Skip to main content

Die courant 16 sept 2015 338

Page 1

courant swartland en weskus

Gratis • Free

Hugenotestraat 24, Malmesbury

Swartland

16 September 2015

Bergrivier

BEKROON: Weskus se 1ste keuse

dié

1

Uitgawe 338

tel: 022 487 3221

Weskus se GEWILDSTE en GROOTSTE Streekblad - Ons BOU saam met GOEIE NUUS

Bon Voyage na Boston

Dié ensemble van die Bergrivierkoor van Piketberg het hul laaste oefening op tuisbodem gehad voor hul vandag na Boston, Amerika, vertrek. Hier is Alison Muller (voor klavier), Karen Boshoff, Retha van Deventer, Betsie Paulsen, Margie Julius en Sherlock Fortuin (agter). Hulle word vergesel deur Arno Jones (afwesig). Foto: Linda Calitz

• oud-bokbreier breek lansie vir landbou

‘Sout van die aarde’ Kom en word weer die sout van die aarde. Só het oudSpringbokafrigter Pieter de Villiers landbouers aangemoedig. Hy was een van die sprekers by die Swartland Skou op Moorreesburg se landbouseminaar wat deur Kaap-Agri aangebied is. “Julle is nie gewone mense nie – julle is spesiale, Godgegewe mense wat moet sorg dat mense soos ek kan leef en werk. Julle moet nie julself onderskat nie. Ons is geskape om op hoë plekke te staan: moenie afkom en verdwyn nie. “Julle laat toe dat jul waarde afgebreek word. Staan op vir julself, anders gaan mense jou afbreek. Dan sal jy opgee en wegstap." De Villiers sê as hy kyk na die huidige reënval, is graanboere dalk meer in die knyp as die Springbokke. “Maar julle is gefokus. Die spelers is fiks en gereed, maar nie gefokus nie.” Sy kwinkslae oor skeidsregters, lynregters en spelers het die saal laat dreun van die lag. Sy woorde, “Jy is nie ‘n Suid-Afrikaner as jy nie die Springbokke ondersteun nie,” het veral groot byval gevind in die volgepakte tent. Nicky Weimar, senior ekonoom van Nedbank, het oor ekonomiese vooruitsigte nasionaal en internasionaal gepraat. Sy het gekyk na die krimpende ekonomie en dit onder meer toegeskryf aan die gebrek aan kragvoorsiening, produksie wat nie groei nie en daarmee saam sa-

larisse en lone wat aansienlik meer as die inflasiekoers styg. Nog redes hiervoor is ‘n staatsdiens wat verstrengel is in rompslomp, verwarring oor die land se ekonomiese beleid en ‘n swak en onvolhoubare staatskas. Sy het op ‘n ligte, maar siniese, noot afgesluit: “Kom ons wees positief – ons is nie Brasilië, Rusland of Griekeland nie. Ons is nog nie heeltemal daar nie.” Jaco Wolfaardt, ‘n byeboer van Bonnievale, het sy insae gelewer oor bye, kanola en die Wes-Kaapse vrugtebedryf. Hy het die ontwikkeling van die bedryf geskets en verduidelik waarom dit deesdae in gevaar is. “Ratels is nog altyd ‘n natuurlike vyand. Dan sit ons deesdae met diefstal en vandalisme, gifstowwe, bakterieë en verlies van nektar, veral met die afkap van bloekombome.” Wolfaardt het verduidelik dat kanola hoë kwaliteit nektar en stuifmeel gee en dit kan in die toekoms ‘n belangrike faktor in byeboerdery word. “Daar is groot uitdagings. Bye doen tot 85% van bestuiwing in vrugteboorde. "Verlede week het ek ‘n navraag vir 1400 bestuiwingseenhede gehad en ons het dit nie beskikbaar gehad nie. “Ons moet na mekaar kyk: Byeboere is afhanklik van grondeienaars, en die bye is noodsaaklik vir landbou.”

Lees binne...

Spaar nóú water Streek se skoue in beeld

Kaart van naweek se rally vir toeskouers

NUUS • NEWS

16 September 2015


NUUS • NEWS

2

16 September 2015

Wen met Bobby Blomme sit beste voetjie voor by Darling-skou Die sanger Bobby van Jaarsveld besoek op 3 Oktober Malmesbury en sal om 19:30 by die De Bron-teater optree. Kaartjies beloop R120 per volwassene en R80 vir skoolgaande kinders. Kontak M4 Events by 022 487 2000. Vyf gelukkige lesers sal ook elk ‘n enkelkaartjie na die vertoning wen. Al wat jy moet doen om hiervoor in aanmerking te kom, is om BOBBY, jou naam en van, tuisdorp en antwoord op die onderstaande vraag te SMS na 084 8333 813 voor 29 September om 12:00. Vraag: Wat is jou gunsteling-liedjie van dié sanger?

• stadsrade moet saamwerk

Wie doen wat? Munisipaliteite moet saamstaan en druk uitoefen op staatsdepartemente en –agentskappe om hul verantwoordelikhede na te kom. “Ons is die slagoffers van die sogenaamde onbefondsde mandate, grys gebiede waar die fiskale verantwoordelikheid nie altyd duidelik is nie,” het munisipale bestuurder Joggie Scholtz by die onlangse vergadering van die Swartland portefeuljekomitees gesê. “Die man op straat onderskei nie oor wie se verantwoordelikheid ‘n saak is nie – van elektrisiteit tot kliniekdienste en behuising, as iets fout gaan, word die vinger na die munisipaliteit gewys.” Scholtz het geantwoord op ‘n vraag van raadslid Basil Stanley (Wyk 4) oor kragvoorsiening. Stanley wou weet wie is verantwoordelik vir straatligte en ook kragaansluitings by nuwe huise. Scholtz het verduidelik dat volgens nuwe wetgewing die munisipaliteit die verskaffer van elektrisiteitsdienste is. Hy sê die huidige infrastruktuur is plek-plek so swak dat Eskom miljoene rande sal moet bysit voordat dit na die munisipaliteit oorgedra kan word. Eskom verskaf elektrisiteit aan onder meer Chatsworth, maar hulle herstel nie skade as gevolg van diefstal en vandalisme nie. “Dit is vir ons rekening,” het Scholtz verduidelik.

“Munisipaliteite moet elke moontlike platform gebruik om hierdie kwessie aan te spreek in die belang van plaaslike regering.” • Die stand van damme wek kommer, maar die Departement van Waterwese het gesê hulle sal tot einde Oktober wag om te besluit oor moontlike waterbeperkings. Raadslid Basil Stanley wou weet oor kleinboere se watergebruik, veral dié by Ongegund, Chatsworth. Joggie Scholtz sê hulle is meer bekommerd oor die misbruik van water as verbruik. “Alle waterverbruik word gemeet, ons is bekommerd oor verliese. Die land se syfer is 32% waarvan daar nie rekenskap gegee kan word nie. Gelukkig is ons s'n net 16,33%, maar dit is ook nog te hoog. “Wat ons bekommer is dat duur (gesuiwerde) water gebruik word vir landboudoeleindes. Dit is nie koste-effek nie en ons sal ‘n oplossing moet kry.” • Malmesbury se kragverbruik vir Julie was die hoogste ooit. Roelof du Toit, direkteur elektriese ingenieursdienste, sê dit kan aan beurtkrag toegeskryf word. Hy het aan die komitee gesê die Klipfonteinsubstasie sal nou eers in 2016 in diens gestel word, as gevolg van die diefstal van kabels.

Skouspel: Die natuur is uitgedos in 'n pragspel van kleur vir die naweek se veldblommeskou. Die naweek is daardie baie spesiale tyd in September wanneer die veldblommeskou op Darling en Mamre weer mense se asem wegslaan. Die skou op Darling word deur die Darling Veldblomme Vereniging gereël en lede, saam met boere, plaaswerkers en vriende, begin vandag om die Darling-klubsaal in ‘n lushof van inheemse plante te omskep. Die skou is van Vrydag tot Sondag oop van 09:00 tot 17:00. Kaartjies is R50 vir volwassenes en R30 vir kinders. Kinders jonger as 13 jaar betaal glad nie en Vrydag kan pensioentrekkers die skou vir R30 bywoon. Kaartjies is by Computicket of by die deur beskikbaar. Behalwe die blomme sal daar ‘n groot verskeidenheid ander vermaak wees vir die hele gesin - dit sluit in gratis trekkerritte na die eksklusiewe reservaatgebied op Oudepost, kosstalletjies, musiek, wyn, kinderpret en ‘n internasionale katteskou.

Navrae by 084 916 1111, e-pos darlingwfs@ telkomsa.net of www.darlingwildflowers.co.za. • Die Mamre Veldblomfees vind by Die Park en Mamre Werf plaas. Saterdag open die feesterrein se hekke om 07:30 en daar is ‘n pretdraf en –trap. Rieldansers van Ceres tree om 10:00 op en deur die loop van die dag is daar ‘n optog en musiek. Om 19:00 is die Rockets daar. Etes word in die gerestoureerde Winkel aangebied of u kan ‘n piekniekmandjie pak en heerlik onder die bome ontspan. Daar is ook perde- en donkiekarritte deur die dorp. Sondag begin ‘n interkerklike erediens om 09:30, gevolg deur ‘n gospel-vertoning. Om 14:30 tree die rieldansers van Wuppertal op. Om 15:00 vind die operakonsert, Viva Opera, in die Morawiese Kerk plaas. Kaartjies teen R50 by 082 749 4457 of thysgreeff@isat.co.za. Navrae oor die fees by 083 692 0356.


NUUS • NEWS

3

16 September 2015

• elke druppel reën sal help

‘Boere bly biddend’

99:

Louis van Aarde, inwoner van die Aandskemering Tehuis vir Bejaardes op Malmesbury, het Saterdag sy nasate se teenwoordigheid by sy 99ste verjaarsdag geniet en die lewe gevier. Hier is hy saam met sy jongste agterkleinkind, Lucy Lofty-Eaton (5 maande).

Kaskarre knor...

Saterdag sal daar weer groot opwinding op Riebeek-Kasteel heers in die jaarlikse kaskar-ren. Inskrywingsgelde beloop R50 vir skoolgaande kinders en R100 vir volwassenes. Indien jy nie oor jou eie kaskar beskik nie, kan jy teen R5 een huur vir 'n draai. Besighede kan karre teen R200 per voertuig inskryf. Kontak 083 441 2083 met navrae.

‘n Oproep het uit kerk- en landbougeledere gekom vir voorbidding vir goeie reën in die hele Swartland. “Feitlik die hele Swartland-gebied is in die wurggreep van ‘n droogte wat dekades laas ervaar is,” het Koot Claassen, voorsitter van die Malmesbury Landbouvereniging, aan dié courant gesê. Die gemiddelde reënval tot 14 September is sowat 50 persent van die normale reënval vir die tyd van die seisoen en in heelwat gebiede selfs minder. Piket-Bo-Berg het net meer as 60mm vir Augustus gehad, teenoor verlede jaar se 151,5. Maandag en Dinsdag se belowende weer het ook nie veel opgelewer nie. Geen reën word vir die res van die week voorspel nie. “Bekommernis by landbouers is leë damme en swak weidingstoestande,” verduidelik Claassen. “Wingerdprodusente se damme is baie laag en selfs leeg. Wingerde wat reeds begin bot, begin nou vog benodig, terwyl damme nie genoeg water het om daardie vog te kan voorsien nie.” Dan beklemtoon hy landbouers se positiewe geloof: “Boere sal nooit geloof verloor dat daar vir hulle binnekort uitkoms sal kom nie. "Landbou is ‘n belangrike sektor vir Malmesbury se ekonomiese welvaart en daarom word die hele gemeenskap gevra vir voorbidding vir goeie reën in die hele Swartland-gebied.” Hierdie optimisme tel ‘n mens dwarsdeur die gebied op. Francois Eksteen van Piketberg, sê ten spyte van ‘n ramp wat hulle in die oë staar, weet boere dit sal weer beter gaan. “Die groot uitdaging is nou om ons vee en mense te dra tot volgende winter.” Eksteen sê groot dele van die koring in die omgewing van Porterville, Piketberg en Eendekuil het so erg gebrand dat dit skaars vir veevoer geskik is. Swartland het tussen 100 en 150mm minder reën gekry as die ooreenstemmende tyd verlede jaar. “Dit is ‘n normale tendens van die El Nino-verskynsel,” het Louis Zikmann van die departement siviele ingenieursdienste, gesê. Daar bestaan kommer oor die stand van

Paardenberg- en Voëlvleidamme wat sowat die helfte leër as 2014 is. Die Departement van Waterwese het gesê hulle sal tot einde Oktober wag om te besluit oor moontlike waterbeperkings. Die kerke het ook die boere se noodkreet opgeneem. Op Malmesbury word daar bidure vir reën gehou en op sosiale media skryf ds. Arnold van der Westhuizen (NG Koringberg) die volgende: “Die boere in sekere dele van die Swartland kry baie swaar – die natuur is vanjaar nie in ons guns nie. “By Eendekuil en in die Rooi Karoo (tussen Piketberg en Porterville) het sommige boere maar vee in die gesaaides ingejaag, ander ploeg in dat die grond darem bietjie gevoed word. By Dwarskersbos en St Helenabaai en Vredenburg (veral die sanderiger gebiede wat nie die vog so lank kan hou nie, is geen oes op die lande nie. “Die warm weer van verlede naweek en die dorre wind het oeste baie erg gebrand - die koring is op ‘n kritieke stadium (eintlik al daar verby) waar die are moet vorm, maar daar is nie meer vlagblare om die nodige kos aan die are te voorsien nie. Met die insetkoste in vandag se boerdery-omgewing praat ons van miljoene rande se skade. Ander dele lyk weer goed, veral waar die boere bietjie later gesaai het.” Ds. Van der Westhuizen het gevra dat gemeentes en lidmate sal bid vir alle gebiede waar dit swaar gaan. “Ons glo tog in ‘n God van wonderwerke! Dit raak uiteindelik so baie mense – boere, werkers, en ook ons gemeentes wat van boerderybedrywighede afhanklik is.” Hy het môre, 17 September, as ‘n biddag vir reën verklaar. “Ons kan nie reën maak nie, maar ons mag vra! Kom ons doen dit dan in die geloof deur eendragtig saam voor die Here te verenig in gebed.“

Checkers vra vir dranklisensie ‘n Aansoek om ‘n dranklisensie vir winkel 2 in die Checkersentrum op Malmesbury, is by die Wes-Kaapse Drankowerheid ingedien. Die winkel sal as Checkers Liquorshop Malmesbury bedryf word. Die aansoek is op 28 Augustus ingedien en ingevolge wetgewing kan mense vir 28 dae ná ontvangs vertoë vir of teen die aansoek indien. Navrae of vertoë kan gerig word aan drankoffisier AO Burger, SAPD Malmesbury. Kontak hom by 022 482 7500.

HOU JOU

GELD BO EN BEHALWE JOU VOLLE POLISWAARDE, BIED AVBOB JOU:

• ‘n GRATIS basiese begrafnis of verassing* • GRATIS vervoer van die oorledene in Suid Afrika* AVB-150729-4-DC/395

Dit beteken jy kan jou geld - die volle poliswaarde spandeer op spesiale ekstras sodat jy jou geliefdes met waardigheid kan afsien. Hierdie GRATIS begrafnisvoordele* is bo en behalwe jou poliswaarde en spesiale bonusse wat verklaar is.

Skakel gerus met jou plaaslike verteenwoordiger in verband met AVBOB se een-stop begrafnisversekering en begrafnisoplossing. Piketberg-tak Ben Sass Kerkstraat 49, Piketberg Tel: (022) 913 1315

Vredenburg-tak Nico Smith Prosesstraat 24, Vredenburg Tel: (022) 713 3020

*Bepalings en voorwaardes geld. AVBOB is ‘n Gemagtigde Verskaffer van Finansiële Dienste. *Begrafnisvoordele is slegs van toepassing indien AVBOB Begrafnisdiens die begrafnis onderneem. AVBOB is ‘n vlak 2 SEB bydraer. VFD 20656.

www.AVBOB.co.za

LID VAN DIE NASIONALE BEGRAFNIS DIREKTEURE ASSOSIASIE

’N LID VAN DIE VERENIGING VIR SPAAR & BELEGGING IN SA


courant

dié

4

NUUS • NEWS

GraanSA kyk na tantieme

16 September 2015

Die pen en die swaard

Dit is soms opmerklik om te sien hoe mense se houding verander die oomblik as jy jouself as 'n joernalis of iemand van 'n koerant identifiseer. Sommige kere word mense oorvriendelik, ander kere weer baie ongemaklik. (Dan skop die natuurlike nuusneus weer in...) Joernaliste, die uwe inkluis, vergeet gereeld wat die impak is wat ons woorde op mense en die gemeenskap het. Wat wel belangrik is, is om te weet dat dié courant se joernaliste en fotograwe altyd verantwoordelike joernalistiek sal nastreef. Volgens ons beleid is ons verplig om dit ook te doen. Ons is hier om die gemeenskap te dien. Ons is hier om die goeie, positiewe waarheid te vertel en net soos almal die reg tot privaatheid het, net so is die reg om oor stories te berig ook in die grondwet verskans. Ons worstel soveel keer met feite. Om agter die kap van die byl te kom. Ons vra vrae omdat daar sekere feite is waarvan ons wil seker maak. Meeste van die keer weet ons, maar ons moet dit bevestig, want dit is vir ons belangrik om die waarheid te vertel. Om verantwoordbaar te wees vir dit wat ons die wêreld instuur, want ons vergeet soms dat 'n geraamde 80 000 mense weekliks ons woorde lees. Dan kom 'n onverwagse oproep van 'n leraar wat 'n hoofartikel uit 'n vorige uitgawe benodig om aan die gemeente voor te hou. Dit is 'n riem onder die hart. 'n Veer in die hoed. Ons is hier om te dien, om te help bou aan die gemeenskap vir wie ons die spreekbuis van goeie nuus is.

Links bo: Jonathan Etherington (MBFi, hoofborg), Andries Theron, Kobus van Niekerk (Skog-voorsitter) en Gert Conradie (organiseerder). Links: Personeel van US se departement plantwetenskap - Malcolm Williams, Nozuko Wisani, Herschelle Adams, Michael Williams en Jacob Mans. Bo: 'n Groep landbouers by een van die proewe op die plaas. Swartlandse landbouers moet die Langgewens-proefplaas buite Moorreesburg waardeer en koester. “Dit voeg waarde toe tot julle bedryf,” het Andries Theron, ondervoorsitter van Graan SA verlede week by die Skogdag (Swartland Kleingraan Ontwikkelingsgroep) op die proefplaas gesê. “Dit is ontstellend dat soveel boere vandag nie hier is nie. Hierdie is die enigste funksionele proefplaas wat oorgebly het – benut dit.” Theron het beklemtoon dat die graanbedryf nuwe kultivars moet kry, en vinnig, om kompeterend te bly en te oorleef. “Ons het toegang tot die beste genetiese materiaal en kultivars van buite Suid-Afrika. Die volhoubaarheid van die koring- en kanolabedryf is afhanklik van toegang tot die beste moontlike kultivars. Ons het die beste boere in die wêreld, nou het ons net die beste kultivars nodig.” Sy onderwerp was eindpunttantieme vir ‘n volhoubare kultivar-ontwikkelingsprogram.

“Ons sal moet kyk na probleemoplossing. Volgens Sansor (SA nasionale saadorganisasie) word 70% van koring- en 80% van sojasaad teruggehou. Dit geld vir alle onbestuifde gewasse. “Dit veroorsaak ‘n bose kringloop wat investering in die saadbedryf vertraag. Buitelandse saadtelers is onwillig om hier te belê,” het hy gesê en bygevoeg dat dit tot 12 jaar neem om ‘n nuwe koringkultivar te ontwikkel. “Ons het ‘n wedersydse oplossing nodig sonder dat saad onbekostigbaar word.” Theron sê Graan SA het ‘n tantieme-voorstel ontwikkel wat geskoei is op sisteme en modelle in ander lande, onder meer Argentinië en die VSA. Hy glo dit sal wetlik afdwingbaar moet wees, omdat min boere hulself vrywillig hieraan gaan onderwerp. “Die uitdaging nou is om die regering en alle ander rolspelers te kry om in te koop in só ‘n stelsel.’ ‘n Finale vergadering oor die aangeleentheid vind op 9 Oktober plaas.

Dis Goeie Nuus

Dr Andrew Bosman

Het die nasies rondom ons bevrees geword Nehemia, een van die ballinge uit Juda was in die vesting Susan. Hy het verneem dat dit sleg gaan met die wat in Jerusalem is, dat hulle in groot ellende verkeer, die poorte is verbrand en die mure van die stad is omgegooi. Nehemia het vir dae hieroor getreur en geween. Hy het die sondes van sy volk aan die Here bely, ook dat hy en sy familie ook betrokke was by die ongehoorsaamheid aan God, die groot rede waarom die volk in ballingskap weggevoer is na Babel. Hy was die skinker van die koning Atrasasta of Ahasveros van wie ons ook in die boek Ester lees. Die koning het gemerk dat hy nie vrolik was nie en het hom daarna uitgevra. Hy was eers beangs maar het sy saak aan die koning voorgedra. Koning Artasasta het aan hom briewe en hout en ander middele wat hy nodig gehad het gegee om na Jerusalem te kon gaan en die werk daar te gaan doen. Daar was egter vyande van Israel wat die herstel van die stadsmure en heropbou van Jerusalem wou keer. Hulle het hulle eers voorgedoen as mense wat wil help, maar Nehemia het deur hulle planne gesien. Ook toe hulle hom geïntimideer het, het hy vas bly glo en vasgestaan. Binne twee en vyftig dae is die mure herstel en het die nasies rondom bevrees geword want hulle het gesien dat hierdie werk deur God gedoen is.

Kruiskerk:

"Serving in Excellence" was die tema van 'n aand wat verlede week deur die Pinkster Kerk van Genesing by St Thomas Primêr op Malmesbury gehou is. Dit is deur Kruiskerk opgeneem en sal later gebeeldsend word. Hier sit (voor) pastoor Brendon Prins, Berenis Jaanse, pastoor Moos Jaanse en mev Maude Goliath, by 'n groep van die pastore en personeel van Kruiskerk.

Sewe Swartland bulletjies skitter Sewe rugbyspelers van Swartlandse skole is gekies om die Boland Rugbyunie van 5 tpt 8 Oktober by die SA Rugby Legends Iqhawe week op Mosselbaai te verteenwoordig. Die sewe is: Calvyn Erasmus (linkervleuel van Laurie Hugo Primêr), Elberto Damon (losskakel, Schoonspruit Sekondêr), Angelo

Thompson (skrumskakel, Wesbank), Reejano Amerika (reserwe, Meiring Primêr), Angelo Daniels (reserwe, Wesbank), Terence Lesch (reserwe, Schoonspruit) en Damian Fredericks (reserwe, Schoonspruit). Die afrigter, Sherman Faroa, is ook van Swartland. Hy is ‘n onderwyser by Wesbank Sekondêr en ook

afrigter/voorsitter van die Malmesbury Krieketklub. Faroa was ook in 2014 die afrigter van die ontwikkelingspan. Een van die keurders Henfré Brand het aan dié courant gesê dit was harde werk: “By tye was die keuses wat gemaak moes word, maar moeilik."


NUUS • NEWS

5

16 September 2015

Promosie

Mans saam by Mighty Men Efficient Advise nou ook in die Swartland

Konferensie:

Bertie Cloete, een van die Mighty Men-komiteelede by een van die baniere wat nou oral in die Wes-Kaap te sien is.

Die gewilde Mighty Men Christen-konferensie vind van 25 tot 27 September op die Môresonplaas op die N7 buite Malmesbury plaas. Dit begin die Vrydagmiddag om 12:00 met musiek deur plaaslike kunstenaars. Om 18:00 begin die aandprogram met ‘n huldeblyk aan die bekende sanger Crocodile Harris, wat onlangs oorlede is. Die SA Rock-legende, Rob Graham, beter bekend as Crocodile Harris (64) sou sy 1980-treffer ‘Give me the good news’ by die opening van Mighty Men gelewer het. Piperjames McGowan, voorsitter van MMC Wes-Kaap en ‘n goeie vriend van Harris, sê die ballade sal ter gedagtenis van Harris gespeel word. Sy vrou, Nora, is ‘n spesiale gas by die opening. Sanger Johan Vercuiel sal by die geleentheid optree, Dewald Gouws lei die lofprysing en aanbidding en dan bedien professor Gerhard Kotze van Amazing Grace Ministries die Woord. Saterdag se program begin om 10:00 met Johan Vercuiel, Dewald Gouws en pastoor George Lehman. Die middag is daar onder meer ‘n filmvertoning en persoonlike getuienisse. Dan volg Jacques Malan se Right of Passageseremonie om 18:00. Hierdie seremonie is ‘n plegtigheid waar ‘n pa erkenning gee dat sy seun ‘n man is – hy kry ook

geleenthed om die staf/swaard van volwassenheid aan sy seun te oorhandig. Daarna tree Johan Vercuiel en Dewald Gouws op, gevolg deur Zane Meas van die Fatherhood Foundation. Sondag om 10:00 begin die program met sangers Simply Hanna en Johan Vercuiel, gevolg deur die spesiale gas, Graham Power. Dewald Gouws lei die lofprysing en aanbidding en om 13:00 sluit prof Gerhard Kotzé die konferensie. Wat is nodig vir die naweek: Jou Bybel, kampeertoerusting, warm klere en genoeg komberse. Dit sluit in ‘n tent, matras, slaapsak, toiletbenodigdhede en ‘n gasbraai, want geen oop vure word toegelaat nie. Daar is heelwat kosstalletjies beskikbaar vir diegene wat nie wil kosmaak nie. Onthou ook ‘n stoel en toiletpapier. Geen vuurwapens en geen alkohol nie. Storte is beperk en koud. Mans word aangeraai om hul eie waswater saam te neem, indien moontlik. Die ander moontlikheid is natuurlik om oornagverblyf op Malmesbury te bespreek. Meer inligting is op die webblad besikbaar: Website: www.westerncapemmc.co.za, Kaartjies kos R160 en is by Computicket beskikbaar, of bespreek op die webblad. Radio Kansel is ook die naweek daar en gaan die hele konferensie dek met getuienisse ens.

Dawie Roodt kondig met trots aan dat Efficient Advise nou ook kantore het op Malmesbury, Piketberg en Porterville! Efficient Advise is 'n gemagtigde finansiële diensteverskaffer en 'n filiaal van die beursgenoteerde Efficient Group Beperk. Die Efficient Group se belange in die finansiële dienstebedryf dateer uit 1999 en is die maatskappy sedert 2009 op die Johannesburgse Aandelebeurs genoteer. Die maatskappy bied 'n kenmerkende besigheidservaring, wat u, gewaardeerde kliënt, sal ervaar in die omvang van ons finansiële dienste-aanbod, in die kundigheid van ons personeel én in die unieke styl waarmee ons persoonlike diens lewer. Efficient is ‘n bekende finansiële dienstemaatskappy in Suid-Afrika en sal u die naam heelwaarskynlik verbind aan hoofekonoom en bekende televisiepersoonlikheid, Dawie Roodt, wat aan die stuur staan van 'n dinamiese ekonomiese span. Ons verbintenis op hierdie vlak verskaf toegang na 'n uitgebreide bemarkingsnetwerk, asook eerstehandse kennis van wat agter die ekonomiese skerms aan die gebeur is – kennis van die allergrootste belang om geskikte diens en ondersteuning aan u te lewer. As Efficient Advise finansiële adviseurs het ons toegang tot toonaangewende gespesialiseerde dienste- en produkverskaffers wat dit vir ons moontlik maak om finansiële oplossings te bied wat tred hou met ons kliënte se ontwikkelende behoeftes. Ons glo dat langtermyn-vennootskappe waarde skep en daarom bied ons oplossings vir elke aspek van ons kliënte se lewendes, hetsy 'n behoefte aan persoonlike welvaartskepping, kort– en langtermynversekering, gesondheid-sorg, kontantbestuur of batefinansiering. Efficient Advise het 'n omvangryke produkte- en diensreeks wat ons graag aan u bekend wil stel. U is welkom om ons webwerf te besoek op www.efadvise. co.za . Ons nooi u hiermee ook hartlik uit om ons te kontak vir al jou korttermyn-, finansiële- en versekeringsbehoeftes.

MALMESBURY Finansiële Adviseurs: Elsabé Mostert, Frank Slier en Alana van Heerden t: 022 482 2743 Roodstraat 15

PIKETBERG Finansiële Adviseurs: Ettienne Botes en Conrad Basson t: 022 913 3231 Hoofstraat 62

PORTERVILLE Finansiële Adviseur: Conrad Basson t: 022 931 3306 Voortrekkerstraat 33

PORTERVILLE Finansiële Adviseur: Danie Gous t: 022 931 2554 Theronstraat 2

www.efadvise.co.za

Dawie Roodt kondig met trots aan dat Efficient Advise nou ook kantore het op Malmesbury, Piketberg en Porterville! Kontak een van ons finansiële adviseurs vandag vir al jou korttermyn-, finansiëleen ander versekeringsbehoeftes. MALMESBURY

PIKETBERG

PORTERVILLE

Finansiële Adviseurs: + Alana van Heerden + Elsabé Mostert + Frank Slier

Finansiële Adviseurs: + Conrad Basson + Ettienne Botes

Finansiële Adviseurs: + Danie Gous t: 022 931 2554 Theronstraat 2

t: 022 482 2743 Roodstraat 15

t: 022 913 3231 Hoofstraat 62

+ Conrad Basson t: 022 931 3306 Voortrekkerstraat 33

Efficient Financial Services (Edms.) Bpk., handeldrywend as Efficient Advise, is ‘n gemagtigde finansiële diensteverskaffer (FDV 655) en ‘n filiaal van die JSE-genoteerde Efficient Group Beperk

Wat kan Efficient jou bied: + Korttermynversekering + Finansiële Beplanning + Beleggingsbestuur + Besigheidsversekering + Werknemervoordele + Gesondheidsorg + Kontantbestuur + Aandeleverhandeling + Lewensversekering + Batefinansiering + Boedelbeplanning + Trustdienste + Testamente


NUUS • NEWS

6

16 September 2015

- Spogperde - Emo Adams - Steakete & Dans - Baaskoekbakster -

Meesters van braai en koek by skou saam met 4x4 en Emo

Dit is daardie tyd van die jaar. As die graanlande lowergroen en goudgeel om Malmesbury begin pryk, is dit weer tyd vir dié dorp se jaarlikse skou wat vanjaar van 24 tot 26 September plaasvind. Vanjaar sluit die program ‘n hele reeks nuwe komponente en vermaak van braai- en koekkompetisies tot hardebaard 4x4-aksie in. Die skou skop op die vakansiedag Donderdag 24 September af met Emo Adams by die damesoggend, spogperdklasse asook ‘n braaikompetisie waar groot pryse gewen kan word. Die eerste prys vir die baasbraaipaar is R5000. Inskrywings is nog oop. Vir die manne is daar die Donderdag ook geleentheid om die 4x4-baan met hul wiele aan te durf en die middag is daar ‘n Boland-jeugskou. Vrydag word weer gekenmerk deur ‘n vol perdeprogram met baie gewilde klasse en die aand is die gebruiklike steakete en dans met voetejeukmusiek van die orkes Pluk. Op Saterdag se program is daar weer top-perdeklasse soos die waspanne van 8 en die oggend tree Suid-Afrika se eerste amptelike Koekedoor, Mareli Visser op. Sy sal ook die

Baie Dankie...

Koekkompetisie beoordeel. Op die 4x4-baan raak dinge dan ook warm wanneer die x-treme-voertuigeienaars sake gaan uitspook in hul ligabyeenkoms. Die middag is daar ‘n valskermvertoning op die program met ‘n bekende inwoner in die streek wat saam uit die vliegtuig spring. Valskermvertonings is altyd afhanklik van goeie weerstoestande. Volop kindervermaak word ook die naweek aangebied. Besoek gerus Malmesbury Skou se Facebook-blad vir al die inligting of skakel die kantoor by 022 482 3180.

Sonder donateurs kan geen skou bestaan nie. Die Malmesbury Skou bedank elke besigheid en persoon wat reeds bygedra het en nog gaan bydra. Die premierborge tot dusver, is Agri-Expo - Cardelli’s - Corba Vervoer - Darling Cellars dié courant - de moZáik - Elite Marquees - Kekkel en Kraai Henk’s Vleismark - Lazarus Ford Malmesbury - Lew Geffen Sotheby’s - Malmesbury Pick n Pay - Malmesbury SuperSpar Marina van der Merwe - Mother City Skydiving - Nulandis Malmesbury - Old Mutual Spies & Genote - Slabbert Verster en Malherbe - Swartland Wynkelder - Vermeulen Tente.


NUUS • NEWS

7

16 September 2015

- Die orkes Pluk - Malmesbury Meesterbraaier - Jeugskou - 4x4 Extreme - Valskermvertoning met ‘n kinkel (as weer saamspeel) Die perdeprogram skop Donderdagoggend om 09:00 af en met die uitsondering van Donderdagmiddag ná ete, is daar die volgende drie dae perde-aksie in die arena tot Saterdagmiddag om 17:30. Saterdag se program sluit twee klasse met wa-spanne van 8 in. Met twee dae van 4x4-aksie (familiedag op Donderdag en 4x4-Xtremeliga op Saterdag) geborg deur Malmesbury Superspar en Lazarus Ford beloof daar genoeg aksie te wees vir motorgeesdriftiges. Skakel die kantoor: 022 482 3180 Facebook: Malmesbury Skou

Skou is ook nie skou sonder die lekkernye vir oud en jonk se soettande nie. Aníse Louw en Dawid Kotzé het verlede jaar se skou geniet.

SWIPE FOR SCHOOL SHOES. SAVE FOR NEXT YEAR’S SCHOOL FEES. A CARD HAS NEVER LET YOU SWIPE AND SAVE. UNTIL NOW. Introducing Old Mutual Money Account, a transactional account that helps you save your money even while you’re spending some of it. Every time you swipe to pay for something, an amount set by you is deposited into a money market unit trust that grows your savings.

To open an Old Mutual Money Account visit your nearest Old Mutual branch. Visit www.moneyaccount.co.za to locate your nearest branch or call 0860 222 252 today.

Old Mutual is a Licensed Financial Services Provider. In association with Bidvest Bank Limited. Terms and conditions apply.

1 SET HOW MUCH YOU WANT TO SAVE 0%

5% 10%

15%

2 SWIPE YOUR CARD TO PAY 3

R110

R100 GOES TO PURCHASE

GOES TO SAVINGS

TOTAL YOU PAID

FCB10018037JB/E


NUUS • NEWS

8

16 September 2015

- SA se eerste Koekedoor - Mareli Visser - Wildebeest Familie 4x4-dag - Kaapse Klopse - Wêreldbekerrugby op die Grootskerm -

Volop kleur en geur by Nasionale Erfenis/Braaidag Donderdag 24 September se Erfenisdag en Nasionale Braaidag word vanjaar behoorlik gevier met ‘n verskeidenheid vermaak en ‘n braaikompetisie met groot pryse. Die Caledonian Roses van Wellington was oor middagete volop kleur aan die dag verleen met hul optrede kort ná die Pick n Pay vroue-oggend met Emo Adams en net voor die Kekkel en Kraai Henk’s

Vleismark Braaikompetisie met ‘n eerste prys van R5000 kontant afskop. Daar is ook reeds tientalle inskrywings ontvang vir die middag se jeugskou in die arena en op die 4x4-baan, wat pas vergroot is, bied die Wildebeest Challenge Club 'n Malmesbury Superspar/Lazarus Ford-familiepretdag aan waar geesdriftiges die baan kan kom uittoets in hul eie voertuie.


NUUS • NEWS

16 September 2015

- “Live” Musiek met Morné -Kindervermaak - Patat se Gat Emo Adams en sy lewensmaat Michelle Gildenhuys tree by vanjaar se Malmesbury Skou Damesoggend op. Kaartjies vir die gewilde oggend het gevlieg en is reeds uitverkoop.

Gratis demonstrasie... Mareli Visser wat vroeër vanjaar as Suid-Afrika se eerste amptelike Koekedoor aangewys is, sal haar slag die Saterdagoggend met ‘n koekbeslag en versiering wys en sommer ook optree as beoordelaar vir die Malmesbury Koekkompetisie om die 2015 Senior en Junior Baaskoekbakkers te kroon. Doen vandag nog jou inskrywings by Malmesbury Pick n Pay in die De Bronsentrum.

Morné Smit gaan elke dag van vanjaar se skou optree. Kom kuier veral Vrydagmiddag oor middagete saam met dié boorling uit die Swartland.

9


NUUS • NEWS

10

Steynville Primêr ‘n splinternuwe sikspens Steynville Primêr op Piketberg spog met 'n splinternuwe skoolgebou. Dié gebou is onlangs geopen met die intrek van die leerders in hul nuwe klaskamers. Met die amptelike ingebruikneming van die nuwe gebou het die skoolhoof, HW Burrows, ‘n agtergrondskets gegee. Burrows is reeds 35 jaar verbonde aan Steynville Primêr. In 2004, met die luisterryke geleentheid waartydens die skool sy nuwe sportkompleks in gebruik geneem is, het dr. AC Booyse, ‘n oud-leerder, na die inrigting verwys as “die skool wat nooit moes gewees het nie”. Die skool is opgerig sonder saalgeriewe, sportinfrastruktuur, besoekersgeriewe of voorsiening vir vroeë-kindontwikkeling en tegnologiese hulpbronne. Dié skool is in Julie 1968 in gebruik geneem. Die oorspronklike gebou, opgerig uit voorafvervaardigde houtpanele wat in 1968 vir 15 jaar gewaarborg is, het bestaan uit 32 onderriglokale, ‘n admin-blok en toiletgeriewe. Die naam, Steynville Primêre Skool, is gekies omdat die skool tussen die woonbuurte Steynsrust en Danville geleë was. Die eerste permanent-aangestelde hoof was LB Gordon in 1969. Die leergang het gestrek van substanderd A tot standerd 7 (graad 1 tot 9), met twee aanpassingsklasse en ‘n leerdertal van 1300. Daar was ‘n oggend- en ‘n middagskof. Ander skoolhoofde wat gevolg het, was JJ Cloete en TJ Booys.

16 September 2015

Bo: Gr 6-leerders ontvang die gaste by die skoolingang. Regs: Mnr Burrows en eerwaarde E Booys knip die lint by saal se ingang. In 2000 is die twee aanpassingsklasse deur die skoolbeheerliggaam (SBL) omskep in ‘n rekenaarlokaal met 25 rekenaars deur die skool self aangekoop. In 2002 het Khanya toegetree en die rekenaarlokaal is uitgebrei tot 40 rekenaars. Graad 1 tot 7 het minstens een rekenaarperiode per week. In 2002 is die stuk ongebruikte grond aan die oostekant van die skool met die hulp van die Bergrivier Munisipaliteit, ouers en ‘n vrugteboer uit die omgewing, gelyk gestoot en omskep in ‘n rugbyveld. In 2003 is by die Nasionale Lotery aansoek gedoen vir geld waarmee ‘n paviljoen, kleedkamers en ‘n klubhuis opgerig is. In 2008, na ‘n aansienlike toename in die skool se leerdertal en die WKOD se verklaarde beleid om by alle primêre skole graad R-klasse in te stel, is aansoek gedoen by die Direktoraat:

Operasionele Ondersteuningdienste, vir die oprigting van vyf graad R-klasse en twee intermediêre-fase klasse. Die geld was nie voldoende om die boukoste te dek nie, maar met finansiële ondersteuning van PPC, kon die projek realiseer en het hulle in 2010 met vyf staatgesubsidieerde graad R-klasse begin. In 2009 het die skool, ook sonder finansiële hulp van die WKOD, ‘n ongebruikte kleedkamer omskep in ‘n eenheidsklas waar in 2010 met 10 leerders begin is. In 2011 word aangekondig dat die WKOD Steynville Primêr se “Plankieskool” gaan vervang met ‘n baksteengebou. In 2014 is ‘n mobiele skool met 40 onderrigkamers, administratiewe kantore, stoorkamers, toiletgeriewe en ‘n kombuis op die rugbyveld opgerig. Die ou skool is na 47 jaar gesloop en daar is begin met die konstruksie van die nuwe skool.

Uithouvermoë getoets met trap en draf

Op 20 Julie vanjaar is die nuwe skool betrek. Die skool het 1426 leerders van graad R tot graad 7 en ‘n bronneklas. Die personeel bestaan uit 34 WKOD-besoldigde opvoeders, vyf graad R-praktisyns, twee SBL-besoldigde opvoeders, twee administratiewe klerke en vier skoonmakers. "Steynville Primêr speel ‘n leidende rol op akademiese-, sport-, en kulturele gebied en het nog altyd sterk- en onbaatsugtige ondersteuning ontvang van ouers, die sakegemeenskap en vriende van die skool. Deur volgehoue harde werk deur opvoeders en leerders poog ons om getrou te bly aan ons leuse: 'Bekom Wysheid'," het Burrows gesê. "Aan almal wat met Steynville Primêr 'genaelstring' is, onthou: 'As ons drome ons nie soms vreesbevange laat nie, is die moontlikheid baie sterk dat hulle nie groot genoeg is nie'. “As ons dit kan droom, kan ons dit doen.”

Honderde atlete en fietsryers het Saterdag na Piketberg gestroom vir die jaarlikse Piket-Bo-Berg bergfietsuitdaag en pretdraf. Jonk tot oud het saam in die sonskyn die longe skoongemaak met die vars lug wat hier te kry is.

Meet Happy happily being assisted by Harry Orr from Specialized. He was the youngest participant in the Piket-Bo-berg Cycle Challenge, only six years old and son of Wiseman, one of the farm workers on Mouton’s Valley Farm, where the event kicked off. He was part of the Development Team which where sponsored by the Residents Association. This initiative was started by the Association with the assistance of Riette Bryant to promote cycling in the community. Sweepers on the 10km Route reported that Happiness pushed his bike up some of the hills and sometimes needed a ‘running start’ but armed with fruit juice and a Jelly Babies he finished the race none the less.

Univeg was die enigste span wat deel geneem het aan die eerste "Corporate Challenge". Die fondse van hul inskrywings gaan vir ‘n spesifieke doel in die gemeenskap. Daar is besluit dat die geld benut gaan word om skryfbehoeftes vir die nuwe graad 1-klas van Stawelklip Primêr te koop, sodat hulle op ‘n positiewe noot hul eerste skool jaar kan afskop. Die span is James de Villiers, Jaco Botma, Christelle Botma, Charl Smith en Petrie Smith.

Nexus het 'n skool-uitdaging geborg en die span van die Hoërskool Piketberg (bo) het die tweede agtereenvolgende jaar die trofee gewen. Die span is: Harry Roux, Schalk Visagie, Schalk Mouton, Jac Goosen en Christof Smit. Steynville Sekondêr het ook deelgeneem. Die span was: Matthew Toontjies, Diaan Kasper, Morden Benjamin en Bradley Klaasen.

Hanli Linde (munisipale bestuurder Bergrivier Munisipaliteit) het ook pryse ter waarde van R5000 geskenk vir die eerste drie wenners in die 10km-afstand vir die plaaslike ontwikkelingspan. Die wenner was Uwaan Pickard.


NUUS • NEWS

11

16 September 2015

Swartland Skou spog met sterre en kampioene

Links: Piet Serdyn vervoer die skouprinsesse met sy koets. Bo: Vanjaar was daar weer Afrikaner-beeste ten toon gestel.

Dié lid van die Groot Kampioen-wenspan kon waarskynlik sy vreugde nie beteuel nie.

Bo: Lerina Thomas (2) van Moorreesburg het saam na al die interessanthede gekyk. Links: Yara se stalletjie het die koppe laat draai.

Model vertoon: Chevrolet Cruze LS Sedan

Model vertoon: Trailblazer LTZ

Chevrolet Utility

Chevrolet Cruze 1.6

Chevrolet Trailblazer Reeks

Vanaf R129 995*

Vanaf R199 500*

Vanaf R462 000*

Model vertoon: Opel Corsa Cosmo

Model vertoon: Opel ADAM Essentia

OPGRADEER

BESIT

KOOP

die Isuzu KB 250 Enkelkajuit

Isuzu KB 300 LX D/K 4X2

Vanaf R184 700*

Vanaf R189 000*

Vanaf R189 995*

Vanaf R379 995*

na die Corsa ENJOY TURBO

die nuwe OPEL ADAM

*Padgereedheids- en Registrasiefooie Uitgesluit. Bepalings en Voorwaardes geld. Vertoonmodel mag verskil. Behoudens Foute & Weglatings. Aanbiedinge slegs geldig by Wes-Kaap handelaars tot 30 September 2015.

Perdeberg M We Deliver

otor

Group

Malmesbury 022 482 1158 Piketburg 022 913 1113

Citrusdal

022 921 2121

www.pmgroup.co.za

91874 ADMAKERS.COM

Model vertoon: Chevrolet Utility Sport


NUUS • NEWS

12

16 September 2015

Swartland Skou: Vier

nefies, Johan Morkel (Paarl), Pieter Serdyn (Moorreesburg), MJ Serdyn (Moorreesburg) en DaniĂŤl Morkel (Paarl), kuier op een van die trekkers by die skou.

Toerisme:

Anchen Ludick van Swartland Toerisme en Hermien Taljaard van Moorreesburg by Moorreesburg Toerisme se bekroonde stalletjie.

Links: Perdeberg Motors het vanjaar met die louere in hul afdeling weggestap. Onder: Perdeberg het ook hul bakkies op 'n mini 4x4-renbaan gedemonstreer.


NUUS • NEWS

16 September 2015

13

Dagboek • Calender

Bo: Die Groot Kampioen Vierspan in aksie op die baan. Links: Perdeberg Motors op Malmesbury het die eerste plek in die motorafdeling behaal. Links is Francois Du Toit, John Trollip en Fietie Rocher.

Naaldwerk: Lente-inspirasie 16 September – Malmesbury VLV vergader om 09:30 by die Malmesbury Gholfklub. Irma Viljoen van Velddrif doen kunsmarkte landwyd en gaan wys hoe om met ‘n gewone naaimasjien die mooiste geskenke uit lap te maak. Daar gaan ‘n uitstalling wees, asook ‘n geskenke-tafel waar van haar artikels te koop sal wees. Almal baie welkom. Besoekers R30. Dit sluit tee en verversings in. Vir navrae: kontak Hannalize Louw 082 336 4975. Tydtoets Moorreesburg Alle stappers, drawwers welkom om deel te neem om van die oortollige gewig ontslae te raak. Dinsdae & Donderdae. Tyd: 17:30. Plek: Gene Louw Sportgronde (regoor ou hek, ingang na sportterrein). Navrae: Werner Ludick by 061 420 0077, 022 433 1890 (w) of 022 433 4721 (h); of Juan Wiese by 071 474 1335 of 022 433 1898 (h). Wes-Boland Eisteddfod Prestige-aand 18 September - Die Wes-Boland Eisteddfod hou hul Prestige-aand op Vrydag 18 September om 19:00 in die skoolsaal van Laerskool Swartland. Toegang is gratis.

Hugo van Wyk van Rola Volkswagen Malmesbury (middel) is aangewys as die beste verkoopsman in die motor-afdeling.

Snack Dance 18 September - S Francis de Sales RCC presents a snack dance in the Wesbank Community Hall @ 19:00 till late. With Top Five Sounds Dance Band. Dress up in your favourite rugby team attire and win fabulous prizes plus lucky draws. R80 pp, bring own XYZ and platter. Contact Father Kizito on 083 969 9494 or Velucia on 074 033 7960. Komedie-vertoning 18 September - Lindie Stander tree op by Olifantskop, Langebaan. Begin 18:00. Besprekings noodsaaklik: 083 530 4083. Huwelikseminaar 18-20 September - AGS Corpus Christi Malmesbury bied seminaar aan. Navrae: 022-487 2200.

Links: Die beste verkoopsman in die masjinerie-afdeling onder-R15 miljoen is Paul Laas van Kubota.

Vleismark 19 September – Huis AJ Liebenberg op Piketberg hou mark met verpakte rou vleis, afvalpotjie, skaapkoppe, braaivleis, poedings, pannekoeke, roosterkoeke, handgemaakte produkte, koekversier en vele meer. Vir navrae: Erika Gentle, 022 913 1228 of erikagentle.ajl@gmail.com. Ladies Day 19 September – Moorreesburg & Koringberg Tourism will have a Ladies Day at the Moorreesburg Golf Club. Contact Yolanda Dyason, 022 433 1848. Riebeek Valley Go-Kart Derby 19 September: Children of all ages can participate in this fun event. 'Downhill Dash' races take place from the top of Main Road in Riebeek Kasteel and an Obstacle Course on the Kasteel Square, along with market stalls (manned by the children themselves and the various school PTA’s), other children’s activities and beer & wine tent for the adults. Mike Hillier 082 898 0607. Erfenisdag 24 September: Goedverwacht Erfenisdag. Tema: viering van erelede in die gemeenskap. Begin om 09:00 by die Slawe begraafplaas en daarna tot 11:00 op die toerismeburo se terrein. 022 912 4410 of 073 957 3549.

Kerke • Churches

AGS Corpus Christi, Malmesbury 20 September - Sondagoggend 09:30 praat pastoor Piet Smit oor die huwelik en om 18:30 (somertyd) is daar 'n gesinsdiens. Navrae: 073 447 2902. PPK Bethesda Malmesbury 20 September - om 10:00 diens en Sondagskool, aanddiens om 18:30. Navrae: 083 722 7787. Shofar Malmesbury 20 September - Diens om 09:30 - 1 ste vloer, Clicks-gebou, hoek van Voortrekker- en Hillstraat. Navrae: 079 214 4578. Malmesbury Methodist Church of SA 09:15 Sunday Service; 08:15 Sunday School; Tuesday evening prayer meeting; Bible Studies Wed evenings. Hall to ren: t 071 604 5387. Other: Rev John Beck, tel 022 482 3623. Dynamic Love Fellowship Dynamic Love Fellowship hou elke Sondag om 17:30 diens by Mount Royal se konferensiefasiliteit. Die prediker is Bertie Brits en die boodskap is genade-georiënteerd. Navrae, 022 487 3233 (weeksdae, 08:00 – 14:00). River of Life Christian Fellowship Sunday Service 10:00. Home cells: Wed evening services in English. Church in Darling Rd (opposite Prima Bande). Enquiries: pastor Joshua Motemeri, 084 471 7914. Getsemane Mission Church Abbotsdale Sondae 10:00 in Skoolstraat. Sondagskool 09:00, Jeug Vrydae 08:00, aanbidding Donderdae 08:00. Leer klawerbord speel, skakel Nico Maarman, 074 277 1439. Sangaand 26 September om 19:00. Toegang: R20 vir volwassenes en R10 vir kinders. Ander navrae: past Hercele Sedeman, 078 695 0297. House of Prayer/Huis van Gebed Malmesbury Sondae om 10:00 by St Thomas Primêr in Wesbank; weekdiens Dinsdae om 19:30 by Tortelduifstr 46. Kontak Hein Marais by 072 170 9766 of heingmarais@gmail.com; of past Ken Pattison by 083 498 2990. Coram Deo Bediening Dr Euvrardstr 21: Dienste Sondag 09:00; Bybelskool Woensdag 18:00 – 19:30. Navrae: 083 292 6482 of 082 959 9249.

Mitchell’s Pass Half Marathon 26 September – Halfmarathon and 10jm Run, Ceres. Contact Lionel Hill, 023 312 2143 or 082 739 3545l www.ceresathleticclub.co.za. Sangaand 26 September - Getsemane Bediening hou ‘n sangaand om 19:00. Toegang: R20 vir volwassenes en R10 vir kinders. Yzerfontein Ope Galjoen Derby 26 September – Yzerfontein. Kontak Gawie Steyn, 083 379 6044. Inskrywings op webwerf www.yzeranglingclub.co.za. Tulbagh Horse & Wildflower Show 30 September – 3 October - Tulbagh. Enquiries: 082 648 6934. Oktoberfees 3 Oktober - Yzerfontein Oktoberfees. Kontak Doeks Basson 084 721 2307. The Celebration 3 October - The House of Praise presents The Celebration; Schoonspruit School Hall, Malmesbury; 18:00. Price: R30pp. Contact 061 896 6326, 073 664 2044 or email houseofpraise96@gmail.com. Sang en dinee 3 Oktober - Pinkster Kerk van Genesing hou 'n sangaand en 3-gang ete om 18:30 by St Thomas Primêr. Kaartjies is R120 per persoon (R60 vir kinders onder sewe). Skakel pastoor Moos Jaanse by 078 671 8014. Arno en Vriende 3 October: Clanwilliam by Bushmans Cave. 027 482 2918. Debutant Ball 9 October - St Michaels Church presents the ball at 19:00, Malmesbury Town Hall. Costs: R100. Band: Top Five. Dress Code: Formal. Tickets: all ward leaders or Ewerd Syster - 083 604 2011. Paarl Skool 4x4 9-10 October: Porterville - Paarl Skool 4x4 by Waterval & Laatson. 082 924 0307. Schoonspruit Reünie 9-11 Oktober - Schoonspruit Malmesbury. Vrydagaand: bring & braai (karaoke/dans ingesluit); Saterdagaand: maskerbal, 3-gang maaltyd, live band; Sondagoggend: sluit af met dankdiens. Kontak: Magaret Tippens , 079 739 9635 of Ester Mquire, 083 422 0862. Reünie oop vir almal wat by Schoonspuit skoolgegaan het. Geen beperkte jare. Tiger Classic Gholfdag 10 Oktober - Moorreesburg Gholfklub, 4 Bal Samestel Stableford; R1800 per span, sluit in natgat, broodtafel en aandete. Navrae by Yolanda , 022 433 1848 of e-pos moorreesburggolfclub@ telkomsa.net. Swartland Country Market 10 October - Swartland Country Market at Kirstenbosch Stone Cottages. Meet the winemakers and friendly people of the Swartland. Taste the wines and olives of the region. Jolene Janse van Rensburg, 022 487 1133.

Victory Praise Chapel Christian family church services at 09:00 every Sunday, prayer starts at 08:30, Dr Euvrard Street Malmesbury. Contact Pastors Hannie: tel 074 153 0519 or email: info@ vpci.org.za. PPK Bethesda Porterville 20 September- Om 10:00 in die sysaal van die NGK. Navrae: 083 722 7787. Volle Evangelie Kerk Wesbank Sondag erediens 10:00, kinderbediening 09:00, bid-uur Dinsdae 19:00 by die kerk, Freesialaan 17. Navrae: 022 486 4498; past Andrew Mesani, 076 486 4498.


NUUS • NEWS

14

16 September 2015

Ontmoet renjaers:

Dag twee van die naweek se Toyota Handelaarstydren wat Vrydag by Killarney en Cape Gate afskop, word Saterdag in en om Malmesbury (sien toeskouerkaart) beslis. Tydrengeesdriftiges kan die jaers mĂ´re-aand (Donderdag) vanaf 18:00 by Malmesbury Toyota ontmoet wanneer hul motors ondersoek word.


NUUS • NEWS

15

16 September 2015 Betrekking Vacancy

Avon Reps needed. No experience necessary. All areas. Contact 079 539 5510 #2141/3

------------------------SPEEDY MALMESBURY – Exhaust fitter en wheel alignment tegnikus DRINGEND gesoek met vorige ondervinding, goeie verwysing met lang diensjare. Moet onmiddellik kan begin. Kontak 082 370 9521 / 022 482 1373/4

vrieskaste, breekgoed, linne sowel as mansen vroueskoene. Oorkant Cash Crusaders. Kontak 022 487 1547 / 084 794 7528.

#2005/16

Just a phone call away, Call 076 726 0592 / 073 632 1174 / 073 048 5761 / 073 193 1457

#2074/8

------------------------KITS-MURE: Oprigters en vervaardigers van “vibacrete” mure. Kontak ons vir gratis kwotasies – 083 321 9357 #2091/7

------------------------NEW FREEZE VERKOELING MOORREESBURG. Herstel yskaste, stowe en diens lugversorgers. Ons spuitverf ook yskaste en haal duike uit. Royalstraat 44, Moorreesburg. Tel.022 433 3831 sel. 071 953 1292 / 082 573 1589

AANDAG!! WELKOM MEUBELS: Op soek na goeie 2de handse meubels, yskaste,

------------------------VAN STADEN PIET

VIRGINIA KLAASEN

Te Koop For Sale Choice@Furniture – Eetkamerstelle asook verskeidenheid oorblywende voorraad te koop teen groot afslagpryse. Rentevrye afbetalings op sekere items kan gereël word. Vir besigtiging of enige navrae skakel Jacques Rose by 084 511 5682 #2126/9

Gebore : 19 September 1953 – 25 Mei 2014 Dit sal u tweede verjaarsdag weg wees van ons. Die gemis is nog groter en u het ‘n groot leemte gelaat. Veels geluk met U verjaarsdag op die 19de in U hemelse huis. Met baie liefde van u man, kinders, kleinkinders en familie. #2194

Sterfgevalle Deaths BEN WILLIAM DANIELS

Met leedwese neem ons afskeid van ons swaer en oom. Van: Boet en Susan en Johan, Leandri en kinders #2189

Regsdienste Legal Services Vir algemene regsadvies en regsadvies tov Bereddering van boedels; Beserings in motorongelukke; huisoordragte. Skakel Christo Brand van Brand Prokureurs: 083 4389 735/060 443 8812 #2172/1

Te Huur To Let

Fabrieks perseel te huur in Malmesbury (Middedorp) 400 vkm. Kontak 082 899 4071 vir meer besonderhede of om te besigtig. #2122/7

#2098/9

Gesoek Wanted

#2190

Memorium Memoriam

#2191

Dienste Services

Gemeenskapsaal. Besigtiging om 13h00 gevolg deur die kerkdiens om 14h00.

Sag heengegaan op 13 September 2015. Begrafnisreëlings : Sondag, 20 September 2015 – Wesbank

------------------------Kantoorspasie te huur in Malmesbury – 200 vkm. Kontak 082 899 4071 vir meer besonderhede of om te besigtig. #2123/7

------------------------Muller – 079 413 2520 1 Box Freezer – R950; 1x Fridge/Freezer – R1750; Kelvinator 13 kg Twin Tub – R1200; 2 Imbuia enkelbeddens – R950 elk. 6 Stinkhout eetkamerstoele – R450 elk; 1 Tweeplaat stoof met oond – R450 Malmesbury – Müller’s 079 413 2520 #2193

------------------------HAKE “stokvis” Fillette te koop – R40 p/kg asook Visvingers (R32/kg) en krummelvis (R25/ pak). Kontak 022 487 3265 / 084 250 2460

#2151/5

------------------------Skoon plaasmis te

koop @ R25/sak. 10 of meer sakke R20/ sak. Gratis aflewering in Malmesbury, Riebeek-Wes & Riebeek-Kasteel. Skakel Laetitia 082 780 9422

– Oorblywende liquid te koop teen spesiale prys van R100-00 per liquid. Kontak 084 511 5682 #2192

of whatsapp na 083 6000 243. Nie lopende bakkie & motors welkom.

Voertuie Vehicles

DADELIK KONTANT vir u motor of bakkie. Skakel, sms

#2006/2

#2072/12

------------------------TWISP LIQUID – Choice@ Furniture

Geleenthede by Swartland Munisipaliteit Besigtig die volledige advertensies, posvereistes en die aansoekprosedure by www.swartland.org.za of skakel mnr. D. Carolus by 022 487 9400

Hoof: Aanvraag en Toekenning Malmesbury Departement van die Direkteur: Finansiële Dienste • Verw: V15/15 • Salarisskaal: R269 628 – R350 004 p.j. (T13)

Hoofklerk: Regsinvorderings Malmesbury Departement van die Direkteur: Finansiële Dienste • Verw: V16/15 • Salarisskaal: R135 576 – R175 980 p.j. (T8)

Senior Toesighouer/ Vragmotorbestuurder Malmesbury Departement van die Direkteur: Siviele Ingenieursdienste • Verw: V17/15 • Salarisskaal: R135 576 – R175 980 p.j. (T8) Sluitingsdatum: 25 September 2015 om 12:00

Munisipaliteit • Municipality • Umasipala www.ayandambanga.co.za

124754

VA C A N C Y BULLETIN EXCITING OPPORTUNITY FOR PEOPLE WHO WANT TO MAKE A DIFFERENCE DEPARTMENT OF AGRICULTURE

FARM AID: GENERAL ASSISTANT – 3 POSITIONS AVAILABLE, LANGGEWENS RESEARCH FARM, MOORREESBURG Remuneration: R78 156 – R92 064 per annum (Salary level 2) Reference Number: AGR 2015-238

To apply, you may submit an online or manual application. If you submit a manual application, please complete an application form (Z 83) and current CV (5 pages maximum) together with certified copies of ID, academic qualifications and proof of other requirements as indicated in the advertisement (see web-address below). The position being applied for and the reference number must be clearly indicated on the Z83 application form. Forward your manual application to, Attention: Janine Kammies, Affirmative Portfolios Recruitment Consultants, P.O. Box 5496, Tygervalley Centre 7536. Applications not submitted on or before the closing date as well as faxed or e-mailed applications will not be considered. Applications may be submitted online via www.westerncape.gov.za/jobs The WCG is guided by the principles of Employment Equity. Disabled candidates are encouraged to apply and an indication in this regard would be appreciated.

Closing date: 28 September 2015 @ 16:00 124752 COURANT ayandambanga.co.za


courant

dié

16

tel 022 487 3221

• WESBANK EN ABBOTSDALE

SPORT

16 September 2015

Sportuitslae Sports results Fietsry

Reuse in rugby rol

Wesbank het Saterdag Abbotsdale geklop met 36 -32 in ‘n aanskoulike rugbywedstryd wat die toeskouers nog lank sal onthou. Wesbank het binne die eerste vyf minute van die wedstryd punte aangeteken, nadat MG Fredricks oorgeval vir ‘n drie. Abbotsdale het vinnig geantwoord toe Harlon Klaasen gaan druk het om die telling 7-5 te maak. Abbotsdale het met vuur gespeel en gaan druk weer ‘n drie wat Wesbank verder onder druk plaas, Bertie Gysenberg het met die doelskop geslaag, asook twee strafdoele en ‘n skepdoel. Wesbank het net voor halftyd weer gaan druk, wat die telling op 19-12 te staan gebring het. Binne vyf minute ná rustyd het Abbotsdale agter die doelpale gaan kuier en die telling vergroot na 26-12. Hierna het Wesbank se voorspelers met harde voorspeler-spel onder Abbotsdale se manne ingeklim en het drie pragtige drieë gedruk met Johan September en MG Fredricks aan die voorpunt. Wesbank het gesukkel met betroubare stelskopwerk, nadat losskakel Theo Marinus die veld verlaat het met ‘n besering. Met die koms van Anzo Stubbs as plaasvervanger vir Marinus, het Wesbank oorgeskakel na ‘n meer aanvallende wedstrydplan. Stubbs het Wesbank gedurig op die voorvoet geplaas. Die jongspan het geen tree teruggestaan vir die ervare manne van Wesbank nie. Abbotsdale se senterpaar, Luaan Arendse en Aldrin Saudien, het uitstekend gevaar op verdediging en is goed bygestaan deur Chamandré van Schalkwyk en Bertie Guysenberg. Wesbank se oorwinning was voorlangs deur sy kaptein, MG Fredricks, Johan September en Vincent Fredrick gelê, wat hul harte uitgespeel het. Wesbank is tans met een punt voor in die Swartwes-afdeling van die Grootuitdaagbekerkompetisie en speel die naweek tuis teen Hopefield. ‘n Oorwinning sal hul aanspraak op die titel verstewig voordat hulle Vredenburg op Vredenburg moet pak in ‘n moet-wen wedstryd. Saterdag is dit die manne se laaste tuiswedstryd op die Wesbank-sportterrein voor die Top 8-fase op 10 Oktober begin. Die hekke open reeds 12:30 Saterdag en toegang is R10. Neem die hele gesin en ondersteun die Wesbankers in hul laaste tuiswedstryd vir 2015.

NUUS • NEWS

16 September 2015

Malmesbury Fietsryklub Piket-bo-berg MTB Challenge: 63km: Johann Rabie- 03:05:31 ( 1ste plek); Charl du Plessis 4:09:00. 37km: Blaze Nicholas 2:14:00; Thomas Orchard 02:38:00. 10km: Ashlin Nicholas-0:33:49. Elgin Valley Mtb Challenge 47km: Marius de Kock-02:40:46; Elishia Drotschie 2:46:27 (3dede plek, vroue); Annemarie de Kock03:15:15. 11km Trail run: Kobus Drotschie-0:45:02 (1ste plek). Gholf Malmesbury Gholfklub Vrydag Sundowner - Enkel Stableford 1. Jacques Welman 22; 2. Damien Brennan 21; 3. Frans Destroo 20; 4. Koos Loubser 19; 5. Lotie Harmse 18. Rola Sundowner - Enkel Stableford 1. Eben Lingeveldt 22; 2. Steven Adams 21; 3. Kwas du Toit 20; 4. Ewald Liedeman 19. EG Kerk Gholfdag - Enkel Stableford 1. Eben Lingeveldt Jnr 40; 2. Eben Lingeveldt 39; 3. Dick Ross 38; 4. Paul Prinsloo 36; 5. Wynand van Niekerk 36; 6. Flip Theron 36; De Villiers Uys 35; 7. Pieter Wessels 35.

Wenner:

Johann Rabe (heelregs) van die Malmesbury Fietsryklub het Saterdag eerste oor die eindstreep gejaag in die 63km-uitbergfietsresies op Piket-bo-berg. Sy tyd was 03:05:31.

Spairs klou aan voorsprong Rugby: Never Despair het Saterdag vir Samoa van Moorreesburg met 36 -31 gewen. Never Despair het halftyd voorgeloop met 26-15. Uitblinkers vir Never Despair was die immergroen Anno Jacobs, Clayton Jacobs, Dennis Phillips, Wella Samuels, Worsie de Lange en Warwick Philander. Hier word Anno Jacobs deur Willemse, senter van Moorreesburg grond, toe gebring, terwyl Clayton Jacobs en Lee-Donovan April nader kom om ondersteuning te bied. • Never Despair se rugbyspan het Saterdag daarin geslaag om net-net met Moorreesburg (Samoa) af te reken, toe hy hom met 36 (26) teen 31 (13) geklop het. Moorreesburg het in die lastige windjie die telbord geopen met ‘n drie deur Elrico Isaacs. Spairs het met sy spreekwoordelike aanvallende rugby kort hierna die voortou geneem met ‘n doel. Samoa het geantwoord met sy tweede drie deur Anthony Jacobs wat deur Gous verdoel is.

In die tweede helfte het Samoa met Ashley Amon en Jan Klaaste aan die spits begin om hulle teenwoordigheid te laat geld. Bigshow is oor vir sy drie na ‘n goeie lopie deur Amon. Swak hanteerwerk aan die kant van Spairs het gemaak dat goeie bewegings skipbreuk gely het. Samoa het in een van sy beter wedstryde die seisoen voluit gespeel. – Karel Willemse

Wedvlugduiwe Malmesbury Posduifklub Hanover Jaaroud 1. G Horn 1411.3832; 2. J Steenkamp 1383.3756; 3. E Kotze 1378.8069; 4. F Meintjes & Seuns 1378.2817; 5. J Steenkamp 1373.5310; 6. F Meintjes & Seuns 1352.6810; 7. J Steenkamp 1350.8929; 8. G Horn 1348.8730; 9. F Meintjes & Seuns 1341.1603; 10. F Meintjes & Seuns 1338.9595. Hanover Ope 1. F Meintjes & Seuns 1413.5541; 2. E Kotze 1386.3106; 3 G Williams 1377.3393; 4. E Kotze 1368.5103; 5. J Steenkamp 1366.8893; 6. M Hill 1366.7833; 7. E Kotze 1365.9601; 8. F Meintjes & Seuns 1363.4688; 9. E Kotze 1356.5706; 10. G Horn 1356.5168.

Veiling en wedvlug Die Malmesbury Posduifvereniging en Malmesbury Christelike Privaatskool se jaarlikse duiweveiling en opvolgende wedvlug wat jaarliks op Malmesbury plaasvind, gaan vanjaar omskep word in ‘n gedenkveiling en -wedvlug, opgedra aan Frits en Bernó Meintjes. Hierdie jaarlikse veiling en wedvlug is oorspronklik ingestel as ‘n fondsinsamelingsprojek vir die Christelike Privaatskool én vir die Posduifvereniging op die dorp. Ná ’n ongeluk in 2013 waarin albei broers van Malmesbury op pad na die Universiteit van die OVS oorlede is, het die lede van dié vereniging en skool gesamentlik besluit om die jaarlikse veilings en wedvlug aan Frits en Bernó op te dra. Die broers was lede van die posduifvereniging en hul pa Frits, is steeds ‘n lid. Die veiling vind Dinsdagaand 22 September om 19:00 plaas in die Olok-saal by Hoërskool Swartland en die wedvlug is op Saterdag 26 September. Die duiwe vlieg vanaf Hopetown terug huistoe, met pryse vir die wenners van die eerste drie plekke. Belangstellendes wat dit wil bywoon kan Johan Steenkamp by 082 823 7541 of Willie Taylor by 083 526 8959 kontak.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook