courant swartland en weskus
Gratis • Free
Hugenotestraat 24, Malmesbury
Swartland
8 April 2015
Bergrivier
BEKROON: Weskus se 1ste keuse
dié
1
Uitgawe 315
tel: 022 487 3221
Weskus se GEWILDSTE en GROOTSTE Streekblad - Ons BOU saam met GOEIE NUUS
Passiespele herdenk Paasfees
Sestig akteurs uit die breë Darling-gemeenskap het weer Christus se kruisdood en ons verlossing van sonde herdenk met die jaarlikse Passiespele. Hier is koning Herodus (Richard Manchip) in ‘n argument betrokke met ‘n lid van die Sanhedrin (Denise Manchip). Drie kore, ‘n blaasorkes en twintig kinders van die Leandra-dansgroep was almal deel van die opvoering. Marie Hammann, wat verantwoordelik was vir die regie en teks, het aan dié courant vertel dat hulle al in Januarie begin oefen het aan die uitbeelding van dié grootse Christelike gebeurtenis.
• GROOT VERBETERING IN VERSLAE - OG
Skoon oudit vir WKDM Die uitvoerende burgemeester van die Weskus Distriksmunisipaliteit, raadsheer Harold Cleophas, het sy dank en waardering uitgespreek aan sy personeel en raad met die toekenning wat hy van die ouditeur-generaal ontvang het vir die WKDM se vierde agtereenvolgende skoon oudit. Die ouditeur-generaal, Kimi Makwetu, het die toekenning gemaak tydens die jaarlikse funksie vir rolsplers. Dit was ook die inwyding van die OG se nuwe Wes-Kaapse kantore. Makwetu sê hoewel daar groot verbetering in oudit-verslae is op nasionale en provinsiale vlak, is daar ruimte vir verbetering. Ivan Meyer, Wes-Kaapse Minister van Finansies, het in sy Wes-Kaapse begrotingsrede gesê die ouditeur-generaal se verslag vir die 2013/14-boekjaar onderstreep die goeie bestuur en suksesse in die provinsie.
Hy sê die Wes-Kaapse regering se inisiatiewe om die standaard van finansiële bestuur in munisipaliteite te verbeter, lewer resultate. Van die 30 munisipaliteite het 29 ongekwalifiseerde oudits ontvang, 17 hiervan skoon. Dit verteenwoordig ongeveer die helfte van die totale getal munisipaliteite wat landwyd skoon oudits ontvang het. Meyer het die goeie uitslae toegeskryf aan die kwaliteit van leierskap en goeie bestuursbeginsels in munisipaliteite. “Ook die Wes-Kaapse Tesourie het meegehelp met die sogenaamde Municipal Governance Review Outlook (MGRO) – ‘n proses wat daarop gemik is om skoon regering op munisipale vlak te bevorder. “
Burgemeester Harold Cleophas met die toekenning.
NUUS • NEWS
8 April 2015