432 die courant swartland en bergrivier

Page 1

c urant

dié

• Bergrivier 1Swartland Swartland • Bergrivier

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

9 Augustus 2017

22%

Bou saam met goeie nuus

Uitgawe 432

9 Augustus 2017

Die Malmesbury Skou is om die draai en daar word behoorlik geskarrel om alles in plek te kry. By Donderdag se presidentsaand is die mooistes van die mooi van die skou gekroon. Annelize Steyn is vanjaar se skoukoningin en word bygestaan deur Danielle van der Westhuizen (eerste prinses) en Elouise Coetzee (tweede prinses). Die skou vind vanaf 21 tot 23 September plaas.

Steyn dra kroon van Malmesbury Skou •'BELASTINGBETALERS BRING HUL KANT'

S’land spaar meeste Ons belastingbetalers in die Swartland bring hul kant (om water te bespaar), maar as Kaapstad nie spaar nie, help dit niks nie. So verduidelik munisipale bestuurder Joggie Scholtz in 'n portefeuljekomiteevergadering, nádat dit aan die lig gekom het dat die Swartland Munisipaliteit die meeste water teenoor ander owerhede in die omgewing bespaar. Die SM het sowat 27% meer water gespaar as in 2015. Die SM is egter net geregtig tot 6% van die Voëlvleidam se water. Volgens die nuutste verklaring deur die provinsiale departement van omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning, staan die gemiddelde watervlak van damme in die Wes-Kaap op 28.1%. Dit verteenwoordig ‘n 1% styging sedert verlede week. Verlede jaar dieselfde tyd, het die gemiddelde watervlak van die damme op 68% gestaan. Die Voëlvleidam is tans 22.% vol (2016: 51%). Louis Zikmann, nuwe direkteur van siviele ingenieursdienste sê as die Swartland vir die oorblywende deel van die reënseisoen ‘n gemiddelde reënneerslag kry, kan daar in die omgewing van 300mm in totaal vir die jaar verwag word. Dit is egter steeds 40% minder as die normale gemiddeld van sowat 500mm. Die reënval vir Julie was tot dusver 29.5 mm. Die gemiddeld vir Juliemaand sedert 2000 vir die Swartland, is

egter 81mm. Daar het sedert Januarie vanjaar slegs 122mm reën geval, voeg hy by. Scholtz het bygevoeg dat die voormalige direkteur van siviele ingenieursdienste, At Botha daarmee getaak is om ondersoek in te stel en ‘n gebeurlikheidsplan op te stel betreffende die aanwending van alternatiewe waterbronne. Dit moet in oorlegpleging met al die relevante owerhede, ingesluit die Departement Waterwese en Sanitasie (DWS) en die Weskus Distriksmunisipaliteit en om voortspruitend uit die ondersoek projekte te identifiseer wat moontlik vir befondsing vanuit die nasionale rampbestuursfonds sal kwalifiseer soos die suiwering van rioolwater vir menslike gebruik. Zikmann voeg by die SM koop tans bykans 100% van sy grootmaatwater uit bronne aan wat deur die DWS bestuur en bedryf word en sê daar sal in die komende maande hard gewerk word om hierdie blootstelling te beperk. Die Wes-Kaapse premier, Helen Zille het verlede week in ‘n verklaring gesê die nasionale departement van waterwese en sanitasie se versuim om die slik in die Leeurivier-kanale te verwyder, het daartoe gelei dat 7,5 miljoen kubieke meter water in 2016 verlore gegaan het, wat byna twee weke se water aan inwoners gedurende dié huidige droogte kon voorsien. Die Wes-Kaapse regering gaan nou R3,5 miljoen gebruik om noodsaaklike werk aan die

Voëlvleidam se kanale te doen. Volgens woordvoerder Bronwynne Jooste, sal die Voëlvleidam binnekort besoek word om te kyk watter herstelwerk én instandhoudingswerk daar nodig is. “In terme van die DWS se gebruiker-betaal beginsel, word die operasionele en bestuurskostes verhaal van watergebruikers, wat in die geval die Stad Kaapstad en boere langs die Bergrivier is. Die tarief is veronderstel om die operasionele kostes van die DWS vir die instandhouding aan die Voëlvleisisteem te dek. Die kostes beloop tans R300 per hektaar per jaar. Met die DWS se nadelige saldo, word die geld nie nou gebruik vir instandhouding of onderhoudswerk nie, maar ander uitgawes wat nie betrekking het tot die dam nie. Daarom het die Wes-Kaapse regering besluit om dringend noodsaaklike herstelwerk toe te pas,” sê Jooste. Luidens bogenoemde verklaring van die department van omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning, sluit die aanwending van alternatiewe waterbronne onder meer die hergebruik van water en die onttrekking van grondwater in. “Die toekomstige rol van ontsouting sal ‘n sleutelpunt van besprekings wees. Dit mag mobiele ontsoutingsaanlegte reg oor die provinsie insluit,” sê die minister van die department, Anton Bredell.

NUUS • NEWS


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.