Theewaterskloof gazette 10 sept 2013

Page 11

Dinsdag 10 September 2013

General - Algemeen

Theewaterskloof Gazette

11

Dié sportster is baie veelsydig Tersius Meintjies is ’n gr. 11 leerling by Hoërskool Overberg en die Let’s Play-sportster vir September. In die kleure-atletiek het hy deelgeneem aan die spiesgooi en ’n afstand van 42,62 m behaal. By die interskole was sy afstand 47,74 m en by die Sone-

Tertius Meintjies by sy afrigter, Deidré Michaels. FOTO: VERSKAF

Klein Ovies-sporttoer na Suid-Kaap reuse sukses

Laerskool Overberg het van 22 tot 24 Augustus 62 leerlinge na George in die Suid-Kaap geneem om aan Laerskool Blanco se jaarlikse Top Gear-sportnaweek deel te neem. Al die hokkie-, netbal- en rugbywedstryde het op die sportterrein van Hoërskool Outeniqua plaasgevind. Klein Ovies het gedurende hierdie sporttoernooi aan 19 hokkie-, netbal- en rugbywedstryde deelgeneem. Op Donderdag 22 Augustus het die leerlinge Acrobranch naby Wilderness besoek. Die klein Ovies het die avontuur geniet deur verskillende hindernisse hoog bo in die bome aan te durf. Die onderwysers is deur die leerlinge uitgedaag om die hindernisbaan saam met hulle te voltooi. Die onderwysers het die uitdaging aanvaar. Op Vrydag 23 Augustus het die toergroep

met Powervan, ’n dieseltreintjie, die Outeniquaberge uitgery om die pragtige kusvlakte van die Suid-Kaap aan die voet van die Outeniquaberge te besigtig. Hierdie jaarlikse sporttoer dien as ’n dankie-sê vir die bydrae wat die o.13-leerlinge deur die jare op sportgebied vir die skool gelewer het. Hier volg ’n kort uittreksel van ’n brief wat die skool van ’n ouer ontvang het: “Belangrikste is dat my kind die toer verskriklik geniet het en baie dankie vir die geleentheid wat hy gekry het om sy sportloopbaan op hierdie noot by Laerskool Overberg te eindig. Dit het ’n geweldige groot impak op sy gemoed gelaat wat hy nog baie jare sal koester. Nogmaals baie dankie en mag hierdie sporttoer net van krag tot krag groei! Ovies bo!”.

Die toergroep het met die Powervan die Outeniquaberge uitgery.

Kaylee Krige, Michelle Blom en Kaylen Fourie hoog bo in die boom by Acrobranch se hindernisbaan.

byeenkoms was dit 49,2 m en by SuidBoland gooi hy 48,97. Hy is gekies om aan die Boland-kampioenskappe in die Paarl deel te naam, maar moes die Suid-Boland-krieketspan in Hermanus verteenwoordig. Hy speel hokkie vir die eerste span en verteenwoordig Noord-Boland en Boland Shiraz-hokkie. Tersius speel ook eer-

stespan-krieket en het die Suid-Bolandspan gehaal. Hy is in die Boland Platteland-krieketspan opgeneem en speel ook tans vir die Hermanus 2013-krieketspan. In sy vrye tyd kuier Tersius graag saam met sy vriende, maar wy byna al sy aandag aan spiesgooi, hokkie en krieke.


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.