NUUS • NEWS
7
16 Maart 2016
Twee nuwe toeristeroetes vir streek kry beslag Toerisme gaan nie net oor eindbestemmings nie, maar oor alles langs die pad onderweg na die bestemmming. Só het parlementslid James Vos, deesdae inwoner van Riebeek-Kasteel, Maandag gesê by die bekendstelling van twee nuwe toeristeroetes vir die Swartland en Bergrivier. “Toerisme is van onskatbare waarde op kleiner plattelandse dorpe en dikwels een van die grootste bydraers tot die dorp se ekonomie.” Vos, ook die DA se skaduminister van toerisme en kiesafdelingshoof vir Ceres, het gesê die platteland bied aan toeriste wonderlike ervaringsgeleenthede en dit is belangrik om rompslomp in toerisme te beperk. Hy het ook gepraat oor die bekostigbaarheid vir toeriste en gesê daar kan straks gekyk word na twee tariefstrukture waar binnelandse besoekers goedkoper betaal, sonder om internasionale besoekers uit te buit. “Ek is baie optimisties en baie opgewonde oor werksgeleenthede en geleenthede vir entrepreneurs wat geskep word met nuwe toeristeroetes en sodoende ‘n ekonomiese inspuiting bring vir kleiner dorpe.” Hy het veral ook klem gelê op die waarde van agritoerisme wat al belangriker en gewilder raak. “Dink byvoorbeeld as jy ‘n unieke oornagpakket vir toeriste saamstel om die Swartland te besoek en dan reël jy ‘n olyfolieproe op RiebeekKasteel, besoek aan die Moorreesburg Meule en ‘n besoek aan ‘n wynkelder. "Só kry jy jou bedbesetting op en die toeriste ry met ‘n klompie eg Swartlandse produkte hier weg.” Die twee nuwe weskusroetes – die Skilderagtige Roete en Bergroete, wat aansluit by twee bestaande roetes wat reeds vroeër gestalte gekry het, is Maandag op Koringberg, Darling en by Citrusdal bekendgestel. Dit word bestuur deur die Westcoast Way en besoekers kan by spesifieke punte op elke roete aandoen. Vos het daarop gewys dat dorpe en toeristebestemmings nie met mekaar moet kompeteer nie, maar eerder mekaar moet aanvul en
sodoende baat by besoekers wat elkeen na ‘n streek lok. Die Skilderagtige (Scenic) Roete sluit Swartlandse dorpe soos Malmesbury, Riebeek-Kasteel, Riebeek-Wes, Moorreesburg, Koringberg, Hopefield, Yzerfontein en Darling in. Op sy beurt beslaan die nuwe Bergroete plekke soos Piketberg, Porterville, Citrusdal, Piekenierskloof, Eendekuil, Redelinghuys en Verlorenvlei, Aurora, Elandsbaai, Rocherpan, Dwarskersbos, Velddrif, Laaiplek asook Goedverwacht en Wittewater. Tydens die bekendstelling by die Desert Rose Padstal by Koringberg, het Martha van Wyk, gaste op ‘n kort reis deur die vroeë geskiedenis van dié dorp geneem. Die eerste boere het hul in 1709 op die plaas Hooggelegen gevestig nadat hulle van trekboere weggebreek het. ‘n Paar geslagte later in 1880 is drie plase – Hooggelegen, Vleidam en Brakwater - onder drie seuns verdeel. In 1900 het die spoorweë ene mnr. Warren afgevaardig om die spoorlyn na Pikerberg te bou en hy het dit langs die plaas Brakfontein gedoen. Die spoorwegdorpie het toe as Warren’s Camp bekend gestaan. In 1923 het die NG-gemeente afgestig van Moorreesburg en besluit om die dorpie se naam na Koringberg te verander. Die kerk het in 1924 op ‘n veiling die dorpserwe teen £1-stuk verkoop. Die bekendstelling van die Bergroete het by die Piekenierskloof-oord plaasgevind waar Hedley Peter van Citrusdal Toerisme die geskiedenis van dié dorp toegelig het. Dorpseie produkte uit die Bergrivierstreek is hier voorgesit. Die laaste besoekpunt by die bekendstelling was Darling Brew se nuwe fabriek op Darling. Hier kon besoekers ‘n voorsmakie kry van die Swartland-streek se produkte en ‘n kykie in die suksesstorie van Darling Brew. Mede-eienaar Kevin Wood het vertel van die hoogs gesofistikeerde toerusting wat gebruik word om hul reeks (tans 14) biere te brou.
Sonia van Niekerk (Desert Rose-padstal), Kevin Wood (Darling Brew), Aleks Ferreira (Flying Pig), James Vos (LP), Marlene van Zyl (Swartland raadslid belas met toerisme) en Charles Withington (Darling Wine Shop) klink ‘n glasie op die nuwe toeristeroetes. Regs: Martha van Wyk van Koringberg wys na die plakkaat vir die eerste dorpserwe wat in 1924 op Koringberg verkoop is teen £1-stuk elk.
Onder: Kevin Wood, mede-eienaar van Darling Brew, voor ‘n hoogs gespesialiseerde botteleringsaanleg.
Wen met museum en “selfie”
Mev. Suid-Afrika? Anel Prinsloo
(38) van Malmesbury is 'n vrou op 'n drafstap. Nie net is sy 'n mamma van drie kinders en vrou vir Wayne nie, maar is sy ook 'n vryskut model en is sy een van die 100 semi-finaliste in die Mev Suid-Afrika 2016-kompetisie. Sy en haar gesin het in 2014 na die Swartland vanaf Aliwal-Noord getrek. Stem nou vir Anel deur haar publieke Facebook-blad om die publiek se keuse te wees wat haar in die top-25 sal besorg. Op 27 en 28 April sal onderhoude met elk van die finaliste gevoer word en die top sal op 29 April bekendgemaak word.
Nostalgie met kore by Laerskool Swartland
Die koringbedryfmuseum op Moorreesburg het ‘n interessante nuwe kompetisie, ‘Arte-selfie’. Mense wat die museum besoek, kan ‘n “selfie” neem van hulself en een van die artefakte. Hulle laai dit op ons Facebook bladsy en die foto wat die meeste ‘likes’ kry wen ‘n prys. Van April sal die museum ook in sy voorportaal ‘n erfenishoekie begin waarin ‘n ou gebou op Moorreesburg uitgebeeld word.
Portervillers laat rekords spat ná vier dekades
Fanna Cruywagen Onthou jy nog die musiek waarmee jy grootgeword het? Don Williams, Vicky Leandros, Sias Reinecke? Emile Minnie en Hanmari Pretorius bring daardie dae terug met hulle vertolking van die mooiste goue oues, stylvol verwerk vir stem, klarinet en klavier. Op Donderdag 7 April tree hulle by die Laerskool Swartland op, saam met die junior en senior kore van die skool. Die program begin om 19:00 in die skoolsaal. Kaartjies teen R60 per persoon is beskikbaar
by Laerskool Swartland se toelatingskantoor. Emile Minnie was onlangs te sien as die musiekregisseur in Liewe Heksie, en Hanmari is ‘n nuwe vonds op die Afrikaanse musiektoneel. Hulle stemme smelt saam in perfekte harmonieë om jou mee te voer na jou prille jeug. Besoek Emile se webtuiste www.emileminnie.com Die opbrengs van die aand is ten bate van die aanbou van ‘n grondslagfase-sentrum. Navrae kan gerig word aan Carina Zöllner, 022 482 2251.
Dit sal maandeliks verander word en sal ook op hulle Facebook-bladsy verskyn. Die museumbestuurder, Tania le Roux, het ook weer versoek dat as mense is wat enige fotos of ander inligting oor die Tiger Oats-gebou het, hulle dit vir haar sal stuur. Hulle is besig om aan ‘n uitstalling te werk oor die gebou en soek veral nog foto’s. Vir navrae, skakel 022 433 1093.
Koffie Kitshoff
Rekords wat al vir meer as 40 jaar staan, is ‘n groot prestasie. Hoërskool Porterville spog sommer met ‘n hele paar interhuis-atletiekrekords wat al wortel geskiet het op die atletiekbaan. Die een wat vanjaar gebreek is, is dié van Koffie (Johan) Kitshoff wat in 1969 die rekord in die Mans 19 100m staangemaak het met 'n tyd van 11.20. Deodan Jacobs, 'n Graad 12-leerder, het dit nou, 47 jaar later, laat spat met 'n tyd van 10.96. Die volgende rekords staan dekades later steeds, ná ‘n hele aantal aanslae: Magdaleen
Deodan Jacobs van der Merwe se 1974-rekord in die Meisies 14 100m; Kowie Coetzee se 1970-rekord, M19 400m; en Surita Kempen het drie rekords wat van 1970 staan: Vroue 19 400m, 200m, 100m. Fanna (Francois) Cruywagen span die kroon vir die oudste rekord wat steeds staande is by Hoërskool Porterville. Hy het in 1968 ‘n tyd van 1:59.50 gehardloop vir die 800m om ‘n uitstekende rekord op te stel. Hy was ook in 1968 die S17 rekordhouer (49.3) in die 400m by die SA Kampioenskappe.