NUUS•News
12 Desember 2012
Liefde oor linies in Boere-oorlog ‘n Familie, bestaande uit Boere en Britte, kom teen mekaar te staan in die Anglo-Boere Oorlog in Joyce Kotzè se roman The Runaway Horses. Martin de Winter word as ‘n toekomstige
Joyce van der Merwe van Riebeek-Wes by die bekendstelling van haar boek The Runaway Horses. Sy is ook die skrywer van Beyond Forgiveness, wat in die Eerste Wêreldoorlog by die Slag van Dellvillebos afspeel, en haar derde boek is A Place known to God alone, waarin sy aandag geen aan Duitswes-Afrika en die Herero-volksmoord van ‘n eeu gelede.
leier van sy geboorteland, Transvaal, beskou, maar as hy sy oë uitvee is hy ‘n generaal wat desperaat veg om sy land van ‘n algehele puinhoop te probeer red. Sy liefde vir sy land oorheers sy passie vir n Britse vrou, maar hy is oplaas nie die perfekte generaal nie en veroorsaak diep verdeeldheid in die familie, veral met sy neef, James Henderson, n Britse offisier. En De Winter is boonop lief vir ‘n Britse vrou. So is daar meer karakters wat verskeurd staan tussen die liefde vir hul vaderland en familie en ander belange: die pianis, Stefanie de Winter word van albei kante met agterdog bejeen. Sy is geweldig lojaal aan haar broer, maar soos hy, vind sy liefde aan die Britse kant van die oorlog, nogal ‘n offisier. Maar anders as Martin, kies sy ‘n gevaarlike pad om albei te probeer behou. Kotzé het in Namibië opgegroei en waar sy ook 12 jare as radiografiste gewerk het gedurende die Grensoorlog op Rundu, Katima Mulilo, Oshakati en Ondangwa. Haar man, Jannie van der Merwe, was ‘n vlieënier in die lugmag. Hulle woon die afgelope ses jaar in Riebeek-Wes. The Runaway Horses, uitgegee deur Authorhouse in Brittanje, is haar eerste publikasie. Dit is beskikbaar in e-boek, harde omslag en sagteband. Beyond Forgiveness , haar tweede roman speel af in die Eerste Wêreldoorlog en vertel ‘n storie van Suid Afrikaners wat aan die Slag van Dellvillebos deelgeneem het. Dit sal in September 2013 beskikbaar wees. Sy werk tans aan haar derde boek, A Place known to God alone. Die inspirasie vir hierdie boek kom uit haar tuisland; Duitswes-Afrika, die eensame Duwiseb-kasteel in die Namib-woestyn en die Herero-volksmoord van ‘n eeu gelede. Oor The Runaway Horses verduidelik sy: “Die karakters dryf die storie. Die Anglo-Boereoorlog en die aanloop daartoe, alhoewel histories korrek, is net die agtergrond. Ek is baie onpartydig en wys nie vinger of beskuldig nie. Maak jy jou eie ‘mind’ op.”
5