courant
• Bergrivier 1Swartland Wellington
dié
25 April 2018
• Free • Gratis
Wes-Kaap se #1
Bou saam met goeie nuus
Uitgawe 466
25 April 2018
•ORGANISASIE SIEN EERSTE LIG IN VOORSTRAAT
Krisante vir 102de keer op skou te sien •Jaomi Zeeman Die Wellington se Krisante Vereniging (Wellington Horticultural Society) gaan hierdie jaar vir die 102de agtereenvolgende jaar hul jaarlikse Krisanteskou aanbied. Dit maak Wellington die dorp wat al vir die langste aaneenlopende tyd hierdie tradisie en erfenis in stand hou. Die Krisanteskou sal vanjaar op 5 Mei om 13:00 in die stadsaal afskop. Volgens professor Michael le Cordeur, een van die bestuurslede van die Wellington Krisante-vereniging is hulle al druk besig met voorbereidings vir hul 102de skou. “Ons is baie opgewonde oor hierdie groot mylpaal in dié belangrike tradisie op ons dorp en die laaste reëlings is besig om getref te word,” sê hy. Die ontstaan van hierdie meer as ‘n eeuoue-tradisie het in 1916 met die inisiatief van vyf manne in Voorstraat, Wellington, begin. Hierdie vyf legendariese manne was CP Adams van Parkstraat (voorsitter), JD Pietersen van Voorstraat (onder-voorsitter), JJ Isaacs van Kortstraat (onder-sekretaris, NC Brink van Parkstraat (tesourier) en AV Maurice van Voorstraat (sekretaris). Hulle het besluit om ‘n vereniging te stig waar die belangstelling in die plant van blomme, veral krisante, gestimuleer en bevorder kan word. Die eerste krisante-skou in Wellington is op Saterdag 26 April 1916 in die Nederduits Gereformeerde Sendingskool, die hedendaagse Pauw Gedenkskool, deur hierdie aanvanklike klein vereniging gehou. Prof. Le Cordeur, wat al ongeveer 32 jaar lank by die vereniging betrokke is, vertel dat hy die liefde vir hierdie stokperdjie van sy pa geërf het. Volgens hom het die droogte wat tans die Wes-Kaap teister ‘n groot invloed gedurende die laaste jaar op die krisante-kwekers se werk gehad. “Die droogte het definitief ‘n negatiewe invloed op die krisante gehad en talle uitdagings aan die kwekers gebied. Baie van die blomme is nog nie heeltemal oop nie, omdat dit nie die hele jaar vars water gekry het nie,” sê hy. Die droë toestande het mense egter volgens prof. Le Cordeur genoop om nuwe planne met hul krisante te maak.
Rust-toekenning se finaliste nou bekend
“Die kwekers moes nuwe vaardighede aanleer en innoverend dink om hul blomme tydens die droogte te versorg. Ons het ‘n paar waardevolle lesse, nuutgevonde vaardighede en innovasies, sowel as ‘n meer ekonomiese lewenstyl met die droogte, aangeleer. Dit was in die meer as 32 jaar dat ek aan die Krisante Vereniging verbonde is, die moeilikste tyd nog. Die lede het mekaar egter deurentyd bemoedig en nuttige raad met mekaar gedeel,” vertel hy. Die skou gaan egter nie net oor die vertoon van plaaslike kwekers se krisante nie. Die vereniging het ook ‘n been waar die dames met hul kundigheid en kreatiwiteit kan spog. Hulle neem onder andere aan afdelings waar hul naaldwerk, versierings, blommerangskikkings en fyngebak beoordeel word. Onder die top-presteerders in die damesafdeling was al bekendes soos Sylvia Le Cordeur (ag keer), R. Williams (vyf keer), P. Cavernelis (ses keer) en F. April (vier keer). Mev. Venitia Bosman is die mees onlangse wenner wat sedert 2000 al vyf keer die kroon ingepalm het. Volgens prof. Le Cordeur sal die geleentheidspreker by die skou Christo van der Rheede,
adjunkhoof van Agri SA, wees. ‘n Nuwe groep krisant-entoesiaste van die Bosmanplase sal ook hierdie jaar vir die eerste keer aan die Skou deelneem. “Met al die uitdagings rondom die droogte eer ons eintlik hierdie jaar, meer as enige jaar tevore, die nalatenskap van hierdie erfenis in ons dorp. Die mense wat 102 jaar gelede met hierdie inisiatief begin het, het nie krane met lopende water gehad om vir hul blomme te gebruik nie. Vandag, in 2018, moet ons op dieselfde wyse as 102 jaar gelede ons blomme versorg deur saam met die natuur te werk om die blomme te versorg,” sê prof. Le Cordeur. Hierdie unieke plaaslike vereniging, wat nie eens tydens die Tweede Wêreldoorlog ‘n skou gemis het nie, sal hierdie jaar, soos die afgelope 102 jaar, op die eerste Saterdag in Mei die pragtige vrug van hul handewerk, arbeid en toewyding ten toon stel. Wellingtonners wat deel in hierdie 102-jaar oue tradisie en erfenis wil hê, kan die Krisante Skou op 5 Mei in die stadsaal besoek. Dit open om 13:00 en toegang beloop R10 per persoon. Belangstellendes kan Anthony Cavernelis by 083 447 0309 kontak.
106 jaar: 'Ek voel nog springlewendig'
Rolene en kie inspireer by kinderoggend
NUUS • NEWS
2
NUUS • NEWS
25 April 2018
Finaliste vir Winnie Rust-toekenning bekendgemaak Die heel eerste Winnie Rust-toekenning is in 2017 tydens die Stasiefees aan Hillary Geslin oorhandig. Hierdie leerder het, ten spyte van baie struikelblokke, daarin geslaag om ‘n boek te skryf wat deur ‘n Amerikaanse uitgewer gepubliseer is. Winnie Rust is op 10 Mei 2016 vroegtydig uit ons gemeenskap weggeskeur en om haar nalatenskap te eer, het haar familie en ander rolspelers besluit om hierdie toekenning ‘n jaarlikse instelling te maak om hulde te bring aan haar skryfwerk en die rol wat sy in opvoeding en versoening in Wellington se gemeenskap gespeel het. Die kriteria vir die toekenning vereis dat dit ‘n viering van die stories en boeke van Winnie Rust moet wees en dié mense wat ‘n dapper stryd voer om moeilike omstandighede te oorkom, moet bemagtig. Dit moet vervolgens ook aan iemand wat ‘n held of heldin in sy of haar gemeenskap is en wat bo hul omstandighede uitstyg, toegeken word. Ander kriteria sluit
in dat die ontvanger ‘n persoon wat swaarkry en uitdagings tot iets goeds kan transformeer, moet wees. So ‘n persoon moet geleenthede raaksien, dit benut en boonop teruggee in die gemeenskap. In die lig van die tragiese omstandighede van Winnie Rust se dood moet die kandidaat verkieslik ‘n jong dame wees. Talle instansies het die kriteria ontvang en kon mense vir hierdie toekenning nomineer. Die drie finaliste vir hierdie toekenning, waarvan die wenner hierdie jaar op 5 Mei tydens die Stasiefees by Kleinevalleij aangekondig sal word, is onlangs bekendgemaak. Hulle is Anneline Arries wat deur Weltevrede Sekondêr genomineer is, Florencia Michaels wat deur Bergrivier Hoërskool genomineer is en Christina Klaasen wat deur die Wamakersvallei Opleidingsentrum genomineer is. Anneline het verlede jaar as top-matrikulant aan Weltevrede gematrikuleer. Sy is tans ‘n BA Tale- en Kultuurstudent aan die Universiteit van
Stellenbosch. Sy het in ‘n buitekamer saam met haar ma, ‘n huishulp, en suster grootgeword. Anneline se ma het haar altyd aangemoedig om hard te werk en bo haar omstandighede uit te styg. Sy dien van graad 8 tot graad 12 op haar skool se VRL en is ook vir haar hele hoërskoolloopbaan ‘n lid van die Junior Stadsraad. In matriek was sy die onderhoofdogter van haar skool. Sy ontvang opleiding by Media 24 as voornemende joernalis, is betrokke by haar kerk se jeugorganisasie en is ook deel van die PIEMP-Projek waar haar gedigte ‘n uitlaatklep vir haar omstandighede word. Sy het ook tydens die 2017-Digtersfees van haar gedigte tydens ‘n vertoning voorgedra. Florence het in ‘n huis waar dwelmmisbruik aan die orde van die dag was en van haar familielede gereeld in die tronk was, grootgeword. Sy het haar agtergrond as motivering gebruik om hard te werk op skool en is in graad 7 as hoofdogter gekies. Op hoërskool het sy egter op die ver-
keerde pad beland en het eers na die afsterwe van ‘n vaderfiguur en mentor besluit om haar lewe reg te ruk. Sy het begin om gedigte te skryf en gebruik dit om mense te motiveer. Christina het slegs ‘n graad 7-kwalifikasie, maar het besluit om haarself by die Wamakersvallei Sentrum in Kleutersorg te bekwaam. Sy het so goed in dié kursus gevaar dat sy by Boland Kollege haar N-kursusse voltooi het en in 2012 as graad 1-onderwyseres by Soetendal Primêr aangestel is. Sy het haar droom om ‘n gekwalifiseerde onderwyseres te wees nagejaag en is in 2016 by CPUT aanvaar. Sy het haar kursus in 2017 geslaag en lewer gereeld motiveringspraatjies. ‘n Wenner vir die Winnie Rust-toekenning sal uit hierdie drie finaliste by die Stasiefees aangekondig word. By dieselfde geleentheid sal ‘n oorhandiging aan die oud-Wellingtonner, dr. Marlene le Roux, sowel as aan Gaireyah Fredericks vir hul onderskeie prestasies gemaak word.
Rolene en kie inspireer by kinderontwikkelingsoggend
Mussies: Die Busy Beez-klublede met die baba-mussies wat hul aan die Pedia-
triese en Neonatale Eenheid by die Paarl Hospitaal oorhandig het. Die breiwerk is deur die Busy Beez-klublede en hul vriende, sowel as klante van Die Wolnessie in die Paarl gemaak.
Rolene Strauss saam met onderwyseresse van Hugenote Laerskool wat die oggend bygewoon het. baba kan wees, gekry omdat ek nie vermoed •Jaomi Zeeman Die plaaslike pediatriese arbeidsterapeut, Lanise het dat ek swanger is nie. Na my seuntjie se Knipe, het op 14 April, in samewerking met geboorte moes ek na net sewe dae terug univerander kundiges ‘n baie geslaagde Kinderontwik- siteit toe om my studies voort te sit. Dit het my ongelooflik skuldig laat voel, omdat ek nie by my kelingsoggend aangebied. Hierdie insiggewende geleentheid het in die kind kon wees of voluit kon borsvoed nie,” het skoolsaal van Hugenote Laerskool plaasgevind sy vertel. Volgens Rolene is dit elke ma se plig om haar en is deur verskeie ouers, opvoedkundiges en grootste vrese teenoor haar grootste aspirasies belangstellendes bygewoon. Die hoofspreker by die oggend was Rolene op te weeg. “As jou aspirasies groter is as jou vrese, dan Strauss, voormalige Mej. Suid-Afrika en Mej. Wêreld. Ander sprekers wat by die geleentheid het jy reeds oorwin. ‘n Mens moenie goed opgetree het, was die oudioloog Liesel van der saamdra wat jou kan terughou nie en liewer Merwe, die dieetkundige Chantel Richardson, probeer om die beste weergawe van jouself te die sielkundige Ben Truter, sowel as Lanise self. probeer word. As jy streef na sukses, is jy klaar Almal het belangrike kwessies tydens die vroeë halfpad suksesvol,” het sy gesê. Rolene, wat onlangs ‘n gesondheidsentrum ontwikkelingsjare van kinders met kundige raad vir vroue saam met haar skoonsuster in die Paarl toegelig. Heinrich Gabler, finalis in die Mnr. Suid-Afrika begin het, het ook raad ten opsigte van tydskompetisie en onderwyser by Hugenote Laer- bestuur, fokus en doelstellings gegee. “Ten spyte van al die uitdagings en die feit dat skool, het as seremoniemeester by die geleentheid opgetree en ook sy passie vir die gesonde ma-wees soms na ‘n ondankbare, alleen-werk ontwikkeling van elke kind met die aankondiging voel, is dit ‘n belegging in die mense vir wie jy die liefste is. Die beloning is nie altyd fisies sigbaar van die sprekers vervleg. Rolene het tydens haar praatjie met die nie, maar die vervulling is onberekenbaar,” het titel, “Vrou wees, ma wees, alles wees”, lig op sy afgesluit. Rolene is opgevolg deur die oudioloog, Liesel die uitdagings van elke ma gewerp. Sy het ook die gebrokenheid en groot taak van elke ma van der Merwe, wat gaste oor die belangrikhied aangespreek en wenke gegee wat elke moeder van goeie gehoor by kinders ingelig het. Die kan help om die beste weergawe van haarself te dieetkundige Chantel Richardson het hierna lig op die waarde van voeding tot voordeel van wees. “As kind het ek geglo dat enigiets moontlik ‘n kind se verstandelike en fisiese gesondheid is. Die enigste ding wat groter as my drome was, gewerp. Ben Truter het die gaste ten opsigte van was my groot, skewe voortand,” het sy geskerts. sosiale kommunikatiewe ontwikkeling en die Rolene het openhartig oor haar eie uitda- outisme spektrum ingelig en Lanése het oor die gings, en hoedat die lewe nie altyd uitdraai soos positiewe impak van speel op die ontwikkeling van kinders gepraat. wat sy beplan of gedink het nie, gepraat. Gaste kon tydens hierdie interaktiewe oggend “My swangerskap was nie beplan nie en het in ‘n besige tyd van my studies tydens my pedri- nie net pitkos vir hul opvoedingstaak kry nie, atriese rotasies geval. Ek het boonop ‘n groot maar ook heerlik saamkuier en boonop heerlike klomp immunisasies, wat nadelig vir ‘n ongebore pryse tydens die gelukkige trekkings losslaan. Wees altyd aan die voorpunt van die goeie nuus met ons sosiale media. Volg ons Facebook-blad by @diecourant. Kontak ons by 022 487 3221 of stuur 'n epos na izelle@diecourant.co.za. Besoek ook ons webwerf by www.diecourant.co.za.
NUUS • NEWS
25 April 2018
•TITANIC SINK DAG VOOR GEBOORTE
106 jaar: ‘Ek voel nog springlewendig’
•Jaomi Zeeman Die Wellingtonner tannie Margaretha Frederika, of Grieta, Visagie het op Maandag 16 April ‘n allemintige 106 jaar oud geword. Hierdie inwoner van Silwerkruin is in 1912 gebore - ‘n jaartal wat die meeste mense nog net in geskiedenisboeke raakgelees het. In haar leeftyd het tannie Margaretha al meer dinge beleef en gesien as wat enigeen van ons ons kan verbeel. Die beroemde Titanic-skip het presies ‘n dag voor haar geboorte gesink en die konstruksie aan die Panama-kanaal het in dieselfde tyd afgeskop. In haar geboortejaar is ‘n elektriese stoof vir die eerste keer uitgevind, ‘n hartaanval vir die eerste keer gediagnoseer en het die eerste valskermsprong uit ‘n vliegtuig plaasgevind. Sedertdien het baie dinge al verander, en vele dinge maar net dieselfde gebly. Tannie Grieta se familie het op Sondag 15 April hierdie groot mylpaal by haar dogter wat in Fyngoud woon, gevier. Maandag het die personeel van Silwerkruin die feestelikheid voortgesit deur haar met ‘n pragtig-versierde koek te verras. Met haar 105de verjaardag verlede jaar het tannie Grieta nog gespot dat sy geen pyne het nie en goed aangaan. “Ek is eintlik baie gesond,” het sy toe gesê. Op 106-jarige ouderdom is sy nog vol grappies en vertel met ‘n vonkel in haar oë van hoe die versorgers by Silwerkruin die “ou manne” in die gang onder haar moet versorg. Sy is een van sewe kinders, van wie sy die enigste oorlewende is. Haar dogter, Christa Botha, woon in ‘n woonstel in Fyngoud net oorkant die straat van Silwerkruin. Op ‘n vraag van die Silwerkruin-personeel oor hoe sy op haar verjaardag voel, het sy laggend geantwoord.
“Ek voel nog springlewendig!” Haar kamermuur is versier met die foto’s van haar dogter, kleinkinders, agterkleinkinders en hul uitgebreide families. Op haar tafel lê haar tydskrifte en Bybel. 106 jaar is voorwaar ‘n besondere mylpaal – só besonders dat dr. Elna von Schlicht, uitvoerende burgemeester van die Kaapse Wynlande selfs ‘n persoonlike besoek aan tannie Grieta op haar verjaardag gebring het.
3
Hugo Rust se diensraad en Bergrivier werk saam Hugo Rust Laerskool se diensraad het onlangs die Bergrivier Primêre Skool op die Haaskraalpad besoek. Hierdie besoek was deel van hul inisiatief om gemeenskapsprojekte te loods, met ander skole saam te werk en hul horisonne te verbreed. Tydens die besoek het hulle honderde pare skoene wat hulle onder die leerders van Hugo Rust ingesamel het, aan die leerders van Bergrivier vir hul breër gemeenskap oorhandig. As deel van dié twee skole se saamkuier, is daar ook koeldrank en paaseiers uitgedeel en algemene benodigdhede aan die skool oorhandig. Volgens Marina Retief en Charl de Villiers, skakelonderwysers vir die diensraad by Hugo Rust, was die inisiatief geheel en al die kinders se idee. “Die diensraad het self met die idee vorendag gekom. Dit is nie net ‘n gemeenskapsuitreik
nie, maar leer hulle ook verantwoordelikheid en sekere organisatoriese vaardighede. Dit is ook goed om met ander skole saam te werk en om ‘n bietjie gaan kyk hoe dit by ander skole lyk,” het Marina en Charl gesê. Bergrivier se kinders het met trots hul skoollied vir Hugo Rust se diensraad gesing, waarna die kinders heerlik aan die koeldrank en paaseiers gesmul het. As deel van die samewerking tussen hierdie twee skole het hulle saam stories gelees. Bergrivier Primêr se skoolhoof, Cindy Swarts, is dankbaar vir die skakeling tussen die twee skole en die mooi inisiatief van Hugo Rust se diensraad. “Hierdie skenking is ‘n wonderlike bederf. Ons is regtig so bly oor hierdie mooi inisiatief. En kyk nou net hoe lekker lees die kinders vir mekaar stories,” het sy gesê.
courant
Met die eerste winterreën wat uiteindelik opgedaag en die stowwerigheid van die lang, droë somer kom lawe het, voel almal weer ‘n bietjie hoopvol. Die Bergrivier se droë loop het weer water in. Swembadvlakke het effens gestyg. Ons kan miskien die emmers vol gryswater waarmee ons ons plante aan die lewe hou vir ‘n rukkie op die agterstoep bêre. Die droogte is nie lekker nie, en dit is heel waarskynlik nog glad nie verby nie, maar ons het baie daaruit geleer. Ons het die waarde van elke druppel water leer waardeer. Ons moes ophou kwistig met ons krane wees. Ons moes weer respek vir die natuur en ons hulpbronne leer. Ons moes innoverend dink en kreatiewe planne rondom ons waterverbruik beraam. Ons het agtergekom dat die enigste manier om kop bo (die min) water te hou, ‘n gesamentlike poging van miljoene mense verg. In die plek van die droë strome rondom ons dorp, het daar ander strome ontspring. Die droogte het ons verenig, net soos ons dankbaarheid en hoop met die eerste winterreën nou ook doen. Dit staan soos ‘n paal bo (die min) water. Ten spyte van die droogte, is daar in Wellington nog baie strome wat sterk vloei. Die strome van kreatiwiteit, omgee, ‘n waardering vir ons
Dis Goeie Nuus
NUUS • NEWS
25 April 2018
dié
4
Laat dit stroom
erfenis, innovasie en harde werk het gelukkig nog nooit hier opgedroog nie. Die Busy Beez handwerkgroep het met hul skenking van gebreide mussies,hul vaardighede tot voordeel van babas by die Paarl Hospitaal aangewend. Die nimmereindigende stroom van die Lions se diensbaarheid het ‘n onvergeetlike oggend met vermaak en heerlike kos vir 450 senior burgers in ons dorp laat geniet. Vrywilligers het hul tyd en vaardighede beskikbaar gestel en die Digterstuin weer opgekikker. Die kreatiwiteit wat uit Anne-Ghrett Erasmus stroom, kry die komende week in die kunsuitstalling by die Suidoosterfees, waarvan sy die kurator is, gestalte. Gerald Clark en die Tsjeggiese kunstenaar Radka se kuns en musiek sal binnekort in die binnehof van die Breytenbach Sentrum geniet kan word. Die VLV se stroom van kreatiwiteit en vaardigheid word elke maand tydens hul interessante vergadering gevier. Die erfenis van ons plaaslike Krisante Vereniging vir hierdie jaar, die droogte ten spyt, hul 102de bestaansjaar wanneer hul op 5 Mei hul skou in die Stadsaal hou. Sekere strome in ons dorp sal sowaar nooit opdroog nie. Mag elkeen hierdie week in die stroom van die lewe die strome van kreatiwiteit, dankbaarheid en produktiwiteit beleef - en iewers ook ‘n bietjie stroom-op beur.
Dr. Andrew Bosman
Hoe tree ons op onder druk
In 1 Samuel hoofstuk 15 lees ons van koning Saul wat die opdragte wat hy ontvang het nie uitgevoer het nie. Op die vraag van Samuel waarom koning Saul dan nie die opdragte van die HERE uitgevoer het nie, het koning Saul geantwoord dat hy bevrees was vir die manskappe en na hulle geluister het. Koning Saul het Samuel gevra om met hom saam te gaan dat hy die HERE kan aanbid, maar Samuel het hom geantwoord dat hy nie sal saamgaan nie, want die Here het koning Saul verwerp om koning oor Israel te wees. Dawid en sy manskappe keer terug na hulle stad Siklag, en vind dat hulle vroue en kinders en al hulle vee geroof is. Die manskappe was baie ontsteld en wou vir Dawid stenig. Dawid het egter vir Abjatar, wat die priesteramp vervul het geroep en gevra om die HERE vir hom te raadpleeg. Die HERE het hom geantwoord dat hy die vroue en kinders en vee sal terugkry as hy die vyand aanval. Koning Saul en Dawid was beide deur hulle manskappe bedreig, Dawid het hom versterk in die HERE sy God, terwyl koning Saul na sy manskappe geluister het.
Digterstuin deur talle vrywilligers opgekikker Die droogte het sy nare merk op alle tuine in die Wes-Kaap gelos. Wellington se residensiële tuine is die dor getuienis van een van die ergste opgetekende droogtes in die provinsie. Die pragtige digterstuin by die Breytenbach-sentrum moes ongelukkig ook onder die droogte swig en die eens lowergroen beddings en heinings het gedurende die somer tot ‘n afgewaterde weergawe van sy eertydse glorie gekrimp. Nadat die Breytenbach-sentrum ‘n week of wat gelede besluit het om die tuin weer op te kikker, het hul voelers uitgesteek vir moontlike vrywilligers wat hul met hierdie taak kon help. Greta en Warwick Bayer, tuinboukundiges by Arboreta Nurseries op Wellington, het hul dienste vrywillig vir hierdie doel aangebied. Op Saterdag 14 April het hulle, saam met ‘n paar helpers, die digterstuin met tuinhandskoene, snoeiskêre, sae, harke en besems getakel. Die dak en geute van die Bôrdienghuis-tea-
ter is skoongemaak en bome is gesnoei. Die clivia-tuin is netjies gemaak, bemes en met strooi bedek. 500 liter water is uit die tenks vir besproeiing in die tuin gebruik en emmers is vanaf die tenk na verskeie bome aangedra. Volgens Francois Lötter, bestuurder van die Breytenbach-sentrum, is hulle verheug oor hierdie vrywillige diens. “Die mense van Arboretum Nurseries is fantasties en hulle vrywillige hulp en professionele en harde werk om die tuin in stand te hou in die droogte en voor te berei vir die winter sien ‘n mens nie elke dag nie. "Ons sien uit om te sien hoe die pragtige tuin mooier en mooier word,” het hy gesê.
Wellingtonner skryf boek Die Wellingtonner Basie Basson se eie oortuigings en geloof het hom geïnspireer om ‘n boek te skryf. Hierdie boek, Evolusie: Wetenskap of geloof?, is in September 2017 gepubliseer en word deur Basie self uitgegee. Volgens hom het hy ag jaar aan die boek gewerk en altesaam 794 bronne vir die skryf van die boek gebruik. Die boek is ook besig om in Engels vertaal te word. “Ek het reeds ‘n navraag van ‘n Amerikaanse uitgewer in hierdie verband gekry,” sê hy. Die boek word tydens praatjies wat Basie daaroor lewer te koop aangebied. “Ek doen praatjies in die Wes-Kaap, die Karoo, by kerke en by selgroepe. Die boek gaan nou al vir sy derde druk,” vertel hy. Volgens Basie is hy tans met die skryf van twee ander boeke besig. “Die een is ‘n opvolgboek op my eerste een en die ander is ‘n kinderboek met illustrasies. Ons doen ook jaarliks ‘n toer om die nalatenskap van Noag se vloed te bestudeer,” sê hy. Belangstellendes kan Basie by hnbevolution@gmail.com kontak.
Basie Basson is tans besig om twee ander boeke te skryf.
Kreatiwiteit vloei by VLV-tak se vergadering
Lede wat spesiale ledeknopies ontvang het is Marna Fourie (20 jaar), Erna Richter (5 jaar), June Smith (45 jaar), Elsabe du Plessis (45 jaar), Dalene Leipoldt (5 jaar), Patricia (5 jaar), Susan Hodgins (5 jaar) en SCB Smit (55 jaar). Die plaaslike VLV-tak het op Donderdag 19 April ‘n kreatiewe vergadering in die saal van die Noord-Gemeente gehou. Die lede van die Kuns- en handvlytportefeulje het ‘n oggend vol aktiwiteite wat die skeppende vaardighede van elke lid geprikkel het, aangebied. VLV-lede en gaste kon by tafels in ‘n pragtig versierde saal aansit. Na interessante voorlesings en die oorhandiging van lidmaatskapknopies aan lede wat al vir baie jare aan die VLV verbonde is, is daar met handvlyt-aktiwiteite begin. Elke tafel het die benodigdhede vir ‘n eie
kreatiewe aktiwiteit beskikbaar gestel. Na ‘n demonstrasie deur lede van die kuns- en handvlytportefeulje kon gaste wegspring en self met die maak van onder andere versierde melkbokse en koekiehouers, sowel as die maak van papierrosies begin. Uiteindelik kon elkeen met ‘n selfgemaakte gebruiksitem spog. Talle winskopies is op die marktafel, wat onder tuisgemaakte en vars produkte gekreun het, opgeraap. Die oggend is afgesluit met ‘n kuier rondom heerlike eetgoed en tee.
courant vier tweede verjaarsdag op Wellington courant courant 25 April 2018
NUUS • NEWS Spesiale Uitgawe
13
Hugenotestraat 24, Malmesbury
20 April 2016
Uitgawe 366
tel: 022 487 3221
Gratis • Free
GROOTSTE onafhanklike gemeenskapskoerant in die Wes-Kaap
Almé Engelbrecht, ‘n graad 11-leerder aan die Hugenote Hoërskool op Wellington, se kop is tussen die sterre. Sy is een van net 50 leerders van regoor die wêreld wat gekies is om ‘n NASA-opleidingsprogram by hul "Space School" in Amerika by te woon. Sy vertrek 15 Julie en keer weer 1 Augustus terug. "Ek is baie opgewonde. Dit sal seker insink as ek op die vliegtuig sit," sê Almé. Links is sy saam met haar ouers, Roeline en Vaatjie op toer deur Parys.
• OPVOEDKUNDE IN DR. LE CORDEUR SE VISIER
Taal bruis in sy are
Dr. Michael le Cordeur (nog 'n foto op bl 6). Sy navorsing en publikasies handel oor leerders se lees- en skryfvermoë; taalbeleide; moedertaalonderrig en taalidentiteit. Hy is ‘n produk van Pauw Gedenk Laerskool en Bergrivier Hoërskool en lid van die klas van 1976 wat matriek onder uiters moeilike omstandighede moes voltooi. Die voormalige taalonderwyser aan Bergrivier Hoërskool, was ook adjunkhoof van Weltevrede Sekondêr, skoolhoof van Kylemore Hoërskool, en kringbestuurder van onderwys op Stellenbosch. Hy behaal ‘n doktorsgraad (PhD) in Opvoedkunde (2004) asook ‘n meestersgraad (M.Ed) in Afrikaanse Kurrikulumstudie aan die Universiteit Stellenbosch. Hy verwerf ook grade aan die
Universiteit van Wes-Kaapland (Hons-BA, HOD), UNISA (B.ED) en ’n bestuurskwalifikasie aan die Nagraadse Bestuurskool van die Universiteit Stellenbosch. Hy het onder meer al lesings gelewer aan die universiteite van New York, Hong Kong, Parys, Brussels, Den Haag, Istanboel, Berlyn, Kopenhagen en Warskou. Dr le Cordeur het die Wes-Kaapse Taalkomitee vir twee termyne gelei en is mede-opsteller van die Wes-Kaapse Taalbeleid. Hy is ‘n vorige voorsitter van die Breytenbach-sentrum en ondervoorsitter van die Afrikaanse Taalmuseum. Hy is ‘n direksielid van die ATKV, die SBA en die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns en is onlangs verkies tot die uitvoerende komitee van die US se Konvokasie. Dr le Cordeur was maar net 16 toe sy leierskapsvaardighede raakgesien is en hy Suid-Afrika by die Wêreld Jamboree vir Padvinders verteenwoordig het in Noorweë. Le Cordeur was ‘n kranige rugbyspeler vir Roslins en krieketspeler vir Sussex en Bergrivier. Later is hy 18 jaar die voorsitter van Sussex en Boland USSASA Hoërskole en sekretaris van Wellington Rugby-unie. Dr le Cordeur het al die Premierstoekenning (1997) en die Kanseliersmedalje vir buitengewone prestasie op die gebiede van navorsing, onderrig en gemeenskapsinteraksie ontvang. Hy kweek ook krisante, ‘n kuns wat hy by sy vader, Michael Snr, geleer het. Sy blomme staan tans in blom en hy maak gereed om aan die skou se eeufees deel te neem op 7 Mei. Hy sê hy het sy liefde vir die taal by sy ma, Sylvia, geëerf.
Oor die afgelope twee jaar het dié courant Wellington, 'n vaandel van die stal van dié courant, gegroei en gedeel in die lief, leed en voorspoed van dié Bolandse dorp. Die publikasie is twee jaar gelede met ope arms ontvang en weekliks deel elke nuwe koerant die positiewe en opbouende nuus van Wellington - en daar is baie. Dit wat aanvanklik as 'n spesiale uitgawe 'n maandelikse publikasie sou wees, het na die eerste druk dadelik na 'n weeklikse instelling verander. Wat dié courant uniek en gewild maak, is die unieke aanslag van slegs positiewe, informatiewe en opbouende nuus. Joernalis Jaomi Zeeman het haar behoorlik ingegrawe in die gemeenskap en deel graag die sukses en voorspoed van ander se lewens. Wellington is 'n dorp wat ryk is aan kultuur, erfenis en voorspoed. Dit is duidelik te sien uit die beriggewing wat weekliks plaasvind. Bemarker Marjietjie Nel het die sakemanne en -vroue van die omgewing leer ken, 'n pad met hul gebou en besigheid na die ondernemings gelok. Intussen is baie sakeverhoudinge en ook vriendskapsbande gesmee. Wellington, sy mense en besighede, het dié courant oorval met positiewe reaksie en woorde van voorspoed. Ook op sosiale media het die gemeenskap van Wellington saamgelees en die nuus gevolg. Sommige van die aktiefste skakels op Facebook was dié van stories uit die Wellington-uitgawe.
NUUS • NEWS
se 1ste keuse
21 September 2016
Hugenotestraat 24, Malmesbury
21 September 2016
Uitgawe 388
tel: 022 487 3221
GROOTSTE onafhanklike gemeenskapskoerant in die Wes-Kaap
•EEN VAN SLEGS VIER FINALISTE TER WÊRELD
Almé reg vir opleiding by NASA
Een van Wellington se goue seuns waarop die dorp met reg trots is, is Michael le Cordeur, deesdae ‘n doktor in Kurrikulumstudie. Vandag loop hy met vaste tred in die voetspore van die dorp se opvoedkundiges. Hy is hoof van die Departement Kurrikulumstudie aan die Fakulteit Opvoedkunde van die Universiteit Stellenbosch waar hy Afrikaansonderwys doseer op voor- en nagraadse vlak en verskeie Meesters- en doktorale studente suksesvol begelei het. Dr. le Cordeur is ‘n gerespekteerde akadamiese outeur en sy jongste boek vir studente, ‘n Gids vir Beginnernavorsers, het pas by Van Schaik verskyn. Tans werk hy aan sy groot droom: ‘n omvattende navorsingsboek - Die Bydrae van die Bruinmense tot Afrikaans. Veertig skrywers, akademici, kerkleiers en gemeenskapsleiers is mederskywers aan hierdie boek waarvan hy optree as die uitgewende redakteur. Le Cordeur is die medeskrywer (saam met Marlene le Roux) van Die Klopse van Wellington, 100 jaar se onvertelde stories wat gelei het tot twee feesproduksies in 2014. Sy handboek vir universiteitstudente, Afrikaanse Metodiek deur ‘n nuwe bril, het in 2014 by Oxford Univarsity Press verskyn en hy het in 2015 ‘n hoofstuk gelewer in Naspers se eeufeesboek oor Die Bydrae van Bruinmense tot die Afrikaanse Media. Hoofstukke in twee verdere boeke: Mnr. Mandela se bydrae tot die Afrikaansonderwys ,onder leiding van prof Crain Soudien van die UK, en Kaapse Afrikaans in die Onderwys, saam met proff Frank Hendricks en Charlyn Dyers van die UWK, verskyn eersdaags.
1 Weskus
dié
Gratis • Free
Wellington
20 April 2016
Wellington
dié dié
S • NEWS
NUUS • NEWS
dié courant nou op Wellington op versoek Landbou, sake, kultuur, skole en sport het deur die jare noue bande gesmee tussen die gemeenskappe van die Swartland en die aanliggende Wamakersvallei. Die Riebeekvallei met Hermon en omgewing word as Swartland beskou, terwyl dele daarvan lank reeds in die Drakenstein Munisipaliteit ingesny is. Ook is Hugenote vir talle inwoners van dié vallei hul hoërskool. Ná herhaalde versoeke van Wellingtoners bring dié courant vandag 'n spesiale Wellington-uitgawe met Wellington-nuus, waarvan 'n deel ook in die Swartland en Weskus gedra word. dié courant het nege jaar gelede die eerste keer in die Swartland verskyn en sedertdien, met die ondersteuning van die gemeenskap, gegroei tot die grootste onafhanklike gemeenskapskoerant wat weekliks in die Wes-Kaap versprei word. En dít met Goeie Nuus. Hierdie spesiale Wellington-uitgawe volg op 'n spesiale Bergrivier-uitgawe wat twee jaar gelede op Piketberg en Porterville uitgegee is en sedertdien gereeld daar versprei word. WEN: dié courant se span is met ope arms op Wellington ontvang en daarvoor is ons die gemeenskap groot dank verskuldig. As dankie-sê, kan twee gelukkige lesers elkeen R500 kontant losslaan. Gaan "Like" dié courant se facebook-blad en stuur 'n "inbox"-boodskap met u naam, telefoonnommer en ouderdom om in aanmerking te kom vir een van die twee pryse. Vir algemene en sportnuus kan julle ons joernalis, Susan Botha, skakel by 022 487 3221 of e-pos na susan@diecourant.co.za. Die advertensies word deur Marietjie Nel behartig. Skakel haar ook by 022 487 3221 of per epos by marietjie@diecourant.co.za.
Dot se renoster vat die koek
•Jaomi Zeeman
Dot Klerck van Wellington, die meesterbrein en kunstenaar van haar onderneming “Eat Cake Party”, is pas as een van slegs vier finaliste ter wêreld in die “Cake Masters Magazine Awards” (CMMA) aangewys. Hierdie eer het haar te beurt geval vir haar lewensgroot renosterkoek wat haar as finalis vir die beste vertoonstuk gekwalifiseer het. Die CMMA word as die “Oscars van die bakkers” beskou en is ‘n internasionale kompetisie waar net die heel beste bakkers, versierders, beeldhouers en koek-kunstenaars ter wêreld vereer word. ‘n Benoeming in enige kategorie van hierdie geleentheid is ‘n geweldige eer en uitsonderlike prestasie. Volgens Dot voel sy uit die veld geslaan oor die benoeming. “’n Mens werk baie hard en jy is passievol oor wat jy doen, maar hierdie tipe toekennings en pryse is iets wat altyd baie ver en onwerklik gevoel – iets waaroor jy miskien droom, maar wat jy dink nooit vir jou sal waar word nie,” sê sy. Nou het hierdie droom egter vir Dot ‘n werklikheid geword en sy is binnekort op pad na Birmingham. Hier sal sy op 5 November saam met al die ander glansmense in die koekbedryf oor die rooi tapyt van die grootste internasionale meester-toekennings loop. Volgens Dot voel die hele ervaring nog onwerklik. “Ek was buite myself van blydskap toe ek die nuus kry. Ek bedoel, ek is ‘n bakker en kunstenaar van Wellington in Suid-Afrika. ‘n Mens weet nooit of die beoordelaars jou werk sal raaksien nie,” sê sy. Haar uitsonderlike koeke maak egter reeds ‘n geruime tyd opslae – plaaslik en in die buiteland. Sy het ‘n unieke metode ontwikkel waarmee sy lewensgetroue beeldhouwerke uit koek kan vorm en versier – iets wat nog nooit vantevore in die koekbedryf gedoen is nie. “Ek het na skool kuns studeer en in beeldhouwerk en ontwerp gespesialiseer. Die basiese beginsels wat ek daar geleer het, is iets wat ek nou in die ontwerp en bou van my koeke kan toepas,” verduidelik Dot. “Ek het ‘n unieke metode ontwikkel waar die hele koek vooraf ontwerp word en elke moontlike hoek van die koek geteken en bereken word sodat alles proporsioneel reg is. Dit word deur fyn berekeninge gedoen en selfs die hoeveelheid mense wat van so ‘n koek kan eet, is by my formules
Dié reuse-koek, gebak en versier deur Dot Klerck, ding mee in die "Cake Masters Magazine Awards". ingesluit,” vertel sy. “Ek teken dan ‘n template Awards” benoem. Die lewensgroot renosterkoek wat haar die vir die ontwerp en alles word daarom gevorm en gemaak. Die koek word daarvolgens gebak, plek as internasionale finalis in die CMMA besorg het, het haar vernuf tot die uiterste beproef. Die gebou en versier,” sê sy. “Daar word ‘n staalraamwerk vir elke koek koek het amper ‘n ton geweeg en was ‘n lewensgebou en dit kos amper ‘n bietjie ingenieursver- getroue replika van ‘n renoster wat in die KIKS nuf om dit presies reg te kry. Die balans moet uitgestal is. Dit is as deel van ‘n bewaringsveldtog absoluut reg wees. Wanneer my koeke klaar is, vir renosters gebak en is uiteindelik opgeëet. Volgens Dot was die hele ervaring rondom die kan dit letterlik onderstebo gekeer word en niks bou van hierdie koek iets wat sy nooit sal vergeet oorkom nie – dit is uiters stewig,” vertel Dot. Die ontwikkeling van hierdie unieke metode nie. “Ek het die koek in my sitkamer gebou, want het haar vinnig in ‘n tipe kultusfiguur in die koek- dit is die enigste vertrek waar die oopskuifdeure -wêreld laat ontpop. Mense het haar uitsonder- groot genoeg was sodat ons die koek sou kon uitlike vertoonstukke en kunswerke gesien en wou vat. Die kop alleen het amper 100kg geweeg. Ons weet hoe sy dit regkry. Die vele navrae wat sy in moes ‘n spesiale vurkhyser kry om die voltooide verband met haar metodes gekry het, het tot die koek uit die huis tot op die vragmotor te kry – dit aanbied van meestersklasse in hierdie spesiali- het ure geneem!” vertel Dot. Hierdie koek het R65 000 gekos om te maak en die vervoerkoste teitsveld gelei. “Ek het begin om klasse in my werksmetode van Wellington na Kaapstad het R11 000 beloop – aan te bied. Dit was so gewild en die aanvraag was kostes wat gelukkig deur borge betaal is. Vir Dot, wat “Eat Cake Party” begin het deur so groot dat dit ‘n lewe van sy eie gekry het,” lag sy. Sy het die afgelope tyd klasse in Mexico City, verjaardag-, trou- en doopkoeke te bak, is haar Atlanta, Miami, Barcelona, Nederland, Zurich, sukses enersyds verrassend, maar andersyds Ierland, Pole, Jakarta en Nieu-Seeland aangebied. bevredigend. “Ek werk al vir nege jaar lank onopSy en haar werk het ook al in talle nasionale en houdelik aan hierdie passie wat my soveel bevreinternasionale tydskrifte verskyn en sy is as ‘n diging verskaf. Hierdie is die beloning waarop finalis vir die internasionale “Edible Artist Global enige kunstenaar in die koekbedryf hoop,” sê sy.
Met sy 12 000 eksemplare wat weekliks by besighede en van huis tot huis versprei word, is dié courant die grootste gemeenskapskoerant op Wellington en is hy daar om die gemeenskape en sakelui van diens te wees. Om deel te wees, hetsy met nuus of advertensies, kontak ons gerus by jaomi@diecourant.
co.za (redaksie) of marietjie@diecourant.co.za (advertensies). Kontak redakteur Izélle Garcia by izelle@diecourant.co.za, of skakel 022 487 3221. Besoek ons webtuiste by www.diecourant. co.za of raak deel van ons sosiale media by @ diecourant op Facebook.
5
6
NUUS • NEWS
25 April 2018
Diemersfontein: Wellington se juweel by Hawekwa Die Diemersfontein Wynlandgoed buite Wellington is ‘n gevestigde baken in ons omgewing. By hierdie landgoed gaan dit egter oor veel meer as bloot wyn en leefstyl - dit het ‘n ryk erfenis wat die omgewing en volhoubare praktyke
respekteer. Diemersfontein behoort reeds vir drie generasies aan die Sonnenberg-familie. Die huidige eienaar, David, se oupa, Max, het hierdie plaas, wat in die skadu van die majestieuse Hawekwa-berge lê en ‘n panoramiese uitsig oor die Du Toitskloof, sowel as Bainskloofberge het, in die vroeë 1940’s gekoop. Die plaasopstal, of “Groot Huis”, is sentraal in die bedrywighede van hierdie werkende wynlandgoed. Die ongelooflike tuine is deur David se ma, Cecilia Sonnenberg, uitgelê en getuig van ‘n era waar ‘n bewuste, rustige leefwyse aan die orde van die dag was. Hierdie pragtige agtergrond is vandag nog ‘n gewilde plek vir bruide en ander spesiale geleenthede. Buiten die ontwikkeling van die Diemersfontein Wynlandgoed, het die Sonnenberg-familie ‘n beduidende rol in talle ander fasette van ons land se vooruitgang gespeel. Max, saam met sy seun Richard, was die medestigters van Woolworths Suid-Afrika en ook parlementslede in die Jan Smuts-regering. Hulle het ook Italiaanse oorloggevangenes tydens die oorlogsjare in die plaasopstalle gehuisves. Richard se vrou, Cecilia, was ‘n bekende Kaapse aktrise en medestigter van die bekende Maynardville-buitelugteater. Die familie se verbintenis met en ondersteuning van die kunste dateer ook uit die tyd toe die Italianers opera-arias vanuit die opstalle laat opklink het. David en Sue, self ‘n kunstenaar
en koorliefhebber, verstaan die belangrikheid daarvan om in plaaslike kunstenaars te belê. Daarom word daar vandag steeds gereeld klassieke musiekkonserte en ander vertonings op die plaas aangebied. In 2000 het David ‘n wynkelder op die plaas gebou en met die produksie van landgoedwyn begin. Sedertdien het Diemersfontein hulself as ‘n swaargewig in die nasionale, sowel as internasionale wynbedryf gevestig. Hulle stap jaarliks met talle gesogte wyntoekennings by plaaslike en internasionale wynkompetisies weg. Diemersfontein het ook in die afgelope jare bekendheid as ‘n gesogte leefstyl-landgoed verwerf. Die voordele om op ‘n veilige, werkende wynlandgoed te woon, vorm die basis van die gewildheid van hul kleinhoewes en ander wooneenhede. Die voorsiening van ‘n sekuriteitsomgewing met ‘n gesofistikeerde infrastruktuur, sonder om op die tradisie en egtheid van die plaaslewe in te boet, is kenmerkend van hierdie landgoed se akkommodasie. ‘n Verantwoordelikheid teenoor die gemeenskap is een van die dryfvere wat Diemersfontein se eienaars die “Excellence out of Africa Trust” in die lewe laat roep het. Met hierdie inisiatief wil hulle op pogings en hulpbronne in die ondersteuning van jong, talentvolle kunstenaars fokus. Een van hul mooiste suksesverhale in hierdie verband is dié van Pretty Yende. As begunstigde van Diemersfontein se trust, het sy op 24-jarige
ouderdom die eerste persoon geword wat al die top-pryse by die International Hans Gabor Belvedere Chamber Music Singing Competition in Vienna, Oostenryk, gewen het. Sy het ook ‘n duet saam met Andrea Bocelli tydens die sluitingseremonie van die 2010 World Cup in Johannesburg gesing. By Diemersfontein word elke personeellid as deel van die familie beskou. In elke faset van hul bedrywighede, hetsy administrasie, plaaswerk, wynmakery, die gasvryheidsbedryf of tuinwerk, getuig elke werker se uitstekende diens van die trots op dít wat hulle doen en die landgoed wat hul verteenwoordig. Vir besoekers is daar, buiten die uitstekende restaurant op die landgoed, ook konferensiefasiliteite, luukse akkommodasie en fynbos-perdryroetes. Die Diemersfontein Landgoed huisves ook die uitstekende Wellington Preparatory School. Die pragtige funksielokaal maak hierdie landgoed die keuse van talle bruidspare en word gereeld vir funksies gebruik. Dit is moeilik om die passie waarmee alles by Diemersfontein aangepak word, mis te kyk. Hul bekroonde wyne, top-restaurant, uitstekende akkommodasie, konferensie- en funksiefasiliteite, leefstyl-eiendomme, sowel as die topskool op hul perseel maak van Diemersfontein nie net een van die mooiste plekke in die land nie, maar spreek ook van hul verbintenis met hul erfenis en volhoubare praktyke.
Dagboek • Diary Wellington CLC Matriek-aandklasse by Wellington CLC, Hospitaalstraat. Dinsdae en Donderdae vanaf 18:00 tot 20:00. Navrae skakel 021 864 2418 Wellington-rugbyklub Wellington-rugbyklub se oefeninge vind plaas vanaf 19:30 by die Wellington-rugbyklub, reg langs Boland-stadion. Vir meer inligting kontak Jaco van Deventer 081 488 5457 of Francois Coertze 083 443 3081 Storie-oggend @ Piketberg 26 April - Luister na die verhale van gister vertel deur Andries (Wolf) Liebenberg en Jannie Lategan. Kontak 022 913 2177 met navrae. Sea Rescue Yzerfontein 28 April: Open Day from 10:00 till 15:00. Come and join us on our Rescue Boat and meet the crew for a donation. Adults at R50 and children at R25 (no children under 6 years). 4x lucky draw winners will also get a trip to Dassen Island. For any further enquiries contact 082 990 5974 or email - nsri34yzerfontein@
gmail.com The Darling Trust 4 May: The Darling Trust presents a black tie dinner and auction at Evita se Perron with tannie Evita & Chef Jenny Morris. Tickets are R950. To book visit THEDARLINGTRUST.ORG Damesoggend 11 Mei: Maak my mooi damesoggend met Hannon Bothma en Linda Kriel by die Malmesbury Stadsaal vanaf 9:30 tot 12:30. Koste beloop R200 pp (wyn en snacks ingesluit) Vir besprekings en navrae kontak Dirkie Gildenhuys by 082 415 8000 of e-pos na dirkieproduksies@gmail.com Ikhaya Le Themba 12 May: A great fundraiser taking place at Provence in Wellington for the whole family with a market, kids activities and entertainment. All proceeds to go Ikhaya Le Themba for their hungry Tummy Pack Initiative (feeding scheme) For more info visit www.ikletemba. co.za Wintech - Vinpro 29 Mei: Inligtingsdag te Nelson Estate, Paarl. Koste beloop R230 per persoon. Vir enige navrae kontak Gaynor Fortuin by 021 276 0432 of stuur e-pos aan gaynor@vinpro.co.za Riebeek Valley MTB & Trail Run
Kerke • Churches Anglican Church Sunday morning: April to Sept at 08:00; Oct March at 07:30; Wed. Morning : 09:30 (end Jan to mid Dec); 4 Milner Street, Wellington. Enquiries: 021 873 1425. Joshua Generation Sunday morning 09:00 (English), Sunday evening (Afrikaans) 17:00. Provence, Milner Road. Enquiries: 021 873 6541. Kerk van Macedonië Sondagdiens om 10:00; Groenberg. Navrae: 062 836 1316 of 074 608 0519 NEW Sunday morning at 09:00 (English service); HJN Training Centre, College Street, Wellington. Enquiries: 082 355 3280. NGK Moeder-gemeente Sondagoggend om 09:00. Sondag-aanddiens Leefkerk om 18:00. H/v Kerk- en Piet Retiefstraat, Wellington. Navrae: 021 873 1561. NGK Noord-gemeente Eerste en vierde kwartaal begin die dienste om 9:00 en tweede en derde kwartaal is die diens
op Sondagoggende om 09:30: MacCronestraat 11, Wellington. Navrae: 021 873 2763. NGK Wellington-Oos Sondagoggend om 9:00 en Sondagaand om 19:00 op die h/v Barlinka en Cummingsstraat, Wellington. Navrae : 021 873 2690 St George's Presbyterian Church Sunday mornings at 09:30 (English); 22 Jan van Riebeeck Street. Enquiries: 021 873 2021. Shofar Sondagoggend om 09:00 Laerskool Hugenote, Kerkstraat 41. Navrae: 021 873 7677 AGS Wellington Dienstye en Junior Kerk : Sondae 09:00 asook 18:00 by Terracestraat 3, Wellington. Kontak: 083 258 8717 of 021 873 3375 Crystal Gates Outreach Ministries Sondag-oggende om 10:00 en Vrydag-aande om 19:00, te Bergrivierstraat 32, Vanwyksvlei, Wellington. Alle besoekers welkom.
NUUS • NEWS
Gerald Clark en Tsjeggiese kunstenaar op Wellington
Gerald Clark, een van Suid-Afrika se bekendste en beste 'blues'-musikante wat Wellington sy tuiste noem, gaan binnekort ‘n spesiale vertoning by die Breytenbach-sentrum gee. Op Saterdag 5 Mei sal Gerald, saam met sy nuwe trio groeplede, mense in die binnehof van die Bôrdienghuis met hul wêreldklasmusiek vermaak. Hierdie vertoning sal met ‘n kunsuitstalling deur Gerald se metgesel, die Tsjeggiese kunstenaar Radka Bartosikova, gekombineer word. Dit sal hierdie bekende kunstenaar se eerste uitstalling in Suid-Afrika wees. Radka is tans op ‘n drie maande lange besoek aan Suid-Afrika. Haar en Gerald se paaie het die eerste keer aan die einde van 2016 gekruis toe Gerald op ‘n musiektoer in die Tsjeggiese Republiek was en Radka haar familie daar besoek het. Sy woon al die afgelope vier jaar in die Verenigde Koninkryk en het begin skilder toe sy daarheen getrek het. Volgens Radka was sy nog altyd ‘n kreatiewe persoon en het haar belangstelling in kleur tydens haar studies in sielkunde vlam gevat. Sy het haar eerste kunswerk in Engeland verkoop en het sedertdien al tientalle skilderye regoor die wêreld verkoop. Vernon Swart, ‘n bekende Suid-Afrikaanse kunstenaar het haar kuns groot lof toegeswaai. “Haar werk is vars en esteties bevredigend. Haar gebruik van kleur is sterk en ondersteun haar komposisies op ‘n baie geslaagde manier. Sy verstaan die vorm van bome, wat gewoonlik tegnies uitdagend kan wees. Haar suksesvolle
kombinasie van die abstrakte en realistiese vorm die kern van haar werk,” het hy oor Radka se kuns gesê. Sy en Gerald vorm ‘n gedugte kreatiewe span. Gerald, wat geen bekendstelling in Suid-Afrika nodig het nie, het al op die grootste verhoë, sowel as by intieme musiekplekke regoor ons land en die wêreld opgetree. Sy eerste Afrikaanse album is vir ‘n SAMA-nominasie benoem en hy het reeds vyf baie suksesvolle albums agter sy naam. Sy nuutste album, Afrocoustic, was ‘n samewerking met lede van die Johnny Clegg orkes, sowel as die Freshly Ground groep. Op Saterdag 5 Mei sal Wellingtonners hierdie kreatiewe paartjie se werk op eie bodem kan bewonder. Gerald sal as deel van sy nuwe trio, van wie die ander lede Simon Orange en Michael Canfield is, optree. Simon is ook deel van die Valiant Swart-orkes, sowel as die Blues Broers. Michael is ‘n legendariese dromspeler van New York wat al saam met Chuck Berry, Bob Dylan en Ben E King opgetree het. Radka se kunsuitstalling sal hierdie kreatiewe gebeurtenis komplimenteer. Wellingtonners kan hul vere regskud om hierdie wêreldklas-vertoning en -uitstalling te geniet. Die uitstalling is gratis en sal om 11:00 begin. Radka sal tydens die opening oor haarself en haar kuns gesels. Gerald se vertoning sal om 14:00 begin. Belangstellendes kan by teater@ breytenbachsentrum.co.za of 021 873 2786 kaartjies vir die vertoning bespreek.
Tonge klap weer tydens redenaarskompetisie
Hugenote Laerskool het op Donderdag 12 April hul jaarlikse redenaarskompetisie gehou. Graad 6- en 7-leerders wat reeds sedert verlede jaar oefen om hul mening voor ‘n gehoor te stel het aan hierdie kompetisie deelgeneem. Die kompetisie, wat met ‘n “emoji”-tema opgekikker is, is deur talle belangstellendes, ouers en ondersteuners bygewoon. Die sprekers moes eers onvoorbereide toesprake oor die onderwerp “Ouers moet kinders met huiswerk help” lewer. Vir hierdie doel het hulle bronne ontvang en tyd gekry om hul toesprake, waarin hul vír of téén die stelling kon argumenteer, voor te berei. Volgens me. Andriëtte Smit, koördineerder van redenaars by Hugenote Laerskool, is sy baie trots op hoe goed die sprekers hul tydens die onvoorbereide toesprake van hul taak gekwyt het. “Onvoorbereid is altyd baie senutergend. Ons het talle werksessies oor hoe om hierdie deel van die kompetisie te benader aangebied en die vaardigheid baie keer vooraf geoefen. Ek is ontsettend trots op elke spreker wat sy of haar mening met soveel oortuiging en in goed-gestruktureerde toesprake tydens die onvoorbereide afdeling kon lug,” het sy gesê. Na afloop van die onvoorbereide toesprake het die deelnemers hul voorbereide toesprake,
7
25 April 2018
wat op die voorgeskrewe ATKV-temas van “uurglas”, “hoop” en “teken” geskoei is, gelewer. Die gehoor kon na interessante standpunte en argumente rondom hierdie temas luister. Die beoordelaars by die kompetisie was Beanell Jooste en Sarina Gerber. Hulle is beide geakkrediteerde nasionale ATKV-redenaarsbeoordelaars. “Aangesien ons die skool se interne redenaarskompetisie as platform vir die identifisering van ons vier sprekers wat na die ATKV-kompetisie se eerste rondte deurdring gebruik, is ons dankbaar vir die ongelooflike kundige beoordelaars wat ons help met hierdie taak,” het Andriëtte gesê. Die trofee vir die beste onvoorbereide spreker is deur Elena Duvenage en Marcus Wiid gedeel. Die vier sprekers wat na die eerste rondte van die ATKV-redenaarskompetisie deurdring is Ghieda Gerber, Marcus Wiid, Alco Bindemann en Hazel Marais. “Ons is baie trots op ál die sprekers wat so hard gewerk het. Om voor mense te praat, is seker een van die moeilikste dinge om te doen. Hulle het deursettingsvermoë en senuwees van staal. Ons hou duim vas vir elkeen wat ons skool verder by redenaarskompetisies gaan verteenwoordig,” het Andriëtte gesê.
Wees altyd aan die voorpunt van die goeie nuus met ons sosiale media. Volg ons Facebook-blad by @diecourant. Kontak ons by 022 487 3221 of stuur 'n epos na izelle@diecourant.co.za. Besoek ook ons webwerf by www.diecourant.co.za.
Belia Sass van die Paarl is die wenner van die pragtige beddeken wat die Busy Beez laasjaar tydens hul spogtee uitgestal het. Die lootjies om die item te wen word ‘n goeie paar maande voor die tee geopen. Die lootjie is eers in April 2018 getrek. Die fondse word deur die klub gebruik om materiaal en toerusting te koop. Die borduurstuk is ‘n spanpoging – elke blok is deur ‘n ander klublid geskep. Gaste by 2018 se tee kan weer ‘n deken wen. Die tee vind op 28 Oktober in die Wellington-stadsaal plaas. Hierdie jaar se tema is Kultuur en die dag sal sorg vir vermaak, mooigoed en heerlike eetgoed. Sass was in 2017 ‘n gas by die geleentheid en noem dat sy baie beïndruk is met wat sy daar beleef het. Sy gaan haar deken in haar slaapkamer benut en is heel in haar skik dat dit netjies by die ander dekor sal inpas. Om kaartjies te koop vir hierdie jaar se tee, kontak Gwen Thóle op 076 349 5542 – of enige lid van die klub.
Wen met Piet Botha en Die Middernagtrein Drie gelukkige lesers sal elk met die splinternuwe CD van Piet Botha, Die Middernagtrein, spog. Botha het onlangs, na 'n stilte van sewe jaar, sy nuutste CD aan die Wes-Kaap bekendgestel. "Ek het old school gegaan met hierdie een," vertel Botha. “Daar is goed in die lewe waarvoor mens nie kan weghardloop nie,” sê Piet. “Dis maar die noodlot, dís wat die Middernagtrein is. Dis spookagtig, verbode, soos wanneer mens huis toe ry ná ‘n gig in die middel van die nag. Die Middernagtrein is maar ‘n metafoor vir life on the road.” Piet het onlangs by die Vonk-familie aangesluit, wat die verspreiding behartig. Die Middernagtrein is by Musica-winkels landswyd, asook op alle aanlyn-musiekplatforms, beskikbaar. Om in aanmerking te kom vir 'n kopie van Die
Middernagtrein moet jy net die volgende doen: sms die slagwoord PIET, saam met jou naam en van, tuisdorp en die antwoord op die onderstaande vraag, na 084 8333 813 voor 1 Mei om 12:00. Die wenners sal telefonies in kennis gestel word.
8
courant
dié
25 April 2018
NUUS • NEWS
WELLINGTON SPORT
Tel: 022 487 3221
25 April 2018
Skaak: Nicolaas Smit en Elzaan Bre-
denkamp van die Hugenote Laerskool het Boland-kleure vir skaak verwerf en sal die Bolandspan van 4 tot 6 Mei in Kimberley verteenwoordig.
Roei: Bartho Visser, Graad 11-leerder van Swem: Maryke Koen en Alice van der Merwe, beide leerders van Hugenote Hoërskool, Hugenote Hoërskool, het deelgeneem aan die SA Junior Roei en SA Skole Roei gedurende Maart-vakansie. Hy ontvang vier goue-, vyf silwer- en drie bronsmedaljes. Hy het ‘n derde plek Victor Ludorum vir o.19 seuns by SA Skole ontvang.
het gedurende Maart aan die SA Junior-swemkampioenskappe in Durban deelgeneem. Maryke eindig onder die top 10 in die 100m vlinderslag-afdeling. Alice kry goud in die 50m vlinderslag-afdeling en 50m vryslag en is dus die o.16-meisiekampioen. Sy het ook in die top 10 geeindig in vier ander items.
Wees altyd aan die voorpunt van die goeie nuus met ons sosiale media. Volg ons Facebook-blad by @diecourant. Kontak ons by 022 487 3221 of stuur 'n epos na izelle@diecourant.co.za. Besoek ook ons webwerf by www.diecourant.co.za.
Tweekamp: Hugenote Hoërskool het vanjaar gekwalifiseer om as skool deel te neem
aan die SA Tweekampkampioenskap. Die skool het baie goed gevaar en ‘n algehele derde plek behaal by die byeenkoms met 18.638 punte. Ons top-presteerder is Maryke Koen wat ‘n algehele sewende plek gekry het op die byeenkoms. Bo is Jana Retief, Lozaan van Schalkwyk, Jeanni Botha en Emma Crous. Agter is Maryke Koen, Aldert Mouton, Martin Minnaar, Luc van der Westhuizen, Christiaan Naude en Hannah Crous. (Afwesig: SW Malan)