513 dié courant Wellington

Page 1

courant

dié

Swartland •• Bergrivier Bergrivier 1 Swartland Wellington 1Wellington

• Free ••Free Gratis • Gratis Wes-Kaap se #1 Wes-Kaap se #1

Bou saam met goeie nuus Bou saam met goeie nuus

Uitgawe 513 Uitgawe 486

•SAKEKAMER FOKUS OP KUBERRUIM

10 April 2019 12 September 2018

Moderne vrou se rol in samelewing

Annie: Hugenote Hoërskool se

•Jaomi Zeeman Die Drakenstein Sakekamer het, in samewerking met CS Cybershield, Sanlam en Golden Thread Communications, ‘n spesiale inligtingsessie vir plaaslike sakevroue aangebied waar die voordele en gevare van sosiale media en die kuberruim onder die loep geneem is. Hierdie insiggewende sessie het op Dinsdag 4 September by die Boschenmeer Landgoed plaasgevind. Talle plaaslike besigheids- en sakevroue het die geleentheid bygewoon en groot baat gevind by die interessante praatjies. Anine van der Westhuizen van Golden Thread Communications, ‘n spesialis op die gebied van die suksesvolle aanwending van sosiale media in die besigheidswêreld, het die dames oor die voordele van die gebruik van die kuberruim in die werkplek ingelig. Volgens Anine kan sosiale media platforms baie suksesvol in die sakewêreld en tot voordeel van besighede benut word. “Sosiale media platfoms soos facebook, instagram en linkedin is ‘n kragtige hulpmiddel om jou besigheid te adverteer en netwerke •Jaomi Zeeman met ander besighede en moontlike kliënte te Die Drakenstein Munisipaliteit het die groot bewerkstellig. eer"Instagram te beurt geval om die tiende het byvoorbeeld 3,8jaarlikse miljoen Wesver-Kaapse 80% Proseskontroleerder-konferensie bruikers, van verbruikers volg besighedein November aan te op hierdie 2019 platform enbied. 30% van verbruikers konferensie, wat voorheen as die WeskoopDie produkte wat hulle op instagram gesien -Kaapse Opedag bekendgehet,” het Proseskontroleerder sy gesê. staan het,het word deur platform die ProseskontroleerdersAnine hierdie ook as ‘n plek afdeling van diehul Water Instituut kan van uitbeeld, Suidelike waar besighede kreatiwiteit (WISA) georganiseer. ‘n Proseskontroleer‘nAfrika besigheidsblad kan skep, hutsmerke kan der is treffende ‘n persoon foto’s wat gekwalifiseerd en gemagtig skep, kan plaas en subtiele is om die konstruksie, installasie, werking en handelsmerksigbaarheid kan bewerkstellig, instandhouding van enige waterwerke te ontvoorgehou. werp en tehaar bestuur volgens diegoeie Departement Volgens is Twitter nog ‘n platform vandeur Water en Sanitasie. wat sakevroue gebruik kan word. Die Wes-Kaapse “Met 7,7 miljoen Proseskontroleerder-konfegebruikers, 83% van die rensie se plaas diewat soeklig op die belangrikheid van wêreld leiers op hierdie platform in aksie as ‘n belangrike komponent in isproseskontrole en 76% van verbruikers wat handelsmerke die watersektor om diens die voorsiening veilige hier na vriendelike aanbeveel,van is dit ‘n drinkwater aan alleininwoners te verseker. kragtige instrument enige besigheid,” het Die sy Drakenstein Munisipaliteit het nie minder nie as gesê. vyfVolgens toekennings die toekenningseremonie Anineby is Linkedin ‘n meer professio-in 2018ernstige in Bredasdorp in hierdie veld ontvang. nele, platform. Die volgende toekennings, wat op 29 en Novem“Linkedin het 6,1 miljoen verbruikers 94% ber werwers 2018 deur die hierdie Departement vanom Water en van is op platform kandiSanitasie in die Wes-Kaap toegeken is, is aan die date te vind. Drakenstein vir uitnemendheid "Dit is dieMunisipaliteit effektiefste sosisale media plat-in die belangrike proseskontrole-veld toegeken: form vir webwerf-verkeer en leidrade,” het sy

NUUS •• NEWS NEWS NUUS

10 April 2019 12 September 2018

jaarlikse musiekblyspel het al 'n instelling in Wellington se gemeenskap geword. Vanjaar bied hul die immergewilde Annie aan. Die speelvak is van 30 April tot 3 Mei in die skoolsaal van Hugenote Hoërskool. In die rolverdeling is Marilu Zeeman as Annie, Henk van der Spuy as Warbucks, Megan de Waal as Grace en Paula Zeeman as miss Hanigan. Kaartjies is te koop by die skool teen R90 (Kinders) en R120 (Volwassenes). Die Gala-aand se kaartjies is R220 wat 'n ete insluit. Galery-kaartjies is te koop teen normale pryse, maar sluit nie 'n ete in nie. Kaartjies is te koop by Hugenote Hoërskool of kontak 021-873-2111.

•STREEK-KONFERENSIE PLAASLIK AANGEBIED

DM bespreek water

1. Naaswenner vir die beste Watersorg voeg. Proseskontroleerders in die Watersektor Op-terrein Laboratorium vir die Pearl Valley van regoor die Wes-Kaap woon die jaarlikse byeenkoms, wat ‘n platform vir bemagtiging en Watersuiweringswerke. 2. Beste Interne Munisipale Laboratorium erkenning is, by. Dit skep ook ‘n geleentheid vir (Algemene Operasionele en Geskiktheidsmoni- die oordrag van kennis, vaardighede en tegnoAnine Francis Nieuwoudt van die logie. tering).van der Westhuizen van Golden Thread Communications, Drakenstein Sakekamer, Jan-Hendrik Stander van Cybershield en Helét Borchardt van SanDie geleentheid voorsien nuwe inligting oor 3. Beste Watersuiweringsdamsisteem. lam.4. Beste Watersuiweringswerke met ‘n die ontwikkelings wat in die algemeen in die proseskontroleringsomgewing plaasvind. Prokapasiteit van minder as 5Ml/dag vir die Saron gemaak het, gegee. gesê. seskontroleerders regoor die Wes-Kaap kry Watersuiweringswerke. Hy het ook die van vooren nadele van gratis Jan-Hendrik Stander van CS Cybershield het hier die geleentheid om ideesbespreek. uit te ruil en net5. se Naaswenner vir Afvalwater Geskiktheid. Wi-Fi vir kliënte en besighede Anine praatjie opgevolg met ‘n inligtingsessie te vorm.jy gratis Wi-Fi gebruik, is jou die Drakenstein Munisipaliteit is dit werke “Wanneer oor Volgens die kubersekuriteit en inligtingsekuriteit. “Buiten die nie eer beskerm om as gasheer vir hierdie ‘n Volgens bewys van strewe na uitne- inligting en data nie. Kuberkrakers homhul houvolgehoue die gebruik van telefone, geleentheid in 2019 op teonderskep, tree, sal verteenwoormendheid. e-posse en baksake virusse op die internet, sosiale media, e-posse, rekenaars, kan digers aflaai van die Drakenstein Munisipaliteit die “Water is en salsowel ‘n fokuspunt vandat ons mense aandag toestel en toegang tot jou data en stelsels selfone, tablette, as die feit geleentheid kryverduidelik. om met hul eweknieë uit ander bly,” Conrad gesê. verkry,” het hy nie nethet in burgemeester kantore nie, maar ookPoole in koffiewinkels regerings maak,“phising” hul kennisen uit “Dit is ‘n gevolg van diedoen onlangse droogte in plaaslike Jan-Hendrik het kontak ook dieteterme en restaurante besigheid talle voordele, te brei en hul vaardighede in die proseskontroledie Wes-Kaap. Veiligein.drinkwater is ‘n waarde- “spoofing” verduidelik en wenke vir die voorkomaar ook talle gevare ringsveld te ontwikkel. Dit sal voordelig vir ons volle mensereg. Hierdie regvan is slegs moontlik ming daarvan gegee. Hy het ook na die gevare kuberdiefstal in die watersuiweringsveld deur die toegewyde werk wat ons proseskontro- bedrywighede Besighede se digitale voetspoor enwees. die en kuberkrakers verwys. Dit sal ons ook help om ons doelwit om kwalileerders in waterwerke doen. belangrikheid daarvan is bespreek. “Wagwoorde is soos onderklere. in ons watersuiweringsaanlegte "Proseskontroleerders speel baie teitstandaarde Die wetlike aspekte rondom sosiale media "Jy moenie toelaat dat ander mense‘ndit sien in stand te en selfs te verbeter,” het Poole belangrike in gereeld die watervoorsiening enhou, wenke rondom hierdie kwessie is nie, jy moetroldit verander en en jy watermoet platforms afgesluit. suiweringswerke en hulle verseker bekyk. dit nooit met vreemdelinge deel nie,”dat hetdaar hy ook Bo dames en behalwe diesessie verrigtinge by die konfevoortdurend ‘n voorraad van veilige drinkwater Die wat die bygewoon het, het geskerts. rensie, die geleentheid ooken verskeie interesaan sevan inwoners beskikbaar baiesal insiggewend gevind kon rondom Hyons hetgemeenskap die kenmerke ‘n sterk wagwoordis. dit sante uitstallings verskaffersenenidees rolspelers Hulle behandel ook wenke afvalwater dit nie eetgoed deur hul ervaring ten verduidelik en ook oor sodat hoe om uit ons te heerlike in die proseskontroleringsektor huisves. waterbronne berokken nie,” het inbreuk hy byge- opsigte van die gebruik van sosiale media deel. vind of iemandskade op jou kubersekuriteit

Hearing Tests Hearing Aids Hearing Protection

Tel: 021 870 1898

20 Verster Street, Paarl (Next to Medicross) www.paarlhearing.co.za


2

10 April 2019

NUUS • NEWS

Pasiënte gratis by Cure-daghospitaal geopereer Ses plaaslike kinders het op Vrydag 5 April gratis operasies en mediese sorg by die Cure-daghospitaal ontvang. Hierdie inisiatief is deel van ‘n gemeenskapsprojek wat Cure saam met die Paarl Hospitaal en die TC Newman Kliniek aangepak het. Volgens Liezl Muller, bemarkingsbestuurder van die Cure-daghospitaal, is dit die eerste keer dat hierdie drie mediese instansies hande vat om só ‘n diens aan die gemeenskap te lewer. Die operasies het almal by Cure plaasgevind, maar is die resultaat van ‘n hele klomp medici en mediese instansies se samewerking. “Dokters Mouton en Allie is albei plaaslike tandartse en dokters Lerm en Prins, wat narkotiseurs is, bied almal hul dienste gratis aan vir hierdie projek,” het sy gesê. Die rede vir hierdie inisiatief is die feit dat die enigste teater wat vir tandheelkundige prosedures in ons area beskikbaar is, in die Paarl-hospitaal is. Volgens dokter Rushaan Gaffoor van die Drakenstein Distrik se Departement van Gesondheid, veroorsaak dit dat die waglys vir operasies bly groei. “Die teaterwaglys staan tans op 4 tot 5 maande. Dit is veral kinders, wat soms noodsaaklike tandheelkundige operasies nodig het om hul lewenskwaliteit en funksionering te verbeter, wat hieronder ly. Daarom het ‘n tandheelkundige span van die sub-distrik hierdie ses plaaslike kinders geïdentifiseer wat almal dringende operasies benodig,” het sy verduidelik. “Ons het die laaste tyd ons dienste ook aansienlik in die Wellington-area uitgebrei,” het sy

bygevoeg. Die Cure-daghospitaal hul teaters en verpleegpersoneel gratis vir hierdie operasies beskikbaar gestel. Volgens Liezl het die TC Newman-kliniek ‘n 3 tot 5 maandelange waglys vir tandheelkunde. “Dit is meesal kinders wat herstellings en ekstraksies baie nodig het. Van die kindertjies is gestrem of het hartdefekte,” het sy verduidelik. Die TC Newman Kliniek het al die mediese materiaal vir die operasies verskaf en hiermee saam met die Paarl-hospitaal, Cure-daghospitaal, wat elke jaar ‘n gemeenskapsprojek identifiseer, en talle plaaslike medici ‘n groot verskil in hierdie kinders se lewens gemaak. Die kinders en hul ouers wat vir die tandheelkundige operasies opgedaag het, was baie opgewonde om uiteindelik gehelp te word. “Hierdie operasie gaan ‘n groot verskil aan my kind se lewenskwaliteit maak. Ek is ontsettend dankbaar vir wat hierdie mense doen,” het die een kind se ma laat hoor. Die Cure-daghospitaal het selfs ‘n spesiale koek, in die vorm van ‘n tand, vir die pasiënte laat bak waaraan hulle na afloop van hul prosedures kon weglê. Cure-daghospitaal Paarl fokus op dag chirurgie en is deel van Cure Day Holdings Groep van Dag Hospitale in Suid Afrika. Cure Paarl het ook ‘n COHSASA (Council for Health Service Accreditation of Southern Africa) ontvang waaroor ons baie trots is. COHSASA is die enigste mediese vereniging wat Internasionaal erken word om mediese fasiliteite van hoë standaarde te verseker.

Dr. Rushaan Gaffoor, die tandarts, dr. Melisca Scheffers, dr. Gunter Mouton, die tandheelkundige assistent, Frederika van Schalkwyk en Liezl Muller, bemarkingsbestuurder by Cure, met ‘n spesiale koek saam met van die pasiënte.

Ronald West se herbesoek aan Wellington

Die kunstenaar Ronald West sit en skilder in die Boland Chic-kunswinkel op Wellington. Die bekende kunstenaar, Ronald West, het op Saterdag 6 April sy voormalige tuisdorp besoek. Hy het sy kunswerke en vaardigheid as kunstenaar aan plaaslike kunsliefhebbers en bewonderaars by die Boland Chic-kunswinkel ten toon gestel. Ronald het in die sonnige venster van dié gewilde winkel in die besige Checkers-sentrum gesit en skilder, terwyl verbygangers sy vernuf kon gade slaan en hul aan sy kunswerke, wat in die winkel uitgestal is, kon verwonder. Ronald is in Stellenbosch gebore en het sedert sy kinderjare ‘n groot belangstelling in teken getoon. Hy het beeldhou as vak by Paul Roos Gimnasium geneem en na skool Grafiese Ontwerp aan die destydse Kaapse Technikon studeer. Na sy studies het hy byna enige werk, buiten kuns, gedoen. Hy en sy gesin het na Wellington getrek en in 2001 het Ronald ‘n lewensveranderende droom gehad, waarna hy sy werk bedank het en vir homself ‘n esel en verf gekoop het. Sedertdien het hy homself as ‘n gerekende Suid-Afrikaanse kunstenaar gevestig en sy gewilde kunswerke hang selfs teen talle mure in Amerika, Kanada, Noorweë, Rusland en Australië. Ronald het ook al talle uitverkoopte uitstallings, sowel as ‘n reeks dekorprodukte op sy kerfstok.

Volgens Ronald skilder hy elke dag van sy lewe en skep ongeveer 4 kunswerke per maand. Sy kenmerkende straattonele en uitbeeldings van mense op fietse, om tafeltjies of in feestelike luim het oor die jare as’t ware sy handelsmerk geword. Hy het onlangs begin om ook landskappe te skilder. Hy skilder net in olie op doek. “Ek het die laaste tyd met landskappe begin eksperimenteer. Dit is baie bevredigend. Ons woon in so ‘n ongelooflike mooi provinsie en omgewing en dit is lekker om hierdie skoonheid vas te vang,” sê hy terwyl hy deur die winkelvenster na die berge beduie. Wellington se landelike en plaasomgewing wat vir ‘n hele klompie jare sy woonplek was, vind gestalte in die Bolandse landskappe wat hy deesdae skilder. Alhoewel Ronald deesdae in die Kaap woon, vertel hy dat dit vir hom ‘n voorreg is om weer in sy ou tuisdorp te kuier. “Hier lê baie herinneringe. Ek het die eienaar van hierdie kunswinkel ontmoet en hy het my gevra of ek sou belangstel om een oggend hier te kom sit en skilder. Ek het natuurlik dadelik ingestem,” sê hy. Belangstellendes kan hierdie oud-Wellingtonner se kuns op sy webblad by www.ronaldwest. com, of op sy facebookblad by www.facebook. com/RonaldWestArt besigtig.


NUUS • NEWS

10 April 2019

•SAMUELS HET PASSIE VIR BOEKE

Biblioteek-hulp vir sy diens vereer

Bo: Eugene Samuels (agter middel) saam met die personeel by die plaaslike biblioteek. Hulle is voor v.l.n.r.: Delano Prins, Nodumo Lihle Ngubo, Yvonne Arnoldus, Josephine Cloete, Siyasanda Gushman en Anolette du Toit. Agter v.l.n.r.: Chantel Gerrike, Ntobeko Sikhakhane, Tanya Wiese, Eugene Samuels, Lisabhanya Nodlayiya, Denise Pieters en Thandile Styodana. Links: Eugene Samuels tussen die boeke in die plaaslike biblioteek. Hy is deur die Wes-Kaapse Regering vir sy vrywillige werk by die biblioteek vereer. •Jaomi Zeeman Eugene Samuels is ‘n jong Wellingtonner met baie dryfkrag, duidelike doelwitte, deursettingsvermoë, ‘n liefde vir mense en ‘n passie vir boeke. Hy is onlangs deur die Wes-Kaapse regering vereer vir sy onbaatsugtige diens in die gemeenskap. Die 22-jarige Eugene is ‘n Wellingtonner in murg en been. Hy woon sedert sy geboorte hier en het sy skoolloopbaan aan St. Albans Primêr en Wellington Hoërskool voltooi. Na skool het hy Administrasie aan die Boland Kollege gaan studeer en vir ‘n tydjie by Statistiek Suid-Afrika gewerk. Daarna het hy ‘n kontrak by die Biblioteekdienste gekry en by die plaaslike biblioteek begin werk. Eugene se kontrak het na 2 jaar by die biblioteek verval, maar hierdie ywerige jong man het besluit om as vrywilliger met sy diens by die biblioteek voort te gaan. Sedert Augustus verlede jaar werk hy dus heeltemal vrywillig by die biblioteek. Hy ry elke dag op sy eie onkoste werk toe en terug en lewer ‘n dag se diens sonder om ‘n sent daarvoor te ontvang. Hierdie tipe toewyding is nie iets wat ‘n mens noodwendig van ‘n jongmens sal verwag nie. Waarom sal ‘n 22-jarige jong man elke dag getrou vir ‘n werk opdaag as hy nie daarvoor betaal word nie? “Ek hou daarvan om hier te werk. Dit is ‘n opoffering, maar dit is iets waardeur ek myself kan bewys. "As daar miskien in die toekoms weer ‘n pos beskikbaar is, sal hierdie ondervinding en diens hopelik in my guns tel. Ek sal graag aansoek wil doen vir ‘n permanente pos as ‘n biblioteek-assistent,” verduidelik Eugene. Die toekenning van die Wes-Kaapse regering, waarvoor sy kollegas by die biblioteek hom genomineer het, beteken vir hom baie. “’n Mens doen nie sulke goed vir erkenning nie. "Jy doen dit omdat jy ‘n diens wil lewer, omdat jy dit geniet en omdat jy iets vir mense kan beteken. "‘n Toekenning soos hierdie sê dat mense tog raaksien wat jy doen en dankbaar is daarvoor, en dit beteken baie,” sê Eugene. Volgens hom lê die aantrekkingskrag van die biblioteek daarin dat dit moontlikhede kan ontsluit. “Die biblioteek is ‘n interessante plek. "Boeke en lees is die antwoord op soveel

dinge en kan mense se lewens beter maak en hulle die kans gee om dinge te weet, goed uit te vind en persone te leer ken wat nêrens anders sou moontlik wees nie. "Dit maak nie saak of jy 6 of 80 jaar oud is nie - as jy deur die deure van die biblioteek stap, word jy deel van die gemeenskap van lesers en leerders en nuwe wêrelde. "Dit is wonderlik om mense op so ‘n plek te kan help,” sê Eugene. Hy beplan om verder te studeer en sy drome een vir een waar te maak. “Ek wil graag eendag selfstandig wees, ‘n vaste werk hê, stabiel wees met ‘n veilige toekoms en sekuriteit,” vertel hy. Daar is seker geen beter wegspringplek vir hierdie doelwitte as binne die mure van ‘n biblioteek nie. Die Wellington Biblioteek se Senior Bibliotekaris, Ntobeko Sikhakhane, is vol lof vir Eugene. “Die beste ding van ons dorp se biblioteek, is die ongelooflike span mense wat hier werk. Eugene is nou een van ons en ons is baie trots op hom. "Daar is niks meer vervullend as om daarna uit te sien om elke dag werk toe te kom en te weet die mense saam met wie jy werk, deel jou passie nie,” sê hy.

3

Wellingtonners ondersteun SA Nasionale Bloeddiens

Bo is die spanleier van die SA Nasionale Bloeddiens wat in Wellington diens gedoen het, Rohwellen Ruiters, saam met twee Wellingtonners wat bloed geskenk het. Wellingtonners het op Woensdag 3 April na die manier te help om lewens te red. “Een persoon wat bloed skenk, red 3 mense gemeenskapsaal oorkant die Verkeersdepartement opgetrek om bloed te skenk. Die Suid-Afri- se lewens,” sê Rohwellen. Volgens hom kan enigeen tussen 16 en 65 kaanse Nasionale Bloeddiens het hul maandejaar bloed skenk. likse bloedskenk-geleentheid hier aangebied. “Die persoon moet ook meer as 50kg weeg, Volgens Rohwellen Ruiters, spanleier van die Bloeddiens se personeel wat in Wellington diens ‘n goeie ete in die laaste 4 ure voor skenking gedoen het, besoek dié organisasie Welling- geëet het en ‘n gesonde leefstyl volg,” verduideton een keer per maand om aan mense uit die lik Rohwellen. Die bloed wat op hierdie manier geskenk plaaslike gemeenskap die geleentheid te gee om word, word eers deeglik getoets voordat dit vir bloed te skenk. Hy is opgewonde oor Wellingtonners se gebruik beskikbaar gestel word. Van hierdie getroue, goeie ondersteuning van hierdie inisi- toetse sluit toetse vir bloedgroepering en MIV in. atief. Die SA Bloeddiens se volgende besoek “Daar daag elke maand tussen 70 en 80 mense uit Wellington op om te kom bloed aan Wellington, waar ons mense weer hul skenk,” vertel hy tussen die talle beddens wat in onbaatsugtigheid en diensbaarheid kan bewys, die saal as bloedskenkpunte ingerig is. Terwyl hy vind op Dinsdag 7 Mei van 15:00 tot 19:00 plaas. “Mense kan dan, so op die vooraand van gesels, staan ‘n lang ry mense en wag dat daar een van die beddens oopgaan en hulle ook ‘n Nasionale Stemdag, iets positief doen en elkeen beurt kan kry om hierdie onbaatsugtige, lewege- kom help om drie mense se lewe te red,” is Rohwellen se raad. wende diens te kan lewer. Miskien oortref ons dorp se mense selfs die ‘n Mens word oorweldig oor die verskeidenheid Wellingtonners wat, sommige ná werk, spe- huidige 280 lewens wat hul reeds elke maand siaal ‘n uur van hul maand afstaan om op hierdie met ‘n skenking aan die Bloeddiens red.


4

10 April 2019

Die ding van stoffasie “Stoffasie” verwys na die stof waaruit iets gemaak is. Dit kan egter ook op die figuurlike stoffasie of karakter van mense dui. Iemand van ‘n swak stoffasie, is sonder veel verdienste, terwyl mense gewoonlik in moeilike omstandighede wys van watter stoffasie hulle werklik aanmekaargesit is. ‘n Mens kry deesdae baie interessante lees- en kykstof wat baie stof tot nadenke oor sommige individue se intellektuele, sowel as gewetenstoffasie gee. Met die naderende nasionale verkiesing wil baie landsburgers hul kruisies gebruik om die stof van onreg van hul voete af te skud. Ander voel weer dat ons, ten spyte van baie uitdagings, steeds stof tot dankbaarheid het. Party hou daarvan om stof op te jaag en ander wil weer graag stof in hul opponente se oë skop. Wanneer die stof na die verkiesing weer ‘n bietjie gaan lê het en sommiges miskien daarmee moes vrede maak dat hulle in die stof gebyt het, sal die stoffasie van ons mense en leiers die deurslag gee in die suksesse en uitdagings wat op ons wag. Arpit Parashar het geskryf dat iemand se stoffasie, kreatiwiteit en konsekwentheid van die persoon ‘n superster kan maak in wat hy of sy doen. In Wellington is daar vele mense en instansies wat van wonderlike stoffasie gemaak is, hul kreatiwiteit tot voordeel van die gemeenskap aanwend en konsekwent aanhou om positiewe dinge te doen. By die Wellington Vaardigheidskool word elke kind as ‘n geheel ontwikkel en probeer die onderwysers om op dít wat die kinders goed doen, te konsentreer. Hierdie benadering het vir een van hul leerders, Buhlali, ‘n goue medalje by die afgelope Suid-Afrikaanse Skole Atletiekkampioenskappe besorg. Die stof by die Voor-Groenberg Primêre Skool wat vir jare lank ‘n groot probleem was, is nou iets van die verlede. Met hul nuwe sementblad het hulle van ‘n stowwerige tot ‘n spoggerige skool van uitnemende stoffasie gevorder. Die jong Eugene Samuels, ‘n vrywilliger by die plaaslike Biblioteek, se toekenning van die Wes-Kaapse Regering is vir hom stof tot dankbaarheid. Sy onbaatsugtige diens aan die gemeenskap is ‘n bewys van watter goeie stoffasie hierdie jong Wellingtonner gemaak is. Met die bekendstelling van Martin Steyn se nuwe misdaadroman, Losprys, by die Breytenbach Boekklub, het plaaslike lesers weer heerlike nuwe leesstof bekom. Wellingtonners het ook bewys van watter diensbare stoffasie hulle gemaak is tydens die SA Nasionale Bloeddiens se onlangse besoek aan ons dorp. Meer as 200 mense se lewens kan met die bloed wat Wellingtonners hierdie maand geskenk het, gered word. By Diemersfontein is daar feesgevier dat die stof so staan. Hierdie okkasie was spesiaal georganiseer om hul bemagtigingswynreeks, Ovation, bekend te stel en te vier. Die sukses van hierdie reeks en die gesogte pryse wat dit al losgeslaan het, is stof tot baie dankbaarheid. Nóg stof tot dankbaarheid is die gratis tandheelkundige operasies wat plaaslike pasiënte by die Cure Dag Hospitaal ontvang het. Die wonderlike medici en span wat dit moontlik gemaak het, se harte is definitief van die regte stoffasie. Van Wyck Brooks het geskryf dat mense van ‘n swak stoffasie gewoonlik brommerig is. Hulle is ook behep daarmee om hul voortreflikheid, hul oorwoë mening of hul goeie bloedlyn te bewys. Mag elkeen hierdie week genoeg stof tot dankbaarheid en nadenke hê. En mag elkeen se goeie stoffasie deur hul luistervermoë, positiewe ingesteldheid en diensbaarheid sigbaar wees. Wees altyd aan die voorpunt van die goeie nuus met ons sosiale media. Volg ons Facebook-blad by @diecourant.

NUUS • NEWS

Voor-Groenberg Primêr se stofdae agter die rug met nuwe sementblad

Daar is hard gedurende die laaste week van die skoolvakansie gewerk om die groot sementblad voor die skool te voltooi.

•Jaomi Zeeman Die Voor-Groenberg Primêre skool spog met ‘n splinternuwe sementblad waar eens net ‘n stowwerige grondoppervlak was. Hierdie nuwe blad is te danke aan die welwillendheid en samewerking van plaaslike besighede wat graag ‘n positiewe bydrae tot die gemeenskap en landelike kinders se opvoeding wou lewer. Tydens die skool se heelskool-evaluering verlede jaar was die stowwerige toestande in en rondom die skool as een van die areas waaraan daar aandag geskenk moes word, geïdentifiseer. Volgens die onderwysers by die skool is dit ‘n baie moeilike kwessie, aangesien die skool direk langs ‘n grondpad geleë is. Die hele area voor die skool is ook net grond, wat baie stowwerigheid veroorsaak, veral as die wind waai. “Een van die voorstelle was dat ons ‘n sementblad gooi om daarmee te help. Die elektroniese toestelle in die klasse kry ook baie swaar met al die stof,” verduidelik Hanlie du Plessis, een van die onderwyseresse by die skool. Die nuwe sementblad sal nie net met die stof afreken nie, maar ook die probleem met modder in die winter aanspreek. “Die is vreeslik modderig in die winter met damme water wat voor die klasse staan vir dae lank. Die kombuis en toilette is ook feitlik onbereikbaar sonder om enkeldiep deur die water en modder te loop in die winter,” sê Hanlie. Buiten die voordele wat die blad ten opsigte van stof en modder sal bied, het die kinders nou uiteindelik ook ‘n plek waar hulle sportaktiwiteite kan beoefen. “Hierdie blad sal ongelooflik help met die ontwikkeling van die kinders se hand- en oogkoördinasie. Verskeie balspele, soos netbal, mini-tennis en handjie-tennis kan nou ook by die skool gespeel word. Ons het nou ook ‘n plek waar die hele skool op ‘n mooi dag saam kan sit as ons ‘n gesamentlike saalbyeenkoms buite wil hou - sonder dat die kinders vuil raak. Ons kan boonop nou verskeie funksies vir die ouers en kinders deur die jaar aanbied, soos ons jaarlikse visbraai en dans,” sê Hanlie dankbaar. “Wie weet, hierdie jaar mag ons dalk ons eerste buitelugkonsert ook hou! Die blad laat die skoolgronde sommer netjies lyk en hopelik trek dit ook toekomstige leerders na ons skool toe aangesien hierdie blad soveel voordele vir beide die kinders en die ouers het,” voeg sy by. Nadat die skool tydens hul heelskool-evaluering die stowwerige oppervlak as een van hul groot uitdagings geïdentifiseer het, moes hul begin om fondse vir die sementblad te probeer kry. “Ons het aan omtrent 10 tot 15 verskeie besighede in die dorp briewe geskryf en gevra vir skenkings om ons te help om ons skool te verbeter. Paarlvallei Bottelering was die groot skenker en inisieerder wat bereid was om voor te vat en te help. Lategans Sementwerke was ook van die

begin af bereid om ‘n reuse-afslag te gee op die sement sodat daar maksimaal met die geldelike skenking gewoeker kon word,” vertel Hanlie. Volgens die direksie van Paarlvallei Bottelering was dit vir hulle ‘n eenvoudige besluit om by die projek betrokke te raak. “Met 136 permanente en 100 tydelike mense wat feitlik almal in die Drakenstein woonagtig is, is dit belangrik om terug te ploeg in die plaaslike gemeenskap. Dit is vir ons belangrik dat die skenking iets moes doen wat ‘n daadwerklike verskil sou maak aan mense se lewens,” sê hulle. Die nuwe sementblad het die toestande by die skool aansienlik verbeter. Die leerders en ouers is baie opgewonde oor die nuwe blad. Hulle het die hele proses mooi dopgehou en is baie trots op hoe mooi en netjies die skoolgrond nou lyk. “Alhoewel ons reeds balspele by die skool doen met ‘n skenking van rugbyballe deur Boland Landbouskool en netbalballe deur Hugo Rust Laerskool, is dit nou ‘n wonderlike werklikheid dat hulle ‘n regte baan het waarop hul netbalwedstryde kan speel. Ons skooltjie se kinders is baie lief vir sport en speel rugby in die koeikamp langs die skool. Netbal was in die stof gespeel. Ons het goeie atlete in landloop en atletiek. Waylon Agullus het nou vierde geëindig by die Boland Kampioenskappe en ongelukkig net-net sy Bolandkleure gemis. Krieket word ook gereeld agter die skool gespeel,” vertel Hanlie trots. Vroeër, wanneer daar danse vir fondsinsamelings by die skool gereël is, moes ouers hul danse in die stof doen. Hierdie ouers kan nie wag om dit nou op die nuwe sementblad uit te kap nie. Hierdie gemeenskapskool se diens strek nie net van Maandae tot Vrydae nie. Sondae word daar kerk gehou in die gebou. Dit is die plek waar sangaande vir die omliggende plase se kore aangebied word. Daar word kermisse en sportdae vir ouers en leerders aangebied. Konserte, waarin elke liewe kind ‘n rol speel, word hier aangebied. Dit is die plek waar daar hulp verleen word met die invul van vorms, vanwaar daar e-posse vir die gemeenskap gestuur word, waar CV’s getik word en busuitstappies vir die gemeenskap gereël word. Die sementblad met al sy voordele is definitief ‘n groot aanwins vir alles wat by dié skool gebeur. Daar word ‘n spesiale inwyding van die blad by die skool beplan waar hulle al die rolspelers wat ‘n aandeel in hierdie projek gehad het, wil bedank. Die eerste netbalwedstryd sal ook tydens hierdie geleentheid op die blad gespeel word. Dit sal met ‘n heerlike dans vir die ouers afgesluit word. Groenberg Primêr hoop dat hierdie nuwe toevoeging tot hul geriewe die skool van krag tot krag sal laat gaan sodat hulle die gemeenskap selfs beter kan dien, sal kan groei en sal kan voortbou op dit wat reeds daar gevestig is.


NUUS • NEWS

10 April 2019

Nuwe misdaadroman by Breytenbach-boekklub bekend Hooffoto: Izak de Vries van Lapa Uitgewers het die gesprek tydens Martin Steyn (regs onder) se boekbekendstelling gelei. Links onder: ‘n Plaaslike aanhanger van Steyn se boeke, Gerda Odendaal, laat teken haar eksemplare deur die skrywer.

•Jaomi Zeeman Die Breytenbach-sentrum se Boekklub het op Donderdag 4 April weer ‘n byeenkoms in die Bôrdienghuis gehad. Die bekroonde misdaadskrywer, Martin Steyn, het tydens hierdie byeenkoms sy nuutste boek, Losprys, bekendgestel. Nadat Boekklublede heerlik rondom ‘n glasie sap of wyn en versnaperinge kon saamkuier, het Francois Lötter, bestuurder van die sentrum, die skrywer, sowel as Izak de Vries van Lapa Uitgewers, verwelkom en aan die gaste bekendgestel. Izak, self ook ‘n skrywer en iemand wat al ‘n hele paar Comrades en Two Oceans-marathonne kaalvoet kafgedraf het, is die uitgewerskonsultant en bemarker by Lapa en het die gesprek met Martin Steyn gelei. Martin se kennis van en belangstelling in misdaad verhale spruit uit sy fassinasie hiermee. Hy het Sielkunde en Kriminologie studeer, sy honneurs in Sielkunde gedoen en veral intensiewe studies oor reeksmoordenaars gedoen. Sy eerste misdaadroman, Donkerspoor, het in 2014 verskyn, waarna Skuldig, Swartvalk en Losprys gevolg het. Hy het ook die ATKVeertjie Toekenning vir beide Donkerspoor en Skuldig ontvang. Volgens Martin het hy van jongs af ‘n belangstelling in misdaadstories gehad. “Die fliek Silence of the Lambs het alles vir my verander en my geprikkel om meer oor hierdie tipe stories uit te vind. Ek het begin wonder hoe ‘n profiel van ‘n reeksmoordenaar opgestel word en oud-FBI-profilers se boeke begin lees. Reeksmoordenaars maak ‘n lewe uit leuens en die FBI het ‘n eenvoudige onderskeid tussen organised en disorganised reeksmoordenaars gemaak,” het hy vertel. Martin het ook verduidelik dat daar ‘n verskil tussen psigopatiese en psigotiese reeksmoordenaars is. Volgens hom het eersgenoemde geen gewete nie, maar kan normaal funksioneer. Psigotiese reeksmoordenaars is egter die “stereotipiese mal”. “Hulle hallusineer en hoor stemme,” het hy verduidelik. Izak het interessantheidshalwe daarna verwys dat die heel eerste misdaad- of speurverhaal wat ooit in Afrikaans geskryf is, “Donker Spore” van C.J. Langenhoven was.

5

Hy het Martin ook oor sy navorsing vir sy boeke uitgevra. “My navorsing hang af van wat elke boek vereis. Ek het byvoorbeeld al die Ernstige Geweldsmisdaadeenheid in Bishop Lavis gaan besoek. Ek weet hoe lyk die ondervragingskamer en uitkenningsparade-kamer. Navorsing is baie belangrik om ‘n storie geloofwaardig te maak. Dit help nie jy doen die een deel reg, maar maak die ander dele op nie,” het hy verduidelik. Buiten sy besoeke aan interessante plekke en onderhoude met aweregse sleutelpersone om inligting vir sy stories te bekom, het Martin ook al heelwat ander minder-konvensionele dinge tydens sy navorsing gedoen. Hy het al ontkleedansklubs besoek, straatvroue ondervra, self vals naels gedra om te kyk hoe lank dit neem voordat dit afval, en homself selfs al met pepersproei gespuit om ‘n geloofwaardige weergawe van die reaksie daarop te kan skryf. “Dit is 20 minute van my lewe wat ek nooit weer wil oorhê nie,” onthou hy oor die pepersproei-eksperiment. Die gehoorlede kon ook aan Martin vrae stel. Dit het kwessies soos die ikoon-status wat reeksmoordenaars verkry, sowel as ‘n vergelyking tussen die vaardighede van plaaslike ondersoekers teenoor dié van oorsee onder die loep geneem. “Dit is waar dat reeksmoordenaars dikwels celeb-status kry. Die wreedheid en ongewoonheid van wat hulle doen, gryp mense se verbeelding aan. Almal weet wie was Ted Bundy, maar ken iemand enige van sy slagoffers se name? Ons moet nooit van die slagoffers vergeet nie,” is Martin se mening. “Wat ons plaaslike kundigheid betref, is daar mense met wêreldklas-kennis, -vaardighede en -ondervinding in Suid-Afrika by ondersoeke betrokke. Die mense wat outopsies doen, sowel as ons forensiese patoloë is uiters kundig. Mannekrag, opleiding en geld is dinge wat soms die kundigheid van ons Polisiediens, speurders en die opstel van behoorlik databasisse kortwiek,” het hy afgesluit. Talle bewonderaars het na afloop van die bekendstelling hul kopieë van Martin se boeke deur hom laat teken.


6

NUUS • NEWS

10 April 2019

Ontdek 18 ervarings by die 18de SA Kaasfees Kaartjies op die spel

Tweekamp: Die volgende atlete het die Bolandspan verteenwoordig op 30 Maart ty-

dens die SA kampioenskappe in Port Elizabeth: Otto Frielingsdorf (S.o/17) - 26ste - 2 063.95 punte, Christiaan Naudé (S.o/17) - 35ste - 1 920 punte, Maryke Koen (D.o/17) - 11de - 2 245.05 punte, Dalene Koegelenberg - Sr.Dames - 10de - 2 130.05 punte, Liza Koegelenberg (Sr.Dames) - 14de - 2 017.15 punte, Martin Minnaar (S.o/19) - 17de - 2 063.55 punte, Jeani Botha (D.o/19) - 16de - 2 100.55 punte en Sumari Bester (D.0/15) - 32ste - 2 072.4 punte. Maryke Koen het die beste gevaar deur meer as 2200 punte te behaal. Hugenote het die 6de plek behaal in die skolekompetisie.

Skaak: Hierdie leerders van die Hugeno-

te Laerskool het aan die laaste uitdunronde van die Kaapse Wynland-skaakkampioenskap deelgeneem. Drie van die deelnemers het met medaljes huis toe gegaan en is ook in die Kaapse Wynland-skaakspan opgeneem. Agter is Imke Luyt (medaljewenner) en Keenan Kirchner. Voor is Marlé Smit (medaljewenner) en Tatum Kirchner (medaljewenner).

Die 18de Suid-Afrikaanse Kaasfees van Vrydag 26 tot Sondag 28 April 2019 op Sandringham buite Stellenbosch bied ‘n ware waarde vir geld-ervaring – jou toegangskaartjie koop vir jou inderdaad ‘n hele 18: ‘The Cheese Emporium’: Die hart van die SA Kaasfees waar jy die grootste verskeidenheid kase – ou gunstelinge én innoverende nuwes – onder een dak kan proe en koop. ‘The Italian Experience’: ‘n Splinternuwe toevoeging spesiaal geskep in samewerking met Food Lover’s Market. Kom stap kuier-kuier deur ons piazza en ervaar Italiaanse gasvryheid én gastronomie in oorvloed – van Mozzarella en olywe tot Provolone, Prosciutto di Parma, pasta, pesto en meer! Proe dit eerste: Talle uitstallers benut die SA Kaasfees as ‘n platform om nuwe produkte bekend te stel en die mark te toets – ontdek dit hier vóór dit op die winkelrakke verskyn. ‘The Tasting Room’: Kaas trou hier met wyn, bier en elke nuwe gier. Kom kyk, luister en proe teen geen ekstra koste nie ... en ervaar interessante smaakkombinasies saam met bekende ‘foodies’ soos The Kate Tin (Katelyn Allegra) en The Food Fox (Ilse van der Merwe), asook saam met die gewilde Bok Radio Brekfis-duo Wimpie en Le-Lue! Raak ‘n bietjie rustig-dag: Vrydag 26 April ‘n werksdag? Nooit! Dis dan ‘pay-day’ – perfek vir ‘n luilekker kuierdag saam met jou hele boek/ tuin/hekel/koffie/rolbal/ryklub! Kyk uit vir ‘Raak ‘n bietjie rustig’-pakkette vir groepe en kom ontdek die fees teen jou eie pas. ‘Cape Made: Taste the Alternatives’: ‘n Vars van die plaas-versameling van alternatiewe produkte soos olywe, heuning en rooibos te kies en te keur ... met winskopies direk van produsente, danksy ‘n vennootskap met die Wes-Kaapse Departement van Landbou. ‘The Cape Made Kitchen’: Kom ervaar proe-proe hoe sjefs van die Private Hotel School toor met kaas, brood en alternatiewe produkte te danke aan ‘n handevat tussen die Wes-Kaapse Departement van Landbou, Hortgro, die Melkprodusente-organisasie (MPO), Graan SA en

Agri-Expo. As ‘n bonus is daar ‘n gratis resepteboek om huis toe te vat! Onthou-oomblikke: Dit raak net beter jaar na jaar! Die SA Kaasfees is ‘n gewilde plek om verjaarsdae en herdenkings te vier (of om jou wederhelf te ontmoet à la glanssjef Bertus Basson!) ‘The Music Gazebo’: Kom geniet jou aankope op die ritme van gewilde plaaslike kunstenaars terwyl jy saam met familie en vriende kuier. ‘The Gourmet Lane’: Gewilde kosstalletjies bedien watertanddisse – met net nog meer kaas! ‘The Kiddies Corner’: Ure se pret en vermaak vir die kinders in ‘n veilige omgewing terwyl die ouers ontspan. ‘The Connoisseurs’ Experience’: Daar is slegs 100 kaartjies per dag vir hierdie eksklusiewe feeservaring met skadu-sitplek, ‘n kaasbord, ‘n bottel wyn plus vele ekstras. Opskud, verlede jaar se fynproewers kom almal terug vir meer! Wees veilig: Die SA Kaasfees bevorder die verantwoordelike gebruik van alkohol. Maak gerus gebruik van pendeldienste en taxi’s vir ‘n fees vol gemoedsrus. Die feestye is van 10:00 tot 18:00 daagliks. Sandringham is gerieflik langs die N1 geleë, Stellenbosch-afdraai (uitgang 39), tussen Kaapstad en die Paarl. Kaartjies vir hierdie geleentheid is by Computicket beskikbaar. Geen kaartjies sal by die hekke verkoop word nie. Ontdek meer oor die SA Kaasfees se 18 jaar-viering by www.cheesefestival.co.za, Twitter @ SACheeseFest, Facebook @SACheeseFestival of Instagram @sacheesefest, of kontak Agri-Expo by tel 021 975 4440 of admin@agriexpo.co.za. Leserskompetisie 4 gelukkige lesers kan elk ‘n kaartjie ter waarde van R180 na die SA Kaasfees wen. Om in aanmerking te kom, stuur ‘n WhatsApp-boodskap met jou naam en van, selfoonnommer en e-posadres na 084 8333 813 voor Maandag om 12:00.


NUUS • NEWS

10 April 2019

Diemersfontein vier bemagtigingswyne

Bo: Denise Stubbs, ‘n direkteur van Thokozani, saam met ander werkers by Diemersfontein het hul suksesverhale gedeel. Regs: Verskeie rolspelers in die wynindustrie, wynskrywers en verteenwoordigers van plaaslike en provinsiale regering het die geleentheid bygewoon. 37 my eerste slukkie gevat. Na mate ek die hele •Jaomi Zeeman Die bekendstelling van Diemersfontein se Ova- proses rondom wynmaak leer ken het, kon ek tion wynreeks is op Vrydagaand 5 April met ‘n myself bemagtig om dié industrie betrokke te groot makietie gevier. Hierdie wyne, wat eers raak en daarin te groei - net omdat twee mense onder die Thokozani-handelsmerk vir Wool- in ‘n idee geglo het,” het sy vertel. Die Thokozani-wynreeks is egter veel meer as worths vervaardig is, staan nou heeltemal op sy eie bene en is ‘n suksesverhaal van hoe gewone net ‘n bemagtigingsinisiatief. Een van hul wyne werknemers by Diemersfontein in die wynindus- het al ‘n Platinum-toekenning by die gesogte Michelangelo-wyntoekennings losgeslaan. trie bemagtig is. “Hierdie is nie net ‘n transformasie-wynreeks Onder die verskeie bekende wynskrywers en -bloggers wat die geleentheid bygewoon het, nie. Ons vier ‘n wynreeks wat wérk. Dit moet was Jared in Cpt, Just Janet, Evina Fortuin van nie gekoop word, omdat die aandeelhouers Through my wineglass, The Witty Wine Woman, swart of bruin is nie. Die reeks behoort aan die Roxanne La Vita, The Wine Girl Cape Town, aandeelhouers. Tog moet mense die wyn eers Leanne Beattie, sowel as John en Lynne Ford. proe en beoordeel voordat hulle op die storie Verteenwoordigers van die plaaslike regering, daaragter ag slaan,” het Denise gesê. Sy het talle aandeelhouers en werkers by sowel as die Wes-Kaapse minister van Ekonomiese Geleenthede en Ekonomiese Ontwikke- Diemersfontein saam met haar na die verhoog ling en Toerisme, Beverley Schäfer, het ook die geroep om die wonderlike bemagtiginswerk wat op hierdie landgoed gedoen word, te demongeleentheid bygewoon. Denise Stubbs, een van Thokozani se direk- streer. Elkeen van hierdie persone het getuig hoe teure, het die gaste welkom geheet. Sy het die verhaal van die Thokozani-wynreeks, sowel as hul hulself kon bemagtig deur hard te werk en die nuwe pad wat hulle nou met hierdie reeks geleenthede wat vir hulle geskep is, aan te gryp. Denise self het van ‘n ontvangsdame tot een wil loop met die gaste gedeel. “Die storie van ons wyne is te danke aan die van Thokozani se direkteure gevorder. Een vrou geleenthede wat David en Sue Sonnenberg, die het eers net papiere by die landgoed opgetel. eienaars van Diemersfontein, vir ons geskep het. Vandag is sy ‘n toesighouer met 35 mans wat Ek het nie met wyn grootgeword nie en eers op onder haar werk.

‘n Voormalige huishoudster het later ‘n spanleier geword en is vandag betrokke by die versendingsdepartement. Nog ‘n werker het van die proelokaal tot by verkope gevorder, terwyl ander werkers van ‘n algemene werker tot skakelbestuurder, van ‘n kelderwerker tot ‘n senior kelderassistent en van ‘n logistiese hulp tot ‘n Thokozani-direkteur gevorder het. Volgens Denise het die naam van die Thokozani-handelsmerk ongelukkig die reeks gekortwiek. “Mense het ongelukkig ‘n sekere persepsie oor ‘n sogenaamde bemagtigingswynreeks, selfs al wen dit gesogte toekennings,” het sy verduidelik. Om hierdie rede het hulle besluit om die wynreeks se naam na Ovation te verander. “Dit is die mense se handelsmerk, nie ‘n swart handelsmerk nie,” het sy beklemtoon. Die Ovation-koor het die gaste tydens die geleentheid vermaak. Die lede van hierdie sanggroep is almal van Diemersfontein en voormalige deelnemers en finaliste in die jaarlikse Agri’s Got Talent-kompetisie. David Sonnenberg, eienaar van Diemersfontein, het ook die gaste toegespreek. Volgens hom is dit ‘n voorreg om by ‘n inisiatief soos hierdie betrokke te wees. “Ek het as ‘n bevoorregte kind op hierdie

7

plaas grootgeword. Daar was destyds nog ‘n dop-stelsel op die plaas. Ons het soveel om te doen wat die ontwikkeling en leer van ons eie mense betref. Ek salueer mense soos Denise en elke ander werker wat ‘n bewys is dat enigeen sy of haar professionele identiteit kan ontwikkel en najaag. Dit gaan vir ons oor wedersydse aanmoediging en om mekaar te druk om die beste resultate te behaal. Dit gaan oor veel meer as werksbevrediging, finansiële stabiliteit en vaardighede; dit gaan oor professionele identiteit en waardigheid,” het hy gesê. Minister Beverley Schäfer het tydens haar toespraak hulde gebring aan die rolspelers en aandeelhouers van die Thokozani-handelsmerk. Sy het dit as ‘n suksesstorie, waar daar met rasse skrede gegroei is, bestempel. “Met die voorbeeld wat die rolspelers in hierdie inisiatief gestel het, het hulle die deur oopgemaak vir ander om te volg,” het sy gesê. Francois Roode, keldermeester en wynmaker by Diemersfontein, het die verskillende wyne in die Ovation-wynreeks aan die gaste bekendgestel, waarna almal aan heerlike versnaperinge, wat spesiaal voorberei is om by die verskillende wyne te pas, kon weglê, terwyl hul die Ovationwyne in hul glase laat kantel. Die bekende plaaslike Newton musiekgroep het vir feestelike agtergrondmusiek gesorg.


8

courant

dié

10 April 2019

WELLINGTON SPORT

Tel: 022 487 3221

10 April 2019

•O.15 400M-KAMPIOEN

Buhlali hardloop nuwe SA-titel los •Jaomi Zeeman Die jong Buhlali Maduna, ‘n leerder by die Wellington Vaardigheidskool het onlangs uitstekend presteer deur ‘n goue medalje in die 400m vir seuns o.15 by die Suid-Afrikaanse Skole-atletiekkampioenskappe los te hardloop. Met hierdie sege in Port Elizabeth het hy nie net die Wes-Kaap-atletiekspan waarvan hy lid was, sy skool en sy dorp baie trots gemaak nie, maar ook ver gewen en behoorlik stof in die ander deelnemers se oë geskop. Volgens Buhlali se onderwyseres en afrigter, Melanie Dirkse, is die Wellington Vaardigheidskool oorstelp oor sy uitstekende prestasie. “By ons skool volg ons ‘n holistiese benadering en wil ons die kind as ‘n geheel help ontwikkel. Ons wil die goeie goed uit ‘n kind kry. Met hierdie prestasie het Buhlali vir ons gewys wat sy natuurlike talent is en waarop ons definitief in die toekoms ons fokus sal plaas wat sy opvoeding en afrigting betref,” sê sy. Melanie vertel dat Buhlali se moeilike agtergrond sy uitstekende prestasie nog meer spesiaal maak. “Hy het dit nie altyd maklik gehad nie. Hy is maar sedert die begin van hierdie jaar by ons in die skool en kom eintlik uit Bloekombos in Kraaifontein. "Almal weet dat die omstandighede in daardie plakkerskamp baie uitdagings bied. Buhlali het ‘n swaar agtergrond, maar hy is besig om bo dit uit te styg,” sê sy dankbaar. Melanie het self as beampte by die Suid-Afrikaanse Skole Atletiekkampioenskappe in Port Elizabeth opgetree. “Ek was by die diskus aan diens. So ‘n halfuur voordat Buhlali moes gaan deelneem het ek die ander beamptes by die diskus gevra of ek gou na my kind toe kan gaan.

"Ek het hom gaan moed inpraat, terwyl hy opgewarm het en vir hom gesê dat hy nie te vinnig moet begin nie, by die 250m moet begin spoed optel en, as hy nog genoeg krag oorhet, by die laaste 100m moet laat loop,” vertel sy. Haar afrigting en raad het goeie vrugte afgewerp. Buhlali het die ander atlete wat aan die 400m finaal deelgeneem het, ver gewen. “Hy was maar tweede by die Wes-Kaapse-kampioenskappe. "En daar gaan staan en wen hy toe sommer die outjie wat hom by Wes-Kaap geklop het, sowel as die res van die land se deelnemers,” sê Melanie trots. Met Buhlali se wentyd van 54 sekondes het hy vinniger as die ASA se kwalifiserende tyd van 55.51 sekondes gehardloop. “Aangesien Buhlali eers die begin van die jaar na ons skool gekom het, kon ek hom nog nie intensief afrig nie. Die kind het eintlik op pure natuurlike talent gedoen wat hy gedoen het. "Hy was boonop die enigste deelnemer aan die wedloop wat kaalvoet gehardloop het. Hy droom daarvan om met spykerskoene te hardloop,” sê Melanie. Die hele ervaring was vir Buhlali onvergeetlik. “In die hotel was hy so opgewonde, hy het sommer met die trappe en die hysbak vir homself ‘n oefenspeletjie uitgedink. Toe ek vir hom sê die hotelmense gaan met hom raas, het hy net gesê: ‘Maar ek oefen, juffrou’,” lag Melanie. Buhlali en sy skool is in die wolke oor sy prestasie. Nou droom hy en Melanie groot drome vir sy deelname in 2020. “Ons gaan sommer nou al met ‘n oefenprogram begin om hom reg te kry vir volgende jaar se SA’s,” sê sy.

Tennis: John Coet-

zee en sy dubbelsmaat, Frans-Willem van der Merwe, het gedurende die April-vakansie deelgeneem aan die Growthpoint Junior Nasionale Tenniskampioenskap. Hulle is aangewys as die o.14 Dubbelskampioene.

NUUS • NEWS


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.