courant
gratis
Uitgawe 160
die
swartland en weskus
tel 022 487 3221
15 Februarie 2012
hugenotestraat 11, malmesbur y
Dubbelbaan vir N7 kóm
Eerste fase beloop R300 miljoen
‘n Projek om die N7 tot ‘n dubbelbaan te verbreed vanaf die Melkbosstrand-wisselaar tot op Malmesbury, sal eersdaags begin. Die projek is in drie fases ingedeel en die eerste fase van dié projek strek vanaf die Melkbosstrandafrit tot Suidelike Atlantis-aansluiting oor 7 km en beloop R300 miljoen. Dit sal deur SANRAL (die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap) befonds word. Die tweede fase strek oor 18 km vanaf die Suidelike Atlantis-aansluiting tot die plaas Leliefontein en die derde fase oor 11 km vanaf Leliefontein tot Malmesbury. Die afritte na Melkbosstrand, Atlantis en Hopefield sal weens die ongeluksyfer ook so verander word dat dit veiliger is. Die N7 sal dan vanaf die N1 tot Malmesbury ‘n dubbelbaan-deurweg wees. Volgens beplanning behoort die kontrak vir die eerste fase aanstaande maand toegeken te word en kan konstruksie reeds so vroeg as April begin. Konstruksie van die totale projek (al drie fases) word op sowat ses jaar geraam. Raadgewende ingenieurs is reeds aangestel vir die ontwerp van die tweede fase om die pad tussen die nuwe Atlantis-wisselaar tot die plaas Leliefontein te verdubbel. Die ontwerp van die tweede fase behoort ook reeds vanjaar te begin en die huidige beplanning is dat konstruksie in die eerste helfte van 2014 kan afskop. Dit is egter onderhewig aan die verkryging van die nodige fondse, uitkoop van grondreserwes en die goedkeuring van die omgewingsimpakstudie. Die proses om die raadgewende ingenieurs vir die derde en finale fase aan te stel vir die gedeelte tussen Leliefontein en Malmesbury en die veranderings aan die Hopefield-afrit het pas begin. Die beoogde aanvangsdatum vir konstruksie hiervan is 2015. Nie net sal die pad veiliger vir motoriste wees nie, maar sal dit die daaglikse verkeerslas ook
beter kan hanteer. Die volledige omgewingsimpakstudie (wat publieke deelname insluit) vir die eerste fase van konstruksie is reeds afgehandel en goedgekeur. Die impakstudies vir die tweede en derde fases sal eersdaags gedoen word. In die konstruksieperiode sal die verkeer op die bestaande pad geakkommodeer word. Volgens J.C. van der Walt, die streeksbestuurder van SANRAL Wes-Kaap, sal die konstruksie werkskepping vir die plaaslike arbeidsmark inhou en ontwikkelingsmoontlikhede langs die roete verbeter. Steph Bredenhann, die projekbestuurder van SANRAL Wes-Kaap, het by navraag bevestig dat die N7 se opgradering nie onderhewig is aan die suksesvolle implimentering van tolpaaie in die noorde van die land nie. “Tolpaaie maak slegs 20% van SANRAL se bedrywighede uit. “Die ander 80% spandeer ons aan die instandhouding en opgradering van paaie soos die N7,” het Bredenhann gesê. In die tweede en derde fase van die N7opgradering sal daar grond teen markwaarde aangekoop moet word om die verdubbeling van die pad moontlik te maak. Volgens die munisipale bestuurder van die Swartland Munisipaliteit, Joggie Scholtz, sien hy groot ekonomiese voordele vir die dorp en streek, in dié sin dat dit ontwikkelingsgeleenthede gaan ontsluit en dat dié geleenthede waarvoor daar aanvanklik beplan is, nou ‘n werklikheid kan word. Scholtz was op 30 November 2006 saam met die oud-burgemeester en huidige minister van plaaslike regering, ontwikkelingsbeplanning en omgewingsake, Anton Bredell, in Pretoria waar hulle SANRAL besoek het met die hoofdoel om die behoefte om die N7 te laat verdubbel, op die prioriteitslys te plaas. “Dit is lekker om te weet dat daar nou ‘n
Musiekskool in Nuwe hoop vir Chatsworth met onderhandelinge met regering Graad R-klas
moontlikheid is dat dit kan realiseer,” sê Scholtz. • In nog ‘n konstruksieproses het Simon Manelli, direkteur van kommunikasie van die Wes-Kaapse departement vervoer en openbare
Ons gesels met raadslid Willem Wilskut
werke, bevestig dat daar pas ‘n kontrakteur aangestel is om die Malmesbury-Darling-pad op te gradeer. Die kontrakteurs sal vanaf 1 Maart op die perseel bedrywig wees.
Voet in die hoek met Nissan Quashqai