die courant 20 Maart 2013 214

Page 13

13

your house 20 Maart 2013

Talle uitdagings in en om die huis kan betreklik eenvoudig opgelos word, sonder om astronomiese uitgawes aan te gaan en hulp ten duurste in te roep. matte ontslae te raak, strooi koeksoda op en los ‘n rukkie. Stofsuig soos gewoonlik. Gordyne : Voeg asyn by uitspoelwater van gordyne. Dit sal verhinder dat stof maklik aan gordyne vaskleef. Was kantgordyne in ‘n kussingsloop sodat dit nie beskadig raak in die wasmasjien nie. Handsakke : Maak handsakke en skoene skoon met dettol. Kant : Om kant wit te hou, was dit gereeld in melk. Sokkies : Week wit sokkies in soutwater voordat jy dit was, dit verwyder alle vlekke. Bloedvlekke : Om bloedvlekke uit te kry, week goed in paraffien en dan weer in koue water. Juwele : Maak jou juwele skoon deur liggies met ‘n tandeborsel en ‘n bietjie tandepasta onder lopende water te borsel. Bêre juwele in eierkartonne. Deure : wat kraak : Gebruik ‘n bietjie sjampoe pleks van olie. Dit werk net so goed. Noodhulp Blaas op hakskeen : Klits wit van eier en sit op beseerde hak. Bloukol : Om te verhinder dat bloukol vorm waar jy geval of jou gestamp het, smeer onmiddelik botter aan - dit werk! Brand : Smeer dadelik asyn aan enige brand wond; dit neem die brand weg en keer blase. Bysteek : ‘n Bietjie asyn op ‘n bysteek trek die seer uit. Of smeer uie oor ‘n bysteek nadat die angel afgekrap is – dit neem die brand weg. Doring : Om ‘n doring uit te trek, smeer ‘n mengsel van engelse sout en vaseline op die plek en plak pleister bo-oor. Hik : Vir ‘n lastige hik, trek asem diep in en hou 25 sekondes lank so of eet 1 teelepel suiker. Een teelepel bruinsuiker gedoop in asyn neem enige hik weg. Muskietbyte : Doop ‘n stukkie watte in engelse sout en warm water en plaas op bytplek. Kakkerlakke : Om ontslae te raak van kakker­ lakke, plaas piesangskille in kaste en op rakke. Miere : Sit ‘n stukkie suurlemoen neer waar miere in die huis pla of loop. Strooi bakpoeier rondom voedsel wat jy wil beskerm teen miere. Meng ewe veel koeksoda en engelse sout en strooi oral rond. Die miere sal die wyk neem en dis nie gevaarlik vir kinders en troeteldiere nie. Sny ‘n ui of kap dit fyn en sit dit op die spoor van swartmiere. Hulle vlug Motte : Engelse sout in kaste waar linne ens.

gebere word, hou motte weg. Droog lemoenskil in die oond en plaas dit in laaie en kaste om motte uit te hou. Plaas ‘n paar koekies seep in linnekas. Dit sal die vismotte weghou en gee ook ‘n aangename reuk aan die linne Muise : Gooi pepermentolie by muisgate. Muskiete : ‘n Piering asyn langs die bed hou die muskiete weg. ‘n Paar druppels sitronellaolie op jou nagklere en kussingslope hou ook muskiete weg. Persoonlike versorging Elmboë : Suurlemoensap maak skurwe elmboë en hande wat deur groente gevlek is, weer mooi wit of gebruik ‘n halwe suurlemoen, gemeng met 1 teelepel suiker. Vingernaels : Om vingernaels te beskerm wanneer jy tuinmaak, druk jou naels vooraf in ‘n koekie seep. Hare : Die sap van 1 suurlemoen, geklits met die geel van 1 eier is ‘n goeie haarwasmiddel vir ligte hare. Skilfers : Was die hare en spoel af met 1 eet­ lepel engelse sout of ‘n teelepel koeksoda, opgelos in 500 ml water. Kamme : Sal gou skoon kom as dit ‘n rukkie geweek word in warm water waarin 2 teelepels koeksoda opgelos is. Mond : Kou teeblare of pietersielie om van ‘n ui- of visreuk in die mond ontslae te raak. Suur­ lemoen, gemeng met koeksoda, maak gevlekte tande mooi wit. Vensters : Voeg paraffien by die water – maak baie mooi skoon. Flitsbatterye : Wanneer die batterye pap is, sit oornag in plastieksakkies in die vrieskas. Hulle is dan weer volsterkte (Toets dié raat eers uit!). Krapmerke : Op ‘n bril of horlosie gebruik ‘n stukkie watte met braso op Warmwatersak : Gooi ‘n teelepel sout saam met die warm water in die sak - só bly langer warm Slakke : Maak beddings goed nat en sodra slakke te voorskyn kom, besprinkel hulle met tafelsout of gooi fyn eierdoppe in beddings. Motor Batterye : vir ‘n pap motorbattery, gooi net 2/3 teelepel engelse sout by elke gat van die battery in. Dit sal sommer nuwe krag hê. Lang motorrit : Eet kort-kort ‘n stukkie kaas of ‘n kaastoebroodjie. Dit hou jou wakker. Hou ‘n pakkie rosyne in die motor, dis ryk aan kalium, yster vitamien B en tiamien.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
die courant 20 Maart 2013 214 by DieCourant - Issuu