Page 1

courant

tel 022 487 3221

Uitgawe 203

die

swartland en weskus

12 Desember 2012

hugenotestraat 24, malmesbury

Yzerfontein reg as snoek loop

Die jaarlikse Snoek Classic word Saterdag en Sondag deur die Yzerfontein Boothengelklub aangebied. Pryse ter waarde van R320 000 kan gewen word. Die swaarste snoek in verlede jaar se Snoek Classic was ’n knewel van 5,68 kg wat deur Nollie Neethling op die boot Why Knot gevang is. Berig en nog ’n foto op bl. 3.

leier loof uitreik oor kultuurgrense

Jeug met warm harte “Dit maak my hart warm om te sien hoe leerders hier by Ganzekraal bereid is om hul kulture vir ‘n rukkie te laat terugstaan om meer van an­­­der te leer. As ons bereid is om by ander se kulture te leer, bereik ons ons kulturele tuiste.” Só het Ivan Meyer, die WesKaapse minister van kuns en kultuur, tydens die negende Sondeza Afrijeugkamp teen die Weskus gesê. “Die gestruktureerde buigbaarheid wat ek hier beleef, laat my aan die gesegde dink wat sê ‘gedeelde pyn is halwe pyn, maar gedeelde vreugde bied dubbele vreugde’!” Meyer het verwys na die waar­ de van die R18 miljoenverbroederingsooreenkoms

tussen die Weskus Kollege en Sachsen-Anhalt in Duitsland, wat verlede maand in Duisland ge­ sluit en hiér geformaliseer is. “Dit is gebaseer op ‘n vriends­kap- én werksooreenkoms. “Hier is vier dinge wat baie belangrik gaan raak oor die volgende tien jaar: Beskikbaarheid van water, olie, voedselsekuriteit en die benutting van die jeug se potensiaal!” Meyer het die rolspelers wat die Sondeza-inisiatief moontlik maak, geloof: “Die kamp ver­ ander die kinders se lewens permanent. Dit bring mense van verskillende kulture byeen en maak daarvan ‘n kulturele tuiste! “Die SM het homself uitgesorDie oorspronklike samewerkingsooreenkoms tussen die Swartland Munisipaliteit en die Duitse provinsie Sachen-Anhalt is Donderdagaand uitgebrei op die teer en dáárom kan hy sy hand terreine van opvoeding, sport en ekonomie, toe Tijmen van Essen (burgemeester) uitsteek na die ontwikkeling van die jeug.” en Falk Schilling dit onderteken het.

Lees binne... Droogtes jaag koringprys op bl. 2 Droogtes jaag koringprys op bl. 2 Rodeofees op Malmesbury bl. 16


NUUS•News

2

12 Desember 2012

Matthys Roets op Riebeek-Kasteel

Matthys Roets het Saterdag by die Royal Hotel op Riebeek-Kasteel 'n vol saal gelok. Hy het openlik en humoristies verwys na die lewe in 'n rolstoel en die aanpassings wat dit meebring, maar ook hoe hy daarmee saam gegroei het. Hier is Roets ná sy vertoning by André du Plessis (voor) en agter van links: Louisa Gerryts, Marelize Roux, Elmien du Plessis en Mariëtte du Plessis.

Memorandum teen geweld: Die ACVV van Malmesbury het Vrydag

deelgeneem aan die 16 dae van aktivisme teen geweld teen vroue en kinders. Op die foto onderteken Christopher van Wyk en Maryke van Wyk die memorandum teen geweld, terwyl Amerilize Amerika en Chantell Jacobs toekyk. Regs op die foto is die maatskaplike werkers, Margo Barnard, Helen Kriel en Ruby Arendse.

GEHALTE strook met afgelope 5 jaar

Droogtes jaag koringprys op Droogtes in Amerika, Australië en Rusland het die koringprys die afgelope jaar opgejaag van R2 800 per ton tot die huidige nagenoeg R3 700, waarteen dit nou op die JSE verhandel. Die Swartlandse koringprodusent het vanjaar bo-gemiddelde opbrengste behaal en die ekonomiese impak en monetêre bydrae tot die plaaslike streeksekonomie is uiters positief en ‘n welkome inspuiting vir landelike ekonomiese groei vir die toekoms, het Jaco Grobbelaar, bemarkingsbestuurder van Wes-Kaap Graanprodusente, in ‘n e-pos aan die courant gesê. “Die internasionale koringprys het vanjaar byna met 40% toegeneem weens die ergste droogte in 52 jaar wat die VSA se somergewasproduksie geaffekteer het en Rusland en Australië wie se koringproduksie ook afgeneem het weens droogtetoetande.”. Opbrengste in die Wes-Kaap in geheel het gewissel tussen 3,8 – 5 ton per hektaar. “Hoewel die opbrengste per hektaar bogemiddeld is, is die kwaliteit daarvan in vergelyking met verlede jaar uit die oogpunt van proteïeninhoud swakker as laas jaar, maar die hektolitermaat is uitstekend,” sê Grobbelaar. Johan de Lange, hoofbestuurder: produkte van Kaap Agri op Porterville, meen ook vanjaar se koringoes van nagenoeg 500 000 ton in die Swartland is bogemiddeld. Boere in die Swartland behoort vandeesweek die laaste stroopwerk af te handel. Produsente in die streek het vanjaar egter heelwat minder aangeplant as in die verlede. Waar daar al in vorige jare oor die 200 000 hektaar in die Swartland aangeplant is, het aanplantings in die streek die afgelope jaar tot 170 000 hektaar koring verminder.

Volgens Grobbelaar is die kwaliteitverspreiding in die afgelope oes egter in lyn met die afgelope 5 jaar se syfers en dit kan tans soos volg in ‘n graderingskaal uitgedruk word: B1: 16%, B2: 26%, B3: 37% en B4: 21% (sien grafika hiernaas). “Teen die agtergrond van baie hoë internasionale oordragvoorrade wat internasionale koringpryse onder druk gebring het en minder gunstige aanplantingstoestande gedurende April 2012 en begin Mei 2012 in vergelyking met 2011, het produsente volhard en 272 000 hektaar koring aangeplant dié seisoen in die Wesen Suid-Kaap, wat 7000 hektaar meer was as die aanplantings vir 2011 van 265 000 hektaar. “Die verwagte kommersiële produksie vir koring in Suid Afrika is 1,784 miljoen ton, wat 1,3% meer is as die vorige skatting van 1,762 miljoen ton. ‘n Oppervlakte van 511 200 hektaar is aangeplant. Die verwagte opbrengs landwyd is 3,49 ton per hektaar,” aldus Grobbelaar. Die geskatte produksie in die Wes-Kaap is 775 200 ton (43%), teenoor die Vrystaat se 370 500 ton (21%) en die Noord-Kaap se 277 200 ton (16%).


3

NUUS•News

12 Desember 2012

Pryse van R320 000 te wen

Snoek Classic op Yzerfontein Die jaarlikse Snoek Classic word eerskomende Saterdag en Sondag deur die Yzerfontein Boothengelklub aangebied. Pryse ter waarde van R320 000 kan gewen word. Altesame 298 hengelaars het mekaar verlede jaar die stryd aangesê en die aantal bote was 73. Daar was 14 vroue wat deelgeneem het, en 13 juniors. Die deelnemer wat die swaarste snoek vang, wen ‘n 465 Seacat-vaartuig ter waarde van R185 000, kompleet met twee 30pk Yamaha-enjins. Ander pryse gaan aan die 10 top-snoekvangers, 5 grootste Weskus-kreef, 5 grootste eetbare vis, beste vrouehengelaar, beste junior en ‘n reeks gelukkige trekkings. Die swaarste snoek in verlede jaar se Snoek Classic was ‘n knewel van 5,68 kg wat deur Nollie Neethling op die boot ‘Why Knot’ gevang is. Die swaarste vis in die kategorie vir ander eetbare vis was ‘n geelstert van 4,94 kg wat deur

Boetie van Reenen op die boot Fire Bird gevang is. Die swaarste snoek wat deur ‘n junior deelnemer gevang is, het 5,335 kg geweeg en is deur Terence Green op die boot 3 Brothers inkatrol. Marie Maritz was die wenner in die afdeling vir vroue. Sy het ‘n snoek van 5,335 kg van die boot Kaybee gevang. Die grootste kreef, van 137 mm, is op die boot Ietsie gevang. Die inskrywingsgeld is R400 per persoon en R150 vir juniors. Alle vaartuie moet seewaardigheidsertifikate hê, skippers moet ‘n bevoegdheidsertifikaat saambring en alle bemanningslede moet geldige hengelpermitte hê. Mense met ‘n navraag kan Eduardo skakel by 082 320 3513 of Michael by 082 742 2544. Besoek die webwerf http://www.yzerboatclub. co.za vir die kompetisiereëls of of vir die aflaai van ‘n inskrywingsvorm.

John Swart, hoof- meetbeampte by die Snoek Classic, moet toesien dat vangste reg gemeet word en dit in die teenwoordigheid van die hengelaar bevestig.

Dahlia-omgeesentrum:

Kinderharte op Malmesbury is Saterdag verbly toe Mej. Kaapstad, Claudia Degenaar (agter in die middel), geskenke uitgedeel het by Huis Dahlia, 'n omgeesentrum in Wesbank. Dié huis bied hoofsaaklik ondersteuningsdienste aan kwesbare vroue en kinders.


menings•opinion

courant

12 Desember 2012

die

4

Sondeza bring kulture byeen

Te midde van voortdurende besnoeiings, inperkende maatreëls en selfs afleggings by maatskappye, kon die negende Sondeza Afri-jeugbyeenkoms 85 tieners se lewens onomkeerbaar verryk. Terwyl baie instansies moedeloos raak en tou opgooi, het die Swartland Munisipaliteit in samewerking met vele ander rolspelers, dit reggekry om aan hoërskoolleerders uit die Swartland, Weskus, Duitsland en Malmesbury (Engeland) vir 10 dae lank die kans gegee om te besin oor leierskap, emosionele intelligensie en gemeenskapsprojekte in hulle onderskeie omgewings. Dit is afgewissel met uitstappies na Robbeneiland, Buffelsdrift, !Kwattu en Illengu Lethu, waar leerders die speelskole van dié streek bederf het met geskenkies en speelgoed. Tydens die internasionale aand het die leerders hul onderskeie streke en dorpe uitgebeeld, tipiese ‘eie’ kosse aan mekaar voorgestel en verdere uitruil van mekaar se kulture gedoen. "Ek het as persoon ontwikkel en geleer oor die verskillende kulture en dat almal verskillend is, maar tog oor die weg kan kom. “Ek het ook geleer dat leierskap nie gaan oor watter posisie jy beklee nie, maar oor watter invloed jy uitoefen!" Dit is maar sommige van die reaksies van dié jong tieners. En: 'Dis nie net die toekoms wat aan die jeug behoort nie, maar ook vandág!' Daarom kan ‘n mens weer moed skep, want waar daar ‘n wil is, is daar ‘n weg, was die algemene gevoel oor dié positiewe kruisbestuiwing van energie, kennis en vriendskappe.

Dis goeie nuus

deur dr. Andrew Bosman

Hy het na sy eiendom gekom…

In die Evangelie van Johannes lees ons dat Jesus na sy eiendom gekom het maar dat sy eie mense Hom nie aangeneem het nie!. So baie mense vier die koms van Jesus hierdie tyd van die jaar, nie dat dit noodwendig die tyd van Sy geboorte op aarde was nie. Wat belangrik is vir ons is: as Sy eie mense Hom nie aanvaar het nie, hoe geredelik aanvaar ons Hom? Glo ons ook dat Hy nog moet kom?, of het ons al die veran-derde lewens deur die geloof in Jesus begin ervaar. Kan ons ook soos die Samaritane in Johannes hoofstuk vier getuig, ons glo nie meer op grond van wat jy getuig het nie maar wat ons self gehoor en gesien het! Die mooi van Johannes die eerste hoofstuk is dat die wat wel vir Jesus aangeneem het, kinders van God genoem kan word. Mag ons ons lewens vir Jesus oopstel dat die Heilige Gees in ons kan werk om te onderskei hoe ons die jaar die kerstyd moet benader, wat waarlik belangrik is en waarop dit regtig aankom, dat Jesus na hierdie weêreld gekom het om sondaars te red.

Sonsondergang: 2012 se son is besig om te sak, soos die somerson buite Malmesbury.

Kersfees onder die Suiderkruis... Sedert ek ‘n Swartlander is, het ‘n hele paar Kersfeeste al oor my pad (en heupe) gekom. Vrolike, feestelike geleenthede, ‘n oormaat spyse en natuurlik geskenkies waarvan die detail vervaag, maar die goeie assosiasies bly. Gewoonlik geen probleem met Kersfees self nie, maar die áánloop daartoe kan so uitputtend wees! Wie om te nooi (of nie), by wie se huis, wie bring (of vergeet) watter dis, sal die presente treffers wees, gaan die knorpotte en drinkebroers hulle gedra, sal die tieners wil kerk toe gaan ... die lys bekommernisse raak so lank dat ‘n mens later vergeet waaroor Kersfees regtig gaan. Die ergste druk kom soms by die mees onverwagte plekke, soos die speelskooltannies in die vierde kwartaal gereeld agterkom: Die steeks skaapwagtertjies, wat eerder met hulle herderstawwe na die engeltjies se enkels of die nagemaakte vuurtjie daar in die ‘ope velde’ kap as om gehoorsaam te skrik as die Engel der Engele die goeie tyding bring; of die koning, wat meestal dié plekkie op die troon verdien omdat hy dan redelik veilig en uit die pad is met sy streke. Gereeld verklaar die wyse manne hulself onwillig om daardie blink togas te dra, of kou hulle dié mooi kleed sopnat terwyl hulle hul beurt afwag, om dan met ‘n skeef-

getrekte tulband oor die ‘verhoog’ te stap. Só was een dogtertjie opgewonde oor haar besige ouma onder die toeskouers was, het haar reëltjie mooi opgesê en toe kordaat aangekondig: “Nou gaan ek by my ouma sit!” Tot almal se vermaak. Een kerskonsert het in die skooltannie se mooi tuin afgespeel, met die pad na Betlehem wat rondom ‘n sekere struik loop. Ongelukkig het die oupa wat Kersvader moes speel, juis dié struik gekies om weg te kruip van nuuskierige ogies terwyl hy konsert kyk ... die kinkel het gekom toe Josef en Maria rondom dié einste bos moes stap om by Betlehem uit te kom: Maria het in

trane uitgebars toe sy vir Kersvader skrik en het vir die res van die konsert op haar ma se skoot gesit en bewe. Arme Josef was ‘n enkel-pa agter die krippie, komieklik alleen onder ‘n skeefgetrekte handdoekgerolde hooftooisel. ‘n Ander Swartlandse hoof-engel het opslae gemaak toe sy haar rol met ‘n spierwit Bad Girl t-hemp vertolk het: Teen die tyd dat almal besef het g’n engel behoort so ‘n boodskap uit te stuur nie, was daar nie meer tyd vir planne maak nie. Die hoof-engel moes haar paadjie Bethehem toe stap – skooltannie se verontwaardiging ten spyt! “Wat is dit met Maria wat so onwillig en skaam is?” wonder die moeders jaarliks. Want terwyl die engeltjies eintlik Maria wil wees, begewe elke konsert-Maria se moed haar die een of ander tyd. “Was die regte Maria nie ook maar inherent ‘n bietjie onwillig nie,” vra ‘n konsertMaria se pa dan verdedigend. ‘Geskenke met Kersfees en almal is bly; Maar het jy die grootste geskenk reeds gekry?’ - Sagte kinderkoor-liedjie, wat my elke jaar laat besef dis juis in die eenvoud waarmee kinders ons daagliks seën, dat ons so dikwels die vreugde van Kersfees vind!


NUUS•News

12 Desember 2012

Liefde oor linies in Boere-oorlog ‘n Familie, bestaande uit Boere en Britte, kom teen mekaar te staan in die Anglo-Boere Oorlog in Joyce Kotzè se roman The Runaway Horses. Martin de Winter word as ‘n toekomstige

Joyce van der Merwe van Riebeek-Wes by die bekendstelling van haar boek The Runaway Horses. Sy is ook die skrywer van Beyond Forgiveness, wat in die Eerste Wêreldoorlog by die Slag van Dellvillebos afspeel, en haar derde boek is A Place known to God alone, waarin sy aandag geen aan Duitswes-Afrika en die Herero-volksmoord van ‘n eeu gelede.

leier van sy geboorteland, Transvaal, beskou, maar as hy sy oë uitvee is hy ‘n generaal wat desperaat veg om sy land van ‘n algehele puinhoop te probeer red. Sy liefde vir sy land oorheers sy passie vir n Britse vrou, maar hy is oplaas nie die perfekte generaal nie en veroorsaak diep verdeeldheid in die familie, veral met sy neef, James Henderson, n Britse offisier. En De Winter is boonop lief vir ‘n Britse vrou. So is daar meer karakters wat verskeurd staan tussen die liefde vir hul vaderland en familie en ander belange: die pianis, Stefanie de Winter word van albei kante met agterdog bejeen. Sy is geweldig lojaal aan haar broer, maar soos hy, vind sy liefde aan die Britse kant van die oorlog, nogal ‘n offisier. Maar anders as Martin, kies sy ‘n gevaarlike pad om albei te probeer behou. Kotzé het in Namibië opgegroei en waar sy ook 12 jare as radiografiste gewerk het gedurende die Grensoorlog op Rundu, Katima Mulilo, Oshakati en Ondangwa. Haar man, Jannie van der Merwe, was ‘n vlieënier in die lugmag. Hulle woon die afgelope ses jaar in Riebeek-Wes. The Runaway Horses, uitgegee deur Authorhouse in Brittanje, is haar eerste publikasie. Dit is beskikbaar in e-boek, harde omslag en sagteband. Beyond Forgiveness , haar tweede roman speel af in die Eerste Wêreldoorlog en vertel ‘n storie van Suid Afrikaners wat aan die Slag van Dellvillebos deelgeneem het. Dit sal in September 2013 beskikbaar wees. Sy werk tans aan haar derde boek, A Place known to God alone. Die inspirasie vir hierdie boek kom uit haar tuisland; Duitswes-Afrika, die eensame Duwiseb-kasteel in die Namib-woestyn en die Herero-volksmoord van ‘n eeu gelede. Oor The Runaway Horses verduidelik sy: “Die karakters dryf die storie. Die Anglo-Boereoorlog en die aanloop daartoe, alhoewel histories korrek, is net die agtergrond. Ek is baie onpartydig en wys nie vinger of beskuldig nie. Maak jy jou eie ‘mind’ op.”

5


MOTORS•MOTORING

6

12 Desember 2012

Tegnologie, die Dokter, elektriese kabel en die Yaris

Wanneer u die sein hoor, is dit presies 9 uur. Hierdie gereelde stem/aankondiging oor die radio en die gepaardgaande sein was tot klompie jare gelede waardevol vir baie luisteraars wat dan slaggereed gesit het om hul horlosies weer reg in te stel. Stephen was die stem/aankondiger (en vermaaklikheidsdirekteur en gasheer) die afgelope naweek op ons bootvaart aan boort die Sinfoe-nie-a na Mosselbaai. Sinfoenie-a - soos baie bemanningslede dit uitspreek terwyl ons sommer Sinfonia sê. Stephen lei die vermaak en is meestal die seremoniemeester van die vertonings deur die dag tot laat in die aand wanneer die mooi mense met (nie so baie daarvan) mooi blink klere die verhoog neem vir dans en vermaak.

Maar dit is ook Stephen wat passasiers moet paai as die Kaapse Dokter die hawe ontoeganklik maak en die skip binne of buite die hawe laat - ook toe die ver oor ‘n duisend passasiers toe Maandag nog ‘n dag en nag op die boot moes deurbring. Stephen is nogal gevat en skroom nie om te vertel van die vreemde passasiers wat soms saam op die Sinfoe-nie-a vaar nie. Daar is dikwels ongewone vrae van mense wat nie juis by Einstein aan tafel sou wees nie. Die elektrisiteit vir die boot is een van die aspekte wat ter sprake was toe ‘n selfvoldane dame vra of dit aan boord die skip opgewek word. Hoe dom kan mens wees. Tannie, Die skip gaan elke paar dae na die hawe. Die elektriese kabel

wat dit met die land verbind kan dus elke week versien word. Onder die watervlak is daar ‘n spesiale kabelkamer ingeruim waar ‘n klompie van die bemanning (dit is nou dié wat gestraf word weens swak gedrag) 24 uur per dag kabelroldiens doen. Dit is ‘n baie swaar en dik kabel, maar die sterk manne rol hom gedweë om die arm wanneer die boot die hawe invaar. Hulle kan nie wag vir die uitvaarslag nie, want dan rol hulle weer die kabel af

Sommer met die eerste wegtrekslag (of sal ek sê wegsluipslag, want jy moet bioniese ore hê om hom dan te hoor) was dit duidelik waarom hierdie dubbel-motor een van die finaliste is vir Motor van die Jaar. Hier is ‘n stuk tegnologie reg in die kraal van elkeen wat omgee. Omgee vir die omgewing. Omgee vir wederhelfte en omgee vir kinders en kleinkinders. Sien, as jy omgee vir jou sak, gee jy vir hulle om, want dan is daar meer vir hulle. Wees

en word die rol om hulle arm baie ligter. Hoe verder van die land, hoe kleiner die rol. Die kabel is gelukkig lank genoeg om tot in Europa te kan vaar. Tannie (seker redelik gestrekte bo-lip wat onder daardie ongelooflike breinmassa sigbaar is), hier is vir jou nou ook ‘n kabelmótor. Sien, Toyota het hul Yaris Hybrid Synergy 1.5 XR vir ons gegee om mee te ry. Ons het die kabel styf gespan en voet in die hoek laat sak.

verseker, met hierdie Yaris sal jy nog jare se maklike klop van jou petrolbegroting ervaar. Of dit die tegnologie van môre is, dié sal die uwe nie weet nie. Maar dat die interaksie tussen petrol en elektrisiteit goed integreer met ‘n heerlik gerieflike motor toegerus met volop stylvolle eienskappe om ry-ervaring ‘n plesier te maak, dié is nie ‘n ka...(bel)storie nie. Yaris Hybrid 1.5 XR (en terloop dit is die luukser

‘n Paar feite van belang:

Yaris Hybrid 1.5 XR HSD 4 silinder Petrol: Krag: 55kW @ 4800 r/min Wringkrag: 111Nm @ 3600-4400 r/min Elektries Krag: 45kW Wringkrag: 169Nm Verplasingsinhoud: 1497 cm3

Lengte: 3,095m - Breedte: 1,695m Hoogte: 1,520m ABS remme met EBD en noodrembystand Brandstoftenk 36l Brandstofverbruik: 3.8l/100km 3 jaar/100 000km waarborg Prys: R245 900

van twee beskikbare modelle) het ‘n raakskermrekenaarstelsel waar jy haarfyn kan sien wanneer (Tannie...., die kabel op- of afgerol word) en hoe energie na en van die battery, petrolenjin, elektriese motor en natuurlike wiele beweeg. Dit is ook die skerm vanwaar die lugreëlaar en die Bluetoothversoenbare klankstelsel met USB- en Aux-sok beheer word. Die ritrekenaar vertel jou ook deurlopend van jou brandstofverbruikgeskiedenis en die spoedbeheer help om hierdie gebruik optimaal te hou. Kom ons begin by die begin. Die nuwe, meer aggressiewe ontwerp van die voorkant en ligdiode-ligte gee Yaris HSD daardie selfvertroue wat dit verdien. Die “looks” word afgerond met die vyftienduim-allooisierwiele. Yaris HSD, kleinste hibriedmotor op die mark, is ware stadsmotor danksy lae brandstofverbruik (aangetone brandstofverbruiksyfer van net 3,8l/100 km). Die outomatiese palwissel-transmissie-stelsel maak die ry-ervaring ‘n plesier. Sewe lugsakke, sluitwerende remme (ABS) met elektroniese remkragverdeling (EBD) en noodremhulp (BAS). Stuurwielkontroles (klank en Bluetooth), hoogteverstelbare bestuurder en voorste passasiersitplek; knop-aansitter; verligte paneel-

kissie met verkoeling; trurat-monitor (die beeld verskyn op die raakskerm); elektries beheerde vensters; reënsensors vir die ruitveërs en outomatiese ligbeheerstelsel. Die battery is onder die agtersitplekke geplaas om nie bagasieruim prys te gee nie. Die Yaris Hibried kan in 11,8 sekondes van 0-100 km/h versnel en ’n topspoed van 165 km/h haal. Doen jouself ‘n guns en gaan praat met Malmesbury Toyota om hierdie Motor van die Jaarfinalis te ervaar. Tot ‘n volgende keer. Cheers tot die wiele weer rol. En nee Tannie, die kabelstories is nie waar nie!


NUUS•NEWS

7

12 Desember 2012

Sondeza bou brûe

PLUS EARN POINTS

Langebaan, Malmesbury, Vredenburg & Wellington

All our

BEST SAVINGS

this Christmas

Product has been styled for photography

Op die negende Sondeza Afri-jeugkamp by Ganzekraal het 85 hoërskoolleerders uit die Swartland, Weskus, Duitsland en Malmesbury (Engeland) vir 10 dae byeengekom om te besin oor leierskap, emosionele intelligensie en gemeenskapsprojekte in hulle onderskeie omgewings. Tydens die internasionale aand het Swartlanders hul streek met koringprodukte uitgebeeld.

5999

2999

Grootmaat Lam-voorkwartpak

County fair Fresh Chicken Braai Pack 5 or 10 piece per kg

(Bestaan uit: Braaitjops en stowevleis) per kg

BO: Chris Hunsinger (raads­ lid van Swartland Munisipali­ teit/fasiliteerder), Christiane Bran­ denburg (Eurokamp), Tijmen van Essen (Swartland burgemeester) en Falk Schilling (Duitse provinsie SachenAnhalt). REGS: Osma Jooste-Mokgethi, hoof van die Weskus Kollege, en Falk Schilling (Sachen-Anhalt) het die R18 miljoen-ooreenkoms vir 2013 geteken. Dit behels die jaarlikse uitruil van kennis, studente en dosente met Dehoga in Duitsland.

2399

1879

1789

1199

rainbow Mama’s nine nine Frozen Chicken Braai Pack 1.15kg

LINKS: Johnson Sizani, 'n gemeenskapsleier, het Donderdag die besoekende Sondeza-jeug by die Thusongsentrum verwelkom.

Kellogg’s Corn Flakes 500g

Crosse & Blackwell Mayonnaise 750g

Coca-Cola Gewone 2 litre

A BLessed ChristMAs & A ProsPerous 2013

REGS: Die Wes-Kaapse minister van plaaslike regering, Anton Bredell van Malmesbury, het die samewer­ king tussen die Weskus-Kollege, die SM, WKDM, ABSA en provinsiale regering geloof. Hier ontvang hy ‘n welwillendheidgeskenk van Falk Schilling.

to All our Loyal Customers!

ons Wens ons Lojale Kliënte

‘n Geseënde Kersfees en ‘n VoorsPoediGe 2013 toe! Always there for you PriCes VALid 13 - 17 deCeMBer 2012 AT PIck N PAy STORES LANGEBAAN, MALMESBURy, VREDENBURG & wELLINGTON ONLy www.picknpay.co.za LINKS: Weldoener Elke Newmann van Duitsland Donderdag in Illingelethu saam met kinders by die Thusong-sentrum.

Please recycle

CustoMer CAre

Toll Free: 0800 11 22 88 (lAndline only. CellPhone rATes APPly)

Pick n Pay endeavours to meet the demand for these promotional items, but stocks are limited. some stores may not stock some of these products. Please check availability: 0800 11 22 88 (toll free landline only. Cell phone rates apply). We strive to ensure all printed information is correct, but will not be liable for any print errors that may occur. Advertised prices are inclusive of VAT where applicable. We reserve the right to limit quantities. smart shopper terms and conditions apply. Certain products are excluded from the smart shopper programme, please see in store or go online for more details.

9768M_Bil


8

NUUS•NEWS

12 Desember 2012


NUUS•News

9

12 Desember 2012

Jo Dolphin kry perseel: Jo Dolphin, die dagsorgsentrum vir gestremde per-

sone op Malmesbury, het Vrydag 'n groot geskenk van die Lions-klub van Malmesbury ontvang, toe 'n tjek van R53 500 aan hulle oorhandig is. Dié bedrag ewenaar die aankoopprys van die perseel waarop Jo Dolphin se eerste sentrum binnekort gebou gaan word. Die perseel grens aan St. James, Koch- en Albaniestrate en is verlede week teen 'n spesiale prys aan dié vereniging bekendgestel. Die Lionsklub ondersteun Jo Dolphin reeds vir 'n geruime tyd en kon onmiddellik die R50 000 vir die aankoop skenk. Met die addisionele skenking van R3 500 deur een van die lede, Marina van der Merwe, beskik Jo Dolphin nou oor genoeg fondse om die perseel dadelik te betaal. Jo Dolphin moet self betaal vir die advertensie- en oordragkoste met fondse wat reeds die afgelope tyd daarvoor gespaar is. Die huidige sentrum kan net 20 lede huisves en daar is reeds 'n waglys. Op die foto bo is die Lions van Malmesbury: Lion President Rudi Bezuidenhout; Chris Vollgraaff; Francois Geldenhuys (agter); Carine Bezuidenhout; Lizbe Geldenhuys; Marina van der Merwe; Theresa van Vreden; Kobus Scholtz (agter); Evan Swart en Andy Johnston. Op die foto links onder is Reggy van der Westhuizen (Jo Dolphin), Rudi Bezuidenhout (Lions), Jacques Swarts (Jo Dolphin), Cecil Errens (voorsitter van Jo Dolphin), Marina van der Merwe (Lions), Maude Goliath (Jo Dolhpin) en Marihelet Basson (Jo Dolphin).

Hoofleiers:

Die hoofleiers van Hoërskool Swartland op Malmesbury, Lunga Swelindawo (regs) en Suné Botha, het verlede week die ATKV se hoofleierskonferensie op Goudini bygewoon. Daarna het Lunga ook vertrek na die Jeugleierskonferensie wat jaarliks in die Burgerstrandhuis in Muizenberg gehou word.

Wenners:

Noordhoek Melkery het hul 10de verjaardag gevier en twee geskenkpakke saam met Malmesbury Superspar ter waarde van R500 elk aan twee gelukkige wenners oorhandig. Links is Hanju Human (Noordhoek), Annli Lourens (Noordhoek), Gawie Coetsee (wenner), Anna Amerika (wenner) en Magda Booyens (Malmesbury Superspar).


10

NUUS•News

12 Desember 2012

Restourasie: 'n Jarelange droom van die Swartland Munispalitei is besig om

bereik te word: 44 van die oudste Wesbank-huise word nou gerestoureer met geld wat die provinsiale regering daarvoor bewillig het. Op die foto is Hendrik September, Magrie­ ta Warries, Pearly Nero (huiseienaar), Maude Goliath, Reggy van der Westhuizen, Klasie Rust en Bonny Jenzel in gesprek.

By Kersligmark: Tanja, Lisa, Nina en Daniel Janse van Rensburg by die Malmesbury Kersligmark, wat op die parkeerterrein van die stadsaal aangebied is.


NUUS•News

11

12 Desember 2012

Gesindhede sal ons bybly - dr. Coetzee Dr. Francois Coetzee en sy gesin groet die dorp ná 12 jaar en gaan hulle eersdaags op Worcester vestig, waar Coetzee as ‘n huisarts by die provinsiale hospitaal gaan werk, gekombineer met ‘n studente-opleidingspos by die landelike mediese skool. Die egpaar het met die courant gesels: “Toe ek as ‘n gemeenskapsdiensdokter hier begin het – saam met drs. Sherman en Beukes - was ek onervare en het ek baie ondersteuning van die verpleegpersoneel benodig,” onthou Coetzee. “Ná my graad in huisartskunde, het ek die opleiding van dokters en studente by die hospitaal behartig. As ek terugkyk na die 12 jaar by die Swartland-hospitaal, sien ek hoé het die hospitaal se dienste en sisteme uitgebrei!” Coetzee het van 2007 tot 2010 vir sy Mgraad in huisartskunde geleer. “Dit was nie kinderspeletjies nie, veral met die ongeluk in 2008. Ek het dit oorweeg om een jaar uitstel te neem, maar met Louise se gedetermineerde aanmoediging, het ek steeds my tweedejaar-eksamen afgelê. Ek is vandag baie dankbaar vir haar ondersteuning!” Oor die fiets-ongeluk, waartydens hy beide bene verloor het, sê hy: “Ek sal nooit die gemeenskap en elke pasiënt se ondersteu­ ning van daardie tyd vergeet nie! Die destydse superintendent se sms-fondsinsameling en baie mense se insette het my en Louise deur daardie tyd gehelp! Selfs mense wat dit nie kon bekostig nie, wou ‘n R20 skenk – daardie gesindhede in my tyd van nood sal my altyd bybly!” Coetzee het ook opspraak verwek toe hy binne die voorgestelde tyd sy M-graad voltooi het, ten spyte van die ongeluk. “My pa, ook ‘n mediese dokter, het my baie gehelp om die navorsingsdeel te voltooi. My Mstudie het gegaan oor dokters en mediese studente se wondsorgkennis – iets wat selde deel vorm van die kurrikulum!”

Intussen het hy stelselmatig betrokke ge­ raak by die Universiteit se nagraadse program vir aanlyn-modules, waar hy as tutor help met leer en onderrig. Op Worcester gaan Coetzee die opleiding van die finalejaar-mediese studente behartig: “Dis redelik nuut in Afrika, maar reeds 10 jaar in Australië aan die gang: Die studente kry meer praktiese en relevante opleiding in landelike hospitale, met dié rasionaal dat jong dokters makliker op ‘n plattelandse dorp aanbly as hulle eers vir ‘n jaar daar gewerk het.” Coetzee, ‘n seun van die kunstenaar Cora Coetzee, se boodskap aan die dorp se mense: “Ek het baie lief geraak vir my pasiënte en het altyd die positiewe terugvoer waardeer. Ek sal die Swartlandse mense altyd onthou vir hul vriendelikheid – én sommige se luid­ keelse groet in die strate! Dit het ‘n tydjie gevat om aan gewoond te raak, maar ek sal dit mis!” Swartlanders sal ook sy vrou, Louise, se ywer op die sportveld en as persoonlike afrigter en Pilates-instruktrise mis. Louise, ‘n oudskolier van Hoërskool Swartland wat as middelskakel op die hokkieveld vir baie jare provinsiale hokkie gespeel en afgerig het, het die laaste jare ook doelwagters afgerig en ook tennis-, atletiek-, rugby- en netbalspelers geslyp. Sy het in die Noord-Transvaal binne een jaar die Technikonspan, die Noord-Transvaalse o.21-span asook die seniorspan vir hokkie gehaal en is daardie jaar as sportvrou van die jaar aangewys. “Jou liefde vir jou sport is dit wat in jou hart lê,” glo sy. “Sport is ‘n vaardigheid wat geleidelik groei en ontwikkel – hoe sterker jou verhouding met Jesus word en hoe meer jy jou vaardighede in jou eie tyd oefen, hoe minder moet jy jou self verheerlik!" Louise is bekend vir haar geestelike aanslag en het nooit haar sport en –afrigting

Dr. Francois Coetzee, en sy vrou, Louise, en hul kinders, Joshua en David.

apart van haar godsdiens geleef nie. “Ek wil met jongmense werk. As ek mense se lewens aanraak, wil ek graag sien dat dit hulle verhouding met Jesus verbeter!” Aanvanklik wil sy op Worcester net eers op haar kinders fokus. Met Joshua wat volgende jaar graad 1 by Worcester-Primêr begin en die vyfjarige David, sê sy: “My kinders sal altyd my prioriteit wees. My ma was altyd baie betrokke by my sport, en ek gaan ook langs die baan wees as my kinders speel!” Louise se boodskap aan Swartlanders: "Ek het lief geraak vir die gemeenskap van Malmesbury, die skoliere veral! Ek het net goeie herinneringe van dié 12 jaar. Baie dankie vir elkeen wat so vrylik van hulself as mens gegee en ons lewens verryk het. Ons verlaat die dorp as 'n ryk familie - ryk in herinneringe!" Louise en Francois beoog om steeds lidmate te bly van die Harvester Reformational Church wat in die Koringmuseum op Moorreesburg gehou word. “Dis ‘n jong gemeente wat ons help bou – ons wil graag betrokke bly daar!”


vermaak•entertainment

12

12 Desember 2012

Bar Bar Lamb Burger This is one of the signature dishes of Bar Bar Black Sheep in Riebeek-Kasteel. It is loved to the extent that people come back to have it for a second and a third time. Ingredients: 5kg 100% Lamb mince 4 Large eggs 3 Carrots 1 Small bunch fresh parsley 2Tbsp Fine cumin Salt & pepper according to taste Mix together all of the above ingredients and form a ball. Put pressure on the ball using the base of your hand. Pan fry the patty on the stove

top, 2 minutes to a side. Now remove the pan from the stove and put the patty in the oven, 5 minutes to a side. Your patty is now ready to be served. We plate the dish as follows: Hamburger bun topped with herbed cream cheese. The patty goes on top of the cream cheese, followed by guacamole and capers. Top the burger with a piece of delicious bacon. Complete the picture by dressing the other side of the hamburger bun with fresh salad leaves, raita, marinated peppers, balsamic reduction and an extravagant skewer with rosa tomato and dolmades.

deur dr. Andrew Bosman

swartland events/kalender Pretloop op Malmesbury 12 Desember - Pretloop oor 6 km en 12 km om 18:00 by Hoërskool Swartland. Inskrywings teen R20 by Sure Swartland Travel. Louis Massyn, wat die Comrades Marathon oor nagenoeg 89 km tussen Durban en Pietermaritzburg reeds 40 keer voltooi het, is een van die hardlopers. Gelukkige trekking met groot pryse op die spel na afloop van die wedlope. ‘n Navraag kan aan tel. 022 4871741 gerig word.

Snoek Classic op Yzerfontein 15 en 16 Desember - Jaarlikse Snoek Classic, aangebied deur Yzerfontein Boothengelklub. Pryse ter waarde van R320 000 kan gewen word. Alle vaartuie moet seewaardigheidserifkate hê, skippers moet ‘n bevoegdheidsertifikaat saambring en alle bemanningslede moet geldige hengelpermitte hê. Die inskrywingsgeld is R400 per persoon en R150 vir juniors. Mense met ‘n navraag kan Eduardo skakel by 082 320 3513 of Michael by 082 742 2544. Besoek die webwerf www.ysterboatclub. co.za vir die kompetisiereëls of vir inskrywingsvorm. Kersmark by Kloovenburg 15 Desember - Dié gewilde Kersmark van 09:30 tot 15:00 beloof weer eens ‘n oggend van winskopies en lekker kuier soos min. Meer inligting by 022 448 1635 of stuur ‘n e-pos na info@kloovenburg.com; of besoek www.kloovenburg.com. PPK Malmesbury se dienste 16 Desember 10:00; 23 Desember 10:00; 25 Desember, Kersdag (Dinsdag) 8:00; 30 Desember 10:00; 31 Desember Oujaarsnag/Middernagdiens (Maandag) 23:00; 6 Januarie 10:00; 13 Januarie 10:00; 13 Januarie 18:30. Die Pinkster Protestantse Kerk is op die hoek van St Thomas en Dr Euvrardstraat, regoor Laerskool Swartland. Skakel Kobus du Plessis by 083 722 7787 om ‘n navraag te rig.

Louis Massyn, wat die Comrades Marathon reeds 40 keer voltooi het, is een van die hardlopers in vanmiddag se pretloop om 18:00 op Malmesbury. Weskus Kersmark & Teekamer 13 - 20 Desember - Vir al u kersgeskenke in Vredenburg se hoërskoolsaal; 13 tot 14 Desember 10:00 – 20:00; 15 Desember 10h00 – 18:00; 17 tot 19 Desember 10:00 – 20:00; 20 Desember 10:00 – 15:00. Sowat 120 uitstallers wie se ware te koop aangebied sal word. Ou bekende produkte soos nougat, beskuit, koekies, boeke, pottery en houtwerk is weer vanjaar by die mark te koop, maar daar is ook hope nuwes wat beloof om te verras. Kom koop jou unieke bekostigbare kersgeskenke hier! Kontak Anna Brand by 0836097142 of per epos aan weskusmark@akkerdykkerk.co.za om navraag te rig. Rugbyklub se bekeruitdeling 15 Desember - Die Doringsrugbyklub hou hul jaarlikse beker-uitdeling in die Malmesbury Landbousaal teen R60 per persoon. Kaartjies by die deure beskikbaar, of skakel Klasie by 073 937 0785.

Chosen Dance Ministry 15 Desember - ‘n Geestelike dansvertoning om 19:00 in die Rosenhof Gemeenskapsaal op Moorreesburg. Kom geniet die teenwoordigheid van die Here saam met dié jong dansers. Toegangsfooie is R10 vir volwassenes en R5 vir kinders. Kontak Bellinda Saunders by 072 769 1567 om ‘n navraag te rig. Rugbyklub gee pryse 15 Desember - Die Dorings-rugbyklub hou sy prysuitdeling om 19:00 in die Malmesbury-landbousaal. Toegang R60 per kop. Skakel 073 937 0785 om navraag te rig. Basaar op Yzerfontein 15 Desember - Alle besoekers is welkom by die basaar in die NG Kerksaal vanaf 9:30 vir alle vars produkte en Kersgeskenke.

Country- en Rodeofees 15 Desember - Country- en Rodeofees op Malmesbury-skougrond van 9:00. Die pret sluit in stalletjies, ‘n biertent, country-musiek deur Pieter Mohr en aktiwiteite soos drom-, vlag-,draf-, aartappel-, vleg-, lint- en sakresies, asook waterballongevegte. Toegangsgeld R60 pp. Gratis vir kinders onder 10 jaar. Mense wat ‘n navraag wil rig kan Hennie Basson by 072 270 6042 of Frik by 072 146 7111 of Rynhardt van Zyl by 076 450 8953 skakel of besoek www.rodeosandhorses.co.za vir nader inligting. Kerkdiens op Malmesbury 16 Desember - Die AGS Corpus Christi hou hul oggenddiens om 09:30, met die prediker: Roderick Onverwacht Geen Aanddienste tydens vakansie. Mense kan tel 073 447 2902 skakel om navraag te rig.

NG Kerktye op Malmesbury NG Noordgemeente: Sondag, 23 Desember erediens om 09:00/ Kersdag, 25 Desember Kersdiens om 09:00/ Sondag, 30 Desember: erediens om 09:00/ Oujaarsdag, 31 Desember Oujaarsdiens om 19:00/ Sondag, 6 Januarie: erediens om 09:00; Sondag, 13 Januarie: erediens om 09:00. Groenrivier-kuns- en kosmark 27 Januarie – Desember se mark is uitgestel tot einde Januarie. Voornemende uitstallers kan navrae rig aan Magdel Brink by info@groenrivier.co.za. AA-byeenkomste Dinsdae om 18:30 vergader die AA by die Suiderkruis-sentrum in Esterhof, Riebeek Kasteel. Skakel Daniel by 082 871 6992 om navraag te rig. Kalenderinskrywings moet voor 16:00 op ‘n Maandag na redaksie@diecourant.co.za ge-e-pos word.


NUUS•News

12 Desember 2012

Myburgh skitter Carel Myburgh, met 'n voorgee van 7, het Saterdag se gholftoernooi op die Malmesbury-baan gewen met 'n skitterende 46 individuele Stableford-punte. Piet Basson was die naaswenner met 'n 72 bruto, gelyk aan baansyfer, wat aan hom 43 punte besorg het. Ook op 43 was Johan Spangenberg, wat op al sy persoonlike bestes verbeter het met 'n 71 bruto vanaf 'n voorgee van 8. In die

Karateka kry pryse:

13

vierde plek was Francois Leygonie, wat vanaf sy 20-voorgee 43 punte behaal het. Die immergroen Donato Stelluto was op sy hakke met 42 punte. Die eerste vrou van die dag was Michel de Goede met 41 punte. In die 7de, 8ste, 9de en 10de plekke was die 40 punters, Bennie van der Westhuizen, Johan Kleynhans, Steven McLean en Gulio de Giannatale.

Hierdie karateka het by die Swartland Dojo Prestige aand trofees en medaljes ontvang vir hulle prestasies deur die jaar vir karate. Agter van links staan Sensei Jeanne Steyn (Dojo-Hoof), Lene Mostert, Johannes vd Merwe, Danya Engelbrecht, Ernst van Zyl en Anja Huisamen (Assistent-Instrukteur). Voor van links Dirk du Toit, Amy Mulder, Meacke Cloete, Rorke Mulder, Joubert du Bois, Nadia Swarts en TJ Liebenberg.

SA trofee: Johan van der

Westhuizen van Moorreesburg het op die Suid-Afrikaanse Kushengelvereniging se jaarlikse nasionale toernooi vir hengelaars bo 60 jaar (Grand Masters) die trofeĂŤ vir die totale getal vis en die meeste oneetbare vis tydens die toernooi, verower. Dertien provinsiale spanne van oor die hele land het aan die toernooi deelgeneem, wat aan die Weskus tussen St Helenabaai en Dwarskersbos plaasgevind het. In die spankompetisie het WP met die louere weggestap, met Grens, Kwazulu-Natal en Weskus onderskeidelik tweede, derde en vierde. Twee hengelaars uit die Wes-Kaap, Dennis Nel (WP) en Terry Boucher (Weskus) is na afloop van die toernooi in die Proteaspan ingesluit.


dienste•services

14

12 Desember 2012

West Coast District Municipality Weskus Distriksmunisipaliteit NOTICES/KENNISGEWINGS 1. DRAFT ANNUAL REPORT 2011/2012 2. CLOSURE OF MUNICIPAL OFFICES: 27 – 31 DECEMBER 2012 3. MEETINGS OF THE COUNCIL: 1ST SEMESTER 2013

1. KONSEP-JAARVERSLAG 2011/2012 2. SLUITING VAN MUNISIPALE KANTORE: 27 – 31 DESEMBER 2012 3. VERGADERINGS VAN DIE RAAD: 1STE SEMESTER 2013

Notice is hereby given in terms of Sections 19(a) and 21 of the Local Government: Municipal Systems Acts (Act 32 of 2000) read with Section 127(5)(a) of the Municipal Finance Management Act (Act 56 of 2003) of the following:

Kennis geskied hiermee ingevolge Artikels 19(a) en 21 van die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Stelselswet (Wet 32 van 2000) saamgelees met Artikel 127(5)(a) van die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Finansiële Bestuur (Wet 56 van 2003) van die volgende:

1. The Draft Annual Report for the 2011/2012 1. Die Konsep­Jaarverslag vir die 2011/2012 financial year is open for public scrutiny and finansiële jaar lê ter insae vir publieke comments and is available on the website at kommentaar en is beskikbaar op die webtuiste www.westcoastdm.co.za and at the West Coast www.westcoastdm.co.za asook by die Weskus Distriksmunisipale kantore, Langstraat 58, District Municipal offices, 58 Long Street, Moorreesburg 7310. Moorreesburg 7310.

2. Closure of Municipal offices from 27 – 31 2. Sluiting van Munisipale kantore vanaf 27 – 31 Desember 2012. Die kantore heropen op December 2012. The offices will reopen on Woensdag, 2 Januarie 2013. Noodsaaklike dienste Wednesday, 2 January 2013. Essential services en bystandpersoneel sal aan diens wees. and standby personnel will be on duty. 3. Onderstaande vergaderings sal soos volg 3. The following meetings will be held at 11:00 in om 11:00 in die Raadsaal van die Weskus the Council Chambers of the West Coast District Distriksmunisipaliteit, Langstraat 58, Municipality, 58 Long Street, Moorreesburg: Moorreesburg gehou word: General Council Meetings Executive Mayoral Committee Meetings

Algemene Raadsvergaderings

Uitvoerende Burgemeesterskomitee

28 February 2013

23 January 2013

28 Februarie 2013

23 Januarie 2013

29 May 2013

13 February 2013

29 Mei 2013

13 Februarie 2013

27 March 2013

27 Maart 2013

24 April 2013

24 April 2013

15 May 2013

15 Mei 2013

26 June 2013

26 Junie 2013

Comments regarding the Draft Annual Report for the 2011/2012 financial year must be lodged in writing to the Municipal Manager, P.O. Box 242, Moorreesburg 7310 before or on 14 January 2013. Please contact Ms PE Rodgers on 022 433 8400 during office hours for any queries in this regard. Persons who are unable to read or write are encouraged to visit the West Coast District Munici­ pality during ordinary office hours, where they will be assisted to formulate their written comment or objection.

Kommentare rakende die Konsep­Jaarverslag 2011/2012 moet skriftelik die Munisipale Bestuurder, Weskus Distriksmunisipaliteit, Posbus 242, Moorreesburg 7310 voor of op 14 Januarie 2013 bereik. Kontak me PE Rodgers gedurende kantoorure by 022 433 8400 vir enige verdere navrae in hierdie verband. Persone wat nie kan lees of skryf nie word genooi om die kantore van die Weskus Distriksmunisipaliteit gedurende normale kantoorure te besoek waar personeel hulle behulpsaam sal wees met die formulering van die kommentaar of beswaar.

Wishing and your loved ones a Happy Festive Season Seënwense vir ’n Aangename Feesgety en ’n and a Prosperous New Year. Voorspoedige Nuwejaar saam met u dierbares. MUNICIPAL MANAGER MUNISIPALE BESTUURDER West Coast District Municipality Weskus Distriksmunisipaliteit 58 Long Street / P.O. Box 242 Langstraat 58 / Posbus 242 Moorreesburg 7310 Moorreesburg 7310 Reference: 3/4/5; 3/3/1; 7/2/1

Verwysing: 3/4/5; 3/3/1; 7/2/1 109992

www.ayandambanga.co.za


kleintjies•smalls

15

12 Desember 2012

2 Gesoek Wanted GESOEK-Tweedehandse baba karstoeltjie vir 1 jarige baba gesoek. Kontak 072 625 6848. ----------------------------GESOEK-OP SOEK NA: Welkom Meubels betaal harde kon-tant vir 2de handse goeie meubels, linne, breekgoed, manskoene, vroue skoene, handsakke, ens. Kontak 022 487 1547/084 794 7528. ---------------------------I am looking for RUB Kitchen products, used to be made in Malmesbury. Phone 082 557 7914. -----------------------------

12 Dienste Services

ABC KINDERPARTYTJIES-Kindertemapartytjies, dekor, tafeltjies, stoeltjies, koeke. Kontak Elsa 078 544 2038, abcpartytjies@gmail.com of www.abcpartytjies. weebly.com ----------------------------BENODIG u iemand om na u tuin en diere om te sien gedurende naweke en vakansies? Malmesbury area. Skakel my gerus. Chantal 082 768 1984. ----------------------------Die Tuin Guru’s-Kerstyd: Familietyd-Kuiertyd: Bel ons om jou tuin netjies en skoon te maak: Billike pryse: Doen ook Moorreesburg area. Kontak 083 340 7537. ----------------------------DU TOIT TRAILERSSleepwaens te huur, asook kar sleepwa “piggy back”, asook skaap spitbraai te huur. Kontak 022 482 1767/072 237 2349. ----------------------------Gaan jy met VakansieSoek jy ‘n betroubare persoon om na jou huis, tuin en diere om te sien? Kontak Analise Heyns-072 954 0014. ----------------------------HUIS-PALEIS MEUBELS-Verskaffer van alle Truform en Cloud Nine beddens en matrasse, asook alle parte vir huishoudelike toebehore. Skakel 022 482 2100. ----------------------------KONTANTLENINGS vir maandelikse persone. Persone op swartlys ook welkom. 074 114 2554. ----------------------------MELIETA’S KITCHENSout en soet platters, geleentheidskoeke, terte, groot koeke en heerlike kaaskoeke. Kosse vir elke geleentheid...uit ons kombuis. 082 589 1785/082 492 4485 of www.melietaskitchen. co.za ----------------------------TOP CARPETS EN BLINDS-Teëls, matte laminering, vinylvloere, blindings en hersteldiens. Gratis kwotasies en professionele diens. Skakel 022 482 2100.

----------------------------UNIQUE SLIMMING SOLUTION-Lose up to 30 cm or more in 1 hour with Chilli Slim Body Wrap. Contact Donna: 082 370 9492. ----------------------------VerGENOEG FUNKSIES: Malmesbury. Buitelug venue vir: Werkers Braai Funksies. Bring of braai of ons doen die spyseniering. Kontak Hanlie of Nico vir meer besonderhede en pryse. vanwyk@wcaccess. co.za of 082 853 1481 of nicodreyer@yahoo. com of 072 233 6211. Ek hoor graag van jul!! -----------------------------YSKASTE HERSTEL. Ook binne lekke. New Freeze, Kerkstraat 18, Moorreesburg. Skakel 082 573 1589/083 651 5547. -----------------------------Soek u iemand betroubaar om na u kinders om te sien? Kontak my gerus - enige tyd - (Malmesbury) - 079 355 1036 ------------------------------

7

Te Huur To Let

Double storey, 3 bedrooms, 3 bathrooms, 2 living areas, 2 kitchens, double garage and laundrey. Available 1 Februarie 2013. R5000 per month + dep. Moorreesburg. Contact 082 557 7693. -----------------------------TOP EIENDOMME: 2 slaapkamer woonstel R3 300. Beskikbaar 01/01/2013 Kontak: 022 487 3818

9 Voertuie te koop TE KOOP-AANDAG! Voertuie dringend gesoek! Ek betaal kontant vir enige voertuig of bak-

koop 4 Te For sale

EGTE LEER MANSKOENE-(Vellies, stewels en sandale). Teen spesiale pryseMalmesbury. Kontak Max 083 275 8266. -----------------------------GROENBONE-Riebeek Kasteel. R50 vir 6KG. 082 523 9804. ----------------------------Namibiese Kudu Biltong @ R195 p/ kg. Droëwors @ R175 p/kg. Ideaal vir Kersgeskenke. Kontak Jaques 073 294 3343. Malmesbury aflewerings ingesluit. -----------------------------NEGOSIKAS- Koop en verkoop kwaliteit voorraad/items. Op die hoek van Hill en Vredestraat-Malmesbury. Kontak Tannie Juna by 022 487 2601. -----------------------------2011 gars en hawer strooibale @ R4.50 per baaltjie te koop. 8000 in voorraad. P Beukes 083 355 8807. ----------------------------TE KOOP-Playstation 2 met een remote-goeie toestand @ R600.00. (Malmesbury) Kontak 079 985 7427.

18

Diere Animals

DIERE TE KOOP- labrador hondjies te koop. R800 ELK. Skakel 083 747 0740. ------------------------------

3

Te huur gevra To let Wanted

GESOEK-1 slpkamer Woonstel te huur vir jong dame in Malmesbury vanaf Januarie 2013. Maandelikse huur: R2000 tot R2500. Kontak 084 684 0194 -----------------------------3/4 Slaapkamer huis in Malmesbury vir familie van 4. Huur max R4000.00. Begin datum 1/01/12. Kontak 076 533 3492.

Om hier te adverteer vir advertensies wat werk, skakel vandag 022 487 3221

kie. Doen bankaflosse ook. Kontak 083 464 6960.

16

Betrekkings Vacancy

BETREKKINGS-Kombuis personeel word benodig by besige kafee in Malmesbury. Moet skofte en naweke werk. Betroubaar en hardwerkend. Verkorte CV met kontakbare verwysings word benodig. Skakel 082 774 3691 vir afspraak.

Plaas jou klein advertensie by 022 487 3221 of stuur ‘n epos na admin@ diecourant.co.za

Iets om te verkoop? Wit olifant in jou huis? Kontak ons by 022 487 3221 om dit te verkoop! die courant - advertensies wat WERK!


courant

die

SPORT

tel 022 487 3221

12 Desember 2012

BULLE EN PERDE GAAN BOKSPRING

Country- en Rodeofees op Malmesbury

Bulle en perde wat bokspring en waagmoedige ruiters wat binne sekondes soos ‘n vrot vel afgegooi word, is op die spyskaart vir die Country- en Rodeofees Saterdag op die Malmesbury-skougronde. Om 14:00, wanneer die perde en bulle al moeg gewag is vir hul ruiters, sal die vonke behoorlik begin spat, wanneer die rodeo-nommers afskop. Wees verseker, hier gaan groot manne soos vrot velle waai. Vir diegene wat iets kalmers verkies, is daar stalletjies, ‘n biertent, country-musiek deur Pie­ ter Mohr en nommers wat reeds om 9:00 begin, met aktiwiteite soos drom-, vlag-,draf-, aartappel-, vleg-, lint- en sakresies, asook waterballongevegte. Die fees word deur die klub Rough Stock Rodeo Riders aangebied. In hul jongste nuusbrief word daarop gewys dat ondanks die “sensitiewe tydperk” vir rodeo, sake vorentoe kan verbeter danksy die klub se “goeie gesindheid teenoor die DBV gedurende die eerste rodeobyeenkoms”. Daar word reeds hard gewerk om die arena

Bloues gee medaljes: Die Malmesbury Rugbyklub se medaljewenners is

agter van links: Ronald September, Markum Larey, Klaas Janse, Niklaas Morris, Henfre Brand (president), Stanford Juries, Orian Juries, Jeff van Rooyen, Romano Nero, Louis van Wyk, Warren Nero, Freddy McQuire en Brendin Koordom. Voor van links hurk Orien Solomon, Gareth Barron, Koos Daniels, Kobus Juries, Gerald Hendriks en Harry Solomons.

en krale volgens die DBV se vereistes in te rig. Die toegangsgeld is R60, maar gratis vir kinders onder 10 jaar. Mense wat ‘n navraag wil rig kan Hennie Basson by 072 270 6042 of Frik by 072 146 7111 of Rynhardt van Zyl by 076 450 8953 skakel of besoek www.rodeosandhorses.co.za.

Sherwin Beukes (middel) het die Malmesbury Rugbyklub se toekenning vir die voorste puntemaker ontvang. By hom staan Henfre Brand (president) en Freddy McQuire (regs).

Gerhard Januarie (middel) het op die Malmesbury Rugbyklub se prysuitdeling die Kapteinsbeker ontvang. By hom staan Henfre Brand (president), en Freddy McQuire (regs).

Plus eArn Points

19995 Jameson Ierse Whiskey 750ml

7595

11995

Olof Bergh Brandewyn 750ml

Red Heart Rum 750ml

Vredenburg, Langebaan & Malmesbury

7999 per pack

Castle Lager, Hansa Pilsener or Carling Black Label 12 x 440ml

Always there for you

Glendy in besit: Glendy Theron van Wesbank B in besit op die afgelope Saterdag

Pick n Pay endeavours to meet the demand for these promotional items, but stocks are limited. Some stores may not stock some of these products. Please check availability: 0800 11 22 88 (toll free landline only. Cell phone rates apply). We strive to ensure all printed information is correct, but will not be liable for any print errors that may occur. Advertised prices are inclusive of VAT where applicable. We reserve the right to limit quantities. smart shopper terms and conditions apply. Certain products are excluded from the smart shopper programme, please see in store or go online for more details.

se Netbaldag op die Wesbank-bane. Wesbank het die wedstryd met 10-8 gewen teen die span van Waterbron van Riebeek-Kasteel.

Alcohol Not for Sale to Persons Under the Age of 18. Drink Responsibly.

Choose the best this Christmas! Santa’s Choice in Meat

BRITO’S FAMOUS

CHRISTMAS HAMPERS AVAILABLE

(Max 5 per customer)

10kg Chicken Leg Quarters

195.00 each

Oak Smoked Boneless Gammon

49.99 p/kg

Corned Ox Tongue Corned Beef Smoked Gammon

ONLY

54

.99 p/kg

Mutton Braai Chops

Prices valid at all Brito’s stores from Wednesday 12 December until Saturday 15 December 2012. While Stocks Last. E&OE

55.99 p/kg

Brito’s Meat Centres Customer Information: Tel: 021 950 1000. Address: Cilmor Street, Kaymor, Stikland, 7535. www.britos.co.za

Cooked Salami

19.99 each

9758M/Bil

PRICES VALID 13 - 17 DECEMBER 2012 At Pick n PAy liquor stores VreDenBurG, lAnGeBAAn & MAlMesBury only (not for sAle on sunDAys)

12 desember die courant  

die courant