Die courant 25 nov 2015 348

Page 13

NUUS • NEWS

13

25 November 2015

Hoe Gemaak ...

... met my somertuin en die somervakansie op hande?

Moenie water mors nie At Botha, direkteur: siviele ingenieursdienste van Swartland Munisipaliteit, gee ‘n paar praktiese wenke om water te bespaar: Doen gereeld ‘n water-oudit by die huis en slaan ag op die hoeveelheid water wat verbruik word. Herstel lekke op loodgieterstelsels en –toestelle. Neem eerder ‘n stort in plaas van ‘n bad. Verminder jou tydperk onder die stort. Beperk die natmaak van tuine tot voor 10:00 in die oggend of na 16:00 in die middae. Bedek tuinbeddings met ‘n deklaag om verdamping te verminder. Monitor die watermeter gereeld vir hoë verbruike want dit dui moontlik op ‘n lekkasie. Installeer beheerbare spuitpunte aan tuinslange. Gebruik besems om harde areas te vee in plaas van om dit met ‘n tuinslang skoon te spuit. Gebruik emmers om voertuie mee te was. Hergebruik die finale spoelwater afkomstig van die wasmasjien vir die volgende was-siklus.

R449 995

ALLEENMANDAAT

R725 000

ALLEENMANDAAT

WEB 365051

Slaapkamers 3 Badkamer 1 Motorhuis 1

Hierdie ruim huis bied ‘n goeie beleggingsgeleentheid. Dit het die potensiaal vir twee huurinkomstes. [K] 022 487 3905 AMOR 084 622 8166

R1 100 000

ALLEENMANDAAT

GOEIE BELEGGINGSGELEENTHEID

WEB 357356

Die eiendom bied 3 tot 4 verhurings opsies. Die eiendom geniet goeie sigbaarheid vanaf die hoofstraat. [K] 022 487 3905 AMOR 084 622 8166

PORTERVILLE

R1 200 000

R930 000

ALLEENMANDAAT

LIEFLIKE FAMILIE WONING

Slaapkamers 4 Badkamers 2

WEB 365243

4 Slaapkamer woning, ingeboude braai area en 2 slaapkamer woonstel. Buite stoorkamer. [K] 022 433 3444 ANJA 072 841 0727

PORTERVILLE

R1 400 000

ALLEENMANDAAT

GESINSWONING NABY LAERSKOOL ABSOLUTE JUWEEL! TREK NET IN WEB 369988

Slaapkamers 3 Badkamers 2 Motorhuis 1

Hierdie 3 slaapkamer huis naby die laerskool verras met ruimte wat dit bied. Reeds pragtig opgeknap. [K] 022 487 3905 AMOR 084 622 8166

MALMESBURY

MOORREESBURG

VERKOOP DEUR SEEFF

PRYSVERLAGING

MALMESBURY

MALMESBURY

VERKOOP DEUR SEEFF

MALMESBURY

R1 499 000

ALLEENMANDAAT

WEB 362480

Welgeleë eiendom, ruim sitkamer loop uit op toegeboude braai area. Oopplan eetkamer met braai. [K] 022 931 2761 INA 082 921 8316

PIKETBERG

R1 795 000

WEB 362281

3 Slaapkamer huis met 2 slaapkamer woonstel en aparte gastekamer. Die eiendom bied ‘n uitstekende huurinkomste. [K] 022 487 3905 NASTASSJA 073 529 6506

1.5 HA KLEINHOEWE

Slaapkamers 4 Badkamer 1 Motorhuise 2

FAMILIE WONING

Slaapkamers 3 Badkamers 2 Motorhuise 3

WEB 364607

Pragtige woning en tuin op groot erf in rustige area. Familie kamer het ingeboude braai, kroeg area wat uitloop na tuin en swembad. [K] 022 931 2761 INA 082 921 8316

RIEBEEK WES

R2 200 000

ALLEENMANDAAT

ALLEENMANDAAT

PERFEKTE HUIS VIR GROOT GESIN

Slaapkamers 6 Badkamers 4 Motorhuise 2

Slaapkamers 3 Badkamers 3 Motorhuise 2

WEB 364848

Pragtige en veilige omgewing. Die hoofhuis het 2 slaapkamers met 2 chalets en ‘n werkswinkel. Eskom krag en boorgate. GERHARD 082 048 3400

FRANSE STYL OP DUBBEL ERF

Slaapkamers 3 Badkamers 2 Motorhuis 1

WEB 366486

Jou droomhuis in die pragtige vallei net 90 km vanaf Kaapstad. 3 159 vkm Erf met boorgat, braai lapa en vele meer. SIMON 082 444 4074

SA se gekose tuiste vir meer as 33 000 eiendomme te koop of huur.

Ja, dit is sowaar al weer Desember en dan gaan baie van ons tuiniers mos bietjie met verlof. Die tuin moet reg voorberei word vir daardie tydperk om te verhoed dat die grond uitdroog en jou plante verlep of selfs doodgaan. Gooi ‘n lekker dik laag kompos tussen jou plante om as grondkombers te dien – dit hou die vog in die grond en dien ook as bemesting. Jy kan ook by plante wat sensitief is vir uitdroging, twee produkte gebruik wat in die grond ingewerk word om water te ‘stoor’ vir tye wanneer die plant dit nodig het, naamlik Stockosorb en Aquasoil. Dit werk ook baie effektief vir plante in houers, potte en hangmandjies. Doen navraag by jou plaaslike kwekery vir die regte gebruik daarvan. Indien jy ‘n besproeiingstelsel in jou tuin het, maak seker dat alles behoorlik werk. Indien dit ‘n handstelsel is, sorg dat die persoon wat jou tuin moet natlei, weet wat hy of sy doen. Indien dit ‘n outomatiese stelsel is, sorg dat jy ‘n vars bystand-battery insit en kry ook iemand wat weet hoe werk die stelsel om so af en toe te kom kyk of alles nog werk. Dan is daar ‘n paar peste en plae wat begin probleme gee: Blaaspootjies: (thrips) is ‘n baie klein goggatjie wat van wit in die nimfstadium tot pikswart in volwasse stadium, plante aanval. By rose suig dit die blomknoppe só dat dit glad nie wil oopmaak nie. Party plante se blare rol toe, met die nimfies binne-in en ander plante se blare raak op die bokant so gespikkeld en aan die onderkant kry dit swart uitskeidings wat soos sandpapier voel. Rooispinnekop (red spider mite) is ook ‘n baie

klein insek wat gewoonlik aan die onderkant van blare wegkruip en plantsap uitsuig. Soms word die blare, blomme en stingels met ‘n dun spinnerakweb toegespin. Die eerste tekens is gewoonlik sigbaar as die blare so ‘n asvaal, gespikkelde sout-en-peper-voorkoms kry. Snybekkewer/wingerdkalander vreet gewoonlik aan plante se blare, dat dit lyk soos iets wat met donshael geskiet is. Dit is ‘n vaalgrys tot ligswart klein kewer, wat snags uitkom en bedags wegkruip. Wanneer jy probleme met dié plae het, kan jy gerus ‘n paar blare of klein takkie saamneem na jou kwekery, om die regte middels daarvoor te kry. Indien jy tuisbly dié Kerstyd – geniet jou tuin! Onthou: Koop plaaslik en sorg só vir jou eie gemeenskap. Is jy ouer as 60? Ons gee ook op Dinsdae ‘n pensioentrekker-korting van 5%. Geseënde Kersfees en voorspoed vir 2016! Tuingroete, George Retief


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Die courant 25 nov 2015 348 by DieCourant - Issuu