die courant

Page 12

courant promosie

12

27 Junie 2012

Intshona wil veral vroue en plaaswerkers op platteland bemagtig REGS: Johnathan van der Westhuizen langs die produksielyn waar die melk al gereed is vir verspreiding na kleinhandelaars. Meer as 5000 boksies melk kan hier per uur geproduseer word. LINKS: Dr. Christa van Louw, voorsitter van die Intshonawerkerstrust, beywer haar om landelike mense, veral vroue en plaaswerkers te bemagtig - ekonomies en sosiaal.

LINKS: Me. Ria Olivier is bestuurder van die Intshonagroep se Werkerstrust. REGS: Johnathan van der Westhuizen in die pasteuriseringsafdeling.

Tersius Theron, waarnemende hoofbestuurder en finansiële bestuurder van Intshona Melkprodukte, met ‘n ketel op die agtergrond in die aanleg op Malmesbury. Die Intshona-groep vier in Julie sy vyfde bestaansjaar. Die groep se aanleg in Malmesbury se nywerheidsgebied, op die hoek van Tegno- en Nywerheidsingel, produseer nagenoeg 1,2 miljoen liter lang-lewe-melk per maand. Volroom, 2% en laevet melk word geproduseer. Dit word in die Wes-, Suid- en Oos-Kaap onder die All Seasons-handelsmerk versprei. Mnr. Tersius Theron is die waarnemende hoofbestuurder en finansiële bestuurder van Intshona Melkprodukte. Die aanleg op Malmesbury ontvang sy melk van melkprodusente in die Swartland. Die besigheid in die Swartland vorm deel van ’n groter projek, geïnisieer en gedryf deur dr. Christa van Louw, om landelike mense, veral vroue en plaaswerkers te bemagtig - ekonomies en sosiaal. Deel van die Intshona-groep se projekte is onder meer die Intshona Werkerstrust, met dr Christa van Louw as voorsitter, me. Ria Olivier as bestuurder en me. Ursula Griffiths en mnr. Daan Dirks as projekbestuurders. Die trust is in 2007 vir 282 plaaswerkers op 52 plase in die Swartland, Bergrivier en Witzenberg gestig, sowel as

vir werkers by die aanleg. Die trust, ‘n nie-winsgewende organisasie, hou aandele namens die begunstigdes en onderneem maatskaplike ontwikkelingsprojekte. Die trust se visie is om die lewensgehalte van werkers en hul families te verbeter, met ‘n sterk fokus op plattelandse vroue, plaaswerkers en die jeug. As deel van die verbetering van onderwysgeleenthede word skool- en dagsorgfasiliteite verbeter, beroepsvoorligting gedoen, en skoolgereedheids- en vaardigheidsprogramme aangebied. Sportafrigting, kore en mentorskapprogramme en ondersteuning aan mishandelde vroue is van die trust se aktiwiteite. Vennootskappe is met talle instansies uit die burgerlike samelewing aangegaan om dit tot uitvoering te bring. ‘n Droom van die trust is om hulpbronsentrums met boeke en rekenaars op plase te vestig. Die trust se raad van trustees is dr. Christa van Louw, mnr. Lambertus Louw en mnr. Leslie Jansen.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
die courant by DieCourant - Issuu