Skip to main content

407 die courant wellington

Page 1

courant

1 Wellington

dié

15 Februarie 2017

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

Bou saam met goeie nuus

Uitgawe 407

15 Februarie 2017

Hillary op die kassie

Kwêla-span besoek inspirerende Wellingtonner. Hillary Geslin, ‘n 17-jarige leerder van Wellington Hoërskool wie se motiveringsboek verlede jaar deur ‘n Amerikaanse uitgewer uitgegee is, gaan eersdaag op ‘n Kwêla-insetsel verskyn. Die Kwêla-span het haar Dinsdag besoek om haar mooi storie met die res van die land te deel. Hier is Hillary saam met die tegnici en die aanbieder, Johnny Davids, besig om die skote te bespreek.

•GESOGTE EUGENE MARAIS-TOEKENNING WINK

‘Dig - my uitlaatklep’ •Jaomi Zeeman

Struikelblokke is vir Gaireyah Fredericks, digter van Wellington, geen klip in haar pad nie en rol sy hulle weg om haar droom te verwesenlik. Sy is ook nou vir die Eugene Marais Literêretoekenning benoem. Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns het haar in Januarie vanjaar gekontak om haar van hierdie benoeming in kennis te stel. Sy is vir haar werk in haar digbundels, “Kaaps is Hollands” en “Mientjies”, benoem. Volgens Gaireyah was sy aanvanklik heeltemal uit die veld geslaan deur die benoeming. “Ek het vir ‘n week lank net elke dag die epos gelees en weer gelees en probeer seker maak ek verstaan wat hulle vir my sê. Ek dog dis dalk ‘n kompetisie waarvoor hulle wil hê ek moet inskryf of iets. Uiteindelik het ek besef dis ‘n benoeming. Dit was ‘unreal’,” vertel sy. Gaireyah het ‘n paar jaar gelede, onder leiding van die bekroonde digter Diana Ferrus, by die Breytenbach-sentrum aan ‘n poësie-projek deelgeneem. “In daardie stadium was ek op ‘n laagtepunt in my lewe. Dinge het nie lekker geloop vir my nie en die gedigte wat ons by Diana geskryf het, het ‘n uitlaatklep vir my probleme geword. My eerste gedigte was vreeslike wroegende stukke,” sê sy. Intussen het haar dig- en skryfkuns gegroei en ontwikkel en het sy begin om sosiale kwessies in haar skryfwerk en gedigte aan te spreek of uit te lig. Sy het al twee van haar eie digbundels self

Gaireyah Fredericks is benoem vir die Eugene Marais Literêre-toekenning. uitgegee. Sy skryf in Kaapse Afrikaans en sy het in skrywers- en digterskringe vir haar eerlike, intuïtiewe styl bekendheid begin verwerf. Gaireyah gebruik haar skryfwerk op verskillende platforms. Behalwe vir die drama-tekste waarmee sy reeds vele benoemings en toekennings ontvang

het, is sy ook saam met Diana Ferrus by ‘n poësie en drama inisiatief onder gevangenes by die Drakenstein Gevangenis betrokke. “Ons noem dit die 27/27-projek. Nelson Mandela was vir 27 jaar in die tronk, maar hy sou ook hierdie maand 27 jaar weer vry gewees het. Daar word ‘n publikasie vir volgende jaar met die gevangenes se gedigte beplan. Nelson Mandela sou dan 99 jaar oud wees,” vertel sy. Gaireyah is in Maart by drie produksies van die Woordfees op Stellenbosch betrokke. Sy gaan ook saam met Daniël Hugo en Shimoné Rhode by die KKNK optree. Boonop verskyn haar bydraes in die nuwe boek, “Ons kom van vêr”, wat oor die lewe en werk van Adam Small handel. Daniël Hugo het haar onlangs as “2016 se grootste verrassing” in die literêre landskap beskryf. Nou is hierdie nederige, outentieke plaaslike talent vir een van die grootste Afrikaanse literêre pryse benoem. “Dit lyk my die grense is besig om te skuif. Ek is ‘n bruin, Moslem vrou wat in Kaaps skryf. Ek het niks grade agter my naam nie. Ek skryf uit my gutt uit en ek skryf oor issues waaroor daar eintlik stilgebly word,” sê sy. Onder die vorige wenners van die Eugene Marais Literêre-prys tel groot name soos Audrey Blignaut, André P. Brink, Lina Spies, Antjie Krog, Marlene van Niekerk, Etienne van Heerden, Joan Hambidge en Marita van der Vyver. Wie weet, binnekort pryk Gaireyah Fredericks se naam ook miskien op die lys.

NUUS • NEWS


2

15 Februarie 2017

•OORWELDIGENDE REAKSIE OP YOUTUBE

‘Aasvoëls’ se video raak vinnig ‘n internettreffer Die Wellingtonner Jeremeo le Cordeur het onlangs saam met sy vennoot Lance August ‘n promosie-video van Wellington gemaak. Hierdie video het binne ‘n kort tydperk groot gewildheid op die internet verwerf en die dorp en ‘n hele paar besighede en besienswaardighede ‘n verrassende hupstoot gegee. Jeremeo, ‘n oud-leerder van St. Albans Primêr en Bergrivier Sekondêr, is ‘n Wellingtonner in murg en been. Hy het na sy studies in die uitvoerende kunste aan die City Varsity na Wellington teruggekeer om sy eie produksiemaatskappy, Vulture Productions, te stig. “Ek het in 2010 my eerste show gedoen. Van daar af het dinge ontwikkel tot waar ons vandag is,” sê hy. Volgens Jeremeo wou hy met Vulture Productions ‘n platform vir werk skep. “’n Aasvoël is ‘n ding wat elke dag sy prooi gaan soek. Dit is vir my die perfekte metafoor vir wat ek in die kunste wil vermag. ‘n Mens moet jouself kan dryf om aanmekaar na nuwe geleenthede te soek en jou eie hulpbronne te skep. Dit is ‘n organiese proses en dit is presies wat ons by Vulture Productions nastreef en uitleef,” vertel hy. Lance August het in 2016 by Jeremeo aangesluit en hulle het besluit om hulle ook op kort video-insetsels toe te spits. “Mens begin mos maar altyd by dit wat aan jou bekend is. Daarom het ons ‘n video van Wellington gemaak – sommer ‘n paar goed wat ‘n mens hier kan doen en plekke wat ‘n mens kan besoek,” sê Jeremeo. Hulle het hierdie video op Youtube gelaai en is intussen verras deur die oorweldigende reaksie. “Ons het letterlik duisende ‘hits’ en ‘likes’ vir die video gekry. Nie net op Youtube nie, maar ook op

facebook en ander sosiale media platforms,” vertel hulle. “Ons het intussen ook al ‘n baie gewilde promosie-video vir ‘n besigheid op Wellington gemaak en mense het ons selfs al gevra om videos as trou-uitnodigings te maak,” vertel hulle. Jeremeo sê dat sy fokus aanvanklik meer op teater-produksies geval het. Hy het hom later ook op kunsproduksies, produksieplakkate, kort video-insetsels en advertensie begin toespits. “Wanneer ‘n mens in die kreatiewe veld werk, is dit baie keer soos ‘n kettingreaksie. Niks het vaste grense nie en die een gedeelte van ‘n kreatiewe proses lei dikwels tot ‘n volgende kreatiewe inisiatief,” sê hy. Jeremeo doen ook kunsfotografie en is baie nou by produksies van die Artscape Teater betrokke. “My goeie verhouding met Artscape en die werk wat ek daar kan doen, is vir my ‘n belangrike aspek van my werk as kunstenaar. Hulle ken my en vertrou my. Hulle weet wat

my werksetiek behels en dit is ‘n voorreg om soveel werk daar te kan doen,” vertel hy. Hy het reeds ‘n lang lys produksies by Artscape op sy kerfstok. “Ek vervul verskillende rolle tydens die produksies. Ek help soms opkomende kunstenaars om ‘n stuk aanmekaar te sit. Ek ken al die tegniese aspekte, ek is ‘n regisseur, ‘n vervaardiger en ‘n ontwerper. Ek is letterlik by elke aspek van ‘n teaterproduksie betrokke,” sê Jeremeo. Vra ‘n mens hierdie twee kreatiewe mense wat hul toekomsplanne by Vulture Productions behels, kom hul antwoord spontaan: “Ons wil ons dienste regoor alle kreatiewe grense uitbrei en veral op videos fokus. Ons wil ook geleenthede vir kunstenaars skep, terugploeg en ‘n legacy en vision vir mense nalaat.” Belangstellendes kan hulle by 074 746 7744 of productionsvulture@gmail.com kontak of hul webtuiste by www.vulture-productions.com besoek.

NUUS • NEWS

Breytenbach kyk na taal

Die “Hibrida” kunsuitstalling wat tans by die Breytenbach Galery te sien is, was die inspirasie vir ‘n oop gesprek oor die hibriditeit van Afrikaans. Niemand minder nie as Breyten Breytenbach self sal op Saterdag 18 Februarie met Andries Bezuidenhout by die Sentrum in gesprek tree. Hulle sal Afrikaans as “bastertaal”, die plek daarvan in die hedendaagse politieke, akademiese en sosiale klimaat, sowel as die pad vorentoe onder die loep neem. Breyten Breytenbach het reeds in 1976 in “’n Seisoen in die Paradys” gesê: “Ons is ‘n bastervolk met ‘n bastertaal. Ons aard is basterskap. Dis goed en mooi so. Ons moet kompos wees, ontbindend om wéér in ander vorme te kan bind.” In die hedendaagse idioom is daar weer duidelike pole en geskepte “sekerhede” en “suiwerhede”. Daar is inheems teenoor setlaar, burger teenoor immigrant, dié wat behoort teenoor dié wat moet skoert. In hierdie oop gesprek sal Breytenbach en Bezuidenhout hierdie dilemmas deurtrap. Kan ‘n waardering van die Kreoolse, die gemengde, die verbasterde – ons almal se kultivarversnit, al hierdie populistiese sekerhede minder selfversekerd maak? Waar staan ons nou en waarheen is ons op pad? Enigeen is welkom om by die gesprek aan te sluit en te luister wat Breyten Breytenbach en Andries Bezuidenhout oor die onderwerp te sê het. Belangstellendes kan voor 16 Februarie by 021-864 2988 / 083 415 0002 / galery@breytenbachsentrum.co.za hul teenwoordigheid bevestig.


NUUS • NEWS

15 Februarie 2017

•VAN BERGRIVIER TOT ARTSCAPE Wen ete-kaartjies

‘Ek is maar net ‘n gewone meisie’

na dié courant se Plaaskombuis

•Jaomi Zeeman Die oud-Wellingtonner Marlene le Roux gaan in Maart ‘n ere-doktorsgraad van die Cape Peninsula University of Technology (CPUT) ontvang. Sy is saam met die filmvervaardiger Anant Singh en Mildred Mandu Ramaka-Lesiea vir hul bydraes in onderskeie velde vir hierdie eer benoem. Le Roux sal ‘n ere-doktorsgraad in Opvoedkunde ontvang. Dit volg op haar bydraes tot die uitvoerende kunste, onderwys en opvoeding, asook vir haar bydrae ten opsigte van sosiale transformasie in Suid-Afrika. Sy was aanvanklik uit die veld geslaan toe sy van dié toekenning hoor. “Ek wou dit aanvanklik nie glo nie. Ek is nog steeds ‘n bietjie oorstelp. En nog verbaas,” sê sy. Marlene, ‘n boorling van Wellington en oud-leerder van die Bergrivier Sekondêr, is tans die Hoof Uitvoerende Beampte van Artscape. “Ek is eintlik in die eerste plek ‘n onderwyser. Ek het begin as ‘n musiekonderwyseres, toe ‘n vakadviseur geword en daarna het Artscape my as ‘n ontwikkelingsbestuurder om transformasie te dryf, aangestel. Ek is later tot direkteur van Ontwikkeling, Opvoeding en Gehoor-ontwikkeling bevorder. Uiteindelik het ek die CEO geword,” vertel sy oor haar pad tot hier. Volgens Marlene het haar grootwordjare op Wellington ‘n deurslaggewende rol in die posisie waarin sy haar vandag bevind, gespeel. “Wellington is ‘n dorp vir die kunste. Ek het my tande gesny met die musiek van die Klopse. Ek was in die kinderkoor onder leiding van Juffrou April en my klavierlesse het ek natuurlik by die beminde, aller-talentvolle orrelis, Attie van den Bergh, ontvang,” onthou sy die bekende Wellingtonners uit haar kinderjare. “My Afrikaanse onderwyser, dr. Le Cordeur, het my weer die wêreld deur lees laat ontdek. Hy was die onderwyser wat my geïnspireer het om hard te werk. Hy het my ook my eerste rol in ‘n drama gegee, die ‘Koper Ketel’. Dit kon egter nooit opgevoer word nie, omdat die onluste-polisie die middag voor ons openingsaand die skool kom ‘raid’ het,” vertel sy. Volgens haar is ander mense wat ook almal ‘n rol in haar vorming gespeel het, amper te veel om op te noem. “Mense soos Herman Bailey wat my genomineer het vir die Vredesprys vir Afrika wat deur die Duitse regering geborg is, is nog iemand wat my lewe verander en gevorm het. Daar kry ek toe sowaar die prys – die heel eerste vrou om dit reg te kry,” sê sy. Ander rolspelers sluit die onderwysers van haar skole, haar kerk en familie in. “Al my onderwysers by Pauw Gedenk Primêr en Bergrivier Sekondêr, die VGK-Kerk op Wellington. Hulle het my gemaak wie ek is. My mense van Wellington is wie ek is. My ma, Christine le Roux, my ouma Christina Abrahams,” noem sy hulle op. Haar pad na sukses was nie sonder uitdagings nie. “Ek is ‘n gestremde vrou wat polio gehad het as kind. Ek is ‘n vrou van kleur wat die slegte dinge van apartheid beleef het. Ek moes ook leer hoe om ‘n enkelma te wees. So daar was baie uitdagings. Maar my motto in die lewe is: Die lewe skuld jou niks,” vertel sy. Volgens Marlene is haar grootste vreugde die mense naby aan haar. “Jong, my grootste achievement is my kinders, Adam en Aimee. Ek is ook dankbaar vir die feit dat my ma nog leef,” sê sy. Hierdie nederige vrou staan, ten spyte van haar talle prestasies en toekennings, met haar

FA_KAAP_AGRI_12908

dié courant se Plaaskombuis by die kykNET Buiteekspo bied 'n heerlike kuiertent met smaaklike kraakvars-etes en plaasgebak. Daar is ook van die lekkerste koffie uit die kontrei met Beans About Coffee. Sondagmiddag sit Two Food Fundies 'n buffet voor wat in die tent of as wegneem-etes gekoop kan word. Een gelukkige leser kan vier etes vir 'n gesin van vier losslaan deur hul naam en van, tuisdorp en die naam van dié kuier-tent te sms na 084 8333 813 voor 16 Februarie.

Marlene le Roux, boorling van Wellington en tans hoof van Artscape, ontvang eersdaags haar ere-doktorsgraad in Opvoedkunde. voete stewig op die grond. “Ek leer nog elke dag lesse. Ek maak so baie foute. Wat ek geleer het, is dat almal net mense is. Ons moet mekaar nie probeer verneder of op ander trap nie,” vertel sy. “Ek kan nog steeds nie glo wat met my gebeur nie. Ek is maar net ‘n gewone meisie van 21 Versaillesstraat in die Kloof oorkant die fabriek. "Dít is my mense,” sê een van Wellington se blinkste ambassadeurs.

3


NUUS • NEWS

15 Februarie 2017

courant

dié

4

As struikelblokke jou vorentoe druk

Struikelblokke in die lewe is iets wat vir ons almal bestem is. Of jy dit nou wil hê of nie, dit kies jou. Kom haal jou agter die bult en rol jou pad-af. Wat jy daarvan maak, is jou keuse en besluit. Sommige mense kan uitstyg bo hulle omstandighede. Iets in hulle DNA maak van hulle vegters, tot die laaste. Hulle gryp elke moontlikheid aan, draai dit in hul guns en leer daaruit. Dit gebruik hulle weer om hulself vorentoe te dryf, om so verder in die lewe te kom. Dit maak hulle sterker. Een so 'n voorbeeld is ons voorblad-gesig, Gaireyah Fredericks. Sy het nie in sak en as gaan sit toe die lewe begin druk nie. Inteendeel. Sy het 'n uitkoms gesoek en een gekry. In haar digkuns het sy haar begin uitleef. Haar losgemaak van die terugslae wat haar aan bande lê. Vandag hou sy steeds haar kop hoog en is sy nou genomineer vir 'n gesogte titel. Een wat nie sommer in enigeen se skoot val nie. 'n Mens het nie beheer oor ander en wat hulle doen of sê nie, maar jy het wel beheer oor jouself en hoe jy dinge hanteer en wat jy daarvan maak. As jy positief ingestel is en jou lewe wil verander, sal jy altyd 'n manier vind om dit te doen. Moenie in die negatiewe bly vaskyk nie. Sit die flits aan en kyk verder.

It’s Good News

dr. Mark Blackwell Snr

Living a normal life

Life has so many complex relationships such as marriage, children, finances, jobs, and accepting the injustices of life’s many perplexing situations. In addition, our own wrong choices can add more stress. These added personal pressures often lead to our becoming aggravated and negative - even losing all hope. Many Christians further complicate life by remaining “stuck in the old ruts” of the wrong choices and attitudes of their past. Grow and change by faith in Christ Jesus. The Bible tells us to live by faith. But honestly, how many believers do that? A useful definition of living by faith is to think and then trust God with each life choice or instance. From one act of faith to the next act …we must learn to make our life decisions (mentally and verbally) according to God’s Word. Choose to rejoice in God’s faithful involvement in Your liFE. Proverbs 16:3 “Commit your works unto the Lord, and your thoughts shall be established.” Jeremiah 17:7, “Blessed is the man that trusts in the Lord and whose hope the Lord is.” Psalm 55:22 “Cast your burden upon the Lord, and he shall sustain you.” Choose life with humble gratitude and commit your fears or anxieties to God through … prayer … with thanksgiving. We must bring our requests or needs to God. “And the peace of God which passes all understanding, shall keep your heart and minds through Christ Jesus.” (Philippians 4:6-7) Choose to avoid being selfish. Hebrews 13:5 “Let your lifestyle be without covetousness; and be content with such things as you have.” Christ “will never leave you or forsake you.” God loves you but you must make right choices!

By die Hugenote Laerskool het die liefde in die lug gehang gister met die viering van Valentynsdag.

Opvoedkundige boek sien die lig Die Wellingtonner Louis du Preez het op Donderdag 9 Februarie sy nuwe boek, Deuntjies vir klein Duimpies, by die Bovlei Kelder bekendgestel. Hierdie nuwe opvoedkundige boek word deur Publishing World SA uitgegee. Pieter Loftus, direkteur van Publishing World, het by die bekendstellingsgeleentheid gesê dat sy vrou se onderwysagtergrond hom baie meer insig in die boekemark vir kinders en onderwysers gegee het. “Dit was net doodnatuurlik dat ons hierdie boek van Louis moes publiseer en uitgee. Die boek is ‘n baie nuttige hulpmiddel vir ouers, oupas en oumas, maar veral ook vir onderwysers in die Grondslagfase,” het hy gesê. “Deuntjies vir klein Duimpies” is ‘n boek vol aktiwiteite en liedjies vir grondslagfase-leerders en kan veral in graad R baie nuttig gebruik word. Dit is ‘n handleiding wat ter ondersteuning van die wiskunde, taal en lewensvaardighede onderwerpe van die KABV gebruik kan word. “Daar bestaan min sulke boeke in die mark – iets wat met die nasionale kurrikulum hande vat en spelenderwys vir ouers en onderwysers hulpmiddels bied om hierdie werk spelenderwys met die kinders kaf te draf,” het Pieter Loftus voortgegaan. Tydens ‘n gesprek tussen Pieter en Louis kon Louis meer lig op sekere aspekte in die nuwe boek werp. “Ons sien ‘n nuwe generasie wat soveel tyd op tegnologiese toestelle spandeer, dat ‘n mens wonder hoe om die ontwikkeling van hul vaardigheidsvlakke aan te spreek,” het Louis gesê. “Ek het besef dat daar ‘n behoefte vir die Afrikaanssprekende kind is wat kan help om hul perseptuele ontwikkeling op peil te kry en behoorlik te ontwikkel. Ek het veral op die fases waardeur hy gaan,

sowel as ‘n holistiese benadering gefokus,” het Louis verduidelik. Aangesien die boek die ontwikkeling van die perseptuele vaardighede van kinders met die hulp van musiek aanspreek, is daar ‘n cd by die boek ingesluit. “Daar is soveel genot in kindersang en beweging, is baie noodsaaklik vir die jong kind. Ek wou dit kombineer deur iets te skep wat die leerproses makliker en lekkerder kan maak – alles natuurlik spelenderwys,” het Louis gesê. Volgens hom spreek die boek die ontwikkeling van visuele, ouditiewe en kinestetiese persepsie by die jong kind aan. “Deur musiek kan die meeste van hierdie vaardighede ontwikkel word. Dit kan ook maklik met ander leerareas, soos taal, wiskunde en lewensvaardighede, geïntegreer word,” het Louis verduidelik. Die gaste, onder wie talle onderwysers, onderwyskenners en verteenwoordigers van die Onderwysdepartement, kon na ‘n paar van die liedjies op die cd luister, terwyl Louis die toepassing daar-

van by die huis of in die klaskamer aan hulle gedemonstreer en verduidelik het. “Die moontlikhede is legio. Ek het reeds aan ‘n reeks prente, flitskaarte en stories begin werk wat saam met elke liedjie of les gebruik kan word,” het hy entoesiasties vertel. Volgens Pieter Loftus van Publishing World SA sal die meegaande ondersteunende stories, as toegif, binnekort op hul webwerf beskikbaar wees. Louis is reeds besig om die bewegingsmoontlikhede van die hierdie boek verder te ontwikkel en ook om ‘n meegaande werkboek vir kinders te skep. Lesplanne vir onderwysers en ikoniese voorstellings is nog ‘n paar van sy planne vir die toekoms. Intussen werk hy onverpoosd voort om al die moontlikhede wat nog rondom hierdie konsep ontwikkel kan word, ‘n werklikheid te maak. Wanneer hy gevra word wat die inspirasie vir al hierdie wonderlike idees is, kom sy antwoord maklik: “Hierdie boek is vir my kleinseun. Dit is alles net vir hom.”


NUUS • NEWS

5

15 Februarie 2017

Also at

Make every RAND count. PnP Bulk Lean Mince

R

69

Keep it lean

PnP Bulk Oukraal Wors

R

PnP Mayonnaise or Salad Cream Assorted 750-790g Each

SAVE R6.19 Sunshine D Lite 50% Fat Spread 1kg Tub

R

26

SAVE R5 no nameTM Parboiled Rice 2kg

WAS R23.99

R

99

18

59

Per kg

Per kg

99

R

18

99

BUY ANY 2 FOR

Black Cat Peanut Butter Assorted 400g

no nameTM Corn Flakes 1kg

R

R

45

99

Happy baby

32

99

SAVE R9.99

R

105

WAS R114.99 Parmalat Flavoured Custard Assorted 1 Litre

BUY ANY 2 FOR

R

36

99

BUY BOTH FOR

Firstwatch Canadian Whisky 750ml

Bakers Blue Label Marie Biscuits Assorted and Tennis Biscuits Assorted 200g

R

19

99

R

SAVE R13.90 PRICE PER NAPPY

Size 2 66s Size 3 58s Size 4 50s Size 4+ 44s Size 5 44s

R2.06 R2.34 R2.71 R3.10 R3.10

Huggies Dry Comfort Disposable Nappies Assorted Value Pack Per Pack

R

135

99

Omo Auto Washing Powder Assorted 2kg Flexi Bag, Liquid Detergent Assorted 1.5 Litre or Capsules 14s Each

Twinsaver Luxury 2 Ply Toilet Tissue Assorted 9s Per Pack

44

WAS R58.99

R

99

R

45

Fanta, Sprite or Stoney Assorted 2 Litre Each

99

R

13

49

Save big on fruit and veg this Feb. Selected prices even lower than last year.

189

SAVE R65

R PnP Rosa Mango Bag

R

16

99

PnP Kiwi

BUY 5 FOR

R

20

BUY ANY 2 FOR

Excluding George George, Jeffreys Bay Bay, Knysna Knysna, Mossel Bay Bay, Oudtshoorn Oudtshoorn, Plettenberg Bay Bay, Camps Bay Bay, Express Express, Franschhoek Daily and Local stores. stores Butchery lines not applicable to Bellville, Camps Bay and Lakeside. Promotional stocks are limited. Prices include VAT, where applicable. Smart Shopper terms and conditions apply. No traders. E&OE. Selected products may not be available at all stores. Selected products have been styled for photography. Visit www.picknpay.co.za, or call 0800 11 22 88. Cellphone rates apply.

Shop online at www.picknpay.co.za

PRICES VALID 16 - 19 FEBRUARY 2017 AT PICK N PAY SUPERMARKETS AND HYPERMARKETS IN WESTERN CAPE MMWCHS1142

175

Bell’s Blended Scotch Whisky 750ml

SAVE R3

PnP Nectarines and Plums Pre-pack

R

40

WAS R254

Windhoek Draught 24 x 440ml Cans or Non-returnable Bottles

Alcohol Not for Sale to Persons Under the Age of 18. Drink Responsibly.

Accounts OPEN

16 FEBRUARY 2017


6

NUUS • NEWS

15 Februarie 2017

Opwinding oor Buite-ekspo propvol aksie en vermaak Die tyd het aangebreek vir die jaarlikse kykNETBuite-ekspo wat weer vir oud en jonk hope vermaak, buitelewe-uitstallings, volop te eet en drink, opwindende vertonings in plaasatmosfeer beloof. Ná verlede jaar se rekord-besoekertal van 15710, mik die organiseerders vir 16 000 dié naweek op die Môresonplaas buite Malmesbury. Saam met 'n groot aantal uitstallers met die heel nuutste toerusting en ook 'n groot verskeidenheid kuns en kos spesiaal vir die vroue in

die Deli & Kunsmark. Kyk hoe sepiesterre se braai "geveg", tag-rugby saam met die Breyton Paulse-stigting, valskerm-, 4x4- en motorfietsvertonings of sit terug en geniet die kunstenaaroptredes op die Tip-Trans-verhoog. Onder die top-uitstallers en borge wat verlede week deur die drukkersduiwel uit die program gelaat is, is Makro en Forever Resorts. Nuwe uitstallers sluit in Kubota en Barrel Surfwear.

Bespreek jou toegangskaartjies op Computicket of koop dit by die hek. Vir meer inligting, sien die advertensie op bl 4. Moet ook nie dié courant se Plaaskombuis vergeet nie. Hier kan jy heerlik kuier en smul aan plaaskos, gebak en heilsame koffie. *WEN SONDAGETE: dié courant se Plaaskombuis by die kykNET Buite-ekspo bied 'n heerlike

kuiertent met smaaklike kraakvars-etes en plaasgebak. Daar is ook van die lekkerste koffie uit die kontrei met Beans About Coffee. Sondagmiddag sit Two Food Fundies 'n buffet voor wat in die tent of as wegneem-etes gekoop kan word. Een gelukkige leser kan vier etes vir 'n gesin van vier losslaan deur hul naam en van, tuisdorp en die naam van dié kuier-tent te sms na 084 8333 813 voor 16 Februarie.

Dienssentrum en Lions leer mekaar beter ken Die ACVV-Dienssentrum het Vrydag ‘n heerlike saamkuier-byeenkoms gehad. By hierdie geleentheid het Retha Stigant van die plaaslike Lions-klub ‘n baie interessante praatjie oor die doen en late van die Lions gelewer. Die Lions is by talle aspekte van die welstand van die plaaslike gemeenskapslewe betrokke. Retha het die agtergrond en geskiedenis van die Lions aan die lede van die dienssentrum

verduidelik en lig op hul gemeenskapsbetrokkenheid gewerp. “Ons is betrokke by skole – ons borg trofee, ons skenk pryse en ons maak kospakkies. Ons is ook betrokke by Silwerkruin en die Dienssentrum,” het sy onder andere gesê. Volgens Retha help die Lions waar hulle ook al nood in die gemeenskap identifiseer. Hulle het al byvoorbeeld geld vir ‘n jong man se oogoperasie in Nederland help invorder.

Hulle vervoer ook gereeld kanker- en dialise-pasiënte vir hul behandeling na Kaapstad en hulle is by die “Hou Wellington skoon” inisiatief betrokke. Dit word deesdae al hoe moeiliker om fondse in te samel. Die huidige ekonomie maak dit vir almal moeilik om geld af te knyp. Maar die Lions het nog elke jaar daarin geslaag om hulle doelwitte te bereik – iets wat net aan hul ywer en samewerking toegeskryf kan word,” het Retha

gesê. Die Lions se betrokkenheid by die Dienssentrum word ook weerspieël in die rolstoel wat hulle vir die Sentrum geskenk het om op bruikhuur aan verdienstelike lede beskikbaar te stel. Die Lions se volgende groot fondsinsameling is ‘n dans met ‘n orkes in die Hugenote Laerskoolsaal op 25 Februarie. Enige belangstellendes kan Amanda by 083 661 9823 kontak.

Verkoue of griep? Wat is dit nou eintlik?

Jou neus is aan die hardloop en jou keel brand elke keer wat jy sluk. Is dit verkoue of griep? Dis soms moeilik om te weet watter een dit is wat jou nou so olik laat voel, maar hoe gouer jy ’n diagnose kan maak, hoe gouer kan jy die regte stappe neem om weer blitsvinnig op die been te wees. Hier is 'n paar wenke oor wat om te maak wanneer jy siekerig begin voel. Dis griep as… …dit jou absoluut uit nêrens uit tref! Griepsimptome is beslis erger as verkouesimptome en oorval ’n mens onverwags. ’n Seer keel, hoofpyn, koors en ’n seer lyf is kenmerkend aan griep. Gewoonlik voel ’n mens ook ’n drukking om die bors en kan ’n hoes ook ontwikkel. Die heel beste medisyne vir griep is ongetwyfeld rus. Dis ook baie belangrik om seker te maak dat jy genoeg vloeistof inneem om dehidrasie te voorkom. As jy vinnig spring en by ’n dokter uitkom kan hy moontlik antivirale medisyne voorskryf. Dié tipe medisyne sal help dat jy baie vinniger gesond word en kan ook help om longontsteking te voorkom. Maar – dis belangrik dat jy dit binne 48 uur vandat jy begin siek word drink, anders sal dit nie effektief wees nie. Gelukkig het die boere raat om te help met griep. Daar is baie verskillende maniere om dié warm medisynedrankie te maak – maar almal stem saam dat dit werk! Gewoonlik word dit gemaak met ’n basis van hardehout – iets donker soos whisky, brandewyn of rum. Meng kokende water en heuning, of in party gevalle suiker, daar in. Vir ‘n ekstra dosis Suid-Afrikaanse gesondheid kan jy dit met rooibostee ook maak. Party mense voeg dan ook suurlemoensap en speserye (enige iets van naaldjies tot kaneel of gemmer) by. Drink die drankie so warm as moontlik en klim dadelik in ’n snoesige bed. As die warm medisynedrankie sy ding doen, behoort jy oornag heelwat van die lam-en-tamheid uit jou beendere uit te sweet. Drink dit elke aand voor bedtyd tot jy weer perdfris en gesond voel. Dis verkoue as… …die simptome meestal bo jou skouers is. ’n Loperige neus, hoes, oë wat heeltyd water, ’n

seer keel en ’n geniesery is duidelike tekens van ’n verkoue. Die simptome bou gewoonlik oor ’n paar dae op. Verkoues is aansteeklik vir die eerste twee tot drie dae wat jy siek is, so dis belangrik om dan by die huis te bly en baie te rus. Jou liggaam se eie immuunstelsel is meestal al wat nodig is om jou weer binne ’n paar dae op die been te bring. Indien jou verkoue nie beter is na omtrent ’n week nie, moet jy liefs dokter toe gaan. Vitamiene C is ’n gedugte verkoue-vegter, en gelukkig is verkouetyd ook sitrustyd! Nartjies, lemoene, pomelo’s, minneolas – daar is ’n wye verskeidenheid heerlike sitrusvrugte om van te kies. Knoffel word ook voorgehou as ’n wonderkuur om jou immuunsisteem ’n hupstoot te gee. Voeg dit by jou kos – of as jy desperaat raak en braaf is kan jy selfs ’n knoffeltee brou. b Nog ’n ou boereraat wat behoort te help met verkouesimptome, en aansienlik lekkerder proe, is gemmertee. Soos met meeste eertydse doepas is daar ’n hele klomp verskillende maniere om dit te maak, so ontwikkel gerus jou eie resep! Die hoofbestanddele is gemmer en heuning, maar baie mense voeg ook suurlemoensap of selfs ’n stukkie suurlemoenskil by. Drink die tee terwyl dit nog baie warm is en probeer van die stoom deur jou neus inasem. Die suurlemoenwalms behoort veral te help met ’n toe neus en die gemmer en heuning sal jou keel streel.


NUUS • NEWS

Dagboek • Calender

Wellington CLC Matriek-aandklasse by Wellington CLC., Hospitaalstraat. Dinsdae en Donderdae vanaf 18:00 tot 20:00. Navrae skakel 021 864 2418 Wellington Rugby Klub Hiermee nooi ons alle oud en nuwe belangstellendes uit om vanaf Januarie 2017, elke Maandag, Dinsdag en Donderdag Wellington Rugby Klub se voorbereiding vir die 2017 seisoen by te woon. Oefening sluit padwerk in, so bring jou drafskoene saam. Ons eerste oefening is 5 Januarie 2017 vanaf 19:30 by Wellington Rugby Klub reg langs Boland Stadion. Vir meer inligting kontak Jaco van Deventer 081 488 5457 of Francois Coertze 083 443 3081 Hillcrest United Rugbyklub Hillcrest United rugbyklub se voorseisoen is sterk aan die gang op Dinsdae, Woensdae en Donderdae te Pelikaan Park-Wellington vanaf 19:00. Die bestuur en afrigter nooi dus alle spelers wat nog wil deel word om spoedig aan te kom sluit. Die span van Wellington speel 3 vriendskaplike wedstryde soos volg: 18 Feb. 2017 - Worcester Villagers in Worcester. 25 Feb. 2017 - Saldanah RFK in Saldanah 4 Maart 2017- Mamre RFK op Pelikaan Park. Vir meer inligting kontak die klub sekretaris: Mnr

Joshua Generation Sunday morning 09:00 (English), Sunday evening (Afrikaans) 17:00. Provence, Milner Road. Enquiries: 021 873 6541. Kerk van Macedonië Sondagdiens om 10:00; Groenberg. Navrae: 062 836 1316 of 074 608 0519

Geklassifiseerd • Classifieds

Jovan-ré W Cupido - 073 296 3575 of jovanrewc@ gmail.com Roses United Rugby Club 17 February: Come and join us for a Valentines Ball at Wellington High School at 19:00. Costs R80,00 for a picnic dance Further enquiries contact - Denzil Domoney at 078 864 5073 / 021 868 2030 Hugenote Hoërskool 21 Februarie: Kom wees deel van die kroning van Mnr & Mej Huguenote 2017 om 19:00 by die Huguenote Hoërskool. Die gaskunstenaar is Schalk Bezuidenhout Wellington Lions 25 Februarie: Die Wellington Lions bied aan Kaapland Boereorkes by die Hugenote Laerskool om 19:00. Kostes beloop R75 per persoon. Eie drank en verversings. Navrae kontak Amanda by 083 661 9823 Afrikaanse Taalmonument 10 Maart: Amanda Strydom en Jak de Priester hou piekniekkonsert by die Taalmonument Tuinteater. Die piekniekreeks is ten bate van Afrikaanse Taalmuseum en -monument se Laat ons Lees-projek vir kinders

Kerke • Churches

Anglican Church Sunday morning: April to Sept at 08:00; Oct - March at 07:30; Wed. Morning : 09:30 (end Jan to mid Dec); 4 Milner Street, Wellington. Enquiries: 021 873 1425.

7

15 Februarie 2017

NEW Sunday morning at 09:00 (English service); HJN Training Centre, College Street, Wellington. Enquiries: 082 355 3280. NGK Moeder-gemeente Sondagoggend om 09:00, Sondagaand-diens Leefkerk om 18:00. H/v Kerk- en Piet Retiefstraat, Wellington. Navrae: 021 873 1561. NGK Noord-gemeente Sondagoggend om 09:30: MacCronestraat 11, Wellington. Navrae: 021 873 2763.

NGK Wellington-Oos Sondagoggend om 9h00 en Sondagaand om 19h00 h/v Barlinka en Cummingsstraat, Wellington. Navrae : 021 873 2690 St George's Presbyterian Church Sunday mornings at 09:30 (English); 22 Jan van Riebeeck Street. Enquiries: 021 873 2021. Shofar Sondagoggend om 09:00 Laerskool Hugenote, Kerkstraat 41. Navrae: 021 873 7677.

GELUKWENSING CONGRATULATIONS Kyk wie verjaar 14 Februarie. ELWENA JADRÉ HENDRIKS. Baie geluk met jou kroonverjaarsdag. Bly die mooi dogter soos ons jou ken. Lekker verjaar. Van: Pa, Ma, Sowayda, Jonade, Micha en Lulu #3571 --------------------------------Raai wie word 6 op 17 Februarie 2017. Ma se eie Noenoes. Happy Birthday BEAU-CHANON. Love you lots. From Mom Stine'a en Granny Hessie #3573 --------------------------------SERGIO - Baie geluk net jou verjaarsdag op 19 Februarie. Mag God jou ryklik seën. Van Mammie, Semitek, Mamma en almal in die huis #3574 --------------------------------JOHANNA FILANDER - 20 Februarie. Geluk Mammie met u verjaardag. Baie liefde - Aiden en Adriaan #3575 -------------------------------PRISCILLA LEE-ANNE WILLEMSE - Happy birthday dearest. May God keep you and bless you eternally. Your eldest daughter Magdalene and family #3576 --------------------------------DANELLE - Baie geluk met jou vyfde verjaarsdag. Mag God jou ryklik seën, Ma se prinsessie - Ma Denis, Pa Cola, Shaquille, Nita en Zyla #3577 ----Prinses baie geluk met jou geboortedag. Ons is baie lief vir jou - Jou peetouers, Jennifer, Pappa Kosie. Mamma Nannie, Pappa Arrie en al die ander families #3578 --------------------------------Geluk ESKE met jou derde verjaardag Van: tannie Nehemia #3579 --------------------------------PHEBEL ABRAHAMS My baba suster, geluk met jou verjaarsdag. God se seën met goeie gesondheid - Liefde - jou suster Fien en familie #3580 --------------------------------CONRAY DAMONSE - My kleinkind, baie geluk met jou verjaardag. Jy is my "Valentine boy". Bereik net hoogtes in alles. Liefde - Ouma Fien #3581 --------------------------------MARIUS CUPIDO - My skoonseun, baie geluk met jou verjaarsdag. God seën jou met gesondheid. Dankie vir jou gasvryheid - Ouma Fien en familie #3582 ----Geluk Detta met jou verjaardag. Hou die blink kant bo. Here seën jou. Van kinders Fiona en Marlon-John #3583 ---Geluk my man met jou verjaardag. Dankie vir die goue Jazz. Here seën jou - Baie liefde. Van vroulief Landi #3584 --------------------------------MARIO - Geluk met jou verjaardag. Mag God jou ryklik seën. Baie lief vir jou my klong - (Mama) Sarie #3585 ----Geluk uncle Mario. Mag jy 'n wonderlike dagie hê - Lategan en Jasson Familie #3586 --------------------------------NATAHAN CORNELIUS - 10 Jaar oud op 16 Februarie. Baie geluk. Geniet die dag. Van: Oupa Johnny en Ouma Stella #3857 ----Baie geluk met jou verjaardag. Jy moet lekker dag hê. Lief vir jou. Van: Tietie, Mammie Nita, John en Charlene #3858 --------------------------------11 Februarie. Geluk Pokkel. Ek hoop u het daggie geniet. Jy is n

juweel. Liefde - Barbie, Dolla, Gayline, Denise, Klongkas en Koekie #3859 --------------------------------RENÉ VAN RHYN - 15 Februarie. Geluk met jou 18de verjaarsdag. Mag die Here jou nog jare spaar. Lief vir jou - Ma, Pa, susters en broer #3860 --------------------------------NICKZOLIAN - 12 jaar op 14 Februarie. Mag God jou baie jare spaar en bewaar. Geniet jou dag. Ouma, Daddy, Nicklynn, Lee-Vernon en Veronica #3861 --------------------------------NICKLYNN BESTER - Vier jaar op 17 Februarie. Lekker verjaar Voor-spoed op jou pad. Liefde - Mammie. Daddy, Ouma, Nickzolian en Lee-Vernon #3862 -------------------------------LORENZO - To my loving husband, Happy Birthday. May God bless and spare you for many more years. Love Elvine and kids #3863 --------------------------------COLLIN WARRIES - Baie geluk met jou verjaarsdag. God se rykste seën. Dankie vir alles wat jy vir ons beteken. Liefde - Mary-Anne en kinders #3864 --------------------------------OUMA KATRIENA MARTINS - 14 Februarie. Geluk met Mamma se verjaardag. Vir 93 jaar gespaar. Altyd lief vir Mamma - Mary-Anne, kinders en kleinkinders #3865 --------------------------------Raai wie word 2 - Geluk MATT met jou verjaardag. Alles van die beste. Van: Ma, Pa, Ouma, Oupa, Boeta en Nanna (Lieta) #3866 ----Ons valentine baba twee jaar oud en baie oulik. "Happy birthday" Matt. Van: Titus en Pietersen gesin #38 67 -------------------------------MICHAELA ANDREWS - Geluk met jou mondig-wording op 20 Februarie. Pa se piesang pit. Van: Mommy, Daddy, Jode & Shandre #3868 ----Geluk met jou mondig-wording - "Ouma" op 20 Februarie. Van jou Morris familie #3869 ---------------------------

-----CEDRIC FORTUIN Lekker verjaar ouma se groot seun. Van: Mammie, Carmen en Ouma #3870 --------------------------------FRANCEEN ARNOLDS - Lekker verjaar my peetkind. Alles wat mooi is vir jou. Van: jou Pa, broer, peetma en Ousus #3871 --------------------------------MARSHELLINO - op 18 Februarie word jy 8 jaar oud. Baie geluk Nanna se poenpoen. Lekker verjaar Boeta - Marizaan, Moraiza en Babbels #3872 ----Geluk Mamma se Pappa se klein bondeltjie liefde. Jy moet lekker verjaar. Geniet jou daggie Mamma, Pappa, Boere, Poppielop & Mienkie #3873 --------------------------------CHAD - 14 Februarie. Baie geluk met jou 12de verjaarsdag. Ons is baie lief vir jou - Mommy en Zahra #3874 --------------------------------CRISTOPHINE CLEOPHAS - Aan 'n wonderlike ma en ouma met haar 62ste verjaarsdag op 19 Februarie. Geluk, vreugde en voorspoed. Baie liefde - Issie, Micaela en Amy #3875 --------------------------------DEVELEEN op 18 Februarie 2017 is ons blompot vier jaar oud. Ons gaan jou lekker bederf. Van: Pappie, Mammie, Beneathe en Timrique #3876 ----Geluk meisiekind. Liefies vir jou. Van jou twee oupas en twee oumas en uncle Neiljohn #3877 --------------------------------GAVILYN - 15 Februarie 2017 is jy 28 - Jy word waardeer deur

jou maniere aan die familie. Lekker verjaar Boeta. Baie lief vir jou. #3878 ----Lekker verjaar ons oudste. Mag God jou ryklik seën. Van: Pa, Ma, broers en susters #3879 --------------------------------Raai wie word Agt. 'n Geseënde dag aan my kleinkind CHANDRE. Van: Ouma Katriena, Ma en Pa #3880 --------------------------------Raai wie verjaar 16 Februarie 2017 ??? Geluk BESSIE met jou verjaarsdag. God seën. lekker verjaar- Anna en gesin #3881 --------------------------------KAREN ARENDSE - May you have a blessed birthday. Ek gee jou vir Joshua 1v9. Van jou Pietersen familie hier in die Laan. Liefde #3882 --------------------------------ISCHKE BEN - Our Angel turned two on 10 February 2017 and what a blessed day. Hope you had marvelous day. Love Mommy, Daddy and Kiara #3883 ----Ouma se blompot en uncle se nunus, hoop jy het 'n heerlike daggie gehad. Van Ouma Poppie en Uncle Xander #3884 ----Tanna se nooi het twee geword en tanna het dit geniet. Hoop jy het jou gate uit geniet. Liefde Nadia en Juhayden #3885 ---So het jy jou dag geniet met almal in die familie van Oumagrootjie, Oom Bo, tannies, oompies, niggies, neefies #3886 --------------------------------


8

courant

dié

15 Februarie 2017

NUUS • NEWS

WELLINGTON SPORT

Tel: 022 487 3221

15 Februarie 2017

Kampioen: Ashleigh Moolman-Pasio (links tweede van voor), die Suid-Afrikaanse Olimpiese-fietsryer, het Vrydag die titel as SA-padfietskampioen buite Wellington losgery. Bo is Wellingtonner Linwell Jansen wat ook aan dié kampioenskap deelgeneem het.

Nuwe junior padfiets-kampioen

Uitslae Results TENNIS Huguenote se eerste meisiespan wen die Agnes Pauw-tennistoernooi. Uitslae soos volg: Wen teen Bredasdorp 25-6 Wen teen Piketberg 31-0 Wen teen HMS Paarl 21-10 Wen teen Dirkie Uys 19-12 Wen teen Paarl Gim19-12 Hugenote wen krieket Interskole 2017 Hugenote 19A 168 almal uit. Shaun Swanepoel 50 en Jaymain Steyn 29. A Serdyn 3/18. Swartland 121/10. A Serdyn 54. Francois Marais 4/19 en Jan-Dev Lategan 3/9. Hugenote wen met 47 lopies Klubrugby (vriendskaplike wedstryd) United 19, Newtons 19

Ashleigh Parsons, ‘n matriekleerder van Hugenote Hoërskool, het onlangs die SA Junior Padfietskampioenskappe gewen. Sy kwalifiseer nou om die volgende jaar in die SA kleure te ry. Ashleigh het pas teruggekeer uit Egipte waar sy ook deelgeneem het aan wedrenne.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
407 die courant wellington by DieCourant - Issuu