Die courant 08 april 2015 315

Page 12

NUUS • NEWS

12

8 April 2015

Veilings • Auctions

Geleenthede legio in landbou

13 April: Skaap en Bees; Klapmuts Veilingskrale; 13:00 TOT 17:00. Kontak Leon Strauss: 082 899 0809 of Appie Maritz: 082 825 3895.

Navrae kan gedoen word by die volgende: Lammie Basson, 022 482 2091/868, 083 691 3223 of m.joh. basson@gmail.com.

14 April: Gouda Slagveeveiling;

06 August: IPA Smit Production Sale; Eendekuil Showgrounds. Contact Isak Smit 022 942 1762, 082 523 9821 or sorgvliet@patat. za.net.

Leerders en leerkragte van onder meer Clanwilliam, Kaapstad, Malmesbury en Somerset-Wes het die vierde jaarlikse Agri-Voedsel Loopbaan- en Beursuitstalling op Stellenbosch bygewoon. Dit is op 25 Maart deur die internasionale “Produce Marketing Association” (PMA) se “Foundation for Industry Talent”-inisiatief en die Universiteit Stellenbosch se Fakulteit AgriWetenskappe aangebied. Hoërskoolleerders en voorgraadse studente kon meer uitvind oor ‘n wye reeks beroepsgeleenthede en internskaps- en beursprogrammme in die groente- en vrugtesektor. Onder die uitstallers was groothandelaars, groot kommersiële boerderye, navorsings- en akademiese instansies, saadmaatskappye en voedsel- en drankprodusente. Meer inligting is ook verskaf oor studieopsies in die voedsel- en landboubedryf wat by die Universiteit Stellenbosch gevolg kan word. Onder andere is aangekondig dat die toelatingsvereistes vir studies aan die Fakulteit AgriWetenskappe verhoog is, met voornemende studente wat nou onder meer 60% moet behaal vir wiskunde in hul matriekeindeksamens. “Ek was gelukkig om in ‘n bedryf te kon begin waarin baie geleenthede gereeld oopgaan vir jongmense, onder meer omdat baie van ons jarelange kundiges nou begin uittree,” het Chirene Jelbert, plaaslike bestuurder van Bayer CropScience, vertel tydens ‘n inligtingsessie vir onderwysers. Dit is aangebied vir beroepsvoorligters en wetenskaps- en landbouwetenskapsonderwysers sodat hulle op datum kan wees oor die beroepsgeleenthede wat vir hul leerders in die varsvoedselproduksiesektor wag. Jelbert was al ‘n inseknavorser, ‘n lektor, ‘n kwaliteitsbestuurder wat sorg vir die gehalte van vrugte nadat dit gepluk is, en ‘n tegniese bestuurder by ‘n pakhuis. As produkbestuurder vir een van die wêreld se grootste voedselverspreiders het sy wêreldwyd onderhandelinge gedoen om Suid-Afrikaanse steen- en kernvrugte te bemark. Dié oudstudent van die Universiteit Stellenbosch en Missouri State Universiteit voltooi ook later vanjaar haar MBA. Dis nie sleg vir iemand wie se skoolvakke benewens wiskunde en fisiese ook kuns en verbruikerswetenskap ingesluit het nie! Na skool het Jelbert die kreatiewe én

10:00 tot 16:00. Kontak William Immelman, 082 808 2668. 15 April: Villiersdorp Boeredag Name: Boeredag, Villiersdorp; Florina, Villiersdorp; 09:30 tot 16:00.

12 Augustus: Piket Boere Promosieveiling, Piketberg.

16 April: Sterkwater Boerdery Pro-

duksieveiling Ceres; Skaap & Bees; 11:00 tot 16:00. Kontak Gerhardt Louwcell: 082 771 5824 of Etienne Buchner: 082 825 3893.

13 Augustus: FC Bester Produksieveiling, Kruispad, Moorreesburg. Navrae: FC Bester, 022 433 2438, 082 493 8383 of xpboerdery@agrizone.co.za

20 April: Klapmuts Veilingskrale;

13 August: Bester Brs, Production

skaap & bees; 13:00 tot 16:00. Leon Strauss: 082 899 0809 of Appie Maritz: 082 825 3895.

15 July: Stellenbosch University Pro-

duction Sale; Mariendal, Elsenburg. Contact John Morris, 021 884200/460, 082 771 2285 or jm3@ sun.ac.za.

16 July: DH Wessels Production

Sale, Karsrivier, Bredasdorp. Contact Boeta Wessels, 028 425 1016 or 082 927 8320 or boetawessels@omail.co.za.

30 Julie: Suid-Kaap veiling, Agrimega, Bredasdorp. Navrae: BKB, 021 807 8900.

05 Augustus: Basson Broers Produksieveling, Kliprug, Malmesbury.

Sale, Kruispad Moorreesburg. Contact: Jandre Bester, 022 433 1890, 082 784 7686 or jandre@bestergroenewald.co.za.

25 August: M van Rooyen Produc-

tion Sale, Show Tromp Nel hall, Calvinia. Contact: Marcellene van Rooyen, 027 341 2253, 082 386 4048 or mvr@ hantam.co.za.

02 September:

Weskusveiling, Graansilo, Vredenburg. Navrae: BKB, 021 807 8900.

15 September: JJ & JHL van der Westhuizen Production Sale, Toorkop, Nieuwoudtville. Contact: Koenas vd Westhuizen, 027 218 1288, 083 425 1110 or vleiland@telkomsa.net.

By ‘n inligtingsessie op Stellenbosch kon beroepsvoorligters en wetenskaps- en landbouwetenskapsonderwysers meer hoor oor beroepsgeleenthede wat vir jongmense in die varsvoedselproduksiesektor wag. Teenwoordig was (agter van links) Monika Basson (US Fakulteit AgriWetenskappe), Tommy Botha en Albert van Zyl (albei van die Departement van Onderwys), en (voor) Desiree Titus (Hoërskool Gordon in SomersetWes) en Zuna Koen (Hoërskool Swartland op Malmesbury). Foto: Engela Duvenage analitiese sye van haar persoonlikheid ingespan om in hortologie en entomologie aan die Universiteit Stellenbosch te kwalifiseer. Dit het haar op die pad gesit na ‘n suksesvolle, uitdagende loopbaan in die plaaslike landboubedryf. Kobus Pienaar, tegniese bestuurder van Woolworths se Farming for the Future-divisie, was ook onder die sprekers by die inligtingsessie. Hy het ook die toenemende veroudering van die kundigheidsbasis in die plaaslike landbousektor beaam. “Tien jaar terug was die gemiddelde ouderdom van mense in die bedryf 57 jaar oud, maar vandag is dit 62 jaar,” het hy onlangse opnamesyfers aangehaal. In Amerika staan dit op 58 jaar, en in die Europese Unie is dit 54 jaar. Vir meer inligting oor landbougerigte studieopsies aan die Universiteit Stellenbosch, kontak Monika Basson by (021) 808 2978 of mh@sun.ac.za.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Die courant 08 april 2015 315 by DieCourant - Issuu