die courant 15 oktober 2014 (293)

Page 7

NUUS • NEWS

7

15 Oktober 2014

Dienslewering kardinaal vir Thomas Electric

Die span: Cornelius September, Albe Rautenbach, Leonard Thomas, James Engelbrecht, Frikkie Faro, Jason Mentoor en Leonard Thomas. Regs: Leonard, Barbara en Leon Thomas. Regs onder: Albe Rautenbach druk besig. Thomas Electric was in Augustus 30 jaar in bedryf op Moorreesburg. Leon Thomas het destyds vir Kallie Koch Elektriese Werke op Malmesbury gewerk en die MKB-silo’s het toe sy verantwoordelikheid geword. Só het hy die gaping gesien en destyds saam met sy broer Tokkie, wat ‘n outo-elektrisiën was, ‘n besigheid begin. Leon is nog aan die stuur van sake, met sy vrou, Barbara, wat die administrasie behartig. Hul seun, Leonard, is die afgelope vyf en ‘n half jaar by hulle, en die plan is dat hy vorentoe die leisels gaan oorneem. "Ek dink die feit dat ons as familie goed saam-

werk, maak ons uniek," Vertel Barbara. "Ek en Leon sien uit na die dag wat ons leisels kan oorgee en bietjie rondry, maar ek glo Leon sal altyd graag raad en insette wil gee. "Ons het geleer dat jou naam in besigheid 'werk' beteken, en miskien is ons nie altyd die goedkoopste in die omgewing nie, maar as ons iets doen, doen ons dit met integriteit. "Ons wil baie graag ons dienslewering na al die besighede en fabrieke op Moorreesburg uitbrei, want ons glo dit is waar ons spesialiteit lê. "Moorreesburg was baie goed vir ons as mense. "Ons het as jong getroudes met jong kinders

hier beland, my kinders het hier hul skool opleiding ontvang. "Ons as twee individue het beslis gegroei op Moorreesburg tot, glo ek, twee gebalanseerde individue. "Leon en ek is albei baie by die Moorreesburg Lionsklub betrokke. Ek dink dis beslis een van Leon se passies in die lewe om mense by te staan. "Daarom ploeg ons dan graag op vele maniere terug. "Dit vir ons voorwaar ‘n voorreg om deel van Moorreesburg se gemeenskap te mag wees." "Ons suksesresep: dienslewering... die klant kom ALTYD eerste."


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.