courant vier tweede verjaarsdag op Wellington courant courant 25 April 2018
NUUS • NEWS Spesiale Uitgawe
13
Hugenotestraat 24, Malmesbury
20 April 2016
Uitgawe 366
tel: 022 487 3221
Gratis • Free
GROOTSTE onafhanklike gemeenskapskoerant in die Wes-Kaap
Almé Engelbrecht, ‘n graad 11-leerder aan die Hugenote Hoërskool op Wellington, se kop is tussen die sterre. Sy is een van net 50 leerders van regoor die wêreld wat gekies is om ‘n NASA-opleidingsprogram by hul "Space School" in Amerika by te woon. Sy vertrek 15 Julie en keer weer 1 Augustus terug. "Ek is baie opgewonde. Dit sal seker insink as ek op die vliegtuig sit," sê Almé. Links is sy saam met haar ouers, Roeline en Vaatjie op toer deur Parys.
• OPVOEDKUNDE IN DR. LE CORDEUR SE VISIER
Taal bruis in sy are
Dr. Michael le Cordeur (nog 'n foto op bl 6). Sy navorsing en publikasies handel oor leerders se lees- en skryfvermoë; taalbeleide; moedertaalonderrig en taalidentiteit. Hy is ‘n produk van Pauw Gedenk Laerskool en Bergrivier Hoërskool en lid van die klas van 1976 wat matriek onder uiters moeilike omstandighede moes voltooi. Die voormalige taalonderwyser aan Bergrivier Hoërskool, was ook adjunkhoof van Weltevrede Sekondêr, skoolhoof van Kylemore Hoërskool, en kringbestuurder van onderwys op Stellenbosch. Hy behaal ‘n doktorsgraad (PhD) in Opvoedkunde (2004) asook ‘n meestersgraad (M.Ed) in Afrikaanse Kurrikulumstudie aan die Universiteit Stellenbosch. Hy verwerf ook grade aan die
Universiteit van Wes-Kaapland (Hons-BA, HOD), UNISA (B.ED) en ’n bestuurskwalifikasie aan die Nagraadse Bestuurskool van die Universiteit Stellenbosch. Hy het onder meer al lesings gelewer aan die universiteite van New York, Hong Kong, Parys, Brussels, Den Haag, Istanboel, Berlyn, Kopenhagen en Warskou. Dr le Cordeur het die Wes-Kaapse Taalkomitee vir twee termyne gelei en is mede-opsteller van die Wes-Kaapse Taalbeleid. Hy is ‘n vorige voorsitter van die Breytenbach-sentrum en ondervoorsitter van die Afrikaanse Taalmuseum. Hy is ‘n direksielid van die ATKV, die SBA en die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns en is onlangs verkies tot die uitvoerende komitee van die US se Konvokasie. Dr le Cordeur was maar net 16 toe sy leierskapsvaardighede raakgesien is en hy Suid-Afrika by die Wêreld Jamboree vir Padvinders verteenwoordig het in Noorweë. Le Cordeur was ‘n kranige rugbyspeler vir Roslins en krieketspeler vir Sussex en Bergrivier. Later is hy 18 jaar die voorsitter van Sussex en Boland USSASA Hoërskole en sekretaris van Wellington Rugby-unie. Dr le Cordeur het al die Premierstoekenning (1997) en die Kanseliersmedalje vir buitengewone prestasie op die gebiede van navorsing, onderrig en gemeenskapsinteraksie ontvang. Hy kweek ook krisante, ‘n kuns wat hy by sy vader, Michael Snr, geleer het. Sy blomme staan tans in blom en hy maak gereed om aan die skou se eeufees deel te neem op 7 Mei. Hy sê hy het sy liefde vir die taal by sy ma, Sylvia, geëerf.
Oor die afgelope twee jaar het dié courant Wellington, 'n vaandel van die stal van dié courant, gegroei en gedeel in die lief, leed en voorspoed van dié Bolandse dorp. Die publikasie is twee jaar gelede met ope arms ontvang en weekliks deel elke nuwe koerant die positiewe en opbouende nuus van Wellington - en daar is baie. Dit wat aanvanklik as 'n spesiale uitgawe 'n maandelikse publikasie sou wees, het na die eerste druk dadelik na 'n weeklikse instelling verander. Wat dié courant uniek en gewild maak, is die unieke aanslag van slegs positiewe, informatiewe en opbouende nuus. Joernalis Jaomi Zeeman het haar behoorlik ingegrawe in die gemeenskap en deel graag die sukses en voorspoed van ander se lewens. Wellington is 'n dorp wat ryk is aan kultuur, erfenis en voorspoed. Dit is duidelik te sien uit die beriggewing wat weekliks plaasvind. Bemarker Marjietjie Nel het die sakemanne en -vroue van die omgewing leer ken, 'n pad met hul gebou en besigheid na die ondernemings gelok. Intussen is baie sakeverhoudinge en ook vriendskapsbande gesmee. Wellington, sy mense en besighede, het dié courant oorval met positiewe reaksie en woorde van voorspoed. Ook op sosiale media het die gemeenskap van Wellington saamgelees en die nuus gevolg. Sommige van die aktiefste skakels op Facebook was dié van stories uit die Wellington-uitgawe.
NUUS • NEWS
se 1ste keuse
21 September 2016
Hugenotestraat 24, Malmesbury
21 September 2016
Uitgawe 388
tel: 022 487 3221
GROOTSTE onafhanklike gemeenskapskoerant in die Wes-Kaap
•EEN VAN SLEGS VIER FINALISTE TER WÊRELD
Almé reg vir opleiding by NASA
Een van Wellington se goue seuns waarop die dorp met reg trots is, is Michael le Cordeur, deesdae ‘n doktor in Kurrikulumstudie. Vandag loop hy met vaste tred in die voetspore van die dorp se opvoedkundiges. Hy is hoof van die Departement Kurrikulumstudie aan die Fakulteit Opvoedkunde van die Universiteit Stellenbosch waar hy Afrikaansonderwys doseer op voor- en nagraadse vlak en verskeie Meesters- en doktorale studente suksesvol begelei het. Dr. le Cordeur is ‘n gerespekteerde akadamiese outeur en sy jongste boek vir studente, ‘n Gids vir Beginnernavorsers, het pas by Van Schaik verskyn. Tans werk hy aan sy groot droom: ‘n omvattende navorsingsboek - Die Bydrae van die Bruinmense tot Afrikaans. Veertig skrywers, akademici, kerkleiers en gemeenskapsleiers is mederskywers aan hierdie boek waarvan hy optree as die uitgewende redakteur. Le Cordeur is die medeskrywer (saam met Marlene le Roux) van Die Klopse van Wellington, 100 jaar se onvertelde stories wat gelei het tot twee feesproduksies in 2014. Sy handboek vir universiteitstudente, Afrikaanse Metodiek deur ‘n nuwe bril, het in 2014 by Oxford Univarsity Press verskyn en hy het in 2015 ‘n hoofstuk gelewer in Naspers se eeufeesboek oor Die Bydrae van Bruinmense tot die Afrikaanse Media. Hoofstukke in twee verdere boeke: Mnr. Mandela se bydrae tot die Afrikaansonderwys ,onder leiding van prof Crain Soudien van die UK, en Kaapse Afrikaans in die Onderwys, saam met proff Frank Hendricks en Charlyn Dyers van die UWK, verskyn eersdaags.
1 Weskus
dié
Gratis • Free
Wellington
20 April 2016
Wellington
dié dié
S • NEWS
NUUS • NEWS
dié courant nou op Wellington op versoek Landbou, sake, kultuur, skole en sport het deur die jare noue bande gesmee tussen die gemeenskappe van die Swartland en die aanliggende Wamakersvallei. Die Riebeekvallei met Hermon en omgewing word as Swartland beskou, terwyl dele daarvan lank reeds in die Drakenstein Munisipaliteit ingesny is. Ook is Hugenote vir talle inwoners van dié vallei hul hoërskool. Ná herhaalde versoeke van Wellingtoners bring dié courant vandag 'n spesiale Wellington-uitgawe met Wellington-nuus, waarvan 'n deel ook in die Swartland en Weskus gedra word. dié courant het nege jaar gelede die eerste keer in die Swartland verskyn en sedertdien, met die ondersteuning van die gemeenskap, gegroei tot die grootste onafhanklike gemeenskapskoerant wat weekliks in die Wes-Kaap versprei word. En dít met Goeie Nuus. Hierdie spesiale Wellington-uitgawe volg op 'n spesiale Bergrivier-uitgawe wat twee jaar gelede op Piketberg en Porterville uitgegee is en sedertdien gereeld daar versprei word. WEN: dié courant se span is met ope arms op Wellington ontvang en daarvoor is ons die gemeenskap groot dank verskuldig. As dankie-sê, kan twee gelukkige lesers elkeen R500 kontant losslaan. Gaan "Like" dié courant se facebook-blad en stuur 'n "inbox"-boodskap met u naam, telefoonnommer en ouderdom om in aanmerking te kom vir een van die twee pryse. Vir algemene en sportnuus kan julle ons joernalis, Susan Botha, skakel by 022 487 3221 of e-pos na susan@diecourant.co.za. Die advertensies word deur Marietjie Nel behartig. Skakel haar ook by 022 487 3221 of per epos by marietjie@diecourant.co.za.
Dot se renoster vat die koek
•Jaomi Zeeman
Dot Klerck van Wellington, die meesterbrein en kunstenaar van haar onderneming “Eat Cake Party”, is pas as een van slegs vier finaliste ter wêreld in die “Cake Masters Magazine Awards” (CMMA) aangewys. Hierdie eer het haar te beurt geval vir haar lewensgroot renosterkoek wat haar as finalis vir die beste vertoonstuk gekwalifiseer het. Die CMMA word as die “Oscars van die bakkers” beskou en is ‘n internasionale kompetisie waar net die heel beste bakkers, versierders, beeldhouers en koek-kunstenaars ter wêreld vereer word. ‘n Benoeming in enige kategorie van hierdie geleentheid is ‘n geweldige eer en uitsonderlike prestasie. Volgens Dot voel sy uit die veld geslaan oor die benoeming. “’n Mens werk baie hard en jy is passievol oor wat jy doen, maar hierdie tipe toekennings en pryse is iets wat altyd baie ver en onwerklik gevoel – iets waaroor jy miskien droom, maar wat jy dink nooit vir jou sal waar word nie,” sê sy. Nou het hierdie droom egter vir Dot ‘n werklikheid geword en sy is binnekort op pad na Birmingham. Hier sal sy op 5 November saam met al die ander glansmense in die koekbedryf oor die rooi tapyt van die grootste internasionale meester-toekennings loop. Volgens Dot voel die hele ervaring nog onwerklik. “Ek was buite myself van blydskap toe ek die nuus kry. Ek bedoel, ek is ‘n bakker en kunstenaar van Wellington in Suid-Afrika. ‘n Mens weet nooit of die beoordelaars jou werk sal raaksien nie,” sê sy. Haar uitsonderlike koeke maak egter reeds ‘n geruime tyd opslae – plaaslik en in die buiteland. Sy het ‘n unieke metode ontwikkel waarmee sy lewensgetroue beeldhouwerke uit koek kan vorm en versier – iets wat nog nooit vantevore in die koekbedryf gedoen is nie. “Ek het na skool kuns studeer en in beeldhouwerk en ontwerp gespesialiseer. Die basiese beginsels wat ek daar geleer het, is iets wat ek nou in die ontwerp en bou van my koeke kan toepas,” verduidelik Dot. “Ek het ‘n unieke metode ontwikkel waar die hele koek vooraf ontwerp word en elke moontlike hoek van die koek geteken en bereken word sodat alles proporsioneel reg is. Dit word deur fyn berekeninge gedoen en selfs die hoeveelheid mense wat van so ‘n koek kan eet, is by my formules
Dié reuse-koek, gebak en versier deur Dot Klerck, ding mee in die "Cake Masters Magazine Awards". ingesluit,” vertel sy. “Ek teken dan ‘n template Awards” benoem. Die lewensgroot renosterkoek wat haar die vir die ontwerp en alles word daarom gevorm en gemaak. Die koek word daarvolgens gebak, plek as internasionale finalis in die CMMA besorg het, het haar vernuf tot die uiterste beproef. Die gebou en versier,” sê sy. “Daar word ‘n staalraamwerk vir elke koek koek het amper ‘n ton geweeg en was ‘n lewensgebou en dit kos amper ‘n bietjie ingenieursver- getroue replika van ‘n renoster wat in die KIKS nuf om dit presies reg te kry. Die balans moet uitgestal is. Dit is as deel van ‘n bewaringsveldtog absoluut reg wees. Wanneer my koeke klaar is, vir renosters gebak en is uiteindelik opgeëet. Volgens Dot was die hele ervaring rondom die kan dit letterlik onderstebo gekeer word en niks bou van hierdie koek iets wat sy nooit sal vergeet oorkom nie – dit is uiters stewig,” vertel Dot. Die ontwikkeling van hierdie unieke metode nie. “Ek het die koek in my sitkamer gebou, want het haar vinnig in ‘n tipe kultusfiguur in die koek- dit is die enigste vertrek waar die oopskuifdeure -wêreld laat ontpop. Mense het haar uitsonder- groot genoeg was sodat ons die koek sou kon uitlike vertoonstukke en kunswerke gesien en wou vat. Die kop alleen het amper 100kg geweeg. Ons weet hoe sy dit regkry. Die vele navrae wat sy in moes ‘n spesiale vurkhyser kry om die voltooide verband met haar metodes gekry het, het tot die koek uit die huis tot op die vragmotor te kry – dit aanbied van meestersklasse in hierdie spesiali- het ure geneem!” vertel Dot. Hierdie koek het R65 000 gekos om te maak en die vervoerkoste teitsveld gelei. “Ek het begin om klasse in my werksmetode van Wellington na Kaapstad het R11 000 beloop – aan te bied. Dit was so gewild en die aanvraag was kostes wat gelukkig deur borge betaal is. Vir Dot, wat “Eat Cake Party” begin het deur so groot dat dit ‘n lewe van sy eie gekry het,” lag sy. Sy het die afgelope tyd klasse in Mexico City, verjaardag-, trou- en doopkoeke te bak, is haar Atlanta, Miami, Barcelona, Nederland, Zurich, sukses enersyds verrassend, maar andersyds Ierland, Pole, Jakarta en Nieu-Seeland aangebied. bevredigend. “Ek werk al vir nege jaar lank onopSy en haar werk het ook al in talle nasionale en houdelik aan hierdie passie wat my soveel bevreinternasionale tydskrifte verskyn en sy is as ‘n diging verskaf. Hierdie is die beloning waarop finalis vir die internasionale “Edible Artist Global enige kunstenaar in die koekbedryf hoop,” sê sy.
Met sy 12 000 eksemplare wat weekliks by besighede en van huis tot huis versprei word, is dié courant die grootste gemeenskapskoerant op Wellington en is hy daar om die gemeenskape en sakelui van diens te wees. Om deel te wees, hetsy met nuus of advertensies, kontak ons gerus by jaomi@diecourant.
co.za (redaksie) of marietjie@diecourant.co.za (advertensies). Kontak redakteur Izélle Garcia by izelle@diecourant.co.za, of skakel 022 487 3221. Besoek ons webtuiste by www.diecourant. co.za of raak deel van ons sosiale media by @ diecourant op Facebook.
5