Skip to main content

418 die courant wellington

Page 1

courant

1 Wellington

dié

3 Mei 2017

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

Bou saam met goeie nuus

Uitgawe 418

3 Mei 2017

•VIER 60 JAAR VAN GETROUDE LEWE

Egpaar se diep spore vasgemessel •Jaomi Zeeman Die bekende en beminde plaaslike egpaar, Michael Snr. (83) en Sylvia (80) Le Cordeur van Abbeyfield, het onlangs hul 60ste huweliksherdenking gevier. Hierdie mylpaal is nie net besonders omdat dit 60 huweliksjare herdenk nie, maar veral ook omdat hierdie twee mense se diep spore as deel van Wellington se erfenis vasgemessel is. Prof. Michael Le Cordeur (jnr.) vertel dat sy ouers dit nie altyd finansieël breed gehad het nie, maar tog vir hul ses kinders altyd die beste probeer gee het. “Daar was altyd meer as genoeg leesstof in ons huis. Die boeke van Adam Small en NP van Wyk Louw wat ek in ons ouerhuis gehad het om te lees, het my liefde vir Afrikaans gekweek,” sê hy. Michael snr. en Sylvia se huis was egter nie net ‘n huis vol boeke nie, dit was ook ‘n huis vol liefde waar hulle vir talle jongmense wat tydens die Apartheidsjare nie losies kon kry nie “Mamma en Dera” was. Volgens Sylvia is die feit dat sy haar Ouma Adams se aanneemkind was, moontlik die rede dat sy haarself altyd oor ander ontferm. Hierdie twee Wellingtonners se paadjie saam het eintlik oor ‘n toonbank begin. Hulle het mekaar in ‘n kafee waar Sylvia soms gewerk het, ontmoet. ‘n Dispuut oor kleingeld was die vonk wat uiteindelik tot hul jarelange huwelik gelei het. Die egpaar het beide uit gebroke huise gekom. As kind het Michael snr. by dr. Manie Rust grootgeword en Sylvia by die Adams-familie. Hulle het nooit die geleentheid gehad om hulself professioneel te bekwaam nie, maar het altyd gevoel dat hulle hierdie kans aan hul kinders wil bied. “Sonder my man se ondersteuning sou ek nooit ons ses kinders – vier seuns en twee dogters – kon grootmaak nie. Daar was ook maar baie hartseer en ontberings wat ons te bowe moes kom sodat ons kinders die beste geleerdheid kon kry,” vertel Sylvia. Die swaarkry-tye was vir hierdie twee mense egter nooit ‘n verskoning om tou op te gooi nie. Hulle het altyd ‘n plan gemaak en kan sowaar as twee van Wellington se eerste entrepreneurs beskou word. Sylvia, wat oor naweke stalletjies bedryf het om die pot aan die kook te hou, het die potensiaal van ‘n goed bedryfde vlooimark raakgesien.

Planne met Goodnow:

Daar word stadig maar seker planne gemaak vir die restourasie van die Goodnow-saal wat vroeër verlede jaar afgebrand het. Thys Odendal bespreek die skade met mnr. Benjamin Turner, Kampusbestuurder by CPUT, en prof. John Volmink, waarnemende vise-kanselier van CPUT. Lees meer binne. Na baie onderhandelings met die Wellington Munisipaliteit het sy toestemming verkry om oor naweke ‘n vlooimark in Victoria Park te bedryf. “Ek moes self toesien dat daar dissipline en higiëne in die Park gehandhaaf word en is aan baie streng maatreëls onderwerp. Dit was egter alles die moeite werd. "Ek en Michael snr. het onsself belowe dat ons net die beste geleerdheid vir ons kinders as goed genoeg sal ag,” vertel Sylvia. Michael snr. se voorouers het saam met die Hugenote na Suid-Afrika gekom. “Le Cordeur beteken ‘toumaker’ en my grootjie was ‘n wamaker en toumaker. My pa was ‘n grofsmid in Kerkstraat,” vertel hy. Die Le Cordeurs is ook gemeenskapsmense wat baie aktief aan gemeenskapsaktiwiteite deelgeneem het. Michael was o.a. saam met Henry Jones, ‘n voormalige mnr. Wêreld Kleinman, ‘n liggaamsbouer. Hy het in die destydse leerlooiery gewerk en met sy aftrede was hy ‘n voorman en ontwerper daar. Met sy aftrede het Michael

steeds leerartikels gemaak wat hulle dan by hul stalletjie verkoop het. Die Le Cordeur-kinders het uiteindelik elkeen op hul eie gebied presteer. “André is ‘n passer-en-draaier en was ‘n myningenieur, William is verbonde aan SARS, Michael is ‘n professor, skrywer en taalman, Edwina het die sakewêreld betree, maar is tans besig met teologiese studies en is ‘n pastoor, Jessica was ‘n areabestuurder by ‘n bank en is vandag ‘n konsultant en Clarence is ‘n praktiserende prokureur,” vertel Michael snr. en Sylvia trots. Die Le Cordeurs se dogter, Edwina, is ook in 1980 as mej. Rapport Afrika-Suid, die swart weergawe van Mej. Suid-Afrika, gekroon. Sy het haar in haar kroningsjaar beywer om ander te leer wat sy geleer het en skryf haar sukses aan haar ouers se toewyding toe. Vandag is Michael snr. en Sylvia steeds aktief by Wellington se gemeenskapslewe betrokke. Sylvia is ‘n kranige blommerangskikker en doen graag handwerk – iets waarmee sy in haar leeftyd al vele pryse gewen het – en die egpaar is as lewenslange ere-president en ere-vise-president van die plaaslike Krisante-vereniging vereer. Van stilsit is daar by Michael snr. en Sylvia egter geen sprake nie. Heel waarskynlik is dít die geheim van hul jarelange sukses.

NUUS • NEWS


2

3 Mei 2017

•HERMAN BAILEY DEEL SY WENKE

NUUS • NEWS

So kweek jy krisante - kenner •Jaomi Zeeman Herman Bailey, bekende Wellingtonner en voormalige burgemeester van Drakenstein Munisipaliteit, is ook ‘n gemeenskapsman en kenner van krisante. Hy is al vir jare lank lid van die plaaslike Krisante Vereniging en dien ook op die bestuur van hierdie instansie. Met die 101ste jaarlikse Krisante-skou wat om die draai is, is elke kweker van hierdie blomme druk besig om hul plante spesialisbehandeling te gee. Bailey is, as ‘n gesoute kweker, ‘n kenner van al die kunsies en geheime om baie mooi krisante te kweek. Hy deel ‘n paar wenke. Volgens Bailey is die naam “krisant” of “chrysanthemum” van die Griekse woorde “crysos” (goud) en “anthos” (blom) afkomstig. Die heel eerste verwysing na die krisant kan in die geskrifte van die Chinese filosoof Confucius, amper 500 v.C., gevind word. Die plant is oorspronklik vir medisinale, sowel as dekoratiewe item gekweek. Deesdae kry ‘n mens selde krisante by kommersiële kwekerye. “Dit is vandag eintlik net by die lede van die verskeie klubs beskikbaar,” sê Bailey. Die beste manier om krisante te kweek, is van steggies. Die plant ontwikkel nuwe plantjies deur sy eie wortelstelsel. Nadat die plant gedurende die wintermaande gerus het, kan die nuwe plantjies langs die moederplant gesien word. Gedurende die lente word hierdie plantjies dan versigtig uit die grond gehaal en alle wortels word verwyder. “Om met ‘n skoon, wortellose steggie te begin, gee beter resultate,” verduidelik Bailey. Hierna word die steggie in hormoonpoeier gedoop, waarna dit in sanderige, misvrye grond geplant word. Dit word goed benat en so gelos vir ses tot agt weke sodat dit ‘n goeie wortelstelsel kan ontwikkel. Gedurende hierdie tyd kan die plantjie daagliks net liggies natgegespuit word. Volgens Bailey kan die plante teen middel

Oktober in houers met grond wat vir hierdie doel gemeng is, oorgeplant word. Aandag moet veral aan goeie dreinering gegee word om verrotting van die wortels te voorkom. “Krisante hou nie van nat voete nie,” sê Bailey. Die grond vir die finale oorplant van die nuwe plante moet alreeds minstens twee maande voordat dit gebruik word, gemeng word. Bailey het sy eie persoonlike resep. “My raad vir die grondmengsel is een graaf klippe heel onder vir goeie dreinering. Gooi dan ‘n goeie laag grond wat goed met mis gemeng is. Hierna kom ‘n dun lagie organiese voeding wat in die grondmengsel ingewerk word. "Maak dan ‘n gat in die grond, groot genoeg vir die plant om in te pas en voeg die volgende in die gat: beenmeel, dolomitise landboukalk en snywurm aas,” deel mnr. Bailey sy geheime. Die nuwe plant word dan versigtig in die gat geplaas, die wortels met grond bedek en goed benat. Dit kan in ‘n sonnige area geplaas word. Sodra die plant gesond in die nuwe grond groei, sal die blare begin meer en groter word, die stam sal verdik en die plant sal hoër groei. Teen die einde van November (6 weke na die finale planting)word die plant op ongeveer 8 tot 10 stelle blare van onder af gestop. Sytakke sal uit die ogies op die stam ontwikkel, waarvan die beste drie as die blomdraers gekies moet word. Hierna kan die plant met mis en bemestingstowwe gevoed word en teen peste en plae beskerm word. Volgens mnr. Bailey moet die plant nou met bamboes gestut word. “Jy moet nou vir die drie beste sytakke soek wat die blomdraers moet word – gewoonlik in ‘n

driehoekige formasie. "Plaas ‘n bamboes langs elkeen van hierdie sytakke en bind dit liggies vas aan die bamboes. Verwyder alle ander sytakke, maar hou ‘n ekstra een in geval een van die drie beskadig word,” sê hy. Wanneer daar tussen 10 November tot 10 Desember ‘n split aan die bopunt ontwikkel, moet die valknop en een groeipunt verwyder word, terwyl een spruit behou word. Teen middel Februarie sal die blomknoppe aan die groeipunte verskyn. Wanneer dit goed-gevestig is, kan die kleintjies verwyder word en die middelste een behou word. “En hý sal uiteindelik jou blom word!” sê mnr. Bailey. “Dit is die koning van herfsblomme!” Die 101ste jaarslikse Krisante-skou in Wellington word op Saterdag 6 Mei om 13:00 in die Stadsaal gehou en die publiek is baie welkom.


NUUS • NEWS

3 Mei 2017

•ORANISASIE SPEEL ROL IN JEUG SE LEWE

Ma’s bring hoop vir talle kinders Ma’s-vir-Wellington is ‘n 10 jaar oue geregistreerde nie-winsgewende organisasie wat elke week hoop in die lewens van ongeveer 150 plaaslike kinders bring. Volgens Stephanie Henderson, een van hierdie organisasie se stigterslede, is hulle beslis nie ‘n crèche nie. “Ma’s-vir-Wellington vervul nie die rol van ‘n dagsorgsentrum wat kinders oppas nie. Ons het ‘n gestruktureerde program waarmee ons kinders wil bemagtig, liefde gee en hoop bring waar omstandighede partykeer maar troebel lyk,” verduidelik sy. “Ons wil graag die fondasie help lê waarop elke kind geregtig is,” voeg sy by. Die idee vir Ma’s-vir-Wellington het 10 jaar gelede oorspronklik ontstaan as ‘n aksie waarmee die oorvloed ekstra kinderklere en ander hulpmiddels wat soms in mense se huise opgaar, na plekke waar dit nodig is versprei kon word. “Die hele idee het uiteindelik ‘n lewe van sy eie gekry. Wat oorspronklik uit iemand se huisie bedryf is, het later na die Colibri-saal geskuif. Vandag is ons op ons eie perseel by die Mosaïek Sentrum. "Ons visie, nl. om ‘n atmosfeer van liefde te skep sodat God se liefde só ervaar kan word, is egter nog al die tyd dieselfde,” vertel Stephanie. Ma’s-vir-Wellington se hooffokus is om die kinders tussen die ouderdomme van 3 tot 6 jaar te versorg, te voed en te onderrig. Volgens Stephanie is dit hoofsaaklik kinders wat om verskeie redes nie in ‘n dagsorg, speelskool of pre-primêre skool kan wees nie. “Niemand wil tog hê dat hierdie kindertjies daaraan oorgelaat moet word om heeldag in die straat te speel waar hulle kan seerkry of misbruik kan word nie. "Ons probeer daarom om in hierdie kinders se vormingsjare ‘n goeie fondasie te lê wat hulle later in hul lewens kan help om die regte besluite te maak,” verduidelik sy. Die kinders kry ontbyt en middagete by Ma’s-vir-Wellington en daar word deur middel van verskeie projekte, o.a. liedjies, dans, kunsvlyt en koördinasie-speletjies, onderrig en bemagtig. Die projekte maak staat op die bykans 50 plaaslike vrywilligers wat met die aktiwiteite die voortou neem. “Ons sou niks hiervan sonder ons vrywilligers kon doen nie. "Hulle is regtig engele wat hul tyd en aandag gee om hierdie aktiwiteite vir die kinders moontlik te maak en hoop te bring,” sê Stephanie. “In alles wat ons doen fokus ons op liefde, beskerming, om te lei en om te versorg – fisies, emosioneel, kognitief en geestelik. Ons glo dat dit ons doel en opdrag is,” voeg sy by. Volgens Stephanie maak hulle op skenkings uit die gemeenskap staat om in hierdie doel te slaag. “Die winter is juis weer om die draai en ons probeer om elke kind met ‘n warm sweetpak toe te rus. Ons het voortdurend projekte waarmee ons die omstandighede van die kinders probeer verbeter en dit is wonderlik as die gemeenskap ons hierin ondersteun,” sê sy. Belangstellendes kan Ma’s-vir-Wellington by 083 459 5961 of admin.mvw@telkomsa.net kontak. Meer inligting is ook op hul webtuiste, http://masvirwellington.co.za/, beskikbaar.

Almal neem entoesiasties aan die aktiwiteite deel en geniet 'n ietsie vir die honger na afloop van 'n besige dag.

3


courant

dié

4

3 Mei 2017

Hier lê ons sweet

Die meeste mense moet maar hul brood in die sweet van hul aangesig verdien. Niks is verniet nie en sukses kom selde sonder inspanning. Die moontlikheid van ‘n wenkaartjie in die lotery is ongelukkig nie die antwoord op voorspoed of welslae nie – dit weet ons almal. Ons dorp se inwoners sweet weekliks om die potte aan die kook te hou, kop bo water te hou en die wolwe van die deure af te hou. Ons gedenk Aardedag, hou ons erfenis in stand, beplan vooruit, woeker met ons talente, maak tuin en voed ons kinders en ons siele. Party dae kos dit bloed sweet en ander kere slaan die koue sweet ons uit. Die afgelope naweek het ons plaaslike sweet met ‘n paar gelling “ingevoerde” sweet gemeng toe hier ywerig tydens die Safari Halfmarathon langs die pragtige roetes rondom ons dorp gedraf en gestap is. Duisende mense het saam gesweet terwyl hul dit uitgespook het om ‘n 5km, 10km of 21km te voltooi. ‘n Mens wonder hoeveel liters sweet tydens so ‘n byeenkoms gestort word. Alhoewel sweet gewoonlik met swaarkry, inspanning en harde werk geassosieer word, is dit een van dié dinge wat ook die beste resultate tot gevolg kan hê. Vele studies is al gedoen en boeke is geskryf oor die positiewe gevolge van sweet. Daardie goedvoelhormone, endorfiene, floreer wanneer ‘n mens sweet en kan jou blykbaar help om jou volle potensiaal te ontgin en ‘n meer vervulde lewe te lei. Indien dít waar is, is ons dorp gewis op die regte pad. Ons mense se sweet lê hier. Mag elkeen se endorfiene hierdie week veelvuldig vermenigvuldig.

Dis Goeie Nuus

Dr. Andrew Bosman

Die steen wat die bouers verwerp het

In die evangelie van Lukas vertel Jesus ‘n gelykenis van ‘n man wat ‘n wingerd geplant het, en dit aan landbouers verhuur het en vir ‘n geruime tyd op reis gegaan het. Hy het op die regte tyd ‘n dienskneg gestuur dat hulle vir hom van die vrug sou gee, maar die dienskneg was geslaan en met leë hande weggestuur. Daar was ‘n tweede en ook ‘n derde geleentheid waar diensknegte gestuur was maar hulle is skandelik behandel en selfs gewond en met leë hande weggestuur. Die eienaar het by homself gedink wat om te doen toe stuur hy sy geliefde seun, miskien sou hulle vir hom ontsag hê. Die landbouers het onder mekaar geredeneer, dit is die erfgenaam, kom ons maak hom dood, dan sal die erfenis ons s’n wees. Die eienaar sal kom en daardie landbouers ombring, en die wingerd aan ander gee. Jesus het die skrifgeleerdes en ouderlinge en owerpriesters wat by om was aangekyk en gevra wat beteken die Skrifwoord, die steen wat die bouers verwerp het het ‘n hoeksteen geword? Hulle het besef dat Hy hierdie gelykenis met die oog op hulle vertel het, maar dit het hulle harte verhard en hulle het na ‘n geleentheid gesoek om Hom oor te lewer om doodgemaak te word.

NUUS • NEWS

Goodnow-saal se toekoms lyk blinker Wellington se geliefde Goodnow Saal, wat op 26 Oktober 2016 in ‘n brand verwoes is, gaan moontlik binnekort met die hulp van verskeie rolspelers gered word. ‘n Spesiale vergadering, met die doel om ‘n plan van aksie vir hierdie projek te bedink, het op Dinsdag 2 Mei in die oorblyfsels van hierdie eens statige historiese baken plaasgevind. Die Goodnow, wat tydens studente-protes gebrand het, is besig met ‘n stille protes van haar eie. Die felle weerstoestande van die afgelope somer en die waarskynlikheid van ‘n nat komende winter, mag dalk ‘n baie negatiewe invloed op die reeds beskadigde strukture hê. Volgens Thys Odendal, ‘n dosent by CPUT, kan die oop dak moontlike verdere skade in die gebou veroorsaak. “Dit is regtig ‘n saak van erns dat ons so gou as moontlik ‘n plan maak om die gebou waterdig te kry en die binnekant en strukture van die Goodnow teen die verdere moontlike skade wat ons winterreëns mag meebring, te beskerm. Daarom moet ons nou daadwerklik planne maak,” het hy gesê. Onder die sleutelfigure wat die vergadering bygewoon het, was mnr. Benjamin Turner, kampusbestuurder by CPUT, raadslid Koos le Roux, Thys Odendal van CPUT, prof. John Volmink, waarnemende vise-kanselier van CPUT, Ivan November, vise-dekaan: onderwys by CPUT se Wellington Kampus, Herman Bailey, voormalige burgemeester en talle ander belanghebbendes van die plaaslike museum en vriende van die museum. Die verskillende rolspelers het tydens ‘n toer deur die beskadigde gebou hulself van die omvang van die skade vergewis en agterna ‘n

bespreking daaroor gehad. Die hoofdoel van die vergadering was om ‘n aksieplan vir die herstel van die Goodnow te bewerkstellig en die nodige strukture en persone daarvoor te identifiseer. Prof. Volmink het die skade as ‘n “nasionale tragedie” bestempel en sy hartseer oor die verliese wat daarmee gely is, uitgespreek. “Die vraag is hoe ons nou kan saamwerk om verandering en ‘n goeie uitkoms vir hierdie situasie te bring. "Hoe kan ons elkeen sáám iets bydra tot die heropbou van hierdie baken,” het hy gesê. Hy het die konteks van die uitdagings rondom die projek geskets en oor die vordering wat tot dusver met die proses gemaak is, verslag gelewer. Die plan vorentoe en al die stappe in die proses, waaronder samewerking met strukturele ingenieurs, versekeraars, plaaslike rolspelers en die CPUT, is ook belig. Daar is saam na oplossings vir vrae oor die tydlyn waarbinne hierdie dinge gaan gebeur, praktiese en finansiële implikasies, sowel as die dringendheid van die situasie, gesoek. ‘n Groot moontlikheid vir die stigting van ‘n hulpfonds vir hierdie doel is ook bespreek. Prof. Volmink, wie se hart ooglopend by die proses is, het beklemtoon dat daar nie langer met die planne gesloer kan word nie en onderneem om dit ‘n prioriteit te maak. “Die oplossing vir hierdie proses lê nie net in strukture en in ons koppe nie – dit lê in ons harte. "Die doelwitte wat ons vir onsself ten opsigte hiervan stel, moet ooreenstem met wat ons hande doen en ons harte vir ons sê,” het hy afgesluit.

Moeder Aarde neem nuwe gestalte aan by gallery

Bo: Anne-Ghrett Erasmus en die spreker tydens die opening van die uitstalling, dr. Ashraf Jamal. Regs: ‘n Beeldhouwerk van Nanette Ranger is deel van die Moeder Aarde uistalling. ‘n Nuwe kunsuitstalling, met die tema “Moeder gelê,” het hy gesê. Jamal het ook na die “Venus of Wallendorf” Aarde”, het onlangs heel gepas op Internasionale Aardedag by die Breytenbach-galery geopen. beeld, wat meer as 25 000 jaar v.C. geskep is, Hierdie groepuitstalling is nie net ‘n viering verwys. van ons verbintenis met die aarde nie, maar “Die feit dat hierdie beeld selfs voor die mitobeklemtoon ook die moederlike eienskappe wat logiese Venus-godin ontstaan het, bewys dat die in dié verbintenis gestalte kry. Dit is daarom vroegste gelowe die vrou aangehang het. Die ook betekenisvol dat al die kunstenaars vroue vorm en beelding daarvan is ook veel meer aards is. Bekende en bekroonde kunstenaars soos en vrugbaar as wat enige manlike beskouing van Susan Bloemhof, Tina Nel, Wilna Panagos, die die vroulike liggaam sou weergee – wat eintlik beeldhouer Nanette Ranger, die plaaslike Elsibe die suiwerste vorm is van wat ‘n vrou se skoonLoubser McGuffog, sowel as Theresa Collins se heid moet wees,” het hy verduidelik. kunswerke is onder andere by die uitstalling te Volgens Jamal is die vroulike geslagskrag sien. sedert die ontstaan van patriargale stelsels Die Moeder Aarde-uitstalling is deur dr. onderdruk, maar steeds onmiskenbaar die sterkAshraf Jamal, ‘n kultuuranalis en lektor in film en ste, mees aardse vergestalting van ons bestaan visuele kultuurteorie, geopen. In sy praatjie het en verbintenis met die aarde. Hy het dit ook met hy na die moederlike eienskappe van die aarde die skepping van kuns verbind deur na die skepverwys. pingsproses, vrugbaarheid en die ondersoek na “Alhoewel gelowe soos die Christelike geloof “die ander” – volgens hom alles tekenend van ‘n ‘n patriargale aanslag het, is figure soos moeder moederlike aanslag – te verwys. Maria tog sterk karakters daarin. Gelowe wat Die Moeder Aarde uitstalling is tot 18 Mei by die Christelike geloof voorafgegaan het, het die Breytenbach-galery te sien. Vir meer inligegter baie meer klem op die vroulike krag en ting kontak Anne-Ghrett Erasmus by galery@ die aanbidding van vroulike gode of eienskappe breytenbachsentrum.co.za of 021-864 2988.


NUUS • NEWS

3 Mei 2017

5


6

NUUS • NEWS

3 Mei 2017

Olyffees 2017 - punte om te besoek Vanjaar kan feesgangers Het Vlock Casteel, Pulpit Rock, Olive Boutique, Allesverloren, Riebeek Kelder, Kloovenburg Wyn -en Olyf Landgoed en die dorpsplein op Riebeek-Kasteel besoek. By Het Vlock Casteel kan die talent van Jimm Harrison met ‘n plaaslike boetiek bier in die hand het en ‘n asemrowende uitsig geniet word. Hul vat verouderde Het Vlock Casteel-rooiwyn is per bottel of glas te koop. Daar is egter geen wynproe geleentheid nie. Sien hier uit na ‘n verskeidenheid olywe en tuisgemaakte olyfprodukte wat wissel van olyfoliebotter tot olyfroomys. Vars oesters en mossels is saam met die plaaslike Pieter Cruytoff Vonkelwyn beskikbaar. Sien ook uit na ligte verversings te koop. Trekkerritter teen R5 ‘n koepon per persoon is beskikbaar tussen onhaalsentrums. Pulpit Rock bied op sy beurt gratis wynproegeleenthede vanuit ‘n keuse van geselekteerde Brink familie wyne. Daar is ook ‘n geleentheid om die bekroonde wyne teen ‘n ekstra fooi te proe. Sien uit na egte roosterkoek en potjiekosdisse. Daar is ook gratis geleentheid om olywe te proe. Gryp die geleentheid aan om jou gholfvernuf uit te oefen. Indien jy hou van oudhede, is die antieke trekker uitstalling die plek vir jou. Die Olive Boutique bied ‘n olyf oasis wat jy nie mag misloop nie. Geniet ‘n sjef geïnspireerde Swartlandse piekniek. Geniet ook die antieke vrug in al sy vorme, wat gourmet olyfprodukte, ekstra gesuiwerde olyfolies en ongefilterde olies insluit. Wat die nektar betref, kan feesgangers uit sien na Riebeek Kelder se wynreeks, Flagship Craft Beer en Hope on Hopkins Gins& Martinis. Vermaak sluit Johnny Ray Acoustic Blues Band in. Op Sondag kan ‘n addisionele werkswinkel verwag word plus vele meer aktiwiteite.

Riebeek-Kasteel se dorpsplein is op die Saterdag vanaf 09:30 tot 17:00 oop en Sondag weer tot 16:00. Toegang is gratis vir paspoorthouers. Hier sal stalletjies, vermaak, ‘n kinder speelarea en ‘n verskeidenheid lekker dinge wees om te doen. By Allesverloren sal ‘n Country Market binne en buite reg staan vir besoekers met stalletjies wat Allesverloren wyne verkoop, asook Allesverloren Muskadel Slushpuppies, boetiek biere, olyfprodukte, Oos-Kaapse biltongprodukte,

Italiaanse kosse en vele meer. Die musiekgroep Newton and Co sal sorg vir vermaak. Die wynwinkel sal ook oop wees vir wynproegeleenthede en verkope. Kontak gerus 022 461 589 vir meer inligting. Geniet ook die heerlikste disse by hul restaurant, Pleasant Pheasant.

Kloovenburg Wyn -en Olyf landgoed met sy eikebome van oor die 150 jaar oud bied vanjaar ‘n verskeidenheid stalletjies aan en sluit onder meer Duitse Pizzas, pannekoeke, internasionale kase, Bali Meubels en vele meer in. Hul uitgebreide reeks olyprodukte sal beskikbaar wees om te proe en te koop. Vanjaar kan jy ook die landgoed se gewilde en unieke geskenkpak koop.

’n Verskeidenheid koffie, wyne (per glas of bottel) en sappe sal sorg dat niemand dors sal raak nie. Sien uit na die bekroonde TWEE (Solo Herman) vir vermaak. Vir die kinders is daar ‘n splinter nuwe springmat en boereworsrolle vir die hongerpyne. ‘n Begeleide toer en olyfpars demonstrasie vind op Saterdag en Sondag om 10:30 plaas. Die kostes is gratis vir paspoorthouers en geen besprekings is nodig nie.

Riebeek Kelder bied vanjaar op sy beurt weer ‘n “Wild Olive Acoustic Stage” met die akoestiese klanke van Franscois van Coke, Valliant Swart, Soetmelk, Marcia Moon Mono, Pony en vele meer.

‘n Verskeidenheid kosstalletjies sal beskikbaar wees, terwyl daar ook hope vermaak vir die kinders is. ‘n Vervoerdiens word vanaf die dorpsplein beskikbaar gestel om die perfekte uitspanplek vir jou te verseker. Hekke open Saterdag om 09:30. Kom vroeg, want plek is beperk. Vir die Sondag kan feesgangers uitsien na hul gewilde Riebeek-Familie-Steak-Braai om 12:15, asook akoestiese klanke deur Franscois Haasbroek. Daar is ook wynproegeleenthede. Vir alle wynliefhebbers is daar ‘n eksklusiewe wynproegeleentheid met hul wynmakers beskikbaar. Bespreek nou jou plek by info@riebeekcellars.co.za

Atlete van oral draf 30ste Safari vinnig kaf Wellington se strate was op Maandag 1 Mei ‘n miernes van bedrywighede, terwyl duisende atlete, drawwers en stappers hul veters gebind het om aan die 30ste jaarlikse Safari-halfmarathon deel te neem. Atlete het reeds voor sonopkoms van heinde en ver gekom om aan hierdie gewilde wedloop te kom deelneem. Om 07:00 het die reuk van spiersalf met die opgewonde afwagting by die wegspringpunt langs Huis Andrew Murray gemeng totdat Drakenstein Munisipaliteit se Uitvoerende Burgemeester, Conrad Poole, die afsitterskoot vir die duisende atlete laat klap het. Die 30 jaar-lange sukses van die Safari Halfmarathon kan volgens Jennifer Daniels, voorsitter van die Wellington-atletiekklub en van Boland Padwedlope, aan die samewerking van verskillende rolspelers toegeskryf word. “Die Safari-borge, Wellington Atletiekklub, Top Events en die plaaslike Rapportryers is ‘n gedugte span wat elke jaar kliphard werk om hierdie geleentheid ‘n hoogtepunt op die dorp en streek se sportkalender te maak,” sê sy. Volgens Jennifer het die Safari Halfmarathon hierdie jaar ook as die Boland Padwedloop Kampioenskap gedien en kon atlete uit die streek dus om meer as net ‘n algemene plasing in die wedloop meeding. Die Hugenote Hoërskool het weer as gasheer opgetree deur hul pragtige terrein en geriewe beskikbaar te stel en selfs die weer het saamgespeel om van hierdie 30ste Safari-halfmarathon ‘n groot sukses te maak. Ondersteuners kon hul in die verskeidenheid produkte by die talle stalletjies verlustig en vir dié wat nie die halfmarathon wou aandurf nie maar steeds wou litte rek, was daar ‘n 5km- en 10kmwedloop. Volgens Johan Swanepoel van die Wellington Rapportryers het daar meer as 7500 atlete aan al die wedlope deelgeneem. Die Safari-borge het ook ‘n tjek aan die plaaslike Huis Andrew Murray Kinder- en Jeugsorgsen-

trum oorhandig. Die plaaslike SAPD het bevestig dat daar geen gevalle van inbrake of ander klein misdade tydens die dag aangemeld is nie – ‘n bewys dat alle Wellingtonners saamgestaan het om die dorp uit hierdie geleentheid te laat voordeel trek. Die halfmarathon is deur Mbongeni Nxazozo in ‘n tyd van 01:08:11 gewen. William Kaptein van die Maties-atletiekklub was tweede en Akhona Mdaka van Elgin het derde geëindig. Die verdedigende kampioen van 2016, Gert Thys wat al ‘n veteraan is, het hierdie jaar die vierde plek ingepalm.


NUUS • NEWS

Dagboek • Calender

Wellington CLC Matriek-aandklasse by Wellington CLC, Hospitaalstraat. Dinsdae en Donderdae vanaf 18:00 tot 20:00. Navrae skakel 021 864 2418 Wellington-rugbyklub Hiermee nooi ons alle oud en nuwe belangstellendes uit om elke Maandag, Dinsdag en Donderdag Wellington-rugbyklub se voorbereiding vir die 2017 seisoen by te woon. Oefening sluit padwerk in, so bring jou drafskoene saam. Oefening is vanaf 19:30 by Wellington-rugbyklub reg langs die Boland-stadion. Vir meer inligting kontak Jaco van Deventer 081 488 5457 of Francois Coertze 083 443 3081 Hillcrest United-rugbyklub Hillcrest United-rugbyklub se voorseisoen is sterk aan die gang op Dinsdae, Woensdae en Donderdae te Pelikaan Park-Wellington vanaf 19:00. Die bestuur en afrigter nooi dus alle spelers wat nog wil deel word om spoedig aan te kom sluit. Vir meer inligting kontak die klub-sekretaris: Jovan-ré Cupido - 073 296 3575 of jovanrewc@ gmail.com Evita se Perron 28 April: Evita se Perron presents an evening of contentporary Folk music with Jenny and the Jameses. Tickets are R100 and the show starts at 20:00 For bookings call 022 492 3930 or bookings@ evita.co.za Hugenote Hoërskool 8-11 Mei: Die Hugenote Hoërskool bring

eersdaags die storie van "Sound of Music" op die planke. Kaartjies is vanaf 6 Maart beskikbaar by die skool. 8-10 Mei se kaartjies is R90 vir volwassenes en R60 vir kinders. 11 Mei is die Gala-aand. R200 per persoon en dit sluit n 3-gang ete in. Koorfees by Hugo Rust 18 Mei: Laerskool Hugo Rust bied aan 'n Koorfees om 18:00 vir 18:30 by die Laerskool Hugo Rust. Ander kore wat gaan deelneem is Laerskool Durbanville, Laerskool Bastion, Worcester-Noord Primêre Skool, Hoërskool Hugenote met die gaskunstenaar - André Terblanche Vir enige navrae kontak 021 873 1598 / ontvangs@hugorust.co.za Silwerkruin ACVV Huis vir Bejaardes 8 Junie: Silwerkruin bied aan 'n Lizz Meiring vertoning by die Hugenote Laerskool Saal om 19:00 Navrae kontak Melanie by 021 873 1040 Wellington Huismark 3-6 Augustus: Wellington hou huismark by Welbedacht (Schalk Burger & Seuns) met lewendige musiek, mansgoed, kindergoed, mooigoed, lekkergoed, huisgoed en eetgoed. Die mark is om 9:00 tot 16:00. Gratis ingang en kredietkaart fasiliteite beskikbaar Silwerkruin ACVV Huis vir Bejaardes 12 Augustus: Silwerkruin hou 'n Vonkel ontbyt om 10:00 by Wellington Noordkerksaal Navrae kontak Melanie by 021 873 1040 Silwerkruin ACVV Huis vir Bejaardes 27 Oktober: Silwerkruin bied aan hul Gholfdag by die Wellington Gholfklub om 09:00. Navrae kontak Melanie by 021 873 1040

Kerke • Churches Anglican Church Sunday morning: April to Sept at 08:00; Oct - March at 07:30; Wed. Morning : 09:30 (end Jan to mid Dec); 4 Milner Street, Wellington. Enquiries: 021 873 1425. Joshua Generation Sunday morning 09:00 (English), Sunday evening (Afrikaans) 17:00. Provence, Milner Road. Enquiries: 021 873 6541. Kerk van Macedonië Sondagdiens om 10:00; Groenberg. Navrae: 062 836 1316 of 074 608 0519 NEW Sunday morning at 09:00 (English service); HJN Training Centre, College Street, Wellington. Enquiries: 082 355 3280. NGK Moeder-gemeente Sondagoggend om 09:00, Sondagaand-diens Leefkerk om 18:00. H/v Kerk- en Piet Retiefstraat, Wellington. Navrae: 021 873 1561.

7

3 Mei 2017

NGK Noord-gemeente Sondagoggend om 09:30: MacCronestraat 11, Wellington. Navrae: 021 873 2763. NGK Wellington-Oos Sondagoggend om 9h00 en Sondagaand om 19h00 h/v Barlinka en Cummingsstraat, Wellington. Navrae : 021 873 2690 St George's Presbyterian Church Sunday mornings at 09:30 (English); 22 Jan van Riebeeck Street. Enquiries: 021 873 2021. Shofar Sondagoggend om 09:00 Laerskool Hugenote, Kerkstraat 41. Navrae: 021 873 7677 AGS Wellington Dienstye en Junior Kerk : Sondae 09:00 asook 18:00 by Terracestraat 3, Wellington Kontak : 083 258 8717 / 021 873 3375

Geklassifiseerd • Smalls GELUKWENSINGS CONGRATULATIONS ADUWAAN JASSON – 10 op 29 April - Baie geluk my oudste. Ek is baie lief vir jou. Van mammie Admer #4475 ---Baie geluk Boeta. Ek is baie lief vir jou. Van: Shaskia #4476 ---Baie geluk my oudste kleinkind. Van: mammie Merle, Ciscus, tannie Lilah en Qwin #4477 ---Baie geluk Tietie se kind. Ons is baie lief vir jou - Tietie en Caleb #4478 ----Baie geluk Aduwaan met jou verjaardag. Baie lief vir jou Merltine #4479 ----------------------------RAYLENE HOPE SWARTS. Ons pragstuk word Een op 5 Mei. Baie geluk met jou verjaarsdag. Van:Mammie, Jane-Urique, Junica en Rodwill ---Geluk ons pragstuk.Jy moet lekker verjaar. Van: Gaynor Hope, Anne-Marie Baie geluk Raylene Hope Swarts met jou eerste verjaarsdag. Van: Ouma Miena, Mammie Freda, Tannie Juleana #4480 ----------------------------ROWENA SEPTEMBER – 21 op 1 Mei. Welkom in die grootmens-wêreld en onthou ons is baie lief vir jou. Van jou Antie Lena, Nanna en familie #4481 ----Baie geluk met verjaarsdag. Mag God jou seën en nog vele jare spaar. Liefde – Francina, Thinus, Rico, Ches en Abigail #4482 ----------------------------CORBUN MULLER. Baie geluk ons oudste met "sweet sixteen". Baie trots op jou. Mag God jou seen met baie sukses - Pa, Ma en Shanell #4483 ----Baie geluk met jou 16de verjaardag. Bly die voorbeeldige seun wat jy is. Van: Ouma Fien en familie #4484 ----------------------------RONEECHEE JACOBS 6 Mei. Jou vierde verjaardag ouma se vreugde. Ek dank God vir nog n jaar by jou lewe. Liefde - Ouma Lizy #4485 ----Baie geluk Mamma se blomtuin. Jy is my alles. "Love you to the moon and back" Whitny #4486 --------------------------Wie word veertien? - CHARME ARENDSE. Geluk met jou verjaarsdag. Mag God jou baie jare spaar. Liefde - Mammie, suster, twee broers en Gursie #4487 ----------------------------ALONZO - 9 op 1 Mei.

Baie geluk met jou verjaardag. Ouma is baie lief vir jou #4488 ----------------------------BRESKE - op 5 Mei is jy ses jaar oud. Jy is Mammie en Pa se sonstraaljie. Baie lief vir joue - Mammie, Pa en Vonzalow #4489 ---Lekker verjaar Ouma se liefde. Van: Mamma Wilma, sussies, boeties, niggies en neefs klomp liefde #4490 ----------------------------JUF SLINGERS – 2 Mei. Baie geluk met u verjaardag. Dankie vir alles wat u doen vir die gemeenskap. Spreuke 31. Van: Fien en Interkerklike susters #4491 ----------------------------Ma, vir die wêreld is jy net ‘n ma, maar vir ons familie is jy ons hele wêreld. Lekker verjaar. Liefde – Guswill & Hubert #4492 ----------------------------Antie LALLAS en my ma SUENAY. Veels geluk met jule twee se verjaardag op 5 Mei. Alles wat mooi is vir die dag. Van: Charné, Lee-Hugo en Anicia #4493 ----Geluk Suenay September met jou verjaarsdag op 5 Mei. Mag jy 'n mooi dag hê. Lief vir jou tjomma - Marenda en Janine #4494 ---Neytjie, hoop jy verjaar lekker. Sien by die "whitehouse" vir 'n lekker kuier - Iemand wat mal is oor jou #4495 ----------------------------NICHOLAS FORTUIN – Geluk met jou verjaarsdag. Dankie dat jy so baie vir ons doen. God seën. Liefde – Ma, Pa en familie #4496 ----------------------------Kyk wie is 60? RICHARD BARENDSE (Uncle Toppels). Baie geluk. Van: Huisgesin #4497 ----------------------------LEONARD APRIL (Olie) – 60 op 5 Mei. Wens u ‘n geseënde en voorspoedige jaar toe. Mag die Here nog vele jare spaar. Van jou susters #4498 ----------------------------Raai wie word 50? Baie geluk van jou kollegas en buite merchandisers #4499 ----------------------------ANNIE WILLIAMS – 4 May. Happy Birthday and God’s richest blessings on your special day. Give it all to Jesus.. Your friend– Fien and family #4500 ----------------------------CARLO ABRAHAMS – 5 Mei. Baie geuk met mondigwording. Lekker verjaar en geniet die dag. Liefde – Daddy, Nanna, Sowayda, Elwena, Jonade, Micha en Sussa #4501 ----Lekker verjaar. Bly getrou aan ons. Baie geluk met jou mon-

digwording. Liefde – Ouma en Oom Ben #4502 ----------------------------Geluk COURTNEY met jou 21ste verjaardag op 06 Mei 2017. Mag God jou ryklik seën jou Ma, Pa, Susters, Broers en al die kleinspan #4503 ----Geluk Courtney met jou 21ste verjaardag. Seënwense Ouma en Raphael #4504 ---Geluk met jou mondigwording. Voorspoedige nuwe lewensjaar met baie seëninge. Liefde – Tamma, Pappie en kinders #4505 Geluk Courtney met jou 21ste verjaardag op die 06/05/2017. Mag God jou ryklik seën. Van: Tacha, Emile en Kinders #4506 ----Lekker verjaar. Mag God jou ryklik seën. Van: Granville, Chantall en kinders #4507 ----Geseënde verjaardag Courtney op 06 Mei. Baie liefde - Clemence, Reggie en Kinders #4508 ----Geluk Courtney met jou 21ste verjaardag op die 06/05/2017. Mag God jou ryklik seën. Van Barnard, Lize en kinders #4509 ----------------------------ANTONIO NOVEMBER. Baie geluk met jou negende verjaardag op 8 Mei. Bly die pragstuk en voorbeeldige kind Mammie, Ouma en Oupa #4510 ----------------------------BETS - 4 Mei. Baie geluk met jou verjaarsdag. Ek wens jou mooi dinge toe. Geniet die dag - Anna en gesin #4524 ----------------------------BROWIN. 7 Mei. Nog 'n jaar is by jou lewe gevoeg. Lekker verjaar. Geniet dit - Ma, suster, Anna en gesin #4525 ----------------------------MEMORIUMS IN MEMORIAM CHRISTOLENE JURIES - 6 May 2017. Your second birthday in Heaven. Remembering you is easy, I do it everyday Rest in peace dear friend – Lizzy #4511 ---My dierbare vrou en Ma - ons verlang elke dag na jou. Gelukkige verjaardag in die hemel. Chris en kinders #4512 ---Jou tweede verjaarsdag in die hemel en die gemis is steeds daar. Ons dink elke dag aan jou.Lategan familie #4513 ----------------------------OUMA LIZZIE HART – 6 Mei. Vandag sou dit die ystervrou se 96ste verjaardag gewees

het. Verlange is groot. Liefde, u ses kinders #4514 ---Ons mis Ouma elke dag. Geseënde verjaardag - Kleinkinders, agter kleinkinders en agter-agterkleinkinders #4515 ----------------------------CHRISTIAN GYSENBERG (Kitto) – Jou vierde verjaardag met God en Sy engele. Woorde kan nie beskryf watter leemte jy agtergelaat het nie. Lief jou ewig. Verlangende Ma en familie #4516 ---6 May – Your fourth birthday away from us. Your life was a blessing, your memory a treasure. Loving son, Cyle #4517 ----------------------------MIRILDA WILLIAMS – 2 Mei. Jou derde verjaardag asook derde jaar weg van ons. Mis jou baie - Daddy, Mammie, Tiffany, Rayna, Essie, Keith, Ruwade & Keishia #4518 ----------------------------MARIA MARGARETHA (Mary) LEANDER 25:11:46-02:05:2014 Mamma drie jaar vandag in die hemel met ons hemelse Vader! Ons mis Mamma.Liefde - Cardin, Lize-Mare, Damian #4519 ----------------------------CHRISTIENA (Syster) PIETERSEN. 2 Mei. U sesde verjaardag saam met die engele. Rus in vrede – Liescel, Amelia, Willene en Jayden #4520 ----My dierbare vrou en ma. Die verlange is groot, maar troos ons jy is veilig by Jesus. Jou man, Jan, Janene, Lorenzo, Chriszeldo en Jeneska Lee #4521


8

courant

NUUS • NEWS

dié

3 Mei 2017

WELLINGTON SPORT

Tel: 022 487 3221

3 Mei 2017

•REIS NA VELDDRIF AAN DIE WESKUS

Kavaliers pak Streeptruie DIE Boland Kavaliers pak eerskomende Saterdag die Westelike Provinsie in ‘n Supersport Rugby Uitdaag-wedstryd op die Smit-sportgronde te Velddrif. Die Kavaliers sal oorgehaal wees om ‘n sege oor die Streeptruie te behaal, veral na die Bolanders naelskraap vasgeval het teen Grens, twee naweke gelede. WP is egter goed op dreef na twee agtereenvolgende seges gedurende eerste twee weke van dié kompetisie, oor die Oostelike Provinsie en Grens onderskeidelik. Met die Boland Rugbyunie, wat in samewerking met die Bergrivier Munisipaliteit besluit het om dié wedstryd na die gemeenskap te neem, word daar goeie ondersteuning op die Smit-sportgronde

Redenaars:

Hierdie leerders van Hugenote Laerskool neem vandag aan die Wes-Kaapse ATKV Redenaars eerste rondte te Laerskool de Kuilen deel. Hier sal hulle vir ‘n plek in die Wes-Kaap finale rondte meeding. Hulle is Mija Zeeman (Graad 7), Cara Steyn (Graad 7), Jacobus Smit (Graad 7) en Ghieda Gerber (Graad 6).

Veldskiet: Suné Kühn het Saterdag, 8 April, deel-

geneem aan die jaarlikse Namakwa Kaapjag veldskiet. Sy het 2de geëindig by juniors (ouderdom tot 18jaar) en ‘n algehele 3de plek by die senior vroue gekry.

verwag. Hekgelde beloop R40 per persoon vir volwassenes, R10 vir skoliere in skooldrag en R10 vir voertuie (beperkte binne-parkering vir voertuie is beskikbaar). Kaartjies kan ook vooraf gekoop word teen R35 per kaartjie vir volwassenes by www.webtickets.com of by Vredenburg Pick’n Pay. Skoliere en voertuie beloop steeds R10 elk. Program vir die dag: 13:00 – Bergrivier XV vs Velddrif XV 15:00 – Boland Kavaliers vs Westelike Provinsie (Supersport Rugby Challenge) Hekke open om 11:30

Riders take on bone crusher The fourth Darling Brew Extreme will be hosted in Darling on Saturday, 27 May 2017. The race will start and finish (for the second time) at the Darling Brewery. The Brewery offer riders and spectators a relaxed ambiance with family friendly surroundings, ample secure parking and locally brewed great beer! The autumn climate of the West Coast promises a pleasant day filled with exciting riding, chilled beers, classy entertainment and tasty eats. The DBX17 will have four routes to choose from ranging from the super endurance long course to the less challenging short ride for the family, novices and youngsters. The four distances will make use of a combination of single track, jeep track and farm roads in and around Darling. The short 15km route starts in the same direction as the 30km. It has the least elevation and offers a scenic loop of mostly farm roads close to the centre of Darling. The middle distance of 30km, is a brand new route. More suited to riders who do not fancy the big hills, but still enjoy good scenery. We recommend this one for riders who did the short route last year, as it is a bit further and will give you a taste of only a

small section of singletrack. The 30km starts in the opposite direction to the 45km on the south side of Darling. The middle distance of 45km, is one of the classics and is more suited to riders who enjoy a good section of singletrack without too much climbing. Most of the ride will be on Wolwefontein farm`s MTB trail. The 75km route will challenge the experienced endurance riders. It features a change this year with the route following a figure of eight loop: passing the Brewery (Start/ Finish) halfway through the ride. A cut offtime will be incorporated!! This new route will debut with a mystery section, offering riders the unique opportunity to test their hill climbing skills. All riders accepting this challenge will be rewarded with the best view over Darling. This vantage point is not accessible to the public. Bone Crusher Distance: 75kmElevation: 1550m Waterpoints: 5 (12km, 30km, 40km, 50km, 63kmbeer, 66km) The first part of the 75km route starts out at a fast pace through the olive trees on the farm Het Bos and heads towards Klipberg and the first water point of the day at the

Deelnemers aan die Safari-halfmarathon het vanjaar vir die 33ste keer by die wegspringpunt saamgekom. Sien berig en foto's op bladsy 6.

green tanks (14km). This section gives you some time to warm up before the awesome singletrack on the farm Wolwefontein. By the time you return to the green tanks water point (33km), you will be well up and running. Then, after climbing the side of Klipberg, a fast flat track next to the railway line will take you back to the start (but not the end) at Darling Brewery where you can indulge in a quick pit stop at 40km. A cut off time will be incorporated!! The real climbing starts at the second half of the route. After crossing the railway line and passing through the Duckitt Orchid farm, a mystery destination awaits… Riders will enjoy a stunning and spectacular view of the Swartland before attempting a fast and steep descent down Hendri’s Hill towards the second water point on the farm,Glen Frank (50km). Some more climbing awaits up Frans Steyn hill and then the route goes down through Windmill Alley. The last significant elevation is at the top of the famous Bone Crusher, where you will be rewarded with a free beer taster. With about 10km left, a downhill into the town takes you to the welcome finish at the Brewery.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
418 die courant wellington by DieCourant - Issuu