c urant
dié
• Bergrivier 1Swartland Swartland
• Free • Gratis
Wes-Kaap se #1
20 Februarie 2019
68%
Bou saam met goeie nuus
Uitgawe 507
27 Februarie 2019
•KLEUTERSKOOL, ONTWIKKELING, VERSORGING
Onse skool: 'Kinders kom hier eerste' •Charlotte Lesch Die nie-winsgewende organisasie, die Maranatha Trust, is sedert 2011 aktief in die Paardeberg-omgewing buite Malmesbury. Die trust se hoofdoel is om die situasie van plaaskinders te verbeter en geleenthede te skep vir gemeenskapsontwikkeling. Dié doelwit is deur die jare onder die radar nagestreef, sonder om publisiteit te soek en vandag sien dié trust uit na ‘n nuwe en hoopvolle ontwikkeling op die horison. Die Maranatha Trust fokus op volhoubare gemeenskapsontwikkeling deur opvoeding en bemagtiging. Die kernprojek is ‘n kleuterskool, maar daar is ook projekte vir laerskoolkinders en beroepsgeleenthede vir volwassenes. Die kleuterskool, beter bekend as Onse Skool, is sedert 2014 in ‘n ou keldergebou op die plaas Lammershoek in die Paardeberg gehuisves. Dit is die enigste skool wat fokus op vroeë kinderontwikkeling in dié area. Kinders tussen die ouderdomme van ses maande en ses jaar word hier geakkommodeer. Die skool het tans sowat 50 leerders en volg spesifieke programme wat vir hulle uitgewerk is en deur die departement van maatskaplike ontwikkeling goedgekeur is of oorweeg word om as amptelike programme geregistreer te word. Uitnemendheid, samewerking, vreugde en integriteit vorm die vier hoekstene van dié skool. Die aktiwiteite van laerskoolleerders het oor die jare in verskillende ruimtes op verskillende bestaande persele in die omgewing plaasgevind. In 2017 het die Wes-Kaapse Onderwysdepartement (WKOD) twee vertrekke by die plaaslike laerskool, Anne Pienaar Gedenk langs die plaas Jakkalsfontein, ook in die Paardeberg, tot die trust se beskikking gestel, waar nasorgaktiwiteite vir die laerskoolleerders moontlik gemaak is. Die vertrekke was vanaf Mei 2018 nie meer beskikbaar nie. Te danke aan die plaas Boesmansfontein, kon ‘n klein musiekgroep voortgaan, ná ‘n vertrek daar vir hulle beskikbaar gestel is. Ander aktiwiteite het net tot stilstand gekom. Hierdie situasie het daartoe aanleiding gegee dat die Maranatha Trust dit begin oorweeg het om te bou. “Aanvanklik wou ons so lank as moontlik nie by ‘n bouery betrokke raak nie: baie projekte begin met ‘n infrastruktuur wat vinniger ontwikkel as
Die Maranatha-personeellede, die ruggraat van alle aktiwiteite en gebeure, is trots en opgewonde oor die nuwe verwikkelinge. wat die lewensvatbaarheid van die projek vorder. Ons wou dit andersom doen en so lig as moontlik bly deur van reeds-beskikbare ruimtes gebruik te maak en alle fondse in die bemagtiging van mense in te stoot,” sê Delana Sadie namens die Trust. Dié manier was van die begin af baie effektief, maar die behoefte vir meer aktiwiteite het begin groei en die ruimtes tot hulbeskikking het beperk geraak vir die doel in sig, vertel sy. Die beplande uitbreiding is ‘n gebou waar gemeenskapsonderDie noordelike rig en -ontwikkeling aansig van die kan plaasvind. Dit skool. sal hoofsaaklik ‘n kleuterskool wees waar die plaaswerkers binne ‘n radius van ongeveer 40 vierkante kilometer ‘n opvoedings-en versorgingsopsie vir hulle voorskoolse kinders kan hê. Die struktuur sal egter ook ‘n indiensopleidingsfasiliteit vir plaaslike vroue wees wat graag voorskoolse opvoeders wil word. Die laerskoolleerders wat belangstel, sal aan middag-aktiwiteite kan deelneem soos musieklesse, skaak- en rekenaargeletterdheidsklasse. Daar word ook ‘n sentrale biblioteekruimte beplan wat die grootste deel van die gemeenskap kan bedien en dus nie slegs vir die kinders bestem is nie. “Projekte word slegs begin wanneer daar genoeg gemeenskapslede is wat dit kan uitvoer en
hanteer, gewoonlik met die aanvanklike hulp van professionele persone. Die ligging en afstand vanaf die dorp, lei daartoe dat projekte slegs lewensvatbaar kan wees wanneer gemeenskapslede self die leemtes aanspreek, in die proses bemagtig word en so in ‘n posisie geplaas word waar hulle weer ander kan bemagtig,” verduidelik sy. Die model is dus gemeenskapsprojekte, nie liefdadigheidsprojekte nie. Die suksesvolste aktiwiteite is dié waartoe soveel as moontlik gemeenskapslede bydra. Die kleuterskoolouers betaal byvoorbeeld almal skoolfonds, die plaaseienaars help met vervoer en die administrasie om skoolfonds in te samel, privaat donateurs en die departement van maatskaplik dra by tot die algemene onkostes. Die gebou word onder meer deur Lammershoek beskikbaar gestel. “Die beplande ontwikkeling op Jakkalsfontein is op die granietkop reg agter die Anne Pienaar Gedenk geleë. Die gebou self sal groot genoeg wees om 120 kleuterskoolkinders te kan akkommodeer en sal ook oor bykomende ruimtes beskik vir die onderrigprojekte,” vertel Sadie. Die hersonering van 1.8 hektaar is aangevra en die gebou se vloeroppervlakte is ongeveer 650 ²m groot. Indien die hersonering goedgekeur word en genoegsame fondse beskikbaar is, kan konstruksie aan dié nuwe ontwikkeling dalk reeds in 2020 begin. Die ligging van die nuwe voorskoolse sentrum is baie sentraal geleë in die area en is histories ‘n gemeenskapsruimte met die laerskool en die kerk wat reeds daar gebou is. Besoek hul webwerf en volg die skakel, https://maranatha-trust.co.za om
NUUS • NEWS