persoon - Sluit ete in. Drag-semi-formeel. Navrae: 027 432 1150. Aan Oewer Straatmark 7 November – Velddrif: Aan Oewer Straatmark. Navrae: 022 783 0048. All White High Tea 7 November – Women of Substance’s annual fundraiser, 16:00 to 19:00, Malmesbury New Prison. Cost R150; dress code all white. RSVP 082 040 5717. Aurora Market 7 November - Aurora Market. 022 783 1821. Cape Town Military Tattoo 2015 11-14 November - Castle of Good Hope. Tel 021 787 1162; email: defencereserveswc@gmial.com. Gotta luv LBN Market 12 & 23 December – Langebaan market day, Langebaan town hall. 09:00 to 13:00. Free entry & parking; baby & wheelchair friendly. For more info: llffm@naikbox.co.za or 072 638 2972. WeskusBoerejol 14 November – Yzerfontein Sport- &OntsnningsklubbiedBoerkos, Boeremusiek en Boerjol van 10:00 totlaat. Toegang gratis. Braaipakkebeskikbaar @ R50 per persoon. Emo Adams in konsert 14 November - Wesbank RVK bied aan Emo Adams met plaaslike talent om 19:30 in die Wesbank-gemeenskapsaal. Kaartjies R200 (dubbel), R120 (enkel). Kontak Brian September (072 334 7845) of Natalie Larey (081 270 4255). Kaartjies ook by Malmesbury Superspar beskikbaar.
PPK Bethesda Porterville 1 November - Om 10:00 in die sysaal van die NGK. Navrae: 083 722 7787.
PPK Bethesda Malmesbury 1 November- om 10:00 diens en Sondagskool en aanddiens om 18:30. Navrae: 083 722 7787.
River of Life Christian Fellowship Sunday Service 10:00. Home cells: Wed evening services in English. Church in Darling Rd (opposite Prima Bande). Enquiries: Pastor Joshua Motemeri, 084 471 7914.
Malmesbury Methodist Church of SA 09:15 Sunday Service; 08:15 Sunday School; Tuesday evening prayer meeting; Bible Studies Wed evenings. Hall to rent: 071 604 5387. Other enquiries: Rev John Beck, tel 022 482 3623.
Getsemane Mission Church Abbotsdale Sondae 10:00 in Skoolstraat. Sondagskool 09:00, Jeug Vrydae 08:00, aanbidding Donderdae 08:00. Leer klawerbord speel, skakel Nico Maarman, 074 277 1439.
Victory Praise Chapel Christian family church services at 09:00 every Sunday, prayer starts at 08:30, Dr Euvrard Street Malmesbury. Contact Pastors Hannie: tel 074 153 0519 or email: info@ vpci.org.za.
Coram Deo Bediening Dr Euvrardstr 21: Dienste Sondag 09:00; Bybelskool Woensdag 18:00 – 19:30. Navrae: 083 292 6482 of 082 959 9249.
Shofar 1 November: De Waal Esterhuizen lei die diens om 09:30 Voortrekkerstraat 48, Malmesbury. Kontak hulle by 079 214 4578. House of Prayer/Huis van Gebed Malmesbury Sondae om 10:00 by St Thomas Primêr in Wesbank; weekdiens Dinsdae om 19:30 by Tortelduifstr 46. Kontak Hein Marais by 072 170 9766 of heingmarais@gmail.com; of past Ken Pattison by 083 498 2990.
Volle Evangelie Kerk Wesbank Sondag erediens 10:00, kinderbediening 09:00, bid-uur Dinsdae 19:00 by die kerk, Freesialaan 17. Navrae: 022 486 4498; past Andrew Mesani, 076 486 4498. Dynamic Love Fellowship Dynamic Love Fellowship se volgende diens sal op 8 November om 10:00 by Mount Royal se konferensiefasiliteit wees. Vir meer inligting, kontak die kantoor by 022 487 3233 (Maandae tot Donderdae van 08:00 – 14:00). Navrae by telefoon 022 487 3233 (weeksdae, 08:00 – 14:00).
NUUS • NEWS
15
28 Oktober 2015 Betrekking Vacancy Betroubare huishulp vir besige plaashuishouding, 5dagweek, geen drinkers of rokers. Koskookvaardighede,verwysings NOODSAAKLIK. Eie vervoer 6km vanaf Moorreesburg of behuising by buurplaas. Salaris onderhandelbaar. 0834358651. #2216/1
------------------------EARNINGS OPPORTUNITY. Avon representatives needed. No experience necessary. All areas. Contact 079 539 5510 #2209/2
Dienste Services AFMAAK VAN BOME – Vir flink en spoedige diens kontak ons gerus vir gratis kwotasie – 079 502 7074 #2215/3
------------------------BESPROEIING – Vir al u besproeiing- doeleindes kontak my gerus. Voorkom die hoÍ waterrekeninge diÊ jaar. Kontak ons nou – 079 502 7074 #2214/3
------------------------DUPPIE’S TUINDIENSTE Vir sny van gras, bewerk van beddings asook verwydering van tuinvullis. Kontak Duppie vir die beste prys by 083 533 4554. #2002/4
------------------------Fridge Repairs at low cost. We also build 2x2 freezer rooms and do repairs. Contact Cliffie at 078 213 9857 #2167/4
------------------------NEW FREEZE VERKOELING MOORREESBURG. Herstel yskaste, stowe en diens lugversorgers. Ons spuitverf ook yskaste en haal duike uit. Royalstraat 44, Moorreesburg. Tel:022 433 3831 Sel: 071 953 1292 / 082 573 1589 #2098/15
Gesoek Wanted AANDAG!! WELKOM MEUBELS: Op soek na goeie 2de handse meubels, yskaste, vrieskaste, breekgoed, linne sowel as mansen vroueskoene. Oorkant Cash Crusaders. Kontak 022 487 1547 / 084 794 7528.
Sterfgevalle Deaths WANEBURG CARL (Kallie)
Kantoorspasie te huur in Malmesbury – 200 m2. Kontak 082 899 4071 vir meer besonderhede of om te besigtig. #2123/12
So long Kallie, this is just for a while, soon we will meet again on the other side. I’m looking forward for that wonderful blessed day. Rest peacefully. Your wife Betta (Elizabeth) #2239
------------------------Uncle KALLIE 'n Seder het geval. Beginselvas, reg en geregtigheid was u leuse. In stilte het ons u bewonder en respekteer. Ons gun u die rus. Van Wilma, Dulcie, Winnie, Arthur gesinne
------------------------Winkel/Kantoor – 52m² - Sentraal Malmesbury geleÍ – Vanaf 1 November 2015 @ R4 200,00 per maand. Kontak 083 234 7319
#2230/1
Te Koop For Sale 12.9 Akira kragopwekker, 2500 w, tweedehands in baie goeie toestand@ R1600. Kontak Willem by 079 264 1146 #2238
------------------------1 Merle Great Dane reuntjie 3 maande oud. Is ontwurm en het eerste 2 inspuitings gehad. R3500 Petro Swart 0832832018
Muller – 079 413 2520 1x Bauer 13 kg Twin Tub wasmasjien R1350; 2x Rest Assured enkelbed matrasse R550 elk ; 2x Hout Bedkassies R350 elk; Uitskop “rockingâ€? chair - R480; Enkel Imbuia bedjie met kop- en voetstuk- R950 Malmesbury – MĂźller’s-079 413 2520 #2242
------------------------STROPER BANDE 2 = 23.1 x 26 – 14 Ply, Good Year. Kontak 083 234 1509 (Malmesbury)
#2243
------------------------Stokvis Fillette – R45 p/kg;
#2241
Te Huur To Let “Bachelor “ woonstel in Malmesbury vir enkel manspersoon. Beskikbaar 1 November 2015 – R2 150 per maand. Skakel 082 373 0347 #2231/1
------------------------Kantoorspasie te huur in Malmesbury – 45m² . Beskikbaar vanaf 1 Desember 2015. Kontak 083 601 6480 #2218/3
------------------------Kantoor-/winkel spasie te huur. Middedorp. Rainierstraat. 083 991 7350 #2223/1
-------------------------
#2151/11
------------------------Skoon plaasmis te koop @ R25/sak. 10 of meer sakke R20/ sak. Gratis aflewering in Malmesbury, Riebeek-Wes & Riebeek-Kasteel. Skakel Laetitia 082 780 9422
#2072/18
Voertuie Vehicles DADELIK KONTANT vir u motor of bakkie. Skakel, sms of whatsapp na 083 6000 243. Nie lopende bakkie & motors welkom. #2006/7
-------------------------
IMPORTANT NOTICE
#2237
-------------------------
FORM 5
#2240
------------------------CARL (Kallie) – Skielik van ons weggeneem. Ons berus by God se wil. Van Sakkie, Kevin, Timotheus, Daphline & Rallie Arendse & gesinne
Krummelvis – R40/kg, Visvingers – R32/kg. Kontak 022 487 3265 / 084 250 2460
NOTICE OF APPLICATIONS FOR LIQUOR LICENCES IN TERMS OF SECTION 37(1) OF THE WESTERN CAPE LIQUOR ACT, 2008 [Reg. 10(1)]
Notice is hereby given that the following applications for liquor licences have been lodged with the Western Cape /LTXRU $XWKRULW\ WKH $XWKRULW\ DQG ZLWK WKH GHVLJQDWHG OLTXRU RI´FHUV DW WKH LQGLFDWHG 6RXWK $IULFDQ 3ROLFH 6HUYLFHV RI´FHV The applications concerned may, up to and including the 28th day from date of this notice, upon request and IUHH RI FKDUJH EH LQVSHFWHG E\ DQ\ SHUVRQ DW WKH RI´FHV RI WKH $XWKRULW\ RU WKH GHVLJQDWHG OLTXRU RI´FHU OLVWHG hereunder. Copies of the application can be obtained from the Authority after payment of the prescribed fee. 5HSUHVHQWDWLRQV PXVW EH ORGJHG LQ ZULWLQJ ZLWK WKH $XWKRULW\ DQG WKH GHVLJQDWHG OLTXRU RI´FHU LQ DFFRUGDQFH with section 39 of the Act.
VORM 5
KENNISGEWING VAN AANSOEKE OM DRANKLISENSIES INGEVOLGE ARTIKEL 37(1) VAN DIE WES-KAAPSE DRANKWET, 2008 [Reg. 10(1)]
Hiermee word kennis gegee dat die volgende aansoeke om dranklisensies ingedien is by die Wes-Kaapse Drankowerheid (die Owerheid) en by die aangewese drankbeamptes by die aangeduide Suid-Afrikaanse Polisiedienskantore. Die betrokke aansoeke kan, tot en met die 28ste dag vanaf die datum van hierdie kennisgewing, op versoek en gratis, deur enige persoon, by die kantore van die Owerheid of van die aangewese drankbeampte hieronder gelys, geĂŻnspekteer word. Afskrifte van die aansoek kan by die Owerheid na betaling van die voorgeskrewe fooi verkry word. VertoĂŤ moet ooreenkomstig artikel 39 van die Wet skriftelik by die Owerheid en die aangewese drankbeampte ingedien word.
IFOMU 5
ISAZISO SOKUFAKWA KWESICELO SEPHEPHA MVUME NGOKWECANDELO 37(1) LOMTHETHO 2008 ISAZISO [Reg. 10(1)]
Isaziso siyanikezelwa ukuba ezi zicelo zilandelayo zamaphepha mvume otywala zifakiwe kwabasemaGunyeni ezoTywala eNtshona Koloni (abasemaGunyeni) nakumagosa ajongene nemiba engotywala kwii-oďŹ si ezixeliweyo zeeNkonzo zamaPolisa aseMzantsi Afrika. Izicelo ekubhekiselelwa kuzo zingakwazi kwiintsuku ezingamashumi amabini anesibhozo (28) ukususela ngomhla wesi saziso, xa eceliwe kwaye simahla, ziye kuhlolwa nguye nawuphi umntu okwi-OďŹ si esemaGunyeni okanye yegosa elijongene nemiba engotywala elixelwe apha ngezantsi. Iikopi zesicelo zingafumaneka kwabasemaGunyeni emva kwentlawulo emiselweyo. Iingxelo ezixhasayo ezibhaliweyo zingafakwa kwabasemaGunyeni nakwigosa elijongene nemiba engotywala ngokwecandelo 39 loMthetho. Full name of applicant
Name under which business will be conducted
Address of the proposed premises
Kind of licence applied for
South African Police Services designated liquor officer office where the application has been lodged
Volle naam van aansoeker
Naam waaronder die besigheid bedryf sal word
Adres van voorgenome perseel
Tipe lisensie waarom aansoek gedoen word
Suid-Afrikaanse Polisiedienskantoor van die aangewese drankbeampte waar die aansoek ingedien is
Igama elipheleleyo lomfaki-sicelo
Igama ishishini eza kushishina phantsi kwalo
Idilesi yesakhiwo
Uhlobo lwephepha mvume olucelayo
i-OďŹ si yeGosa elijongene nemiba engotywala yeeNkonzo zamaPolisa eMzantsi Afrika apho isicelo sifakwe khona
1.
Ormonde Vineyards (Pty) Ltd
Ormonde Vineyards (Pty) Ltd
Ormonde Farm, Mount Pleasant Street, Darling
On & Offconsumption
Darling
2.
Swartland Wynkelder (Pty) Ltd
Swartland Wynkelder
Swartland Wynkelder, R45 Doornkuil, Malmesbury
On-consumption
Malmesbury
No.
#2005/22
1501326M/A/DieCourant
courant
tel 022 487 3221
28 Oktober 2015
28 Oktober 2015
• Visfabrieke-toernooi bring opwinding
Sportuitslae Sports results
Wesbank struikel in pylvak
Fietsry Malmesbury Fietsryklub Hoërskool Piketberg Pretrit (Org de Rac) 60km: Elishia Drotschie: 2:47:00; Kobus Drotschike 2:47:00; Fietie Rocher: 2:49:31.
Wesbank Rugbyklub moes Saterdag op Malmesbury ‘n bitter pil sluk toe Worcester Villagers die Boland Rugbyunie se Groot Uitdaagkroon voor hul neuse weggeraap het. Die besoekers het ‘n naelbyt oorwinning met 22-20 behaal. Al vier klub-eindstryde, die Eersteliga-, Gemeenskapskild-, Streek-, Uitdaag- en die Groot Uitdaag-kompetisies, het in snikhete toestande op die Diepriviersportgronde op Malmesbury plaasgevind. Groot Uitdaag Finaal: Worcester Villagers klop Wesbank 22-20. Rustyd was hulle reeds 7.3 voor. Wesbank se driedrukkers was Anzo Stubbs en Ronnie Apollis. Theodore Marinus het twee doelskoppe oorgeskop en Theodore Marinus net twee strafdoele. Worcester Villagers se drieë is deur Keenan Cronje, Lincolin Eksteen en Gio Morkel gedruk. Clayton Isaacs het met twee doelskoppe geslaag en Clayton Isaacs met ‘n strafdoel. Só lyk die ander tellings: Eersteliga Finaal: Young Turbos wen 23-12 teenOcean United. Die rustydtelling was 7-8 in Oceans se guns. Gemeenskapskild Finaal: Majestics klop Pumas met 47-30. Rustyd was voor met 27-18. Streek Uitdaag Finaal: McGregor wen met 37-24 teen Langebaan. McGregor was rustyd reeds 22-5 voor. • Die 28ste SA Visfabrieke-toernooi, aangebied deur SA Rugby en die Boland Rugby-unie, vind hierdie Vrydag en Saterdag op die Smitsportterrein op Velddrif plaas. Dié tradisieryke toernooi, wat sedert sy ontstaan in 1987 ontwikkel het in een van die gewildste rugby-gebeurtenisse op Boland Rugby se jaarprogram, bied aan plaaslike rugbyspelers – van wie die meeste spelers werksaam is in die visindustrie – die geleentheid om hul onderskeie fabrieke op die rugbyveld te verteenwoordig. Netbal en sokker vorm vanjaar weer deel van die program.
NUUS • NEWS
SPORT
dié
16
Chris Willemse Cycles Durbie Dash 46km: Kobus Marais 1:40:28. Buffet Olives MTB Classic 42km: Johann Rabie: 01:48:22 (wenner); Elishia Drotschie: 02:46:51; Kobus Drotschie: 02:53:40; Thomas Orchard: 03:20:46; Marius de Kock: 03:21:32; Annemarie de Kock: 03:21:32; Eddie Wiggins: 04:08:50. Gholf Malmesbury Gholfklub Rola Sundowner - 21 Oktober Enkel Stableford Christo Gouws 20; Nic Goosen 19; Eben Lingeveldt 18. Vrydag Sundowner - 23 Oktober Enkel Stableford Jean Pieters 21; George Prinsloo 20; Ewald Liedeman 20; André Uys 20; Brian de Beer 20; Neels Welman 19. Beterbal Stableford Multiplier - Saterdag 24 Oktober Gerdus Carstens & Reinier van Wyk 91; A. Swanepoel & Armandt de Swart 83; Frans Destroo & Francois West 80; Oubaas Kroese & G. Kriger 80; Josef de Beer & Fritz de Beer 79. Tennis Malmesbury Tennisklub Groot Uitdaag: Malmesbury Mans A wen Strand A , 4 wedstryde teen 2. Braam Isaacs k Jean Fourie 6-0/2-6/10-7; Dmitri Marais v Jean-Pierre Joubert 2-6/0-6 wedstryde prysgegee; David Isaacs k Jaco Kriek 6-4/6-7/10-8; Kristoff Isaacs v Shaun Johnson 6-3/4-6/8-10; Braam Isaacs & David Isaacs k Jean Fourie & Jean-P Joubert 6-4/6-1; Dmitri Marais & Kristoff Isaacs k Jaco Kriek & Shaun Johnson 7/6/6-0.
Evaan Liedeman van die Wesbank Rugbyklub nael met die bal. Met Bergrivier Munisipaliteit en die Velddrif Sportraad wat hulle gewig, saam met SARU en Boland Rugby agter die toernooi gooi, kan toeskouers verseker wees dat dit een van die opwindendste toernooie van sy soort sal oplewer. Vanjaar het die organiseerders ook besluit om ‘n gedeelte van die toernooi-inkomste vir
liefdadigheid te skenk, aan ‘n plaaslike instansie vir minderbevoorregtes. Dié oorhandiging sal op die Vrydag van die toernooi geskied, tydens die openingseremonie om 13:00. Stalletjies en ‘n biertent sal oudergewoonte weer eens deel vorm van vanjaar se skouspel.
Malmesbury Mans B verloor teen Paarl Hugenote A , 3 wedstryde teen 2. Dirk Lategan k Reneto Fortuin 6-4/4-6/10-7; Darryl Blom v Yassier Rhoda 1-6/2-6; Irwan Turner & Sarel Steyn v Alfredo Petersen & Aiden Demas 1-6/3-6; Dirk Lategan & Darryl Blom k Alfredo Petersen & Aiden Demas 4-6/7-5/10-7; Irwan Turner & Sarel Steyn v Reneto Fortuin & Yassier Rhoda 2-6/3-6. Malmesbury Mans C verloor teen Drakenstein Paarl A , 4 -1. Malmesbury Vroue A wen Rekreasie D, 3-2. Malmesbury Vroue B wen Vlottenburg B, 4-1.
Cycle in Darling Corporate Challenge The first Darling Corporate MTB Challenge will be held at !Khwa ttu San Educational & Cultural Centre on the West Coast Road (R27), Yzerfontein on Saturday 7 November. The aim of the event is for Swartland and West Coast businesses to come and show their colours.
It’s a fun ride and the idea is for businesses to use this opportunity to network, promote your company in a dynamic and alternative way, whilst having fun with your team at the same time. There will be prizes for the team that shows the best team spirit. Teams can consist of one or more riders en
the routes are 10km or 30km. The closing date for entries is 30 October. Entries are limited to 150, so book as soon as possible to avoid disappointment. For more information contact eldre@iloveyzer.co.za. Fb page: https://www.facebook.com/ DarlingCorporateMTBChallenge.
Nederburg Baronne 750ml
43
R
Olof Bergh Brandy 750ml
R
89
J&B Rare Scotch Whisky 750ml
R
129
Gordon’s Special London Dry Gin 750ml
R
84
Coca-Cola Regular 2 Litre
1192
CHEERS TO THESE
R
150
Castle Lager Cans 24 x 330ml or Non-returnable Bottles 24 x 340ml Per Case
54
R
Savanna Premium Cider Non-returnable Bottles Assorted 6 x 330ml Per Pack
PRICES VALID 29 OCTOBER - 1 NOVEMBER 2015 AT PICK N PAY LIQUOR STORES LANGEBAAN, MALMESBURY, VREDENBURG, WELLINGTON, GRAANENDAL, DURBANVILLE, WILLOWBRIDGE, SABLE SQUARE, FRANSCHHOEK, BIG BAY AND CERES STORES. Liquor not for sale on Sundays at Malmesbury, Wellington, Stellenbosch Square or Franschhoek Liquor. Promotional stocks are limited. Prices include VAT, where applicable. Smart Shopper terms and conditions apply. No traders. E&OE. Selected products may not be available at all stores. Visit www.picknpay.co.za, or call 0800 11 22 88. Cellphone rates apply.
Best Customer 2013 Loyalty Programme 2014 three years in a row 2015
1501658 _100 x 260
GREAT DEALS
Alcohol Not for Sale to Persons Under the Age of 18. Drink Responsibly. 1501658_10x8 Vredenburg Liquor.indd 1
2015/10/26 10:56 AM