410 die courant bergrivier

Page 11

NUUS • NEWS

Indentifiserin

Gloukoom word identifiseer deur volledige familiegeskiedenis en deur vyf algemene toetse naamlik: Tonometrie – deur die druk van die oogbal te meet met nie-kontak oogdrukmeter as vinnige siftingsmetode, maar verkieslik met oogdrukmeter wat aan kornea raak. Die hoek waar iris met kornea ontmoet te ondersoek – deur verskeie metodes, maar beste met kontaklens met spieël wat op verdoofde kornea geplaas word om die hoek sodoende te ondersoek. Die vorm en kleur van optiese senuwee deeglik te ondersoek – met verskeie binokulêre instrumente en verkieslik fotodokumentasie. Die dikte van die kornea te meet – meeste oogdrukmeters is gekalibreer vir gemiddelde dikte kornea en lesing mag anders wees indien jou kornea dunner of dikker as die gemiddelde is. Visuele veld te meet – om enige verlies of uitval van die velde te identifiseer

8 Maart 2017

Laser-behandeling: Hierdie behandeling word as die stap tussen druppels en chirurgie gebruik. Die mees algemene laser-behandeling wat gebruik word, is "trabeculoplasty". Die prosedure neem 10 tot 15 minute, is pynloos en kan in sommige spreekkamers gedoen word. Hier word ‘n hoë energie ligstraal op die oog se dreineringstelsel gefokus en verander dit sodat die

11

Analise van die senuweevesels – dit is ‘n baie sensitiewe metode om vroëe skade aan die senuweevesels te identifiseer. Gloukoom is progressief, wat beteken dat u dit dalk nie nou het nie, maar dit mag ontwikkel oor 'n paar jaar – die enigste ware manier om dit te identifiseer is om veranderinge oor jare te monitor. - Willem Niksch Specsavers

Beskikbare behandelings

Oogdruppels: Hierdie is gewoonlik die eerste vorm van behandeling en die een wat die meeste gebruik word. Die oogdruppels moet gewoonlik tussen een en vier keer per dag ingegooi word. Aangesien oogdruppels in die bloedstroom geabsorbeer word, is dit belangrik om seker te maak dat dit nie bots met ander sistemiese medikasie nie. Dit moet ook op die dieselfde tyd elke dag ingegooi word en nooit gestaak word sonder dat die oogspesialis daarvan bewus is nie. Die druppels kan soms irritasie veroorsaak en soms is dit nodig om verskeie soorte uit te toets.

Gesondheid: Gloukoomweek

vloeistof makliker kan uitvloei wat dan weer die oogdruk sal verlaag. Daar is verskeie ander laser-behandelings wat ook gebruik word en sluit in: Argon laser-trabeculoplasty; Selektiewe lasertrabeculoplasty en Laser perifere-iridotomie. Chirurgie: Wanneer medikasie en laser-behandeling nie die oogdruk verlig nie, sal ‘n oogspesialis dalk chirurgie voorstel. Die mees algemene is trabekulektomie. In hierdie prosedure word daar ‘n gang gemaak in die sklera (die wit deel van die oog) sodat oortollige vloeistof kan dreineer. In omtrent 50% van die pasiënte is ander behandeling na die chirurgie nie nodig nie. Ander sluit ook in trabekulotomie, viscocanalostomy, diep skerale chirurgie, en trabekulêre stent-bypass. In ‘n oogsiekte soos gloukoom, is voorsorg beter as nasorg en is dit belangrik om gereeld vir ‘n oogtoets te gaan, sodat dit vroegtydig opgetel en verwys kan word. - Jessica Grobbelaar Bierman Grobbelaar Oogkundiges

Die vergelykende diagram dui op die vordering van gloukoom en hoe dit die pasiënt se visie oor 'n tydperk aanraak.

Risikofaktore

Ivan Goldberg (bekende oftalmoloog) het gesê: ”ONTWAAK, gloukoom word die sluipende dief van gesigsvermoë genoem, omdat daar geen simptome is nie. Dit is ‘n stadige, bestendige proses wat sonder enige waarskuwing die senuwee, wat die oog met die brein verbind, beskadig. Gloukoom is ‘n groep van oogsiektes, wat gewoonlik met ‘n verhoogde oogdruk gepaard gaan. Gloukoom is een van die hoof-oorsake van blindheid. Jou oë kan heeltemal gesond voel, maar tog kan jy ernstige gloukoom hê. Wat is die risikofaktore vir die ontwikkeling van gloukoom? Gloukoom gaan gewoonlik gepaard met ‘n ouderdom van bo 40 jr, ras, asook ‘n familie geskiedenis van gloukoom. Baie mense, wat nie

in die genoemde risiko-groepe val nie, ontwikkel steeds gloukoom. Dit is belangrik om ten minste eenkeer in twee jaar vir ‘n volledige oogtoets te gaan. Tydens die oogtoets word die oogdrukke gemeet, en word die fundus van die oog ondersoek vir tekens van gloukoom. Gloukoom kan met medikasie beheer word, maar die skade wat aan die senuwee gedoen is, kan nie omgekeer word nie. Om hierdie rede is dit belangrik dat gloukoom vroeg opgespoor word. Indien iemand goed regkom met die “apteekbrilletjies”, maak asseblief net seker dat U vir ‘n oogtoets gaan, om die risiko van gloukoom uit te skakel. - Neels Hattingh Hatting en van der Westhuizen Oogkundiges


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.