NUUS • NEWS
5
16 September 2015
Promosie
Mans saam by Mighty Men Efficient Advise nou ook in die Swartland
Konferensie:
Bertie Cloete, een van die Mighty Men-komiteelede by een van die baniere wat nou oral in die Wes-Kaap te sien is.
Die gewilde Mighty Men Christen-konferensie vind van 25 tot 27 September op die Môresonplaas op die N7 buite Malmesbury plaas. Dit begin die Vrydagmiddag om 12:00 met musiek deur plaaslike kunstenaars. Om 18:00 begin die aandprogram met ‘n huldeblyk aan die bekende sanger Crocodile Harris, wat onlangs oorlede is. Die SA Rock-legende, Rob Graham, beter bekend as Crocodile Harris (64) sou sy 1980-treffer ‘Give me the good news’ by die opening van Mighty Men gelewer het. Piperjames McGowan, voorsitter van MMC Wes-Kaap en ‘n goeie vriend van Harris, sê die ballade sal ter gedagtenis van Harris gespeel word. Sy vrou, Nora, is ‘n spesiale gas by die opening. Sanger Johan Vercuiel sal by die geleentheid optree, Dewald Gouws lei die lofprysing en aanbidding en dan bedien professor Gerhard Kotze van Amazing Grace Ministries die Woord. Saterdag se program begin om 10:00 met Johan Vercuiel, Dewald Gouws en pastoor George Lehman. Die middag is daar onder meer ‘n filmvertoning en persoonlike getuienisse. Dan volg Jacques Malan se Right of Passageseremonie om 18:00. Hierdie seremonie is ‘n plegtigheid waar ‘n pa erkenning gee dat sy seun ‘n man is – hy kry ook
geleenthed om die staf/swaard van volwassenheid aan sy seun te oorhandig. Daarna tree Johan Vercuiel en Dewald Gouws op, gevolg deur Zane Meas van die Fatherhood Foundation. Sondag om 10:00 begin die program met sangers Simply Hanna en Johan Vercuiel, gevolg deur die spesiale gas, Graham Power. Dewald Gouws lei die lofprysing en aanbidding en om 13:00 sluit prof Gerhard Kotzé die konferensie. Wat is nodig vir die naweek: Jou Bybel, kampeertoerusting, warm klere en genoeg komberse. Dit sluit in ‘n tent, matras, slaapsak, toiletbenodigdhede en ‘n gasbraai, want geen oop vure word toegelaat nie. Daar is heelwat kosstalletjies beskikbaar vir diegene wat nie wil kosmaak nie. Onthou ook ‘n stoel en toiletpapier. Geen vuurwapens en geen alkohol nie. Storte is beperk en koud. Mans word aangeraai om hul eie waswater saam te neem, indien moontlik. Die ander moontlikheid is natuurlik om oornagverblyf op Malmesbury te bespreek. Meer inligting is op die webblad besikbaar: Website: www.westerncapemmc.co.za, Kaartjies kos R160 en is by Computicket beskikbaar, of bespreek op die webblad. Radio Kansel is ook die naweek daar en gaan die hele konferensie dek met getuienisse ens.
Dawie Roodt kondig met trots aan dat Efficient Advise nou ook kantore het op Malmesbury, Piketberg en Porterville! Efficient Advise is 'n gemagtigde finansiële diensteverskaffer en 'n filiaal van die beursgenoteerde Efficient Group Beperk. Die Efficient Group se belange in die finansiële dienstebedryf dateer uit 1999 en is die maatskappy sedert 2009 op die Johannesburgse Aandelebeurs genoteer. Die maatskappy bied 'n kenmerkende besigheidservaring, wat u, gewaardeerde kliënt, sal ervaar in die omvang van ons finansiële dienste-aanbod, in die kundigheid van ons personeel én in die unieke styl waarmee ons persoonlike diens lewer. Efficient is ‘n bekende finansiële dienstemaatskappy in Suid-Afrika en sal u die naam heelwaarskynlik verbind aan hoofekonoom en bekende televisiepersoonlikheid, Dawie Roodt, wat aan die stuur staan van 'n dinamiese ekonomiese span. Ons verbintenis op hierdie vlak verskaf toegang na 'n uitgebreide bemarkingsnetwerk, asook eerstehandse kennis van wat agter die ekonomiese skerms aan die gebeur is – kennis van die allergrootste belang om geskikte diens en ondersteuning aan u te lewer. As Efficient Advise finansiële adviseurs het ons toegang tot toonaangewende gespesialiseerde dienste- en produkverskaffers wat dit vir ons moontlik maak om finansiële oplossings te bied wat tred hou met ons kliënte se ontwikkelende behoeftes. Ons glo dat langtermyn-vennootskappe waarde skep en daarom bied ons oplossings vir elke aspek van ons kliënte se lewendes, hetsy 'n behoefte aan persoonlike welvaartskepping, kort– en langtermynversekering, gesondheid-sorg, kontantbestuur of batefinansiering. Efficient Advise het 'n omvangryke produkte- en diensreeks wat ons graag aan u bekend wil stel. U is welkom om ons webwerf te besoek op www.efadvise. co.za . Ons nooi u hiermee ook hartlik uit om ons te kontak vir al jou korttermyn-, finansiële- en versekeringsbehoeftes.
MALMESBURY Finansiële Adviseurs: Elsabé Mostert, Frank Slier en Alana van Heerden t: 022 482 2743 Roodstraat 15
PIKETBERG Finansiële Adviseurs: Ettienne Botes en Conrad Basson t: 022 913 3231 Hoofstraat 62
PORTERVILLE Finansiële Adviseur: Conrad Basson t: 022 931 3306 Voortrekkerstraat 33
PORTERVILLE Finansiële Adviseur: Danie Gous t: 022 931 2554 Theronstraat 2
www.efadvise.co.za
Dawie Roodt kondig met trots aan dat Efficient Advise nou ook kantore het op Malmesbury, Piketberg en Porterville! Kontak een van ons finansiële adviseurs vandag vir al jou korttermyn-, finansiëleen ander versekeringsbehoeftes. MALMESBURY
PIKETBERG
PORTERVILLE
Finansiële Adviseurs: + Alana van Heerden + Elsabé Mostert + Frank Slier
Finansiële Adviseurs: + Conrad Basson + Ettienne Botes
Finansiële Adviseurs: + Danie Gous t: 022 931 2554 Theronstraat 2
t: 022 482 2743 Roodstraat 15
t: 022 913 3231 Hoofstraat 62
+ Conrad Basson t: 022 931 3306 Voortrekkerstraat 33
Efficient Financial Services (Edms.) Bpk., handeldrywend as Efficient Advise, is ‘n gemagtigde finansiële diensteverskaffer (FDV 655) en ‘n filiaal van die JSE-genoteerde Efficient Group Beperk
Wat kan Efficient jou bied: + Korttermynversekering + Finansiële Beplanning + Beleggingsbestuur + Besigheidsversekering + Werknemervoordele + Gesondheidsorg + Kontantbestuur + Aandeleverhandeling + Lewensversekering + Batefinansiering + Boedelbeplanning + Trustdienste + Testamente