NUUS • NEWS 22 Mei 2013
•‘IDEALE KLIMAAT VIR BESOEKERS REGDEUR DIE JAAR.’
Nuwe bestuur wil juwele bevorder
“Ons streek is geweldig dinamies en propvol juwele. Dit het baie om aan besoekers te bied, nie net in terme van wyn en olywe nie, maar ook wat verblyfopsies en eetplekke betref. En ons het die ideale klimaat vir mense om die Swartland regdeur die jaar te besoek.” Aan die woord is Stephan Basson van Babylon’s Peak, die nuwe voorsitter van die Santam
Swartland Wyn- en Olyfroete. Die Swartland behels die geskiedkundige dorpe Malmesbury, Piketberg, Koringberg, Riebeek Kasteel en Riebeek Wes, en strek van die golwende heuwels van die Paardeberg in die suide tot die lokkende water van die Bergrivier in die noorde. Riebeek Kasteel en Riebeek-Wes lê aan die voet van die Kasteelberg in die natuurskone Rie-
Stephan Basson, nuwe voorsitter van die Swartland Wyn-en Olyfroete praat oor die Swartland en sy juwele.
Fonteine Aftree-oord in finale beplanningsfase
Fonteine Village Aftree-Landgoed is in ‘n finale beplanningsfase en konstruksie sal binnekort ‘n aanvang neem. Die bekendstelling van fase 1 van Fonteine Village Aftree-Landgoed gaan binnekort plaasvind. Malmesbury is geleë in die hart van die Swartland, ongeveer 45km vanaf Paarl, 65km vanaf Stellenbosch, 48km vanaf Durbanville, 70km vanaf Kaapstad, 65km vanaf Yzerfontein en 90km vanaf Langebaan. Fonteine Village Aftree-Landgoed sal aan alle wetlike vereistes voldoen om ‘n kommervrye aftrede te verseker. Fonteine Village Aftree-Landgoed (ongeveer 10 hektaar) is geleë op die historiese
Promosie
plaas Klipfontein - Glen Lilly (ongeveer 150 hektaar), aan-grensend aan die noorde van Malmesbury. Goedkeuring is verleen vir ongeveer 511 geleenthede en Fase 1 sal uit 44 eie titelwooneenhede bestaan (geen hereregte en oordragskostes nie) en bied ‘n keuse van twee- of drieslaapka-mers, asook enkel- of dubbelmotorhuise) vanaf R975 000. Fonteine Village Aftree-Landgoed bied ‘n panoramiese uitsig oor Malmesbury met Tafelberg op die horison. Uitgekontrakteurde Tuisversorging sal vanaf Fase 1 beskikbaar wees. Kontak Edna Lourens by 083 409 0354 of edna@fonteinevillage.co.za per e-pos.
beek-vallei. “Ons streek is ryk,” verduidelik Stephan, “Dis ryk aan goue koringlande in die somer en groen in die winter, groen wingerde in die somer en roesbruin in die herfs, vrugteboorde en rye en rye olywe, met skaap- en veeplase tussenin. Dis ‘n streek ryk aan fynbos, van proteas tot ericas, en voëls. Dis ryk aan geskiedenis.” Die Swartland het oor die jare heen ‘n benydenswaardige reputasie van byna ongeëwenaarde landelike gasvryheid opgebou en die nuut-verkose bestuur wil voortbou daarop. “Ons streek het ‘n Mediterreense klimaat wat dit ideaal maak as ‘n eindbestemming regdeur die jaar. En as puik kos, wyn en verblyf nie genoeg is nie, bied ons streek ook vele aktiwiteite vir adrenalienverslaafdes. Stappers en fietsryers
5
sal verbaas wees oor al die roetes wat hier is, en so ook 4x4-entoesiaste, terwyl diegene wat ander uitdagings soek, soos kanovaart, kleiduifskiet, perdry, vlerksweef en valskermsweef, hier meer as genoeg geleentheid daarvoor sal vind. En dan het ons ook baie gewilde feeste.” Benewens Basson is die volgende lede tot die nuwe bestuur verkies: Pieter du Toit (Kloovenburg) – Onder-voorsitter Andre Engelbrecht (Riebeek Kelder) – Finansies Corrien Basson (Leeuwenkuil) – Tegnies Nelda van Zyl (Org de Rac) en Alta Saaiman (Riebeek Kelder) – Bemarking Addisionele Lede – Morne Le Roux (Swartland Wynkelder) en Erica Joubert (Franki’s Vineyard).