courant
• Bergrivier 1Swartland Wellington
dié
18 Oktober 2017
• Free • Gratis
Wes-Kaap se #1
Bou saam met goeie nuus
Uitgawe 442
18 Oktober 2017
Vaarwel skoolbanke!
Bergrivier Sekondêr se matrieks was opgewonde om op Vrydag hul heel laaste skooldag te vier.
•OORSPRONG VAN BAIE BOUMATERIAAL
Kalkoonde kry lewe
•Jaomi Zeeman Martina Buxmann, van die plaas Burgersdrif buite Wellington, is besig om nuwe lewe in ‘n vergete deel van ons omgewing se geskiedenis te blaas. Ou kalkoonde wat al vir honderde jare op dié plaas staan, is besig om tot hul ou glorie herstel en gerestoureer te word. Martina, wat al die vyfde generasie van die geslagte-lange verbintenis van die Buxmanns met die plaas Burgersdrift is, ken die geskiedenis van die ou kalkoonde op hul plaas. “Toe ons klein was, het ons altyd geweet van die ‘kalkoonde’ waarvan die grootmense praat as hulle na die klipbouvalle op die plaas verwys. My pa-hulle het altyd gepraat van hoe hulle dit wil restoureer. Ek het na skool oorsee gegaan om geld bymekaar te maak om met die proses te begin. Twee van die oonde was in werking tot in 1945 en is toe deur my oupagrootjie, Edward Buxmann, gestaak as gevolg van die water wat elke winter in die vlei afkom en die myngate volmaak, maar die ander drie oonde het niemand in my familie van geweet nie. Ons het hulle per ongeluk ontdek onder die grond toe my pa met die 'excavator' gewerk het om die water van die geboue se mure af te hou om die verwering te halt,” vertel sy. Hierdie ontdekking het hulle baie opgewonde gemaak en het daartoe gelei dat hulle meer oor hierdie bouvalle op hul plaas wou uitvind en dit heeltemal wou oopgrawe en restoureer. In hierdie proses het hulle ook baie meer oor die bedrywighede van ‘n paar eeue terug op die plaas te wete gekom. Volgens Martina se oupagrootjie, was die myngat voor die gebou en die ander myngate op die perseel ongeveer 120 voet (40 m) diep. Die gemynde kalkklip is met koekepanne deur ‘n stegie tussen die gebou van die “ou oonde” en die gebou van die “nuwe oonde” na die bokant van die oonde geneem . Die oonde bestaan uit silinders, elk 6m
Martina Buxmann restoureer nou ou kalkoonde op die plaas Burgersdrif. diep, wat uit bakstene gebou is en wyer gaan na bo. Die kalkklip is saam met lae renosterbosse en takke in die oonde gepak. Dit is dan aan die brand gesteek en die vuur het teen 'n hoë temperatuur gebrand, waarna dit met water geblus is. Dit het ‘n chemiese reaksie in die kalkklip tot gevolg gehad wat dit laat bars het. Hierna is dit fyngemaak, gesif , verpak en deur die hele Wellington en omgewing vir boudoeleindes versprei. Hierdie kalk is op dieselfde wyse as sement in die destydse boubedryf gebruik. Anders as sement, is dit egter met klei gemeng om as ‘n sterk bindmiddel tussen stene te dien. Volgens Martina is daar in die middel 1700’s met kalkbrandery in die Kaap begin, omdat daar geen sement was nie. Robbeneiland het die eerste kalkbrandery gehuisves. “Die kalk op Robbeneiland is egter van die skulpe op die strand gemaak en nie van gemynde kalkklip nie. Hulle kalkoonde het ook baie anders gelyk. Daar is ook kalkoonde op pad Yzerfontein toe,” verduidelik Martina. Dit was eers in die middel 1700’s dat hulle met die myn en branding van kalkklippe in die Wes-Kaap begin het en hulle vermoed dit is ook uit hierdie era dat die kalkoonde op hul plaas dateer. Die
feit dat hul plaas op die PPC-rif geleë is, dieselfde rif waarop die PPC-myn in Riebeeck-Wes is, is ook insiggewend. Martina vertel dat haar pa al tien jaar gelede met die rehabilitasie van die myngate en die grond rondom die kalkoonde begin het om die water om en uit die geboue te hou. “Ek is nou al sewe jaar by die herstel en restourasie van die geboue betrokke,” sê sy. Die proses verloop sedertdien nie sonder uitdagings nie. Die rivier het byna elke jaar, wanneer dit in die winter afkom, die geboue oorstroom. Hulle moes in die restourasieproses ook dieselfde mengsel van kalk en klei waarmee die geboue gebou is, probeer namaak om die verswakte dele te versterk en om getrou te bly aan die oorspronklike boumetodes. Elke klip in die geboue moes skoongemaak word met draadborsels. Die vensters en houtwerk in die geboue is alles uit herwinde materiaal gemaak en die nuwe “wawiel”-vensters wat hulle toegevoeg het, is ‘n pragtige kruisverwysing na ‘n ander belangrike deel in ons dorp se geskiedenis. Volgens Christine Siebrits van die Ouma Granny Huis-museum, is die meeste historiese geboue in ons dorp, soos die Goodnow-saal, sowel as Ouma Granny Huis, met rou bakstene en ‘n kalk-en-kleimengsel gebou. Daar sou dus ‘n afleiding gemaak kon word dat die kalkoonde op Burgersdrif moontlik die geboorteplek van boumateriaal vir talle historiese geboue in die Boland kon wees.“Hulle sê kalk ‘lewe’ - jy moet hom die hele tyd nat hou, terwyl jy met hom werk,” sê Martina. As ‘n mens dink aan al die geboue in ons vallei wat met die kalk van Burgersdrift gebou is en vandag nog staande bly, “lewe” hierdie ou kalkoonde se nalatenskap gewis nog rondom ons. En onder Martina se wakende oog, aandag aan detail, haar passie vir hierdie liefdestaak en haar eindelose geduld, gaan die klipbouvalle van die ou kalkoonde buite ons dorp ook binnekort ‘n splinternuwe lewe
NUUS • NEWS
2
18 Oktober 2017
Soetendal Primêr vier onderwyserdag
Die personeel en leerder van Soetendal wat die geleentheid bygewoon het, is Bernard Solomons, Christa Francke (departementshoof), Clyde Koopman (prinsipaal), Irma Julies, Remershell Coetzee (leerder). Middel: Ismael van der Westhuizen (leerder), Rozelle Williams,Christina Klaasen, Nezeem Pietersen (leerder), Maryke Carolus, Natalie Jacobs (departementshoof), Mark Solomons, Linthea Pietersen (leerder). Agter Caylin Samuels (leerder), Sulani Louw, Andrew Cloete. -vir die kwaaipraat en lag Soetendal Primêr het Onderwysersdag op 10 -vir aanpraat en mooipraat en voorpraat Oktober gevier. Alhoewel Wêreld Onderwysers-vir pleisters plak en trane afvee dag op 5 Oktober in die skoolvakansie geval het, Dankie het Soetendal se skoolhoof, Clyde Koopman, -dat juffrou in my glo gevoel dat sy personeel lof verdien vir die werk -dat ek by juffrou kan leer van wat hulle met die Soetendal-leerders doen en kan en wil en sal besluit om hierdie dag ná die vakansie te vier. -dat aanhou belangriker is as wen. Koopman, voorheen van Hillcrest Primêr, Koopman se toespraak was kragtig en het ‘n is sedert Julie aangestel as skoolhoof. Al die leerders het vir die viering van Onderwysersdag ondersoekende blik op dit wat ‘n mens, ‘n skool in die skoolsaal vergader en die oggend is met en ‘n opvoeder suksesvol maak, geplaas. Hy het samesang, onder leiding van Irma Julies en met op die skool se suksesverhale van die verlede teruggekyk en tot die slotsom gekom dat die Koopman se pragtige stem, begin. Die inspirerende oggend het die aansteek van skool op veral ses boustene gebou is. Volgens Koopman is dit die moed, kreatiwi‘n kers, wat aan alle oud-Soetendal leerkragte opgedra is, ingesluit. Die kers is deur depart- teit, emosionele volwassenheid, passie, energie, mentshoof, Christa Francke, aangesteek. Vyf sowel as bo-en-onder-die-lyn-denke wat die graad 7-leerders het gedigte aan hul onderwy- skool suksesvol maak. “Gebruik hierdie boustene en bly ‘n student sers voorgelees. Een van die treffende gedigte was die gediggie wat deur Nezeem Pietersen van die lewe. Maak daar waar jy jou plekkie kry, ‘n verskil in sy Koninkryk,” het hy afgesluit. voorgelees is. Om die mooi en inspirerende seremonie af te Dit het ‘n kind se siening van sy Juffrou of sluit, het Koopman aan elke personeellid ‘n troMeneer beskryf: fee oorhandig waarop die volgende gegraveer Juffrou en Meneer is: “Quality Teaching and Learning.” Dankie
NUUS • NEWS
Bosman Adamaklub vier vyfde bestaansjaar
Verskeie eregaste, waaronder Conrad Poole, raadslede, die Bailey-egpaar en verteenwoordigers van plaaslike rolspelers het die geleentheid bygewoon. Die Bosman Adama se bejaarde-klub het op Woensdag 11 Oktober hul vyfde verjaardag met groot feestelikheid gevier. ‘n Spesiale funksie in die stadsaal het hierdie mylpaal gedenk. Volgens Klaas Morkel, koördineerder van projekte op die Bosman-plase, is hul bejaarde-klub ‘n baie aktiewe klub wat aktiwiteite en byeenkomste vir hul afgetrede en bejaarde werkers reël. Groot moeite is gedoen om die viering van hierdie organisasie se vyfde verjaardag vir die lede spesiaal te maak. Die stadsaal is vir hierdie geleentheid feestelik getooi met pragtig gedekte tafels. Die handwerk van die bejaardes is ook ten toon gestel. Die geleentheid is deur verskeie belanghebbendes wat insette in die aktiwiteite en versorging van die lede lewer, bygewoon. Verteenwoordigers van onder andere die ACVV, plaaslike SAPS, raadslede, KANSA en die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling
het die geleentheid bygewoon. Talle verteenwoordigers van die Fair Tradeorganisasie wat die belange en ontwikkeling van plaaswerkers, met die doel van volhoubare landboupraktyke voorstaan, het ook in die viering gedeel. Conrad Poole, uitvoerende burgemeester van die Drakenstein Munisipaliteit, het ook die geleentheid bygewoon en die gaste toegespreek. Hy het die insette van bejaarde mense in die totstandkoming van die fondasies in ons gemeenskap geprys. “Ons sou nie wees waar ons vandag is en hê wat ons nou het as dit nie vir die stewige fondasie was wat hierdie mense in ons gemeenskap gelê het nie. "Ons kan op die soliede basis wat hulle vir ons geskep het, bou. "Hulle het soveel wysheid en ons kan aanvat by die mense wat die pad vir ons gelyk gemaak het,” het hy gesê. Poole het die hoop uitgespreek dat die eerste vyf jaar van hierdie klub die begin van nog baie jare van konstruktiewe aktiwiteite vir hulle sal wees. Hy is baie beïndruk met die werk wat hulle doen en die inisiatiewe wat die klub aanpak. “Hierdie mense maak lekker kos, hulle bak die heerlikste brood, ‘n mens het die lekkerste gesprekke met hulle. "Die wysheid van die bejaardes is vir ons baie belangrik. Hulle humorsin is aansteeklik. Die gemeenskap moenie ophou om bejaardes te ondersteun nie,” het hy beklemtoon. Ds. Rogers het ‘n gepaste boodskap tydens die funksie gelewer, twee van die klub se lede het die gaste met ‘n sangitem vermaak, Jannie Bosman het die klub met hul verjaardag geluk gewens, Klaas Morkel het ‘n oorsig van die klub se projekte gegee, Herman Bailey het ‘n heildronk op die klub ingestel en raadslid Rita Andreas het die bedankings gedoen. Die gaste en klublede kon hierna tydens ‘n uithaler-ete heerlik rondom die tafels kuier. Hierdie gemeenskapsgedrewe inisiatief was ‘n sprekende voorbeeld van wat Poole “’n voorbeeld vir die hele Drakenstein” noem. “Wellington se warmte, liefde en onderlinge samewerking tussen hul mense - geleenthede soos hierdie - is ‘n voorbeeld vir ons vallei. Laat ons nooit vergeet om die kosbare bydrae van ons bejaarde mense te eer nie,” het hy gesê.
NUUS • NEWS
18 Oktober 2017
Shéri Brynard praat by Lentetee
Agter: Lorraine Kuun (seremoniemeester), Hannetjie Naude (skoolhoof se vrou), Shéri Brynard saam met haar ma, dr. Susette Brynard en Emsie du Toit (organiseerder). Voor sit mev. Edith Hofmeyer, wat die Lentetee meer as 30 jaar gelede geïnisieer het, saam met haar dogter, Adrienne. Een van ons dorp se jarelange tradisies, is sekerlik die Hugenote Hoërskool se Lentetee. Hierdie geleentheid het op Saterdag 14 Oktober weereens in die skoolsaal plaasgevind. Soos in die verlede, is die saal in ‘n oase omskep deur die talle gasvroue wat elk hul tafels feestelik getooi het. Pragtige en kreatiewe rangskikkings, heerlike eet- en drinkgoed, ongelooflike aandag aan detail en fyn porselein het die agtergrond vir ‘n heerlik kuieroggend geskep. Die tafels het onder die lekkernye gekreun en daar is in eg vroulike tradisie gesellig saamgekuier. Die spreker by die geleentheid was Shéri Brynard. Sy is die internasionale ambassadeur vir mense met Downsindroom en het haar inspirerende storie met die gaste gedeel. Shéri ly aan Downsindroom, maar het ten spyte hiervan ‘n tersiêre kwalifikasie in kindersorg behaal sonder dat daar enige aanpassings aan die kursus vir haar gemaak is. Sy werk as ‘n assistent by ‘n kleuterskool en tree gereeld as motiveringspreker op. Sy het al internasionaal toesprake by meer as 400 konferensies en
op ander platforms gelewer en het onder andere al in New York, Rome, Israel, Indië, Berlyn en Engeland as spreker opgetree. Shéri se motiverende toespraak was vol verwysings na haar toestand, die uitdagings wat sy daagliks ervaar, oplossings wat sy al deur die jare gevind het en bo alles: die goue draad van haar deursettingsvermoë. Sy het groot lof vir haar ma, dr. Susette Brynard, wat haar haar lewe lank al help om die vooroordele teenoor mense met Down sindroom te probeer afbreek. “Wat is nou eintlik normaal? Die lewe het nie waarborge nie. As jy ‘n waarborg soek, gaan koop vir jou ‘n ketel. Ons is almal maar net mense wat graag wil voel dat ons ‘n doel het,” het sy gesê. “Ek is baie dankbaar dat ek presies is soos wat ek is, al is dit nie altyd maklik nie.” Shéri het ook haar boek, “Nes ek is”, bekendgestel en vir die gaste onderteken. Die dames is verder vermaak met die sang van Jan Olivier en ‘n modevertoning van die matrieks se matriekafskeidrokke.
Dot doen dit weer
Die Wellingtonner Dot Klerck, die meesterbrein en kunstenaar van haar onderneming “Eat Cake Party”, is vir die tweede agtereenvolgende jaar as een van slegs vier finaliste ter wêreld vir ‘n internasionale toekenning aangewys. Die Cake Masters Magazine Awards (CMMA) word as die “Oscars van die bakkers” beskou en is ‘n internasionale kompetisie waar net die heel beste bakkers, versierders, beeldhouers en koek-kunstenaars ter wêreld vereer word. ‘n Benoeming in enige kategorie van hierdie geleentheid is dus ‘n geweldige eer en ‘n uitsonderlike prestasie. Dot is verlede jaar vir haar lewensgroot renosterkoek vir hierdie toekenning benoem. Hierdie jaar is dit haar ongelooflike olifanten-kalfie-koek, ook lewensgroot, wat haar ‘n plek as finalis vir dié prestige toekenning besorg het. Soos verlede jaar, voel Dot baie opgewonde oor die benoeming. “’n Mens werk baie hard en jy is passievol oor wat jy doen, maar hierdie tipe benoeming is iets waaroor jy miskien droom, maar wat jy nie dink vir jou sal waar word nie,” sê sy. Hierdie droom het egter nou vir die tweede keer vir Dot waar geword en sy is binnekort op pad na Birmingham, waar die wenners op 4 November aangekondig word. Dan sal sy, saam met al die ander glansmense in die koekbedryf oor die rooi tapyt van die grootste internasionale meester-toekennings loop. Dot se unieke metode waarmee sy lewensgetroue beeldhouwerke uit koek kan vorm en versier, is iets wat nog nooit vantevore in die koekbedryf
gedoen is nie. Sy gebruik die basiese beginsels wat sy in haar kunsstudies in beeldhouwerk en ontwerp geleer het om haar kunswerk-koeke te bou. Die staalraamwerk wat vir elke koek gebou word, verg ook ‘n bietjie ingenieursvernuf - iets waarmee haar man haar help. Wanneer haar koeke klaar is, kan dit letterlik onderstebo gekeer word en niks oorkom nie. Dot se lewensgroot olifant-en-kalfie-koek, wat vroeër vanjaar as deel van die Good Food and Wine Show by die KIKS ten bate van en vir die bewusmaking van die bewaring van olifante uitgestal is, het groot opspraak gewek en internasionaal aandag getrek. Hierdie koek het meer as 1,5 ton geweeg, uit meer as 1500 eiers, 80 kg fondant en 150 kg sjokolade bestaan. Nou het hierdie kunswerk vir Dot ‘n plek as een van slegs 4 finaliste in die wêreld besorg - en miskien ‘n internasionale toekenning.
Etienne van Heerden by plaaslike boekklub
3
Anne-Ghrett Erasmus en prof. Ampie Coetzee saam met Etienne van Heerden en Etienne Bloemhof. Die bekende en bekroonde Afrikaanse skrywer, Etienne van Heerden, het op Woensdag 11 Oktober met Wellington se plaaslike boekliefhebbers kom gesels. Van Heerden het sy nuwe boek, “Die wêreld van Charlie Oeng”, tydens hierdie geleentheid aan die gaste bekendgestel. Die Breytenbach Sentrum se Bôrdienghuis was stampvol tydens die byeenkoms wat deur die plaaslike Boekklub gereël en moontlik gemaak is. Etienne Bloemhof, hoof van fiksie by NB Uitgewers, het die gesprek rondom Van Heerden se nuwe boek gelei en insiggewende vrae oor die skryfproses, karakters en storielyn gevra. Gaste het aan Etienne van Heerden se lippe gehang terwyl hy meer oor die skepping van die karakter van Charlie Oeng vertel het. Hy het na
die talle stimuli vir karakters, gebeure en storielyne in die boek verwys en die raamwerk waarbinne hy hierdie storie geskep het, belig. Bloemhof se vrae het Van Heerden gelei om lig te werp op hoe hy die verhaal in die boek laat ontvou en ook die verwantskap met hedendaagse gebeure geskets. Die fyn nuanses wat deur kruisverwysings met ander literatuur, gebeure, musiek en selfs ‘n sirkus in die boek geskep word, het tydens die gesprek as ‘n sleutel tot ‘n beter verstaan van die volle verhaal van Charlie Oeng duidelik geword. “Ek was eenkeer ‘n byspeler in die sepie 7de Laan - dit is amper ‘n onsigbare taak wat jy verrig. Charlie Oeng is in die boek ook ‘n byspeler in ‘n fliek, en eintlik is sy karakter die ewige byspeler,” het Van Heerden gesê.
courant
dié
4
18 Oktober 2017
Werk met wat jy het
Van die eerste klipwerktuie tot die moderne toebehore waarmee ons vandag ons daaglikse bestaan makliker probeer maak, het baie gebeur. ‘n Onnoembare hoeveelheid uitvindsels en tegnologie het sedert die mens se eerste manupilasie van sy omgewing gehelp om beskawings te vorm en lewe op aarde te transformeer. Ons staan seker nou by die skerpste styging in die grafiek van die frekwensie van nuwe uitvindsels. In ‘n tyd waar ons met reklame en die bemarking van allerhande wonderlike nuwe uitvindsels gebombardeer word, is dit baie maklik om deur die verbruikersepidemie rondom ons ingesuig te word. Ons het ‘n knaende behoefte om by te bly met die nuutste goed wat aan ons opgedis word. Ons beraam allerhande planne om met die moderne tendense te probeer byhou. Ons verwag oor die algemeen aanhoudend iets beter. As ons egter na mense wat sukses behaal en die inspirerende stories rondom ons kyk, is hierdie welslae dikwels nie as gevolg van ‘n soeke na iets beter of anders nie, maar gewoon omdat daar met dít wat beskikbaar was, gewoeker is. In Wellington was daar die afgelope week talle voorbeelde van mense en instansies wat sukses behaal het of iets inspirerends gedoen het - bloot omdat hulle gebruik het wat hulle het. Shéri Brynard, die vrou met Downsindroom wat besig is om soveel vooroordele oor hierdie toestand af te breek, het die afgelope naweek by Hugenote Hoërskool se Lentetee gepraat. Haar suksesse is nie aan ‘n geneesmiddel of nuwe uitvindsel vir haar toestand te danke nie - dit is bloot die gevolg van haar selfaanvaarding en die feit dat sy dít wat aan haar uitgedeel is, ten volle gebruik. Vir die bejaardes van die Bosman Adama Bejaarde Klub is hul ouderdom nie ‘n verskoning om op iets beter te sit en hoop nie - hulle vier hul ondervinding en lewenswyshede en deel dit in die gemeenskap. Laerskool Hugo Rust se nuwe skoolsaal is die afgelope week ingewy - ‘n produk van hul jarelange gewoeker met plaaslike hulpbronne en inisiatiewe. Op Internasionale Pinotage Dag is hierdie inheemse wyn - dit wat ons hét - gevier en vereer. En met die restourasie van die ou kalkoonde op Burgersdrif buite die dorp, word nuwe moontlikhede vir ons erfenis bewerkstellig. Theodore Roosevelt het eenkeer gesê: “Do what you can, with what you have, where you are.” Mag almal hierdie week begin waar hulle is, doen wat hulle kan en gebruik wat hulle het.
It’s Good News
Dr. Marc Blackwell
The Faith Hall of Fame
"Wherefore seeing we also are compassed about with so great a cloud of witnesses, let us lay aside every weight, and the sin which doth so easily beset us, and let us run with patience the race that is set before us" (Hebrews 12:1). Most of us are familiar with the great Faith Hall of Fame in Hebrews 11. Hebrews 12:1 is a transition verse, as indicated by the opening word "Wherefore." As chapter 12 begins, the writer quits referring to the faith heroes of the past and turns his attention to the present day and to us. 1. MOTIVATION - "we also are compassed about with so great a cloud of witness" The great faith heroes of the past (Abraham, Noah, Moses, etc) demonstrate the value of a life lived by making solid life choices based on the Word of God. 2. ELIMINATION - "let us lay aside every weight, and the sin which doth so easily beset us." We all know what "sin" is and the . "weights" are the encumbrances which, although not necessarily sinful, would slow us down or hold us back from peak performance. A true athlete will strip away every piece of unnecessary clothing before competing in a race. 3. CONTINUATION - "let us run with patience [endurance] the race that is set before us." Endurance is the steady determination to keep going, regardless of the temptation to slow down or give up. If the Christian life were a sprint, most people could handle it. But it's a marathon -- a long- distance race -- and it's the distance that has beaten so many. Let’s practice with dedication and determination.
NUUS • NEWS
Art and opera for charity at Rhebokskloof The Magdalene Home is playing host for a charity event at Rhebokskloof. The MC of the night is Brad Kirsten. Zanne Stapelberg-de Lange and Minette du ToitPearce are two of South Africa's most beloved opera stars who will perform for guest. For the Magdalena Home Opera and Art function they have chosen some of their favourite works in an intimate programme where the audience will be treated with exciting, soulful and passionate arias and duets from operas and operettas like Carmen, The Tales of Hoffman, Rusalka, The Merry Widow and Faust. There will also be some fiery Spanish Zarzuela arias and songs on the menu. Spend a sumptu-
Wen kaartjies na Drie van die Bestes
Kom geniet ‘n opwindende aand saam met Drie van die Bestes ten bate van Wiele500 Mathys Roets, Danie Niehaus en Kevin Leo word begelei deur Matthys Maree. Die groep vermaak ons al vir die laaste 10 jaar met hul humor en musiek. Moet nie die optrede op 25 Oktober misloop nie. Die doel van die geleentheid is om fondse in te samel vir die Wiele500-projek om sodoende wiele-bene aan mense te verskaf wat weer onafhanklikheid begeer. Lees meer oor dié projek by www. wiele500.com. Die vertoning word voorafgegaan met 'n eklusiewe veiling saam met Tiny van Rensburg wat om 19:00 begin.
ous musical evening with Zanne, Minette, Puccini, Bizet, Dvorak, Fernando Obradors and Franz Lehar. They will be accompanied by pianist extraordinaire, Philippus Hugo. “We have exquisite art work sponsored by well known artists to be bought and/or auctioned on the night. The artwork on display (in alphabetical order) Harry Erasmus, Elize Engelbrecht, Susan Ellis, Junior Fungai, Gaynor, Juanita Louw, Francine Nepgen, Tania Olivier, Sandra Pelser, Paul van Rensburg , Nicola Stoffberg. Do not miss out.” Cost for a ticket to this event is R600 per person or R5 500 for table of 10.
Mathys Roets is ook Wiele500 se Ambassaeur. DATUM: 25 OKTOBER TYD: 18:30 TOT 22:00 WAAR: DROSTDY-TEATER KOSTE: R250 Kaartjies kan deur Drostdy se webblad gekoop word of ook deur Wiele500, wiele500trust@gmail. com / 072 072 8480. Kompetisie: Twee gelukkige lesers sal elk 'n dubbelkaartjie na dié geleentheid wen. Om hiervoor in aanmerking te kom, sms jou naam en van, tuisdorp en antwoord op die onderstaande vraag na 084 8333 813 voor 20 Oktober om 12:00. Vraag: Noem een van die sangers in die groep "Drie van die Bestes".
NUUS • NEWS
18 Oktober 2017
5
6
18 Oktober 2017
NUUS • NEWS
Internasionale pinotagedag Plaasproe bied vermaak met langtafel gevier
Wêreldwyd is die tweede Saterdag in Oktober altyd ‘n baie belangrike dag op die wynkalender, aangesien hierdie dag as Internasionale Pinotage-dag gevier word. Elke jaar vier wynliefhebbers van regoor die wêreld nie net hierdie eg-Suid-Afrikaanse wyn nie, maar klink hulle ook ‘n glasie op die vader van Pinotage, professor Abraham Perold. Hierdie jaar is hierdie dag met ‘n deftige Langtafel-dinee by die Bovlei-perseel van Wellington Wines gevier. Gaste kon weglê aan ‘n vyfgang-ete waarvan elke gang met ‘n Pinotage-wyn uit hul reeks gepaar is. Hierdie uithang-
-geleentheid is deur verskeie wynliefhebbers, wynmakers, wingerdboere en lede van die gemeenskap bygewoon. Die geskiedenis van Pinotage is aan die gaste voorgehou, terwyl die uitgebreide internasionale belangstelling in en sukses van hierdie wyn ook bespreek is. Die nuwe piekniekarea by die Bovlei-proelokaal is ook tydens hierdie funksie gevier en die 110-jarige bestaan van Wellington Wines in die wynbedryf is met die aansteek van 110 kersies gedenk. Die heerlike kos, talle glasies Pinotage wat geklink is en die feestelike atmosfeer by die geleentheid, het van die bydrae van hierdie inheemse wyn tot die samesyn en suksesse in ons gemeenskap getuig.
Wees altyd aan die voorpunt van die goeie nuus met ons sosiale media. Volg ons Facebook-blad by @diecourant. Kontak ons by 022 487 3221 of stuur 'n epos na izelle@diecourant. co.za. Besoek ook ons webwerf by www.diecourant.co.za.
Babylon's Peak palm talle toekennings in Babylon's Peak se 2016 SMG het vanjaar talle gesogte toekennings ingepalm. Hierdie wyn met sy aanloklike rooi kleur het 'n intense aroma met 'n ondertoon van donker vrugte, speserye, wit peper en mocha. Hierdie droë rooiwyn versnit word gemaak van drie druif-soorte. Dit bestaan uit 86% Shiraz, 7% Mourvèdre en 7% Grenache wat in die
wingerde in die Swartland groei. Die druiwe word per hand geoes en in klein bokse verpak. Dit word ook vir 'n dag in 'n koue vertrek met 'n temperatuur van 5°C gelos.
Die wyn word vir 12 maande in Franse eikehout-vaatjies geberg en verouder. Shiraz-Mourvèdre, Grenache se smaak tref jou binne sekondes na jy jou lippe daaraan gesit het. Dit word goed gepaar met wit vleis, kouevleis, wors en verouderde kaas. Babylon's Peak is 'n plaaslike kelder wat in die hartjie van die Paardeberg sy tuiste vind. Dit is op die plaas Nooitgedacht van die Basson-familie gebou.
Die Agri Expo Livestock Groot Plaasproe wat op 12 tot 14 Oktober by Sandringham gehou is, het hope vermaak aan besoekers verskaf. Hierdie geleentheid het talle opwindende vertonings, interessante uitstallings, splinternuwe inisiatiewe en skouspelagtige tentoonstellings gebied. Die Angus-beestelersgenootskap van SuidAfrika het tydens die fees hul eeufeesvieringe gevier en telers van die Wes- en Suid-Kaap, sowel as van ander provinsies, het in hierdie geleentheid gedeel. Dit het met die Genootskap se 100ste Algemene Jaarvergadering afgeskop, waarna die Angus-skou as deel van die Livestock Ras- en Interraskampioenskappe plaasgevind het. ‘n Ander groot hoogtepunt op die Agri-Expo Livestock-program, was die heel eerste werkende skaaphondveiling in Suid-Afrika. Hierdie veiling is op Vrydag 13 Oktober tydens die fees aangebied en werkende skaaphonde is opgeveil, terwyl hulle gedemonstreer is. Gesinne wat van diere en die plaaslewe hou, kon talle vermaak in hierdie verband tydens die fees geniet. Kinders kon die plaaslewe en meer as 300 diere van nader leer ken en na aktiwiteite soos skaapskeer en hondevertonings en -kompetisies kyk. Kinders, ook dié wat nie eens ‘n troeteldier by die huis het nie, kon ook tydens die Townies-pretskou ‘n melkbok in die arena rondlei, op ponies ry, ‘n troeteldierplaas besoek, en saam met miniatuurperde en -donkies kuier. Daar was ook boeresport en ‘n Groot Roomys-eet-kompetisie vir deelnemers van alle ouderdomme. Die verskil tussen alpakkas en lamas is tydens die Expo gedemonstreer en besoekers kon kyk
hoe verskillende diere se wol gespin word. Haasliefhebbers kon hul troetelhase inskryf vir die Cape Rabbit Club se troetelhaasskou en jy kon ook jou lyf beoordelaar hou deur te stem vir die oulikste dier in die Groot Gunsteling-kompetisie en lekker pryse wen deur te poseer saam met enige dier vir die Groot Selfie-kompetisie. Vertonings deur die gewilde Afrikaanse sangers Adam Tas, Nic Stevens en Die Wildberries, gekombineer met allerlei plaaslike nisprodukte soos wyn, kaas, sosaties, roosterkoek, biefstuk, joghurt en roomys het van hierdie fees ‘n baie interessante ervaring gemaak. Lyndansers het hul staal gewys, terwyl besoekers aan unieke kombinasies soos boerbokvleis en boetiekbier, jaffles, skaapstertjies, wildspotjie, afvalpotjie, gin, biltong en droëwors, varsgebakte plaasbrood, melktert, koeksisters, skaapkop en stywepap met smoor gesmul het. Talle skoolgroepe het ook die Agri-Expo besoek. Volgens Johan Ehlers, hoof uitvoerende beampte van Agri-Expo, het die geleentheid ‘n belangrike platform vir die publiek en veral vir jongmense geskep om landbou van nader te ervaar en die opvoedkundige waarde van die aktiwiteite te benut. “Meer as 2000 laer- en hoërskoolleerders kon die ekspo besoek vir ‘n gratis skoleprogram wat deur die Wes-Kaapse departement van landbou ondersteun is,” het hy gesê. “Opvoeding rakende die landboubedryf is belangrik vir ons jeug, want hulle is die generasie wat ná ons die verantwoordelikheid gaan hê om na die bedryf om te sien en om dit verder te ontwikkel.”
NUUS • NEWS
18 Oktober 2017
Hugo Rust-saal geopen
7
Dagboek • Diary
Wellington CLC Matriek-aandklasse by Wellington CLC, Hospitaalstraat. Dinsdae en Donderdae vanaf 18:00 tot 20:00. Navrae skakel 021 864 2418
Wellington-rugbyklub Wellington-rugbyklub se oefeninge vind plaas vanaf 19:30 by die Wellington-rugbyklub, reg langs Boland-stadion. Vir meer inligting kontak Jaco van Deventer 081 488 5457 of Francois Coertze 083 443 3081 Evita se Perron 22 Oktober: Schalk Bezuidenhout bied aan Volksbesit. Vertonings om 12:00 en 15:00. Vir enige navrae kontak 022 492 3930 of besprekings by bookings@evita.co.za Drie van die Bestes @ Drostdy-teater 25 Oktober: Drie van die Bestes (Mathys Roets, Kevin Leo en Danie Niehaus) met Mathys Maree op klavier tree om 18:30 tot 22:00 op by die Drostdy-teater op Stellenbosch ten bate van Wiele500 wat "wiele-bene" aan behoeftige persone verskaf. Die vertoning word voorafgegaan met 'n eksklusiewe veiling met Tiny van Rensburg wat om 19:00 begin. Mathys Roets is 'n Wiele500-ambassadeur. Kaartjies beloop R250 per persoon en kan op die teater se webblad gekoop word of deur Wiele500 by wiele500trust@gmail.com. Kontak Angie Green by 072 072 8480 met verdere navrae. Silwerkruin ACVV Huis vir Bejaardes 27 Oktober: Silwerkruin hou 'n gholfdag by die Wellington-gholfklub om 09:00. Navrae kontak Melanie by 021 873 1040 Yzervark Bistro - R315 Yzerfontein 28 October: Yzervark Bistro presents cash in the Attic. Stalls & Produce from 10:00 - 16:00. Supporting Yzerfontein ACVV with donation from proceeds. Any further enquiries contact Bill Vos at 023 004 0050 / 071 355 1859 of boerbilly76@gmail. com Groote Post Country Run
29 October: Groote Post Vineyards are having their Groote Post Country Run from 07:00 till 12:00. 4 km: Ommie Dam fun @ 08:00; 10 km;Atlantic View Route @ 7:30; 21 km: Bobbejaanberg Challenge @ 7:00 Any further enquiries please contact 022 451 2202 Tourism Conference 31 October: The West Coast Responsible Tourism Conference at Riebeek Valley Hotel, Riebeek West from 09:00 till 16:00.
Swartland Heritage Festival 3-4 November: The Swartland Independent Producers and International speakers like John Wurdeman from Pheasants Tears in Georgia, are taking over the West Coast Town in Paternoster for a celebration of Swartland Wine and Food. On 3 November from 17:00 till late and 4 November from 10:00 till 17:00 at the Paternoster Comunity Hall. R2 200 all inclusive Tickets : RSVP@STUDIO-H.CO.ZA Sundowners at !Khwattu 3 November: Join us for a spectacular views, a stunning sunset, good food and wine at !Khwa ttu, R27 West Coast road at 18:00. Snack platters available at R80 (suitable for 2 to share). Transport available from Yzerfontein and Darling. For more information contact 022 492 2998 or send a email to bookings@khwattu.org Klassik Storietyd 11 November: Klassik stel hul Storietyd-plaat bekend by die Bruid, Die Pixie en die Vaalhond-teater in Riebeek-Wes om 19:00. Kostes beloop R50 per persoon. Besprekings kan gedoen word by 083 475 9395 of stuur 'n epos aan fromthetopre@telkomsa. net. Kinders van die ses 11 November: Kinders van die ses bied aan Jou ma bly jou ma by St Thomas Skoolsaal om 20:00. Kostes beloop R80 vir volwassenes en kinders tussen 6 en 13 is R40. Vir enige navrae skakel 022 486 4840 of Ebrahiem by 071 053 0067
Kerke • Churches
Anglican Church Sunday morning: April to Sept at 08:00; Oct March at 07:30; Wed. Morning : 09:30 (end Jan to mid Dec); 4 Milner Street, Wellington. Enquiries: 021 873 1425. Joshua Generation Sunday morning 09:00 (English), Sunday evening (Afrikaans) 17:00. Provence, Milner Road. Enquiries: 021 873 6541. Kerk van Macedonië Sondagdiens om 10:00; Groenberg. Navrae: 062 836 1316 of 074 608 0519 NEW Sunday morning at 09:00 (English service); HJN Training Centre, College Street, Wellington. Enquiries: 082 355 3280. NGK Moeder-gemeente Sondagoggend om 09:00. Sondag-aanddiens Leefkerk om 18:00. H/v Kerk- en Piet Retiefstraat, Wellington. Navrae: 021 873 1561. NGK Noord-gemeente Sondagoggend om 09:30: MacCronestraat 11, Wellington.
Navrae: 021 873 2763.
NGK Wellington-Oos Sondagoggend om 9:00 en Sondagaand om 19:00 op die h/v Barlinka en Cummingsstraat, Wellington. Navrae : 021 873 2690 St George's Presbyterian Church Sunday mornings at 09:30 (English); 22 Jan van Riebeeck Street. Enquiries: 021 873 2021. Shofar Sondagoggend om 09:00 Laerskool Hugenote, Kerkstraat 41. Navrae: 021 873 7677 AGS Wellington Dienstye en Junior Kerk : Sondae 09:00 asook 18:00 by Terracestraat 3, Wellington. Kontak: 083 258 8717 of 021 873 3375 Crystal Gates Outreach Ministries Sondag-oggende om 10:00 en Vrydag-aande om 19:00, te Bergrivierstraat 32, Vanwyksvlei, Wellington. Alle besoekers welkom.
Die hoofseun en hoofmeisie van 2008, Conrad Burger en Elmie Odendal, saam met minister Debbie Schäfer by die onthul van die versilwerde graaf waarmee die eerste sooi vir die saal gespit is. Laerskool Hugo Rust se nuwe skoolsaal is op Donderdag 12 Oktober amptelik geopen. Hierdie deftige geleentheid is deur talle eregaste, hooggeplaasdes uit verskeie opvoedkundige sfere, ouers, onderwysers en al die skool se leerders bygewoon. Onder die eregaste was onder andere mnr. Benjamin, direkteur van die Kaapse Wynland Onderwysdistrik, Galant, kringbestuurder van die area, sowel as die Provinsiale Minister van Onderwys, me. Debbie Schäfer. Die eerste sooi vir die saal is in 2008 deur die destydse hoofseun en hoofmeisie, Conrad Burger en Elmie Odendal, gespit en bouwerk het in 2010 begin. Niel le Roux was die skoolhoof toe die inisiatief vir ‘n nuwe skoolsaal aanvanklik begin is. Talle fondsinsamelings, sowel as ruim skenkings deur verskeie instansies, plaaslike besighede en individue het sedertdien die totstandkoming van hierdie uitnemende toevoeging tot die skool se geriewe moontlik gemaak. Volgens Johann Bruwer, skoolhoof by Hugo Rust, was dit nog altyd ‘n droom van die skool om ‘n eie skoolsaal te hê. Hierdie droom is nou bewaarheid en die lang wag en harde werk was deur en deur die moeite werd. Die multifunksionele saal kan, buitengewone skoolaktiwiteite en byeenkomste, ook sportwedstryde, konserte en gemeenskapsinisiatiewe huisves. Die inweidingsgeleentheid is deur die seremoniemeester, Anton Hoek, gelei. Hy het ‘n bondige agtergrond van die totstandkoming van die saal gegee. Hugo Rust se seniorkoor, o.l.v. Rita Moodie, het die leerders en gaste met twee pragtige liedere vermaak en die graad 3-spreekkoor, bekerwenners by die onlangse Paarlvallei-eisteddfod, het hul pryswenners-item opgevoer. Minister Schäfer het die geleentheidsrede gelewer en die skool met hierdie groot mylpaal gelukgewens. Sy het die belangrikheid van sulke projekte tot voordeel van die gemeenskap, beklemtoon.
“’n Saal is ‘n integrale deel van ‘n skool. "Dit is ‘n plek van samekoms, van skoolaktiwiteite, van vergaderings - dit is multi-funksioneel en kan vir sport en kultuur gebruik word. ‘n Skool is ‘n aanwins vir ‘n gemeenskap, en daarom is hierdie saal ‘n verlengstuk daarvan,” het sy gesê. Sy het ook die mense wat oor jare heen ‘n aandeel in die skenkings en fondsinsamelings wat die totstandkoming van die saal moontlik gemaak het, bedank. “As jy hard werk vir iets, waardeer jy dit gewoonlik meer. "Hierdie saal is ‘n voorbeeld van harde werk en ek weet dat julle dit sal waardeer. "Ek hoop ook dat die mense en geslagte wat dit ná julle gebruik, dit net so sal waardeer - dit is ‘n nalatenskap van groot waarde,” het sy beklemtoon. Minister Schäfer het ook die leierskap wat hierdie inisiatief moontlik gemaak het, geprys. “Goeie skole is die produk van goeie leiers. Hierdie saal sou nie vandag hier gestaan het as dit nie vir die goeie leierskap van skoolhoofde, onderwysers en ouers was nie. "Dit is die produk van ‘n groep toegewyde, diverse denkers wat iets tot die voordeel van die gemeenskap en kinders tot stand gebring het,” het sy gesê. Volgens Schäfer getuig die inwyding van Hugo Rust se saal van dit wat in hul leuse staan. “Ek sien julle skool se leuse is ‘Net die beste’ hierdie saal is ‘n getuienis daarvan. "Hierdie saal bring ook verantwoordelikhede mee. Neem hierdie verantwoordelikhede op. Studeer hard, leer, werk, gebruik julle geleenthede ten spyte van uitdagings. "Ek hoop julle sal nog baie pret hier hê en dat hier nog baie goeie dinge sal gebeur,” het sy afgesluit. Die versilwerde graaf waarmee die eerste sooi vir die bou van die saal in 2008 gespit is, is deur die destydse hoofseun en hoofmeisie, saam met Debbie Schäfer onthul om die amptelike inwyding van die nuwe saal te vier. Gaste kon na afloop van die geleentheid die inwyding tydens ‘n heerlike geselligheid vier.
courant
NUUS • NEWS
18 Oktober 2017
dié
8
WELLINGTON SPORT
Tel: 022 487 3221
18 Oktober 2017
Krieket: Die Wellington Krieketklub Besigheidsliga het verlede week afgeskop. WedTweekamp: Die 2017/2018-seisoen in die Boland Tweekampliga het Saterdag by
Paarl Gimnasium afgeskop met ‘n stewige groep deelnemers wat die koue weer trotseer het. Die eerstes wat weggespring het was die 0/8-seuns, met Erik van Zyl van Laerskool Hugenote en Jean Retief van Laerskool Hugo Rust onder hulle. Die volgende byeenkoms is op 28 Oktober by Hoërskool Hugenote. Vir meer inligting omtrent die volgende byeenkoms en ander navrae oor hoe ver deelnemers per ouderdomsgroep moet hardloop en swem, besoek www. bolandtweekamp.org.za.
stryde word Maandae en Woensdae op die Pen Bassonveld en by Laerskool Hugenote gespeel. In een van die eerste wedstryde het Delecta teen Wellington Wanderers te staan gekom. Hier dryf Marnitz Pfister van Delecta ‘n bal weg, met Eaton Petersen agter die paaltjies.
Cricket results Wellington Cricket Club faced the team of Paarl, Paarl East and Bergriver over the weekend. Here are the results: Saturday 14th October 2017 First XI vs Paarl CC PaarlCC 62/9 (Darryl Hendricks 11(22)) Byron Fortuin 3/9 in 4Overs Curtley Louw 2/11 in 4Overs Aubrey Philander 2/11 in 4 0vers Darren Papier 1/9 in 4 Overs Wellington CC 65/3 (Curtley Louw 37*(25)) Kyle Solomons 1/16 in 4 Overs Wellington Wolves win by 7wickets. #BonusPoint Second XI vs Paarl East:
Wellington 2nd XI 186 (Frank Abrahams 57, Dawid Snyman 58) Roger Cupido 3/20 in 7 overs Paarl East CC 124 all out (Wayne Jantjies 16) Monolico Williams 3/22 in 8 Overs, Roche Du Plooy 2/10 in 6 Overs Frank Abrahams 2/22 in 7 Overs, Curtley Monk 2/29 in 6Overs Wellington 2nd XI win by 62 runs. #BonusPoint Sunday 15th October 2017: First XI vs Bergrivier CC - Match Abandoned (Rain) Fantastic results this weekend. #WolvesCricket