470 dié courant weskus en bergrivier

Page 1

courant

• Bergrivier 1Swartland Weskus • Bergrivier

dié

23 Mei 2018

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

Bou saam met goeie nuus

Uitgawe 470

23 Mei 2018

•DE VOS SE LIEFDE VIR DIE SPORT BRAND HELDER

Wedvlugkampioen se lewe draai om duiwe Alida Buckle VELDDRIF – Dit is duidelik dat die liefde tussen wedvlugkampioen Keith de Vos (68) en sy duiwe wedersyds is. Hulle antwoord as hy nes hulle koer en raak duidelik opgewonde as hy die hok binnekom. De Vos is al ‘n geruime tyd die Velddrif-posduifklub se kampioen. Met die onlangse heengaan van sy geliefde vrou, Anne, is dit sy duiweboerdery wat hom aan die gang hou. Hulle het die duiwe saam gedoen, altyd onder die naam Keith én Anne de Vos gevlieg, soos wat hy vanjaar gaan aanhou doen, “in her memory”. In die netjiese ruim huis in Port Owen, vertel De Vos dat hy al 45 jaar lank teel aan sy versameling kampioenduiwe. Hy het nagenoeg 80 vlugduiwe en 45 duiwe wat broei. As 14-jarige kind in Plumstead, Kaapstad, het hy altyd sy pa gehelp om sy duiwehokke skoon te maak en dáár het die gogga hom gebyt. “Ek het eers self begin vlieg nadat ek getroud is en ‘n huis van my eie gehad het. En, nadat ek en my vrou dit bespreek het.” Die sport het baie deur die jare verander, veral op tegnologiese gebied. “In die ou dae het ons met handklokke gewerk, deesdae werk ons met elektroniese klokke en ringe.” De Vos het entoesiasties gaan wys hoe die toestelletjie werk wat elke duif wat inkom en oor die elektroniese plaat loop, se besonderhede aandui. Besonderhede soos die datum die presiese tyd, die duif se gewig, ouderdom en nommer verskyn terselfdertyd ook op De Vos se rekenaar. Wanneer die wedvlugte in Junie begin gaan De Vos, soos al die ander wedvlugdeelnemers, elke Vrydag 10 jong duiwe (‘n jaar oud) en 10 duiwe in die ope-afdeling (enige ouderdom) in mandjies pak om op ‘n gegewe dorp ver hiervan-

daan losgelaat te word. De Vos sit by ‘n tafeltjie wat uitkyk op die duiwehokke, sodat hy kan sien as hulle begin terugkom en bo sy buurt draai. Sy truuk om hulle gouer te laat inklok is om sy twee mak duiwe, waarvan die vlerke geknip is, die lug in te gooi. “Sodra die wedvlugduiwe hulle sien, sien hulle vinniger die hok raak.”

Duiwe ouer as drie tot vier jaar word gewoonlik nie meer laat vlieg nie, maar eerder gebruik om mee te teel. De Vos glo nie daaraan om duiwe te verkoop nie, maar sal hulle eerder vir beginners gee wat hulp nodig het. De Vos glo daaraan om van die meesters te leer, die ouens aan die top van die lys. Soos wat hy ook vir jong wedvlug-entoesiaste leer. Wat sy duiwe kampioene hou is goeie kos, goeie gesondheid, die regte oefenprogram en die gehalte van die duif self. “As jy kwaliteit duiwe het wat uit ‘n familie – ma en pa, tantes en ooms, van wenners kom, sal jy baie wenners onder hulle hê. Daar is ‘n kuns aan die uitkies van ‘n duif, waarvoor ek ‘n gawe gekry het. As kind het ek my oorlede pa gevra waarom sekere soort duiwe elke jaar aan die top van die unies was. Hy het vir my gesê dat dit so is omdat daardie mense duiwe-wedvlugte baie ernstig opneem en ek wou een van daai mense wees.” De Vos glo ook in streng dissipline met sy duiwe. Hulle kry elke dag op dieselfde tyd kos en hy hou hulle goed genoeg dop en weet dadelik as een medikasie of vitamiene-aanvullings nodig het. As ‘n duif pronk en sy oog probeer vang, weet hy dat sy of hy reg is vir vlieg. Net so beïnvloed die duiweboer se bui die duiwe. “Hulle voel aan as jy nie in ‘n goeie bui is nie. Wees ontspanne en hulle sal ontspan. "Praat met hulle, dit is deel van my suksesresep.” • De Vos het in 2013 in die Weskus kom aftree ná 35 jaar as meganiese ingenieur by Transnet in Garsfontein, Pretoria. • Die Velddrif-duiweklub val onder die nuwe Weskus-duiwe-unie van die Suid-Afrikaanse Nasionale Posduiforganisasie (Sanpo).

NUUS • NEWS


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
470 dié courant weskus en bergrivier by DieCourant - Issuu