Swartland 404 25 Januarie 2017

Page 4

courant

dié

4

25 Januarie 2017

Moderne tye, met outydse waardes

Die dae op die skoolbanke is vir baie van ons iets wat in die verre verlede lê. Mites en legendes word in die klas van die uwe se seun behandel en dit neem my terug na my eie dae op die skoolbanke - darem nie so vreeslik lank gelede nie! In daardie dae (klink ek nou soos iemand ouer as my ouderdom) is respek vir jou onderwysers by jou afgedwing, hetsy deur die ouers of die onderwysers. Die ouers sou nooit 'n slegte woord van 'n onderwyser voor 'n kind gerep het nie en as jy iets snedig sou sê, sou jy vinnig op jou plek gesit word. Die grense was duidelik en jy durf dit nie oorskry nie. Dit is daargestel deur die onderwysers, die ouers en die leerders en dit is gerespekteer. Vandag het van daardie grense dalk 'n bietjie vervaag. As 'n mens hoor hoe kinders van onderwysers praat, dan is dit duidelik. Die rolle van mans en vroue in ons samelewing is ook ietwat op sy kop gekeer. Vroue staan hul plek vol in die samelewing, die huis en die sakewêreld. Soms kan dit vir 'n lekker kopstamp-sessie sorg. Maar sekere outydse waardes is steeds vandag van belang en al is ons vroue deesdae hardgebak, wil ons nog hê die deur moet so af en toe vir ons oopgemaak word.

Dis Goeie Nuus

NUUS • NEWS dr. Andrew Bosman

Josef en die drome Die interessante verhaal van Josef en sy drome het hom onpopulêr gemaak by sy broers en selfs sy vader Jakob het aan hom gevra, watse drome droom jy, dat ek en jou moeder en jou broers ook voor jou na die aarde moet buig? Sy broers het hom gehaat oor sy woorde en sy drome maar se vader het dit in gedagte gehou. Josef se broers wou hom doodmaak en vra die vraag, dan sal ons sien wat van sy drome word. Hy is egter verkoop aan Ismaeliete wat oppad na Egipte was. In Egipte is Josef aan Potifar , ‘n hofdienaar van die Farao verkoop. Die het hom verkeerdelik beskuldig en vir ongeveer dertien jaar in die gevangenis geplaas. Daar het hy twee van Farao se diensknegte se drome uitgelê, wat toe so gebeur het. Toe die Farao drome droom wat geen van sy wyse manne kon uitlê nie het die skinker van Josef onthou. Josef het getuig dat die uitleg van die Here kom en nie uit sy vermoë nie, en vir die Farao sy drome uitgelê. Dit het daartoe gelei dat Josef tweede in bevel aangestel was in Egipte. Hy het gedroom toe hy sewentien jaar oud was en onderkoning geword toe hy dertig jaar oud was. God het sy pad wat so krom gelyk het voorspoedig gemaak.

Skole verwelkom nuwe graad 8-leerders Die nuwe skooljaar vir graad 8-leerders is reeds volstoom aan die gang. Dit is egter nie net nóg ‘n skooljaar nie, maar hul eerste jaar in die hoërskool. Die bene het op hul eerste dag behoorlik gebewe soos wat ‘n nuwe skool en nuwe omstandighede ingeneem is. Hoërskool Swartland het vanjaar met ‘n verwelkomingsprogram vir die gr. 8-leerlinge afgeskop, wat onder baie leerlinge as vet pret beskou is. Die skool-program is saamgestel deur vanjaar se mentorgroep en sluit onder meer aktwiteite soos pretsport en die versameling van matriekleerders se handtekeninge in om selfvertroue op te bou en die Rockie-dissipline en respek te leer, groepdanse om te leer om in ‘n span te werk en voorbereiding vir die klippiekonsert om van deelname te leer en uit hul gemakskoene te klim. Die aktiwiteite sluit selfs ‘n optog in om die Rockie-gees uit te leef, maar te besef dat dissipline selfs in geesbou-aktiwiteite van groot belang is. Hoërskool Porterville is ook steeds besig met hul verwelkomingsprogram wat deur die gr. 12-leerders saamgestel is. Hul graad 8's moes Maandag nog met hul slaapklere skool toe kom. Hulle berei ook voor vir hul krummeltjie-konsert om daardie selfvertroue ‘n hupstoot te gee. Die gr. 8’s sluit af met die skryf van ‘n toets. Hoewel die verwelkomingsaktiwiteite vir groot pret sorg, moet hulle intussen vir ‘n toets voorberei waar hulle die skool se brosjure van A-Z moet ken. Hoërskool Dirkie Uys op Moorreesburg en Hoërskool Piketberg se verwelkomingsprogramme het elk vanjaar ‘n kamp vir die graad 8’s en 12’s ingesluit. Schoonspruit Sekondêr op Malmesbury het die ouers van graad 8’s na ouervergaderings genooi en hul graad 12-leerlinge is ook besig om ‘n groentjiekonsert vir hul graad 8’s te organiseer. Bianca Kotze van HSS het haar eerste paar dae as groot pret beskryf, hoewel die senuwee tog maar geknaag het.

Sy het geweet daar wag geen groot ontgroening op haar nie. Sy is ook baie gelukkig met die mentor wat sy gekry het. Die aktiwiteite was sover nog net lekker. Die sokkie het sy net so baie geniet, voeg sy by. Vir Keanu Walters, was sy eerste week in gr. 8 net so lekker. Hy bieg en sê hy was ook maar baie skrikkerig soos hy die skool se ingang op hul eerste dag genader het. “Ek het gedink ons sal gedoop word en gesmeer word met kos,” voeg hy by. Volgens hom het hy reeds meer selfvertroue gekry en het geleer van selfdissipline. “Die onderwysers sê nie meer alles vir jou soos in die laerskool nie.” Die gr. 8’s het sommer vinnig besef hulle word nie meer met die lepel gevoer nie. Dit is nou die Hoërskool. Reuben Tharrat sê sy eerste dag by Hoërskool Swartland was heel “orraait”, maar net omdat dit vreemde omstandighede was. Hy het sy eerste week egter baie geniet soos hulle aan aktiwiteite begin deelneem het. Matriek-leerling, Ju-Waldt Sieberhagen, sê die nuwe verwelkomingsprogram vir die graad8’s is ‘n baie goeie idee. “Dit word op ‘n goeie manier aangebied, sonder geweld of afknouery. "Om die hoërskool in te gaan waar jy moontlik afgeknou word en respek op jou afgedwing word, is nie reg nie.” Volgens hom bied die program die geleentheid vir die graad 12-leerlinge om eerder ‘n voorbeeld te stel en ‘n graad 8-leerling moontlik te motiveer om aan sport deel te neem. Hy is ook glad nie teen ontgroening nie. “Ek het self deur ‘n harde doop gegaan en was trots om daarna ‘n Rockie genoem te word. Hy sê egter daar was nie so baie gees in sy tyd as ‘n gr. 8-leerling onder matrieks gewees nie. “Dit hang maar af van die matriekgroep. Vanjaar se matrikulante het ‘n baie lekker gees.” Xavier Lategan, ook ‘n matriek-leerling, sê op sy beurt hy verstaan hoekom die ontgroening afgelas is weens probleme wat daaruit kan spruit. Tog het hy dit baie geniet toe hy in gr.8 was. Sy ontgroening was vir hom 'n groeiproses wat hy nogal geniet het.

CPM: Die Christelike Pri-

vaatskool op Malmesbury het vier nuwe leerkragte bygekry. Hulle is Wilana Henn (musiek), Lizbé Geldenhuys (Graad 3-aflos), Ingrid Burger (Graad 3) en Brenda Waller (Graad 5 tot 7 Engels).

Atletiek: Die Christeli-

ke Privaatskool op Malmesbury se atlete het Donderdag in hul inter-atletiek meegeding. Links vlieg Joshua Smit deur die lug in die o.9-verspring-item.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.