431 die courant swartland en bergrivier

Page 1

c urant

dié

• Bergrivier 1Swartland Swartland • Bergrivier

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

2 Augustus 2017

21.9%

Bou saam met goeie nuus

Uitgawe 431

2 Augustus 2017

Spilpunte soos hierdie naby Gouda was onder bespreking by die onlangse Agri Wes-Kaap se jaarkongres by Goudini. Professor Stephanie Midgley van die landboufakulteit van die Universiteit van Stellenbosch is van mening dat indien die water-infrastruktuur in die toekoms reg bestuur word en die nodige water beskikbaar is, kan besproeiingslandbou in die Wes-Kaap lewensvatbaar bly.

•BESTUUR WATERBRONNE GOED, DAN IS DAAR NOG

Kanse vir landbou

Die Wes-Kaap bied steeds diverse geleenthede vir die landbousektor. Al is klimaatsverandering werklik en kompleks, kan die landbou waarde daaruit haal as hul dit verstaan. Só het prof. Stephanie Midgley van die landboufakulteit van Stellenbosch gesels by die jaarkongres van Agri Wes-Kaap op Goudini. Midgley, navorser, deskundige en projekbestuurder op die gebied van landbou, voedselsekerheid en klimaatsverandering, het gesê klimaatsverandering is net soos grondhervorming, 'n uitdaging wat ons nie met emosie en vrees kan aanpak nie. Midgley meen as die water-infrastruktuur in die toekoms reg bestuur en die nodige water vir landbou beskikbaar is, kan besproeiingslandbou

dié courant

Jy praat, praat, praat net soos die papegaai. Dan sê jy ek hou my doof – só sing Juanita du Plessis. Ja, in ‘n totaal ander konteks, maar praat, praat, praat en dowe ore kan vir ons baie diep in die woestyn gaan los en daardie woestyn gaan net hier in ons eie dorp wees. Ons praat, praat, praat oor die waterkrisis, maar daar is steeds baie mense wat nie ‘n dooie duit omgee nie. Verstaan jy nie dat jy nie sonder water kan lewe nie? Of moet iemand maar voorsien? Het jy, dorpenaar, al jou eie watergebruik tuis onder loep geneem? Hoeveel gebruik elkeen in

in die Wes-Kaap lewensvatbaar bly. Van 2014 tot 2016 was dit elke jaar gemiddeld die warmste jaar in die geskiedenis wêreldwyd. Statistiek wys dat die gemiddelde dagtemperature plaaslik oor die laaste 100 jaar met twee grade gestyg het. Sy het ook gesê die projeksies is dat die reënseisoen toenemend sal skuif om later te begin met minder reëndae in die eerste kwartaal en later te eindig met meer reën in November en Desember. Midgley het haar kommer uitgespreek oor die verwarming en bygevoeg dat die huidige droogte, die ergste in 100 jaar, juis vererger word deur dié algehele verwarming. Vir die Wes-Kaap word droër tye voorspel en

‘n groter voorkoms van uiterste weerstoestande met die voorkoms van droogtes, vloede en hittegolwe sal waarskynlik in die toekoms toeneem. Ook gaan die winterreën, volgens die aanduidings,in die hele land afneem met ‘n wesenlike invloed op die winterreëngebied. Haar raad aan die landbou was om te fokus op meer geharde gewasse, veral in die Weskusgebied wat baie kwesbaar is vir die verwarming en droogte. Só is olywe ‘n gewas wat in die droër klimaat met sukses verbou kan word. Midgley het gemaan dat daar sal moet gekyk word na die beskerming van grondwater. Sy het verwys na navorsing deur die provinsie se Smart-Agriprojek waarvan die inligting en uitslae op die webtuiste greenagri.org.za beskikbaar is. Daar kan ook gefokus word op waterwyse gewasse met ‘n hoër produksie per volume water wat dit benodig. Kommentaar

Wolf staan voor die deur

jou huis? Draai jul die kraan net oop wanneer nodig en vir so lank nodig? Wel, indien nie, is daar kortsigtige selfsug wat ons watersekuriteit bedreig. Het jy, meneer (of me, in die minderheid gevalle) die boer of nyweraar al jou watergebruik onder loep geneem? Boer of vervaardig jy waterwys en is jy deurlopend besig om waterproduktiwiteit na te streef en straks gewasse te verbou of produkte te vervaardig wat minder water nodig het of op maniere te besproei wat minder water mors? Wel, indien nie, is daar kortsigtige selfsug wat

ons watersekuriteit bedreig. Amptenaar van welke owerheid ookal, het jy al by jou verwysingsvenster uitgekyk om planne te help beraam oor water? Die streek gaan gebuk onder die grootste waterkrisis in meer as ‘n 100 jaar, en minder as 30 km (en dit is padlangs) vanaf die leë Voëlvleidam loop die Breërivier se water ‘n sterk stroom en dit gaan oënskynlik als see toe. Is daar nie ‘n manier om dit spoedig te herkanaliseer nie? Moet ons nou eers deur studies en toestemmings gaan, terwyl die wolf voor die deur staan?

NUUS • NEWS


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.