courant
1 Wellington
dié
15 Februarie 2017
• Free • Gratis
Wes-Kaap se #1
Bou saam met goeie nuus
Uitgawe 407
15 Februarie 2017
Hillary op die kassie
Kwêla-span besoek inspirerende Wellingtonner. Hillary Geslin, ‘n 17-jarige leerder van Wellington Hoërskool wie se motiveringsboek verlede jaar deur ‘n Amerikaanse uitgewer uitgegee is, gaan eersdaag op ‘n Kwêla-insetsel verskyn. Die Kwêla-span het haar Dinsdag besoek om haar mooi storie met die res van die land te deel. Hier is Hillary saam met die tegnici en die aanbieder, Johnny Davids, besig om die skote te bespreek.
•GESOGTE EUGENE MARAIS-TOEKENNING WINK
‘Dig - my uitlaatklep’ •Jaomi Zeeman
Struikelblokke is vir Gaireyah Fredericks, digter van Wellington, geen klip in haar pad nie en rol sy hulle weg om haar droom te verwesenlik. Sy is ook nou vir die Eugene Marais Literêretoekenning benoem. Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns het haar in Januarie vanjaar gekontak om haar van hierdie benoeming in kennis te stel. Sy is vir haar werk in haar digbundels, “Kaaps is Hollands” en “Mientjies”, benoem. Volgens Gaireyah was sy aanvanklik heeltemal uit die veld geslaan deur die benoeming. “Ek het vir ‘n week lank net elke dag die epos gelees en weer gelees en probeer seker maak ek verstaan wat hulle vir my sê. Ek dog dis dalk ‘n kompetisie waarvoor hulle wil hê ek moet inskryf of iets. Uiteindelik het ek besef dis ‘n benoeming. Dit was ‘unreal’,” vertel sy. Gaireyah het ‘n paar jaar gelede, onder leiding van die bekroonde digter Diana Ferrus, by die Breytenbach-sentrum aan ‘n poësie-projek deelgeneem. “In daardie stadium was ek op ‘n laagtepunt in my lewe. Dinge het nie lekker geloop vir my nie en die gedigte wat ons by Diana geskryf het, het ‘n uitlaatklep vir my probleme geword. My eerste gedigte was vreeslike wroegende stukke,” sê sy. Intussen het haar dig- en skryfkuns gegroei en ontwikkel en het sy begin om sosiale kwessies in haar skryfwerk en gedigte aan te spreek of uit te lig. Sy het al twee van haar eie digbundels self
Gaireyah Fredericks is benoem vir die Eugene Marais Literêre-toekenning. uitgegee. Sy skryf in Kaapse Afrikaans en sy het in skrywers- en digterskringe vir haar eerlike, intuïtiewe styl bekendheid begin verwerf. Gaireyah gebruik haar skryfwerk op verskillende platforms. Behalwe vir die drama-tekste waarmee sy reeds vele benoemings en toekennings ontvang
het, is sy ook saam met Diana Ferrus by ‘n poësie en drama inisiatief onder gevangenes by die Drakenstein Gevangenis betrokke. “Ons noem dit die 27/27-projek. Nelson Mandela was vir 27 jaar in die tronk, maar hy sou ook hierdie maand 27 jaar weer vry gewees het. Daar word ‘n publikasie vir volgende jaar met die gevangenes se gedigte beplan. Nelson Mandela sou dan 99 jaar oud wees,” vertel sy. Gaireyah is in Maart by drie produksies van die Woordfees op Stellenbosch betrokke. Sy gaan ook saam met Daniël Hugo en Shimoné Rhode by die KKNK optree. Boonop verskyn haar bydraes in die nuwe boek, “Ons kom van vêr”, wat oor die lewe en werk van Adam Small handel. Daniël Hugo het haar onlangs as “2016 se grootste verrassing” in die literêre landskap beskryf. Nou is hierdie nederige, outentieke plaaslike talent vir een van die grootste Afrikaanse literêre pryse benoem. “Dit lyk my die grense is besig om te skuif. Ek is ‘n bruin, Moslem vrou wat in Kaaps skryf. Ek het niks grade agter my naam nie. Ek skryf uit my gutt uit en ek skryf oor issues waaroor daar eintlik stilgebly word,” sê sy. Onder die vorige wenners van die Eugene Marais Literêre-prys tel groot name soos Audrey Blignaut, André P. Brink, Lina Spies, Antjie Krog, Marlene van Niekerk, Etienne van Heerden, Joan Hambidge en Marita van der Vyver. Wie weet, binnekort pryk Gaireyah Fredericks se naam ook miskien op die lys.
NUUS • NEWS