die courant 18 Julie 2012 182

Page 4

courant nuus

4

18 Julie 2012

Doen alles voluit – Duncan Matthews “Beserings was nie net sleg...”

In die lig van herhaalde koerantberigte oor te kom. Ek wou uit HSS matrikuleer. Met die berugbyspelers wat tussen provinsies wissel, het sering het ek besluit om Waterkloof te verlaat. Toe ek die Waterkloof-onderwysers aan die die courant gesels met Duncan Matthews, ‘n einde van die tweede kwartaal begin matriekleerder van die Hoërskool Swartland op Malmesbury, gesels nadat sy lewe die laaste jaar baie veranderinge ondergaan het: Duncan het in 2010 die aandag van die land se rugbybase getrek toe hy as senter in die SA o.16 Elitegroep opgeneem is. Hierna het die Blou Bulle ‘n spelersooreenkoms met hom gesluit, wat behels het dat hy in Hoërskool Swartland aanbly terwyl SA Rugby hom ondersteun in terme van oefenprogramme en indien nodig, mediese uitgawes. Volgens dié ooreenkoms sou hy tot die einde van matriek geen ander rugby-kontrak sluit sonder konsultasie met die Blou Bulle nie. lmal het geglo jy sal tot matriek in HSS bly – wat het gebeur dat jy Januarie verlede jaar Pretoria toe geskuif het? My skoolklere en boeke vir HSS was reeds gekoop toe ek een aand met ‘n rugbyvriend wat reeds by Hoërskool Waterkloof was, per selfoon gesels het. Hy het só ‘n aanloklike prentjie geskets van die blyplek en omstandighede daar, dat ek baie haastig besluit het om ook te gaan! Ek het my boeke en skoolklere teruggegee en baie vinnig verhuis! ertel ons van jou sport by Waterkloof? Ek het die sport baie geniet! Ek het ‘n goue medalje in verspring gewen by die SA skolebyeenkoms en ek was die Atlantic Sevens se speler van die toernooi (dis ‘n sewes-toernooi vir Gauteng-skole). Du ncan Matthews Ek het die Blou Bulle-Cravenweekspan gehaal en was genooi na die SA sewestoernooi vir o.18, toe ek my kruis-ligament groet, het verlede jaar op 18 Mei beseer het. Die tel- hulle dit verstaan. eurstelling was baie groot - ek was dóód! Die Blou Bul-kamp wou my oortuig om eerder te bly; selfs ‘n gesprek met Heyneke Meyer at het gebeur dat jy teruggekom het? Dit was nog altyd my plan om terug het gevolg.

A

V

W

Hulle was bewus van aanbiedinge van skole soos Boishaai en Bishops en het goedgekeur dat ek terugkeer na Boishaai. Ek was van die derde kwartaal af in die Paarl, maar hier het alles verkeerd geloop met die rehabilitasie-proses van my knie! Op ‘n stadium het dit daar vir my gevoel of my belange en my knie se herstel te na gekom word. Nadat ek dit duidelik gestel het aan die mense van Pretoria, kon ek vanjaar terugkom huis toe. oe is jy terug ontvang in HSS? Almal, my maats én die onderwysers, het my terug verwelkom. Niemand het my laat voel ek het misluk nie! ink mense jy het misluk omdat jy teruggekom het? Dalk dink mense so, maar dis nie hoe ek dit sien nie! oe sien jy alles wat met jou gebeur het? Ek is baie dankbaar vir die geleenthede wat ek verlede jaar gekry het! Maar ná my besering het ek baie begin terugverlang na my maats en my bekende omgewing - dis lekker om terug te wees op Malmesbury. Hierdie was my eerste groot terugslag, maar ek het op dié manier agtergekom dat ek ook baie ander vermoëns het! Ek het geleer daar is baie meer in die lewe is as rugby, en dat ek vreeslik baie het om voor dankbaar te wees! Ek het begin harder werk aan my skoolwerk. Ek het ook besef dat ek nog eintlik niks bereik het nie en dat harde werk nog voorlê. aar kom jou sporttalent vandaan? My ma. Sy kon hoogspring, 100m

H

D

H

W

hardloop en netbal speel. oe lyk jou planne vir jou toekoms? Ek het klaar ‘n kontrak met die Blou Bulle geteken om vir die volgende twee jaar by hulle te speel. Hoewel ek ‘n senter is, lyk die kanse goed dat ek in die toekoms as heelagter sal uitdraf. Verder is ek reeds ingeskryf om BSc fisioterapie of sportwetenskap by Tukkies te swot. Dan bly ek by Loftus en loop net langsaan klas by Tukkies. Intussen werk ek hard aan goeie matriekpunte en het ek alles klaar gereël vir die drie matriekafskeide wat ek nog hierdie kwartaal gaan bywoon. eheer die Blou Bulle jou lewe? Hulle het my nog nooit op enige manier forseer nie! In graad 10 was hulle bereid dat ek op Malmesbury aanbly, met die ooreenkoms dat ek ‘n sekere gimnasiumprogram volg. Hulle het geen ander voorskrifte nie en het my nog nooit aangesê om nie sekere inligting iewers te weerhou nie. oe verloop die rehabilitasie van jou knie/ wanneer mag jy weer speel? Ek is die laaste tyd onder die sorg van ‘n knie-spesialis en ‘n biokinetikus en ek sal binnekort hoor of ek nog vanjaar dalk aan interskole kan deelneem. Ek mag nooit weer ver- of hoogpring nie. Op die oomblik help Elismarie (biokinetikus) my om te oefen aan my maag- bobeen- en stabiliseringspiere. Ná ‘n Cybex-toets sal ek finaal weet of my spiere herstel het. Ek hoop ek is reg, al is dit net vir die tweede helfte van die interskole-wedstryd! In my hart bly ek ‘n HSS’er! Ek sal baie tevrede voel as ek nog weer vir HSS kan rugby speel! et jy ‘n boodskap vir ander jongmense? Jou omstandighede bepaal nie jou geluk nie. Doen altyd alles voluit! Geniet altyd dit wat jy doen!

H

B

H

H

Nuwe gesig vir crèche Jenny du Toit is bekend by die ouers van Chatsworth waar sy tans 40 kinders in haar crèche oppas. Sy is al sowat sewe jaar in dié bedryf en pas tans kinders tussen die ouderdom van 18 maande en 6 jaar op. Sy kry hulp van verskeie organisasies af en is self deel van ‘n NGO. Bouwerk vind in die hoofstraat plaas, waar Du Toit se crèche tot stand sal kom. “Die gebou sal einde Augustus klaar wees, maar weens die weer is dit moeilik om te sê,” het sy gesê. Wat dié gebou se ligging ideaal maak, is die

feit dat dit naby aan die skool geleë is. Bo is Jenny by die bouwerk van haar nuwe créche.

Skrywer kuier by skole Die skrywer Carina Diedericks-Hugo besoek vandag Laerskool Dirkie Uys op Moorreesburg en Laerskool Riebeeck Kasteel. Haar besoek word opgevolg met die LAPA -uitgewers boekuitstallings waar boeke vir oud en jonk te koop sal wees.

REGS: Riana Lamprecht van Malmesbury het die Purity-kompetisie van die Malmesbury Superspar gewen. By haar is haar seun, Francois, en Debbie Swart van Mal mesbury Superspar.

Die uitstallingsdae by Laerskool Dirkie Uys is 18 en 19 Julie en by Laerskool Riebeeck-Kasteel 20 en 23 Julie. Diedericks-Hugo (getroud met die skrywer Daniel Hugo) is die skrywer van die Thomas@-reeks. Skakel die skole vir meer inligting.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.