Skip to main content

410 die courant bergrivier

Page 1

c urant

dié

NUUS • NEWS Bergrivier

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

8 Maart 2017

30.9%

Bou saam met goeie nuus

Uitgawe 410

8 Maart 2017

Groen vingers woel in grond Kranige tuiniers vanuit die Piketberg-omgewing het aan die Piket-bo-berg Tuinkompetisie deelgeneem. In die groentetuin-afdeling het Alexio Jonasi van Moutonsvallei koning gekraai, terwyl Mariana Kasper van Tamarak as die blomtuin-afdeling se wenner aangewys is.

•BERGRIVIER FINANSIER DERDE FLOW-PROGRAM

Fokus val op voedsel Die Bergrivier Munisipaliteit het danksy die sukses wat die vorige twee projekte van die FLOW-program behaal het, besluit om ’n derde program te finansier. In die vorige programme het die fokus geval op hoe die geld, -water- en elektrisiteitstelses werk, geval. Die stelsels vorm deel van die inwoners se basiese lewensondersteuningsstelsels. Vir die volgende program, sal die klem op voedselstelsels val. Die FLOW-program (Foster LOcal Well-being) fokus op sake aangaande die huidige stand van Suid-Afrikaanse jeug, werkloosheid en tekort aan vaardighede, sowel as sosiale - en omgewingsuitdagings (insluitende klimaatsverandering, hulpbronuitputting, ongelykheid en armoede). Hierdie is `n geleentheid vir jongmense om te leer hoe om `n verskil in hul gemeenskap te maak en nuttige ondervinding op te doen om só hulle CV te kan verbeter. Dit bied ook ‘n goeie geleentheid vir matrikulante wat nog nie seker oor hul toekoms is nie, om hulle voete te vind en ingeligte besluite oor hul toekoms te maak.

Zana stel eerste CD bekend

Die “FLOW-program” word deur FLOW Weskus aangebied en gefinansier deur Bergrivier Munisipaliteit. Die FLOW-ambassadeursopleidingskursus vorm ‘n belangrike deel van die FLOW-program wat daarop gemik is om kapasiteit onder jeugdiges te bou en aktiewe burgers te ontwikkel . Die kursus sluit onder meer in: Video opleiding - hoe om kort videos op selfone te maak, te redigeer en op te laai op die internet; kapasiteitsbou rondom die lewensondersteuningsstelsels soos water, energie, kos en afval; vaardigheidsontwikkeling rondom die insameling van elektroniese data op selfone, rekenaars te gebruik om informasie te karteer en aan te bied; die gebruik van die internet vir navorsing en die gebruik van verskillende nuwe selfoon toepassings (apps). Die kursus sluit verder die ontwikkeling van persoonlikheidsvaardighede soos onder andere leierskap, selfvertroue en publieke voordrag, asook die bewusmaking van hoe plaaslike regering werk en hoe om deel te neem in besluite rondom plaaslike ontwikkeling. Die kursus vind vanaf 20 Maart oor drie

Porterville verwelkom nuwe arts

maande op Piketberg plaas en sal duur tot 23 Junie. Die program is `n voltydse verbintenis vir dié tydperk en die FLOW-ambassadeurs sal ‘n toelaag van R100 per dag ontvang. Suksesvolle kandidate wie nie op Piketberg woonagtig is nie, sal ‘n bykomende vervoertoelaag van R30 ontvang. Belangstellende kandidate moet tussen die ouderdom van 17 tot 30 wees; `n Graad 12-sertifikaart besit; rekenaarvaardig wees; belangstel om meer oor jouself en jou omgewing te leer en bereid wees om aan self-uitdrukkingsaktiwiteite in die vorm van fotografie, video's, en bloginskrywings deel te neem. Belangstellendes moet 'n CV, saam met 'n motiveringsbrief, aan die organiseerders stuur om oorweeg te word. Sluit alle kontakbesonderhede in. Motiverings en CV’s moet teen 13 Maart gestuur word aan ian@flowafrica.org en kandidate wat die kortlys behaal, sal op 14 Maart gekontak word. ‘n Iligting-sessie sal môre om 14:00 by die Flow-kantoor (ou ambulansstasie) op Piketberg aangebied word.

Rugby: Wat hou die seisoen in?

17


2

NUUS • NEWS

8 Maart 2017

600 huise gebruik te veel water - burgemeester

Daar is sowat 600 huishoudings in die Swartland wat meer as die voorgeskrewe waterverbruik van 50 kiloliter per maand oorskry. Só vertel Tijmen van Essen, uitvoerende burgemeester van die Swartland Munisipaliteit in ‘n onlangse portefeuljekomiteevergadering. Dié huishoudings gaan binnekort ‘n besoek van die SM ontvang waartydens hulle met die eienaars gaan gesels oor hulle waterverbruik. ‘n Aqualoc watermeter wat die daaglikse watergebruik reguleer, sal egter geïnstalleer word indien oortreders steeds nie gehoor gee aan die voorgeskrewe maatreëls nie.. “As hulle nie self hul waterverbruik kan be-

perk nie, sal ons dit namens hulle doen,” voeg hy by. Die boete per oortreding, is tans R300. Die plaaslike landdros het 'n verhoogde boete van R500 goedgekeur wat van 1 April geldig sal wees. Stad Kaapstad het ook onlangs die top 100 strate en buurte van inwoners bekend gemaak wat meer as die 50 kiloliter per maand se waterverbruik oorskry soos vereis word deur die huidige vlak-3 waterbeperkingsmaatreëls. Die Voëlvleidam was op 6 Maart 30. 9% vol. Die dam was in 2016 dieselfde tyd maar 22. 2% vol. Die totale inhoud van die groot damme binne die Wes-Kaapse waterstelsel, is tans sowat 31.5% vol.

Bouplanne van R116m wys Swartland groei Die areas wat die meeste groei volgens goedgekeurde bouplanne en geskatte waardes in die Swartland toon, is onlangs tydens ‘n Portefeuljekomiteevergadering deur die Swartland Munisipaliteit (SM) bekendgemaak. Volgens Johan Steenkamp, direkteur van ontwikkelingsdienste, is daar op Malmesbury, altesaam 203 bouplanne goedgekeur. Die geskatte waarde hiervan, kom neer op sowat R116 miljoen. Die tweede meeste getal bouplanne is 96 wat van Yzerfontein goedgekeur is. Die bouplanne hou ‘n geskatte waarde van sowat R79 miljoen in. Darling is in die derde plek met 60 goedgekeurde bouplanne en ‘n waarde van sowat R26 miljoen. Op Moorreesburg is 54 bouplanne goedgekeur met ‘n geskatte waarde van sowat

100-tal vir kaptein Serdyn Andru Serdyn, kaptein van die Hoërskool Swartland op Malmesbury se eerste krieketspan, asook kaptein van die Wes-Boland-krieketspan, het 108 lopies aangeteken in 'n onlangse wedstryd teen Vredenburg Hub. Wes-Boland het die wedstryd met 136 lopies gewen.

R17 miljoen. Yzerfontein se gemiddelde waarde van bouplanne, kom neer op sowat R800 000, terwyl dit op Malmesbury nagenoeg R500 000 is. Riebeek-Wes se syfers toon 13 goedgekeurde bouplanne met ‘n waarde van sowat R 8 miljoen, terwyl Riebeek-Kasteel 26 bouplanne met ‘n waarde van sowat R 13 miljoen opgelewer het. Dít is twee keer soveel bouplanne as wat op Riebeek-Wes goedgekeur is met meer as dubbel die waarde. Die inligting is tussen Junie 2016 en Januarie 2017 versamel. Bouplanne word tussen 15 en 17 werksdae deur die SM goedgekeur. Volgens plaaslike bouers, is dit nie so eenvoudig om 'n gemiddelde koste per vierkante meter te gee nie. Kostes kan van een huis na die ander verskil. Asook van die omgewing waar die huis gebou moet word en van die kliënt se behoeftes.

Blog:

Twee blogskrywers het die pad na die Swartland gevat op hul soektog na die beste besoekpunte in die land. Bevan en Jill Langley, wat hul besoeke op hul webwerf www.strayalongtheway.com beskryf, het Donderdag by die Swartland Wynkelder besoek afgelê en die wyne van die streek wat by dié kelder geproduseer word, geproe. By hulle is bemarkingbestuurder Sean Nieuwoudt.

Wees altyd aan die voorpunt van die goeie nuus met ons sosiale media. Volg ons Facebook-blad by @diecourant. Kontak ons by 022 487 3221 of stuur 'n epos na izelle@diecourant. co.za. Besoek ook ons webwerf by www.diecourant.co.za.


NUUS • NEWS

3

8 Maart 2017

•13 GOUE MEDALJES IN 'N MAAND

Kailin (10) soos 'n vis in die water Die 10-jarige Kailin Kotze van die Laerskool Swartland op Malmesbury, laat rekords spat en palm een goue medalje na die ander met sy talente in. Kailin het in Februarie alleen ‘n totaal van 13 goud en twee silwermedaljes by verskeie swemgala’s en tweekampbyeenkomste ingeryg. Hy is sy ouers se superster, spog sy ma, Marrie-Louise. Hy swem al sedert die ouderdom van drie, hoewel hy eers in 2015 by Swartland Swemskool aangesluit het, waar Olinka en Jessica Steyn hom afrig. Sy pa, Christo, het hom voor die tyd afgerig. Kailin het vier goue medaljes op 8 Februarie by die Malmesbury Superspar Uitnodigingsgala gewen. ‘n Verdere vier goue medaljes is op 23 Februarie by die Vredenburg-gala losgeswem, waarvan vier nuwe rekordtye is. Hy het ook ‘n silwermedalje in die ope individuele wisselslag gewen. Hy is op 25 Februarie as die o.11 Boland se tweekamp-kampioen by die Boland tweekampkampioenskappe gekroon toe hy goud gewen het. Kailin sal op 8 April sy titel by die SA-kampioenskappe by Dal Josafat in die Paarl verdedig. ‘n Verdere vier goue medaljes, waarvan drie rekordtye is, asook een silwer, is op 28 Februarie gewen. Kailen swem reeds vanaf 10-jarige ouderdom op ‘n Senior Level 2-vlak. Hy sal vanaf 22 tot 26 Maart by die SA Vlakke-byeenkoms op Newton Park in Port Elizabeth meeding. Slegs vier atlete van die Boland, wat almal ook lede van die Swartland Swemskool is, het gekwalifiseer om aan dié geleentheid te kan deelneem. Saam met Kotze, is Toné Malherbe (Malmesbury), Jani van der Merwe (Porterville) en Toan

Rocco de Villiers kuier in Vallei Die pianis Rocco de Villiers is Saterdag

Nortje (Porterville) as die gelukkige vier gekies. Kleinboet Arden, wat ook aan tweekampbyeenkomste deelneem, volg in sy boeta se spore. Hy is slegs ses jaar oud, maar neem reeds op o.8-vlak deel, soos vereis word. Hy het vyfde by die interprovinsiale-kompetisie op Oudtshoorn geëindig en ‘n vierde plek by die Boland-kampioenskappe ingepalm. Hy het op Vredenburg aan sy eerste amptelike gala deelgeneem en vir vryslag ‘n bronsmedalje vir seuns o.8 losgeswem. Areden het Saterdagoggend ‘n assesering vir juniors op Malmesbury bygewoon waar hy die WP-beamptes behoorlik beïndruk het, vertel sy ma. Hy het met ere-kleure geslaag, wat beteken dat hy ook nou aan die junior-liga kan deelneem.

te sien agter die klavier by Die Bruid, Die Pixie en die Vaalhond-teater op Riebeek-Kasteel. De Villiers het reeds 13 instrumentele cd's uitgereik, twee drankie-boeke, 'n DVD en het ook 35 instrumentele verhoogproduksies geskryf en gerediseur. Sy nuutste werk is beskikbaar op sy cd, Beautiful Beautiful Hymns. Sy vorige drie cd'S het of goud of platinum-status bereik. Sy 14de album sien eersdaags die lig. Besprekings vir Saterdag se vertoning kan gedoen word by Erik by 082 853 4377of Melindi by 083 475 9395.

Reik uit:

Die “Helpende Hande” van die NG Kerk Swartland-Noord het besluit om Goue Aar Tehuis vir bejaardes, vanjaar een van hulle projekte te maak. Daar is die afgelope Saterdag vir die eerste agt inwoners vanuit die 65 wat vanjaar verjaar, ‘n partytjie gehou. Hulle is behoorlik bederf met koek, melktert, geskenke en goeie geselskap. Gemeentelede en inwoners van Malmesbury wat betrokke by die projek is, bedank vir Clicks Malmesbury wat die geskenke geborg het. Elke inwoner sal danksy die projek op hul verjaarsdag ‘n geskenk en ‘n koek van die persoon wat hom of haar borg, ontvang. “Ons is opgewonde oor die projek dat ons as gemeentelede en inwoners van die dorp ‘n verskil in die lewens van bejaarde mense wat alles so waardeer het, kan maak,” voeg Beryl Els by. Swartland Noord/Helpende Hande gaan ook verder deur klere te skenk aan die inwoners waar daar ‘m behoefte is. Van links staan Gielie du Toit, Beryl Els, Gwyneth McGregor en Genie Breytenbach. Foto: David Howburg

R59

2017/18 PROVINSIALE BEGROTING Ons bestee geld waar dit op die doeltreffendste en volhoubaarste wyse aangewend kan word. Ons lewer openbare waarde deur geld op ’n volhoubare manier te bestee en waar dit die meeste impak sal hê.

miljard begroting waarvan R8.5 miljard aan infrastruktuur-geleide groei en werkskepping bestee gaan word.

www.westerncape.gov.za www.facebook.com/WesternCapeGovernment @WesternCapeGov

R591.570 miljoen vir Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning

R427.345 miljoen

vir Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme

R20.630 miljard vir Onderwys

R7.427 miljard

R2.107 miljard

vir Maatskaplike Ontwikkeling

R795.179 miljoen vir Landbou

R2.536 miljard

vir Menslike Nedersettings

R249.206 miljoen vir Plaaslike Regering

vir Vervoer en Openbare Werke

R725.049 miljoen

R21.680 miljard

R302.056 miljoen

vir Gesondheid

vir Kultuursake en Sport

vir Gemeenskapsveiligheid

Beter Begroting, Beter Toekoms, BETER TESAME.


courant

dié

4

8 Maart 2017

Hou aan hoop

As 'n mens die dag nog kan hoop, dan kan jy jou kop hooghou en die stryd stry. Hoop is daardie flentertjie lig aan die einde van die tonnel. Dis daardie "iets" wat jou die krag gee om môre weer op te staan en die dag aan te pak. Met die naweek se Relay for Life wat op Malmesbury gehou is, het oorwinnaars en sommige kankerlyers in sirkels om die veld gestap. Sirkels, dieselfde as die sirkels van die lewe. Met 'n begin en 'n einde, maar tussen-in is daar tog hoop en blydskap en vreugde. Daar is plekke op die roete wat alleen is, waar dit stiller is en die gesuis deur die bome se blare jou gedagtes vul en jy nie kan help om te dink nie. Dit is donker tye, want jou kop kan jou allerhande dinge wysmaak. Kyk jy vorentoe, sien jy die kleurvolle ballonne wat wink by die eindpunt - daardie flentertjie lig aan die einde van die pad wat jou weer krag om nog 'n rondte te voltooi. Dit spoor jou aan om verder te stap. Om deur te druk. Om jou kop op te tel en hoog te hou. Hoop sal daar altyd wees. Jy moet net aanhou hoop, want as jy nie doen nie, is jy 'n armer mens. Die son sal môre weer skyn, dan lyk dit wat in die donker ure so verdoemend voorgekom het, anders en kyk jy met 'n nuwe insig en ingesteldheid daarna. Hou aan met hoop, jy kan nie verloor as jy daaraan vasklou nie.

Dis Goeie Nuus

NUUS • NEWS

dr. Andrew Bosman

'n Vrolike hart bevorder die genesing

Salomo het oor baie onderwerpe geskrywe, oor sake wat hy waargeneem het. Ook oor gesondheid en siekte het hy geskrywe. In Spreuke sewentien vers twee en twintig skryf hy dat ‘n vrolike hart bevorder die genesing. Die sieke is positief en wil graag lewe, en het ‘n ligte gemoed. Diep binne die persoon is die pasiënt vrolik en opgewek. Sekere belangrike hormone om genesing te bevorder word afgeskei as die persoon kans sien om ten spyte van die situasie opgewek te bly. Die teendeel sê Salomo is ook waar, ‘n verslae gees, laat die gebeente uitdroog. ‘n Gewonde hart, of ‘n situasie waar die persoon nie voor kans sien nie, laat die liggaam uitdroog of sieker word, ander hormoon kombinasies word afgeskei wat die genesing teëwerk. Die liggaam bestaan uit verskillende dele, en kan op fisieke vlak, verstandelik, of emosioneel onder druk kom. Die ander komponent is die geestelike. Salomo skrywe dat meeste van die sake waaroor ons ons bekommer is ‘n gejaag na wind, wat belangrik is, is om God te vrees en Sy gebooie te hou.

Coenie en Hemelbesem by Taalmonument in Paarl

Afrikaanse kunstenaars vir hulle splinternuwe vertoning – Oor een stem – by ‘n piekniekkonsert by die Afrikaanse Taalmonument in die Paarl op Saterdag 18 Maart 2017. Coenie en Hemelbesem het egter al aan verskeie projekte saamgewerk en het groot respek vir mekaar se talent en kuns. “Oor een stem” belowe om die gehoor op ‘n reis te neem deur hulle (nie so verskillende) lewens, liefdes en passies. Coenie het onlangs sy twintigste album, “Emoji”, uitgegee. HemelBesem is bekend vir sy gewilde teaterproduksie “Die Afrikaansvatter” en bring binnekort sy eerste boek, “God praat Afrikaans”, uit. Die rymkletser YOMA, oorspronklik van George, sal by hulle op die verhoog aansluit. Die vertoning begin om 19:30 in die Tuinteater op die grasperk reg aan die voet van die monument. Die hekke open reeds om 17:00. Besoekers is welkom om hul eie drankies en piekniekmandjie saam te bring of een (teen R250 vir twee persone of R350 met ’n mandjie ingesluit) by Volksmond Koffiewinkel te bestel (tel. 021 863 2800). Volksmond sal oop wees vir koffie, ligte verversings, wyn en bier.

Kaartjies is vooraf te koop by Computicket en by die Taalmonument, asook by die hek, teen R100 vir volwassenes en R50 vir studente en kinders. Stoele word slegs met vooraftoestemming toegelaat en rook slegs in rookareas (nie op die grasperk nie). Bring ’n kombers of kussing en warm klere saam. Veilige parkering is beskikbaar. Dié konsert vorm deel van die Tuinteater Piekniekkonsertreeks ten bate van die Afrikaanse Taalmuseum en -monument se Laat ons Lees!-projek vir kinders. Die laaste konsert in die reeks is Die Heuwels Fantasties op 31 Maart 2017. Vir verdere inligting, skakel 021 863 0543/4809 of besoek www.taalmonument.co.za en www.facebook.com/afrikaansetaalmonument. WEN: dié courant het vyf dubbelkaartjies om aan vyf gelukkige lesers weg te gee. Om in aanmerking te kom hiervoor, sms die slagwoord COENIE, jou naam en van, tuisdorp en die antwoord op die onderstaande vraag na 084 8333 813 voor Vrydag om 15:00. Vraag: Noem enige van die twee kunstenaars wat volgende Saterdag by die Afrikaanse Taalmonument optree.

Trap by Darling:

Die Darling Cellars het Saterdag hul jaarlikse trapdag gehou. Die besoekers het saamgetrap dat die sop so spat en heerlik saamgekuier. Foto: NK Photography

Dirkie Uys: Hierdie atlete van Hoërskool Dirkie Uys is in die Wes-Bolandspan wat aan die Boland byeenkoms deelgeneem het. Voor is Darren Arendse (o.17 100m, 200m), Hannes Mostert o.15 HG, Ashwell van der Merwe o.15 GS en Bradley Danster o.15 100mH. Tweede ry: Sydney Crow o.17 100mH, Wilene Venter o.19 GS en DG, Nienke Senekal o.19 HG en DG, Francis van Heerden o.17 VS, Charlton Andrew o.17 100m en 200m. Derde ry: Michelle van Schalkwyk o.14 VS, Danika Odendaal o.17 HG, Jaycee Hoogbaard o.17 100mH, Jacqlyn Jones o.14 GS, Tasneke Rosenburg (o.14 100m, 200m), Dillon Arendse o.17 110mH. Agter: Justin Otto o.19 400m, Francois Malan (o.14 HG, GS), Tracey Swarts o.15 SG, Ryan Prinsloo o.15 HG. Afwesig: Mikiala Kaboni (o.15 800m, 400m) en Gino Markus (o.14 200m, VS).


NUUS • NEWS

8 Maart 2017

5


6

8 Maart 2017

Promosie

NUUS • NEWS

(Pienaar) Elektriese Katte: 40 jaar van gehalte diens

Swemmers: Dié swemmers van die Hoërskool Dirkie Uys op Moorreesburg het by

die skool se onlangse swemgala presteer. Hier is Annoushka Truter (junior victrix ludorum), Marike Bester (senior victrix ludorum), Nicol Hanekom (senior victor ludorum) en Déan van Dyk (junior victor ludorum).

Laurie Hugo:

Die atlete van Laurie Hugo Primêr op Moorreesburg het by die onlangse Boland-kampioenskappe geskitter. Duwayne Damon het in die seuns o.12-verspring die beste sprong van 5.14m aangeteken. Die Boland-rekord is 5.18m. Chrystal Maarman het in die meisies o.11 1200m ‘n tweede plek behaal. Die o.10 meisie-aflosspan het ‘n derde plek behaal. Die aflosspan is Linetke Kroy, Lonith Maarman, Chresne Adonis en Charlen Rosenburg. Foto: Ghida Visser

Die wenspan van Pienaar Elektries is agter Gerhardt Mostert, Johan van Wyk, Ricardo Abrahams, Pieter Pienaar, Calina Pienaar, Mark du Toit, Paul Pienaar. Middel: Abigail Maarman, Chrizaan Koordom, Jeano Karrools, Izaak Maneville, Le-Wade Februarie, Pieter Solomons, Marné Pienaar. Voor: Wendell Sias, Maruwaan Adams.


NUUS • NEWS

7

8 Maart 2017

Promosie

Die span van Pienaar Elektries vier vanjaar hul 40ste bestaansjaar. Hier is Paul Pienaar, Marné Pienaar, Gerhardt Mostert, Johan van Wyk, Pieter Pienaar, Calina Pienaar, Mark du Toit. Middel: Ricardo Abrahams, Jean Karrools, Izaak Maneville, Le-Wade Februarie, Pieter Solomons. Voor: Abigail Maarman, Wendell Sias, Chrizaan Koordom, Maruwaan Adams. Veertig jaar gelede (1977) het Pieter Pienaar (Kat) en sy vrou, Calina, Pienaar Elektries op Darling begin onder aansporing van ‘n vriend, wyle Pietie Kirsten (Kraai). Die Pienaars dink met dankbaarheid terug aan hoe die besigheid vanuit die huis bedryf is, asook aan die tye wat Pieter soms ver weg moes gaan werk vir die gesin om ‘n bestaan te kan voer. Die besigheid het egter stadig maar seker begin groei. Pieter het vroeg in die 90’s ‘n verkoelingskursus gedoen om sodoende ‘n beter diens aan die talle melkboere in die omgewing te kan lewer. Hulle seun, Paul, het in 2001 by die besigheid aangesluit en waarde tot Pienaar Elektries toegevoeg. Hy het bo en behalwe sy elektriese- en verkoelingskundigheid ook as ‘n LP Gas-installeerder gekwalifiseer. Paul se vrou, Marné, het na hulle troue in 2007 by die elektriese onderneming betrokke geraak. Drie generasies van Pienaar bymekaar: Paul Pienaar, Deesdae, met krag- en water- Pieter Pienaar en Pieter-Paul Pienaar. besparing as ‘n groot prioriteit, en seën. spesialiseer hulle ook in sonkragopPienaar Elektries is ook verskaffers elektriese wekking, waterpompe en mis-hantering. Die besigheid het so gegroei dat hulle in 2015 benodighede en gereedskap, waterpompe, hul nuwe perseel en gebou in Caledonstraat 13 tenke en toebehore, asook sonpanele en warmwatersilinders. op Darling, kon betrek. Besoek gerus die winkel by Caledonstraat op Die sukses van die besigheid, sê Pieter, kom Darling, weeksdae vanaf 07:00-17:00 om jou te van harde werk en genade van Bo. Hulle bedank graag al hul kliënte vir getroue verlustig in hul verskeidenheid en te deel in hul ondersteuning, verskaffers vir goeie verhoudings sukses. Vir meer inligting kontak Paul by 082 080 en samewerking, die personeel vir hul lojaliteit en harde werk en die Hemelse Vader vir genade 8002 of Pieter by 082 565 0996.


18 9

NUUS • NEWS

8 Maart 2017

Dr. Noeth groet Porterville-praktyk

Dr. Botha nuwe

Bo: Dr Hendrik Botha het Woensdag amptelik die praktyk van Dr. Hannes Noeth op Porterville oorgeneem.

EK KEN ‘N MAN (21 November 2014) Ek ken ‘n man, ‘n baie, baie goeie man. ‘n Man met ‘n besonderse van. Iemand van aansien en ‘n belangrike figuur, Klein en tenger van postuur. ‘n Man soos hy sal jy ver moet gaan soek, Iemand wat nie leuens opeet vir soetkoek. ‘n Steunpilaar in ons dorp, Maar het nie hier groot geword. ‘n Man met ‘n kennis wat ver strek, Ondervinding wat ander hul tande voor sal trek. Die dag wat hy moet weg gaan, Sal ons ou dorpie ophou bestaan. ‘n Man met ‘n hart van goud, Al is hy in jare al baie oud. Nooit hou hy op om te werk, Staan hy elke dag nog baie sterk. ‘n Man, ‘n pa en baas soos hy Sê ek jou nou sal jy nie weer kry. Sy naam is Hannes, En vir ‘n man soos hy, doen ek sommer alles.” Digter: Wilna Crafford, Praktyk-administrateur

Die inwoners van Porterville moes verlede week afskeid neem van hul jarelange huisdokter, Dr. Hannes Noeth wat besluit het om af te tree. Tog sien hulle uit na ‘n nuwe dokter, wat amptelik die praktyk op 1 Maart oorgeneem het. Dr. Hendrik Botha, ‘n algemene praktisyn wat boonop ‘n kranige sportman op die water is, is in Port Elizabeth gebore. Hy het saam met sy gesin op die ouderdom van sewe na die noordelike voorstede van Kaapstad getrek, waar hy die res van sy kinderjare deurgebring het. Hy het as kind al die vak, biologie geniet. Aanlegtoetste het hom ook in die mediese rigting ingestuur. Botha het kort ná hy by Universiteit Stellenbosch se mediese kampus op Tygerberg aangesluit het, geweet hy het die regte loopbaankeuse gemaak. In sy vierde jaar het hy ook geweet dat hy ‘n algemene praktisyn (GP) wil word. “Die verskeidenheid hou die werk opwindend en ek dink daar is ‘n tekort aan goeie GP’s in die gemeenskappe,” verduidelik hy. Nádat hy sy graad verwerf het, het hy sy twee huisdoktersjare by die George Provinsiale Hospitaal afgelê. Hy vind homself daarna op Piketberg vir sy Zuma-jaar, met sy oog op meer algemene praktysyn georiënteerde werk. Aan die begin van die maand, het Dr. Botha die mediese praktyk van Dr. Noeth op Porterville, amptelik oorgeneem. Hy is egter al sedert die begin van die jaar by die praktyk werksaam, wat nou as Dr. HD.Botha Praktyk bekend staan. Volgens hom geniet hy sy werk as algemene praktisyn, geweldig baie. “Die oorskakeling vanaf die staatsektor is ‘n reuse verbetering. "Die ekstra tyd met pasiënte en die verhoudings wat ons bou, is baie lekker,” vertel hy. Hoewel nóg ongetroud, het die huisdokter reeds die liefde van sy lewe gedurende Febru-


NUUS • NEWS

geneesheer arie 2016 deur ‘n selgroep ontmoet. Sy is ‘n grondslagfase onderwyseres by Steinville Primêr op Piketberg. Dr. Botha vertel graag van sy stokperdjies wanneer hy nie na sy pasiënte moet omsien nie. "Ek doen vir die afgelope drie jaar K1-kayakroei.” Dié sport beoefen hy sowat vier oggende per week op die Bergrivier. Sy liefde vir roei het in George begin waar hy deel was van die Outiniqua-roeiklub. Winter of somer, son of reën. Hy roei, vertel hy. Vandag is hy ‘n sosiale lid van die Weskus Kanoklub wat op Velddrif geleë is. Dr. Botha het boonop verlede jaar aan ses rivier kano-resies deelgeneem, waarvan een die Drakenstein Pink Lady Maraton een was. “Dit was ‘n goeie jaar, voeg hy by. Gaan klop gerus aan om jou nuwe huisdokter te gaan ontmoet.

199

8 Maart 2017

Dagboek Calender

Alcoholics Anonymous Every Wednesday 20:00 at the Malmesbury Methodist Church, St Thomas Road. Contact: Billy at 0731476758 or Kallie 0799665956 Langs die Bos Mark Langs die Bos mark elke Saterdag vanaf 09:00 tot 13:00. Vir verdere navrae kontak Marelize by 072 052 6280 Malmesbury Gemeenskapsonderwys Sentrum bied die volgende aan: Vlak 1: Vir mense wat graag wil leer en skryf. Vlak 2: Gelykstaande aan Graad 5. Vlak 3: Gelykstaande aan Graad 7. Vlak 4: Gelykstaande aan Graad 9, en gee toegang tot matriek (oorbruggingskursus). Registrasies by Mavos-kantoor vanaf 9 Januarie 2017 tussen: 09:00 en 15:00. (Bring afskrif van ID). Kontak 022 486 4541 met enige navrae. Die Bruid, Die Pixie en die Vaalhond Teater 11 Maart: Kom geniet die immer gewilde Rocco de Villiers by die Teater in Riebeek Kasteel om 19:00. Kostes beloop R140 pp. Besprekings kan gedoen word by Erik by 082 853 4377of Melindi by 083 475 9395 Die Ark, Hooggeleë Koringberg 15 Maart: Die Ark by Hooggeleë, Koringberg bied aan Sarina Briedenhann om 19:00 ten bate van die personeel van Tygerberg se kinderkanker-afdeling. Kostes beloop R100 per persoon. Besprekings en navrae by Bregda 083 597 0091 Malmesbury Netbalklub 23 Maart: Die Malmesbury Netbalklub hou hul algemene jaarvergadering by Laerskool Swartland se netbalbane om 18:00. Almal is welkom Verdere inligting skakel Christine van Heerden by 083 337 8645 of e-pos cvanheerden555@ gmail.com Valley Christian Fellowship 26 March: Come and join in a special service with Pastor Vernon Seconds at the St Thomas School Hall at 09:00. The theme of this service is "Jesus can turn your negative into positive" For any enquiries please contact Cedric van der Westhuizen at 072 540 6785

Plaaslike sangeres stel eerste CD bekend Zana Vorster, ‘n graad 11-leerder van die Hoërskool Piketberg, stel Donderdag haar eerste album bekend. Zana, wie se tuisdorp Citrusdal is, het haar laerskoolloopbaan aan die Laerskool Olifantsvallei voltooi. Vandaar is sy Piketberg toe. Haar talent vir sang en musiek, is egter al op die ouderdom van 10 ontdek, nádat sy haar eerste talentkompetisie gewen het. Dít was ook haar eerste keer voor 'n gehoor. Zana het kort daarna sanglesse by Natasha Basson begin neem. Basson gaan ook 'n eregas by die bekendstelling van haar album by Bydidam op Citrusdal wees. Sy het haar liefde vir musiek reeds in Graad 3 gevind, toe sy met klavierlesse begin het. Sy het aan verskeie talentkompetisies deelgeneem, onder meer Gemini en Barnyard. Zana was ook al deur ‘n wyer gehoor van reg oor die land aangehoor ná sy gedurende April 2015 ‘n algehele derde plek in Antonie Bougas se “Solis van Christus"-kompetisie gewen het, wat op die kassie uitgesaai is. Zana wou baie graag haar album op haar tuisdorp bekendstel. Dit is tog waar alles begin het. Sy het sewe van die 12 liedjies wat op die album te hoor is, self geskryf en ook gehelp komponeer. Musiek is haar passie, so sy skryf gedurig, vertel haar ma Wilrie. Zana het reeds weer drie nuwe liedjies geskryf. Dit is ook nie waar haar musiektalente eindig nie. Sy speel ook kitaar en steeds klavier. Sy neem ook musiek as ‘n vak en is in 2015 op Unisa se Ererol geplaas met haar puik Graad 3-Teorie uitslae waar sy 100% behaal het. Slegs twee leerders landwyd het dié prestasie behaal. Haar ouers se talente is beperk as dit by sing kom, lag haar ma. Kleinsus Githe sing wel ook graag, maar dit is nie haar liefde nie, voeg sy by. Die Vorsters droom groot dinge vir Zana se

toekoms in die musiekbedryf. Riaan Steyn by Traxtudio organiseer tans ’n privaat funksie in die omgewing van Kaapstad, waartydens sy aan al die rolspelers in die musiekbedryf bekendgestel sal kan word. Daar is ook radio-onderhoude op die horison en Zana sal eersdaags ‘n CD 'Sining' by Musica by Willowbrigde uitvoer. Ed Sheeran en Passanger is beslis onder die top-10 wanneer dit by ikone binne die musiekbedryf kom. Sy het egter net so ‘n groot verwondering vir Elvis Blue. Haar beste optrede nóg wat sy nooit sal vergeet nie, is toe sy in die voorskou by ‘n Elvis Blue-vertoning opgetree het, wat boonop baie in sy skik met haar was. Sy werk steeds baie hard om goeie punte in haar skoolwerk te behaal. “Volgende jaar moet ons aansoek doen vir universiteitstoelating,” voeg haar ma by. Daar sal wel altyd tyd vir musiek wees, want dit is deel van haar, vertel sy.

Malmesbury Netbalklub 28 & 30 Maart: Die Malmesbury Netbalklub hou proewe by Laerskool Swartland se netbalbane om 18:00. Almal is welkom Moorreesburg 28 Maart: Die breë gemeenskap van Moorreesburg word uitgenooi na ‘n Gemeenskapsvergadering (Imbizo) om 19:00 by die Rosenhof Gemeenskapsaal. By die geleentheid sal verkiesing gehou word om die GPF vakante poste te vul. Alle organisasies, kerke word aangemoedig om genomineerdes se vorms binne 7 dae by Moorreesburg polisiestasie in te handig. Vorms beskikbaar by Sersant Visagie. Vir verdere navrae kan GPF Voorsitter Ds Prins gekontak word by 084 2450623. Johnny Star 29 April: Kom geniet 'n Entertainment Roadshow van Johnny Starr by die Ou-Jehova Kerksaal om 19:30. Die kostes beloop R20 vir volwassenes en R10 vir kinders. Vir navrae kontak Johnny by 076 624 6619 Riebeek Valley Olive Festival 6-7 May 2017: Save the date for the Riebeek Valley Olive Festival. For further information: www.riebeekvalleyolivefestival.co.za

Biddag: Die meisies van Hoërskool Porterville het Vrydag hande gevat en deelgeneem

aan Wêreld Biddag vir vroue wat jaarliks gehou word. Bo is onderwyser Trieneke Theron saam met 'n groep matriekleerders in gebed.

Wees altyd aan die voorpunt van die goeie nuus met ons sosiale media. Volg ons Facebook-blad by @diecourant. Kontak ons by 022 487 3221 of stuur 'n epos na izelle@diecourant.co.za. Besoek ook ons webwerf by www.diecourant.co.za.


10

Gesondheid: Gloukoomweek

NUUS • NEWS

8 Maart 2017

Wat is gloukoom? Die oë is die vensters na die siel en as kind is ons baie deur ons ouers gemaan om hierdie kykers op te pas. Hierdie maand val die fokus op gloukoom en ons het aangeklop by verskeie kenners om inligting hieroor in te win. Willem Niksch, oogkundige van Specsavers, deel sy kennis. "Meeste mense het al gehoor van gloukoom, maar daar is nie veel wat regtig weet wat dit is nie. Realiteit is dat top-wetenskaplikes en mediese navorsers nie alles weet aangaande gloukoom nie. Hier is sommige van die inligting wat ons wel weet; Gloukoom is ‘n groep oogsiektes wat lei na optiese senuwee-skade en visie-verlies. Daar is verskillende tipes gloukoom en elkeen werk op verskillende maniere, maar een ding verenig alle tipes gloukoom: Die optiese senuwee wat die boodskappe van die oog na die brein vervoer, word vernietig. Die vernietiging is oor die algemeen stadig en pynloos, maar in sommige soorte gloukoom kan dit baie vinnig gebeur met akute hoofpyne en stralekranse (halo’s) om ligte. Skade aan die optiese senuwee veroorsaak permanente visie-verlies en daarom is gloukoom so ‘n verwoestende oogsiekte. Ons kan die tipes gloukoom opdeel in Oophoek en Geslotehoek-gloukoom. Die hoek verwys na waar die iris (kleur van die oog) en die kornea (venster van die oog) ontmoet. Daar is verder Normale Druk-gloukoom, Kongenitale-gloukoom en 'n hele reeks sekondêre gloukoom. Primêre oophoek-gloukoom (POG) is die mees algemene tipe gloukoom en word tipies

veroorsaak deur hoë druk wat in oogbal opbou. Daar is ‘n vloeistof genoem Aqueous Humor wat in die oog vervaardig word om voeding te lewer aan interne komponente van die oog, soos die ooglens en kornea. Indien te veel vloeistof vervaardig word, of te veel word behou binne oog in plaas gedreineer, veroorsaak dit verhoogde druk binne die oog wat oorgedra word aan die delikate optiese senuwee en veroorsaak sodoende skade. POG ontwikkel stadig en is ‘n lewenslange toestand. Die simptome en skade word gewoonlik nie deur 'n persoon opgemerk nie, tensy eindstadium van gloukoom bereik word. Dit is belangrik om te weet dat nie alle tipe gloukoom gepaardgaan met abnormale hoë druk nie – in Normale Druk-gloukoom ontwikkel progressiewe skade aan optiese senuwee ten spyte van oogdrukke in die normale reeks (1021mmHg). Almal het 'n inherente risiko om gloukoom te ontwikkel, maar sekere groepe het 'n hoër risiko as ander. Persone van Afrika-herkoms is meer geneig tot Primêre Oophoek-gloukoom as persone van Europese-herkoms. Primêre Oophoek-gloukoom is geneties oordraagbaar. Indien lede van jou direkte familie dié tipe gloukoom het, is u risiko hoër as die res van die populasie om gloukoom te ontwikkel. Gloukoom is baie meer algemeen onder ouer persone (60 jaar en ouer). Gloukoom is progressief, wat beteken dat u dit nie dalk nou het nie, maar dit mag ontwikkel oor paar jaar – die enigste ware manier om dit te identifiseer, is om veranderinge oor die jare te monitor.

Katarak of gloukoom?

Hoe sien jy as jy ’n katarak het? Dit voel asof jy deur ’n vuil ruit kyk. Alles lyk en vertoon vir jou dof. Jy sien minder detail. As jy na ’n plant kyk, sien jy die loof as lig- en skadukolle, terwyl jy moeilik die blaarrand, stingels en ander detail en selfs die skakerings van groen onderskei. Kleure lyk vir jou verbleik en geler as vir ander mense. Skerp lig maak jou oë seer en jy sien moeilik as jy snags moet bestuur. Hoe sien jy as gloukoom het?

Die sig na die kante van jou lyf verloor jy stelselmatig. As jy vorentoe kyk en jou arms na weerskante uitstrek en jou vingers beweeg, kan jy jou vingers sien sonder om jou kop of oë te draai. Mense sonder gloukoom het ’n 180 grade visie – 90 grade na elke kant. As jy gloukoom het, kan jy jou vingers eers sien as jy jou arms vorentoe beweeg. Hoe meer gevorderd jou gloukoom is, hoe nader moet jou arms na mekaar beweeg voor jy jou vingers kan sien.

Kontak ons by 022 487 3221 om in ons volgende gesondheidsbylaag te adverteer of stuur 'n epos na ads@diecourant.co.za.


NUUS • NEWS

Indentifiserin

Gloukoom word identifiseer deur volledige familiegeskiedenis en deur vyf algemene toetse naamlik: Tonometrie – deur die druk van die oogbal te meet met nie-kontak oogdrukmeter as vinnige siftingsmetode, maar verkieslik met oogdrukmeter wat aan kornea raak. Die hoek waar iris met kornea ontmoet te ondersoek – deur verskeie metodes, maar beste met kontaklens met spieël wat op verdoofde kornea geplaas word om die hoek sodoende te ondersoek. Die vorm en kleur van optiese senuwee deeglik te ondersoek – met verskeie binokulêre instrumente en verkieslik fotodokumentasie. Die dikte van die kornea te meet – meeste oogdrukmeters is gekalibreer vir gemiddelde dikte kornea en lesing mag anders wees indien jou kornea dunner of dikker as die gemiddelde is. Visuele veld te meet – om enige verlies of uitval van die velde te identifiseer

8 Maart 2017

Laser-behandeling: Hierdie behandeling word as die stap tussen druppels en chirurgie gebruik. Die mees algemene laser-behandeling wat gebruik word, is "trabeculoplasty". Die prosedure neem 10 tot 15 minute, is pynloos en kan in sommige spreekkamers gedoen word. Hier word ‘n hoë energie ligstraal op die oog se dreineringstelsel gefokus en verander dit sodat die

11

Analise van die senuweevesels – dit is ‘n baie sensitiewe metode om vroëe skade aan die senuweevesels te identifiseer. Gloukoom is progressief, wat beteken dat u dit dalk nie nou het nie, maar dit mag ontwikkel oor 'n paar jaar – die enigste ware manier om dit te identifiseer is om veranderinge oor jare te monitor. - Willem Niksch Specsavers

Beskikbare behandelings

Oogdruppels: Hierdie is gewoonlik die eerste vorm van behandeling en die een wat die meeste gebruik word. Die oogdruppels moet gewoonlik tussen een en vier keer per dag ingegooi word. Aangesien oogdruppels in die bloedstroom geabsorbeer word, is dit belangrik om seker te maak dat dit nie bots met ander sistemiese medikasie nie. Dit moet ook op die dieselfde tyd elke dag ingegooi word en nooit gestaak word sonder dat die oogspesialis daarvan bewus is nie. Die druppels kan soms irritasie veroorsaak en soms is dit nodig om verskeie soorte uit te toets.

Gesondheid: Gloukoomweek

vloeistof makliker kan uitvloei wat dan weer die oogdruk sal verlaag. Daar is verskeie ander laser-behandelings wat ook gebruik word en sluit in: Argon laser-trabeculoplasty; Selektiewe lasertrabeculoplasty en Laser perifere-iridotomie. Chirurgie: Wanneer medikasie en laser-behandeling nie die oogdruk verlig nie, sal ‘n oogspesialis dalk chirurgie voorstel. Die mees algemene is trabekulektomie. In hierdie prosedure word daar ‘n gang gemaak in die sklera (die wit deel van die oog) sodat oortollige vloeistof kan dreineer. In omtrent 50% van die pasiënte is ander behandeling na die chirurgie nie nodig nie. Ander sluit ook in trabekulotomie, viscocanalostomy, diep skerale chirurgie, en trabekulêre stent-bypass. In ‘n oogsiekte soos gloukoom, is voorsorg beter as nasorg en is dit belangrik om gereeld vir ‘n oogtoets te gaan, sodat dit vroegtydig opgetel en verwys kan word. - Jessica Grobbelaar Bierman Grobbelaar Oogkundiges

Die vergelykende diagram dui op die vordering van gloukoom en hoe dit die pasiënt se visie oor 'n tydperk aanraak.

Risikofaktore

Ivan Goldberg (bekende oftalmoloog) het gesê: ”ONTWAAK, gloukoom word die sluipende dief van gesigsvermoë genoem, omdat daar geen simptome is nie. Dit is ‘n stadige, bestendige proses wat sonder enige waarskuwing die senuwee, wat die oog met die brein verbind, beskadig. Gloukoom is ‘n groep van oogsiektes, wat gewoonlik met ‘n verhoogde oogdruk gepaard gaan. Gloukoom is een van die hoof-oorsake van blindheid. Jou oë kan heeltemal gesond voel, maar tog kan jy ernstige gloukoom hê. Wat is die risikofaktore vir die ontwikkeling van gloukoom? Gloukoom gaan gewoonlik gepaard met ‘n ouderdom van bo 40 jr, ras, asook ‘n familie geskiedenis van gloukoom. Baie mense, wat nie

in die genoemde risiko-groepe val nie, ontwikkel steeds gloukoom. Dit is belangrik om ten minste eenkeer in twee jaar vir ‘n volledige oogtoets te gaan. Tydens die oogtoets word die oogdrukke gemeet, en word die fundus van die oog ondersoek vir tekens van gloukoom. Gloukoom kan met medikasie beheer word, maar die skade wat aan die senuwee gedoen is, kan nie omgekeer word nie. Om hierdie rede is dit belangrik dat gloukoom vroeg opgespoor word. Indien iemand goed regkom met die “apteekbrilletjies”, maak asseblief net seker dat U vir ‘n oogtoets gaan, om die risiko van gloukoom uit te skakel. - Neels Hattingh Hatting en van der Westhuizen Oogkundiges


12

NUUS • NEWS

8 Maart 2017

Wesbank:

Die eerstespan van die Wesbank Rugbyklub van Malmesbury het Saterdag skoonskip gemaak in hul vriendskaplike wedstryd teen Young Peoples van die Paarl. Die amptelike liga-wedstryde skop die naweek af en dié courant se rugbykenner, Abri Adonis, het sy voorspellings vir die seisoen gemaak. (Lees volledige berig agter.) Die twee plaaslike klubs van Abbotsdale en Wesbank pak mekaar dié naweek in hul eerste ligawedstryde van die seisoen. Foto: David Howburg

Spelers kry wind van voor in rolbal-uitdaag

Saterdag is die kaf behoorlik van die koring geskei. Ongelukkig was Malmesbury se rolbal-room die kaf en verloor hulle met 1-14 en met 40 skote teenoor 93. In die eerste stel het Hennie Botha, Dave Walker, Robin Deyzel en Jack van der Westhuizen nog ‘n sprankie hoop gehad deur 13-9 te wen, maar selfs toe was die skrif al aan die muur toe hulle op die tweede laaste skof ses skote afgegee het. In die tweede stel verloor hulle 6-19, maar erken dat die opposisie net baie beter gespeel het. Die feit dat hulle die een stel gewen het, lyk of hulle die onttrekking van Terry Shimmin aan die kompetisie goed verwerk het en die mas sal kan opkom in die laaste wedstryd. Peter Hall, Pieter Willemse, Martin Louw en Fred van Dongen verloor 3-19 en 6-10 en was op ‘n stadium net 5-6 agter in die laaste stel. Ook hier het die opponente onwrikbaar die skroewe aangedraai en telkens die bietjie hoop wat daar miskien kon wees verydel met briljante spel om net weer hul stempel af te druk. Roux Vermeulen, Altus Myburgh, Kobus

Marais en Stuart Halvorsen se wedstryd het met sterk kompetisie begin en is 0-13 agter na vyfskofte, veg bietjie terug tot 3-13 net om op die voorlaaste skof sewe skote af te staan en gaan drink tee op 4-21! In die tweede skof loop hulle selfs 5-3 voor, maar niks verloop in hulle guns nie en met een skof oor het hulle nog ‘n skrale kans op 8-10. Altus dryf om die witbal in Malmesbury se guns te skuif, maar die geluksgodin besluit anders en die witbal deflekteer vanaf ‘n bal vorentoe en Durbanville lê ewe skielik vyf skote om die doodskis finaal toe te spyker met 8-15. Veral die derde en skipper teen hulle kon nooit ‘n voet verkeerd sit nie en lewer uitstaande spel. Volgens Roux Vermeulen was die uitslag uiteraard teleurstellend, maar sal Malmesbury steeds die seisoen afsluit in die vierde plek. Saterdag is die finale liga-bepaling weg teen Strand, wat ook ‘n taai wedstryd gaan wees, en behoort die span weer op volsterkte te wees met Daniël Griebenauw en Matie van Heerden terug. • Dr. Roux Vermeulen

Wees altyd aan die voorpunt van die goeie nuus met ons sosiale media. Volg ons Facebook-blad by @diecourant. Kontak ons by 022 487 3221 of stuur 'n epos na izelle@diecourant.co.za. Besoek ook ons webwerf by www.diecourant.co.za.


NUUS • NEWS

13

8 Maart 2017

Wees altyd aan die voorpunt van die goeie nuus met ons sosiale media. Volg ons Facebook-blad by @diecourant. Kontak ons by 022 487 3221 of stuur 'n epos na izelle@diecourant.co.za. Besoek ook ons webwerf by www.diecourant.co.za.

Boland:

Dié atlete van die Hoërskool Swartland op Malmesbury het by die afgelope Boland-byeenkoms medaljes gewen. Agter: Dillon Oppelt (s.14) 100m hekkies tweede en 300m hekkies derde, Sam Walters (s.19) 110m hekkies eerste en Louis de Jager (s.15) 400m eerste en 300m hekkies tweede. Voor: Kara Jordaan (d.15) hoogspring derde en Inge von Wielligh (d.15) diskusgooi eerste. Die Wes-Kaapspan word môre aangekondig.

IMPORTANT NOTICE FORM 30 NOTICE OF INTENTION TO APPLY IN TERMS OF SECTION 66(2) FOR THE PERMANENT/TEMPORARY REMOVAL OF A LICENCE - [REG. 33(2)] Notice is hereby given that it is the intention to lodge the above-mentioned application, particulars of which appear hereunder, with the Western Cape Liquor Authority and the designated liquor officer or officers referred to in regulation 32(1).

VORM 30 KENNISGEWING VAN VOORNEME OM INGEVOLGE ARTIKEL 66(2) AANSOEK TE DOEN OM DIE PERMANENTE OF TYDELIKE VERWYDERING VAN ’N LISENSIE- [REG. 33(2)] Kennisgewing geskied hiermee dat dit die voorneme is om bovermelde aansoek, waarvan die besonderhede hieronder verskyn, by die Wes-Kaapse Drankowerheid en die aangewese drankbeampte of beamptes soos na verwys in regulasie 32(1) in te dien.

IFOMU 30 ISAZISO SENJONGO YOKUFAKA ISICELO NGOKWECANDELO 66(2) SOKUSUSWA KWEPHEPHA MVUME LESIGXINA/ETHUTYANA - [REG. 33(2)] Isaziso senjongo yokufaka isicelo esikhankanywe ngentla, inkcukacha zaso zichazwe apha ngezantsi, sifakwa kwabasemaGunyeni ezoTywala eNtshona Koloni kunye negosa elijongene nemiba engotywala okanye amagosa ekuthethwa ngawo kumqathango 32(1).

Full name, street and postal address of applicant

Kind of licence to be removed

Kind of liquor to be sold

Full address of licenced premises and municipality in which situated

Name under which business is to be conducted and full address of other premises

Determinations, consents, approvals or authorities applied for

Volle naam, straat en posadres van aansoeker

Tipe lisensie wat verwyder moet word

Tipe drank wat verkoop moet word

Volle adres van gelisensieerde perseel en munisipaliteit waar dit geleë is

Naam waaronder besigheid bedryf sal word en volledige adres van ander perseel

Bepalings, toestemming, goedkeuring van magtiging waarvoor aansoek gedoen word

Amagama, apheleleyo, Idilesi yesitalato neyeposi yalowo ofaka isicelo

Uhlobo lwephepha - mvume omalususwe

Uhlobo lotywala obuzakuthengisa

Idilesi epheleleyo yesakhiwo esinephepha mvume nomasipala esikuwo

Igama ishishini elizokushishina phantsi kwalo kunye nedilesi epheleleyo yesinye isakhiwo

Izigqibo, unikezelo, imvume okanye namagunya anikezelwayo acelwayo

Befit Investments (Pty) Ltd PO Box 785 Malmesbury 7300

Off-consumption

All kinds of liquor

Erf 7651 Shop 23 De Bron Centre 55 Voortrekker Road Malmesbury 7300

Pick n Pay Liquor (Malmesbury) Erf 7651 Shop 19 De Bron Centre 55 Voortrekker Road Malmesbury 7300

Removal

5 Constantia Street Paarl 7646

Swartland Municipality


14

8 Maart 2017

Tennis:

Die vrouespan van die Malmesbury Tennisklub het Saterdag tuis teen die span van Rekreasie te staan gekom. Gabi Rose van Malmesbury het haar wedstryd gewen. Sien uitslae agter.

NUUS • NEWS


NUUS • NEWS BETREKKINGS VACANCIES

Lutea Parfuum benodig selfgemotiveerde bemarkers met ‘n passie vir parfuum. Kontak Thea– 0833088143 / lutea@ lantic.net #4091 ------------------------------------DIENSTE SERVICES ABC Partytjies - Huur van kinderpartytjiedekor, springkastele, waterglybane. Druk van versiersuiker-papier (schweet sheets). Kontak 078 544 2038/elsa@ abcpartytjies.co.za #3463 ----DUPPIE'S TUINDIENSTE vir snoei van takke, struike en verwyder van blare en tuinvullis. Dinsdae en Vrydae Moorreesburg. Skakel 083 533 4554 #4029 ------------------------------------GESOEK WANTED AANDAG!!!!! WELKOM MEUBELS: Op soek na goeie tweedehandse meubels, breekgoed, potte, panne, linne, ensovoorts. Oorkant Cash Crusaders. Kontak 022 487 1547/084 794 7528 #2005 -----Bachelor woonstel/Kamer aan huis vir enkellopende jongman. Verkieslik gemeubileerd in dorp/ plaas. Kontak 083 723 7259 #4030 ------------------------------------TE HUUR TO LET Kommersiële gebou te huur, Burgstraat 3 Malmesbury. Vir meer inligting kontak Mev Buhr by 082 328 2211. Bedrag R9 000,00 pm (BTW uitgesluit). Grootte: 200m². Beskikbaar 1 April 2017 #3462 --------------------------------TE KOOP FOR SALE Visvingers R48/kg; Viskoekies R48/kg; Krummelvis R40 per pak; Stokvis Fillets + Porsies R60/kg; Groot Snoek vanaf R80-R110 elk. Skakel 022 487 3265 /084 250 2460 #3905 --------------------------------GELUKWENSING CONGRATULATIONS

10 Maart - Wie word 16? Geluk met jou verjaarsdag. God se rykste seën. Geniet jou dag. Liefde - Ma, Pa, ant Ounoi en susters #4031 -------------------------------------

COLETTE MAJIET - 21 op 5 Maart 2017. Baie geluk met jou mondigwording. Ons is baie lief vir jou Daddy, Mammie, susters, swaer en kinders #4032 -------------------------------------

SHEENA LATEGAN - 3 Maart. Geluk met jou 28ste verjaarsdag. Bly die wonderlike dogter wat jy is. Baie liefde - Mammie, Daddy, Atta en Afthen #4033

Baie geluk met Mammie se verjaarsdag. Ons waardeer alles wat mammie vir ons doen. Liefde - Shameez, Shereez & Jordan #4034 ----Baie geluk met jou geboortedag. Koester gister se oomblikke, maar leef vir vandag.Liefde: Jamy, Marquin + Kinders #4035 -------------------------------------

JAIMI-LEE - Happy Birthday. Have a nice and blessed day. We will always love you - Mom, Dad and Jayden #4036 ---------------------------------

JEMIN JANAY ARENDS - Baie geluk met jou verjaardag op 2 Maart. Lekker verjaar - Arends gesin, Mammie, Noenas, Ouma, Nanna & Lexi #4037 ---------------------------------

LAKESHIA LATASHA GARSHÉ MANUEL. Ons blompot is 5 jaar oud op 3 Maart. Baie geluk. Liefde - Marang gesin, Mammie, Pappie, Ouma en Oupa #4038 ---------------------------------

ASHWILL MARTIN MANUEL - Baie geluk met jou verjaardag op 2 Maart. Geniet jou dag Ouma, Oupa, Mammie, Peetma, Suster en Broer #4039 ---------------------------------

Look who turned 11 on 1 March. Happy belated birthday MARIANDRÉ. God bless. From: Mom, Dad, brother and sister #4040 ---------------------------------

MALITÉ BRINK - Kyk wie raak 18. Geluk met jou geboortedag. Mag dit geseënd wees en geniet dit. Liefde - Daddy, Tietie, Caithlin & Angie #4041 -----Veels geluk liewe maatjie met jou 18de verjaarsdag. Ons is klomp lief vir jou van Alisha, Zenobia, Micole en Gurshwin #4081 ---------------------------------

15

8 Maart 2017

MARTHINUS - 11 Maart. Baie geluk met jou geboortedag. Lekker verjaar- jou seun Martino #4042 ---------------------------------

Happy Ninth birthday KURTLEY DE KLERK. May you have a blessed day. Lots of love - Ma and family #4043 ------------------------------

COHEN FRANSMAN - Guess who's six on 6 March. Happy birthday Cohen. From: Mamma, Dadda & Jade. We love you lots! #4044 ----Happy crown birthday. Have a fabulous and wonderful day. With lots of love - Mummy, Brezano & Waylon #4045 ----Happy birthday my chomma. Enjoy it. With love - Aunty Fransie, Ferryn, Revin & Senita #4046 ----Happy Birthday Cohen. From Aunty Ancka, Mikyle and Lemischa #4047 ----Happy Birthday Cohen. From Aunty Nicky, Donique, Zach & ZetahLee #4048 ------------------------------

VALENTINO JANTJIES - Ses op 6 Maart. Baie geluk met jou kroonverjaarsdag ons liefde! Mamma (Nadia) en Dadda (Andrew) #4049 ---------------------------------

AUGUST NOËL - 10 Maart. Veels geluk met Pa en Oupa se verjaarsdag. Mag God nog vele jare by jou lewe voeg. Van: kinders & kleinkinders #4050 ---------------------------------

WILLANDRY - Geluk met jou verjaarsdag. Hoop jy geniet jou dag. Van Pietersen en Titus gesin #4092 ---------------------------------

JAPIE - 50 on 9 March Wishing a Happy Birthday to the man I love and best friend. Enjoy, your wife Hanna #4051 ---------------------------------

Baie geluk met OUPA TITUS se 80ste verjaarsdag. Hoop oupa gaan die dag geniet. Van: Skoonseuns, Preston, Yolanda, Willanery & Amy #4052 ----Baie geluk Oupa met u verjaardag. Geniet 'n geseënde en voorspoedige nuwe lewensjaar - Kinders , kleinkinders en agterkleinkinders #4053 ---------------------------------

PHAYTON - 14 March. Happy bday. Love you. From: Mommy and Zahira #4054 ---------------------------------

Veels geluk TAMMYANN met jou 21ste verjaarsdag op 9 Maart 2017. Ons bid jou alles wat mooi is toe. Liefde - Pappa en Mamma #4055 ----Veels geluk Tammy-Ann met jou verjaardag. Mag God jou ryklik seën. Van: Martino, Theonique, Myron & Michel-Lé #4056 ---------------------------------

SHANNON - Baie geluk met jou verjaardag op 10 Maart. Bly die pragtige vrou wat jy is. Baie lief vir jou - Cupido en Damonse familie #4057 ---------------------------------

----Baie geluk Peter-John Daniels met jou geboortedag. Liefde - Miranda, Johnny en Mellisa #4060 ----Baie geluk met jou verjaarsdag. Met liefde van jou Ouma Dawn en Williams gesin #4061 ----Dit is jou verjaardag Peter-John. Alles wat mooi is. Van: Nita, Selwyn, Zena, Zaydan, Zeetavan Wynberg & Arendse familie #4062 ----Veels geluk Peter-John met jou geboortedag. Jy moet 'n mooi dag het. Van: Gwennie en Boy. Adams familie #4063 ----Jy is 10 jaar oud. Gespaar deur ons Hemelse Meester. Mag daar vele jare wees. Van: Retta Daniels #4064 ----Baie geluk met jou verjaarsdag Peter-John Daniels. Lekker verjaar. Van: Otto famile. Jodene, Clinton en Micyle #4065 ---------------------------------

Baie geluk BRONWYN ARENDSE (Broni) met jou geboortedag. Dit kom van jou hele familie, William, Adams, Daniels & Persens #4066 ----Veels geluk Bronwyn (Broni) Mag daar nog vele mooi jare wees. Van: Mammie, De, Shane, Sternia en Shane Junior #4067 ---------------------------------

SUSANNA CUPIDO - Baie geluk op Mammie se spesiale daggie. Dankie vir al die jare se harde werk. Ons is lief vir Mammie - Noeska en Devandré #4068 ------------------------------

Raai wie word vyf jaar DEVONTY. Baie geluk met jou verjaarsdag. Van: jou tannie Janette, Shilohen & Mohammad #4069 ---------------------------------

#4073

Jy is ons dierbare geskenk van God. 365 Dae van liefde en vreugde. Gelukkige 1ste verjaarsdag REMARIO! Liefde Ma en gesin. #4084 --------------------------------Baie geluk met jou 15de verjaarsdag LEONARDO. God seën. Geniet dit! Van: Ma, Pa, suster en broer. #4085 --------------------------------Dierbare tannie, Baie geluk met jou verjaarsdag auntie ADELE. Mag God jou ryklik seën. Lekker verjaar! Van: Ouboet en gesin #4086 ---------------------------------

MICHÉ - Raai wie word een. Geluk met jou eerste verjaarsdag op 13 Maart 2017. Baie liefies - Mamma, Daddy, suster, Boeta, Ouma en twee Oupas #4087 ---------------------------------

JAYLON - Geluk en geniet jou dag op Sondag. Ons is baie lief vir jou. Van: Daddy, Ouma Mina, Oupa Pietie, Tubby, Amor, Monkie, Sass --------------------------------MEMORIUM IN MEMORIAM

MAGRIETA JACKSON (Ouma) 8 Maart 2017 - Die gemis raak erger. Ons trane rol nog elke dag. Liefde - Anneline, Ricardo en kinders ----Mamma hoe graag wil ons u net 'n drukkie gee. God het u meer nodig. Liefde - Bettie, Gert, kinders en kleinkinders ----Op 8 Maart is dit jou derde verjaardag in die hemel. Mis jou moederliefde. Van: Trish Deacon #4070 ---------------------------------

Raai wie word 50 op 9 Maart. Baie geluk met jou verjaarsdag. Geniet elke oomblik daarvan. Van Hanicka Anwar Donita Déoné #4058 ---------------------------------

MARY-JANE - 'n Mooie 16 jaar geword op 5 Maart. Mag die Here jou in die hand van bewaring hou. Liefde - Jou ma en broers #4083 ---------------------------------

LEE GRANT BASSON (Soute)-10 March 1992. Happy 1st birthday in heaven.May the angels sings to you in the most joyous way - Mom & Dad #4071 ----Sending you a special birthday wish to heaven. May all your heavenly wishes come true! Miss you-Sheena, Afthen-Atta #4072

PETER-JOHN DANIELS 7 Maart 2017. Veels geluk met jou verjaarsdag. Mag die Here jou nog vele jare uitspaar. Mammie, Pappie en Tayrem #4059

ANDY (Skapsous) JANTJIES - Baie geluk Pa, Oupa en 'n sexy man op 5 Maart met jou verjaardag. Van: Sanna, kinders en kleinkinders #4089 ---------------------------------

----Happy birthday to our guardian angel.We call him dad and uncle. We love and miss you - Jordan-Lee, Shameez, Shereez

---We will truly treasure the wonderfull memories we have shared.Gone but not forgotten. Love: Jamy, Marquin + Kids #4074 ------------------------------

ANDREW (DYS) ARENDSE - Op 10 Maart is jou derde verjaarsdag weg van ons. Die gemis is nog groot. Liefde Angelene Anzlin en Liam #4075 ------------------------------

THORA LATEGAN - Hoe graag wou ons 'n handdruk gee op jou 60ste verjaarsdag op 9 Maart. God het anders besluit - Etienne & gesin #4076 ---------------------------------

MARIA SAMPSON - 13 Maart. Reeds ses jaar weg van ons. Die verlange is nog steeds daar. Mis u baie. Van: Frans, dogter en kleinkind #4077 ------------------------------

FRIKKIE - My Pa, 7 Maart, nege jaar van ons geskei, Voel nog soos gister. Van: Jou dogter, Janette en kleindogter Sementha #4078 ------------------------------

JAMES ADONIS - Op 4 Maart is jy twee jaar weg van ons. Mis jou elke dag - Jou broers en susters #4082 ---------------------------------

NICOLAAS DAMON 09 Maart. Ons is al vier jaar van mekaar geskei. Ons velang nog baie na jou. Liefde Seun & gesin #4088 ----Dis al vier jaar wat Pa/ Oupa van ons weg geneem is. In ons harte leef Pa/Oupa nog voort. Van Sony, John, kinders en kleinkinders. #4090 --------------------------------STERFGEVALLE OBITUARY

DORIS NERO (PEARLY) 13/05/1953 tot

01/03/2017 Troosdiens: Woensdag, 8 Maart om 19:00 by Akasialaan 26. Begrafnisdiens op Saterdag, 11 Maart. Besigtiging by Akasialaan 26 om 09:00 en kerkdiens om 10:00 by Baptiste (Malmesbury) #4079 -----Met hartseer neem ons afskeid van 'n geliefde. Dankie vir die mooi herinneringe wat vir ons nagelaat is. R.I.V - Familie en vriende #4080 ------------------------------


courant

20

NUUS • NEWS

dié

8 Maart 2017

BERGRIVIER SPORT

Tel: 022 487 3221

8 Maar t 2017

Sportuitslae Sports results TENNIS Malmesbury Dames A verloor teen Rekreasie 3 wedstryde teen 2 Kim Cloete k Dalene de Vries 7/5 ; 6/2 Gabi Rose k Nicolene Vd Walt 3/6 ; 6/4 ; 10/4 Antonette Snyman & Lynette Miller v Rennie Rose-Innes & Lise De Klerk 0/6 ; 3/6 Kim Cloete & Gabi Rose v Rennie Rose-Innes & Lise De Klerk 54/7 ; 5/7 Antonette Snyman & Lynette Miller v Dalene de Vries & Nicolene vd Walt 0/6 ; 1/6

Atlete: Hierdie atlete het Steynville Sekondêr op Piketberg by die afgelope Bolandkampioenskappe in die Paarl verteenwoordig. Agter is Greg-Lee Toontjies, Sydney Markus, Charlton Sias en Sheldon Slimmert. Voor is Kelly-Jade Solomons, Cornwell Lord en Samanthia Cloete.

Boland:

Hierdie twee atlete van die Hoërskool Porterville het onlangs aan die Laerskool Boland-atletiekbyeenkoms deelgeneem en is in die Bolandspan opgeneem. Bo is Marique van der Meulen, wat 'n goue medalje in die verspring vir meisies o.12 gewen het. Onder is Donlynn Farao wat in die verspring vir meisies o.10 'n silwer medalje losgespring het.

Malmesbury Mans A verloor teen Rekreasie 5 wedstryde teen 0. Braam Isaacs v Daniel du Toit 2/6 ; 1/6 Dmitri Marais v Nelius Lubbe 4/6 ; 6/3 ; 7/10 David Isaacs v John Cocroft 6/7 ; 3/6 Kristoff Isaacs v Mario Mans 5/7 ; 3/6

•BOLAND RUGBY SE LIGAWEDSTRYDE SKOP AF

Spanne vuur op alle silinders

•Abri Adonis

Die Groot Uitdaag-beker se Swartwes-afdeling van die Boland Rugbyunie, se liga wedstryde skop hierdie naweek af met n paar taai, smullekker wedstryde wat waarskynlik wye belangstelling, verder as die Swartland-streek sal lok. Met die liga wat hierdie jaar verklein is na slegs nege spanne, sal die kompetisie om oorlewing net so groot wees soos dié om die kampioenskap. Wesbank RVK open hul liga-verpligtinge Saterdag met 'n tuis-wedstryd teen hul buurspan van Abbotsdale. Wesbank het verlede jaar redelik wipplank gery met betrekking tot vorm en sal dus hierdie jaar wil verseker dat hulle weer op alle silinders vuur en hul regmatige plek onder die streek se top-spanne terugneem. Die voorseisoen was 'n duidelike teken dat Wesbank hierdie seisoen groot amok gaan maak met nuwe aanwinste soos Denzil “Lastag” Adams, Flippie Jacobs en Lingisi Nlani wat reeds verwoesting saai in die rooi en wit. Abbotsdale het verlede jaar gesukkel maar die laaste paar wedstryde gewys dat hul steeds kompeterend kan wees en met die groot honde kan blaf. Dit is nou moeilik om te sien dat Abbotsdale

in die openingstryd die rooi en wit stoomtrein sal stop. Wesbank is altyd moeilik om te klop op hul tuisveld, maar Abbotsdale behoort hulle hard te laat hard werk vir 'n oorwinning. Wesbank behoort die stryd te wen met minder as tien punte. Never Despair RVK van Malmesbury reis Saterdag na St Helenabaai om die vissermanne aan te durf. Never Despair het verlede jaar 'n nagmerrie seisoen beleef toe hulle gesukkel het om aan die gang te kom. Die Tier behoort vanjaar meer gefokus te wees en sal sy tande wil slyp vir 'n onwaarskynlike wen op St Helenabaai se tuisveld. St Helena, inteendeel, het die afgelope paar seisoene gewys dat hulle enige span op enige dag kan klop en behoort ook die groot gunsteling te wees in hierdie stryd. St Helena is nie 'n maklike neut om te kraak op sy tuisveld nie, maar Never Despair behoort Saterdag vir die eerste skok van die seisoen te sorg deur St Helenabaai op sy tuisveld te klop met minder as sewe punte. Darling RVK, wat verlede jaar 'n groot impak gemaak het in die top-liga deur af te reken met 'n paar groot kannone, maar ook later lelik uitgesak het met sewe agtereenvolgende nederlae, behoort hierdie seisoen beter te vaar. Hulle durf die Swartwes-kampioen, Saldanha,

aan wat verlede jaar onoorwonne was tot hulle oor die laaste hekkie gestruikel het in die finaal. Saldanha, onder leiding van Randall Julies, voormalige SWD- en Stormer-speler, het ook die voorseisoen gewys dat hulle gereed is om voort te bou op verlede jaar se goeie vertonings. Dis moeilik om te sien dat hulle hierdie jaar weer onoorwonne sal wees en Darling sal 'n ware toets vir die kampioenspan wees met hul onvoorspelbare rugbyspel. Saldanha behoort egter net-net te sterk te wees vir die melkboere en behoort hierdie wedstryd met minder as tien punte te wen. Vredenburg reis Saterdag na hul buurdorp, Velddrif, vir 'n wedstryd wat gewen sal word deur die span wat dit die meeste wil hê. Velddrif sal gebruik wil maak van hul tuisveldvoordeel en Vredenburg wil knou met aanvallende rugby. Vredenburg spog hierdie jaar met 'n paar talentvolle jong spelers en dit behoort net die regte doepa te wees vir 'n wen-uitslag van minder as 15 punte. Mamre, wie op die voorstoep staan van 'n baie groot en uitdagende jaar, geniet hierdie naweek 'n blaaskans, ná 'n tawwe paar vriendskaplike wedstryde en sal dus ander uitslae fyn dophou om te verseker hulle bou die regte strategie vir die komende seisoen.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
410 die courant bergrivier by DieCourant - Issuu