die courant 19 desember 2012 204

Page 6

6

nuuS•news

19 Desember 2012

Swartland se Orrel een van top-vyf in die land

Carina Zollner, orrelis, by die imponerende orrel, pas 74 jaar oud. Presies 74 jaar gelede, in Desember 1938, is die hui­dige orrel in die NG Swartland-kerk ingewy. “Dis geen beskeie orrel nie! Wanneer ek op ander orrels gespeel het en ek kom terug na hom toe, voel dit of ek tuis kom,” vertel Carina Zollner, reeds 14 jaar die orrelis hier. “Met sy drie manuale (rye toetse vir ‘n orrel) en groot verskeidenheid registers, kan ‘n orrelis lekker die klanke meng en varieer. Verder gee die ‘chimes’ (klokkespel) van die orrel ‘n heel ander dimensie aan uitvoerings. Die troumars op die vol orrel met sy majestueuse klank, laat ‘n mens hoendervleis kry - ‘n gunsteling-orrel vir bruide! Met sy 1818 pype (party van dié 600 vierkantige houtpype is tot 30 vierkante sentimeter groot) het elke pyp sy eie klank en toonhoogte. ” Peter Wattel, wat die orrel gereeld stem en regoor die Wes-Kaap tot in Port Elizabeth orrels stem, beaam dat dié besondere groot orrel van Amerikaanse oorsprong een van Suid-Afrika se top-5 is. “Die Groote Kerk in Kaapstad en die twee Wes-Kaapse universiteite het beslis groter orrels, maar wat NG Kerke in die Wes-Kaap betref, is hierdie die tweede grootste kerkorrel met pype. Alles in die kerk is indrukwekkend; die ‘setup’ van die hele kerk is imponerend!” Wattel is egter bekommerd oor die groot koste wat die goeie onderhoud van die orrel vereis: “Die sisteem is nou verouderd – onder elke pyp is membrane (blaasbalkies) wat eventueel vervang moet word. Die orrel windlades moet vervang word met ‘n sisteem wat meer betroubaar is, die sleep-windlades. Dit verander nie die klank of die vermoëns van die orrel nie, maar het minder onderhoud nodig en beperk dan die ‘streke’ wat die orrel nou soms uithaal.” Wattel het in 2002 dieselfde gedoen vir die orrel van die Groote Kerk en in Riviersonderend. “Die ‘musikale stem’ van die orrel bly presies

Leerkragte groet:

‘n Blik op ‘n paar van die 1818 pype, waarvan sommige 30vk cm is. dieselfde,” belowe hy. Anna-Maré van Staden van Malmesbury, wat tans haar Engelse lisensiaat- en uitvoerende diploma in Orrelkunde by die US doen, stem saam: “Dis ‘n “wonderlike orrel met pragtige klank.” Linza Louw, die voorsitter van Malmesbury Toerisme, beoog om binnekort dié imposante orrel aan te wend vir orrel-uitvoerings as deel van die toerisme-vereniging se doelwit om die estetiese van die dorp te bevorder. Zollner stem hier­mee saam: “As ons in 2013 kan begin om gereelde orrel-uitvoerings aan te bied, sal dit beslis groei. Mense word verryk en rustig gemaak met orrelspel. Die musici en die orrel is beskikbaar – dit kan beslis werk!” • Die orrel het ‘n pneumatiese aksie, wat beteken dat dit werk met lugdruk wat deur elektriese strome beheer word. In leketaal werk dit só dat soos die klawers op die speeltafel gedruk word, kleppe oop- en toegaan in die windkaste en dit laat die orrel praat!

Personeellede wat Hoërskool Swartland op Malmesbury groet, is Elna du Plessis, Elmarie Strydom, George Sabbagha en Betsie Jordaan. Links op die foto is die skoolhoof, Dirk Marais. Du Plessis en Sabbagha, met meer as 10 jaar diens, het elk 'n geraamde potloodtekening van die skool ontvang.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.