courant
1 Wellington
dié
3 Mei 2017
• Free • Gratis
Wes-Kaap se #1
Bou saam met goeie nuus
Uitgawe 418
3 Mei 2017
•VIER 60 JAAR VAN GETROUDE LEWE
Egpaar se diep spore vasgemessel •Jaomi Zeeman Die bekende en beminde plaaslike egpaar, Michael Snr. (83) en Sylvia (80) Le Cordeur van Abbeyfield, het onlangs hul 60ste huweliksherdenking gevier. Hierdie mylpaal is nie net besonders omdat dit 60 huweliksjare herdenk nie, maar veral ook omdat hierdie twee mense se diep spore as deel van Wellington se erfenis vasgemessel is. Prof. Michael Le Cordeur (jnr.) vertel dat sy ouers dit nie altyd finansieël breed gehad het nie, maar tog vir hul ses kinders altyd die beste probeer gee het. “Daar was altyd meer as genoeg leesstof in ons huis. Die boeke van Adam Small en NP van Wyk Louw wat ek in ons ouerhuis gehad het om te lees, het my liefde vir Afrikaans gekweek,” sê hy. Michael snr. en Sylvia se huis was egter nie net ‘n huis vol boeke nie, dit was ook ‘n huis vol liefde waar hulle vir talle jongmense wat tydens die Apartheidsjare nie losies kon kry nie “Mamma en Dera” was. Volgens Sylvia is die feit dat sy haar Ouma Adams se aanneemkind was, moontlik die rede dat sy haarself altyd oor ander ontferm. Hierdie twee Wellingtonners se paadjie saam het eintlik oor ‘n toonbank begin. Hulle het mekaar in ‘n kafee waar Sylvia soms gewerk het, ontmoet. ‘n Dispuut oor kleingeld was die vonk wat uiteindelik tot hul jarelange huwelik gelei het. Die egpaar het beide uit gebroke huise gekom. As kind het Michael snr. by dr. Manie Rust grootgeword en Sylvia by die Adams-familie. Hulle het nooit die geleentheid gehad om hulself professioneel te bekwaam nie, maar het altyd gevoel dat hulle hierdie kans aan hul kinders wil bied. “Sonder my man se ondersteuning sou ek nooit ons ses kinders – vier seuns en twee dogters – kon grootmaak nie. Daar was ook maar baie hartseer en ontberings wat ons te bowe moes kom sodat ons kinders die beste geleerdheid kon kry,” vertel Sylvia. Die swaarkry-tye was vir hierdie twee mense egter nooit ‘n verskoning om tou op te gooi nie. Hulle het altyd ‘n plan gemaak en kan sowaar as twee van Wellington se eerste entrepreneurs beskou word. Sylvia, wat oor naweke stalletjies bedryf het om die pot aan die kook te hou, het die potensiaal van ‘n goed bedryfde vlooimark raakgesien.
Planne met Goodnow:
Daar word stadig maar seker planne gemaak vir die restourasie van die Goodnow-saal wat vroeër verlede jaar afgebrand het. Thys Odendal bespreek die skade met mnr. Benjamin Turner, Kampusbestuurder by CPUT, en prof. John Volmink, waarnemende vise-kanselier van CPUT. Lees meer binne. Na baie onderhandelings met die Wellington Munisipaliteit het sy toestemming verkry om oor naweke ‘n vlooimark in Victoria Park te bedryf. “Ek moes self toesien dat daar dissipline en higiëne in die Park gehandhaaf word en is aan baie streng maatreëls onderwerp. Dit was egter alles die moeite werd. "Ek en Michael snr. het onsself belowe dat ons net die beste geleerdheid vir ons kinders as goed genoeg sal ag,” vertel Sylvia. Michael snr. se voorouers het saam met die Hugenote na Suid-Afrika gekom. “Le Cordeur beteken ‘toumaker’ en my grootjie was ‘n wamaker en toumaker. My pa was ‘n grofsmid in Kerkstraat,” vertel hy. Die Le Cordeurs is ook gemeenskapsmense wat baie aktief aan gemeenskapsaktiwiteite deelgeneem het. Michael was o.a. saam met Henry Jones, ‘n voormalige mnr. Wêreld Kleinman, ‘n liggaamsbouer. Hy het in die destydse leerlooiery gewerk en met sy aftrede was hy ‘n voorman en ontwerper daar. Met sy aftrede het Michael
steeds leerartikels gemaak wat hulle dan by hul stalletjie verkoop het. Die Le Cordeur-kinders het uiteindelik elkeen op hul eie gebied presteer. “André is ‘n passer-en-draaier en was ‘n myningenieur, William is verbonde aan SARS, Michael is ‘n professor, skrywer en taalman, Edwina het die sakewêreld betree, maar is tans besig met teologiese studies en is ‘n pastoor, Jessica was ‘n areabestuurder by ‘n bank en is vandag ‘n konsultant en Clarence is ‘n praktiserende prokureur,” vertel Michael snr. en Sylvia trots. Die Le Cordeurs se dogter, Edwina, is ook in 1980 as mej. Rapport Afrika-Suid, die swart weergawe van Mej. Suid-Afrika, gekroon. Sy het haar in haar kroningsjaar beywer om ander te leer wat sy geleer het en skryf haar sukses aan haar ouers se toewyding toe. Vandag is Michael snr. en Sylvia steeds aktief by Wellington se gemeenskapslewe betrokke. Sylvia is ‘n kranige blommerangskikker en doen graag handwerk – iets waarmee sy in haar leeftyd al vele pryse gewen het – en die egpaar is as lewenslange ere-president en ere-vise-president van die plaaslike Krisante-vereniging vereer. Van stilsit is daar by Michael snr. en Sylvia egter geen sprake nie. Heel waarskynlik is dít die geheim van hul jarelange sukses.
NUUS • NEWS