c urant
Gratis • Free
swartland en weskus Swartland
Weskus se 1ste keuse
dié
1
20.5%
23 Maart 2016
Hugenotestraat 24, Malmesbury
Uitgawe 362
tel: 022 487 3221
GROOTSTE onafhanklike gemeenskapskoerant in die Wes-Kaap
• PIETMAN IN DRIE VERTONINGS
Swartlandse Skot by KKNK Mense het hom leer ken as Peter Mitchell – ‘n Skot wat onder moeilike omstandighede leer Afrikaans praat het en dit nou skreeusnaaks op die verhoog gebruik. Of is hy eintlik Pietman die Skot: ‘n boerseun wat nog net ‘n Skotse rompie nodig het om sy aksent mee af te rond? Eintlik is hy Pietman Geldenhuys (deesdae van Malmesbury), ‘n begaafde musikant, komediant, liedjieskrywer en akteur. Met ‘n wye verskeidenheid staaltjies, liedjies en ‘n vlymskerp sin vir humor hou hy gehore geboei en in die palm van sy hand. Pietman kuier vandeesweek by die Klein Karoo Nasionale Kunstefees op Oudtshoorn – met nie minder as drie produksies nie. Die eerste is die musiekteaterproduksie, Renier Grootlieg de Winnaar, waarin hy saam met Chris van Niekerk optree. Renier de Winnaar, die legendariese storieverteller van Zastron, het tot 1883 van presidente tot volksgenote met sy vergesogte stories vermaak. Pietman het al die musiek geskryf en gehelp met die samestelling en regie. Dié produksie kan op 28 Maart om 12:00,
Darling hou Passiespele:
29 Maart om 12:30 en op 30 Maart om 12:00 in die ATKV-Neelsie Teater gesien word. Dan is daar Mitchell & Turner, kontemporêre musiek saam met Nick Turner en Schalk Joubert. Mitchell & Turner wys die ligter sy van Suid-Afrikaanse en Afrikaanse musiek. Die twee ervare reisigers vermaak met ligte musiek, ernstige tong in die kies kwessies en humoristiese staaltjies. Hulle herinner aan ’n aweregse Simon and Garfunkel met hul akoestiese kitaarspel en harmonieuse musiek. Mitchell (alias Pietman die Skot) is bekend vir sy weergawe van Flower of Scotland asook sy betrokkenheid by Stoepstories en Oppiestoep. Turner was hoofsanger van Sons of Trout in die 1990’s en is nou betrokke by
Die jaarlikse Passiespele op Darling vind vanjaar in die Vlei plaas. Verlede jaar moes dit geskuif word nadat die veld afgebrand het, maar vanjaar kan mense die aangrypende verhaal weer in die buitelug geniet. Dit begin om 17:00 en duur sowat 60 minute. Bring jou eie stoel of kombers saam en raak gemaklik.
die Solms Delta-projek. Dit is ook in die ATKV-Neelsie Teater te sien op 27 Maart om 18:30, 29 Maart om 17:30 en 30 Maart om 15:00. Die derde produksie is Naledi Berge nog so Blou - Pietman, sy alter ego Peter Mitchell, Koos Kombuis, Katlego Maboe, Schalk Joubert, Nick Turner, Kevin Gibson, Albert Frost en Ramon Alexander. Hierdie is die opvolg op verlede jaar se top musikale produksie en Kanna-bekroonde – “Al lê die Berge nog so Blou”. Dit kan by die Laerskool Noord-saal gesien word op 26 Maart om 16:30, 27 Maart om 14:30, 28 Maart om 16:30, 29 Maart om 14:30 en 30 Maart om 16:30. Pietman Geldenhuys is 35 jaar gelede op Prince Alfred Hamlet gebore. Sy grootwordjare is deurspek met reise saam met sy pa in 'n vragmotor dwarsoor Suid-Afrika. Van kleins af het hy staaltjies oor dié reise vertel. “Toe Ollie Viljoen se Spies en Plessis boonop op die kassie verskyn, het die gogga my op 'n storie-klier raakgebyt. In my hoërskooljare het die einste gogga my weer op dieselfde plek gehap met die uitsaai van Maak 'n Las. Ek het die klomp grapmakers haarfyn dopgehou en behoorlik soos een van hulle gevoel as ek my vriende met die naboots daarvan vermaak het.” Volg hom op facebook: (Pietman die Skot / Peter Mitchell) of Twitter: @peter2mitchell.
Vloede, droogte en die Aqua-lock Landbouers deel kennis by Skogdag Raak deel van die GM-familie
NUUS • NEWS
23 Maart 2016
NUUS • NEWS
2
Passiespele terug in die Vlei vir 20ste jaar
Die Darling Passiespele, wat die aangrypende verhaal van Christus se lyding en sterwe aan die kruis uitbeeld, is vanjaar 20 jaar oud. Dit is ook weer terug in die Vlei, waar dit in 1996 begin het. Verlede jaar moes dit geskuif word, nadat die 'teater’ afgebrand het. Frits van Ryneveld en Sary Vlotman is verantwoordelik vir die regie. Hy het aan dié courant vertel hoe die oorspronklike Passiespele ontwikkel het as ‘n inisiatief van die destydse versoeningskomitee. Dalene Kruger was die oorspronklike regisseur. Die Passiespele is interkerklik en ‘n gemeenskapsprojek. Dit begin om 17:00 en duur ‘n uur. Toegang is gratis, maar daar sal ‘n kollekte opgeneem word. Onthou om ‘n stoel of kombers saam te bring.
Spertye:
Spertye vir volgende week se uitgawe is soos volg: Advertensiebesprekings: Donderdag om 10:00 Dagboek: Dinsdag 09:00
•Aqualock staak toevoer
23 Maart 2016
Vloede, droogte en die aqua-lock Swartlanders moet hoop en bid vir sneeu om die vlak van Voëlvleidam te voed in die komende winter. Intussen moet dorpsbewoners hulle geute en wateraflope skoonmaak, sodat alles in plek is vir die eerste winterreëns. Dié vermaning het Dinsdagaand van burgemeester Tijmen van Essen gekom. Hy, munisipale bestuurder Joggie Scholtz en Louis Zikman het die Malmesbury Sakekamer besoek om oor die toestand van water in die Swartland te praat. Scholtz sê die voorspelling is dat April, Mei en Junie natter as verlede jaar sal wees, met Julie, Augustus en September weer droeër as 2015. “Daarom het ons opdrag gegee dat ons stormwaterstelsels reeds in April skoongemaak word, sou daar dalk vloede kom." Scholtz het gewaarsku dat daar streng opgetree gaan word teen inwoners wat steeds nie gehoor gee aan die waterbeperkings nie. “Daar is nog steeds individuele huishoudings wat tot 200 kiloliter water per maand gebruik. Vir hierdie huishoudings oorweeg ons om die Aqua loc-watermeter te installeer. Dit sal hul gebruik tot byvoorbeeld 50 kiloliter per maand beperk. Hierdie beperkings sal elektronies beheer en toegepas word. “Die effek hiervan is dan dat die betrokke huishouding per dag slegs 1,66 kl sal ontvang, waarna sy watertoevoer outomaties afgesluit word en eers weer 04:00 die volgende dag hervat sal word.” Scholtz het die gebruik van water uit die Voëlvleidam aan die vergadering verduidelik. “Ons moet begin besef dat alle waterbronne aan die staat behoort en dat Voëlvlei, soos ander damme in die Wes-Kaap, deur die Departement van Waterwese bestuur word. Hy het ook verwys na die verskillende sienings oor die huidige waterprobleem: “Waterwese leef in ontkenning as hulle sê dat die Wes-Kaap genoeg waterbronne het, want dit is ‘n feit dat die Wes-Kaap se damme nie groot genoeg is om stoorkapasiteit in die droë jare te voorsien nie. “Hoe droog moet dit dan nog raak voor hulle sal besef daar is ‘n probleem?” Hy het die verdeling water uit Voëlvlei gegee: 92% van
‘n Voorstelling van die Aqua-lock-toestel. die water gaan aan Kaapstad, met 6% aan Swartland (9 van 11 dorpe) en landbou 2%. Met al die beperkings en besparings het Voëlvlei van 8- 15 Februarie met 0,9% verminder. Toe, van 15-22 Februarie, skiet dit weer op na 2.9%. Dit was ook die gevolg dat die Bergrivierdam en Theewaterskloof nie vinnig genoeg water na die Bergrivier kon deurlaat om te voorkom dat Misverstanddam en Piketberg se water opraak nie. "Toe kry ons die volgende verrassing – weer af na 1.4." Scholtz sê dit blyk dat daar uit sekere geledere wel samewerking is om water te bespaar, maar die meettydperk is nog te kort. (Nog waternuus op bl 10)
NUUS • NEWS
3
23 Maart 2016
• Eindproduk meer gekonsentreerd
Water brak maar drinkbaar Tijmen van Essen, Leon Basson en Randall Jenneke, wat betrokke is by die bedryf van die aanleg.
Terwyl daar reeds vir weke planne gemaak word om die lae watervoorraad vir die Swartland so lank moontlik te laat hou, het die besparings ook ‘n impak op die vloei wat die rioolaanlegte bereik. Op Malmesbury het die rioolwater wat die aanleg daagliks bereik van sowat vyf megaliter per dag gedaal tot ongeveer drie megaliter. Op ‘n besoek verlede week aan dié aanleg het ‘n parlementslid en die DA se woordvoerder oor water en sanitasie, Leon Basson, gesê dit is een van die beste werkende aanlegte van die 824 landwyd. “Daar word daagliks sowat 5000 megaliter rioolwater in die land verwerk en slegs 139 aanlegte word as lae-risiko geklassifiseer.” Die Malmesbury-rioolwerke met die membraantegnologie kan tans daagliks tot 10 megaliter (sowat 100 000 mense) se rou-riool verwerk. Die aanleg maak voorsiening vir uitbreiding tot 20 megaliter (200 000 inwoners) en daar is ook ruimte vir verdere uitbreiding in die toekoms. Met die besparing van water en die gepaardgaande laer vloei na die rioolaanleg, is die rou -riool meer gekonsentreerd. Dit het ‘n invloed op die waterkwaliteit van
die eindproduk wat die aanleg verlaat en is dit tans minder suiwer en meer brak as wanneer daar ‘n groter vloei is. Swartland se uitvoerende burgemeester, Tijmen van Essen, het aan dié courant gesê daar is reeds gekyk na die opsies om die water verder te suiwer deur ‘n omgekeerde osmose-proses om dit volkome veilig te maak vir drinkwater. Daar was reeds gesprekke met Mosselbaai om beskikbare mobiele eenhede van daar in te huur sou dit nodig word. Die laer vloei na die rioolaanleg as gevolg van die besparings, laat egter vrae ontstaan oor dié opsie en hoeveel drinkwater daar werklik gelewer sal kan word. Beide Van Essen (wat reeds met die opening van die aanleg sy woord gestand gedoen en van die eindwater gedrink het) en Basson het weer Donderdag hul vertroue in dié stelsel bevestig deur water uit die wegvoerpyp te drink. “Dit is net ‘n bietjie meer brak as gewoonlik,” het Van Essen opgemerk. Intussen word van dié gesuiwerde rioolwater reeds aangery en gebruik in die konstruksie van die paaie om Malmesbury om die drinkwaterbronne verder te help beskerm.
RR
400g Spur Ribs for only
89
90
ROCKIN’ RIBS
WEDNESDAY
Vat incl.
L O O C R E P SU ys a d s e n d e W of any ice Your choeal & Soda Kids’ M
r the ldren unde ays to chi a Wednesday. Wednesd ilable on motion on is only ava cial or pro ply. This offer s includes any spe ap ns , Thi d Conditio age of 12 Terms an
24
90 Each. VAT incl.
Add some Top-Ups Add any of our delicious top-up choices:
Spertye: Spertye vir hierdie week se uitgawe is soos volg: Advertensiebesprekings: Donderdag 10:00 Dagboek: Dinsdag 10:00
125g Calamari Quarter Chicken
4 Buffalo Wings
2490
Each. VAT incl.
400g Spur Ribs, marinated in our new great tasting Sweet Sticky Spur Basting. Served with Spur-style crispy onion rings and chips OR a baked potato OR Spur-style rice. Replace the chips and onion rings with either a scrumptious side Spur Garden Salad OR two hot veg.
Ts & Cs apply. Available all day, Wednesday. VAT incl. Eat-in only. Not available as a takeaway. Per person. The visuals are for descriptive purposes and meals served could vary. Portion weights are raw weights. Only valid for Burgers ordered from the Spur Adult Main Menu. No doggy bags. Excludes the Seniors’ Menu & Kids’ Menu.
16310S Weekday Placemat R1.indd 2
2015/08/20 12:22 PM
NUUS • NEWS
courant
23 Maart 2016
dié
4
Liefde in die klein dingetjies
Die sleutel tot geluk en liefde lê in die klein dingetjies wat ons vir mekaar doen. Net gister is daar weer 'n tragedie in Brussels. Ons hoor daagliks van al die negatiewe en slegte dinge wat gebeur. Geen naasteliefde wat uitgeleef word nie. Ons verwens mekaar, vervloek mekaar, trap op mekaar en vergeet wat ons geleer word en wat van ons as mense verwag word. Dit is juis dan so verblydend om te sien hoe twee mense na 59 jaar van huwelik, klippe kou, op die tande kners, sakke sout en nog baie meer, nog steeds gelukkig getroud is. Trou is nie iets wat sommer net gebeur nie. Dis 'n besluit wat ons neem. Twee mense. Twee lewens wat dan saamgevoeg word tot een. Tot die dag wat julle saam in die ouetehuis rondjaag in die gange en die ander inwoners tot raserny dryf. Ons moet mekaar geniet. Ons moet moeite doen met die klein dingetjies in die lewe, want dit is hier waar die verskil gemaak word. Die respek en liefde waarmee ons mekaar behandel. 'n Gelukkige huwelik is nie net tussen twee mense nie. Dit kring soveel wyer. Na jou kinders, jou vriende, jou bure (as hulle dalk 'n rusie moet aanhoor). Dit maak dat jy 'n aangenamer mens is, want jy is gelukkig. 'n Wyse persoon het eenkeer gesê: Liefde is wanneer jy die foute in iemand anders raaksien, maar dan steeds besluit om jou lewe met hom of haar te deel. Let bietjie op die klein dingetjies wat ons daagliks vir mekaar kan doen. aNet dalk maak dit van jouself 'n gelukkiger mens.
Dis Goeie Nuus Dr Andrew Bosman
Hy het van die Here gekom
Die akteurs van "Storieskip" het leerders op Malmesbury na 'n verre land van verbeelding weggevoer met hul verhaal op die verhoog. Die leerders was verdiep in die verhaal en het hulself ingeleef in die storielyn.
Storieskip LSS toer na Marlow Die o.13A-rugbyspan van die Laerskool Swartland op Malmesbury het die naweek na Cradock getoer vir die jaarlikse Marlow-rugbynaweek.
Jesus is in Jerusalem waar Hy gekruisig gaan word, maar steeds besig om deur gelykenisse te leer. Hy het vir hulle gesê dat ‘n man ‘n wingerd geplant en ‘n heining daarom gesit het . Hy het ‘n parskuip gegrawe en ‘n wagtoring daar gebou. Daarna het hy dit aan landbouers verhuur en op reis gegaan. Toe die wingerd gereed was, het die eienaar op die regte tyd ‘n dienskneg gestuur na die huurders om van die vrug te kry. Hy was geslaan en teruggestuur. Daar was verskeie ander diensknegte gestuur, sommige gestenig en ander doodgemaak. Ten laaste het die eienaar sy seun gestuur, hy het verwag dat hulle hom sou spaar, maar hulle het by hulself geredeneer en gesê dat dit die erfgenaam is, kom ons maak hom dood dat die erfdeel ons s’n sal wees. Hulle het hom doodgemaak en buite die wingerd uitgewerp. Die eienaar het daarna gekom en die landbouers omgebring en die wingerd aan ander gegee. Jesus het gesê dat die bouers die steen verwerp het, maar dat dit ‘n hoeksteen geword het, want Hy het van die Here gekom. Die Fariseërs en Herodiane het besef dat Hy hierdie gelykenis vertel het met die oog op hulle, daarom het hulle Hom verlaat en weggegaan.
Borge: Die borge van die o.13A-rugbyspan is Charl Bezuidenhout (FODB), Thys Cronje (RSAM), Ryan Opelt (R & B Engineering), Nico Pieterse en Richard Dawson (Tyremart), Christofer Smith (Dogs and All), Wiaan Beukes (Agrimark), Hein Pieterse (Sanlam), Wayne Tharrat, André Engelbrecht (Rola VW Malmesbury) en Fanklin Parsons.
Wen CD van Pietman
Een gelukkige leser kan een van Pietman se eerste albums wen. SMS jou naam, adres en die antwoord op die onderstaande vraag voor 1 April na 084 8333 813 met die slagwoord PIETMAN Vraag: Waar woon Pietman Geldenhuys?
Atlete:
Twee van Laurie Hugo Primêr se atlete is in die Boland atletiek-span opgeneem. Hier is Mnr. L. September (links) en mnr. G. Plaat by Tashneke Rosenberg (laerskool) en Keanu Mentoor (hoërskool).
?
Kuier saam by Swartland Wynkelder se Potte- en Odd Bin-dag Swartland Wynkelder hou vanjaar hul vyfde Potte- en Odd Bin-dag op 9 April op dié perseel self. Hierdie dag is elke jaar groot pret met heerlike vermaak vir oud en jonk. Bring die kinders saam en kom geniet die dag as familie. Heerlike musiek vir ieder en elk se smaak sal verskaf word. Groot pryse kan gewen word met ons potjiekoskompetisie, so as u belangstel kontak gerus vir Elouise@swwines.co.za Die Odd Bin-uitverkoping vind plaas by
Swartland Wynkelder se proelokaal en hier kan jy verseker wees van kwaliteit wyne teen ‘n winskoop. Die kelder is dié Saterdag van 09:00 tot 16:00 oop. Bring u gesin en gaan geniet ‘n heerlike dag saam met hulle. Vir enige navrae kan u die volgende mense kontak: Potinskrywings: elouise@swwines.co.za Stalletjies: marene@swwines.co.za Hoop om u daar te sien!!!
NUUS • NEWS
5
23 Maart 2016
Shop online at www.picknpay.co.za
Also at HYPERMARKETS
EVERYDAY
85
90
ESSENTIALS
FOR LESS
SAV E
Coc a-C ola Reg ular 2
1 2 90
Douwe Egberts Instant Coffee Assorted 200g Each
THIS EASTER
Litr e Ea ch
Selected products on this page have been styled for photography
FRESH
PnP Bulk Thick Cut Matured Vacuum-packed Rump or Porterhouse Steak Per kg
119
R
75
R
PnP Topside or Silverside Beef Roast Per kg
PnP NO NAMETM Fresh Chicken Braaipack 5s or 16s Per kg
38
90
BUY 2 FOR
13
90
Lucky Star Pilchards Assorted 400g Each
66
R
39
Albany Superior Brown Bread 700g
10
20
Humpty Dumpty Large Eggs 30s
95
3790
Cadbury Chocolate Slab Assorted 80g
20
R
95
BUY ANY 2 FOR
BUY ANY 2 FOR
SAVE 9.80
Clover Butro Butter Spread 500g Tub
PnP NO NAMETM Frozen Chicken Braaipack 2kg
SAVE 22.90
Nestlé Country Fresh Ice Cream Assorted 1.8/2 Litre
69
R
R
BUY ANY 3 FOR
Vat 69 Blended Scotch Whisky 750ml
PnP Long Life Milk Assorted 6 x 1 Litre Per Pack
53
90
Simba Potato Chips Assorted 125g
26
R
Beacon Original Milk Chocolate Marshmallow Eggs 48s Per Pack
64
90
PnP Hot Cross Buns Assorted 6s (Excluding Cranberry) Per Pack
14
95
PRICE PER NAPPY
Alcohol Not for Sale to Persons Under the Age of 18. Drink Responsibly.
Twinsaver 1 Ply Toilet Tissue 15s
49
90
Ariel Auto Washing Powder 2kg, Liquid 1.5 Litre or Capsules 14s Each
39
90
Pampers New or Active Baby Disposable Nappies Jumbo Pack Assorted Per Pack
165
90
PRICES VALID 24 - 28 MARCH 2016 AT PICK N PAY SUPERMARKETS AND HYPERMARKETS IN WESTERN CAPE
Excluding George, Jeffreys Bay, Knysna, Mossel Bay, Oudtshoorn, Plettenberg Bay, Camps Bay, Express, Franschhoek Daily and Pick n Pay Local stores. Butchery lines not applicable to Camps Bay, Bellville and Lakeside. Buy-aid cards not accepted at Strand Street. Liquor not for sale on Sundays. Promotional stocks are limited. Prices include VAT, where applicable. Smart Shopper terms and conditions apply. No traders. E&OE. Selected products may not be available at all stores. Visit www.picknpay.co.za, or call 0800 11 22 88. Cellphone rates apply.
Accounts NOW OPEN
ALL EASTER EGGS CHECKED BY
BRAND MATCH SO WHY WOULD YOU SHOP ANYWHERE ELSE?
Best Customer 2013 Loyalty Programme 2014 three years in a row 2015
1503523_38 X 264
118
R
Richelieu Brandy 750ml
2.51 2.87 3.31 3.77 3.77
Size 2 66s Size 3 58s Size 4 50s Size 4+ 44s Size 5 44s
NUUS • NEWS PERDEBERG • MOTORS
6
23 Maart 2016
Dagboek • Calender
Yzerfontein Buurtwag Ope vergadering 23 Maart – Vergadering begin om 19:00 in die sport- en ontspanningsklub. Almal welkom. Die bestuur saam met sektorleiers het op 27 Februarie 'n werkswinkel gehou waar daar ernstig oor die funksionering van Yzerfontein Buurtwag in 2016 besin is. Koos Liebenberg sal baie belangrike terugvoer gee oor hierdie werksessie. Buurtwaglede se kommentaar sal verwelkom word. ‘n Bestuur vir 2016 moet kies geword. Daar sal geleentheid vanaf 18:30 wees vir lede om hul ledegeld te betaal of vir nuwe lede om in te skryf.
1-3 April - Die jaarlikse Swartland Charity Rally & Bikers Braai vind op die Moorreesburg-skouterrein plaas. Die hoogtepunt is die massa-rit en die Mej. Swartland Liefdadigheidsrit. Daar is trekkerritte, speletjies, potjieskos, braaivleis, en allerlei stalletjies. Toegang by die hekke is R150 en daar is ook sakwapens teen R25 te koop. Kinders onder 10 jaar is gratis. Navrae kan gerig word aan Francois by 083 956 0606 of Erhardt by 082 898 1026. Vir verblyf en stalletjies, kontak Trudie by 079 369 1276. Die e-pos is fpkitshoff@ agrizone.co.za of faks na 086 651 5332.
Mavos 23 – 25 Maart – Studente wat moet registreer vir die hereksamens vir Vlak 4 in Mei, moet dit vandag of môre by Mavos se kantoor doen, gedurende kantoorure. Onthou om u ID-dokument saam te neem. Navrae by 022 488 4541.
Wyn-, Kos- en Kultuurskou 2 April - Die Swartland Independent Producers (SIP) se skou vind op Malmesbury plaas by die skouterrein van 10:00 tot 17:00. Toegang sluit ‘n wynglas, een wynproe-kaartjie vir elke produsent in. Geen kaartjies aan mense onder 18 jaar nie. Kaartjies is R250pp by quicket.co.za.
GPF-vergadering 24 Maart - Die Riebeekvallei Gemeenskapspolisiëringsforum vergader om 19:00 in die Pop-sentrum. Navrae by 072 023 0832. Blommeverkope met Pase 26 Maart – Paasnaweek: Kranse en bossies blomme word Saterdagoggend by die Inligtingsterrein op Goedverwacht te koop, van 08:00 totdat alle blomme verkoop is. Die groot kranse is R50 elk en die kleintjies R30 wees. Alle bossies blomme is R25. Mense kan hulle bestellings plaas by Lorraine (083 872 7149 of e-pos toerismegoedverwacht@gmail.com). Malmesbury Langsdiebos Mark 26 Maart- Mark is oop van 09:00-13:00 op die Voortrekkerterrein. Easter Family Cycling Fun Day 28 March - All day non-stop adventure and fun for the whole family: 10:00 to 17:00 at !Kwha ttu.. Kids adventure single track trails for u/6 years & u/12 years; over 12's; dads & moms can ride the 10km or 30km trail. Also Easter egg treasure hunt; Bushman bow and arrow shooting; Easter Bunny; Jumping castle; Face and egg painting. Various food stalls. Lots of free gifts and prizes. Bring your bike and helmet. Book Now. Price: from R75 per rider. Call them on 022 492 2998.
West Coast April Fool Fly In 2-3 April – Model aircraft flying at Langebaan. Entrance fees R30 per vehicle for spectators, to participate R100. Contact Herman on 083 448 2148 or Dave on 082 738 7348. Netbal-afrigtingskliniek 5-7 April – Hoërskool Piketberg hou netbal-afrigtingsklinieke, 14:00 tot 18:00: Dinsdag 5 April is vir o.10A, o.11, o.12A & B, o.13A & B; die Woensdag en Donderdag is vir o.14A & B, o.19A & B. Nostalgie by Laerskool Swartland 7 April - Swartland Laer se junior en senior koor in konsert met Emile Minnie en Hanmari Pretorius; 19:00 in die skoolsaal. Kaartjies teen R60 per persoon beskikbaar by Laerskool Swartland se toelatingskantoor.
Riebeek Valley Tourism 30 March – Special general meeting at 19:00 at the Royal Hotel. Riebeek Valley Tourism doesn’t have the required number of members for its committee. The meeting is to select new members and confirm positions.
Daniël-konferensie 8-10 April - Interkerklike Daniël-mannekonferensie by NG-gemeente Swartland-Noord, Bergzichtstraat. Die sprekers is Braam Grobbelaar van Moreletapark en Jannie de Villiers, uitvoerende hoofbestuurder van Graan SA. Die tema is ‘Man by ´n kruispad’. Die program begin Vrydagaand 8 April om 18:00 en hou aan tot 22:00. Die Saterdag is die program van 08:00 en eindig om 16:00. Sondagoggend lei Grobbelaar die erediens. Inskrywingsvorms is beskikbaar by NG Noord se kerkkantoor (022 482 1407). Inskrywingsvorms, programme en inligting op die kerk se webblad by www.ngswartlandnoord.co.za. Koste vir die naweek is R150. Skakel die kerkkantoor, Jan Steyn by 082 872 4314 of Koot Claassen by 082 524 9001 vir meer inligting.
Ry motorfiets vir liefdadigheid
Moorreesburg Golf Club
Malmesbury Methodist Church Methodist Church in St. Thomas Street, Malmesbury; 09:15 Sunday Worship Service - All are welcome. 08:15 Sunday School; Tuesday Evening Prayer meeting 19:00 at the church. Any further enquiries contact Rev. Anele Bonoyi –083 633 7017.
Victory Praise Chapel Christian family church services at 09:00 every Sunday, prayer starts at 08:30, Dr Euvrard Street Malmesbury. Contact Pastors Hannie: tel 074 153 0519. or email: info@vpci.org.za.
Kerke • Churches
Royal Impact Temple 27March - Sundays Divine Encounter: 09:30 to 11:30; Ilingelethu Thusong Centre. Contact Pastor Benson & Sisalindele Okposia, 022 487 1224 or 060 395 1996. Dynamic Love Fellowship 27 Maart - Om 10:00 by Mount Royal. Kontak hulle Maandae tot Donderdae, 08:00 - 14:00 by 022 487 3233. AGS Corpus Christi, Malmesbury 25 Maart - Goeie Vrydagoggenddiens om 09:30; Prediker: Past. Piet Smit; Opstandingsdiens 27 Maart om 09:30; Prediker: Past. Piet Smit Geen Sondagaanddiens. Navrae: 073 447 2902. Shofar 27Maart - De Waal Esterhuizen preek om 09:30, Voortrekkerweg 48, Malmesbury. Navrae: 079 214 4578. Volle Evangelie Kerk Wesbank Sondag erediens 10:00, kinderbediening 09:00, biduur Dinsdae 19:00 by die kerk, Freesialaan 17. Navrae, 022 486 4498; pastoor Andrew Mesani, 076 827 9054.
House of Prayer/Huis van Gebed Malmesbury Sondae om 10:00 by St Thomas Primêr in Wesbank; Dinsdae om 19:30 by Tortelduifstr 46. Kontak Hein Marais, 072 170 9766 of past Ken Pattison, 083 498 2990. River of Life Christian Fellowship Sunday Service 10:00. Home cells: Wed evening services in English. Church in Darling Rd (opposite Prima Bande). Enquiries: Contact Pastor Joshua Motemeri, tel 084 471 7914. PPK Bethesda Malmesbury 27 Maart - Om 10:00 oggenddiens en Sondagskool; aanddiens om 18:30. Navrae: Pastoor Kobus du Plessis, 083 722 7787. Volle Evangelie Kerk Wesbank Sondag erediens 10:00, kinderbediening 09:00, bid-uur Dinsdae 19:00 by die kerk, Freesialaan 17. Navrae: 022 486 4498; pastoor Andrew Mesani, 076 827 9054.
Coram Deo Bediening
Dr Euvrardstraat, Malmesbury: Sondagoggende om 09:00;
Piketberg:
Die span van Piketberg is (van links) Rezano Markus, Thomas Moses, Henry van Niekerk, Denzil Swarts, Kalla Ligthart, Olivia Abrahams, Charmaine Fourie en Jonathan van Wyk.
Citrus Motors: Agterste ry: Cor Alberts (handelaarshoof), Sanett Burger (ontvangs-
dame), Tommy Hickman (motorwerktuigkundige), John Brooks (motorwerktuigkundige), Pieter Fortuin (werkswinkel-hulp), Abraham Douries (werkswinkel-hulp), Marchia Zimri (rybaanassistent), Jurica September (rybaanassistent). Voorste ry: Minette Cronje (werkswinkel bestuurder), Morne Coetzee (werkswinkel-hulp), Annelie Truter (werkswinkel admin-klerk), Lizette van Zyl (admin boekhouer), Eugene Hendriks (onderdele verkoopsman), Maryna Smith (skoonmaker), Maryke Meyer (rybaan-assistent), Gillian Mentoor (rybaan-assistent), Ellissen van Rooy (rybaan-assistent). Afwesig: Mannetjies Conradie (verkoopsman en Gert Barnies (drywer).
NUUS • NEWS PERDEBERG • MOTORS
7
23 Maart 2016
Raak deel van die GM-familie by Perdeberg Motors Een jaar onder nuwe eienaarskap
Perdeberg Motors op Malmesbury vier nou hul eerste jaar onder die eienaarskap van John Trollip. Die handelaar het takke op Malmesbury, Piketberg en Citrusdal en is maklik toeganklik aangesien dit langs die hoofroete van die N7 gestasioneer is. Hier kan jy seker wees jy kry waarde vir geld en uitstekende diens, aangesien hulle voldoen aan die strengste handelaarsvereistes van General Motors Suid-Afrika. As goedgekeurde agente is hulle toegerus om klante by te staan met die meeste diens en herstelwerk aan alle Opel, Isuzu en Chevroletfabrikate. Perdeberg Motors op Malmesbury is ook ‘n goedgekeurde Isuzu Trok-agent en bedryf ‘n vragmotorherstel-diens ook. In die uitsonderlike geval dat jou voertuig ‘n meganiese fout het, sal
n 24-uur noodbystanddiens verskaf word deur al drie handelaars. Sitrus Motors op Citrusdal beskik ook oor ‘n nood insleep-diens. In dié groep word slegs oorspronklike onderdele gebruik wat verkry word van GMSA en Isuzu Trucks Suid-Afrika. Hierdie is alles onderhewig aan ‘n 12 maande waarborg teen enige defekte. Perdeberg Motor groep het ook 'n baie groot verskeidenheid gebruikte voertuie en as hul nie die voertuig van jou drome op hul vloer het nie, dan kry hul dit vir jou! Kyk gerus na hulle voorraad op hul nuwe webtuiste www.pmgroup.co.za of skakel hulle by 087 724 8082. By Perdeberg Motors is jy nie net ‘n nommer nie. Jy is ‘n gewaardeerde en belangrike klant na wie se belange omgesien sal word. Hier is jy deel van die GM-familie.
Bestuur:
Francois du Toit, Christelle Vorster, John Trollip (eienaar).
Bo: Voertuigverkope: Christoph van Schalkwyk, Jan Steenkamp, Kobus Scholtz, Janet Wiid, Rikus Meissenheimer en JP Gayoba.
Links bo: Werkswinkel administrasie: Cathy Hempel, Reneé Cupido, Mariette Janse van Rensburg, Elna Steyn, Rene Slabber, Fayrooz Kasu, Francis Daniels en Mia Saayman. Links: Onderdele: Trevor van Kesteren, Joy Morris, Adrienne Solomons en Cor Alberts. Links onder: Werkswinkel: Henk Gerber, Ryno Reyneke, Gerwin, Saul Dirks, Ashwin Boois, Gert, Randal Conrad Onder: Valet-span: Delycia April, Katrina Petersen, Sophia April, Lourika April, Wendy Ockhuys en Clemence Hart.
NUUS • NEWS
8
23 Maart 2016
Landbouers deel kennis by Skogdag op Moorreesburg Breedtegrade, lengtegrade en straalstrome: dit is die drie verskynsels wat weer bepaal en beïnvloed, het Giel Hugo by die Skogdag op Moorreesburg gesê oor faktore wat die weer kan beïnvloed. Hy het voor ‘n volgepakte Jan Basson-saal op Moorreesburg gepraat by verlede week se Skog Voorsaaidag. Wat van 2016? Hy meen Maart neig meer na normaal. Op die oomblik piek die fronte wes van die land. “Dit beteken noordweste winde en dit is wat ons wil hê.” Hugo sê die verwagting is dat die Wes-Kaap meer reën as normaalweg vroeg sal hê, maar hoeveel meer wil niemand waag nie. “Ek dink ons gaan groot reën in Maart en April kry, maar die stelsels is nog nie op die kaarte sigbaar nie.” Op ’n vraag van Kiep van Niekerk van Malmesbury oor wanneer en hoeveel reën daar gaan wees, het Hugo gesê dis onmoontlik om te kan sê hóéveel dit gaan reën, maar wel dat dit beter as 2015 gaan wees. “Alle tekens is daar, ook in die volksweerkunde, dat dit 2016 nie ’n slegte jaar gaan wees nie. Selfs al kry julle minder as normale reën, gaan die frekwensie van die reën help.” Hugo sê daar was die afgelope dekades ’n geleidelike afname in die temperatuurverskille. Die uitwerking daarvan is onder meer ’n soort “aanhoudendheid” in die weer, met ander woorde die weer verander nie juis nie. Hy sê wat ’n mens eintlik wil sien, is ’n koue front wat deurbeweeg met ’n hoogdrukstelsel wat agter hom kom, en dan nog ’n koue front met ’n hoogdrukstelsel, “nie 20 koue fronte wat verbykom nie”.
Hy sê Maart en April is goeie reënmaande, veral in die Boland en die Suid-Kaap, maar die stelsels wat daardie reën bring, is nog nie op die kaarte sigbaar nie. “Dit lyk nie ons gaan die hupstoot van ’n klomp reën in Maart en April kry nie. Wat wel gaan gebeur, is dat die hoogdrukband geleidelik noord gaan skuif. "Dit beteken dat ons frontjies kry wat al hoe nader inkom tot ons groot reën in Junie-Julie of in die laat-somer kry.” Die hooffokus van die Skog-dag was risikobestuur. Die ander twee sprekers was Org Lotter en Johan Janse van Resburg. Lotter het gepraat oor die beheer van raaigras teen die agtergrond van swak of geen voorsaai-beheer in 2015. Hy het onder meer gepraat oor die ekologiese en biologiese eienskappe van raaigras, dormansie, ontkieming en opkoms van die onkruid. Hy het boere gewaarsku teen die gevaar van saad wat weerstandbiedend teen gifstowwe raak. "Ons moenie die huidige arsenaal van middels verkrag nie, dit is al wat ons het. Wissel produkte gereeld af en maak mengsels van verskillende middels." Hierna het Janse van Rensburg lig gewerp oor die wat, hoe en waar van swamdoders. Laaste op die dag se program was Oubaas Brink, wenner van die Swartland Kanola-kompetisie. Hy het gesels oor hoe hulle met kanola boer en gesê "ons doen wat ons doen, want dit is prakties uitvoerbaar vir ons. "Ek hou van kanola, daarom boer ek daarmee. As jy nie daarvan hou nie, boer met iets anders."
Giel Hugo en Org Lotter (sprekers) staan hier by (van links), Chris Cumming, Gert Conradie, André Kirsten (voorsitter), André Brink (kanola-wenner), prof André Agenbach en Gerhard Scholtemeyer.
Bo: Meer as 250 mense het die Skogdag bygewoon. Regs: John Loxton en Giel Hugo ruil 'n paar gedagtes. Links: Penna Odendaal, Du Toit Wessels, Schalk van der Merwe en Kobus van Niekerk. Onder links: Gys van Schalkwyk, Willie Martin en André (Oubaas) Brink in gesprek. Onder regs: Frikkie Bester, Johan Slabber, Sakkie du Toit en Fanus Kellerman was ook onder die gaste.
"Ek hou van kanola, daarom boer ek daarmee. As jy nie daarvan hou nie, boer met iets anders."
Andre Brink, Eduard Loubser en Marius Rust kuier saam voor die lesings begin.
Ook teenwoordig was Gerhard Trdoux, Paul Basson, Jurianne Schreuder, Wynand Heunis, Nico Louw en Willem Basson.
Steenkamp en Nicolaas de Villiers het ook die dag bygewoon.
NUUS • NEWS
9
23 Maart 2016
Kolsvlei: Die Kolsvlei MTB-
uitdaag het fietsryers laat sweet oor die klippe. Links: Michael de Klerk het die 50km in 3 uur 7 minute en 24 sekondes voltooi. Regs: Annemarie de Kock en Reinhardt Visser van Malmesbury voltooi die 50km
Bundel laat lig val op die lot van straatkinders ‘n Digter van Malmesbury, Gerhard Vermeulen, het ‘n gedig in ‘n baie spesiale nuwe bundel. 'n Honderd Suid-Afrikaanse skrywers se 100 treffende Afrikaanse straatkindgedigte word in hierdie bundel saamgevat. Honderd gedigte wat die lewe van ‘n straatkind getrou uitbeeld en impak maak, dus bydra tot publieke bewusmaking op Internasionale Straatkinddag ,12 April. “Daar is ‘n aansienlike toename in bedelaars en straatkinders in Suid-Afrika. "Die straatkindbundel vestig opnuut die aandag op sorgbehoewende straatkinders,” vertel Vermeulen. “Hierdie is net kinders, kinders wat in haglike omstandighede vir hulself sorg en probeer om te leef en oorleef.” Die projek is ‘n inisiatief van die nie-winsgewende organisasie Young World Educare (NPO 015-909) wat die afgelope 15jaar betrokke is by sorgbehoewende kinders. Die bundel word saamgestel deur ZuannèMarié en uitgegee deur Visionart Publications. Daar is gedigte van bekende en bekroonde Suid-Afrikaners in, onder andere Elisabeth Eybers, I.D du Plessis, Louis Esterhuizen, Marlise Joubert, Martjie Bosman en Philip de Vos. Talentvolle Afrikaanse skrywers regoor die wêreld is deel van die projek en die bundel word uitgestuur na Amerika, Australië, Engeland, en Nieu Seeland. Die omslag is ‘n potloodtekening van ‘n laggende kind. Dit is geskets en geskenk deur die kunstenaar Nadrie Botha, wat hoof is by 'n kunsskool in Johannesburg. Die gedigte binne die bundel is deur 'n 10-jarige meisietjie wat in ’n skool in Pretoria is vir swaksiendes geïllustreer. Sy word in ’n liefdevolle pleegsorg huis groot saam met haar biologiese sussie en boetie. Haar eenvoudige kinder-tekeninge, wat blommetjies, bome met vrugte, huisies, huisdiere en baie liefde met hartjies, soentjies en gelukkige gesiggies word gebruik omdat dit in
skrille kontras is met wat 'n straatkind in sy/haar wêreld beleef en nogtans juis dit is wat 'n kind móét ervaar, die mooi van die natuur, die sekuriteit van 'n huis, troeteldiere en baie liefde van omgee ouers af. Die digbundel word saam met 'n musiekklankbaan uitgegee. Die klankbaan word saamgestel deur Casper Labuschagne van Soentendal Studios. Musiek van 'n wye keuse van genres en gedigte van skrywers en musikante soos Al' astair, Tertius Cronje, André Kriel en Andre van Wyngaardt kom op die Swerfkind2-kankbaan voor. Daar is unieke klanke en verwerking van onder andere C. Louis Leipoldt se ‘Siembamba’ en die gedig geskryf deur Ingrid Jonker, ‘Toe Maar Die Donker Man'. Die klankbaan word uitgegee op USB (Flashdrive) of CD.
gesê oor die verwaarloosde toestand van die ou brug op Abbotsdale. Die brug, wat in 1947 gebou is, spog nou weer met 'n splinternuwe baadjie, nadat Syster hand in die sak gesteek het vir die verf. Ralph van der Post, Edward (Worsie) Marthinus en Carlo Petersen het hand bygesit. Syster sê die brug het 'n gevaar vir voetgangers en motoriste geskep.
Hier is ‘n uittreksel uit Vermeulen se gedig, ‘Straatkind, skemerkind’ 2010: Die koue veroorsaak trillings in iemand se gedagtes. ‘n Opskudding van verdriet vir ’n ander een vergiet. Straatkind, skemerkind wat lê tussen die vertraptes! Met geen hoop, is hy doelloos, verwerp, sy lewe is tot niet. Skaamteloos, ’n skimp vir brood, van die kind so broos. Smekend, sy oë, gerig op die een wat wegkykend verby stap. Minagtend, opsetlik vinnig, onderweg na, sy kruis, sy kroos. Padkaarte van pyn, die lyding deurtrap die kind vir die grap. Waar oornag die verbystappende een, elke dag, en slag, sag? Skemerkind, onder sterrelig, lê verkrimp, in sy kartonkombers. Die elemente, gaan dit hom verlos, hom kom haal met mag?
Reën:
Die Graad 7-leerders van die Laerskool Swartland op Malmesbury hou moed en is so oortuig dat daar reën in die Swartland sal val, dat hulle met sambrele skooltoe kom. Gepantser teen die donderstorms wat dreig...
HOU JOU
Spertye:
GELD BO EN BEHALWE JOU VOLLE POLISWAARDE, BIED AVBOB JOU:
• ‘n GRATIS basiese begrafnis of verassing* • GRATIS vervoer van die oorledene in Suid Afrika* Dit beteken jy kan jou geld - die volle poliswaarde spandeer op spesiale ekstras sodat jy jou geliefdes met waardigheid kan afsien. Hierdie GRATIS begrafnisvoordele* is bo en behalwe jou poliswaarde en spesiale bonusse wat verklaar is.
AVB-150729-4-DC/395
Spertye vir volgende week se uitgawe is soos volg: Advertensiebesprekings: Donderdag om 10:00 Dagboek: Dinsdag 09:00
Verf: Só kan 'n man darem nie sukkel nie, het Ewerd Syster (naasregs) aan dié courant
Skakel gerus met jou plaaslike verteenwoordiger in verband met AVBOB se een-stop begrafnisversekering en begrafnisoplossing. Piketberg-tak Ben Sass Kerkstraat 49, Piketberg Tel: (022) 913 1315
Vredenburg-tak Nico Smith Prosesstraat 24, Vredenburg Tel: (022) 713 3020
*Bepalings en voorwaardes geld. AVBOB is ‘n Gemagtigde Verskaffer van Finansiële Dienste. *Begrafnisvoordele is slegs van toepassing indien AVBOB Begrafnisdiens die begrafnis onderneem. AVBOB is ‘n vlak 2 SEB bydraer. VFD 20656.
www.AVBOB.co.za
LID VAN DIE NASIONALE BEGRAFNIS DIREKTEURE ASSOSIASIE
’N LID VAN DIE VERENIGING VIR SPAAR & BELEGGING IN SA
NUUS • NEWS
10
23 Maart 2016
Nuwe watertariewe en kwotas verduidelik Die vlak van die Voëlvleidam, die Swartland se grootste bron van water, sak teen gemiddeld 1% per week, wat die streek laat met water tot einde Mei. Die Voëlvleidam het ‘n kapasiteit van 158 580 megaliter as dit vol is. Tussen 11 Januarie en 7 Maart vanjaar het die damvlak met ‘n gemiddeld van 0,9% per week geval wat 1427 megaliter per week is. Tussen 29 Februarie en 7 Maart was dit 0,6% of 951 megaliter. Kaapstad het reeds hul daaglikse gebruik van tussen 200 en 220 megaliter per dag afgeskaal tot 20 megaliter – ‘n vermindering van 90%. Swartland se verbruik is op die oomblik sowat 17 megaliter per dag. Scholtz het verlede week breedvoerig aan die Malmesbury Sakekamer verduidelik hoe die watertariewe vir Vlak 1en 2 beperkings werk: Verbruikers kan by die Swartland Munisipaliteit aansoek doen om kwytskelding. Tot verlede Maandag is 39 versoeke ontvang, waarvan 37 gedgekeur en twee van die hand gewys is. Scholtz het faktore genoem wat oorweeg word by aansoeke om kwytskelding. Die eerste is of water primêr tot die inkomste van die besigheid is, byvoorbeeld ‘n motorwassery. Nog ‘n faktor is kontraktuele verpligtinge wat gebruik van water vereis, byvoorbeeld die was van voertuie vir die vervoer van voedsel. Daar word ook gekyk na die moontlikheid dat mense hul werk kan verloor as beperkinge afge-
dwing word. Daar word ook gekyk of enige ander waterbronne gebruik kan word en watter praktiese stappe geneem kan word om watermisbruik te voorkom, soos toesig, selfsluit-meganismes en hoëdrukspuitstelsels. Scholtz het die onmiddellike uitdagings uitgelig. “Die dam is tans 21% vol, oftewel 79% leeg. Dit beteken daar is nog slegs 3% water 'normaal' toeganklik aan die Swartland-suiweringswerke se kant. Die oorblywende 18% is aan Kaapstadsuiweringswerke se kant en moet deurgelaat of oorgepomp word,” het hy verduidelik en bygevoeg dat die nodige masjinerie op bystand is. Swartland het gebeurlikheidsplanne vir die korttermyn. Die eerste is die waterbeperkinge én die toepassing daarvan. “Dan moet ons die 18% water aan Kaapstad se kant toeganklik maak. Ons het ook gesprekke met landbouers om toegang tot hulle bronne of boorgate te kry, maar hierdie water moet weer in die sisteem kom. “Ons het ook gesprekke met die organisasie Gift of the Givers oor die skenk van drinkwater.” Op die langer termyn moet daar gekyk word na ‘n keerwal in die Bergrivier en ‘n pypleiding van die rivier na die Voëlvleidam. “Dit is ‘n projek wat Waterwese sedert 2011 op sit en broei. “Met begrotingsprosesse en die vereiste omgewingsimpakstudies is dit ook nie iets wat bin-
Bo: Die vergelykende tariewe vir Vlak 2-waterbeperkings. ne ‘n jaar of twee sal gebeur nie.” Scholtz sê dit is ook belangrik om standaarde stel: “As die Voëlvleidam se vlak op ‘n sekere vlak kom, byvoorbeeld 50%, moet Kaapstad en landbouers se gebruik beperk word, omdat daar
ander bronne daarvoor beskikbaar is.” Hy sê daar moet ook uitvoering gegee word aan die Weskus Distriksmunisipalteit se inisiatief om Swartland se 6%-toekenning uit die dam te verhoog.
Biblioteekweek:
As deel van Biblioteek-week het die Darling Biblioteek besoek afgelê by Vooruitsig Primêr se Graad 4-leerders. Voor is Versonay Dirkse, Devandré Malgas, Carisbrooke Mentoor, Dante Fortuin, Cameron Appolis, Martin Cleophas, Angela Swartz, Lekeshia Thops en Tasmia Foentjies. Agter is Anne Fortuin, Juanitha Hofman, Desire Sias, Anika Basson, Wyona Marthinus, Sylrine Matthyse, Charlotte Beziek en Lorin Alfons.
NUUS • NEWS • PROMOTION AFTREE-OORDE 23 Maart 2016
Fonteine Village: jou plek van keuse
Fase een: Van die voltooide huise. Mev Mirna Barnard was die eerste koper in hierdie fase. Die eerste inwoners van Fonteine Village aftreeoord op Malmesbury het ingetrek. Fonteine Village word bemark as ’n luukse leefstyl-aftreeoord in die platteland vir dié wat nog jonk van gees is. Die oord bied ‘n unieke belegging en die ideale leefstyl vir mense wat hou van die rustigheid van die platteland. Met die opgradering van die N7 is die dorp net ‘n hanetreetjie van Kaapstad en die lughawe, asook die Weskus, Riebeekvallei en die Paarl Wynlande. Negentien huise in fase een is nou voltooi. Dié fase bestaan uit 44 losstaande huise met enkel- of dubbelmotorhuise en sowat 60% is reeds verkoop. Die res van de huise is onder konstruk-
sie en sal eersdaags gereed wees. Ian Phillips van Fonteine Village het aan dié courant gesê dit gaan baie goed met die ontwikkeling en hulle gaan binnekort die tweede fase bekendstel. “Sekuriteit is ons hoogste prioriteit. Die kompleks word beskerm deur veiligheidswagte, beheerde toegang tot die gronde, asook elektriese heinings. “Inwoners sal van die begin af toegang hê tot verswaktebejaardesorg en tuisversorgingdienste deur geregistreerde versorgers.” ‘n Klubhuis is nog in die pyplyn. Dit sal uit ’n eetsaal, ontspanningsarea, kroeg, haarsalon, biblioteek, gimnasium, swembad en braai-areas bestaan.
Aftree-woonstelle vier ‘n dekade van gerief Die Amandelrugoord-aftreewoonstelle op Malmesbury vier eersdaags ‘n dekade van ‘n vreedsame bestaan vir seniors. Die ACVV het die kompleks van 23 woonstelle tien jaar gelede opgerig reg agter die Swartland Moederkerk en naby winkels en die poskantoor. Die woonstelle is met paniekknoppies met Aandskemering verbind. Sou inwoners siek
word, word hulle in die tehuis se siekeboeg opgeneem. Terselfdertyd is die werk aan die ou skoolraad-gebou langs Aandskemering tehuis vir bejaardes ook voltooi. Hiermee is al die ACVV se dienste op Malmesbury, behalwe die crechè, nou bymekaar in aanliggende geboue.
11
NUUS • NEWS
12
Honderdtal wink
23 Maart 2016
59 jaar van geluk gevier
Fritz en Bettie Bester by die troukoek wat Lize Steyn van die ACVV-dienssentrum spesiaal vir hulle gebak het. ‘n Guitige glimlaggie, ‘n beskermde hand op die arm: dit vertel van ‘n leeftyd se liefde. Fritz en Bettie Bester het hul 59ste huweliksherdenking verlede week saam met die Moorreesburg ACVV-dienssentrum gevier. Die twee is op 16 Maart 1957 in die NG Moedergemeente op Worcester getroud waar hulle ook gewerk en gewoon het. Fritz het by Bettie se tante geloseer, waar hulle mekaar ontmoet het. Hier is hul verhouding getoets: Fritz is Oranjemund toe verplaas en die twee het begin kor-
respondeer. Dit was ‘n lang kuier – die jonge Fritz mag net elke vier maande huis toe gegaan het. Die egpaar het nie kinders nie en het hulle 22 jaar gelede op Moorreesburg gevestig. Fritz is oorspronklik ‘n boorling van Vredenburg , terwyl Bettie op Worcester gebore en getoë is. Hy het al die jare vir die destydse Afdelingsraad gewerk, sy by die OK Bazaars. Hulle resep vir ‘n lang en gelukkige huwelik? Uithou, aanhou en moed hou.
Ry motorfiets vir liefdadigheid
Verjaar: Dorothea Jordaan (middel) saam met haar dogter en skoonseun, Amanda en Abie Witbooi. “Nog net twee jaar, dan is ek honderd!” Dorothea Jordaan is doof, maar met die res van haar sintuie is niks verkeerd nie – en wiskunde is vir haar kinderspeletjies. Sy is op 18 Maart 1918 op McGregor gebore en woon die afgelope 15 jaar by haar dogter, Amanda Witbooi, op Malmesbury. Amanda is ‘n afgetrede onderwyser van Liebenberg Primêr en haar man, Abie, is ‘n oudskoolhoof van St Michaels Primêr op Abbotsdale. “My ma was ‘n bibliotekaresse en baie lief vir lees. Sy lees nog sonder ‘n bril,” vertel Amanda van haar 98-jarige ma. “Haar langtermyn geheue is goed en sy kan
nog gedigte resiteer. Dit is net haar korttermyn geheue wat nie meer te goed is nie.” Sy skryf haar lang lewe toe aan gesonde gewoontes: Sy drink baie water, hou van vrugte en eet klein porsies kos. Sy sê mense grawe hul eie gat met ‘n mes en vurk. Sy dank ook haar Hemelse Vader elke dag vir die voorreg om nog haar agteragterkleinkinders te kan sien. ‘Ons is almal baie lief vir haar en hoop dat Ouma nog geseënde en gesonde dae, maande en jare sal hê wat die Hemelse Vader by die 98 jaar sal voeg.”
Die jaarlikse Swartland Charity Rally & Bikers Braai vind volgende naweek, van 1 tot 3 April op die Moorreesburg-skouterrein plaas. Die hoogtepunt is die massa-rit en die Mej. Swartland Liefdadigheidsrit. Daar is trekkerritte, speletjies, potjieskos, braaivleis, en allerlei stalletjies. Toegang by die hekke is R150 en daar is ook sakwapens teen R25 te koop. Kinders onder 10 jaar is gratis. Navrae kan gerig word aan Francois by 083 956 0606 of Erhardt by 082 898 1026. Vir verblyf en stalletjies, kontak Trudie by 079 369 1276. Die e-pos is fpkitshoff@agrizone.co.za of faks na 086 651 5332.
Gewigstoot: Schalk Senekal van La-
erskool Dirkie Uys het aan die SA-atletiekbyeenkoms deelgeneem.
Spertye:
Spertye vir volgende week se uitgawe is soos volg: Advertensiebesprekings: Donderdag om 10:00 Dagboek: Dinsdag 09:00
Botanics: The first official Swartland CREW field trip to Klipkoppie, a Critical Biodiver-
sity Area on the outskirts of Malmesbury was a big success. The organisers thanked all the participants. Thanks to the renosterveld expertise of the Tygerberg CREW group that joined them, they were able to record 112 indigenous plant species from 44 plant families. And this was during the driest time of year, when many species, especially the geophytes which make renosterveld so special, are lying dormant underground. Follow-up visits over winter and spring will no doubt add considerably to this list. The importance of this site from a biodiversity conservation perspective is already apparent: the species list already contains seven Red Listed taxa: two Critically Endangered, one Endangered, three Vulnerable and one Near Threatened species. They are working with Swartland Municipality and CapeNature to have it proclaimed as a Protected Area. On the pic they are standing near the top of Klipkoppie at the end of a productive and exciting day in the field with Kasteelberg in the background.
Boland:
Dezré Goosen van CPM het Bolandkleure vir diskus ontvang. Hier is sy saam met haar afrigter, Diederik Niehaus.
Atleet:
Elna Dürr (links) het gister die goue medalje in die 100m en 200m items in die Nasionale Spele vir Gestremdes op Bloemfontein losgeslaan. Sy neem deel vir die Maties Paralimpiesespan. By haar is haar gidsatleet, Melissa Viljoen.
Sporttoernooi:
Eben Coetzee word bygestaan deur Jaydin Apollis en Werner Oosthuizen van die o.11-span van die Laerskool Riebeek-Kasteel teen die span van Stellenbosch Laerskool. Die span het gister kragte gemeet in die Riebeekvallei Sporttoernooi geborg deur die Malmesbury Superspar.
NUUS • NEWS
13
23 Maart 2016
Dirkie Uys:
Die Hoërskool Dirkie Uys op Moorreesburg se leerders het in hul beste uitgetof vir die skool se onlangse Valentynsbal. Foto: Ghida Visser
Riverlands Primary School learners at the WCNP learning about the importance of conserving the environment.
Riverlands Primary take to the seaside for cleanup
Botterskorsies:
Tonne botterskorsies is vanjaar op Arno Vlok se plaas Welgevonden buite Riebeek-Kasteel gepak. Die meeste van die botterskorsies word vir die buitelandse mark gepak, maar 'n gedeelte gaan ook binneland toe.
Daniël-konferensie praat met mans ‘n Baie spesiale geleentheid word op 8 en 9 April by die NG Kerk Swartland-Noord aangebied: Die Daniël-konferensie is ‘n interkerklike byeenkoms en alle mans is welkom. Die konferensie word in samewerking met die Swartland-gemeenskap en die Moreletapark-gemeente gehou. Dit word spesifiek vir mans van die Swartland aangebied. “Die rede vir die unieke konferensie is om vir ons mans en pa’s weer te herinner aan hul plek in die samelewing in Suid Afrika vandag, die verantwoordelikheid wat hulle teenoor hul vroue en kinders het,” het een van die organiseerders, Koot Claassen, aan dié courant gesê. “Die vreedsaamheid en sukses van Suid Afrika hang baie af van mans se hantering van huislike dissiplines. "Waarheen is ons jeug op pad, watter dissipline en waardes handhaaf hul daarbuite teenoor pa en ma, onderwysers, ouer persone ensovoorts? “Die tyd is ryp vir so ‘n konferensie in die Swartland. Baie van ons landbouers is ook nou by ‘n kruispad, en juis daarom sal die konferensie van soveel waarde vir elke landbouer wees. "Dieselfde geld ook vir die sakeman in die Swartland. “Dit is die geleentheid waar ons mans mekaar in die oë kan kyk, hande kan vat en weer die waardesisteem in ons huise kan indra met agting. Die konferensie begin die Vrydag om 18:00 en eindig Saterdag om 16:00. Braam Grobbelaar van Moreletapark-gemeente en Jannie de Villiers ( hoof uitvoerende beampte van Graan Suid-Afrika) sal onder andere as sprekers optree. Inskrywings vorms kan by die NG Swartland Noord-kantoor afgehaal word. Die koste beloop R150 per persoon.
Wesbank seëvier
Wesbank Rugbyklub het Saterdag gesukkel om die span van Piketberg op hul tuisveld te klop. Piketberg het eerste punte aangeteken met twee strafdoele, wat die telling op 6 -0 te staan gebring het. Daarna het Wesbank hard ingeklim en Ronnie Appollis het onder die pale gaan kuier. Piketberg het Wesbank harde bene laat kou deur rotsvaste verdediging. Halftyd was die telling 7 – 6 in die guns van Wesbank. Wesbank het baie foute begaan, maar alle krediet moet gaan aan die manne van Piketberg wat nie vir een oomblik teruggestaan het nie. Wesbank het sy vierde drie laat in die wedstryd aangeteken, en hy wen met 28 -11. Wesbank se drieë is deur Ronnie Appollis (2), asook Francois Titus en Riedewaan April aangeteken. Wesbank het ook met vier doelskoppe geslaag. Uitblinkers was Malvern Lazerus, Francios Titus en Dillon Strydom en Edwill Solomons. Vir Piketberg was Ronald October gevaarlik op die aanval en verdediging. Hy is voorlangs deur Francios Marcus, Cheslin Goshai en Teddie Engelbrecht bygestaan.
West Coast National Park (WCNP)in conjunction with key stakeholders including the DEA & DP, Cape Nature and the SANDF celebrated World Wetlands Day recently at an integrated function. Riverlands Primary, a school in the vicinity of the park, was invited as hosts to the event. The main focus of the event was Langebaan Lagoon as a Ramsar site. The Ramsar Convention, formally known as the Convention on Wetlands of International Importance, is an international treaty for the conservation and sustainable utilization of wetlands. The day recognizes the fundamental ecological functions of wetlands and their economic, cultural, scientific, and recreational value. As part of the celebrations, various activi-
ties took place on the day including neighbouring school to the park, Riverlands Primary, who were the invited guests of honour at the celebration. The school kids were later on taken to the lagoon where they enjoyed various interactive activities. Talks were then done on the Langebaan Lagoon as a Ramsar site finished off by an excursion/ walk and site visit to the Langebaan Lagoon, guided by WCNP People and Conservation staff. The Park was the host of the event and one of the planning and implementation partners. Park Manager Patricia Bopape said that even though the lagoon has had the RAMSAR status all these years, it will always remain a significant landmark in conservation.
VACANCY BULLETIN EXCITING OPPORTUNITY FOR PEOPLE WHO WANT TO MAKE A DIFFERENCE
DEPARTMENT OF HEALTH SWARTLAND HOSPITAL, MALMESBURY
FOOD SERVICES AID REMUNERATION: R78 156 PER ANNUM SERVICE BENEFITS: 13TH CHEQUE, EMPLOYER’S CONTRIBUTION TO THE PENSION FUND, HOUSING AND MEDICAL AID ALLOWANCE Requirements: Minimum requirement: Basic numeracy and literacy. Experience: Appropriate experience in an industrial food service environment. Inherent requirements of the job: Ability to work shifts, including weekends and public holidays • Must be healthy and strong enough to lift heavy objects and be on their feet the entire day • Dress according to departmental specifications and adhere to hospital policy • Interpret recipes, use a scale and do basic sums. Competencies (knowledge/skills): Knowledge of production for normal and therapeutic diets in an industrial food service unit • Ability to correctly interpret standardised recipes and production planning • Knowledge of hygiene, occupational health, Hazard Analysis Critical Control Points (HACCP) and safety principles • Ability to safely and correctly handle industrial equipment • Must be able to work independently and under pressure • Ability to communicate effectively (verbal and written) in at least two of the three official languages of the Western Cape. Duties (key result areas/outputs): Pre-prepare and produce all normal and therapeutic diets • Weigh, dish and distribute patient food and beverages • Assist in receipt and storage of all provisions and stock in the food service unit • Follow correct hygiene and safety procedures within food service unit • Follow and adhere to elementary control measures and standard operational procedures • Clean all work areas, storage areas, utensils and equipment • Assist with informal in-service training of new employees. Note: No payment of any kind will be required when applying for this post. Enquiries: Ms A van Breda, tel. 022 487 9223 PLEASE SUBMIT YOUR APPLICATION FOR THE ATTENTION OF MS C JULIUS, TO THE MANAGER: MEDICAL SERVICES, SWARTLAND HOSPITAL, PRIVATE BAG X2, MALMESBURY 7299.
INSTRUCTIONS TO APPLICANTS: Z83 forms (obtainable from any Government department or www.westerncape.gov.za) must: Be completed in full, clearly reflect the name of the position, name and date of the publication (candidates may use this as reference), be signed, accompanied by a comprehensive CV, the names of 3 referees and certified copies of ID, driver’s licence and qualification/s. A separate application form must be completed for each post. Applications without the aforementioned will not be considered. Applications must be forwarded to the address as indicated on the advertisement. No late, faxed or e-mailed applications will be accepted. CVs will not be returned. Excess personnel will receive preference. Applications, which are received after the closing date, will not be considered. Further communication will be limited to short-listed candidates. If you have not received a response from the Department within 3 months of the closing date, please consider your application as unsuccessful. It will be expected of candidates to be available for selection interviews on a date, time and place as determined by the Department. As directed by the Department of Public Service & Administration, applicants must note that further checks will be conducted once they are short-listed and that their appointment is subject to positive outcomes on these checks, which include security clearance, qualification verification, criminal records, credit records and previous employment.
The Department of Health is guided by the principles of Employment Equity. Disabled candidates are encouraged to apply and an indication in this regard will be appreciated.
Closing Date: 15 April 2016 126829 Courant ayandambanga.co.za
NUUS • NEWS
14
23 Maart 2016
Gesinspret:
Die onlangse Gesinsdag van die Malmesbury Fietsryklub het groot belangstelling gelok. Hier is 'n groep jong fietsryers en hul ouers.
Manshokkie:
Die eerste groep manne het verlede week 'n hokkie-oefening op die nuwe astrobaan gehad.
SA Skole:
Hierdie drie Laerskool atlete van Piketberg het op 11 en 12 Maart deelgeneem aan die SA Skole Atletiekkampioenskappe in Port Elizabeth. Om te kwalifiseer vir hierdie byeenkoms, moes die atlete skitterend gevaar het by die Wes-Kaap kampioenskappe waar die bestes uit die onderskeie streke meegeding het. Op die foto staan twee atlete van Steynville Primêre Skool op Piketberg, Ruwaldo Erasmus (links) en Keeshan van Rooy (middel), en regs is Ruvan van der Westhuizen van Piketberg Hoërskool. Hulle items was onderskeidelik hoogspring S10, 150mH S12 en 80m S10. Ruvan kon ‘n goue medalje huis toe bring wat hy saam met sy aflosspan behaal het. Foto: Jakob van der Westhuizen
Uithou: Nerina
Bester en Jenita du Plessis van die Swartland Atletiekklub het ook aan Cell C African X veldwedloop op Grabouw deelgeneem. Die afstand oor die drie dae is ongeveer 90km.Hulle is deel van 'n groep vriende wat gaan deelneem het as 'Swartland Girls'.
Skaak: Skaak: ‘n Groepie skaakspelers van Laerskool Dirkie Uys
het onlangs afrigting gekry van die WP-afrigter, mnr. November. Dit was ‘n reuse sukses en die kinders het dit baie geniet.
NUUS • NEWS
15
23 Maart 2016 Dankbetuigings Special Thanks
--------------------------------SALLA BEUKES Gebore : 19-04-1991 Oorlede: 21-03-2014
Woorde het ons nie om genoeg dankie te sê nie. Dankie vir die gemeenskap van Malmesbury en al JAYOLIN (OLIN) se vriende en ons familie. Maar die grootste dank aan ons Hemelse Vader vir die tyd wat hy aan ons geleen was. Baie liefde – Mammie & Familie #2350
Dienste Services DUPPIE’S TUINDIENSTE Vir sny van gras, bewerk van beddings, verwydering van tuinvullis asook skoonmaak van geute. Kontak Duppie vir die beste prys by 083 533 4554.
#2347
Gesoek Wanted AANDAG!! WELKOM MEUBELS: Op soek na goeie 2de-handse meubels, yskaste, vrieskaste, breekgoed, linne sowel as mans- en vroueskoene. Oorkant Cash Crusaders. Kontak 022 487 1547 / 084 794 7528.
#2005/37
Memorium Memoriam JODY JANE STRINGER
Raai wie word 3 op 24 Maart 2016?? Weereens swaai die hekke van herinneringe oop en laat ons terugdink. Ons berus ons daarin. Rus sag my skat. Liefde : Abrahams & Stringer Gesin #2349
--------------------------------HENNRIETTA GOLIATH (HETTIE) 21.03.2015
It’s been already 1 year. Your memory is our treasure with which we will never part. God has you in His keeping, we have you in our hearts. Miss you dearly. From John, children and grandchildren. #2348
Spieëlkas met stoeltjie – R750; Oregan Pine cabinet (plasma stand) – R2350; Oregan Pine Kist – R1300; Oak Spieëlkas- R1950; Imbuia half-maan tafeltjie – R650 Malmesbury – Müller’s 079 413 2520 #2351
Op 21 Maart 2016 is jy 2 jaar weg van ons – so skielik, so gou en so stil. Geen afskeidswoorde is ge-uiter. Daar is nog soms in stilte ‘n traan, maar met tyd sal ons alles verstaan. Sal jou nooit vergeet of ophou aan jou dink. Van jou ouers, Bernie, Grass en Wally #2346
Te Huur To Let Fabrieksperseel te huur – 300vkm. Kontak 082 899 4071 vir meer besonderhede. Beskikbaar 01 April 2016 #2340/1
--------------------------------Kantoorspasie te huur in Malmesbury – 200m2. Kontak 082 899 4071 vir meer besonderhede of om te besigtig.
#2123/27
Te Koop For Sale Muller – 079 413 2520 Delux box freezer (190 liter) – R1350; 1x Fridge/Freezer (263 liter) – silwer R1950;
--------------------------------Fillette (hake) – R45 en R55/kg; Visvingers R35/kg; Viskoekies R45/kg. Kontak 022 487 3265 / 084 250 2460
#2151/22
courant
16
NUUS • NEWS
23 Maart 2016
dié
SPORT
tel 022 487 3221
23 Maart 2016
Sportuitslae Sports results Atletiek Elna Durr (Maties) wen goud in die 200m by die nasionale paralimpiese byeenkoms in Bloemfontein.
Kookwater:
Lyle Lategan, senter van Wesbank se A-span, klou verbete aan die bal in Saterdag se rugbywedstryd teen Piketberg. Ná ‘n verbete stryd wen die tuisspan met 28-11 (Verslag op bl 13). Die komende naweek is Paasnaweek en geen ligawedstryd word gespeel nie. Wesbank besoek Saterdag sy buurklub, Cornation, vir dié klub se 70ste bestaansjaar. Busse vertrek reeds om 11:00 vanaf OK Minimark Wesbank. Foto: David Howburg
Malmesbury Gholfklub Vrydag Sundowner - 19 Maart Enkel Stableford Jacobus Snyders 20; Tian van Lill 19; Frans Destroo 19; Martell van Lill 18; Werner Schreiber 18. Woensdag Sundowner - 16 Maart Enkel Stableford Hein Stephan 20; Peter Willemse 19; Lothar Buhr 19; Jacobus Snyders 17; Erich Liebenberg 17. A-afdeling Klubkampioenskappe 19 Maart -36 Putjies Houespel Peter Willemse 145; Dick Ross 146; Nick Goosen 149. B-afdeling Klubkampioenskappe 19 Maart - 36 Putjies Houespel Josef de Beer 157; Paul Hardcastle 162; Koos Loubser 165. Beste Nett: Coenie Basson Naaswenner Nett: Joniel Coetzee. Klubugby Bloues 1 verloor Goodhopes; Bloues 2 wen 22-19; Bloues 3 verloor 07-17. Riebeek United A speel gelyk teen Saron 28 – 28; Riebeek United B verloor 12-24; Riebeek United C verloor 3-15.
Sportdagboek Sports diary
Ry motorfiets vir liefdadigheid 1-3 April - Die jaarlikse Swartland Charity Rally & Bikers Braai vind op die Moorreesburg-skouterrein plaas. Die hoogtepunt is die massa-rit en die Mej. Swartland Liefdadigheidsrit. Daar is trekkerritte, speletjies, potjieskos, braaivleis, en allerlei stalletjies. Toegang by die hekke is R150 en daar is ook sakwapens teen R25 te koop. Kinders onder 10 jaar is gratis. Navrae kan gerig word aan Francois by 083 956 0606 of Erhardt by 082 898 1026. Vir verblyf en stalletjies, kontak Trudie by 079 369 1276. Die e-pos is fpkitshoff@ agrizone.co.za of faks na 086 651 5332.
Knortjorre brul en dreun
Rugby Derby 2 April: Riebeek-Kasteel; 13:30. Riebeek United teen Goodhopes
Swartland Oval Karting was Saterdag die gasheer vir die eerste been van die Kampioen van Kampioene-byeenkoms. Tagtig jaers van vier verskillende klubs het op een baan meegeding om soveel as moontlik punte bymekaar te maak vir die tweede been wat op 14 Mei by Cape Oval Dirt Karting se baan gaan plaasvind en waar die kampioene gekroon gaan word. Valskermspringers van Mother City Skydiving het ook op twee verskillende kere die toeskouers na hulle asems laat snak met hulle vertoning.
Breede MTB 8 April – Fun night run – 17km, 30km & 60km. Potjiekos, music and cash bar while you wait for the lucky draw. www.BreedeMTB.co.za 360NE MTB Challenge 15-17 April: Oudtshoorn; http://www.the36one.co.za/ challenge
A-afdeling:
Peter Willemse (derde van regs) was die wenner van die Malmesbury Klubkampioenskappe, By hom is (van links) Tony Goosen, Coenie Basson, Dick Ross, Nic Goosen en JoTony Goosen, Josef de Beer (wenner), Paul Hardcastniel "Doppies" Coetzee. le, Koos Loubser en Eben Lingeveldt snr.
B-afdeling:
R
CELEBRATE
109
R
118
8990
Robertson Slimline Sweet Rosé 3 Litre
MORE FOR LESS
64
R
R
Olof Bergh Brandy 750ml
KWV 3-Year Old Brandy 750ml
Vat 69 Whisky 750ml
95
R
95
21 90
1504541_100 x 260
PRICES VALID 24 - 27 MARCH 2016
AT PICK N PAY LIQUOR STORES LANGEBAAN, MALMESBURY, VREDENBURG, WELLINGTON, DURBANVILLE, WILLOWBRIDGE, SABLE SQUARE, STELLENBOSCH SQUARE, FRANSCHHOEK, BIG BAY AND CERES STORES. Liquor not for sale on Sundays at Malmesbury or Wellington Liquor Stores. Promotional stocks are limited. Prices include VAT, where applicable. Smart Shopper terms and conditions apply. No traders. E&OE. Selected products may not be available at all stores. Visit www.picknpay.co.za, or call 0800 11 22 88. Cellphone rates apply.
Best Customer 2013 Loyalty Programme 2014 three years in a row 2015
Gordon’s London Dry Gin 750ml
African Secret Marula Cream 750ml
Alcohol Not for Sale to Persons Under the Age of 18. Drink Responsibly.
Tassenberg Wine 750ml
c urant
dié
23 Maart 2016
1ste keuse
Gratis • Free
swartland en weskus Bergrivier
NUUS • NEWS Weskus se
20.5%
Hugenotestraat 24, Malmesbury
23 Maart 2016
Uitgawe 362
tel: 022 487 3221
GROOTSTE onafhanklike gemeenskapskoerant in die Wes-Kaap
• Boorling kom tot gemeenskap se redding
Water en voer gee uitkoms Kleinboere van Goedverwacht buite Piketberg het hul droogtenood by Christo van der Rheede (adjunk uitvoerende hoof van Agri SA) bekla en dié gemeenskapskind het verlede week tot hul redding gekom. Vrydag is daar agt ton voer aan 30 kleinboere geskenk – ‘n gesamentlike aksie van Agri SA, Sage en die Hoop Gras-projek. Terselfdertyd het Pick ‘n Pay 20 000 liter gebottelde water aan die gemeenskap uitgedeel. Een van die inwoners het aan dié courant vertel dat hulle al jare lank ‘n probleem met drinkwater het. “Veral die onderste deel van die dorp sukkel. Ons kry net elke tweede dag so twee ure lank water in die aand van 20:00 tot 22:00.” In dié tyd moet hulle water opvang om te gebruik tot daar weer iets in die pype is. Cornie Swart, president van AgriSA, en Koot Claassen, voorsitter van Agri Wes-Kaap, was ook daar om die blydskap eerstehands te beleef. Swart het aan dié courant gesê die grootste probleem met water is swak bestuur en te min opgaarvermoë. Sage-vrywilligers het oral hand bygesit en
sakke gras is ook deur die Hoop Gras-projek uitgedeel. Dié projek het in Januarie begin en reeds ’n impak gemaak toe mense besef het dat die gras van hul woonerwe kan help om boere se honger kuddes te voer. Die stigter van die projek, dr. Annelize Geldenhuys, sê gesnyde gras wat in hope gewoonlik in asdromme beland, kan veel eerder verwerk word vir voer.
Lafenis: Connie Swart en Koot Claassen by 'n groepie kinders.
AgriSA het onmiddellik ingespring om Geldenhuys se droom ’n werklikheid te maak en die Hoop Gras-projek op Facebook begin. Binne ’n week is vyf versamelpunte geskep waar mense hul gesnyde gras kan aflewer. In die Wes-Kaap is daar reeds versamelpunte vir gras in die WesKaap, Stellenbosch en Ladysmith. Die Sage Stigting is in 2007 gestig as ‘n niewinsgewende organisasie om uitmuntendheid in gemeenskapsdiens, leierskap en multi-kulturalisme te erken. Hulle beywer hulle vir gesonde dialoog met die jeug en om by te dra tot integrasie en ‘n gevoel van behoort.
Uitkoms:
Voer word op kleinboere se bakkies gelaai om na die honger diere geneem te word. Agt ton voer is onder dertig kleinboere verdeel.
Bielie-pampoen week 82kg
Landbouers deel Daniël-konferensie kennis by Skogdag gehou
17
NUUS • NEWS*
18
23 Maart 2016
Pampoen laat skaal kreun op 82kg ‘n Allemintige pampoen van 82kg van die Moutonsvallei is vanjaar se wenner in die Piket-BoBerg reuse-pampoenkompetisie. Die pampoen weeg 29kg meer as verlede jaar se wenner. Takemore Mukweni, eienaar van die reusepampoen, het saam met die ander deelnemers gesweet om die pampoen op die skaal te kry vir die inweeg. In die tweede plek was Brian Pasiyawo, met ‘n pampoen van 66kg. Brian beplan om 200 mense kos gee met sy pampoe
Gert van Wyk se 37kg pampoen het die derde plek behaal. Selfs die droogtetoestande van hierdie jaar kon hulle nie terughou nie. Paul Goliath van Bugler’s Post het die prys gewen vir die mooiste pampoen en Bernard le Fleur van Eagles Pride was die wenner van die gelukkige trekking. Hierdie kompetisie is die afgelope twee jaar deur Boland Superspar geborg. Egte reuse-pampoensaad is ingevoer uit Amerika en kontantpryse is uitgedeel.
Reusagtig: 'n Trotse Takemore Mukweni by die wen-pampoen.
Help Bergrivier-kinders om Paasfees te vier Die stadsraad van Bergrivier het ‘n projek om Paaseiers, vis en Paasbolletjies in te samel vir minder bevoorregte kinders in die gemeenskap. Raadsheer Ray van Rooy het aan dié courant gesê dit is ‘n jaarlikse projek waar hulle op Goeie Vrydag kinders wat nie kerk toe gaan nie bymekaar kry om hulle te vertel oor die kruisiging van Jesus. “Die kinders word deur die laerskool geïden-
tifiseer. Ons gee vir elkeen ‘n bord kerrievis met ‘n Paasbolletjie en -eier. Ons wil graag vanjaar 200 kinders betrek.. Die doel met hierdie projek is om die kinders te laat verstaan waaroor gaan Paasfees en die gevoel te gee van ‘n kerkdiens.” Enigeen wat betrokke wil raak, kan raadsheer Van Rooy kontak by vanrooyr@bergmun.org.za of 083 657 9615.
Boksies vir Buksies: Doreen
Louw, Joan Cloete en Heslien Malgas is fluks besig met Badisa se “Boksies vir Buksies”projek. Die projek behels ‘n tuisprogram vir basiese skoolgereedmaking vir kleuters. Foto: Marietha Goosen
Nuut: Die verbeterings aan die R399 gaan 'n groot verligting vir motoriste wees.
Pad tussen Piketberg en Velddrif vorder vinnig Daar word goeie vordering gemaak met die rehabilitasie van die R399 tussen Piketberg en Velddrif. Departement van Vervoer en Openbare Werke het R352 miljoen in sy begroting opsy gesit vir dié projek. Die konstruksiewerk strek oor 56km en het in November 2014 begin. Die pad, wat daagliks deur sowat 1900 voertuie gebruik word, sal na verwagting teen Junie aanstaande jaar voltooi wees. Die konstruksiewerk word in vyf dele gedoen en sowat 20 km is reeds voltooi. Die verbreding aan die Boesmansrivierbrug sal na verwagting teen Junie vanjaar voltooi wees.
Sowat 46% van die projek is tot dusver afgehandel. Daar is op die oomblik vier punte op die pad waar ‘n 24-uur stop/ry-reëling geld. Motoriste kan verwag om sowat 40 minute bykomende reistyd tussen Piketberg en Velddrif te gebruik. Werk aan die Velddrif-interseksie mag sekere vervoerreëlings tussen Februarie en Mei vanjaar belemmer, maar geen stop/ry-punte word beplan nie. Die uitgawes op die projek beloop op die oomblik reeds R22,3 miljoen. ‘n Totaal van 67 632 man-dae se werk is vir mense in die Bergrivier-gebied geskep met die projek.
HOU JOU
Spertye:
GELD BO EN BEHALWE JOU VOLLE POLISWAARDE, BIED AVBOB JOU:
• ‘n GRATIS basiese begrafnis of verassing* • GRATIS vervoer van die oorledene in Suid Afrika* Dit beteken jy kan jou geld - die volle poliswaarde spandeer op spesiale ekstras sodat jy jou geliefdes met waardigheid kan afsien. Hierdie GRATIS begrafnisvoordele* is bo en behalwe jou poliswaarde en spesiale bonusse wat verklaar is.
AVB-150729-4-DC/395
Spertye vir volgende week se uitgawe is soos volg: Advertensiebesprekings: Donderdag om 10:00 Dagboek: Dinsdag 09:00
Reën:
Die Graad 7-leerders van die Laerskool Swartland op Malmesbury hou moed en is so oortuig dat daar reën in die Weskus sal val, dat hulle met sambrele skooltoe kom. Gepantser teen die donderstorms wat dreig...
Skakel gerus met jou plaaslike verteenwoordiger in verband met AVBOB se een-stop begrafnisversekering en begrafnisoplossing. Piketberg-tak Ben Sass Kerkstraat 49, Piketberg Tel: (022) 913 1315
Vredenburg-tak Nico Smith Prosesstraat 24, Vredenburg Tel: (022) 713 3020
*Bepalings en voorwaardes geld. AVBOB is ‘n Gemagtigde Verskaffer van Finansiële Dienste. *Begrafnisvoordele is slegs van toepassing indien AVBOB Begrafnisdiens die begrafnis onderneem. AVBOB is ‘n vlak 2 SEB bydraer. VFD 20656.
www.AVBOB.co.za
LID VAN DIE NASIONALE BEGRAFNIS DIREKTEURE ASSOSIASIE
’N LID VAN DIE VERENIGING VIR SPAAR & BELEGGING IN SA
NUUS • NEWS
courant bERGRIVIER SPORT
dié
23 Maart 2016
19
tel 022 487 3221
23 Maart 2016
Sportuitslae Sports results Atletiek Elna Durr (Maties) wen goud in die 200m by die nasionale paralimpiese byeenkoms in Bloemfontein. Malmesbury Gholfklub Vrydag Sundowner - 19 Maart Enkel Stableford Jacobus Snyders 20; Tian van Lill 19; Frans Destroo 19; Martell van Lill 18; Werner Schreiber 18. Woensdag Sundowner - 16 Maart Enkel Stableford Hein Stephan 20; Peter Willemse 19; Lothar Buhr 19; Jacobus Snyders 17; Erich Liebenberg 17. A-afdeling Klubkampioenskappe 19 Maart -36 Putjies Houespel Peter Willemse 145; Dick Ross 146; Nick Goosen 149. B-afdeling Klubkampioenskappe 19 Maart - 36 Putjies Houespel Josef de Beer 157; Paul Hardcastle 162; Koos Loubser 165. Beste Nett: Coenie Basson Naaswenner Nett: Joniel Coetzee. Klubugby Bloues 1 verloor Goodhopes; Bloues 2 wen 22-19; Bloues 3 verloor 07-17. Riebeek United A speel gelyk teen Saron 28 – 28; Riebeek United B verloor 12-24; Riebeek United C verloor 3-15.
MTB-uitdaag: Die Kolsvlei MTB-uitdaag is die naweek op die heuwels en dale van
Piketberg gehou. Regs: Johann Strombeck van Gordonsbaai en Johan Stephan van Piketberg het mekaar aanvanklik opgedreun in die 100km. Bo: Dié span fietsryers van Steynville Sekondêre op Piketberg het Maandag hul slag gewys by die Kolsvlei Bergfiets- en pretdraf-byeenkoms. Links is Johan Stephan van Piketberg.
Sportdagboek Sports diary
Ry motorfiets vir liefdadigheid 1-3 April - Die jaarlikse Swartland Charity Rally & Bikers Braai vind op die Moorreesburg-skouterrein plaas. Die hoogtepunt is die massa-rit en die Mej. Swartland Liefdadigheidsrit. Daar is trekkerritte, speletjies, potjieskos, braaivleis, en allerlei stalletjies. Toegang by die hekke is R150 en daar is ook sakwapens teen R25 te koop. Kinders onder 10 jaar is gratis. Navrae kan gerig word aan Francois by 083 956 0606 of Erhardt by 082 898 1026. Vir verblyf en stalletjies, kontak Trudie by 079 369 1276. Die e-pos is fpkitshoff@ agrizone.co.za of faks na 086 651 5332. Rugby Derby 2 April: Riebeek-Kasteel; 13:30. Riebeek United teen Goodhopes Breede MTB 8 April – Fun night run – 17km, 30km & 60km. Potjiekos, music and cash bar while you wait for the lucky draw. www.BreedeMTB.co.za 360NE MTB Challenge 15-17 April: Oudtshoorn; http://www.the36one.co.za/ challenge
Knortjorre brul en dreun Swartland Oval Karting was Saterdag die gasheer vir die eerste been van die Kampioen van Kampioene-byeenkoms. Tagtig jaers van vier verskillende klubs het op een baan meegeding om soveel as moontlik punte bymekaar te maak vir die tweede been wat op 14 Mei by Cape Oval Dirt Karting se baan gaan plaasvind en waar die kampioene gekroon gaan word. Valskermspringers van Mother City Skydiving het ook op twee verskillende kere die toeskouers na hulle asems laat snak met hulle vertoning.
SA:
Jean-Pierre Snell, ‘n graad 7 leerder van Porterville Primêr het aan die SASA Nasionale atletiekbyeenkoms in Port Elizabeth deelgeneem. Sy kwalifiserende verspringafstand was 5.58 meter en hy wen die kampioenskap met die afstand van 5.61 meter. Dit maak dus van hom die SA-kampioen vir 2016 in dié afdeling.