410 die courant bergrivier

Page 1

c urant

dié

NUUS • NEWS Bergrivier

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

8 Maart 2017

30.9%

Bou saam met goeie nuus

Uitgawe 410

8 Maart 2017

Groen vingers woel in grond Kranige tuiniers vanuit die Piketberg-omgewing het aan die Piket-bo-berg Tuinkompetisie deelgeneem. In die groentetuin-afdeling het Alexio Jonasi van Moutonsvallei koning gekraai, terwyl Mariana Kasper van Tamarak as die blomtuin-afdeling se wenner aangewys is.

•BERGRIVIER FINANSIER DERDE FLOW-PROGRAM

Fokus val op voedsel Die Bergrivier Munisipaliteit het danksy die sukses wat die vorige twee projekte van die FLOW-program behaal het, besluit om ’n derde program te finansier. In die vorige programme het die fokus geval op hoe die geld, -water- en elektrisiteitstelses werk, geval. Die stelsels vorm deel van die inwoners se basiese lewensondersteuningsstelsels. Vir die volgende program, sal die klem op voedselstelsels val. Die FLOW-program (Foster LOcal Well-being) fokus op sake aangaande die huidige stand van Suid-Afrikaanse jeug, werkloosheid en tekort aan vaardighede, sowel as sosiale - en omgewingsuitdagings (insluitende klimaatsverandering, hulpbronuitputting, ongelykheid en armoede). Hierdie is `n geleentheid vir jongmense om te leer hoe om `n verskil in hul gemeenskap te maak en nuttige ondervinding op te doen om só hulle CV te kan verbeter. Dit bied ook ‘n goeie geleentheid vir matrikulante wat nog nie seker oor hul toekoms is nie, om hulle voete te vind en ingeligte besluite oor hul toekoms te maak.

Zana stel eerste CD bekend

Die “FLOW-program” word deur FLOW Weskus aangebied en gefinansier deur Bergrivier Munisipaliteit. Die FLOW-ambassadeursopleidingskursus vorm ‘n belangrike deel van die FLOW-program wat daarop gemik is om kapasiteit onder jeugdiges te bou en aktiewe burgers te ontwikkel . Die kursus sluit onder meer in: Video opleiding - hoe om kort videos op selfone te maak, te redigeer en op te laai op die internet; kapasiteitsbou rondom die lewensondersteuningsstelsels soos water, energie, kos en afval; vaardigheidsontwikkeling rondom die insameling van elektroniese data op selfone, rekenaars te gebruik om informasie te karteer en aan te bied; die gebruik van die internet vir navorsing en die gebruik van verskillende nuwe selfoon toepassings (apps). Die kursus sluit verder die ontwikkeling van persoonlikheidsvaardighede soos onder andere leierskap, selfvertroue en publieke voordrag, asook die bewusmaking van hoe plaaslike regering werk en hoe om deel te neem in besluite rondom plaaslike ontwikkeling. Die kursus vind vanaf 20 Maart oor drie

Porterville verwelkom nuwe arts

maande op Piketberg plaas en sal duur tot 23 Junie. Die program is `n voltydse verbintenis vir dié tydperk en die FLOW-ambassadeurs sal ‘n toelaag van R100 per dag ontvang. Suksesvolle kandidate wie nie op Piketberg woonagtig is nie, sal ‘n bykomende vervoertoelaag van R30 ontvang. Belangstellende kandidate moet tussen die ouderdom van 17 tot 30 wees; `n Graad 12-sertifikaart besit; rekenaarvaardig wees; belangstel om meer oor jouself en jou omgewing te leer en bereid wees om aan self-uitdrukkingsaktiwiteite in die vorm van fotografie, video's, en bloginskrywings deel te neem. Belangstellendes moet 'n CV, saam met 'n motiveringsbrief, aan die organiseerders stuur om oorweeg te word. Sluit alle kontakbesonderhede in. Motiverings en CV’s moet teen 13 Maart gestuur word aan ian@flowafrica.org en kandidate wat die kortlys behaal, sal op 14 Maart gekontak word. ‘n Iligting-sessie sal môre om 14:00 by die Flow-kantoor (ou ambulansstasie) op Piketberg aangebied word.

Rugby: Wat hou die seisoen in?

17


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
410 die courant bergrivier by DieCourant - Issuu