courant
tel: 022 487 3221
swartland en weskus Uitgawe 223
die
Bekroon: Nommer 1-Streekkoerant
22 Mei 2013
hugenotestraat 24, malmesbury
Dean Jankielsohn, eienaar van Boland Spar.
Piquetberg Mall ‘in diens van gemeenskap’
‘’Ons leuse is: ‘Deel van die gemeenskap, in diens van die gemeenskap’,’’ verduidelik Dean Jankielsohn, saam met sy vrou, Tanya, eienaar van SuperSpar op Piketberg, asook die nuwe Piquetberg Mall in Langstraat op Piketberg. Dean en Tanya se sakepad met Piketberg kan 26 jaar terug gaan haal word toe hulle in 1987 Spar se deure op Piketberg met ‘n personeel van 13 geopen het. Vandag is dit uitgebou tot ‘n yslike Boland SuperSpar op Piketberg met ‘n personeel van 140. En vandag kyk die Jankielsohn-egpaar trots hoe ondernemings hul intrek neem by die nuwe winkelsentrum. Daar is reeds besighede soos Bierman Oogkundiges, Clicks, Edgars Active, Tekkie Town, African Bank, Nedbank, home express en Pep. Dean se plan met die nuwe sentrum: ‘’Die idee van die nuwe sentrum is eerstens om besigheid na Piketberg te lok en om besigheid in Piketberg te hou. Ons is ‘Proudly Piketberg’. Ons is lief vir ons dorp. ‘’Dit is baie belangrik dat Piketberg van krag tot krag gaan en die middedorp nie vergaan nie, soos in baie plattelandse dorpe gebeur. Dus het
ons besluit om soveel moontlik nuwe besighede na die dorp te bring. ‘’Daarby was die plan ook om ‘n veilige inkopie-ervaring in ‘n skoon omgewing aan klante te bied, gevolglik is oorgenoeg parkeerplekke, heelwat meer as 200, op die perseel aangebring.’’ Dean het sy dank uitgespreek teenoor Nedbank, wat hul visie vir ‘n projek van hierdie omvang op Piketberg gedeel en gefinansier het. Besoekers kan voor aan die Langstraatkant van die sentrum parkeer, of op die parkeerplek agter die sentrum, wat vanuit Die Trekstraat of vanuit Hoofstraat bereik kan word. Bierman Grobbelaar Oogkundiges is deel van `n groep van dinamiese, professionele en bekostigbare oogkundiges met takke oor die Wes Kaap. Die Piketberg-tak open op 23 Mei en beoog om `n verfrissende oogkundige ondervinding te bied. Hul wye reekse van die nuutste in raammodes, insluitend RayBan, Vogue en CAT, optiese lense en kontaklense sal vir almal iets bied. Hulle aanvaar alle medies skemas, asook Edgarsfasiliteite beskikbaar. Kyk uit vir hul promosies en spesiale aanbiedinge.
Bierman Grobbelaar Oogkundiges – sien die verskil..... Nedbank se bestuurder op Piketberg, Mienie Scholtz, is opgewonde oor die verskuiwing na die nuwe sentrum, waar hulle reeds op 2 Mei hul deure geopen het. ‘’Ek geniet dit baie. Ek was nog nooit spyt dat ons geskuif het nie en ons doen definitief baie meer besigheid nou. Ons is nou in die middedorp se sentrale sakedistrik. Ek dink dis die beste ding vir Piketberg en dit gaan baie besigheid lok.’’ Sy is veral opgewonde oor die vriendelike oop ontwerp van die nuwe sentrum. Piketberg het in 1904 sy eerste bank gekry. Dit was die ABC-bank, wat later Standard Bank geword het. Dit is gevolg deur die ‘’Orphan Chamber’’, ofte wel Weeskamer in 1910. Later het dit die Eksekuteurskamer, Boland Bank, BOE Bank en in 2003 Nedbank geword. Home express verkoop enige item vanaf R2 tot R980 vir ‘n stootkarretjie, wat die duurste item is, vertel Merle Paulsen, bestuurder. Op die rakke sal klante verlei word met ‘n string opsies, van beddegoed, kombuisware,
verskillende fotorame, sagte speelgoed, lekkergoed, hardeware-artikels, juweliersware, toiletware, artikels vir haarversorging en muurhorlosies. Piketbergers is tot dusver gaande oor Home express. Die winkel is streng kontant en sekere items word drie maande gewaarborg. ‘’Ons bestel enigiets wat ‘n klant graag wil hê en probeer te alle tye ons klante tevrede stel,’’ sê Merle. Home express is oop vir besigheid van Maandag tot Donderdag van 8:30 tot 17:30, op Vrydag van 8:30 tot 18:00, op Saterdag van 8:00 tot 15:00 en op Sondag van 9:00 tot 13:00. Fox Buildit op die hoek van Langstraat en Eikelaan is ‘n verskaffer van alle boumateriaal. James Fox het self die groot taak aangepak om die bedrading en elektriese werk van die nuwe Piquetberg Mall te behartig. Die werk aan die sentrum het reeds nagenoeg ag maande gelede begin en stapsgewys saam met die bouwerk gevorder. James vertel dat hy al oor die 30 jaar op Piketberg werksaam is met elektriese en loodgieterswerk. Daarby is Fox Buildit ook ‘n verskaffer van klip en sand. (vervolg op Bl. II)
II
PIQUETBERG MALL
22 Mei 2013
Die nuutgeboude binnehof van die Piquetberg Mall. Dié sentrum huisves talle winkels en besighede.
Die Chicka Chicken-span is Elmarie, Jesmene, Fiazel, Janine, Tice, Elizma, Francis en Deonie.
‘Trots om met Piquetberg Mall verbind te wees’ (vervolg van Bl. I) Die sandmyn is skaars 5 km buite Piketberg. Henry Snel, African Bank se takbestuurder op Vredendal is opgewonde oor die nuwe uitdaging in die Piquetberg Mall. ‘’African Bank Piketberg is trots om met die Piquetberg Mall verbind te word. Ons is gerieflik geleë ten einde diens te lewer aan ons kliënte in Piketberg, Moorreesburg, Porterville en omgewings,’’ sê Henry. Edgars Active, wat ook ‘n tak in die Piquetberg Mall open, verkoop ‘n wye reeks handelsname se produkte in sportklere, sportskoene en sporttoerusting. Edgars Active, wat in 2005 van stapel gestuur is, het einde verlede jaar sy 100ste tak in SuidAfrika geopen. Dan is daar ook denim-produkte onder handelsmerke soos Levi, Guess en Sissi Boy, asook klere en skoeisel met handelsmerke soos Converse en Levis, luidens die webwef www.edcon.co.za. Van die bekendste sporthandelsname wat in Edgars Active aangetref kan word, is Adidas, Nike, Reebok, Edgars Active se eie handelsmerk genaamd Pro-Action, asook Puma. Altus Koen van MSS het sy gevoel oor hul teenwoordigheid op Piketberg soos volg saamgevat: “Soos bewys deur die onlangse diamanttoekenning is MSS die beste sekuriteitsmaat-
skappy in die Weskus. Besoek gerus ons tak in Piketberg vir u gemoedsrus. Ons is trots om vir Piquetberg Mall van diens te wees.” Clicks se toevoeging tot die Piquetberg Mall bring ‘n groep wat groot moeite doen om produkte op die rak te kry wat mense se lewenstyl bevorder. ‘’Dis hoekom om voortdurend op die uitkyk is vir handelsmerke, nasionaal en internasionaal, wat voldoen aan ons streng vereistes vir die heel nuutste tegnologie, hoogstaande gehalte en uitsonderlike waarde,’’ luidens die webwerf www. clicks.co.za. ‘’Vandag sluit ons eie handelsmerk genaamd Clicks Private Label en eksklusiewe handelsmerke ‘n wye reeks produkte in, wat waarde toevoeg tot elke gebied van jou lewe… van gesondheid en in die huis, tot jou skoonheid en heelwat meer.’’ Bos & Punt Master Builders het byna 50 jaar gelede, in 1964, tot stand gekom. Sedertdien het die naam Bos & Punt sinoniem geword met uitnemendheid in die Wes-Kaapse boubedryf. “Ons is verbind tot die hoogste gehalte vakmanskap deur persoonlike betrokkenheid, toewyding en doeltreffende kontrole. “Ons is besonder trots om verbind te word met Dean en Tanya Jankielsohn met hul nuwe Piquetberg Mall en wens hulle alle sukses toe met die Swartland se jongste landmerk.”
Lydia Meyer en Carmen Adams is werksaam in die “The Green Tree Cafe”.
courant
tel: 022 487 3221
swartland en weskus Uitgawe 223
die
Bekroon: Nommer 1-Streekkoerant
22 Mei 2013
hugenotestraat 24, malmesbury
Wynmakers Darling is Enid praat Fokus val op Footloose oor Everest Classic Clashes presteer •SM SE PLANNE IN EN OM MALMESBURY
Voorsiening vir 2 ‘Moorreesburge’
“Dit is ons verantwoordelikheid om vooruit te beplan en te dink,” was die boodskap van die burgemeester en munisipale bestuurder van die Swartland Munisipaliteit (SM), toe die SM Maandagaand as gasheer van die Malmesbury Sakekamer opgetree het. “Met die verdubbeling van die N7 gaan daar ‘n enorme invloei na die Swartland wees en ons moet belê daarin,” het Tijmen Van Essen gesê. Sakelui van Malmesbury het gehoor van die owerheid se idees vir die nabye en verdere toekoms, waaronder die beoogde Weskus Kollege-kampus, die Klipfontein-ontwikkeling noordoos van Malmesbury, die beplande De Hoop-ontwikkeling wes van die dorp en die beplande werk aan die N7. Oor Klipfontein het Van Essen, burgemeester, gesê dat daar uiteindelik 12 000 tot 13 000 mense gehuisves gaan word, ‘n “dorp omtrent so groot soos Moorreesburg”. Met die ongeveer 4 500 voertuie wat dit gaan meebring, moet nuwe paaie daarrondom ook gebou word. Klipfontein se fase een fokus nou op die aftreeoord De Fonteine en ‘n winkelsentrum van ongeveer 4000 vkm, waarvan die konstruksie aan die nuwe toegangspad reeds in volle swang is. Joggie Scholtz,
Klipfontein, noord-oos van Malmesbury, word nou ontwikkel.
munisipale bestuurder, het gesê die Klipfonteinontwikkeling sal oor jare uiteindelik in 82 subfases afgehandel word. De Hoop is ‘n beoogde projek wes van die dorp na Darling se kant toe, waar daar oor ‘n paar dekades tot ongeveer 16 000 mense gehuisves sal kan word. Laekoste-behuising sowel as gewone behuising, is hier in die pyplyn. Dit moet nog goedgekeur word. Om voorsiening te maak vir hierdie toekomstige
Voorgestelde planne vir Weskus Kollege-kampus 1. Loedolfhuis, waaroor daar nog onderhandel word om deel te vorm van die toekomstige Weskus Kollege. 2. Die eerste fase is die 16 klaskamers. Dié planne is in die proses om goedgekeur te word. 3. Die huidige Roersgebou, wat platgeslaan gaan word. Wanneer dié deel herbou word as deel van die Weskus Kollege, sal die boustyl aanpas by die oorspronklike Roersgebou.
ontwikkelings, beplan die SM nou reeds vir die paaie rondom Malmesbury: “Ons het net een kans om ‘n spasie vir beoogde paaie uit te lê en ons moet dit nou benut,” het Van Essen gesê. Oor die Weskus Kollege-kampus op die oewer van die Dieprivier, waar die eerste 16 klaskamers as ‘n eerste fase langs Loedolfhuis beplan word, het Van Essen aangedui dat dit 1 300 studente sal huis ves. Die SM het met onderhandelinge verseker dat ‘n rolstoelvriendelike wandelroete tussen die rivier en die Kollege gebou word ten einde die noordelike rivieroewer te behou vir die publiek en toeriste. “Daar word nou geëvalueer of Loedolfstraat ‘n eenrigtingstraat gaan word en of dit net ‘n voetgangerroete sal wees ter wille van die studente se veiligheid,” het Van Essen aangedui. Die eertydse Roers-gebou by die verkeerslig gaan gesloop word om plek te maak vir die beoogde Kollege. Tydens vraetyd het die eienaar van Raïel, Raïel le Roux, gesê die Munisipaliteit doen baie goeie werk, maar sy kommer uitgespreek dat teen die huidige tendense die belastingbetalers in die nabye toekoms die dienste nie meer sal kan bekostig nie omdat dit te duur raak. “Vir my is die belangrikste van Maandagaand se vergadering die volgende,” het Van Essen gister op navraag aan die courant gesê: “Dat die inwoners besef dat Malmesbury nou op die voorpunt van enorme groei staan, dat ons almal, en veral die SM, nóu vooruit moet dink en beplan. Hoeveel mense hierheen kom, is nie vir ons om oor te besluit nie, maar wel hoe ons dit bestuur.”
2
NUUS•NEWS 22 Mei 2013
Naby die gevorderde basiskamp, met die wêreld se hoogste spits in die agtergrond, van links na regs Athol van Kaapstad, die spanleier, Sean Wisedale van Durban, Enid Ferreira (met blou baadjie en op kopfoto bo) en Ronald van Durban.
•SWARTLANDER KLIM EVEREST
Asemnood teen hange van wêreld se hoogste berg Enid Ferreira, ‘n oud-leerder van Hoërskool Swartland, het pas die ervaring van ‘n leeftyd agter die rug teen die wêreld se hoogste berg in die Himalaja-bergreeks. Enid (48), ‘n nooi Van der Merwe wat in 1982 op Malmesbury gematrikuleer het, het tot by die gevorderde basiskamp op 6340 meter teen Everest uitgeklim. Dit is nagenoeg 2500 meter van die wêreld se hoogste spits op 8 848 meter - die grotoste uitdaging vir top-bergklimmers sedert die Nieu-Seelander sir Edmund Hillary en die Nepalees Tenzing Norgay op 29 Mei 1953 die eerste mense geword het, sover bekend, om die hoogste spits van Everest te bestyg. Heelwat meer as ‘n duisend klimmers het sederdien die kruin bereik, maar oor die 200 het reeds teen die berg gesterf. Nagenoeg 10% van klimmers wat Everest aandurf, sterf met hul po-ging en hul liggame word gewoonlik daar agtergelaat. Maar wat het Enid besiel om die gevaarlike avontuur in Asië te onderneem? ‘’Dit was ‘n uitdaging vir my. As ‘n mens ‘n bietjie swaarkry bring dit jou terug aarde toe en dan waardeer jy weer die dinge en mense in jou lewe. “En dan sien jy met hoe min ander mense tevrede en gelukkig is. Westerse geld bring net al die moeilikheid, haat en gierigheid van mense. Soms moet ‘ n mens uit jou gemaksone beweeg.’’ Enid vertel dat van haar mede-spanlede, soos talle ander klimmers, moes omdraai omdat hulle siek geword het weens die hoogste bo seespieël. Die belangrikste simptoom wat sy gekry het, was haar ‘’smaakkliere wat heeltemal weg was. Alles het bitter geproe, soos Eno’s. Sy het ook in stadiums asemhalingsprobleme gehad. Soms het sy in die nag wakker geword weens
asemnood en moes dan eers regop sit om haar asem terug te kry. Sy het aanvanklik ingevlieg na die hoofstad van Nepal, Katmandoe, vanwaar die klimatiseringsproses begin het deur verder te reis tot by Lhasa in Tibet op 3600 meter bo seespieëel en dan verder tot by Rongbuk in Tibet, waar die klimtog vanaf die noordekant begin het. Haar spanleier was die ervare klimmer Sean Wisedale. Haar man, Johan, het heeltyd die weervoorspellings dopgehou en sy is verlig dat hulle deurentyd gunstige weer gehad het. Volgens Enid, wat reeds Afrika se hoogste berg, Kilimandjaro, geklim het, verdwyn die meeste klimmers se eetlus teen die Everest, ‘’maar jy moet jouself dwing om te eet om hoogtesiekte te verhoed’’. Die kos wat hulle geëet het, was meestal eiers, pap en tjips. Toe hul sjef siek geword het, moes hulle maar self inspring met die kosmaak. Benewens ‘n spanleier en die sjerpas van Nepal wat klimmers teen die berg uit vergesel, is daar ook pakdiere genaamd yaks, wat ‘’lyk soos beeste met horings’’. Met haar terugkeer na Suid-Afrika het Enid se haarkapper haar meegedeel dat sy 30% van haar hare verloor het. ‘’Dit is weens die koue en verwaarlosing omdat jy nie kan bad of stort nie. Dit sal weer groei.’’ Enid het na skool aanvanklik entomologie (insektekunde) studeer, voordat sy haar deur Unisa as rekenmeester bekwaam het. Die afgelope vyf jaar is sy aan ‘n hondekosvervaardiger verbonde. Haar toekomsplanne sluit wel ‘n plan in om Everest tot heelbo te klim. ‘’Ek en ‘n vriendin sal graag die ‘summit’ wil doen in 2015, as ons ‘n borgskap kan kry.’’
Choose the best. Choose Brito’s BULK Stewing beef
34.99 p/kg
Tenderised Steak
49.99 p/kg
4kg Chicken Bag
89.99
Prices valid at all Brito’s stores from Wednesday 22 May until Saturday 25 May 2013. While Stocks Last. E&OE
Smoked Ham
p/bag
Brito’s Meat Centres Customer Information: Tel: 021 950 1000. Address: Cilmor Street, Kaymor, Stikland, 7535. www.britos.co.za
4.99
p/100g
750g Russian Loaf
10.99 each
3
NUUS•NEWS 22 Mei 2013
•STREEK SE WYNE PRESTEER INTERNASIONAAL
Streek se wyne presteer internasionaal Wyne uit die Swartland en Darling het weer goed presteer by die jaarlikse internasionale Decanter-toekennings. Die 2013 Decanter World Wine Awards is Maandag bekend gemaak nadat die beoordelaars ‘n rekordaantal van 14362 wyne geproe het. Dié toekenings is in 2004 ingestel en vier vanjaar sy tiende jaar as een van die wêreld se leiers in wyntoekennings. Wyne wat met druiwe uit die Swartland en Darling-omgewing gemaak is, het sewe silwermedaljes en 13 bronsmedaljes losgeslaan. Die medaljewenners is:
SILWER
Allesverloren Touriga Nacional 2011 Swartland, South Africa Badenhorst Family Wines Duiker 2012 Swartland, South Africa
Delaire Graff Estate Chenin Blanc 2012 Swartland, South Africa Fairview Jakkalsfontein Shiraz 2009 Swartland, South Africa Spice Route Chakalaka 2010 Swartland, South Africa Swartland Winery Eagle Crest Shiraz-Malbec 2011 Swartland, South Africa Tesco Finest Chenin Blanc 2012 Swartland, South Africa
BRONS
Badenhorst Family Wines Duiker 2011 Swartland, South Africa Cloof Wine Estate Cab Cult, Cabernet Sauvignon 2011 Darling, South Africa Kloovenburg Shiraz 2011 Swartland, South Africa
Gospelaand: Voices for Christ het opgetree gedurende ‘n Gospelaand in die Wesbankgemeenskapsaal op Malmesbury, asook die Wesbank Quartet, met sy lede, van links na regs: Lesley Ann Cyster, Anthea Afrika, Marscha Beukes en Nozuko Dawethi.
Wen kaartjies na Hannes van Wyk Hannes van Wyk, wat in Egoli bekend geraak het as Krynauw en tans in Bravo! op kykNet te sien is, is deesdae een van TV se veelsydigste aanbieders. Hy tree op 8 Junie in die Malmesbury Stadsaal op as motiveringspreker tydens ‘n Vroueoggend, ge reël deur die ACVV Dienssentrum op Malmesbury. Kaartjies kos R120 per persoon en is te koop by Kontrei spens in Piet Retiefstraat. Vier lesers kan enkelkaartjies wen vir dié geleentheid: Antwoord net ons maklike vraag saam met jou naam, van en dorp en sms dit na 084 8333 813 voor Maandag 3 Junie. VRAAG: Ten bate van watter organisasie tree Hannes van Wyk op Malmesbury op?
Mon Vieux Old Dutch Chenin Blanc 2011 Swartland, South Africa Nederburg Private Bin D270 Chardonnay 2011 Darling, South Africa Org de Rac Cabernet Sauvignon 2011
Swartland, South Africa Org de Rac Shiraz-Cabernet Sauvignon-Mer lot 2012 Swartland, South Africa Ormonde Alexander Fontein Chip Off the Old Block, Sauvignon Blanc 2012 Darling, South Africa Ormonde Ondine Chardonnay 2011 Darling, South Africa Ormonde Vineyards Ondine Cabernet Franc 2009 Darling, South Africa Swartland Winery Eagle Crest Tinta Barocca 2011 Western Cape, South Africa Swartland Wines Bush Vine Cabernet Sauvi gnon 2010 Swartland, South Africa Swartland Wines Bush Vine Shiraz 2010 Swartland, South Africa
MENINGS•OPINION
courant
22 Mei 2013
die
4
Vier tweelinge: Vier twee-
Skeptyd aan die Weskus die afhanklikheid
linge in ‘n dagsorg en speelskool klink vir baie van ons na kopkrap. Wanneer dié vier soggens by die Wingerdlootjies opdaag, vra dit inderdaad mooi konsentreer, sê die eienaar, Freda Calitz van Malmesbury. Hier is die tweetalle van links (bo) Mia Styger (5), Jana en Inge Lourens (3 jaar) en Dané Styger (5). In die middel sit Jaimen en Tihlon Leander (2 jaar) en voor is Malan en Markus Rossouw (2 jaar) baie sku vir die kamera.
Boerdery is die sektor in die Swartland wat, luidens die laaste sensus, die meeste werksgeleenthede verskaf. Dit is nou ook die sektor wat angstig wag op reën omdat die grond droog is. Boere moet vee voer en dit is planttyd. Intussen is daar baie monde in ons buurstreek teen die kus wat vir eers breed kan glimlag omdat die snoek loop soos lanklaas. Tydens ‘n besoek die afgelope naweek aan die Weskus was dit lekker om te sien hoe daardie mense, wat van die see afhanklik is soos ons mense van die grond, nou kan asem haal. Hulle skep in oormaat. Die snoek lê in hope op die kaai en die kopers kom van heinde en ver in haas enige voertuig om ook hul pond vleis elders te gaan maak. Bakkies (met wiele en dié van die see) hang versadig aan hul vrag. Die bokwaens vlieg twee-twee van die bote af na hul kopers. Die vlekkers staan bont om die berge snoek te verwerk vir die pad. Kop af, ingewande en kuite uit. Die see is niemand se maat nie en dit is ‘n harde lewe om só siesoengebonde te lewe vir die dag AS die skip inkom met ‘n vangs. Dit laat jou besef hóé afhanklik ons saam met die Weskus afhanklik is van die natuur. Dankbaar vir die jêm nou op daardie vissersmense se brood. Ons vertrou saam met die landbou dat daar binnekort goeie reëns sal val.
‘Mamma, ek wil ’n jean dra!’
Dis Goeie Nuus
dr. Andrew Bosman
Toe open Hy hulle verstand
Jesus is op pad na Betanië waar Hy met hemelvaart van Sy dissipels geskei is. Hy nooi hulle uit om aan Hom te vat, na Sy hande en voete te kyk. Hy is nie ‘n gees, nie maar het vlees en bene! Sy dissipels was bang en verskrik en het gemeen dat hulle ‘n gees sien toe Jesus in hulle midde kom staan het. Hy het hulle gevra waarom hulle ontsteld is en twyfel in hulle hart. Hy het saam met hulle ‘n stuk gebraaide vis en heuningkoek geëet. Hy het met hulle gepraat oor al die woorde wat Hy met hulle gespreek het toe Hy nog by hulle was, woorde wat oor Hom geskryf is in die wet van Moses en die profete wat vervul moes word. Toe open Jesus die verstand van die dissipels om die Skrifte te verstaan. So was geskrywe dat die Christus of Gesalfde van God moes ly en op die derde dag uit die dode opstaan, en vergewing van sondes in Sy Naam verkondig moes word aan al die nasies. As dit nodig was om hulle verstand te open nadat hulle drie en ‘n half jaar saam met Jesus deurgebring het, wat van ons? Dat ons die Gees van Christus sal bid dat ons verstand ook geopen word om die Skrifte te verstaan.
- ‘n Jean wat so styf kan sit, of met fraiings oor die hele lyf? Nee Mamma Nee! Mamma ek wil ‘n jean dra! Watter jean my liewe kind .... ‘n Jean vir die sestigs, ‘n wyepyp- vir die sewentigs, ‘n skinny jean, die leer-jean, gekleur, geskeur, geriffel of gekreukel – daar’s ‘n jean in almal se kas. Kort of lank, rond of slank, ‘n jean wat (hopelik) pas vir elke moontlike lyf. Jeans te koop in enige denkbare kleur – diep indigo, ‘vintage washed’, donkerblou, ligblou, ‘blast washed, matt finished,, totally faded’ (wat Ouma na die hartpilletjie laat gryp), ‘deadly dark blue, raw denim jeans’ - so nederig en eenvoudig as wat die jean oorspronklik begin het, net so prettig, uitspattig en wyd uiteenlopend pronk hy deesdae in die kas, aan die lyf of in die winkelvenster. Oorspronklik ontwerp vir matrose in die Italiaanse streek Genoa en later vanweë sy duursaamheid aangepas vir die mynwerkers, cowboys en handearbeiders in Amerika, is Die Jean deesdae gewild van werksure tot by baie deftige funksies – steeds duursaam en groeiend veelsydig! Die Jean het in die 1950’s gewild begin raak onder die jongklomp – volgens geskiedskrywers grootliks die toedoen van James Dean in ‘‘Rebel without a Cause’’ – en die logiese gevolg? Die kerk- en biologiese vaders het luidkeels téén
die dra daarvan gepredik! Jongmense moes in die vyftigerjare in die geheim Die Jean dra, omdat dit vir die volwassenes ‘n teken van rebelsheid was ... Die Jean het, soos met alles in ons lewens, ook deur vele fases gegaan: Eers die losserige, funksionele voorkoms, daarna die stove pipes en bellbottoms (wie kan dáárdie wye pype vergeet – my neef het jare lank vertel hoe sy sussie eenkeer onwetend die slapende baba-terriër in daai einste pype meegesleur het. Toe sy dit eers etlike meters later agterkom, was Woefie omtrent gestres en bedremmeld!) Vandag is Die Jean soos ‘n gewete – almal het dit! (Party mense gebruik dit net minder as
ander!) Die verskeidenheid kleure en voorkomste bly verstommend: Van skel oranje en pienk tot diervel en rooi; die stretch en stretchino – ‘n jean vir elke smaak! ‘White washed’ jeans is deur die eerste matrose uitgevind, deur op wasdag hul werks-jeans in reusenette agter die oorlogbote aan te sleep. Die oorspronklike kleur is gou-gou deur die seewater uitgewas – sou daardie geharde manne van die see ooit kon raai dat daardie einste witgewaste jeans 100 jaar later ‘n reusebedryf sou meebring? Jeans kos deesdae enigiets van ‘n nederige R100 tot ‘n ysingwekkende R3 495 vir die kieskeurige koper! Saam met die perfekte jean kom die wavrag keuses – die regte tipe skoen, toppie, baadjie of juwele by elke ander jean – dagreise ver van die oorspronklike jean as werksbroek van die arbeider. Helaas is Die Jean, soos die mini, hier om te bly, maar nie vir elke liggaamsbou beskore nie! Net soos ‘n mini of ‘n jean ongelooflik mooi lyk aan die regte lyfie, net so hartseer lyk ‘n jean wanneer ‘n mens begin benoud raak dat dié outjie (of vroutjie) wat hier voor jou staan, nie weer uit daai jean gespartel sal kan kom nie! Net soos die stretch pant nie vir almal beskore is nie (kyk asb net eers in die spieël, jong!), het ons die voorreg om in die winkels rond te loop, te pas, te kies en te keur totdat elke lyf ‘n jean in dié snit en kleur en styl kry wat perfek by hom pas.
NUUS • NEWS 22 Mei 2013
•‘IDEALE KLIMAAT VIR BESOEKERS REGDEUR DIE JAAR.’
Nuwe bestuur wil juwele bevorder
“Ons streek is geweldig dinamies en propvol juwele. Dit het baie om aan besoekers te bied, nie net in terme van wyn en olywe nie, maar ook wat verblyfopsies en eetplekke betref. En ons het die ideale klimaat vir mense om die Swartland regdeur die jaar te besoek.” Aan die woord is Stephan Basson van Babylon’s Peak, die nuwe voorsitter van die Santam
Swartland Wyn- en Olyfroete. Die Swartland behels die geskiedkundige dorpe Malmesbury, Piketberg, Koringberg, Riebeek Kasteel en Riebeek Wes, en strek van die golwende heuwels van die Paardeberg in die suide tot die lokkende water van die Bergrivier in die noorde. Riebeek Kasteel en Riebeek-Wes lê aan die voet van die Kasteelberg in die natuurskone Rie-
Stephan Basson, nuwe voorsitter van die Swartland Wyn-en Olyfroete praat oor die Swartland en sy juwele.
Fonteine Aftree-oord in finale beplanningsfase
Fonteine Village Aftree-Landgoed is in ‘n finale beplanningsfase en konstruksie sal binnekort ‘n aanvang neem. Die bekendstelling van fase 1 van Fonteine Village Aftree-Landgoed gaan binnekort plaasvind. Malmesbury is geleë in die hart van die Swartland, ongeveer 45km vanaf Paarl, 65km vanaf Stellenbosch, 48km vanaf Durbanville, 70km vanaf Kaapstad, 65km vanaf Yzerfontein en 90km vanaf Langebaan. Fonteine Village Aftree-Landgoed sal aan alle wetlike vereistes voldoen om ‘n kommervrye aftrede te verseker. Fonteine Village Aftree-Landgoed (ongeveer 10 hektaar) is geleë op die historiese
Promosie
plaas Klipfontein - Glen Lilly (ongeveer 150 hektaar), aan-grensend aan die noorde van Malmesbury. Goedkeuring is verleen vir ongeveer 511 geleenthede en Fase 1 sal uit 44 eie titelwooneenhede bestaan (geen hereregte en oordragskostes nie) en bied ‘n keuse van twee- of drieslaapka-mers, asook enkel- of dubbelmotorhuise) vanaf R975 000. Fonteine Village Aftree-Landgoed bied ‘n panoramiese uitsig oor Malmesbury met Tafelberg op die horison. Uitgekontrakteurde Tuisversorging sal vanaf Fase 1 beskikbaar wees. Kontak Edna Lourens by 083 409 0354 of edna@fonteinevillage.co.za per e-pos.
beek-vallei. “Ons streek is ryk,” verduidelik Stephan, “Dis ryk aan goue koringlande in die somer en groen in die winter, groen wingerde in die somer en roesbruin in die herfs, vrugteboorde en rye en rye olywe, met skaap- en veeplase tussenin. Dis ‘n streek ryk aan fynbos, van proteas tot ericas, en voëls. Dis ryk aan geskiedenis.” Die Swartland het oor die jare heen ‘n benydenswaardige reputasie van byna ongeëwenaarde landelike gasvryheid opgebou en die nuut-verkose bestuur wil voortbou daarop. “Ons streek het ‘n Mediterreense klimaat wat dit ideaal maak as ‘n eindbestemming regdeur die jaar. En as puik kos, wyn en verblyf nie genoeg is nie, bied ons streek ook vele aktiwiteite vir adrenalienverslaafdes. Stappers en fietsryers
5
sal verbaas wees oor al die roetes wat hier is, en so ook 4x4-entoesiaste, terwyl diegene wat ander uitdagings soek, soos kanovaart, kleiduifskiet, perdry, vlerksweef en valskermsweef, hier meer as genoeg geleentheid daarvoor sal vind. En dan het ons ook baie gewilde feeste.” Benewens Basson is die volgende lede tot die nuwe bestuur verkies: Pieter du Toit (Kloovenburg) – Onder-voorsitter Andre Engelbrecht (Riebeek Kelder) – Finansies Corrien Basson (Leeuwenkuil) – Tegnies Nelda van Zyl (Org de Rac) en Alta Saaiman (Riebeek Kelder) – Bemarking Addisionele Lede – Morne Le Roux (Swartland Wynkelder) en Erica Joubert (Franki’s Vineyard).
6
NUUS•NEWS 22 Mei 2013
Seniors: Age in Action, ‘n nie-winsgewende organisasie wat bejaardes van Lutzville
tot Yzerfontein se belange op die hart dra, het gister op Darling vergader vir hul kwartaallikse streeksvergadering. Die burgemeester van die Weskus Distriksmunisipaliteit (WKDM), Harold Cleophas, het die verwelkoming gedoen, terwyl die matrone van Groeneweide tehuis vir Bejaardes op Darling, Miempie Thomas, as gasspreker opgetree het. Op die foto is Gert Klaase, Charlotte Orlam-Talmakkies, matrone M. Thomas (gasspreker), ds. John Phillips, Saronah Kilian, H. Cleophas (burgemeester), Henry Arangie, Sharon Goliath, Cathleen Lewis, Wilhelmine Samands en Mieta Damon.
‘Footloose’ hou 2de gesinsdag in Darling Saterdag word ‘’Footloose in Darling’’ vir die tweede agtereenvolgende jaar aangebied. ‘Dit is ‘n gesinsdag met die doel om die dorp Darling ontspannend te verken,’ verduidelik die organiseerders in ‘n verklaring. ‘’Dit is nie net nog ‘n musiekfees, voedselfees, wynproe of straatmark nie.’’ ‘’Footloose in Darling’’ is die breinkind van Charles Withington, wat hiermee voortgesit word. Besoekers aan ‘’Footloose in Darling’’ sal ‘n kaart van die dorp ontvang waarop al die belangrike attraksies aangedui word. Dit is almal binne maklike loopafstand van mekaar en word duidelik op die kaart aangedui. ‘’Gaste kies dan, op hul eie tyd, om rustig deur die strate te stap, asook wonings en be-
courant
sigtig kunswerke, proe wyn, bier, sluit aan by die kaas-werkswinkel, lewendige musiek en ‘n wye reeks restaurante wat smaaklike maaltye vir alle smake en begrotings aanbied.’’ Die Darling Museum, wat al as een van die beste in die land beskryf is, het ook ‘n ope dag met ‘n verskeidenheid handwerkprodukte. Meer as 85% Suid-Afrikaners het net hul skoene as vervoermiddel, luidens die verklaring. Mense wat ‘n paar skoene kan afstaan, word versoek om dit saam te bring en in te handig. Besoek die webwerf www.footlooseindarling.co.za vir meer inligting en ‘n lys van al die besienswaardighede. Kaartjies, teen R20 stuk, kan bespreek word by http://www.quicket.co.za/events/1943-footloose-in-darling/.
die
ons ondersteun Kansa in die stryd teen Jou diamant-koerant Kanker Kontak 022 487 3221 en gee jou besigheid vlerke!
NUUS•NEWS 22 Mei 2013
7
8
NUUS•NEWS
Opknapping van eertydse skougronde kry aandag
Die ontwikkeling van die eertydse skougronde buite Riebeek-Wes, wat onder vandale deurgeloop het en opknapping dringend benodig, het tydens die onlangse raadsvergadering van die SM op Malmesbury ‘n hupstoot gekry toe die munisipale bestuurder, Joggie Scholtz, aangekondig het dat die bedrag wat in Lottogeld aan dié projek toegewys is, nou gespandeer gaan word. Scholtz het tydens die vergadering aangedui dat die SM lank gewag het vir die beloofde skenking van R15 miljoen van ‘n ander groot maatskappy in die omgewing, sodat die hele projek gesamentlik aangepak kon word. “Die R900 000 van die Lotto-geld moet egter nou gebruik word, want die ander donateur kan weens die agter-
uitgang in die ekonomie nie nou daardie belofte nakom nie. Die SM het met die gemeenskap van Riebeek-Wes vergader om te hoor wat die behoeftes is; hoe hulle die vervalle skougronde opgeknap sou wou hê.” Die krieketklub van die omgewing benut nou die fasiliteite daar. Zain Abrahams, raadslid van daardie omgewing, het aan die courant gesê dat die twee krieketklubs (Riebeek-Wes Krieketklub en die Panorama-klub) saamgesmelt het om een klub te stig - die Riebeek Warriors. “Ons gebruik nog die fasiliteite daar, maar dit is erg gevandaliseer. Daar is geen lopende water, grasversorging of omheining nie. Die krieketspelers het met die SM vergader en gevra dat daar eerstens ‘n hei
ning rondom die gronde moet kom, asook die opknap van die kleedkamers en lopende water. “Ons wil baie graag sien dat die besproeiing met gesuiwerde water gedoen word, maar dan moet die heining eers aangebring word om kinders daar uit te hou. Ons sal baie graag nou, tydens die ‘af’-seisoen, die gras wou versorg en gereedkry vir die volgende krieketseisoen, maar ek begin glo dit sal seker eers volgende jaar moontlik wees!” Die krieket-kolfblad, van sement, is nog gelê deur die Boland-unie, maar Abrahams sê dat die gras weens te min water pal grasbrand op die spelers se velle veroorsaak. Volgens Abrahams word die rugbyspelers tans gehuisves op ‘n baan binne-in die dorp.
22 Mei 2013
Hernu lisensies van vuurwapens Die Polisie op Moorreesburg het alle vuurwapenlisensiehouers op die dorp gemaan om hul administrasie op datum te hou. Daar is steeds talle persone wat nog nie hul vuurwapenlisensies hernu het nie, lui ‘n verklaring. ‘‘U word daaraan herinner dat u in terme van die Wet op Beheer van Vuurwapens, 60/2000 verplig word om u bevoegheidsertifikaat en verskeie vuurwapenlisensies te hernu, 90 dae voor die vervaldatum soos op die uitgereikte kaartjie aangedui. “Só word die geldigheid van u onderskeie vuurwapenlisensie(s) te behou. ‘‘ Vir enige navrae in hierdie verband, kontak gerus die SAPD op Moorreesburg: adjudant-offisier Janine Weideman of Yolandé Senekal by 022 4338679 of 4338681.
Polio: CF
Skenkings:
Die Polisie op Moorreesburg het skenkings van onder meer linneware, klere en toiletware ontvang van Nedbank op Moorreesburg. Van links na regs staan lt.kol Andrew Williams, Marius Ras (bestuurder: Nedbank), Tania Kapiro en sers. Nicolette Visagie. Die linneware en klere is ‘n welkome skenking vir die traumakamer om te help voorsien in die behoeftes wanneer mense daar moet tyd verwyl totdat hulle ‘n nuwe heenkome vind.
Petersen dien polio-druppels toe aan ‘n kleuter terwyl assistent Anna Claassens die kindjie vashou tydens die Rotariërs se gesondheidsdag verlede Vrydag. Vir dié doel is een van die klaskamers van Badisa Carneys Educare in Wesbank, Malmesbury, omskep in afgeskorte werkshokkies, waar mediese personeel voorkomende polioen masel-inentings gedoen het.
Schoonspruit: FNB Classic Clashes-kampioene van 2013
NUUS•NEWS
9
22 Mei 2013
Schoonspruit kraai koning in kragmeting
BO: Die spanne tree aan vir die wedstryd. Die FNB Classic Clashes tussen Schoonspruit Sekondêr van Malmesbury en Hoërskool Piketberg het Saterdag vir groot opwinding gesorg. Schoonspruit het in die doodsnikke van die wedstryd die knoop deurgehak en die wedstryd met 24-23 gewen. Die eerste netbalspan van Schoonspruit het ook geseëvier met ‘n telling van 28-20 oor Piketberg. REGS: Gavin Cowley van Supersport in gesprek met Barno van der Westhuizen, kaptein van Piketberg.
BO: Gurdwill (Poena) Coetzee hardloop deur ‘n gaping. Devon Smith hardloop aan sy binnekant om te ondersteun. Roman Zaal probeer keer.
BO: Cheslyn Korasie, kaptein van Schoonspruit, by Werner Schreiber van FNB Malmesbury. REGS: Anzo Stubbs druk ‘n deurslaggewende drie. Piketberg se kaptein Barno van der Westhuizen is te laat om te keer. Johannes Mostert kyk toe. LINKS: Pieter-Hugo Wium van Piketberg vang ‘n bal sekuur.
LINKS: Karli Truter van Piketberg soek ‘n spanmaat om die bal na uit te gee, terwyl Geraldine April van Schoonspruit probeer keer. REGS: Carryn Le Cordeur van Schoonspruit en Karli Truter van Piektberg het hul spanne sterkte toegewens.
BO: Gayline Koopman (V) maak gereed om spel weer te begin. Piketberg se Carla Smit verdedig met Angelique Booys in die agtergrond.
BO: Lezaan van Niekerk van Piketberg stop net betyds om nie ‘n kontak-straf te kry nie. Kerishni Daniëls van Schoonspruit bemeester die bal. Sy het al Schoonspruit se wendoele aangeteken. REGS: Iveu Snyders maak gereed om nog ‘n aanval van stapel te stuur. By om te ondersteun is regs, Devon Smith en links, Gertie Le Fleur (wat aangewys was as speler van die wedstryd).
LINKS: Mishaun Arendse hardloop deur ‘n gaping en maak gereed om uit te gee. Roman Zaal en Clyde May van PHS maak gereed om te verdedig.
10
NUUS•NEWS 22 Mei 2013
Eerste fiets:
By die Dress-inisiatief op Darling het Ethan Sellidon ‘n eerste fiets van sy eie ontvang vir sy toegewyde herwinningswerk die afgelope maande. Hier is Ethan saam met sy trotse pa by dié fiets. Dress (Darling Recycle Swop Shop) het binne nege weke feitlik 13 ton ongewenste materiaal uit die omgewing verwyder. Dié projek op Darling leer die kinders om die omgewing te waardeer en skoon te hou en skenk aan elke kind ‘n geskenkie in ooreenstemming met die gewig van die herwinde materiaal wat hy of sy inbring. Die geskenke kom ook uit die bruikbare goedere wat lede van die publiek skenk. Veral skryfbehoeftes is baie welkom onder die skoolkinders.
Hokkiespeler: Laerskool Dirkie Uys op Moorreesburg is baie trots op Thys Kitshoff, wat opgeneem is in die Pinotage hokkie-streekspan wat van 8-11 Augustus in Port Elizabeth gaan deelneem.
Promosie
BO: Hoërskool Swartland se Interact-klub het ‘n baie suksesvolle talentaand gehou ten bate van behoeftige leerders. Die kompetisie was straf en die volgende drie groepe was die wenners: Eerste - Pauline Hardcastle, Anya Botha en Lize Engelbrecht; Tweede Caylin Adams; Derde: Jason Roodt en Geornelle de Villiers. Hulle is op die foto, van links na regs: Caylin Adams, Geonelle de Villiers, Lize Engelbrecht Pauline Hardcastle, Jason Roodt en Anya Botha. Netbalbaadjies: Pick n Pay Malmesbury het die Hoërskool Swartland se eerste netbalspan met splinternuwe baadjies toegerus. Dié span het Saterdag teen Charlie Hofmeyr (Ceres) te staan gekom en hulle met 33-28 geklop. Agter is Wessel Badenhorst (Pick ‘n Pay), Yolaine Swanepoel (Pick ‘n Pay), Hendrik Oewies (Pick ‘n Pay), Christine Bester (afrigter) en Dirk Marais (skoolhoof).
Star Search: Twee sussies van Hoërskool Swartland, Anya-Larissa en Doné Botha het met hulle duet deurgedring na die top 3 van die Starsearch-sangkompetisie. Die finale ronde word op 25 Mei gehou. Anya-Larissa het ook in die senior afdeling met haar solo’s deurgedring na die semi-finale ronde.
NUUS•NEWS
11
22 Mei 2013
Malmesbury Sakelui en Swartland Munisipaliteit byeen
By die geleentheid was Rico Kruger (Sakekamerbestuur), Joggie Scholtz (munisipale bestuurder), Oddette Boshoff (Sakekamerbestuur), Tijmen van Essen (uitvoerende burgemeester) en Erik Louw (Sakekamervoorsitter).
Die Swartland Munisipalteit was Maandagaand gasheer vir die maandvergadering van die Malmesbury Sakekamer in die Stadsaal op Malmesbury. In gesprek by die geleentheid is Machiel en Gielie Basson, met oudregter Willem Heath.
Onder die sakelui by die vergadering was Simon Kotze (JB’s Nissan), Chris de Jager (BGR De Jager Boshoff) Erik Louw (Sakekamervoorsitter) en Francois Roux (Constantia Lintels).
Erik Louw (voorsitter van die Malmesbury Sakekamer) saam met Des Möller en Albie Coetzee (eienaars van Malmesbury Superspar) en Tijmen van Essen (uitvoerende burgemeester van die Swartland Munisipaliteit).
REGS: Philip Geldenhuys en Altus Koen van Multiple Security Services saam met raadslid Chris Hunsinger.
HSS kies vanaand sy mooistes wat kroon sal dra Die Hoërskool Swartland se jaarlikse ArtHSS vind vanaand om 19:00 in die Malmesbury Stadsaal plaas. Kaleidoskoop is die gaskunstenaar.
Magdel Spangenberg
Suné Botha
Kristin Krieling
Jade du Toit
Estelle Smit
Anien van Staden
Cassey-Rae Hayes
Annamart Basson
Cindy Amsterdam
Erica Bruwer
Elzanne Zwiegelaar
Nadia van Staden
Johan du Toit
Gavin Fabri
Francois Myburgh
FC Louw
Hanru du Plessis
Michael Robarts
Steven Burger
Stian Louw
D’Niel Rossouw
Zandré van Heerden
Christo Geldenhuys
Benco Kemp
12
KALENDER•DIARY
22 Mei 2013
GO-KARTS:
Adriaan Burger, ‘n leerder van Laerskool Swartland, het aan die einde van die Go-Kartseisoen die eerste plek in die 200cc-klas behaal.
Hokkie: Brenton Manuel van Laerskool Swartland op Malmesbury is opgeneem in die o.13 Pinotage-span wat in Augustus aan ‘n toernooi in Port Elizabeth gaan deelneem. Musiekaand:
Emile Smit (op foto’s bo en onder) van Malmesbury het verlede week sy eerste CD met ‘n optrede in die Malmesbury-stadsaal bekendgestel. Nellie Malan (links op foto bo) van Riebeek-Wes is hier saam met hom agter die mikrofoon gedurende ‘n uitvoering. Emile, wat hom veral op ballades toespits, se CD het 13 van sy eie lirieke daarop.
Hokkie:
Lenecia Rhoda, Liza Eksteen, Henda Slabber en Kyla du Plessis van Laerskool Swartland is opgeneem in die o.13 Pinotage-span wat in Augustus aan die provinsiale kompetisie in Port Elizabeth gaan deelneem.
Boland-netbal:
Leerders van Hoërskool Swartland wat opgeneem is in die Bolandnetbalspan en Saterdag in die Wes-Kaapproewe speel, is van links na regs: Lebo Masinga, Yamkela Nondubula, Chloë Gouws, Karla Smit en Jade de Toit.
swartland: entertain - kalender - diary Sandy Esau Kunsuitstalling Tot 26 Julie - ‘n Uitstalling van Darling se Sandy Esau by die Darling Lodge van 14:00 tot 16:00 en Dinsdae tot Sondae van 11:00 tot 17:00. Esau is bekend vir sy skilderye van treffende tonele uit die omgewing. Skakel 076 918 5526 of esau.art@gmail.com
1 Junie - Die jaarlikse Barracudadag by die Darling-gholfklub teen R250 per kop, 4BBB. Die pryse is tops. Bespreek by klub of by Karl by kcserv@mweb. co.za of 022 4923013 ten einde navraag te rig.
Swartland Drankforum vergader 22 Mei - Die Swartland Drankforum vergader om 14:00 by die Bloues Klubhuis op Malmesbury. Navrae: Johann Kieser 0835818151
Musikale Soiree op Malmesbury 2 Junie - ‘n Middag van musiek vanaf 16:30 met orrel, viool en fluit in die NG Moederkerk, met sy geskiedkundige orrel. Almal welkom; sagte kollekte word verwelkom. Skakel 022 4871133 vir navrae.
Hugo Niewoudt in Riebeek-Kasteel 24 Mei - Die ACVV Riebeek-Kasteel bied aan: Hugo Niewoudt, met liedjies van Josh Groban. Toegang is R20 pp en duur van 10:00 tot 11:00 in die ACVV-saal. Skakel Gloudine by 022 4481715/0842915088 vir kaartjies of meer inligting.
Sake-ontbyt op Malmesbury 5 Junie – Die Swartland Besigheidsnetwerk hou ‘n sake-ontbyt om 7:30 in Janno’s in die De Bron Sentrum op Malmesbury. Margaret Hirsch van die Hirsch-groep (huishoudelike en elektriese ware) is die spreker. Koste R80 vir lede en R120 vir nie-lede. Bespreek teen Maandag 3 Junie om 14:00 per e-pos by nora@atmalmesbury.co.za.
WCCF hou Gholfdag 25 Mei - Die West Coast Community Foundation hou hul Charity Gholfdag (vir opvoedkundige fonds) op Malmesbury met afslaantye 7:30 en 12:00. R1 200 per span of R300 per speler. Skakel Margaret by 022 482 1993 vir meer inligting.
Hannes van Wyk op Malmesbury 8 Junie 2013 - Die ACVV-Dienssentrum op Malmesbury hou ‘n Vroueoggend om 10:00 in die Malmesbury Stadsaal, met Hannes van Wyk as motiveringspreker. Kaartjies teen R120 pp is beskikbaar by Naomi Basson (082-556 9251).
Markdag op Moorreesburg 25 Mei - Bootsale en Markdag op die museumterrein van 08:00 tot 12:00. Inskrywingsfooi is R30 per stalletjie. Kom koop of verkoop enige item en nooi familie en vriende om saam te kom rondsnuffel tussen die stalletjies. Kontak Annelize @ 022 433 1072 of 0825740357
Wicus van der Merwe op Noot vir Noot 14 Junie - Malmesbury se Wicus van der Merwe is om 19:30 te sien op SABC 2 se Noot vir Noot.
Sierduif-Kampioenskapskou 25 Mei - Die Suid-Afrikaanse Sierduif-Vereniging hou sy jaarlikse Wes-Kaapse Kampioenskapskou in die Malmesbury Stadsaal. Daar sal 22 vertoners wees en 40 rasse word vertoon. Die getal duiwe wat daar sal wees is 480. Toegang is gratis. Besigtiging is vanaf 10:00 tot 13:30. Bring u kinders saam en kom wys vir hulle die verskillende soorte duifrasse wat daar sal wees. Kontakdetails: Christo van Vuuren by 084 602 1316 ten einde navraag te rig. Kerkdiens op Malmesbury
26 Mei - Die AGS Corpus Christi hou om 09:30 hul oggenddiens en om 18:30 volg die aanddiens. Skakel 073 447 2902 vir navrae. Koejawelfees by Wellington 25 tot 26 Mei - Fokus bietjie op Koejawels dié naweek met kookdemonstrasies wat fokus op koejawels, trekkerritte, bergklim, stalletjies, wyn- en biertuin en musiek. Koejawelfees by Augusta Kleinbosch/Gedenkskool der Hugenoten buite Wellington. Skakel 082 390 8190/021 868 2481 of www. kleinbosch.de vir meer inligting. Manne aand by Swartland Noord 26 Mei - Manne-aand van die NG Kerk Swartland Noord om 18:30 in die Kelder. Tema: “Is jy mans genoeg om te vergewe?” Tydens hierdie geleentheid sal ‘n DVD vertoon word van die 2012 Daniëlkonfe rensie te Morelettapark, waar ds. Pieter Badenhorst,
‘n persoonlike getuienis lewer nadat sy ma wreed vermoor is. Nooi gerus ‘n maat saam! Kontak Gielie du Toit by 083 775 2523 vir meer inligting. Wêreld-Nee-vir-Tabak-dag 31 Mei - Vier ‘’World No Tobacco Day (WNTD)’’ saam met die Kankervereniging en koop ‘n AntiTabakplakker @ R5 by die Kansa-kantoor op Malmesbury om dié saak te steun. ACVV Mini Basaar op Malmesbury 31 Mei - Lekker vars gebak, tuisgemaakte produkte te kies en te keur by die Moedergemeente Kerksaal om 9:30 Almal is welkom. Skakel 022 482 2245 vir navrae. Gholfdag op Darling
Toets vir prostaatkanker Junie en Julie - Kansa fokus op mansgesondheid en het die volgende toetse beskikbaar: PSA toetse by die werksplek teen R85 per persoon of PSA vingerprik by die werksplek teen R50 per persoon. Skakel die Kansa-kantoor op Malmesbury by 0224821111 vir meer inligting. Malmesbury Rugbyklub oefen Die Malmesbury Rugbyklub oefen elke Maandag, Dinsdag en Donderdag om 19:00. op sy tuisveld. Almal welkom. Besoek die klub se Facebookblad by Malmesbury Rugbyclub Bloues of volg op Twitter @Malmesbury RFC. Kontak Enrico Franse by 0722079153 of Henfre Brand by 082 703 8666 ten einde ‘n navraag te rig.
NUUS•NEWS
13
22 Mei 2013
Groentetuin by skool: David Swarts (links) en Shaun Snyers van die Riebeeck Vallei Spesiale Skool in Riebeek-Wes het rede om trots te wees van Laerskool Swartland, spook om besit in die wedstryd teen op hul groentetuin wat hulle self geplant en versorg het. Hierdie boontjies gaan verkoop word om die skool se fondse te sterk. Paarl Gimnasium. Meisieshokkie: Johané Steyn (regs), o.9-hokkiespeler
Seunshokkie: Renier Müller op spoed vir Laerskool Swartland se o.13-hokkiespan.
14
dienste•services
22 Mei 2013
Sweetpakke:
Malmesbury Superspar het splinternuwe sweetpakke van die Wesbank Netbalklub geborg. Hier is Delvean van Schoor, Manfred Smit, Lillian Apollus, Gail Kortjé en Magda Booyens.
Uitslae/Results: Malmesbury Gholfklub Woensdag Sundowner: Enkel-Stableford 1. Appie vd Merwe 19 2. Piet Kemp 18 3. Hein Stephan 18 4. Freek Stander 18 Saterdag: Enkel-Houespel A Divisie 1 G. Prinsloo 71 net 2 T. Goosen 76 net B Divisie 1 G. Immelman 64 net 2 A. Visagie 75 net C Divisie 1 R. Schwartz 71 net 2 W. van Niekerk 71 net
Gholfprogram: Saterdag 25 Mei: West Coast Community Foundation geborgde dag. Die formaat is Beterbal Stableford. Inskrywing is R300. Daar is net in die oggend nog plek vir inskrywings. Rugby: Skole: Charlie Hofmeyr 24, Hoërskool Swartland 10; Schoonspruit Sekondêr 24, Hoërskool Piketberg 23; Hoërskool Dirkie Uys 46, Fairbairn 5; Hoërskool Porterville 42 Cedarberg Akademie 14; Wesbank Sekondêr 14, Diazville 8 Klubs: Superliga-Wes Darling 33, St. Helenabaai 22; Abbotsdale 32, Moorreesburg 15
Rola Volkswagen Malmesbury
Munisipaliteit Swartland, beskik tans oor onderstaande vakatures vir korrek toegeruste en gekwalifiseerde persone:
Departement van die Direkteur: Finansiële Dienste
Toesighouer: Meterlesers (V12/13) • Salarisskaal: R125 004 – R162 276 p.j.
Om vir hierdie pos in aanmerking te kom moet kandidate beskik oor: • Graad 12 met Rekeningkunde as vak • ’n geldige Kode B-rybewys • rekenaargeletterdheid in MS Excel met kennis van sigblaaie • goeie mense- en kommunikasievaardighede • 1 jaar toepaslike ervaring.
Departement van die Direkteur: Siviele Ingenieursdienste
Opsigter: Sportgronde (V13/13) • Salarisskaal: R81 564 – R105 888 p.j.
Om vir hierdie pos in aanmerking te kom moet kandidate beskik oor: • Graad 8 • ’n geldige Kode EB-rybewys met ’n geldige Professionele Bestuurspermit • toesighoudingsen verslagdoeningsvaardighede • beplannings- en organiseringsvaardighede • goeie interpersoonlike en kommunikasievaardighede • die vermoë om onafhanklik te kan werk • vaardigheid in Afrikaans of Engels • goeie operateurs-, skryf- en berekeningsvaardighede • 2 jaar toepaslike operateurservaring. Diensaanvaarding: So spoedig moontlik. Volledige besonderhede en die voorgeskrewe aansoekvorms kan gedurende kantoorure telefonies aangevra word by mnr. D. Carolus by 022 487 9400 of op ons webtuiste by www.swartland.org.za Voltooide aansoeke waarop die pos verwysingsnommer duidelik aangebring moet word en wat gewaarmerkte afskrifte van kwalifikasies insluit, moet gerig word aan die Menslike Hulpbronafdeling, Privaatsak X52, Malmesbury 7299. Geen aansoeke wat per faks of epos aangestuur word, sal vir oorweging in aanmerking kom nie. Aansoeke sluit om 12:00 op Vrydag, 31 Mei 2013. Laat of onvolledige aansoeke sal nie oorweeg word nie. Twyfelagtige kwalifikasies of dokumentasie sal ’n aansoeker onmiddellik diskwalifiseer. Indien ’n aansoeker binne ses weke ná die sluitingsdatum nog geen terugvoering ontvang het nie, kan aangeneem word dat die aansoek onsuksesvol was. Slegs kandidate op die kortlys sal gekontak word. Die Raad behou die reg voor om geen aanstelling te maak nie. Swartland Munisipaliteit is verbind tot Gelyke Indiensneming en onderskryf die beginsels van Regstellende Aksie. Gestremde persone word derhalwe aangemoedig om aansoek te doen.
Munisipaliteit • Municipality • Umasipala www.ayandambanga.co.za
112516DIECOURANT
kleintjies•smalls 22 Mei 2013
Gesoek Wanted
AANDAG! Welkom Meubels soek goeie 2de handse bruikbare meubels. Beddens, kaste, yskaste, sitkamerstelle, ens. Ook op soek na: Kombuisware, bv breekware, ornamente, potte, panne, beddegoed, gordyne, asook mans en vroue winterskoene. Kom besoek ons gerus in Tuinstraat 6, oorkant Cash Crusaders. Kontak 022 487 1547 of 082 851 0915. ----------------------------ELSENBURG Student (2de jaar) is opsoek na vakansiewerk Junie/ Julie. Beskik oor kode 14 lisensie. Beskikbaar vanaf 1 Junie. Kontak 083 455 1046 of 073 577 9009. ----------------------------I AM LOOKING for domestic work from Mondays to Fridays. Good with children. Can provide a CV. Phone Victoria at 073 380 6421.
Dienste Services HUIS PALEIS MEUBELS - Verskaffer van alle Truform en Cloud Nine beddens en matrasse, asook alle parte vir huishoudelike toebehore. Skakel 022 482 2100. ----------------------------JK SKOONMAAKDIENS. Jou alles in een tuindienste. Sny van grasperke en rante, snoei van bome en struike, skoonmaak van beddings, uitleg van tuine, verkoop en lê van gras en verwydering van vullis. Kontak Jaco vir gratis kwotasies by 083 227 5937. -----------------------------KITSMURE-Oprigters en Vervaardigers van “Vibacrete” mure. Kontak ons vir gratis kwotasies. 022 482 1220 k/u of 083 321 9357 n/u. ----------------------------KONTANTLENINGS vir maandelikse persone. Persone op swartlys ook welkom. 074 114 2554. ----------------------------NAMIBIESE Kudu Biltong @ R195 p/kg. Droëwors @ R175 p/ kg. Ideaal vir geskenke. Kontak Jacques 073 294 3343. Malmesbury aflewerings ingesluit. ----------------------------TOP CARPETS en Blinds, Teëls, matte, laminering, vinyl vloere, blindings en hersteldiens. Gratis kwotasies en professionele diens. Skakel 022 482 2100. ----------------------------UITHAAL & Verwydering van bye. Kontak Kobus 083 722 7787/022 482 2767 ----------------------------YSKASTE HERSTEL: Ook binne-lekke. New Freeze, Kerkstraat 18, Moorreesburg. Skakel 082 573 1589/083 651 5547.
NEGOSIKAS: Op die hoek van Hill- en Vredestraat. Soek en verkoop gister en eergister se ware, veral wit linne en porselein asook alles wat interessant en oud is. Skakel Tannie Juna: 022 487 2601. ------------------------------
Te Koop For Sale
VARS GESONDHEIDSheuning. Citrus en Bloekom. 3 kg emmer @ R150.00. Skakel Kobus du Plessis 083 722 7787. -----------------------------YAMAHA virgo-89’ model, 400cc Cruiser @ R16000. Net 37000km. Malmesbury. 073 617 5351.
Te Huur To Let
INDUSTRIëLE/Stoor/ Spasie te huur 540vkm of 270vkm, 3 fase krag, veilig, maklike toegang, billike huur. Kontak 083 256 8188. -----------------------------TUINWOONSTEL Malmesbury, water & ligte ingesluit. Oopplan kombuis, eetkamer, badkamer (stort), 1 slaapkamer, groot woonvertrek. Veilige parkering. Enkellopend. Beskikbaar 1 Junie @ R2950 + deposito. Kontak 072 195 4277. ------------------------------
Betrekkings Vacancy
JUSTINE VELSORGVerdien ekstra geld, verkoop Justine. SMS naam en area na 084 655 1983. -----------------------------LAERSKOOL DARLING Beheerliggaampos - Graad 1. KABVOpleiding ‘n vereiste. Aanstellingsdatum: 15 Julie 2013. Doen aansoek by: Die Skoolhoof, Laerskool Darling, Posbus 78, Darling, 7345 of epos CV aan: admin@darlingls.wcape.school.za of faks 086 677 0303. Aansoeke sluit 30 Mei 2013. -----------------------------Algemene werker in die staalbedryf werks winkel. Verwysings moet voorgelê word. Kontak Jaco Swart 083 961 9009/082 780 0079.
Voertuie Vehicles
VOERTUIE TE KOOP AANDAG, ALLE KLIëNTE! Alleenlik kontant. Voertuie dringend gesoek. Ek betaal kontant vir enige voertuig of bakkie en doen ook bankaflosse. Kontak 083 464 6960.
Vermis Missing
Cassie het gister naby meisiekoshuis ver dwyn.Skakel asb. Linda by 072 021 7855.
15
courant
die
SPORT
tel 022 487 3221
22 Mei 2013
•NOG NET 2 VERLOOR VANJAAR
Swartland toon hokkietalent Die Hoërskool Swartland se o.19-seunshokkiespan het tot dusver ‘n uitstekende seisoen, waar hulle slegs twee uit 19 wedstryde verloor het en dit onder die afrigting van ‘n bloedjong nuwe afrigter, Tiaan Steyn, wat hom maar aan die begin van 2013 by die skool aangesluit het. Bo en behalwe die prestasie om tydens die Mosselbaai-toernooi in die eindstryd teen Hoërskool Punt met 1-0, te verloor, bly die verrassing egter die span se vertonings in sy wedstryde wat op astro gespeel is - die gelykopuitslag van 4-elk teen Brackenfell en die wen van 1-0 teen Bellville. Praat mens met Steyn, wat verlede jaar sy graad in sportwetenskap by die Universiteit van Stellenbosch verwerf het, is sy passie vir sport en veral hokkie aansteeklik. By die gebrek aan ‘n astro-baan, het Steyn voor die astro-wedstryde die spelers op die netbalbane laat oefen ter voorbereiding van die ver anderde spoed van die bal en speelstyl vir die aanval sowel as die verdediging. Volgens hom het sy span “nog niks bereik nie”, want interskole is nog nie gewen nie. “Bo en behalwe die gunstige uitslae tot dusver, is dit my taak om te verseker dat die outjies nie grootkop kry nie. Hulle is immers natuurlike wesens en ek moet hulle voete op die grond hou.” Steyn skryf die sukses tot dusver vanjaar toe
Rugbystryd:
Ashley Amon (foto links) van Samoa Moorreesburg se rugbyspan storm vorentoe in die wedstryd teen Abbotsdale, met sy spanmaats H.Pieters, W. Oktober en R Thomas op die agtergrond. Op die foto onder lê Abbotsdale se Harlon Klaasen rieme neer doellyn toe. Abbotsdale het Samoa Moorreesburg met 32-15 geklop in die kragmeting.
aan die volgende 10-punt plan: Goeie spelers; goeie groep senior spelers; kwaliteit hardwer kende junior spelers; baie diepte; goeie voorseisoense voorbereiding; fiksheid; die wil om te wen; goeie spangees en spelers wat mekaar vertrou; niemand het ‘n probleem waar hy speel nie - as hy daar gekies word, speel hy daar en almal verstaan die posisie waar hulle speel soos die palm van hul hand. “Ons het ‘n gesamentlike doelwit om hierdie seisoen suksesvol af te sluit. Die sukses van hierdie jaar lê dus die basis vir volgende jaar en volgende jaar stel ons saam nuwe doelwitte op,” voeg hy by. Mosselbaai toer: Table View 1-0 wen; Curro 1-0 wen; Table View 1-1 gelykop; Table View 1-1 gelykop; Curro 1-0 wen; Sannieshof 10-0 wen; Punt 1-0 wen; Vryburg 1-1 gelykop; Table View 2-1 wen; Punt 1-1 gelykop; Curro 1-0 wen (semifinaal); Punt 0-1 verloor (finaal). Skoleprogram: Durbanville 1-1 gelykop; Worcester Gim 1-2 verloor; tuiswedstryd: Hermanus 3-1 wen; Brackenfell 4-4 gelykop (astroturf); wegwedstryde: De Kuilen 1-1 gelykop; Bellville 1-0 wen (astroturf); Charlie Hofmeyr 2-0 wen. Vertoning tot dusver vanjaar: Wedstryde: 19 gespeel; wen 10; gelykop 7; verloor 2; doele vir 34, doele teen 15.
Hokkie: Mari
van Zyl (voor) en Salomé Walters (agter) van Laerskool Swartland se o.13’s in aksie Saterdag teen Paarl Gimnasium.
PLUS EARN EA POINTS
Langebaan, Malmesbury & Vredenburg
7999 Vat 69 Whisky 750ml
Most Trusted Retailer 2012
R OUT R N ET WIH O LIST
SO MANY WAYS TO
SAVE ON ESSENTIALS
6495
7499
2799
7695
Le Royale Brandewyn 750ml
Gordon’s Dry Gin 750ml
Bakenskop Muscadel 750ml
Amarula Roomlikeur 750ml
Most Reputable Retailer 2013
6899
per pack
Castle Lager Non-returnable Bottles 12 x 340ml
PRICES VALID 23 - 26 MAY 2013 AT PICK N PAY LIQUOR LANGEBAAN, MALMESBURY & VREDENBURG ONLY (NOT FOR SALE ON SUNDAYS AT MALMESBURY LIQUOR)
Pick n Pay endeavours to meet the demand for these promotional items, but stocks are limited. Please check availability: 0800 11 22 88 (toll free landline only. Cell phone rates apply). We strive to ensure all printed information is correct, but will not be liable for any print errors that may occur. Advertised prices are inclusive of VAT where applicable. We reserve the right to limit quantities. smart shopper terms and conditions apply. Certain products are excluded from the smart shopper programme, please see in store or go online for more details.
Alcohol Not for Sale to Persons Under the Age of 18. Drink Responsibly. 10200M/Bil
PIQUETBERG MALL
III
22 Mei 2013
ClubCard members earn Double Points on ALL purchases including pharmacy purchases
DOUBLE
*
Piketberg
POINTS DAYS 23 & 24 May
G N I N E P O
*Standard ClubCard Terms & Conditions apply
Double Points mean you earn a Bonus Point for every ClubCard Point earned
First 100 customers to spend 35000 or more on 23 May receive a complimentary Clicks Gift Card worth 10000 each!
N E W S t o re Thursday, 23 May @ 8:00 am. Shop 11, Piketberg Mall, Long Street, Piketberg. Offers valid until 29 May 2013, while promotional stocks last.
now
2499
buy
3 for 2999
each
00
save 6
save 1198 per offer
now
now
34
16999
99
per pack
each
00
save 50
save 1500
now
105
8999
00
each
per pack
save 5000
now
9999
per pack
save 1000
3999 7799
now
58
99 each
save 1100
1899 each
save 400
now
now
74
99 each
00
save 20
29
99 each
save 1000
L’OrÊal Elvive Shampoo or Conditioner 200 ml
Beyond the Blue C43954
now
Offers available at Clicks Piketberg only. For more information, visit our website: www.clicks.co.za or phone 0860-254-257. Offers are available while promotional stocks last. We reserve the right to limit quantities to 6 per customer. All promotional prices include any discounts and reductions. All prices include V.A.T. E&OE. We accept all major Credit and Debit Cards.
feel good pay less
IV
Die nuwe Home Express-winkel in die Piquetberg Mall.
Die ingang na die nuwe Piquetberg Mall vanaf Hoofstraat.
PIQUETBERG MALL
22 Mei 2013