c urant
dié
1 Swartland • Bergrivier
• Free • Gratis
Wes-Kaap se #1
12 April 2017
21.8%
Bou saam met goeie nuus
Uitgawe 415
12 April 2017
Weerlig:
Saterdagaand het 'n wolkbank oor die Swartland beweeg en 'n onheilspellende gloed oor die landskap gegooi. Die weerligstrale was duidelik in die digte wolke sigbaar, terwyl 'n paar hul pad daaruit en na die grond gevind het. Susan Kriel het dié weerligstrale op die plaas Evening Star buite Darling vasgevang. Foto: Susan Kriel
•ONS MOET NOOIT VERGEET VAN WAAR ONS KOM
Doh kyk terug op 35j Michael de Kock, beter bekend as Doh, van Malmesbury, se omgee-hart vir kinders, klop steeds warm ná 35 jaar in die onderwys. Dit was deurlopend sy missie om sy leerders se belange eerste te stel. “As onderwys nie meer vir jou ‘n roeping is nie, maar ‘n plek om jou geld te verdien, is dit nie die regte plek vir jou nie.” De Kock, wat einde Februarie uit die onderwys getree het, wou aanvanklik regte studeer, maar het na drie maande aan die Universiteit van WesKaap, sy studieveld na onderwys verander. De Kock beskou homself as ‘n aktivis. Sy studies wat in 1979 afgeskop het, is ‘n jaar later kortgeknip toe hy by bevrydingsbewegings aangesluit het. “Ek het nog altyd geglo aan ‘n totale, nie-rassige en gelyke Suid-Afrika vir almal.” Hy het as ‘n ongekwalifiseerde onderwyser by Schoonspruit Sekondêr begin en is na ‘n paar maande na Liebenberg Primêr. Hy het intussen sy onderwysdiploma deur Unisa bekom. Hy het sy BA en B.Ed Honeurs by UWK voltooi, ‘n onderwyskursus op Wellington en ‘n meestersgraad aan die Universiteit Stellenbosch behaal. “My hoogtepunte is nie gekoppel aan ‘n spesifieke ding nie. Vir my is dit om soggens te kon opstaan, werk toe te kon gaan, glimlagte op die kinders se gesigte te kon bring en my werk te kon doen.” Hy het hom destyds beywer vir die regstel van gelyke onderwys. Vir die tydperk wat hy in die onderwys was, het hy altyd die kinders se belange eerste gestel en wou vir hulle die beste gee, ongeag hulle omstandighede. Volgens hom is dit die onderwysers se taak om geleenthede te skep vir kinders wat nie self kan nie.
"Daarmee saam behoort jy jouself, jou tyd en energie so lank as wat jy kan, op te offer, verduidelik hy. “Binne onderwys moet jy altyd onthou dat die beste wat jy vir jou eie kind wil hê, moet jy vir ander mense se kinders ook wil hê,” voeg hy by. De Kock sê hy het goeie tye in die onderwys beleef. Daar was ook slegte tye, bieg hy, maar dit word oorskadu deur die goeie. “Dit is seker waar die Here my wou gebruik om vir ander mense en hul kinders te kan help en om vir Michael 'Doh' de Kock kinders te kan gee wat hulle soms nie by hul huise kan kry nie of wat hul ouers somtyds nie kon bekostig nie.” De Kock is 10 jaar gelede as skoolhoof van St. Thomas Primêr aangestel. “Daar was moeilike tye aan die begin, maar ons het deur dit gekom.” Een van die vele hoogtepunt was die skoolkoor wat die finale rondte van die Wes-Kaap skolekoorkompetisie gehaal het. In sy tydperk as hoof, het St Thomas Primêr 'n splinternuwe skoolgebou gekry. “Dit is die mooiste skool in hierdie hele omgewing,” spog hy. St. Thomas het ook sowat twee jaar gelede aansoek by die nasionale lotery vir ‘n swembad gedoen. Die projek is onlangs goedgekeur, vertel hy. Dié dinge binne die onderwys kan
jy volgens De Kock nie alleen doen nie. “Jy is net so sterk soos die mense om jou.” Sy grootse prestasie is om ‘n kind tot volwassenheid te bring en sy drome te help realiseer. "Dit gaan nie vir my oor hoe goed ek is nie, maar oor die genot en plesier wat ander mense daaruit kan put. Ek is ‘n bysaak. Jy as leier moet net die skip stuur.” Volgens De Kock het hy 'n plek in sy lewe bereik waar hy besef het dat hy nou moet aanbeweeg. “Jy gee jou beste, stap ekstra myle, soms sonder veel waardering, maar dit is die moeite werd as dit die kinders en die skoolgemeenskap gelukkig maak. "Dit is nie lekker om ‘n hartseer kind by jou skool te sien nie. Daar is soms ‘n prys om te betaal, maar as jy kon sal jy weer dieselfde doen as dit ‘n verskil kan maak in die lewens van ander mense.” Hy glo die skool behoort aan die gemeenskap en moet tot beskikking van die gemeenskap gestel word. “Geld is nie alles nie. Die gemeenskap wat ons bedien het somtyds nie veel nie en ek dink dit is deel van ons plig as skool om die gemeenskap te kan ondersteun. Dit is nou maar ek.” In al die jare het hy die "Skepper se seëninge in die skool ervaar, asook Sy genade en Sy liefde wat ryklik was oor hom, die onderwysers en die gemeenskappe". “Ons moet nooit vergeet van waar ons kom nie. As jy besef van waar jy kom, vorm dit jou denke oor hoe jy teenoor ander mense moet optree en dien.” Hy sluit af met ‘n aanhaling van Dr. Martin Luther King: “The most persistant question is; What are you doing for other.”
NUUS • NEWS