Skip to main content

408 die courant wellington

Page 1

courant

1 Wellington

dié

22 Februarie 2017

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

Bou saam met goeie nuus

Uitgawe 408

22 Februarie 2017

By Kleuterland se atletiekbyeenkoms tussen ses verskillende skole, het die kranige atlete alles in die stryd gewerp om eerste oor die eindstreep te wees. Sommige het die kompetisie fyn dopgehou, terwyl ander gefokus gebly het, of gesorg het dat hulle in die korrekte baan bly. Foto: Hennie von Loggerenberg

Atlete hou wakende oog op die kompetisie •BREYTENBACH SIEN AFRIKAANS AS BASTERTAAL

Taal is ‘ontsluitend’ Breyten Breytenbach het op Saterdag 18 Februarie sy tuisdorp en grootword-huis tydens ‘n gesprek oor Afrikaans herbesoek. Hierdie gesprek het in die Bôrdienghuis Teater van die Breytenbach Sentrum plaasgevind en is deur talle belangstellendes en gerekende akademici bygewoon. Volgens Anne-Ghrett Erasmus van die Breytenbach Galery het die idee vir die gesprek uit die uitstalling wat tans in die galery te sien is, ontstaan. “Die uitstalling van Niel Jonker, Hibrida, is ‘n versameling werke in verskillende media deur ‘n kunstenaar vir wie die proses en alle invloede op die proses, belangrik is. Niel is boonop ‘n bobaas-bakker, so die inspeling van verskillende dinge by die tema van ‘Hibrida’ of ‘basterskap’ het na ‘n lekker vertrekpunt vir ‘n gesprek geklink,” het sy gesê. Dit het die idee vir ‘n gesprek oor Afrikaans se bastereienskappe laat ontstaan. “En watter beter gespreksgenote as Andries Bezuidenhout en Breyten Breytenbach kan daar dan nou wees,” het Anne-Ghrett bygevoeg.

Alhoewel Andries Bezuidenhout die titel van professor voor sy naam kan skryf, is hy allermins ‘n stywe akademikus. Hy is o.a. ook ‘n bekroonde skrywer, ‘n kunstenaar en bowenal ‘n bekende rock-musikant. Andries se kennis van sosiologie, gekombineer met sy aweregse kwinkslae en skerp waarnemingsvermoë het hom die perfekte gespreksgenoot vir Breyten Breytenbach gemaak. “Ek was in die week voor die gesprek ‘n bietjie gespanne oor die regte invalshoek vir die tema, maar ek was gelukkig so besig met repetisies vir Woordfees-produksies dat ek nie eintlik tyd gehad het om my te veel daaroor te bekommer nie,” het hy verklap. In hierdie twee swaargewigte se gesprek rondom Afrikaans se bastereienskappe en die plek wat dit in die hedendaagse landskap behoort te beklee, het die geskiedenis en groei van die taal noodwendig ‘n groot rol gespeel. “Ons kan nie ignoreer hoe Afrikaans tot hier gekom het nie,” het Breyten gesê. “Die verlede lyk altyd meer aantreklik as dit nie meer daar is nie. Een geheel is egter ‘n

utopie. Daar is tog voortdurend verandering, beweging. Dit is die nie-standhoudende, veranderende werklikheid. Ons moet mekaar sáám anders maak.” Volgens Breyten is ‘n deel van die antwoord op ons hedendaagse probleme en die polarisering van ons taal, waarskynlik die skep van ‘n veilige ruimte vir gesels. “Ek dink ‘n mens moet miskien dink aan objektiewe ruimtes en gebruike en strukture wat genoeg geloofwaardigheid het, selfs al stem almal nie daarmee saam nie, wat dit vir ons moontlik gaan maak om hierdie goed uit te praat en te beredeneer en nie tot oorlog maak oor te gaan nie. Dit is tog eintlik die doel van die parlement, dis ‘n praathuis. Maar nou het die SA parlement ‘n plek van vloek en slaan geword,” het hy gesê. Ten spyte van al die uitdagings wat Afrikaans tans ondervind en die uitdagings wat daarop wag, is daar volgens Breyten en Andries tog hoop. “Ons moet hamer op dít wat ons in gemeen het, en nie op dit wat ons nie in gemeen het nie. Verbastering van die taal is juis die behoud daarvan – dit gaan nie hier net oor ‘n intellektuele spel nie. Miskien moet ons begin terugbeweeg na die tekstuur van woorde, in plaas van die akademiese verskraling daarvan,” het Breyten gesê. Op ‘n vraag of hy taal as “insluitend” of “uitsluitend” sien, was sy antwoord eenvoudig: “Dit kan beide wees, maar dit is bo alles ontsluitend.”

NUUS • NEWS


2

22 Februarie 2017

NUUS • NEWS

•POOG OM LADING TE VERLIG

Vrywilligers help met huiswerk

Dienssentrum hou Valentynsbal:

Die lede van die ACVV Dienssentrum het besluit dat 14 Februarie nie net ‘n dag van liefde vir die jonger garde is nie en hul eie Valentynsete gehou. Gaste en lede het op Valentynsaand in hul rooi-en-wit uitrustings langs die lang, keurig gedekte rooi-en-wit tafels aangesit vir ‘n aand van heerlike gesels, saamkuier en baie liefde. Die Dienssentrum se tuin is in ‘n lushof vol harte en vlaggies omskep en het as die perfekte agtergrond vir dié gesellige geleentheid gedien. Lede van die sentrum het self die stuitige name vir die disse op die spyskaart bedink en die voorbereiding van die kos gedoen. Hulle het ook self die versiering van die tafels en tuin behartig. Uiteindelik het dit ‘n heerlike, liefdevolle aand van saamlag en saamkuier onder die sterre geword.

‘n Groep vrywilligers het onlangs, as deel van ‘n inisiatief van die NG-Moedergemeente, begin om hulp met huiswerk aan die leerders en inwoners van Huis Andrew Murray Kinder- en Jeugsorgsentrum (HAM) te verleen. Met hierdie inisiatief wil hulle die hande van die kinder- en jeugsorgwerkers by HAM versterk om aan elke kind die geleentheid tot optimale leer te bied. Volgens Liezel Joubert, die skakelpersoon van hierdie inisiatief, word die kinder- en jeugsorgwerkers en vrywilligers by HAM weekliks opgelei om aan die kinders wat in hul sorg geplaas is van die doeltreffendste en effektiefste hulp met huiswerk en spesiale behoeftes te voorsien. “Ons fokus op leerstyle en om elke kind op sy of haar ontwikkelings vlak te ontmoet, te ondersteun,te bevorder en akademies te verryk. Die werksessies vir die volwassenes fokus op praktiese raad, leer- en studie-ondersteuning en metodiek wat gedurende die leerders se huiswerk- of studietyd prakties toegepas kan word. Ons leer om te individualiseer in groepsituasies en om leemtes te indentifiseer wat verder ontwikkel en verryk moet word. Apparaat en middele tot ons beskikking word nou optimaal benut en ook vir verskillende doeleindes aangewend ,” sê sy. “Ons primêre doel en fokus is om elke kind se potensiaal waartoe hy/sy in staat is, te ontwikkel en te ontgin.” Die persoon wat hierdie opleidingsessies aan die kinder- en jeugsorgwerkers en vrywilligers bied, is Lynette Beukes, 'n Internasionaal erkende Ouditiewe en “Integrated Learning Therapy”praktisyn en ‘n kenner van kinderontwikkeling. Sy beskik ook oor ‘n sertifikaat in sielkunde sowel as ‘n diploma in kinder-ontwikkeling. Haar kennis as ‘n gekwalifiseerde breinprofielkenner word aangewend om studie- en beroepsvoorkeure aan ons senior leerders te bied. “Ek volg ‘n holistiese benadering en glo dat elke kind individuele behoeftes en voorkeure het. Sodra ons ‘n kind se ontwikkelingspeil en areas wat stimuli en verryking benodig bepaal

Liezel Joubert (skakelpersoon van die inisiatief), Lynette Beukes (ouditiewe praktisyn), Christine Alberts (huismoeder) en Cara Smit (skakelpersoon tussen skole en kinderhuis). het, kan ons daarna strewe om in sy persoonlike behoeftes van ontwikkeling te voorsien. Elke leerder beskik oor ‘n individuele leerstyl-voorkeur nl. visueel, kinesteties/taktiel, of ouditief. Benewens voorafgenoemde het elke individu ook 'n baie spesifieke breinvoorkeur wat sy benadering tot studies betref. "Optimale groei en prestaie kan net plaasvind wanneer die struktuur en hierargie in plek is. Ek strewe daarna om vir die kinder- en jeugsorgwerkers en vrywilligers die ‘teaching tools” te gee, sodat alle leerders optimaal kan funksioneer,” verduidelik sy. Tydens die werksessies word die belangrikheid van o.a. balans, koördinasie en aktiwiteite wat bevorderlik is, gedemonstreer en beklemtoon. Daar word ook praktiese raad t.o.v. die toepassing van al die vaardighede tydens hulpverlening verskaf. Volgens Liezel is daar altyd ‘n behoefte aan vrywilligers. “Daar is ‘n hele paar kinders per graad waarmee die kinder- en jeugsorgwerkers tydens studietyd hulp moet verleen. Elke kind het ook individuele aandag nodig en almal se behoeftes is nie altyd dieselfde nie,” verduidelik sy. Enigeen wat belangstel om op enige manier by hierdie inisiatief betrokke te raak, kan Liezel Joubert by 083 291 7228 kontak.


NUUS • NEWS

22 Februarie 2017

•WIL GEMEENSKAP BETREK

Aksiegroep span kragte saam Links: Stephan Landsberg, Francois Theron, Hester de Kock en Dale Heramb. Wellington Aksie Groep (WAG)/Stopmisdaad, die voormalige Buurtwag wil met hul inisiatiewe tot ‘n meer betrokke en veiliger gemeenskap bydra. Hierdie groep se hoofdoel is om gemeenskapskwessies te identifiseer en aan te spreek. Die dagbestuur van hierdie inisiatief is Francois Theron, Stephan Landsberg, Christine Marais, Hester de Kock en Dale Heramb. “Ons is ‘n klein kernspan, maar ons uitgebreide facebook en whatsapp-netwerke stel ons in staat om baie vining by baie mense uit te kom en die breër gemeenskap te mobiliseer,” verduidelik Francois. Volgens Francois het Attie Barnard se afsterwe ‘n groot leemte in die gemeenskapsinisiatiewe in ons dorp gelaat. “Ons wil graag voortbou op die basis wat Attie die afgelope twee en ‘n half jaar help skep het. Met WAG/Stopmisdaad wil ons nie onsself beperk tot slegs openbare veiligheidskwessies nie, maar uitbrei om uiteenlopende gemeenskapsake aan te spreek. WAG/Stopmisdaad is ‘n vrywillige assosiasie en ‘n nie-winsgewende organisasie, wat die bestuur daarvan makliker maak,” verduidelik hy. Francois verduidelik dat die WAG-gedeelte van die inisiatief op gemeenskapskwessies sal fokus, terwyl die Stopmisdaad-been met gemeenskapsveiligheid gemoeid sal wees. “Ons het reeds ongeveer 4000 lede wat deel vorm

van ons netwerk op facebook en meer as 1500 mense wat d.m.v. whatsapp aan die groep verbonde is. Al hierdie lede geniet nie alleen die voordele van die groep se inisiatiewe nie, maar hulle word ook bemagtig om ‘n aktiewe, positiewe bydrae tot die verbetering en welstand van ons kosbare dorp te maak,” sê hy. Stephan Landsberg en Dale Heramb beaam dit. “Ons het whatsapp-groepe vir elke buurt of Blok en elkeen val onder ‘n koördineerder. Ons het ook ‘n baie goeie samewerkingsverhouding met die plaaslike SAPD en goeie strukture in plek met die verskillende sektoreenhede onder hulle jurisdiksie,” sê hulle. “Ons het ‘n persoonlike netwerk met plaaslike strukture, ‘n ‘information sharing’ verstandhouding met instansies wat die belange van die dorp op die hart dra. Ons netwerk is letterlik soos ‘n spinnerak wat baie goed binne die bestaande wetlike strukture kan funksioneer,” voeg Francois by. Een van WAG se inisiatiewe was om op Saterdag 18 Februarie aan die opruimingsaksie ná die brande in Bainskloof deel te neem. “Hierdie inisiatief was ‘n reuse-sukses. Die burgemeester, Conrad Poole, het dit selfs kom ondersteun. Ons hoop dat dit weer tot verdere samewerkingsooreenkomste en nog positiewe inisiatiewe sal lei,” sê Francois. Belangstellendes kan die WAG/Stopmisdaadgroep op facebook kontak vir lidmaatskap.

3

ATKV vereer onderwyser vir passie en uitlewing Andriëtte Smit, ‘n Afrikaans onderwyseres by Hugenote Laerskool is onlangs deur die plaaslike tak van die ATKV vir haar kreatiewe uitlewing van Afrikaans vereer. Volgens Tharina Schweidler van die ATKV vereer hierdie vereniging graag mense wat die Afrikaanse taal en kultuur bevorder. “Andriëtte is so ‘n persoon. Sy is passievol oor haar vakgebied, maar laat hierdie liefde ook na die jonger geslag oorspoel. "Sy doen regtig baie moeite en loods wonderlike projekte by haar skool,” het Tharina gesê. Andriëtte het die afgelope paar jaar veral op die ontwikkeling van leerders se redenaarsvaardighede gefokus en groot welslae behaal. Haar leerders het in die laaste drie jaar verskeie plekke onder die top tien individuele prestasies in die Wes-Kaap losgepraat, onder andere ‘n provinsiale derde plek behaal en boonop ‘n nasionale finalis opgelewer. Sy skenk ook spesiale aandag aan die leerders wat Afrikaans as addisionele taal praat en hierdie redenaars het ook uitsonderlike prestasies behaal. Volgens Andriëtte besef mense nie altyd hoe belangrik dit vir kinders is om te leer hoe om hulself behoorlik uit te druk en die selfvertroue te bou om voor mense te praat nie. “Verskeie studies het al bewys dat om voor mense te praat, een van die mensdom se grootste vrese is. "Wanneer ons dit op ‘n jong ouderdom aanspreek en kinders leer om krities te dink, logies te redeneer en hul standpunt duidelik en met selfvertroue te stel, is dit ‘n vaardigheid wat hulle op hul pad vorentoe beslis ‘n voorsprong kan gee,” sê sy. “Dit gaan nie noodwendig oor die kompetisie of oor wie wen nie, maar oor die aanleer van iets waarby elke kind in sy lewe kan baat vind,” gaan sy voort. Alhoewel daar talle ure en baie energie aan die intensiewe werkswinkels en lesse wat sy aanbied bestee word, is dit volgens Andriëtte beslis die moeite werd. “Wanneer ‘n mens sien hoe ‘n kind groei en selfvertroue kry, is dit eenvoudig een van die

Andriëtte Smit is ‘n Afrikaans onderwyseres aan die Hugenote Laerskool. wonderlikste dinge,” sê sy. Andriëtte se passie vir Afrikaans strek egter veel verder as net redenaars – sy organiseer ook jaarliks ‘n debataand waaraan Afrikaans- en Engels-sprekende leerders kan deelneem. Verder het sy ook ‘n Afrikaanse Taalweek by haar skool geïnisieer. “Tydens die Taalweek kry ek verskeie sprekers en reël verskillende interessante aktiwiteite wat die kinders se belangstelling in taal, woorde en lees sal bevorder. Dit is groot pret,” sê sy. Vir hierdie passievolle onderwyser is die ATKV-toekenning iets wat haar nederig laat voel. “Die toekenning is vir my ‘n eer. "Dit is lekker om te weet dat die dinge wat my opgewonde maak en wat ek graag aan kinders wil oordra, waarde het,” sê sy.


NUUS • NEWS

22 Februarie 2017

courant

dié

4

Daar is altyd lig

In ‘n tyd wat deur slegte nuus en donker vooruitsigte gekenmerk word, is dit partykeer baie moeilik om positief te bly. Dit is veel makliker om saam met die doemprofete te frons, lysies van al die moontlike dinge wat kan skeefloop te maak en om die bobbejaan agter die spreekwoordelike bult te gaan haal. Miskien is dit deel van ons ingeboude oorlewings-DNA. As ons ons staal vir die ergste, is enigiets minder mos ‘n bonus. Wanneer ‘n mens egter die mooi stories en die inspirerende mense van ons dorp leer ken, kan jy nie anders as om te weet dat alles nie verlore is nie. As jy die passie en entoesiasme van ‘n onderwyseres vir haar taal beleef, of wanneer jy van vrywilligers hoor wat op eie inisiatief leerondersteuning aan die inwoners van HAM gaan verleen, skyn daar lig deur die krake in ons gemeenskap. Sien jy boonop die vreugde en humor van ouer mense rondom iets “laf” soos Valentynsdag en verneem jy van vernuwing in die besighede op ons dorp, besef jy dat dinge nooit stagneer of stilstaan nie. Positiewe gemeenskapsinisiatiewe soos WAG/Stopmisdaad, skaakspelers wat, ten spyte van moeilike omstandighede, die hoogste sport bereik en ‘n lewendige kultuurlewe is mos ‘n bewys van hoop. Al is die lig soms wankelend, soos die titel van Gerard Scholtz se boek wat hierdie week weer uitgereik is sê, is dit altyd daar. Breyten sluit aan by hierdie gedagte as hy die volgende by die Bôrdienghuis kwytraak: “Ons moenie in ons verskille vaskyk nie. Ons moet begin kyk hoe ons verskille ons kan verryk.” Aan die einde van die tonnel, rondom die donker wolk en op plekke waar jy dit soms die minste verwag – mag jy die lig raaksien.

Dis Goeie Nuus

dr. Andrew Bosman

Die koningkryk van die hemel

Johannes die Doper het begin preek en vir die mense gesê dat hulle hulle moet bekeer, want die koninkryk van die hemel het naby gekom. Jesaja het sewehonderd jaar voor Johannes van hom gespreek, dat hy Johannes die weg van die Here sou voorberei, en sy paaie reguit maak. Baie van die volk Israel is deur Johannes gedoop met belydenis van hulle sondes. Hy het aan die Saddduseërs gesê dat hulle vrugte moet dra wat by die bekering pas. Jesus self het gesê dat die dissipels moet doen wat die Fariseërs en Sadduseërs sê, maar nie hulle voorbeeld moet volg met wat hulle doen nie. Paulus en Mattheus haal Jesaja aan wat skryf oor sy eie volk en sê dat hulle hart het stomp geword, en met die ore het hulle beswaarlik gehoor, en hulle oë het hulle toegesluit, sodat hulle nie miskien met die oë sou sien en met die ore hoor en met die hart verstaan en hulle bekeer en Ek hulle genees nie. Jesus verwys na die volk wat Hom eer met hulle lippe maar hulle hart is vêr van Hom af. En ons watter koninkryk dien ons? Ook een wat ons van praat maar nie met die hart volg nie.

Lig Wankelend weer bekendgestel Gerard Scholtz se debuutroman, "Lig Wankelend", is op Woensdag 15 Februarie by die Breytenbach Sentrum heruitgereik. Gerard, ‘n bekende “De Kat” joernalis en TV-aanbieder het hierdie boek op die lewensverhaal van Utte Reuter geskoei. Volgens Wikus van Zyl van Sun Media Uitgewers is die rede vir die heruitreiking van die boek eenvoudig. “Die boek is oorspronklik deur NB-Uitgewers uitgegee, maar was nie meer beskikbaar nie en het uit druk uit geraak. Hulle het die regte vir die publikasie aan die skrywer teruggegee en ons kon nie anders as om hierdie ongelooflike verhaal weer aan die publiek beskikbaar te stel nie,” sê hy. Tydens hierdie geleentheid het die gerekende uitgewer, Madri Victor, met Gerard Scholtz in gesprek getree. Sy het hom oor die oorsprong van die storie en skryfproses gepols. Volgens haar was die redaksie van hierdie boek een van die hoogtepunte in haar loopbaan. “As uitgewer hoop ‘n mens altyd op daardie één boek wat as ‘n debuut ‘n merk sal maak. ‘Lig Wankelend’ van Gerard Scholtz was beslis so ‘n boek. "Dit is wat ons in die uitgewersbedryf ‘n ‘unicorn’ noem – daardie een manuskrip wat op die ‘slush pile’ van debuutwerke uitstaan en ongelooflike potensiaal het,” het sy gesê. Ronel Geldenhuys, die regisseur wat die voorlesing van “Lig Wankelend” by RSG behartig het, was ook by die geleentheid. Sy het hulde gebring aan die skrywer en die ongelooflike materiaal wat hy met sy skryfwerk vir die luisteraars geskep het.

Volgens Gerard het hy van kleins af geweet dat hy eendag ‘n skrywer wil wees. Die storie van “Lig, Wankelend” het homself by hom kom aanmeld in die vorm van ‘n buurvrou wat oorkant hom op Rooi Els kom intrek het. Sy was Utte Reuter, ‘n Madri Victor (oorspronklike redakteur en uitgewer van die vrou van Duitse boek), Gerard Scholtz en Ronel Geldenhuys (regisseur van die afkoms wat na boek se voorlesing op RSG). die verskrikking van die Tweede Wêreldoorlog na ning van die musikale pa-en-dogter duo, Suid-Afrika gekom het om met die broer Gerhard en Klara Niemand. van ‘n penvriendin te trou. Hier, “Die hooftema van die boek gaan oor in ’n gestroopte ruimte, verlaat van al ontheemding, onthuising, ont-vaderlan- die mense om haar, sonder ding,” het Gerard verduidelik. haar geliefde Rilke-boeke en briewe, “Utte se verhaal word vertel vanuit dink Utte terug aan die liefde haar laaste tuiste: die kliniese wit kamer en die aard van haar lewe. Aan die in die tehuis waar sy vir Alzheimers opge- swaels en walvisse en Tierkop, neem is. die lindeboom in die agtertuin van "Dinge gebeur willekeurig met ‘n haar Leipzig‑huis, die kombuis mens na aanleiding van hoe jy jou brein met die porselein-opwasbak, die plakprogrammeer. Utte het gekies om swaar papier teen mure waar sy te kry, en ‘Lig, Wankelend’ is haar storie,” saans gelê en tel het tot sy aan die het hy gesê. slaap raak. Sy dink aan Christiaan Die heruitreiking van die boek is afgeen haar seuns. En aan Félix wat altyd rond deur heerlike plaaslike wyne, pizza’s maar agter ’n venster vir haar staan en uit die Bôrdienghuis se oond en ‘n verto- wag.

Wen kaartjies na Lizz Meiring se vertoning by die Ou Meulteater MET ANDER WOORDE, is ‘n slimsnaakse, energieke, warmhartige, vermaaklike, verbeeldingryke en oorspronklike nuwe eenvrouvertoning deur die multibekroonde aktrise, skrywer en regisseur, Lizz Meiring. Lizz, wat vanjaar haar drie-en-dertigste jaar in die vermaaklikheidsbedryf vier, kom maak spesiaal ‘n Kaapse draai, en as mens al drie-en-dertig jaar in die rare bedryf is, het jy baie om te sê. Kapenaars kan dus uitsien na ’n splinternuwe, verrassende vertoning met die klem op top klas vermaak. Met Ander Woorde is ’n versameling sketse, stories en vertellings uit die pen van die aweregse, eiesoortige Lizz Meiring wie met haar liefde vir woorde en woordspelings die woorde uiter wat ons soms lomperig kwytraak om ons eie en ander se menslikheid te verstaan. Daar’s komiese inhoud, meer ernstige temas en als tussenin, want soos Lizz altyd sê “is lag en huil, ironie, satire en patos mos maar ‘n mespunt fyn van mekaar. “ Lizz vertel in die stuk ook grepe uit haar eie lewe en loopbaan die lastige ongemaklikhede van kunstenaar wees, en die triomfantlike ontsnapping van kreatiwiteit. Kaartjieprys: R120-00 (Kaartjies beskikbaar direk by die Teaters). Toerdatums: 28 Febuarie 2017 Stellenbosch Drostdy Teater Besprekings: 087 943 2459 / info@drostdyteater.co.za 1 Maart 2017 Paarl OU Meul Teater Besprekings: 082 464 2883 / michelle@oumeulteater.co.za

Wen!

Twee gelukkige leser staan 'n kans om 'n dubbelkaartjie na dié vertoning te wen. Sms jou naam, van, tuisdorp en antwoord op die onderstaande vraag na 084 8333 813 voor 24 Februarie om in aanmerking hiervoor te kom. Vraag: Wat is Lizz Meiring se nuutste verhoogstuk se titel?


NUUS • NEWS

Make every RAND count. Spread for bread

BUY 2 FOR

5

22 Februarie 2017

PnP Bulk Country Classic Boerewors

R

Per kg

Per kg

R

44

95

D’Lite 37% Fat Spread 1kg Tub

Humpty Dumpty Large Eggs 30s

Lancewood Cottage Cheese Assorted 250g Each

R

R

R

40

39

99

59

no nameTM Fresh Chicken 4 Thighs and 4 Drumsticks

22

99

Dairymaid Country Fresh Ice Cream Assorted1.5/1.8 Litre Each WAS R49.99

Fair Cape Eco Long Life Fresh Milk Assorted 6 x 1 Litre Per Pack

Iwisa No1 Super Maize Meal 2.5kg

PnP White Sugar 2.5kg

R

39

99

R

59

99

Exclusive to Smart Shoppers. Excl Purchase Purc c any 3 participating Tiger Tige e Brands products and swipe your Smart Shopper card for automatic entry. Sma See in-store for details.

Competition runs 20 February – 8 May 2017. Standard terms and conditions apply. Visit www.picknpay.co.za. E&OE.

Spekko Long Grain Parboiled Rice 2kg

R

21

Golden Ray Cooking Oil 2 Litre

99

R

36

R

99

22

99

R

34

99

PRICE PER NAPPY

Size 2 66s Size 3 58s Size 4 50s Size 4+ 44s Size 5 44s

R2.85 R3.24 R3.76 R4.27 R4.27

SAVE R7

Pampers Active Baby Disposable Nappies Assorted Jumbo Pack Per Pack WAS R229.99

R

187

99

Save big on fruit and veg this Feb.

PnP 2 Ply Toilet Tissue Assorted 9s Per Pack

Nescafé Cappuccino Assorted 10s Per Pack

Coca-Cola Regular, Fanta, Sprite or Stoney Assorted 2 Litre Each

R

R

R

42

99

+

Selected prices even lower than last year.

PnP Plums Per kg

R

19

99

BUY 2 FOR

42

99

PnP Royal Gala Apples 1.5kg

R

40

BUY BOTH FOR

SAVE R30

R

184

WAS R214

Castle Lite 24 x 330ml Cans or 24 x 340ml Non-returnable Bottles Per Case

BUY ANY 3 FOR

R

29 159 R

99

J&B Rare Blended Scotch Whisky 750ml

no nameTM Potatoes and Onions 7kg

R

70

Alcohol Not for Sale to Persons Under the Age of 18. Drink Responsibly.

Promotion valid at Pick n Pay Supermarkets and Hypermarkets in Western Cape excluding George, Jeffreys Bay, Knysna, Mossel Bay, Oudtshoorn, Plettenberg Bay, Camps Bay, Express, Local stores and Franschhoek Daily. Butchery lines not applicable to Bellville and Lakeside. Promotional stocks are limited. Prices include VAT, where applicable. Smart Shopper terms and conditions apply. No traders. E&OE. Selected products may not be available at all stores. Selected products have been styled for photography. Visit www.picknpay.co.za, or call 0800 11 22 88. Cellphone rates apply.

Shop online at www.picknpay.co.za PRICES VALID 23 - 26 FEBRUARY 2017 AT PICK N PAY SUPERMARKETS AND HYPERMARKETS IN WESTERN CAPE MMWCHS1143

13

49

Simba Potato Chips Assorted 125g


6

22 Februarie 2017

NUUS • NEWS

ATKV vat die pad: Die ATKV da-

mes reël elke jaar ‘n bus wat ‘n groep dames uitneem vir die dag. Ons was in die verlede Biscuit Mill toe, maar hierdie jaar gaan ons na die Root 44 Mark te Stellenbosch. Dit is ‘n heerlike dag van lag, gesels, eet en samesyn en dié wat wil inkopies doen, kan ook so maak. Die uitstappie beloof om beter as enige terapie te wees en jou te laat voel asof jy met ‘n week se vakansie weg was wanneer jy terugkom. Die bus vertrek Saterdag, 11 Maart 2017 om 09:00 vanaf die NG Kerk Wellington-Oos se parkeerarea en sal weer teen 16:00 terugwees. Kaartjies is ‘n R100pp en is beskikbaar by Chalene Landsberg (chalenelandsberg@yahoo.com) of by die Wellington Museum.

Learners vaccinated against measles There are currently 9 confirmed cases of measles and all patients have been treated and are recovering. In an effort to prevent any more people from contracting the illness, the Western Cape Department of Health is acting in line with World Health Organisation’s (WHO) Outbreak Response Protocol which advises mass vaccination to the affected areas and surrounds. Since the beginning of February and especially during the last 12 days, approximately 15 500 learners and children (less than 5 years old) in affected areas in Stellenbosch and vulnerable areas in the Drakenstein, have been vaccinated against measles. This is an average of 1230 children a day. A target of 80% coverage needs to be achieved to create immunity, as of yesterday afternoon a remarkable 78% coverage had already been achieved. All available staff was deployed in these areas, visiting schools, crèches and even going

door to door, irrespective of the heat. These dedicated staff members rallied to ensure that vulnerable kids are vaccinated. We are positive that they will achieve the target of 80% by the end of today. Western Cape Minister of Health, Nomafrench Mbombo stated, “I want to thank the many role-players involved in the outbreak response, these include colleagues at Education and private health providers and behind the scenes health staff, for their role in reaching our goal of 80%. However it is the spirit in which the health teams have organised themselves in the last 12 days that is remarkable, it is truly this dedication to community health that makes being part of this department a pleasure.” When an outbreak is confirmed, the first action is to vaccinate all those who are closest to the point of the outbreak, in this event; these were the learners attending the three high

schools in Stellenbosch. The second phase is to vaccinate those situated just outside of the initial outbreak, but who may be at risk of contracting the illness; these are children between 6 – 59 months who live in the Stellenbosch area. During the last two weeks, health teams visited crèches and communities in Stellenbosch and Drakenstein to vaccinate children less than five (59 months) years. The third measure is to vaccinate children attending primary schools, in the affected areas, this process will start next week and includes all 88 Primary schools in the Drakenstein and Stellenbosch areas, with a total of 52 307 learners to be vaccinated. Parents of primary school children in these areas need to make sure that they sign and return the consent form, allowing us to vaccinate your child. The last measure to ensure effective coverage is to roll out vaccination to all children less than 5 years old. As from *Monday 20 Feb to

10 March 2017, all children 6 – 59 months in the Western Cape will be immunised by our health teams (*Some areas will start on the 20th, and few will follow on the 27th of Feb, depending on resource availability). To achieve the 80% coverage and protect our children, everyone needs to work together, parents need to take kids to their clinic or healthcare provider, in addition to this, health teams will visit crèches and communities to ensure that as many children as possible are vaccinated. Parents and caregivers should note that campaigns such as this measles campaign do NOT replace the routine vaccination and evaluations that your child needs to have. Please keep your child’s Road to Health Booklet handy and remember to take it with you when you visit the clinic or health care provider; parents can also send the booklet along to the crèche, so that the health teams can note the measles booster shot in the booklet.


NUUS • NEWS

22 Februarie 2017

Wellington Spar spog met nuwe voorkoms 'Ons wil ons diens aan gemeenskap bewys' Wellington Spar gaan op Saterdag 25 Februarie met trots sy herbekendstelling aan die gemeenskap vier. Hierdie geleentheid beloof om ‘n heerlike makietie met talle aktiwiteite en gelukspryse vir oud en jonk te wees. Volgens Spar se nuwe eienaar, Bennie Pretorius, is hy trots om die ou, bekende winkel in sy nuwe gedaante en met sy nuwe inisiatiewe en planne aan die mense van die dorp bekend te stel. “Ons is so bevoorreg om deel van die wonderlike, plattelandse gemeenskap van Wellington te wees. "Met hierdie herbekendstelling beplan ons ‘n heerlike dag vir die dorp se mense. "Ons wil ons regtig opnuut tot diens aan die gemeenskap verbind en ons wil hierdie geleent-

heid gebruik om dit vir die mense te wys,” sê Bennie. Volgens hom sal die joligheid al vroegoggend afskop en die hele dag lank duur. “Die plaaslike Radio KC kom saai Saterdag lewendig vanaf ons perseel uit en sal ons aktiwiteite en promosies deel van hul program maak. Ons is baie opgewonde daaroor,” vertel hy. Benewens die radio-uitsending sal die bemarkingsveldtog ook talle stalletjies van Spar se verskeie verskaffers insluit. “Mense sal na hartelus kan proe aan al ons kwaliteit-produkte,” sê Bennie. “Daar gaan boonop ook vele gelukkige trekkings deur die loop van die dag plaasvind en mense sal balonne met geheime pryse en afslagbewyse by die betaalpunte kan bars,” verduidelik hy verder.

7

PROMSIE: Wellington Spar


8

22 Februarie 2017

PROMSIE: Wellington Spar

Nuut: Die Wellington Spar het ‘n splinternuwe blaadjie omgeslaan en spog ook met nuwe eienaars. Hier is Johan Kleynhans (bestuurder), Bennie Pretorius (nuwe eienaar) en Frans van Jaarsveld (bestuurder).

NUUS • NEWS


NUUS • NEWS

9

22 Februarie 2017 PROMSIE: Wellington Spar

Wellington Spar:

‘Ons leuse is: Ridiculously Awesome Vervolg van bladsy 7... ‘n Heerlike potjiekos-kompetisie sal ook deel van die feestelikheid wees. “Die vure gaan brand, die musiek gaan speel en die potte gaan prut. Dorpenaars gaan dit uitspook vir die lekkerste potjie,” sê Bennie. Volgens hom is die herbekendstelling van Spar deel van hul poging om die nuwe eienaars aan die gemeenskap bekend te stel. “Ons wil onsself ook opnuut weer by die gemeenskap inlyf”, verduidelik hy. “Ons fokus by Wellington Spar val beslis op uitstekende dienslewering. "Onder die nuwe eienaarskap wil ons dit na ‘n nuwe vlak neem. Ons is deel van hierdie wonderlike gemeenskap en ons wil deel wees van die Wellington-familie. "Ons is in die eerste plek ‘n gemeenskapswinkel,” sê Bennie. Die hele personeel is vuur en vlam oor die herbekendstelling van die winkel. “Ons het besluit om nie net in die gemeenskap nie, maar ook in ons personeel te belê,” sê Bennie. “Dit is tog die twee pilare waarsonder ons nie sukses kan behaal nie.” Dit lyk asof daar geen perke aan die positiewe planne en energie van Spar se nuwe bestuur is nie. “Ons nuwe leuse is: ‘Ridiculously awesome’. En ons wil dit regtig op alle vlakke wees. "Ons is baie dankbaar vir die plaaslike gemeenskap se lojale ondersteuning en wil hulle met ongekende ‘awesomeness’ en goeie diens beloon,” sê Bennie.

Ons is eerstens ‘n gemeenskapswinkel.

Bennie Pretorius (eienaar)

Bennie Pretorius (middel) is die trotse nuwe eienaar van Wellington Spar.

Smalls •

Geklassifiseerd

GELUKWENSING CONGRATULATIONS ZENOBIA LE FLEUR - 25 Februarie. Geluk met jou 18de verjaardag. Ons eie "legal eagle" Geniet!!. Baie liefde - Mammie Chrizaan, Timo,Tristan en Keagan #3906 ----Veels geluk op jou 18de verjaarsdag my liefste meisiekind. Geniet jou dag - Oom Fare #3907 ----Geluk Noby. Mag dit vir jou 'n pragtige en voorspoedige lewens-jaar wees. Liefde - Aunty Sarah, uncle Herman & Nicky #3908 ---------------------------IMRAAN ALLIE - The Apple of my eye. Mubarak on your Eight Birthday. Lots of love Mom #3911 ----------------------------FRANCEEN ARNOLDS 25 Februarie. Baie geluk met jou 18de verjaardag. Van: Oom Hennie & Auntie Fren, jou Pa en broer #3909 ----------------------------JAYDEN JACOBUS - 22 Februarie 2017 - 'n Baie geseënde 15jarige verjaarsdag word jou toegewens. Wees altyd voorbeeldig. Spreuke 3:6. Ouers - James, Elocinda en broers Emile & Kyle #3910 ---------------------------AMY ROLLISON - 13 op 28 Februarie. Baie geluk aan 'n wonderlike kind en suster. Bly die lieflike kind wat jy is Ma en Micaela #3912 ----Aan 'n baie spesiale dogter op haar 13de verjaarsdag. Pa is baie lief vir jou.Geniet jou dag - Jou liefste pa (Stanley) #3913 ---------------------------IVANDRÉ BERLING - 5 Jaar oud op 28 Februarie. Baie geluk grootman. Geniet jou dag - Van al die familie #3914 ---------------------------SHENEKE WILLEMSE - Baie geluk met jou verjaardag. Jy is vandag al vier jaar oud. Ons is so dankbaar. Baie liefde - Daddy en Mammie #3915 ----Jy is al weer vier jaar oud klein vegtertjie. Lekker verjaar, jy is ons alles - Oumas, April & Willemse familie #3916 ----------------------------CELESTINE - 27 Februarie. Gelukkige 50ste verjaarsdag. Dankie vir al die ondersteuning en liefde. Van: Man, seuns en kleinkinders #3917 ----Happy 50th Birthday! Thanks for everything. May God bless you

with many more years. Love - Lynnchen, Marvyn, Ashlynn & Maayah #3918 ----------------------------WILENE. Geluk Sus. Mag jy 'n wonderlike lewensjaar hê. Baie liefde - Loving friends #3919 ----------------------------MOSELINE - 21 Februarie. Geluk met jou verjaardag. Mag God nog vele jare by jou lewe voeg - Ma, Pa, suster, broers, vier tannies, twee oumas, Oupa en vyf ooms #3920 ----------------------------BRITNEY ALKASTER - 25 Februarie 2017. Baie geluk met jou tweede verjaardag. Liefde Fortune, Aletta, Leigh en Fergal #3921 ----------------------------CHRISTELLE PIETERS - 20 Februarie. Gelukkige 30ste verjaarsdag. Geluk, vrede en voorspoed. Baie liefde - Pieters en Cleophas familie #3922 ----Geluk Mammie met u verjaarsdag. Liefde altyd Chowen en Cayden #3923 ----------------------------THERESA MULLER - 23 Februarie. My dierbare vrou, geluk met jou verjaardag. Mag daar nog vele wees. Jou man Cornil, Corbun & Sharnell #3924 ----Geluk met 40ste verjaarsdag. Alles wat mooi is. Die Here seën. Baie liefde. Jou suster Landi, Marius & kinders #3925 ----Baie geluk met die "naughty 40". Ken die Here in al jou weë, en Hy sal jou paaie gelykmaak - Mammie Fien en familie #3926 ----------------------------OLGA CLAASENS - 23 Februarie. Geluk met jou verjaarsdag. Wees altyd die pragtige vrou. God seën jou. Van: Landi, Marius & kinders #3927 ----------------------------MYSIE CUPIDO - 20 Februarie. Geluk my dierbare vrou met jou verjaarsdag. Baie lief vir jou. Die Here seën - Jou manlief, Tin en kinders #3928 ----Geluk Mysie. Dankie vir die wonderlike vrou wat jy is. Die Here seën. Ons is baie lief vir jou - Cupido familie #3929 ----------------------------RENESMEE - Happy birthday. Have a nice and blessed day. We will always love you. Mom, Dad, Oumie, Oupie, Sus and Lykie #3930 -----------------------------


10

NUUS • NEWS

22 Februarie 2017

Gedenkrit: ‘n Gedenkrit vir die fietsry-

er Delene Boonzaaier is Saterdag in die Paarl gehou. Boonzaaier, ‘n kranige fietsryer, is in Januarie oorlede toe sy getref is buite Wellington. Die gedenkrit is deur haar vriende en familie saamgestel vir die bewusmaking van fietsryer-veiligheid. Die rit het by die Boland College weggespring, met haar vriend, Brendan Voigt, wat as die agterste ryer, die optog vervolmaak het.

Get in stride for the Pick n Pay Women's Walk Don’t miss the very first Pick n Pick Women’s Walk of 2017, taking place on Saturday, 25 February in the beautful surrounds of Stellenbosch, as part of the Stellenbosch Wine Festival presented by Pick n Pay. Men and children are invited to join in the fun too – everyone is welcome to sign up and support PinkDrive, an organisation that works tirelessly to provide women around South Africa with breast-cancer with examinations and education. PinkDrive has a station at every walk where they offer free breast examinations, as well as the opportunity to talk to a representative about any breast-related matters. A walk village will be set up on the Coetzenburg cricket field, which will also be the start and finish points of the walk. Walkers will be treated to a host of fun activities on the day, including great live entertainment. Delicious hot and cold snacks, such as yummy boerie rolls, will be for sale at the Pick n Pay Food stand before and after the walk.

Once the walk is over, it will be time to relax and enjoy the lucky draws. There’s even a ‘best-dressed’ prize, so if you’ve been waiting for the perfect opportunity to wear your pink feather boa or onesie, this is it! You can also sample delicious smoothies from our nutrition partner, Futurelife, and take some home too for the family to try. To round off the day, everyone who finishes the walk will be presented with a medal and a bag choc-full of goodies.

Sound good? Then make sure you get down to your nearest Pick n Pay and sign up. Bring your walk number over to the Stellenbosch Wine Festival on either Saturday 25 or Sunday 26 February and only pay R100 (usual price R190) for your festival ticket. Your ticket will include unlimited wine tastings, a tasting glass and cashless card. Children between the ages of 12 and 17 with a race number get free entrance, instead of the usual R60, but do not receive a tasting glass and cashless card (children under 12 get in free).

Event Date: Saturday, 25 February 2017 Event Venue: Coetzenburg cricket field, Stellenbosch Gates open: 7am Walk start time: 8am Cost of Entry: R30 (Child under 18); R65 Adult Entry points: Pick n Pay Somerset Mall Pick n Pay Stellenbosch CBD Pick n Pay Waterstone Pick n Pay Wellington Pick n Pay Franschhoek Pick n Pay Paarl Mall Enter online at www.webtickets.co.za Event Pack Collection Dates: 20 – 24 February Event Pack Collection Venues: Pick n Pay Wellington (20 February) Pick n Pay Franschhoek (21 February) Pick n Pay Paarl (22 February) Pick n Pay Stellenbosch CBD & Somerset Mall (23 – 24 February) Event Pack Collection Times: 10am – 6pm


NUUS • NEWS

11

22 Februarie 2017

Breytenbach by Breytenbach:

Breyten Breytenbach het Saterdag op Wellington die vermenging van Afrikaans bespreek. By hom is Anne-Ghrett Erasmus (sentrum-bestuurder) en professor Andries Bezuidenhout.

Dagboek • Calender

Wellington CLC Matriek-aandklasse by Wellington CLC., Hospitaalstraat. Dinsdae en Donderdae vanaf 18:00 tot 20:00. Navrae skakel 021 864 2418 Wellington Rugby Klub Hiermee nooi ons alle oud en nuwe belangstellendes uit om vanaf Januarie 2017, elke Maandag, Dinsdag en Donderdag Wellington Rugby Klub se voorbereiding vir die 2017 seisoen by te woon. Oefening sluit padwerk in, so bring jou drafskoene saam. Ons eerste oefening is 5 Januarie 2017 vanaf 19:30 by Wellington Rugby Klub reg langs Boland Stadion. Vir meer inligting kontak Jaco van Deventer 081 488 5457 of Francois Coertze 083 443 3081

Krieket: Die o.19A-krieketspan van Hugenote Hoërskool het in ‘n interskole kragme-

Hillcrest United Rugbyklub Hillcrest United rugbyklub se voorseisoen is sterk aan die gang op Dinsdae, Woensdae en Donderdae te Pelikaan Park-Wellington vanaf 19:00. Die bestuur en afrigter nooi dus alle spelers wat nog wil deel word om spoedig aan te kom sluit. Die span van Wellington speel 3 vriendskaplike wedstryde soos volg: 18 Feb. 2017 - Worcester Villagers in Worcester. 25 Feb. 2017 - Saldanah RFK in Saldanah 4 Maart 2017- Mamre RFK op Pelikaan Park. Vir meer inligting kontak die klub sekretaris: Mnr

Jovan-ré W Cupido - 073 296 3575 of jovanrewc@ gmail.com Roses United Rugby Club 17 February: Come and join us for a Valentines Ball at Wellington High School at 19:00. Costs R80,00 for a picnic dance Further enquiries contact - Denzil Domoney at 078 864 5073 / 021 868 2030 Hugenote Hoërskool 21 Februarie: Kom wees deel van die kroning van Mnr & Mej Huguenote 2017 om 19:00 by die Huguenote Hoërskool. Die gaskunstenaar is Schalk Bezuidenhout Wellington Lions 25 Februarie: Die Wellington Lions bied aan Kaapland Boereorkes by die Hugenote Laerskool om 19:00. Kostes beloop R75 per persoon. Eie drank en verversings. Navrae kontak Amanda by 083 661 9823 Afrikaanse Taalmonument 10 Maart: Amanda Strydom en Jak de Priester hou piekniekkonsert by die Taalmonument Tuinteater. Die piekniekreeks is ten bate van Afrikaanse Taalmuseum en -monument se Laat ons Lees-projek vir kinders

ting teen die span van die Hoërskool Swartland op Malmesbury te staan gekom en as oorwinaars van die veld gestap.

Kerke • Churches

Anglican Church Sunday morning: April to Sept at 08:00; Oct - March at 07:30; Wed. Morning : 09:30 (end Jan to mid Dec); 4 Milner Street, Wellington. Enquiries: 021 873 1425. Joshua Generation Sunday morning 09:00 (English), Sunday evening (Afrikaans) 17:00. Provence, Milner Road. Enquiries: 021 873 6541. Kerk van Macedonië Sondagdiens om 10:00; Groenberg. Navrae: 062 836 1316 of 074 608 0519

NEW Sunday morning at 09:00 (English service); HJN Training Centre, College Street, Wellington. Enquiries: 082 355 3280. NGK Moeder-gemeente Sondagoggend om 09:00, Sondagaand-diens Leefkerk om 18:00. H/v Kerk- en Piet Retiefstraat, Wellington. Navrae: 021 873 1561. NGK Noord-gemeente Sondagoggend om 09:30: MacCronestraat 11, Wellington. Navrae: 021 873 2763.

NGK Wellington-Oos Sondagoggend om 9h00 en Sondagaand om 19h00 h/v Barlinka en Cummingsstraat, Wellington. Navrae : 021 873 2690 St George's Presbyterian Church Sunday mornings at 09:30 (English); 22 Jan van Riebeeck Street. Enquiries: 021 873 2021. Shofar Sondagoggend om 09:00 Laerskool Hugenote, Kerkstraat 41. Navrae: 021 873 7677.


12

courant

NUUS • NEWS

dié

22 Februarie 2017

WELLINGTON SPORT

Tel: 022 487 3221

22 Februarie 2017

Uitslae Results TENNIS Huguenote se eerste meisiespan wen die Agnes Pauw-tennistoernooi. Uitslae soos volg: Wen teen Bredasdorp 25-6 Wen teen Piketberg 31-0 Wen teen HMS Paarl 21-10 Wen teen Dirkie Uys 19-12 Wen teen Paarl Gim19-12 Hugenote wen krieket Interskole 2017 Hugenote 19A 168 almal uit. Shaun Swanepoel 50 en Jaymain Steyn 29. A Serdyn 3/18. Swartland 121/10. A Serdyn 54. Francois Marais 4/19 en Jan-Dev Lategan 3/9. Hugenote wen met 47 lopies

Newton: Die Newton-rugbyklub het Saterdag na Abbotsdale gereis en in ‘n vriendskaplike wedstryd solank die litte vir die komende

Klubrugby (vriendskaplike wedstryd) United 19, Newtons 19

rugby-seisoen begin losmaak. Bo gee Tyrone Baron van Newton ‘n bal uit na ‘n spanmaat. Foto: David Howburgh

•LEERDERS BLINK REEDS GERUIME TYD AL UIT IN SKAAK

Wellington Hoërskool maak skuiwe

Wellington Hoërskool is reeds vir talle jare bekend vir hul uitstaande prestasies in skaak. Sedert 2011 is hulle jaarlikse deelnemers aan die nasionale skaak-skoolkampioenskappe en het hulle al talle kere sukses by hierdie kompetisie behaal. Dit is veral die skool se meisie-skaakspan wat die ander skole in die Wes-Kaap en die land tydens kragmetings uitstof en hulle was al herhaaldelik die Wes-Kaap se skaakkampioene. Volgens Cecil Cupido, onderwyser en skaakafrigter by Wellington Hoërskool, is dit ‘n prestasie waarop hulle baie trots is. “Ons meisiespan presteer al vir baie jare uitstekend en ons is ontsettend trots op hulle. Dit is lekker om te weet die groot skole in die Wes-Kaap se broeke bewe wanneer Wellington Hoër by ‘n kampioenskap opdaag,” sê hy. Die skool se gesamentlike span presteer ook goed en hulle het in 2016 algeheel tweede in die Wes-Kaap geëindig, net ‘n kortkop agter Paul Roos Gimnasium. “Onthou, ons speel teen al die groot kanonne in die Kaap. Al daardie prestige-skole wat nie ‘n tekort aan hulpbronne het nie en die top-leerders op alle terreine huisves. En ons sit vir hulle ore aan,” vertel Cupido trots.

Wellington Hoërskool het ook individuele leerders wat uitstekend in skaak presteer. “Een van ons leerders, Allister Matthys, haal elke jaar die Bolandspan vir skaak. Hy was in 2015 in die SA-span wat genooi is om in Botswana te gaan speel. In 2016 was hy ook deel van die SA Closed en Open-spanne. Boonop is hy verlede jaar as Boland se Sportman van die Jaar aangewys vir sy prestasies is skaak,” sê Cupido. Allister het onlangs ook presteer deur verlede maand die Nelson Mandela Rapid Chess-kampioenskap se hoërskool-afdeling te wen. Hy het hierdie naweek ook aan die Boland sentraal skaak-kampioenskap deelgeneem en weer vir die Bolandspan gekwalifiseer. Ten spyte van hul leerders se goeie prestasies, is dit soms vir die kinders moeilik om aan al die toernooie en kampioenskappe deel te neem. “Ons kinders mis telkens die geleentheid om oorsee of in ander provinsies te gaan deelneem omdat hulle eenvoudig nie die geld bymekaar kan maak om vir hul vervoer en verblyf te betaal nie. "Die toernooie in ander lande en provinsies kos duisende rande en dis jammer dat ‘n kind in ‘n provinsiale of nasionale span nie sulke geleenthede kan benut nie,” sê Cupido.

Bo: Cecil Cupido (skaakafrigter, onderwyser en voorsitter van die Wes-Kaap Skolespan), Allister Matthys (Boland Sportman van die Jaar) en Sahyda Abrahams (bestuurder). Hulle laat hulle egter nie deur hierdie toedrag van sake onderkry nie en berei elke jaar voor om die hoogste sport te bereik en weer as die

skaakkampioene van die Wes-Kaap uit die stryd te tree. Wellington Hoërskool se skaakspelers is voorwaar ‘n klomp vasberade slimkoppe.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
408 die courant wellington by DieCourant - Issuu