dié courant swartland & bergrivier 420

Page 1

c urant

dié

1 Swartland • Bergrivier

• Free • Gratis

17 Mei 2017

17.2%

Wes-Kaap se #1

Bou saam met goeie nuus

Emo Adams op Malmesbury

Uitgawe 420

Bester praat oor jare by kelder

17 Mei 2017

Kunstenaar kleur dorpe in met kuns

Die Voëvleidam se vlak is tans baie laag en die watervlak het Maandag op 17.2% gestaan.

•R500 MILJOEN VIR VOËLVLEI EN BERGRIVIER

Uitgrawings begin

Moenie jou stort as 'n musiek-ateljee gebruik nie. Só het die nasionale minister van water en sanitasie, Nomvula Mokonyane, gister by die Wes-Kaapse water-indaba op Rawsonville gesê. Stad Kaapstad se burgemeesterskomitee het gister vlak 4-waterbeperkingsvir die metropool voorgestel. Indien dit goedgekeur word, sal dit op 1 Junie in werking tree. Die perk in die Swartland is tans op vlak 3. Kaapstad en Swartland word albei deur die Voëlvleidam van water voorsien en Kaapstad is geregtig op 90% van die inhoud, terwyl Swartland geregtig is op 6%. Die oorblywende 4% word vir landboudoeleindes geoormerk. Mokonyane het klem gelê op die aanpassings wat by die Bergrivier en Voëlvleidam gemaak moet word en gemeld dat dit 'n prioriteit is. "Dit is 'n R500 miljoen-projek en die omgewingsimpakstudie word nou gefinaliseer," het sy gesê. Die Voëlvleidam, hoofvoorsiener van water vir die Swartland, staan tans op 17.2%, terwyl Theewaterskloof ook laag is met net 15%. Die totale gemiddelde kapasiteit van die Wes-Kaapse waterstelsel is tans 21.2%. Stad Kaapstad het gister op hul webtuiste melding gemaak van uitgrawings wat by die Voëlvleidam begin het om dit moontlik te maak

om laagliggende water te onttrek. Daar word nou vir dieselfde uitgrawings aansoek gedoen by die nasionale departement van water en sanitasie om dieselfde by die Theewaterskloofdam te doen. “Die bruikbare water in die damme is tans sowat 10% minder as die damvlakke, aangesien die laaste 10% van ‘n dam se water baie moeilik is om te gebruik.” Só skryf Stad Kaapstad op hul webtuiste met die bekendmaking van die nuutste watervlakke. Vlak 4-waterbeperkings, soos vir Stad Kaapstad voorgestel, behels veel strenger maatreëls ten opsigte van die gebruik van munisipale drinkbare water. Waar die huidige vlak 3B-waterbeperkings byvoorbeeld nog beperkte tuin natlei op sekere dae toelaat, sal alle soortgelyke eksterne gebruike van drinkbare water met vlak 4 heeltemal verbied word, lui ‘n verklaring deur die stad se burgemeesterskomiteelid, Xanthea Limberg. Dit sluit ook die aanvul van swembadwater in. Volgens Madelaine Terblanche, direkteur van korporatiewe dienste by die Swartland Munisipaliteit, is vlak 4-beperkingsmaatreëls nog nie plaaslik ter tafel gelê nie. Die noodtariewe vir water wat in die finale finansiële begroting ingesluit is, word gekoppel aan die vlak waterbeperkings en is reeds 'n ge-

ruime tyd in plek vir verbruikers. Verbruikers betaal tans die 30% noodtarief wat gekoppel word aan vlak 3 (30% besparing). Sou vlak 4-beperkings dan wel in die toekoms ingestel word, sal die 40% tarief geld, voeg sy by. Reënvalsyfers het volgens die Suid-Afrikaanse weerdiens in April verlede jaar aansienlik beter gelyk met ‘n totaal van 47.2 mm soos gemeet by die Langgewens-proefplaas buite Moorreesburg. Vanjaar se reënvalsyfer vir dieselfde tydperk staan op 13.2mm. Daar het tot dusver die maand 42 mm reën in die area geval. Dit is byna soveel as die 44 mm wat vir die hele Mei-maand 2016 gemeet is. Junie 2016 het weer ‘n welkome 105.6mm gelewer. Hoewel toestande tans nie ideaal vir graanboere is nie, gaan die plantseisoen voort. Boere meen die tekort aan reën, plaas groter druk op voer vir hul vee. Die gevolg is dus die aankoop van voer. Heelwat skaapboere in die Swartland en Weskus het die afgelope jaar hul skaapkuddes met tussen 20-50% verminder, omdat hulle net nie die nodige voerreserwes of kapitaal het om hul diere kos te gee vir die derde droë jaar in ‘n ry nie, sê John Dürr, voorsitter van Agri Malmesbury en bestuurslid van die RPO Wes-Kaap. Vleisbeeskuddes is ook verminder en in sommige gevalle heeltemal tot niet gemaak.

NUUS • NEWS


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.