c urant
dié
• Bergrivier 1Swartland Swartland • Bergrivier
• Free • Gratis
Wes-Kaap se #1
5 Julie 2017
20.1%
Bou saam met goeie nuus
Uitgawe 427
'Dis lekkig' by Snoek-en-Patat
5 Julie 2017
Die jaarlikse Snoek-en-Patatfees het Saterdag duisende na Goedverwacht gelok. Feesgangers het weggelê aan snoek en patat uit die grond onder hul voete. Raadslid Rian de Vries (links) van die Bergrivier Munisipaliteit het gehelp roosters draai om die snoek eweredig gaar te kry. Onder: William (82) en Elizabeth (77) Dyers van Mitchells Plain het uit die Kaap gery vir hul eerste besoek aan die Snoek-enPatatfees. “Dit is só ‘n mooi pad,” sê Dyers en beaam dat dit ‘n wonderlike fees is, juis omdat dit gewone mense is wat ‘n gewone lekker fees hou.
•BEESMIS AANGEWEND VIR ELEKTRISITEIT
Vyevlei dryf biogas Die afval-tot-energie biogasmaatskappy, Bio2Watt rig binnekort ‘n biogasaanleg buite Malmesbury in die Swartland op. Daar is al 'n geruime tyd sprake van 'n biogasaanleg wat in die omgewing van Malmesbury kom, maar tot en met Bio2Watt se koms, was niks nog 'n sekerheid nie. Volgens Stehan Cloete van Bio2Watt sal die konstruksie van dié aanleg na raming in die derde kwartaal van hierdie jaar afskop, hoewel die presiese datum nog nie bevestig kan word nie. Die aanleg, ‘n inisiatief van Bio2Watt in samewerking met boerderye en industrieë vanuit die onmiddellike omgewing, sal op Vyevlei, die plaas van Neels Neethling, die aanleg bou. Dié plaas is sowat 15km buite Malmesbury op die R45 geleë. By die aanleg sal organiese afval verteer word om sodoende metaangas op te wek.
Dié gas sal op sy beurt weer gebruik word om hernubare energie op te wek. “Die energie sal daarna in die Eskom-netwerk geplaas word, wat weer sal help om die balans in die netwerk te verbeter, aangesien die groter meerderheid van energie in Mpumalanga opgewek word. "‘n Privaat-maatskappy sal op sy beurt weer dié energie direk by Bio2Watt aankoop,” verduidelik Cloete. Volgens hom is dit 'n omgewingsvriendelike oplossing vir die eienaar van dié melkplaas waar die aanleg geleë sal wees, aangesien die beesmis op 'n doeltreffende manier verwyder sal word en deur die aanleg verteer sal word om uiteindelik hernubare energie op te wek. Die aanleg se maksimum uitset is 4.8MW elektriese en 3MW bruikbare termiese energie. “Konstruksie van só n aanleg sal ongeveer 12
maande duur,” voeg Cloete by. Volgens die beplanning van Bio2Watt sal daar naby die aanleg grootskaalse akwakultuur, hoë-skaalse kweekhuisgasse, absorpsievoeling, droog van vrugte, biodieselproduksie en koelkamerpakhuise bedryf kan word. Hulle nooi alle belangstelllendes om die moontlikhede hier te ondersoek. “Die eenheid moet ‘n hittelas in sy proses bevat en kan sodoende ‘n energiebesparing sien deur van ons hitte uit die opwekkingsproses te benut teen ‘n voorkeurtarief,” verduidelik Cloete. Dit is nie ‘n vereiste dat die besigheid tot voordeel van Bio2Watt se aanleg moet wees nie. Enige voedselverbouing soos groente of vrugte van hoë waarde of vis, sal wel ‘n vorm van organiese afval bevat wat in die vergasser gevoer kan word en dus tot voordeel van die aanleg én die besigheid sal wees.
NUUS • NEWS