Theewaterskloof gazette 16 julie 2013

Page 1

SPECIAL!! SPECIAL!! SPECIAL!! R3 500/booking

2813 LT

Theewaterskloof |Bredasdorp | Napier

21st Birthdays Matric Dances Weddings Engagement Proposals Funerals - etc

Year 3 • Tuesday 16 July 2013 | Tel. 028 214 1294

073 532 5941 newbeginings31@gmail.com

www.bolandgazette.co.za bolandgazette.mobi

Brandstof­ alternatief?

Pieter Smit (35), John van den Berg (34) en Niel Andries (32) is hier op pad van Genadendal na Voorstekraal, sowat vyf kilometer ver. Money (links) en Dolla het klaarblyklik nie omgegee om die karretjie te trek nie. Die foto is op 10 Julie geneem. FOTO: ERIEKA ROUX

Middedorp kry nuwe huurders

ANNETTE THERON

Die oorgrote meerderheid Caledon-verhuurders in die sentrale sakesentrum is positief oor die benutting van beskikbare winkelruimte ná huurders na die Victoria-sentrum verhuis het. Caledonners wonder ook wie hul intrek gaan neem by persele waar besighede na die nuwe Victoria-sentrum geskuif het. Nedbank, Bargain Books, Foschini, American Swiss, MTN, Ackermans en Vodacom het van die middedorp af na die nuwe Victoria-sentrum verhuis. Gerugte het ook die ronde gedoen dat taxi-staanplekke by die nuwe

mall gebou gaan word en nog ’n sakeman vrees dit sal die binnedorp doodmaak. Stiffie Cronjé, mediawoordvoerder van Theewaterskloof-munisipaliteit (TWK), het by navraag gesê TWK oorweeg tans ’n aansoek van die ontwikkelaars van die Victoriasentrum om grond oorkant die sentrum te benut om bykomende parkeerruimtes beskikbaar te stel aan motors, taxi’s en busse. “Daar word beplan om die deel wat intussen met grond opgevul is te benut en op te gradeer. Die aansoek is dus nie vir die skep van ’n sogenaamde taxi rank nie.” Cronje sê hulle is positief dat die middedorp steeds ’n belangrike deel van Caledon se sakekern sal wees. Dit is opmerklik dat kliënte steeds

die gebied as ’n belangrike “koop”-gebied beskou. Louis Jordaan, die eienaar van die Spar, het twee huurders verloor. “Daar is planne vir die Ackermansen Vodacom-perseel en dit sal binnekort rugbaar gemaak word, maar nie op hierdie stadium nie.” Manus Smit Van Caledon sê Nedbank se huurkontrak eindig einde September en die Nedbank-perseel sal dus van 1 Oktober beskikbaar wees. Volgens Smit is daar reeds belangstelling en is hy glad nie bekommerd oor die toekoms van die middedorp nie omdat so min winkels leegstaan. “Nuwe winkels soos Joshua Doore en Clicks het ingekom en hier het eintlik min winkels uit die midde-

dorp weggeskuif. As mens dit vergelyk met Worcester toe hul mall destyds geopen het, het die hele dorp mall toe geskuif.” Calli Belfiore, die verhuringsagent van die Good Hope-gebou wat aan Foschini verhuur is, sê hierdie ruimte is reeds uitverhuur aan ’n algemene handelaar met klere, skoene en Chinese items. “Die huurder sal hierdie maand intrek.” Die eienaar van die Mill Street-sentrum het by navraag bevestig nuwe huurders sal binne die volgende drie maande hul intrek neem by die perseel wat voorheen deur Bargain Books gehuur is. Awie Bosman, eienaar van verskeie eiendomme in Caledon en ook van die Pep Stores-gebou in die mid-

dedorp, het gesê Pep het so pas hul huurkontrak vir die volgende drie jaar hernu. Hy is van mening die huur sal goedkoper raak in die middedorp, anders staan die plekke leeg. Een verhuurder, wat verkies om naamloos te bly, meen ontwikkeling is ’n goeie ding en dit is vir hom veral interessant om al die vreemde nommerplate by die Victoria-sentrum te sien. “Ek het ’n kollega van Riviersonderend wat hul inkopies daar doen.” Hy is egter bekommerd oor sy eie belegging in Caledon, want hy meen hy kan nie sy huur verhoog nie. “Ek begin in my belegging in die dorp twyfel, want dit hou nie tred met die inflasiekoers nie.”


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.