Die courant 23 mrt 2016 362

Page 8

NUUS • NEWS

8

23 Maart 2016

Landbouers deel kennis by Skogdag op Moorreesburg Breedtegrade, lengtegrade en straalstrome: dit is die drie verskynsels wat weer bepaal en beïnvloed, het Giel Hugo by die Skogdag op Moorreesburg gesê oor faktore wat die weer kan beïnvloed. Hy het voor ‘n volgepakte Jan Basson-saal op Moorreesburg gepraat by verlede week se Skog Voorsaaidag. Wat van 2016? Hy meen Maart neig meer na normaal. Op die oomblik piek die fronte wes van die land. “Dit beteken noordweste winde en dit is wat ons wil hê.” Hugo sê die verwagting is dat die Wes-Kaap meer reën as normaalweg vroeg sal hê, maar hoeveel meer wil niemand waag nie. “Ek dink ons gaan groot reën in Maart en April kry, maar die stelsels is nog nie op die kaarte sigbaar nie.” Op ’n vraag van Kiep van Niekerk van Malmesbury oor wanneer en hoeveel reën daar gaan wees, het Hugo gesê dis onmoontlik om te kan sê hóéveel dit gaan reën, maar wel dat dit beter as 2015 gaan wees. “Alle tekens is daar, ook in die volksweerkunde, dat dit 2016 nie ’n slegte jaar gaan wees nie. Selfs al kry julle minder as normale reën, gaan die frekwensie van die reën help.” Hugo sê daar was die afgelope dekades ’n geleidelike afname in die temperatuurverskille. Die uitwerking daarvan is onder meer ’n soort “aanhoudendheid” in die weer, met ander woorde die weer verander nie juis nie. Hy sê wat ’n mens eintlik wil sien, is ’n koue front wat deurbeweeg met ’n hoogdrukstelsel wat agter hom kom, en dan nog ’n koue front met ’n hoogdrukstelsel, “nie 20 koue fronte wat verbykom nie”.

Hy sê Maart en April is goeie reënmaande, veral in die Boland en die Suid-Kaap, maar die stelsels wat daardie reën bring, is nog nie op die kaarte sigbaar nie. “Dit lyk nie ons gaan die hupstoot van ’n klomp reën in Maart en April kry nie. Wat wel gaan gebeur, is dat die hoogdrukband geleidelik noord gaan skuif. "Dit beteken dat ons frontjies kry wat al hoe nader inkom tot ons groot reën in Junie-Julie of in die laat-somer kry.” Die hooffokus van die Skog-dag was risikobestuur. Die ander twee sprekers was Org Lotter en Johan Janse van Resburg. Lotter het gepraat oor die beheer van raaigras teen die agtergrond van swak of geen voorsaai-beheer in 2015. Hy het onder meer gepraat oor die ekologiese en biologiese eienskappe van raaigras, dormansie, ontkieming en opkoms van die onkruid. Hy het boere gewaarsku teen die gevaar van saad wat weerstandbiedend teen gifstowwe raak. "Ons moenie die huidige arsenaal van middels verkrag nie, dit is al wat ons het. Wissel produkte gereeld af en maak mengsels van verskillende middels." Hierna het Janse van Rensburg lig gewerp oor die wat, hoe en waar van swamdoders. Laaste op die dag se program was Oubaas Brink, wenner van die Swartland Kanola-kompetisie. Hy het gesels oor hoe hulle met kanola boer en gesê "ons doen wat ons doen, want dit is prakties uitvoerbaar vir ons. "Ek hou van kanola, daarom boer ek daarmee. As jy nie daarvan hou nie, boer met iets anders."

Giel Hugo en Org Lotter (sprekers) staan hier by (van links), Chris Cumming, Gert Conradie, André Kirsten (voorsitter), André Brink (kanola-wenner), prof André Agenbach en Gerhard Scholtemeyer.

Bo: Meer as 250 mense het die Skogdag bygewoon. Regs: John Loxton en Giel Hugo ruil 'n paar gedagtes. Links: Penna Odendaal, Du Toit Wessels, Schalk van der Merwe en Kobus van Niekerk. Onder links: Gys van Schalkwyk, Willie Martin en André (Oubaas) Brink in gesprek. Onder regs: Frikkie Bester, Johan Slabber, Sakkie du Toit en Fanus Kellerman was ook onder die gaste.

"Ek hou van kanola, daarom boer ek daarmee. As jy nie daarvan hou nie, boer met iets anders."

Andre Brink, Eduard Loubser en Marius Rust kuier saam voor die lesings begin.

Ook teenwoordig was Gerhard Trdoux, Paul Basson, Jurianne Schreuder, Wynand Heunis, Nico Louw en Willem Basson.

Steenkamp en Nicolaas de Villiers het ook die dag bygewoon.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Die courant 23 mrt 2016 362 by DieCourant - Issuu