Page 1

courant

gratis

Uitgawe 179

die

swartland en weskus

tel 022 487 3221

27 Junie 2012

hugenotestraat 24, malmesbur y

Alwyn Vintcent maak Swartlandse draai Jong spoedvraat op eie bodem

Die laaste sleepstoomboot wat in Suid-Afrikaanse waters gevaar het, die Alwyn Vintcent, kom gister per abnormale swaarvragmotors - een wat voor trek en een wat agter stoot - by die Hopefieldpad se aansluiting op die N7 by Malmesbury aan. Die boot is vanaf die Kaapse hawe op pad na Villiersdorp, waar dit vandag of môre verwag word. Op die foto regs kom die optog Maandag by die Malmesbury-afrit op die Weskuspad by Yzerfontein aan. Villiersdorp se Trekker- en Enjinklub het haar teen R20 000 aangekoop. Die vervoerkoste daarheen beloop egter ‘n halfmiljoen rand. Daar sal oor die volgende paar jaar, na herstelwerk, besluit word wat met die boot gedoen gaan word, het Eniel Viljoen, klubvoorsitter, gesê. Moontlikhede wat reeds genoem is, is dat dit in ‘n padstal omskep word, of vir plesiervaarte op die Theewaterskloofdam as ‘n dieselaangedrewe vaartuig aangewend word.

Planne om nuwe kampus te bou Die Weskus Kollege op Malmesbury behoort binnekort sy eie kampus te kry, sodat al die dosente, administratiewe personeel en elk van die huidige 500 voltydse studente daar geakkommodeer kan word. “Tans word die huidige kampus in vyf lokale regoor die dorp gehuisves,” het Gert Witbooi, die woordvoerder van die Malmesbury-kampus, Maandag gesê. Dié 10-jaar oue kampus streef al vir die afgelope ses jaar daarna om al die lokale en studente in een sentrum te huisves, “maar praktiese oorwegings en burokrasie was gereeld die struikelblok.”

Volgens die konsultant vir die projek om die nuwe kampus hier te bou, is ‘n terrein en ‘n argitek vir die beoogde gebou reeds geïdentifiseer, maar onderhandelinge oor die aankoop daarvan is nog aan die gang. Weens die sensitiewe aard van die onderhandelinge, wou die konsultant geensins uitbrei oor die ligging van dié perseel nie. “Die voordele van ‘n sentrale kampus is dat dit beter bestuur en beter dissipline moontlik sal maak,” het Witbooi gesê. Die studente kan ook baat by ‘n onderdakkafeteria en ruskamers. Die Malmesbury-kampus

Swartland Rugbyforum gestig bl. 16

Fotoblad van groot aand by HSS bl. 5

van die Weskus Kollege is saam met die Citrusdalkampus die vierde grootste kampus. Die Atlantiskampus is die grootste, met Vredenburg die naasgrootste, gevolg deur Vredendal. Daar is nog geen formele aanduiding van die koste van só ‘n gebou nie, maar Witbooi het aangedui dat die Vredenburg-kampus, wat ook ingenieursrigtings aanbied, R30 miljoen gekos het om te bou. “Die aankoopprys van die perseel sal natuurlik ‘n rol speel in die uiteindelike koste,” het Witbooi gesê. Die beoogde nuwe kampus sal ruimte bied vir tot 800 studente.

Koshuise smelt saam bl 3

Vorige terreine wat as opsies beskou was, sluit Huis Landman van Laerskool Swartland en die area rondom die Herehuis in Loedolfstraat op Malmesbury in. Nie een van hierdie moontlikhede het egter gerealiseer nie. Oor die beoogde Malmesbury-kampus, stem Johannes Steenkamp, direkteur van ontwikkelingsdienste by die SM, saam dat dit absoluut noodsaaklik geraak het. “Die SM sal alles binne sy vermoë doen om die Weskus Kollege hierin te steun, want ‘n sentrale kampus sal net soveel meer moontlikhede aan die studente kan bied.”

voet in die hoek met Toyota se FJ Cruiser - bl 6


courant

die

2

In watter kategorie val jy?

Met hope ‘eerstes’ wat weekliks beleef en gereeld aangekondig word, is die Swartland deesdae ‘n opwindende plek om in te wees. ‘n Eerste feesvierende rugbydag op Malmesbury op 14 April, lei tot ‘n eerste rugbyforum wat die belange van rugby kan bevorder en vandeesweek amptelik geword het, sodat die onderburgemeester Maude Goliath tereg kon sê: “Dit moes lankal gebeur het!” Ander eerstes sluit Swartlandse presteerders op sportgebied in, asook die Alwyn Vintcent, ‘n geskiedkundige stoomsleepboot wat tans droogvoets deur die Swartland ‘vaar’. ‘n Volgende eerste vir die Swartland is die lang verwagte één kampus vir die Weskus Kollege op Malmesbury, waarvoor onderhandelinge tans aan die gang is. Om ‘n groeiende opvoedkundige instelling te bestuur terwyl die klasse, studente en personeel in vyf verskillende lokale oor die dorp versprei is, moet beslis een van dié grootste uitdagings wees. Intussen moet studente tussen klasse sonder ‘n ontspanningslokaal regkom, winter en somer. Terwyl onderhandelinge oor dié nuwe vooruitsig aan die gang is, juig almal wat by die Kollege betrokke is - nog ‘n welkome eerste vir die Swartland. Sommiges onder ons sal altyd enige vernuwing of verandering met antagonisme of apatie beskou, terwyl ander bloot wag dat dit moet gebeur. ‘n Klein aantal inwoners is egter diegene wat eerder sorg dat dinge gebeur - só dat die eerstes ons omgewing bou en verbeter en laat groei. In watter kategorie val jy?

Kontak die courant by 022 487 3221 Faks: 086 699 6276; Redaksie - epos: redaksie@diecourant.co.za Advertensies - epos: admin@diecourant.co.za Rekeninge - epos: accounts@diecourant.co.za www.diecourant.co.za

dis goeie nuus deur: Dr. Andrew Bosman

Waarom het die Satan jou hart vervul…? In die boek oor die handelinge van die Heilige Gees met die apostels lees ons dat diegene wat eiendom, huise of grond besit het, dit verkoop het, en die geld na die apostels gebring het. Hulle het weer op hulle beurt uitgedeel na die behoefte van die wat in Jerusalem was. So het hulle meer gegee as ‘n tiende, maar dit het die uitbreiding van die koninkryk van God moontlik gemaak. ‘n Sekere man en sy vrou het ook hulle eiendom verkoop. Hulle wou ook graag soos die ander gee en het die geld vir die apostels gebring. Omdat dit blykbaar ‘n redelike bedrag was, het hulle besluit om nie alles te gee nie, maar ‘n deel vir hulself te hou. Daar was niks fout daarmee nie, behalwe dat hulle gemaak het asof hulle alles gegee het. Toe Petrus hulle konfronteer waarom die Satan hulle harte vervul het om dit te doen, het hulle dood neergeval. Hulle het nie vir die mense gelieg nie, maar vir die Heilige Gees. Ons mag dink dat ons slegs voor mense leef, maar moenie dat ons dieselfde fout as hulle maak nie.

courant nuus

27 Junie 2012

Inwoners leef meer veiligheidsbewus

Al het gevangenes van die Malmesbury Gevangenis onlangs amnestie gekry, het dit, volgens die Malmesbury polisiediens, nie ‘n invloed op die misdaadstatistiek gehad nie en het dié syfers konstant gebly. Dié tendens word toegeskryf aan die publiek se paraatheid om nie ‘n teiken van misdaad te word nie. “Ons was saam met die inwoners ietwat bekommerd gewees dat misdaad op Malmesbury sal toeneem ná die vrylating, maar die teendeel is bewys,” aldus konst. Henry du Randt, mediaverteenwoordiger van dié polisiekantoor. “Die publiek het meer opgelet na hul eie veiligheid en het veiligheidsmaatreëls toegepas. “Ons het opgemerk dat daar nie minder gevalle is waar waardevolle items in voertuie gelaat word, dat vensters en deure van huise oopstaan, dat klein badkamervensters ook nou gesluit word. Die inwoners van Malmesbury is beslis baie meer veiligheidsbewus,” sê Du Randt. Volgens Du Randt is van die polisielede aangesê om met privaatklere in die dorp te beweeg en ‘n ogie te hou oor die gemeenskap se manier hoe hulle hulself beveilig, maar is sigbare polisiëring steeds ‘n integrale deel van hul dienste.

Die vakansie het aangebreek en talle huise sal leegstaan waar die bewoners elders gaan uitspan het. Dit is ook ‘n tyd waarin alle Swartlanders weer hul veiligheid moet opskerp om seker te maak dat hulle nie in die kloue van misdaad vasval nie.

Nuwe junior GPF gestig

‘n Woordvoerder van die Darling polisiekantoor, raai inwoners aan om verkeersreëls na te kom. “Ons gaan gedurende die vakansie nie skietgee aan padreëls nie en sal ook verskeie padblokkades hou om die veiligheid van die gemeenskap te verseker. “Diegene wat op Yzerfontein gaan vakansie hou, moet ook nie dink dat die inbrekers ook met vakansie is nie. Onthou dat, al gaan jy net vir ‘n wandeling op die strand, jy steeds jou vakansiehuis se deure en vensters gesluit en toe moet hou,” sê Philander. Dié eenheid is ook deel van ‘n organisasie wat ‘n vakansieprogram vir tieners aanbied om hul ledige ure te verminder en sodoende van die strate af

te hou. Kapt. Ursula van der Ventel van die Porterville polisiekantoor raai ouers ook aan om hul kinders se veiligheid te verseker deur middels soos parafien buite bereikbare afstand te hou en vuurhoutjies ver weg te bêre. “Die kinders moenie by sulke items kan uitkom nie, anders verhoog die kans dat hulle kan seerkry. “Ouers moet ook ten alle tye van hul kinders se bewegings en doen en late bewus wees. Kinders moenie geld van vreemdelinge aanvaar nie en ook nie in gesprekke met hulle betrokke raak nie. Indien ‘n vreemdeling hulle nader, moet hulle onmiddellik wegbeweeg in die rigting van ‘n persoon wat aan hulle bekend is,” sê Van der Ventel. Die Malmesbury polisiekantoor het verder na die jeug uitgereik en ‘n junior gemeenskapspolisiëringsforum, oftewel GPF, gestig. “Ons glo dat die jeug deur ander jeug gemotiveer en bemagtig moet word. Hulle sal nou met die senior GPF en polisie aan projekte saamwerk,” sê Du Randt. Dié polisiekantoor is ook van voorneme om in die nabye toekoms ‘n meningspeiling op Malmesbury van stapel te stuur om die tevredenheid van die gemeenskap met hul diens te bepaal en om vas te stel waar daar kwellinge of probleme is.

Moller se prinseskroon skitter helder

Alucci Samui Moller (10) het verlede naweek Suid-Afrika by die “Princess of the Universe 2012”-kompetisie verteenwoordig en met dié kroon weggestap. Moller is die dogter van Des Moller, mede-eienaar van Malmesbury Superspar en woon op Wellington. Dié kompetisie het in Sunnybeach, Bulgarye plaasgevind en Alucci het in die 8 tot 10-jaar afdeling deelgeneem. Sy is deur haar ouers, Des en Rozanne, vergesel. Die kompetisie het uit verskillende kriteria bestaan waarop die deelnemers geëvalueer is. Op die eerste dag het hulle die organiseerder, Meggi Savova ontmoet. Die deelnemers het geskenke eie aan hul land van afkoms met mekaar uitgeruil en mekaar so beter leer ken. Een van die kriteria is ‘n talent-

kompetisie en hier het Alucci weer die eerste prys in-

gepalm met haar ballet-uitvoering van die Tarantula-dans. Hulle het ook die antieke stad Nessebar besoek en ‘n fotosessie ingepas om hulle in hierdie scenario te kan evalueer. In die nasionale kostuum-afdeling het Alucci soos ‘n tipiese Zulu-vrou aangetrek met die kleure van die SuidAfrikaanse landsvlag in haar krale. Hier is haar kommunikasie-vaardighede bepunt toe sy aan die beoordelaars moes verduidelik wat sy dra en wat dit simboliseer. By die gala-aand is die deelenemers deur ‘n paneel van ses beoordelaars goed deurgekyk. “Granny Mrs Universe” en Mej Bulgarye 2012 was deel van dié ses. Hier is die lede nie toegelaat om grimering en hoë skoene te dra nie en moes hulle opreg “kind” wees. Hierna het hulle balrokke aangetrek en hul slag op die loopplank gewys en hul verhoogpersoonlikheid voorgesit. “Die gesiggie spreek boekdele,” sê ‘n trotse Pappa Des.


27 Junie 2012

courant nuus

Swartland-koshuise smelt saam

Die seunskoshuis Huis van Imhoff is 90 jaar gelede betrek en word binnekort opgeknap. Huis van Imhoff, die seunskoshuis van Hoër- te doen. Ons beoog om die seuns weer oor skool Swartland op Malmesbury, het pas sy twee jaar in die koshuis te ontvang.” Spies het beklemtoon dat géén personeeldeure tydelik gesluit sodat die nodige inlid sy/haar werk sal verloor nie. “Die huidige standhoudingswerk gedoen kan word. Die inwonende hoof van die koshuis, Jo- seunskoshuis-personeel gaan saam na Huis hann Spies, het Maandag gesê dat die oudste Landman toe, maar die dienshoofbestuurder deel van die koshuis 90 jaar oud is. “Die voorste van Huis van Imhoff, Marlene Jooste, sal egter deel van Huis van Imhoff is in 1923 betrek en op by Huis Imhoff aanbly om te werk aan fondsindie oomblik is daar onder andere stortpype wat samelingsprojekte.” Spies het aangedui dat Huis van Imhoff lek en geute wat afval en potensieel gevaarlik aangewend gaan word vir funksies, geselkan wees.” Die huidige 32 koshuisseuns sal met ingang lighede, reünies en oornagplek vir toergroepe. “Ons probeer al van 1998 af die nodige van die derde kwartaal hul intrek neem in Huis van Zyl, die meisieskoshuis van die hoërskool. fondse bekom, en sal nou maar self hard werk om die geld in te samel.” Daar is 50 dogters in die koshuis. Die hoërskool het aangedui dat die meisies“Hierdie is ‘n tydelike reëling. Dit gaan help vir besnoeiing op oorhoofse koste en die skool koshuis groot genoeg is om al die leerders te gaan eers self geld insamel om die herstelwerk huisves en dat die geriewe dáár op standaard is.

“Ons moet kompetisies hou” - John Dürr

Die Malmesbury Skaapstudiegroep het die eerste keer in die 60-jarige bestaan van die Bennie van der Merwe-wisseltrofee, dié trofee ontvang. Dié studiegroep bestaan reeds vir 36 jaar en hou die afgelope 32 jaar jongooi -kuddekompetisies. Oor hierdie prestasie het John Dürr, die voorsittter van die Rooivleisprodusente-vereniging

en inwoner van Malmesbury, gesê: “Ons moet die jong-ooi kudde-kompetisie voortsit en uitbou, want dit is die kern van die studiegroep se bestaan. Dit raak al moeiliker om die toekenning as die beste landbou-vereniging van Agri Wes-Kaap te ontvang. Maar as ons dan toekennings soos hierdie kry, is dit onmoontlik om ons mis te kyk!”

Helen Halvorsen van Laerskool Swartland is gekies as kaptein van die Boland 0.13A-hokkiespan. Sy is tans in Pietermaritzburg waar hulle provinsiale wedstryde speel.

3


4

courant nuus

27 Junie 2012

Drie duurste huise in SA eiendomsmark

Bet you never imagined that SA’s most expensive properties are right here under our noses in the Mother City… Just how much you would have to fork out to become a proud owner of one of these valuable estates? We’ll give you the low-down if you’re feeling the urge to splurge... Yes, that’s right – top honours for this distinction go to none other than Sol Kerzner’s overly decadent One&Only penthouse suite (seen above). Along with the private lift that takes you straight to your suite door, a cool R110 million price tag delivers a music and media room, underfloor heating, a rooftop swimming pool within a 300m2 garden, along with all the usual luxurious amenities one can expect of this hotel. In second place, just a scenic drive away from the V & A Waterfront, is a Stefan Antoni master-

piece in Clifton, on the sought-after Nettleton Road. This five-bedroomed residence offers uninterrupted ocean views and huge indoor and outdoor entertainment spaces with a rim-flow pool, bar, games room and gym. Oh, and there are three garages and three off-street parking bays to accommodate your mobile fleet. Staff accommodation – no problem; it’s all included for the princely sum of R90 million. And third, but certainly not to be outdone, for a sumptuous R71 million you can pick up a lavish dwelling on the Atlantic Seaboard – this time, in Bantry Bay. The five-bathroomed, fivebedroomed piece of über-real estate oozes space: the 1 482m2, multi-level home boasts several balconies, a solar-heated pool, steam room and gym. You can even schmooze with your friends at your private cinema, and the domicile’s five parking bays help to avoid traffic snarl-ups at hometime.


courant ArtHSS

27 Junie 2012

5

Mooistes by ArtHSS gekroon Die HoĂŤrskool Swartland op Malmesbury het Donderdag die mooistes van die skool gekroon in die jaarlikse ArtHSS wat vanjaar deur Malmesbury Superspar geborg is. Karlien van Jaarsveld was die gaskunstenaar. Ronel le Roux en Michael Garisch spog vanjaar met die kroon.

Jaques Welman en Diane van Wyk

Hele Kritzinger en Michael Garisch

Gerhard Havenga

Duncan Matthews

Mirisna Carstens

Die kunstenaar: Karlien van Jaarsveld

Die Wenners: Ronel le Roux en Michael Garisch

Sulette Kotze

BO: Agter van links staan Paul-Muller de Kock, Martie Bester, Derick Hougaard, Luzanne van der Watt en Dourina Linde was die beoordelaars van die aand. Regs agter is Albie Coetzee, mede-eienaar van Malmesbury Superspar en die hoofborg van die aand. Voor is Brian de Beer,Mariam Solomon, Diane van Wyk, Ronel le Roux, Michael Garisch, Duncan Matthews en Carlton Esbach.

Ronel le Roux


6

27 Junie 2012 motors courant Martina, Spiere en FJ Cruiser, perd van ‘n ander kleur

Wimbledon het vandeesweek afgeskop en hopelik word die manseindstryd nie weer oor twee dae beslis nie. En as Djokovic daar is, sal die uwe hard duime vashou. Op die grasbaan van Court 1, dis nou eintlik baan twee ná Centre Court, het ons op die af-slaanlyn gesit (eintlik seker in lyn met die afslaanlyn) toe ek die mees gespierde arms nog op ‘n vrou aanskou het. Dit was die tweede Maandag van die 1994-toernooi en ons het die vorige nag op die sypaadjie geslaap vir kaartjies. Vierde ronde en Martina Navratilova se opponent was Helena Suková. (Dié terloops was nogal mooi gebou en veral haar bene het opgeval). Martina het 6-2, 6-2 gewen en tot die eindstryd gevorder waar sy in drie stelle teen Conchita Martínez verloor het. Maar dit was daardie voorarmhoue hier reg voor

ons wat die bultende spiere vertoon het om menige liggaamsbouer na ‘n beginner te laat lyk. Martina, wat Wimbledon se vroue-enkelspeltitel 9 keer verower het, het ook in 1994 as enkelspelspeler uitgetree. Van spiere gepraat. Daar is darem ook ‘n paar ander sportvroue wat met ongelooflike spierdefinisie spog (of gespog het). Op eie bodem het die uwe in die Paarl netbalfoto’s geneem toe VV Annie Kloppers met alle

mag hier voor my vastrap (briek om binne die baan te bly). Daardie bobeenspiere het so gebult dit wou amper uit die foto uit bars. Die afgelope Vrydagaand het die jong Bokkies die Wêreldbeker verower en die Swartland se jong Spiere, Pieter-Steph du Toit, was woelig op flank. Oor sy oupa en legendariese Springbok-stut vertel ‘n eertydse opponent: “Ons het ’n slag teen die toerspan van die Maties gespeel. Dit was my taak om die kragman van Suid-Afrikaanse rugby, Piet (Spiere) du Toit, in toom te hou. Kyk, daardie man is sterk. Hy het my gedruk dat ek my eie nommer agter op my trui kon sien.” Aweregs, half art deco, so kan mens die eerste gewaarwording beskryf as jy Toyota se FJ Cruiser die eerste keer sien en agter sy stuur inklim. Malmesbury Toyota het ‘n ROOI FJ gegee om te toets en ek wil amper soos op die TV sê F Jay as julle weer so ‘n Spiertier in my hande stop en verwag ek moet hom terugbring. Hierdie kar is eintlik ‘n effen (flippen as jy my dalk van krutaal wou verdink) ‘great’ ryding. Hy het my gevat na ‘n bekende Malmesbury

boer se splinternuwe damwal (bietjie in 4x4) en daarna op die modderpad na die naweek se Wittedam-naeltydren. Toe pak ek my goed en skiet vir Villiersdorp oor die Franschhoekpas. Nou behalwe dat daardie pad een van my gunstelinge is, was dit ‘n ongelooflike gevoel om die pas uit te ry met hierdie spiertier. Met genoeg perde om heeltyd bergop te versnel, en die gevoel om (in die proses) so oor die Franschhoekvallei af te kyk wat amper was soos om in ‘n vliegtuig op te styg, was dit meer die stewige, veilige gevoel van ‘n kar wat deur daardie berg (soos jy weet wat) aan die pad klou, wat die uwe beïndruk het. Toentertyd (eintlik die 50’s) was daar al die immergewilde voorgangers soos die FJ 40. Jy hoef nie ‘n atoom-fisikus te wees om 60 jare se verfyning en ervaring in ontwikkeling en ontwerp in dié nuwe FJ waar te neem nie. Hy bied baie, eintlik oorgenoeg, maar dit bly die ry-ervaring wat vir die uwe bo alles uitstaan. Ruimte, spesiaal meer vierkantige binneontwerp om meer ruimte te gee. Op die kassie se sportkanale is daar elke nou en dan hoogtepunte van ‘n wedstryd. Wel hier is

‘n paar van die FJ (onthou daar is te veel om in die beperkte ruimte op te noem): • Tru-kamera met ingeboude videoskerm in binne-truspieëltjie. Voorpaneel-ontwerp met rompkleur-panele en silwer insetsels. • Leerbedekte stuurwiel met afstandbeheerde kontroles vir die klank- en telefoonversoenbare Bluetooth-stelsels met dakluidspreker • Lugversorging • 6 lugsakke • ISOfix-kindersitplekmontering • Aktiewe kopstutte • Agterste passasiersdeure met skarniere aan die agterkant sorg vir maklike toegang en ’n tweedeur-voorkoms • Die stertdeur met sykantskarniere maak wyd oop en het ’n venster wat afsonderlik oopgemaak kan word • Regop windskerm met drie ruitveërs, dun A-pilaar en vier deure vergroot binneruim tot die maksimum • Die noodwiel is op stertdeur gemonteer. • ABS-remme, Elektroniese Remkragverdeling, Voertuig-stabiliteitsbeheer en gevorderde kloubeheer vir veldrytoestande • Spoedbeheer •

Outomatiese 5-gang-ratkas met AI-Shift en Flex Lock-Up • Grondvryhoogte: 245 mm • 4,0ℓ V6 24-klepper EFI-petrolenjin met dubbele i-VVTi en wat 200 kW @ 5 600 r/min en 380 Nm @ 4 400 r/min lewer Die FJ Cruiser is ‘n móét-toetsbestuur-kar. Die uiterlike in dié geval vertel beslis nie die volle verhaal nie. Daardie rooie by Malmesbury Toyota, hy is ‘n perd van ‘n ander kleur. Alle geval, cheers tot die wiele weer rol. NS: Die Ou Bokke het Saterdag maar lelik gesukkel. Seker dié dat daar nie hoogtepunte van dié wedstryd is nie. Martina het eendag gesê: “The mark of great sportsmen is not how good they are at their best, but how good they are at their worst.”


27 Junie 2012

courant nuus

7


8

courant nuus

27 Junie 2012

MSC Opera and MSC Sinfonia to offer new destinations for the 2012/13 cruise season MSC starlight Cruises recently announced the return of MSC Sinfonia, and the addition of MSC Opera to South Africa for the 2012/13 summer season. Both Ships will bring elegance and glamor to South African guests, offering select new cruise destinations as part of their Summer 2012/13 itineraries. The MSC Opera will arrive in Cape Town on the 20th November 2012 and will proceed onto Durban where she will be based for the Summer season, operating the popular three and four night cruises to Maputo, Portuguese Island and Barra Lodge in Mozambique. The ever popular Christmas cruise has been changed slightly, sailing to Portuguese Island and then on to the tiny beach village of Anakoa in Madagascar. This unspoilt port of call is known for its diving, fishing and surfing alongside a quaint fishing village where the locals still craft seaworthy dhows right on the beach. An 11 Night festive New Year cruise on board MSC Opera has also seen a new addition with New Year’s eve celebrated under the Reunion skies. The MSC Opera arrives in Mauritius on New Year’s day where the ship will remain in port for 3 nights The MSC Opera also has Port Elizabeth as a port of call towards the end of her season and will perform a couple of cruises out of Cape Town to Mossel Bay,

Walvis Bay, and Luderitz before leaving South African shores for the European summer. The MSC Sinfonia will arrive back in South Africa on the 28th of November 2012, for her

home port. A firm favourite in South Africa, she will operate a series of cruises to Mossel Bay, Hermanus, Walvis Bay, Luderitz, and, for the first time ever, an 11-night roundtrip cruise

4th season, allowing the Cape Town market a more luxurious cruising option out of their

to Walvis Bay and St Helena. Long a requested destination for MSC to visit, St Helena is one of

Promosie

the most isolated islands in the world, and used to serve as an important rendezvous point and source of food for ships that were travelling from Asia en route to Europe. French emperor Napoleon Bonaparte was exiled to, and is buried on the Island. MSC Sinfonia will take over the Portuguese Island, Maputo and Barra Lodge cruises from the MSC Opera on the 18 February out of Durban and will operate an extended season , only ending on the 12 of April 2013. This includes school holidays and Easter which is sure to be in huge demand. Another new destination for the ship will be Anakoa (Madagascar) as part of a 7 night cruise including Portuguese Island and Maputo, This departure is scheduled for the 25th March 2013. For the real cruise enthusiasts there is a long cruise scheduled to Mauritius, Reunion and Ile St Marie in Madagascar on the 6th of February or the ultimate cruises – those to & from Italy to Cape Town, 18 & 19 night itineraries from Venice or Genoa to the fairest Cape with calls at Valencia, Toulon,Lisbon, the Canary Islands & Walvis Bay . Bookings for the new season are already open for both MSC Opera and MSC Sinfonia, with attractive offers for early bookings as well as special promotions for senior citizens and honeymooners. For more info Visit: www.msccruises. com or www.mscstarlightcruises.co.za We are also on Facebook : www.facebook. com/mscstarlight


27 Junie 2012

courant nuus

9

LINKS: Lede van ACVV Dienssentrum Riebeek-Kasteel het ‘n heerlike bederf beleef by die 150 jaar-oue Oude Kerk Museum aan die voet van Kasteelberg op Riebeek Kasteel. Die geleentheid is moontlik gemaak deur Chalice funksie-, dekor en verhuringsmaatskappy. Verskeie organisasies is uitgenooi en keurig getrakteer. Van die spuitfontein wat vrylik iets te drinke aangebied het, tot ‘n stylvol gedekte tafel en smullekker happies het alles gesorg vir ‘n heerlike, feestelike historiese atmosfeer. Op die foto is Magriet Serdyn, Ria Myburgh, Mynhardt Joubert, Janean Thiart, Irma Coetzee en Talita Lambrects.

Die leerders wat binnekort die jaarlikse Eurokamp in Duitsland gaan bywoon, is: Voorste ry van links: Romy Saunders (Schoonspruit Sekondêr), Hugh Cleophas (Vooruitsig Primêr), Brenwyn Julies (Vooruitsig) en Lunga Swelindawo (Swartland). Agter van links: Chris Hunsinger, Jaleel Papier (Graafwater), Neil Hanekom (Hoërskool Dirkie Uys), Bernice Valantine (dansafrigter), Marno Basson (Graafwater), Kim van Schalkwyk (Schoonspruit Sekondêr), Willem Fransman (Graafwater), Anne Abrahams (Graafwater), Rouxné Scheepers (Graafwater), Cornél van Wyk (Graafwater), Marcelle Eksteen (Hoërskool Dirkie Uys) en Ilse Loock (Swartland Munisipaliteit).

Tydens die oorhandiging van die Pick ‘n Pay Hero Awards op Chatsworth verlede week, het Absa met die gemeenskap hande gevat en geld bewillig vir die aankoop van ‘n 4x4-karretjie vir die gestremde Thembile Adams, ‘n leerder wat daagliks sukkel om by die skool te kom. Op die foto kyk Ben Arendse en Anton Hougaard van Absa toe, asook Yolaine Swanepoel van Pick ‘n Pay en die skoolhoof, Evan Hendricks. Thembile en sy ouer broer, Thembi, staan langs die karretjie.


10

courant courant nuus

27 Junie 2012

Bekers vir beste spelers

BO: Coulin van Sckalkwyk is gekies vir die Boland se o.13-XV-tal wat in die wintervakansie gaan deelneem aan die Nashuaweek op Sasolburg.

Die Malmesbury Rolbulklub het ‘n prysuitdeling gehou waar die volgende persone met bekers bekroon is: Peter Hall (beste sportmangees, mansvierspel en vir gemengde pare), Attie Nel ( mansenkels, - pare, gemengde driespel en mansvierspel), Cecile Gous (gemengde paar), Altus Myburg (mans vierspel), Martin Louw (mans driespel), Daniël Griebenauw (gemengde driespel), Danie Jacobs (manspare- en vierspel) en Michilina Venter (vroue-enkelspeler). Anke Claassen van Laerskool Swartland op Malmesbury het pas aan die WP geslote skaaktoernooi deelgeneem en ses van haar sewe wedstryde daar gewen, asook die goue medalje in haar afdeling. Anke gaan ‘n bedrywige skaakvakansie hê: Sy gaan aan die SA ope-skaaktoernooi in Kaapstad deelneem en ook aan die Wes-Kaap skoletoernooi op Gansbaai.

Dawson Humphreys van Vooruitsig Primêr op Darling is opgeneem in die Boland o.13rugbyspan en gaan die vakansie aan die volgende toernooie deelneem: Die Suidelike Kustoernooi by Oakdale (Riversdal) en die Nashua XV-talweek op Sasolburg. Die skool se personeel is baie trots op dié leerder se prestasie en bedank die hele gemeenskap wat bygedra het om Dawson se kostes te help dra.

REGS: Joey Louw (stigterslid), Michilina Venter en Attie Nel (beste vroue -en mans-enkelspelers) en Danie Oosthuizen (president).

LINKS: Drie seuns is verkies tot die WP-rolbalspan: Henfre Brand, Danie Oosthuizen (president), Daniel Griebenauw en Arnaldo Bester.


courant courant kos en raad

27 Junie 2012

Cherry Lane op Malmesbury het hierdie koffie-kuier-resep vir dié week voorberei. Smul heerlik hieraan in die koue winteraande.

Espresso-koffie glanskersie-versiersuiker

Bestanddele:

200g margarien 1 kg versiersuiker gesig 2 dubbel espresso koffie (beskikbaar vanaf Cherry Lane) 1 eetlepel kakao 2 t vanilla geursel

Metode: Room margarien Voeg versiersuiker en ander bestanddele geleidelik by.

Ideaal vir kolwyntjies

Dienste na Darling gebring “Ons kom na jou” Die departement van plaaslike regering, omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning het gister en Maandag ‘n Mobiele Thusong-program in Darling aangebied, as deel van ‘n projek waar die dienste van Binnelandse Sake (bv vir geboortesertifikate en ID-aansoeke), SARS (vir belastingdoeleindes) en SASSA (vir aansoeke om staatspensioene en -toelaes) na die breër gemeenskap van die WesKaap gebring word. Die Mobiele Thusongprogram was verlede week in Tulbagh besig en besoek Malmesbury teen September vir dié doel. Die departement van plaaslike regering, omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning koördineer die ander departemente se hulpverlening en soek dan ‘n saal in die gemeenskap waar die dienste aangebied kan

word, of rig ‘n groot tent op as dit nodig is. “Ons doel is om dié dienste na die mense toe te bring, veral diegene in die platteland,” sê dié projek se woordvoerder, Tania Colyn. “Ons departement se span bestaan uit vyf tot ses lede en SASSA, SARS, die departement van Arbeid en ook Binnelandse Sake, stuur elk twee persone. “In sommige dele help ons tot 600 mense per dag, maar in George het ons al tot 2 2000 mense op een dag ontvang!” Die provinsie se minister van plaaslike regering, omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning, Anton Bredell, het vroeër vanjaar tydens sy begrotingstoespraak dié inisiatief geprys vir die manier waarop mense wat baie lang ure werk, tegemoet gekom word. Hy het ook sy waardering uitgespreek vir die werkgewers en unies wat hierdie projek ondersteun.

11

Hoe gemaak met...

...vernuwing van ‘n bestaande tuin

1. Begin deur ‘n basiese raamwerk saam te stel deur na die volgende belangrike dinge te kyk: 1.1 Die klimaat van die omgewing asook na die mikroklimaat van dié deel van die tuin wat gaan bepaal watter plante gebruik gaan word. Is dit winderig of lekker beskut? Hoeveel son of skaduwee? Het jy baie spasie of is dit ‘n klein hoekie? Die humiditeit: Is dit nat en klam of droog? 1.2 Dan kom ons by die voorbereiding van die grond – Baie belangrik! Indien die tuingedeelte klein is, dan is dit maklik om die grond te verbeter en die spesiale toestande te skep vir die spesifieke plante wat u daar wil plant. Indien die area baie groot is, raak die projek net groter en meer arbeidsintensief. Die byvoeg van baie kompos en ander produkte, soos beenmeel, langfos, supers, rapid raiser en nog baie meer is die regte resep. Pasop: Onthou wanneer jy fynbos soos Proteas, Tolbos en Speldekussings plant – gebruik net kompos. 2. Gebruik die volgende beginsels van tuinontwerp. 2.1 Skep balans – Die indruk wat die tuin skep is belangrik, soos is daar ‘n aangename balans? 2.3 Eenheid – Onthou die tuin is ‘n verlengstuk van die huis, bv wanneer jy by ‘n venster uitkyk, moet dit soos ‘n baie mooi skildery lyk. 3.3 Verhouding – Die groottes van komponente in die tuin. Hierdie eerste drie is die belangrikste beginsels, maar kyk ook na die volgende: • Vorm – Sal dit by die geheel inpas? • Tekstuur – Te veel van een tipe is vervelig. • Te veel verskeidenheid is te besig. • Kleur of kontras – Te veel van dieselfde kleur of tipe loof kan oordonderend wees. • Gebruik verskeie blaarvorms en kleure om goeie kontras te bereik. • Sagte kleure laat ‘n klein area groter ver-

toon, maar baie sterk kleure omvou ‘n mens en laat dit beknop lyk. Hoë mure kan met ‘n sagte gedempte kleur soos byvoorbeeld blou/ groen geverf word om saam te smelt met die agtergrond. • Skep ‘n illusie van ruimte: Die oog moet mislei word - gebruik ‘n mooi uitsig om die tuin te vergroot en onthou, strak lyne word versag met plante. Selfs spieëls kan ook in die tuin gebruik word om die illusie van diepte te skep of ‘n vervelige hoekie meer interessant te laat lyk met die weerkaatsing. Die wateroppervlak van ‘n poeletjie of visdam kan ook die lig weerkaats en só ‘ n illusie van diepte skep. Selfs ‘n traliewerk teen ‘n muur of selfs ‘n “deur” geverf teen ‘n muur, skep ‘n illusie van ruimte (en maak jou nuuskurig - wat is aan die anderkant?) ‘n Paadjie wat deur ‘n tuinbedding kronkel na ‘n deur of ‘n hek (selfs al lei dit na nêrens) lei dit die oog verder as die werklike ruimte. Volgende keer (25 Julie) kyk ons na die tuinplan . Bronne geraadpleeg: ‘Pragtuine op Klein Skaal in Suid-Afrika’ – Struik. Groetnis George Retief

Voorbereiding van grond is baie belangrik!


courant promosie

12

27 Junie 2012

Intshona wil veral vroue en plaaswerkers op platteland bemagtig REGS: Johnathan van der Westhuizen langs die produksielyn waar die melk al gereed is vir verspreiding na kleinhandelaars. Meer as 5000 boksies melk kan hier per uur geproduseer word. LINKS: Dr. Christa van Louw, voorsitter van die Intshonawerkerstrust, beywer haar om landelike mense, veral vroue en plaaswerkers te bemagtig - ekonomies en sosiaal.

LINKS: Me. Ria Olivier is bestuurder van die Intshonagroep se Werkerstrust. REGS: Johnathan van der Westhuizen in die pasteuriseringsafdeling.

Tersius Theron, waarnemende hoofbestuurder en finansiële bestuurder van Intshona Melkprodukte, met ‘n ketel op die agtergrond in die aanleg op Malmesbury. Die Intshona-groep vier in Julie sy vyfde bestaansjaar. Die groep se aanleg in Malmesbury se nywerheidsgebied, op die hoek van Tegno- en Nywerheidsingel, produseer nagenoeg 1,2 miljoen liter lang-lewe-melk per maand. Volroom, 2% en laevet melk word geproduseer. Dit word in die Wes-, Suid- en Oos-Kaap onder die All Seasons-handelsmerk versprei. Mnr. Tersius Theron is die waarnemende hoofbestuurder en finansiële bestuurder van Intshona Melkprodukte. Die aanleg op Malmesbury ontvang sy melk van melkprodusente in die Swartland. Die besigheid in die Swartland vorm deel van ’n groter projek, geïnisieer en gedryf deur dr. Christa van Louw, om landelike mense, veral vroue en plaaswerkers te bemagtig - ekonomies en sosiaal. Deel van die Intshona-groep se projekte is onder meer die Intshona Werkerstrust, met dr Christa van Louw as voorsitter, me. Ria Olivier as bestuurder en me. Ursula Griffiths en mnr. Daan Dirks as projekbestuurders. Die trust is in 2007 vir 282 plaaswerkers op 52 plase in die Swartland, Bergrivier en Witzenberg gestig, sowel as

vir werkers by die aanleg. Die trust, ‘n nie-winsgewende organisasie, hou aandele namens die begunstigdes en onderneem maatskaplike ontwikkelingsprojekte. Die trust se visie is om die lewensgehalte van werkers en hul families te verbeter, met ‘n sterk fokus op plattelandse vroue, plaaswerkers en die jeug. As deel van die verbetering van onderwysgeleenthede word skool- en dagsorgfasiliteite verbeter, beroepsvoorligting gedoen, en skoolgereedheids- en vaardigheidsprogramme aangebied. Sportafrigting, kore en mentorskapprogramme en ondersteuning aan mishandelde vroue is van die trust se aktiwiteite. Vennootskappe is met talle instansies uit die burgerlike samelewing aangegaan om dit tot uitvoering te bring. ‘n Droom van die trust is om hulpbronsentrums met boeke en rekenaars op plase te vestig. Die trust se raad van trustees is dr. Christa van Louw, mnr. Lambertus Louw en mnr. Leslie Jansen.


courant promosie

27 Junie 2012

13

LINKS: Yandiswa Nonkonyana is verantwoordelik vir gehaltebeheer, voedselveiligheid en gesondheidsveiligheid.

BO: William van Zyl, ‘n elektrisiën wat ook instandhoudingswerk doen. BO: Ian Robertson se take behels debiteure en logistiek.

LINKS: Nomawetu Ngwendu, die mikrobioloog by die aanleg.

BO: Daniel Dirks, gemeenskapsontwikkelaar en sportbeampte, en Ursula Griffiths, gemeenskapsontwikkelaar. BO: Raphael Spogter en Andritch Mathese, laboratoriumpersoneel.

BO: Jennifer Blom, administrasie en ontvangs, en Hazel Freeman, ‘n skoonmaker. BO: Stefmarie Swart, laboratoriumtegnoloog, op haar pos.

LINKS: Intshona se melkfabriek in Tegnostraat, Malmesbury.

BO: Douglas Adams is ‘n supervisor in die roumelkafdeling en Sakkie van Niekerk ‘n motorbestuurder en tegniese assistent.


courant dienste

14

27 Junie 2012

dienste Multi Scrap met eie weegbrug beteken gerief vir klante

Michael Meeding, ‘n geregistreerde skroothandelaar, is sedert 2010 aan die stuur van Multi Scrap BK op Malmesbury. “Ons dienste sluit alles in wat met skroot en afvalmetale soos bv. koper, batterye, brons, staal, lood, aluminium ensovoorts te doen het,” sê Michael. By Multi Scrap is dienslewering baie belangrik en Michael en sy personeel sal te alle tye daardie ekstra myl loop om sy klante tevrede te stel. Soos Michael terugkyk op die jare van besigheid, is hy dankbaar. “Dankie vir elke lid van die publiek wat ons

kalender Junie/julie

Vakansieprogram vir kinders in Riebeekvallei 25 Junie - Mike Hillier se Kreatiewe Pretwerksessies van 9:00 tot 11:00 en op 27 Junie van 14:30 tot 16:30. Die koste is R100 per klas vir kinders ouer as 8 jaar. Om te bespreek, bel Mike by 082 898 0607 of e-pos hom by mikehpromotions@gmail.com Planting the Seed art exhibition 29 June from 9:00 - 17:00 and 30 June from 8:00 - 13:00 at Sisters in Conference, 69 Hugenote Street, Malmesbury. Artists include Marieta Steenkamp, Marian Trautman, Adele Fouché, Grant Netherlands and Anchovi Art (Shaune Micklethwaite and Angela James). No entrance fee. People with enquiries can call 022-482 2090 or e-mail info@sistersinconference. com or visit www.sistersinconference.com Klubrugby 29 Junie - Malmesbury speel tuis teen Abbotsdale om 19:00 en 20:00 Malmesbury Tygerliga Netbalgeldinsameling 30 Junie - Die Malmesbury Tygerliganetbalklub bied ‘n dans in die Malmesbury Stadsaal plaas om 19:30 @ R50 per persoon. Kontantkroeg is beskikbaar. ‘n Getekende Stormers-rugbytrui sal opgeveil word. Die tema vir die aand is “Zef soos Jack Parow”. Kontak Jen by 072 246 6417.

Good Hopes Rugbyklub hou fees 30 Junie - Die Good Hopes-rugbyklub hou ‘n Gemeenskapsdagfeesviering op die Riebeek-Wes-sportgronde. Die fees word begin met ‘n pretloop deur die strate van Riebeek-Wes. Geld wat op die dag ingesamel word, sal aan behoeftige organisasies in die Riebeek-Vallei teruggeploeg word. Mense wat ‘n bydrae wil maak vir die gemeen-skapsdag, of navrae wil rig, kan mnr. Maurice Markus skakel by tel. 022-4338427 (w) of 022 461 2590 (h) of sel. 0836506273 of per epos aan mmarkus@wcdm.co.za of mnr. M. Abrahams by 072 0463 609 bel.

Moorreesburg Markdag 30 Junie - ‘n Moorreesburg kattebak-verkoping word op die Moorreesburg Museum se terrein gehou. Inskrywingsfooi beloop R30. Kontak Annelize by 022 433 1072 of 082 574 0357. AGS Corpus Christi-oggenddiens 1 Julie - Die oggenddiens om 09:30 word gelei deur Roderick Onverwacht. Geen aanddiens tydens die vakansie. Navrae by 073 447 2902 Jeugweek op Goedverwacht 2 - 6 Julie - Charne Essau uit Goedverwacht nooi alle jongmense van graad R tot matriek vir ‘n jeugweek op Goedverwacht. Dit duur van 10:00 tot 13:00 daagliks en is gratis. Skakel 081 2700 155 vir navrae. Kultuuraand by Darling Museum 6 Julie - Elizabeth van Heyningen praat om 18:30 by die Darling Museum oor die Anglo-Boereoorlog. Kaartjies kos R60 vir nie-lede en R50 vir lede en sluit ‘n ligte warm ete in. Skakel Dianne by 022-492 3361 vir navrae of besprekings. Konferensie op Moorreesburg 11 Julie - Die Moorreesburg Koringmuseum bied ‘n gemeenskapskonferensie aan vir almal wat graag ‘n bydrae wil lewer in die opgradering van die museum. Dit vind om 18:00 plaas in die museum. Skakel 022-433 1093 vir navrae. Wintertoernooi op Malmesbury 12 en 14 Julie - Hoërskool Swartland op Malmesbury is die gasheer vir 14 skole wat op die velde van die hoërskool kom rugby en hokkie speel. Twee oorsese skole, Bishops en ander Bolandse skole neem deel. Besoek www.swartlandhs.co.za of e-pos admin@swartlandhs.org.za met navrae. Swartland Veterane Ploegdag 21 Julie - Die Ploegdag word vanjaar op ‘n plaas op die Kalbaskraalpad by Abbotsdale aangebied. Volg die padaanwysings. Navrae kan gerig word aan Linda Carstens by 0848877843 of aan ckb@lantic.net per e-pos.

so getrou ondersteun! Ons belowe om soos in die verlede, ook in die toekoms die beste diens en kompeterende pryse aan ons klante te lewer. ” Multi Scrap is ook die enigste skroothandelaar in Malmesbury wat oor sy eie weegbrug beskik om gerieflikheid vir sy klante te verseker. “Besoek gerus ons perseel te Nywerheidsingel 6 op Malmesbury of kontak ons om u skroot moeiteloos vanaf u perseel te verwyder,” nooi hy. Skakel Multi Scrap BK by 022-4824357 of tree met Michael in verbinding op sy sel by 0716760631.


27 Junie 2012

die1 courant Algemeen

• SLEUTELS VERLOOR - ‘n Groot bos sleutels met ‘n klein bossie sleutels en ‘n leer vel aan bos. Verloor tussen Doringfontein Plaas oppad na Klipheuwel. Beloning. Kontak 022 482 3902, 082 778 4321 ---------------------------• PASTORALE BERADING - Skakel Theresa van Vreden by 083 310 3823 vir afspraak. (Assosiaatberader ABBO/ Radiokansel. Reg: SAAP AO20/80

Gesoek Wanted

2

• DAAGLIKSE SAAMRYGELEENTHEID GESOEK - Vir aftreeoordhuishulp vanaf Atlantis na Malmesbury. Ongeveer 07:00 soggens en na skool weer terug vanaf 1 Julie 2012. Sal bydra tot brandstof. Kontak 084 780 4024 ----------------------------• PROJEK: SAKKE VOL SPEELGOED!! - Alle ou, bruikbare speelgoed sal welkom wees, word weer uitgedeel aan kindertjies waar nodig. Sal kom haal of kan afgelewer word by Loedolfstraat 41, Malmesbury. Skakel Andra by 083 256 8180 ----------------------------• OPSOEK NA... Welkom Meubels betaal harde kontant vir 2de handse goeie meubels, linne, breekgoed, winterklere (mans) skoene ens. Kontak 022 487 1547 / 084 794 7528

Te koop For sake

4

Voertuie te koop

5

• EGTE LEER MANSSKOENE - (Vellies, stewels en sandale) Alle nommers beskikbaar, asook groot nommers (5 - 15) . Teen baie spesiale pryse. Malmesbury. Kontak Max 083 275 8266 • DADELIK KONTANT - Soek motors of bakkies. Ons kom kyk. Skakel 073 444 3749 ----------------------------• MOTOR PROBLEME? - Enige motor, trok, motorfiets of enige ander meganiese probleme asook elek-

tries. Dienste en nog meer. Skakel 074 330 2805 ----------------------------• KOOP VAN VOERTUIE - Ek koop motors, bakkies, lopend of nie lopend vir kontant. Kontak 079 831 9874 ----------------------------• VOERTUIE DRINGEND GESOEK - Ek koop enige gebruikte voertuie vir kontant. Skakel 083 464 6960

Te Huur To Let

7

• 1 SLAAPKAMER WOONSTEL - Met onderdak parkering. Beskikbaar 30 Junie. R2500. Kontak 074 280 5957 ----------------------------• BACHERLORWOONSTEL - Kombuis, Badkamer, Krag + Water ingesluit) R2200 Sentraal. Kontak 076 997 3667 / 022 482 4494 ----------------------------• DU TOIT TRAILERS Sleepwaens te huur, asook kar sleepwa “piggyback”, asook skaap spitbraai te huur. Kontak 022 482 1767 / 072 237 2349

Dienste Services

• KONTANT LENINGS - Vir maandelikse persone. Persone op swartlys ook welkom. Kontak 074 114 2554 ----------------------------• LAMINATING FOORING - Ingesit teen beste prys vir ‘n gratis kwotasie. Skakel 082 658 4690 ----------------------------• BOEKHOU/ADMIN DIENSTE - Voorbereiding van BTW, Debiteure, Krediteure, bankrekonsiliasiesinlees van inligting op Pastel. Salarisse en lone op VIP-Payroll. Kontak persoon: Eileen Basson 082 373 0220 ----------------------------• TOP CARPETS EN BLINDS - Teëls, matte, laminering, vinylvloere, blindings en blindings herstel/ diens. Gratis kwotasie en professionele diens. Skakel 022 482 2100 ----------------------------• DIENSTE GELEWER - Vervoer van meubels, verwydering

courant smalls van bourommel en tuinvullis, afsaag van bome en die afmaak van struike. Kontak Willie Gagiano by 082 875 4802 of 022 448 1336 ----------------------------• ABC PARTYTJIES - Kindertemapartytjies, dekor, tafeltjies, stoeltjies, koeke en versiersuiker-prints. Kontak Elsa 078 544 2038, abcpartytjies@ gmail.com of www. abc-partytjies.weebly.com

Diere Animals

13

• VARKE TE KOOP R800elk. Gesond en Ingeënt. Malmesbury onmiddellik beskikbaar. 072 464 9382 * LET ASB OP * Die betaling vir alle geklassifiseerde advertensies (smalls) is Dinsdaemiddae om 13h00 voor plasing.

12

• DRUKKENDE FINANSIES - Wil jy graag jou eie inkomste verdien? Begin jou eie besigheid vanaf jou huis en verkry finansieële vryheid. E-pos of sms ‘JA’ na 083 356 8383 of arnoenriana@yahoo.com ----------------------------• EXTREME GRAFSTENE - Malmesbury. Vir kwotasies, nuwe grafstene, herstelwerk bewoording ens. Beste pryse gewaarborg. Kontak 082 550 5859 of 082 561 3291 -----------------------------

Kontak ons gerus om hier te adverteer vir advertensies wat werk by 022 487 3221

15

smalls


courant agterblad

die

swartland en weskus

27 Junie 2012

Ashley laat modder spat LINKS: Die Swartland se internasionale renjaer Ashley Haigh-Smith (op foto) en sy navigator, Patrick Vermaak, moes met ‘n tweede plek tevrede wees in Saterdag se sneltydren by Wittedam buite Malmesbury. Die eerste plek is ingeneem deur John Peiser en Gareth Vernon.

LINKS: Christo Kotze van Malmesbury breek om ‘n vaste skrum, met Gavin de Wee (links) en Juan Schreuder (regs) by om te ondersteun. Young Hearts van Pella het die Presidentsligarugbywedstryd teen Bloues met 24-10 gewen.

Uitslae Rugby

PREMIERLIGA: Wesbank 45, Robertson 39; Darling 30, Saldanha 39. SUPERLIGA (WES): Never Despair 22, St. Helenabaai 18; Moorreesburg 24, Mamre 19; Hopefield 36, Abbotsdale 12; Langebaan 19, Porterville 16. PRESIDENTSLIGA (WESKUS): Saron 36, Coronation 29; Newtons 27, Good Hopes 7; Young Hearts 24 Malmesbury 10

Gholf

ENKEL-STABLEFORD: 1 A. Ackerman 43; 2 N. Fourie 42; 3 W van Niekerk 42; 4 J. Snyders 40; 5 F. West 40.

Duiwe

VLUG VANAF LEEU-GAMKA NA MALMESBURY (met spoed in meter per minuut):

1 M Hill 1052.083; 2 F Meintjies en seuns 1044.149; 3 S Niemann 1035.111; 4 F Meintjies en seuns 1034.145; 5 M Hill 1030.191; 6 F Meintjies en seuns 1021.935; 7 E Kotze 1016.542; 8 C Basson 1003.973; 9 S Niemann 995.209; 10 J Steenkamp 988.063. VANAF LEEU-GAMKA NA MOORREESBURG: 1 HMO Smit en seun; 2 Yt EN tuis; 3 Yt EN tuis; 4 Frans Jooste; 5 Frans Jooste; 6 Frans Jooste; 7 HMO Smit en seun; 8 Frikkie en Johan; 9 Israel Saunders; 10 HMO Smit en seun.

Rugbyforum: “Dit moes lankal gebeur het”

Die nuutverkose stigtingskomitee van die Swartland Rugbyforum is agter: Chris Hunsinger (SM), Henfré Brand (Malmesbury RVK) en Ashley Arendse (Abbotsdale). Voor: Gerhard Januarie (Bloues), Grant Niemand (Coronations), Royden Manuel (Dassenberg Young Eagles), Maude Goliath en die president, Rejaques Fry (Abbotsdale RVK).

Geskiedenis is Maandagaand gemaak toe die eerste formele Swartland Rugbyforum op Malmesbury tot stand gekom het. Raadslid Chris Hunsinger het inleidend geskets hoe Malmesbury se rugbyfeesdag op 14 April aanleiding gegee het tot die stigting van dié forum, wat die jeug en rugby in die algemeen, en veral in die landelike gebiede, moet bevorder. “Ons lidmaatskap sluit nié vanaand nie,” het hy gesê. “Ons wou graag begin met die forum, maar ander klubs is steeds welkom om aan te sluit.” “Dit moes lankal gebeur het,” het die onderburgemeester, raadsheer Maude Goliath, oor die forum gesê. Sy het ook alle rolspelers daarteen gewaarsku om nooit net die belang van

sy eie klub te soek nie, maar rugby in sy geheel te bevorder. “Veral noodhulp by elke wedstryd het aandag nodig, so ook vrouerugby en rugby in die landelike gebiede.” Die eerste president van die forum, Rejaques Fry, het sy drie doelstellings met die forum aangedui: “Ons wil rugby en die genieting daarvan bevorder, asook kommunikasie tussen die klubs, veral met die kleiner klubs. “Ongeag wie en wat ons is, die mag van rugby kán gemeenskappe bymekaarbring! Kom ons máák die forum werk!” het Fry gesê. At Botha, direkteur van siviele ingenieurswese by die SM en gemoeid met sport, het die uitdaging tot die forum gerig om ‘n reuseskrum met 1 000 mense daarin, te reël, as simbool van die eenheid wat rugby kan bring.

die courant  

die courant, grootste koerant in die Swartland. Gratis.