24 julie 2013

Page 1

courant swartland en weskus

tel: 022 487 3221

Uitgawe 232

die

Bekroon: Nommer 1-Streekkoerant

24 Julie 2013

hugenotestraat 24, malmesbury

In die reën: Die deurdringende reën in die Swartland word hier bekyk deur jong kinders wat Vrydag in Illingelethu op Malmesbury nie langer binnegehou kon word nie. In sommige dele van die Swartland is tot 60 mm reën vir net Vrydag gemeet.

•Gesaaides ‘kan nog mooi raak’

Stortreën ‘normaal’ Nadat stortreën sedert Vrydag baie mense bekommer, sê Cedric Stoch van Droërug buite Malmesbury dat dit nie ongewoon is nie: “Ons het 60 mm gemeet. Dis die patroon dié tyd van die jaar – mense se geheue laat hulle net in die steek as hulle dink dis abnormaal. Verlede jaar se reën van 1 tot 22 Julie was 106 mm, ter­ wyl vanjaar s’n op 22 Julie op 71 mm gestaan het. Tot nou het ons 435mm reën (vir 2013) gehad teenoor die 336 tot einde Julie 2012 - 99 mm meer as verlede jaar.´ Uit sy aantekeningboek waarin hy die reën­ valsyfers sedert 1974 neerpen, verduidelik Stoch waarom hy baie moed vir vanjaar se gesaaides het, al lyk die reënvalpatroon vreemd vanjaar: “Vanjaar se April het lieflike reën gegee – elke week 15 mm tot 17 mm, met 45 mm teen middel

Madiba se dag: foto’s

April. Toe kom Mei se hitte en min reën, sodat die gesaaides nou ‘odd’ lyk – op dieselfde land staan dit ongelyk, so asof dit swaar getrek het. “My pa het altyd gesê ‘n mens moet oppas vir Queen Victoria se verjaardag (28 Mei) want daardie reën is swaar! Verlede jaar se reën in saaityd het mooi stelselmatig gekom, met ‘n storting teen einde Mei (32mm).” In Junie van­ jaar het die Swartlandse grond volgens Stoch se syfers 188 mm gekry. “Die afrekeningsmaand is September – as die gesaaides wegspring en begin groei, kan die oes nog baie mooi raak! Maar onthou, te veel hitte kan veroorsaak dat die koring skielik blom en die meeldrade brand – niks hiervan is die beskikking van die mens nie.” Op die plaas Wylands sê John Duckitt dat Ju­

Bome pienk vir Kansa

nie se reën ‘opgemaak’ het vir Mei se droogte. “Junie se gemiddelde reënval was dubbeld dié van 2012. 83% van die gemiddelde reënval vir Juliemaande het reeds tot Maandag geval. Die koue weer wat ons nou het, is goed vir die graan.” Hy stem saam dat die groeityd nog her­ stel en ewewig in die koring se groei en prestasie kan bring. Hoewel Duckitt die goeie reënvalsyfer ver­ welkom, beskryf hy die ideale reënval as sag en deurdringend, sodat die water kan intrek. “Ons sien dat die grondwater nou weer mooi begin opbou nadat ons van 1998 tot 2008 ‘n droë siklus gehad het. Dit behoort ‘n goeie blomjaar te wees!” Duckitt se familie teken al van 1865 af die reënvalsyfers en weersiklusse aan en sy eie dokument dateer uit 1911.”

Trekkers op Ploegdag


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.