courant swartland en weskus Swartland
BEKROON: Weskus se 1ste keuse
dié
1
Gratis • Free hugenotestraat 24, malmesbury
15 Oktober 2014
Uitgawe 293
tel: 022 487 3221
Weskus se GEWILDSTE en GROOTSTE Streekblad - Ons BOU saam met GOEIE NUUS
Sakekamer-finaliste van nader bekyk
Rugbyspanne spook sake uit
Survey done in the Swartland
Bewaar:
'n Groep jeugdiges van Darling het verlede week 'n dag van hul vakansie opgeoffer om te help om ons kuslyn op te ruim. Die wind het hulle verwaai, maar hulle het hul deel vir mariene bewaring gedoen Hier is hulle op die strand by Yzerfontein aan die werk Die dag is deur CapeNature gereël, met hulp van onder andere die Weskus Distriksmunisipaliteit, Swartland Munisipaliteit en Darling Polisie.
Jeug spring in vir 'n skoon strand
• 'SNORRE' PRAAT MET BOERE OP MALMESBURY
‘Julle is die hartklop’ As ‘n mens wil boer, moet jy moed hê. Hierdie woorde van oud-Springbokafrigter Pieter de Villiers, het groot byval gevind by Maandagaand se vergadering van die Malmesbury Landbouvereniging. Hy was die spreker by die koring- en skaapstudiegroepe se jaarvergadering. Sy onderwerp: Hy 'coach' rugby, drome en moestasse. De Villiers se kwinkslae het die gehoor telkens laat skater van die lag, maar daar was ook genoeg pitkos: “In landbou is elke dag nuut en ‘n uitdaging. Om te oorleef, moet jy weet wie jy is. “En wie is jy? Julle is die hartklop van die land en julle moet onthou dat daar mense is wat julle waardeer.” Hy het gewaarsku dat ondersteuningstelsels skaars is.
“Daarom is dit vir my so goed om te sien hoe julle mekaar ondersteun en wil betrokke wees by die studiegroepe.” Plaaswerkers is ook vir hom ‘n belangrike onderwerp. “Hoe meer respek en verantwoordelikheid jy vir jou werkernemers gee, hoe meer gaan hulle vir jou beteken. “Julle werk dalk met mense wat meestal ongeskoold is, maar dit betken nie hul vaardigheidsvlak is so laag dat jy hom nie kan respekteer nie.” De Villiers het ook filosofies oor die lewe geraak: “Die lewe is soos ‘n slangetjie-en-leertjiebord. “God gooi die dobbelsteen en jy is die pion. “Soms klim jy die leer en sien dalk neer op
ander, en die volgende oomblik is daar ‘n slang. Dan blameer ons die regering en wie ook almal. “Die deure van die skool van die lewe gaan nooit toe nie. Onthou dit en jy sal elke dag groei.’’ Vraetyd is De Villiers gepeper oor rugby: in sy tyd, nou en ook wat die toekoms inhou, veral die volgende Wêreldbeker. Hy was ook nie skaam om sy mening te gee nie. Oor die Springbokke se kanse in die Wêreldbeker: ‘‘Ons het natuurlik altyd ‘n kans, maar die Springbokke is te swaar. “Die mense sê hulle is onfiks, maar dit is nie waar nie. “Hulle het net teveel gewig om saam te dra. “Dit is dan wanneer hulle begin swaarkry - in die laaste twintig minute van die wedstryd.’’
NUUS • NEWS
15 Oktober 2014