410 die courant bergrivier

Page 7

NUUS • NEWS

7

8 Maart 2017

Promosie

Die span van Pienaar Elektries vier vanjaar hul 40ste bestaansjaar. Hier is Paul Pienaar, Marné Pienaar, Gerhardt Mostert, Johan van Wyk, Pieter Pienaar, Calina Pienaar, Mark du Toit. Middel: Ricardo Abrahams, Jean Karrools, Izaak Maneville, Le-Wade Februarie, Pieter Solomons. Voor: Abigail Maarman, Wendell Sias, Chrizaan Koordom, Maruwaan Adams. Veertig jaar gelede (1977) het Pieter Pienaar (Kat) en sy vrou, Calina, Pienaar Elektries op Darling begin onder aansporing van ‘n vriend, wyle Pietie Kirsten (Kraai). Die Pienaars dink met dankbaarheid terug aan hoe die besigheid vanuit die huis bedryf is, asook aan die tye wat Pieter soms ver weg moes gaan werk vir die gesin om ‘n bestaan te kan voer. Die besigheid het egter stadig maar seker begin groei. Pieter het vroeg in die 90’s ‘n verkoelingskursus gedoen om sodoende ‘n beter diens aan die talle melkboere in die omgewing te kan lewer. Hulle seun, Paul, het in 2001 by die besigheid aangesluit en waarde tot Pienaar Elektries toegevoeg. Hy het bo en behalwe sy elektriese- en verkoelingskundigheid ook as ‘n LP Gas-installeerder gekwalifiseer. Paul se vrou, Marné, het na hulle troue in 2007 by die elektriese onderneming betrokke geraak. Drie generasies van Pienaar bymekaar: Paul Pienaar, Deesdae, met krag- en water- Pieter Pienaar en Pieter-Paul Pienaar. besparing as ‘n groot prioriteit, en seën. spesialiseer hulle ook in sonkragopPienaar Elektries is ook verskaffers elektriese wekking, waterpompe en mis-hantering. Die besigheid het so gegroei dat hulle in 2015 benodighede en gereedskap, waterpompe, hul nuwe perseel en gebou in Caledonstraat 13 tenke en toebehore, asook sonpanele en warmwatersilinders. op Darling, kon betrek. Besoek gerus die winkel by Caledonstraat op Die sukses van die besigheid, sê Pieter, kom Darling, weeksdae vanaf 07:00-17:00 om jou te van harde werk en genade van Bo. Hulle bedank graag al hul kliënte vir getroue verlustig in hul verskeidenheid en te deel in hul ondersteuning, verskaffers vir goeie verhoudings sukses. Vir meer inligting kontak Paul by 082 080 en samewerking, die personeel vir hul lojaliteit en harde werk en die Hemelse Vader vir genade 8002 of Pieter by 082 565 0996.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.