c urant
dié
1 Swartland
• Free • Gratis
Wes-Kaap se #1
25 Januarie 2017
43.9%
Bou saam met goeie nuus
Uitgawe 404
Meule maal met son
25 Januarie 2017
Moorreesburg Meule kan nou hul eie elektrisiteit genereer nádat 200 sonpanele van 250W elk op die dak van die meule geïnstalleer is. Die opsie om krag vir hul eie gebruik te genereer, word al vir ‘n geruime tyd deur Dippenaar en Smit oorweeg. Onder is Cobus Dippenaar en Jannie Smit van Moorreesburg Meule en Wayne Potgieter, elektrisiën van Peninsula Technical Solutions diep in gesprek. Lees berig op bladsy 3.
•WATER NOG NIE 'N KRISIS - MINISTER BREDELL
Strenger reëls kom Die gemiddelde watervlak van damme reg oor die Wes-Kaap, is onder 40%. So lui ‘n verklaring deur die minister van omgewingsake, Anton Bredell. Bredell sê ten spyte van pogings om watergebruik te verminder, val damvlakke steeds drasties vinnig. Hy sê die watersituasie in die provinsie is nog nie ‘n krisis nie, ten spyte van sommige areas wat verlede jaar tot rampgebied verklaar is. “Dit is kommerwekkend om te sien dat damvlakke op ‘n gemiddeld van 39.4% staan. Ons is steeds ‘n paar maande weg van ons reënseisoen en daarom doen ek weereens ‘n beroep op inwoners om water verantwoordelik te gebruik.” Hy sê verder die situasie word op ‘n gereelde basis gemonitor en munisipaliteite is besig om addisionele maatreëls, insluitend waterbeperkings en tariefverhogings te implementeer indien nodig. ‘n Totaal van 26.7 mm reën word egter vir Malmesbury in April voorspel. Só sê dr. Peter Johnston, ‘n klimatoloog en wetenskaplike aan die Universiteit van Kaapstad. Volgens hom is dié syfer steeds onder gemiddeld vir die gebied, hoewel boere dit as gemiddelde reënval vir daardie maand beskou vir die Swartland. “Die beste wat ons kan doen, is om te hoop vir ‘n bo-gemiddelde reënvalseisoen, want gemiddelde reënval of selfs dubbele reënvalsyfers gaan steeds nie genoeg wees om die provinsie se
Wen kaartjies na Buite Ekspo
damme te vul nie,” voeg hy by. "Dit gaan nie nou reën nie, maar indien dit wel doen, moet dit as 'n bonus beskou word.” Volgens hom moet daar nie soveel klem gelê word op die effek wat die El Niño- en La Niña-fase mag bring nie. “Ons het vir sowat twee jaar ‘n sterk El Niñofase ervaar, wat tot die droogte kon bydra. "Die ligte La Niño-fase, wat einde verlede jaar gevolg het en gewoonlik met baie reën gepaard gaan, is egter weer weg. Dit het wel in die hoogliggende gebiede gereën, wat vir ‘n somerreënvalstreek as normaal beskou kan word. "Die Stille Oseaan is nou weer stil, wat ‘n neutrale fase aandui,” verduidelik hy. Johnston sê die Swartland het meer reën gedurende die afgelope seisoen ontvang in vergelyking met ander gebiede in die Wes-Kaap. Tijmen van Essen, burgemeester van die Swartland Munisipaliteit, het tydens ‘n gewone vergadering van die uitvoerende burgemeesterskomitee sy kommer oor die lae damvlakke in die Wes-Kaap uitgespreek. Hy het ‘n beroep op inwoners gedoen om die huidige waterbeperkingsmaatreëls na te kom, ongeag die feit dat boetes bekostig kan word indien die toegelate waterverbruik oorskry sou word. “As die water op is, is dit op.” Volgens kenners, is daar slegs 93 dae se water oor sodra Stad Kaapstad water vanuit die Voël-
10de Sewestoernooi dié naweek
vleidam, die enigste waterbron van die Swartland, begin trek. Die Theewaterskloofdam se vlak het Maandag op 35.2% gestaan. Dié dam was verlede jaar dieselfde tyd 52.6% vol. Die Voëlvleidam is op sy beurt 43.9% vol, teenoor verlede jaar dieselfde tyd se 25.6%. Van Essen het gewaarsku dat hulle geen keuse sal hê as om strenger maatreëls wel in te stel, indien die huidige maatreëls nie gerespekteer word nie. Kaapstad se geïntegreerde waterstelsel wat uit die Wemmershoek-, Voëlvlei-, Steenbras-, Theewaterskloof- en Bergrivierdam bestaan, staan tans op ‘n gemiddeld van 39. 90% teenoor verlede jaar se 50.36%. (El Niño is die verskynsel waardeur warm water oor die Stille Oseaan versprei om onder meer vloede in Noord- en Suid-Amerika en droogte in Australië en vloede of droogtes in Afrika veroorsaak, een van die kragtigste weerstelsels is wat die wêreldklimaat help bepaal. La Niña is ‘n koue seestroom wat gewoonlik langs die Weskus van Suid-Amerika vloei en reën na Suid-Afrika en SuidAmerika bring.) • Stad Kaapstad het intussen aangekondig dat hulle hul waterbeperkings gaan opskerp en dat die nuwe beperkings en maatreëls vanaf 1 Februarie in werking tree. Wat hierdie bepalings behels, sal hierdie week deur die stadsraad goedgekeur word.
Atlete laat rekords spat
NUUS • NEWS