Stellenbosch gazette 22 oct 2013

Page 5

Tuesday 22 October 2013

News - Nuus

Stellenbosch Gazette

5

Klassieke Kersspel in die Paarl ’n Klassieke Kersuitvoering wat ’n mens in die regte stemming vir Kersfees sal plaas, word op 1 Desember onder die sterre by die Liqui-Fruit Amfiteater in die Paarl aangebied. Van Suid-Afrika se beste kunstenaars, wat almal met unieke stemme spog, sal dié aand Kers- en klassieke liedere onder die sterre- Elvis Blue, een van hemel sing. Dink net met watter fantastiese verwerkings en duette Elvis Blue, Claire Johnston, Jannie Moolman en Zanne Stapelberg vorendag sal kom wanneer hulle saam optree by Klassieke Kersfees. Van die liedjies wat die aand gehoor gaan word, sluit in Die Heiland is gebore, Somerkersfees, Jerusalem, O come all ye faithful, asook

Jannie Moolman

die musikante wat by ’n Kersuitvoering in klassieke treffers soos Miserere, Brindisi en Amigos Para Siempre. Die kunstenaars word begelei deur die Frank Pietersen-musieksentrum se simfonieorkes en ’n volwasse koor. Dié meertalige konsert sal aanklank vind by almal en die gehoor sal die geleentheid kry om hul gunsteling-Kersliedere saam met die

Huguenots celebrate 325 in French style Kabaretmania is hier As part of the 325-year celebrations of the arrival in 1688–1689 of a fleet of seven ships with Huguenot refugees at the Cape of Good Hope, the Huguenot Society of South Africa is presenting a festival concert at the Endler Hall, Stellenbosch, on Saturday 26 October. With a focus on French music, the festival programme will cover a wide spectrum – from cabaret to classical music. The Stellenbosch University’s Symphony Orchestra (USSO) is under the direction of maestro Professor Corvin Mattei, with musical producer Melissa van der Spuy and soloists Jannie Moolman, Anna Davel and Minette du Toit-Pearce. The USSO’s contribution will include the Prelude and the Gypsy Dance from the opera Les Huguenots by Giacomo Meyerbeer, the Suite No. 1 from Carmen by Bizet, the Overture from Orphée aux Enfers (Orpheus in the Underworld) by Offenbach, the Marche Hongroise from La Damnation de Faust by Berlioz, and Ravel’s Bolero. Anna Davel will sing amongst others La Vie en Rose of Guglielmi and

Monnot and in Afri-French style Sweef soos ’n Arend (Soar like an eagle, sung in French.) Minette du Toit-Pearce will sing Mont Coeur of Saint Saens, the Habanera from Carmen of Bizet, and Le Spectre de la Rose of Berlioz. Jannie Moolman will sing Caruso of M Nava, and La fleur que tu m’avais jeté from Carmen of Bizet. In duet with Minette du Toit-Pearce they will sing Vivo per Lei (Manzani – Mengalli – Zelli). Jannie du Toit in duet with Anna Davel will sing When I Fall in Love (Young & Heyman). Anna Davel and Minette du ToitPearce in duet will sing Chanson la Mer (Charles Trenet) and Cent Mille Chanson (Celine Dion). The premiere of a commissioned orchestral work Geneva Partita (specially composed for the occasion) by renowned South African composer Hendrik Hofmeyr (Professor of Composition and Theory at the SA College of Music of the University of Cape Town), will take place at the Huguenot Festival Concert. This is a festival concert which music lovers cannot afford to miss. The show starts at 20:00 and tickets cost R150. Tickets available at Computicket

Die sewende Kabaretmania skop vandeesweek af met ’n fees van musiek en internasionale kabaret. Maak seker jy bespreek jou plek vir die volgende vertonings by Kabaretmania: ) Louis Janse van Vuuren se nuwe digbundel, Opgeskryf, word op 23 Oktober om 19:00 bekendgestel, met Louis Janse van Vuuren, Edwain Steenkamp en toonsettings deur Niel Rademan en Lucas Heinen. Dit is weer op 25 Oktober om 19:00 te sien. ) ’n Gratis podiumgesprek met Johan Rademan en Margit Meyer Rödenbeck oor Komedie, Konsert en Kabaret op 24 Oktober om 19:00, gevolg

deur Dowwe Dolla in haar nuwe vertoning om 20:00. Kaartjies: R120. ) 25 Oktober om 21:00: Girl van die Suburbs met Marli Kock en Lucas Heinen. Kaartjies: R100. ) Op 26 Oktober om 17:00 is Jannie du Toit te sien in Onderweg, ’n reis deur sy lewe. Kaartjies: R120. ) Op 26 Oktober om 19:00: Amanda Strydom en Janine Neethling. Kaartjies: R120. ) Op 26 Oktober om 21:00: Skalie Skinnerstories tref Stoffontein. Kaartjies: R100. Bespreek vroegtydig by 0 082 777 3825 of 2 kabaretmania2013@gmail.com.

Kermis onder eikebome Die Rynse VGK-gemeente Stellenbosch hou Saterdag 26 Oktober kermis. Die geleentheid vind van 09:00 af op Die Braak plaas. Heerlike geregte soos roti’s, gebraaide hoender en snoek, asook lekker potjiekos en nog vele meer sal verkoop word. ’n Verskeidenheid gebak, asook koeldrank en

gemmerbier sal te koop wees. Moenie die groentetafel misloop nie! Daar sal ook talle lekker speletjies wees vir oud en jonk om aan mee te doen. Kom geniet die dag onder die eikebome. Bel Denver Paulse by 083 957 9643 vir enige navrae.

kunstenaars te sing. Dit is die derde keer dat dié konsert by die Liqui-Fruit Amfiteater in die Paarl plaasvind. Verlede jaar het meer as 3 500 mense die venue volgepak. ’n Verskeidenheid kos- en wynstalletjies sal die aand versnaperinge die Paarl sal optree. te koop hê. Alle sitplekke is bespreekte sitplekke en konsertgangers is welkom om ’n kombers of ’n kussing saam te bring. Kaartjies wissel van R100 tot R150. Die vertoning begin om 18:15 en die hekke maak reeds 15:00 oop. Bespreek nou om jou sitplek te verseker. Skakel 021 872 9754 of bespreek aanlyn by www.cultivaria.com.

Niel Rademan

FOTO: JOE DE LANGE

Liefdesverhaal by KLT Pieter van Zyl het mime corporel in Londen, Parys en Amerika gestudeer en daarna teruggekom na Suid Afrika toe. Hy is op 24 Oktober by die Klein Libertas-teater in Early works – a love story te sien waar hy praat oor sy eie persoonlike reis met ’n kuns-

vorm wat dikwels verkeerd verstaan word. Hy voer ook van sy eie bewegingskomposisies uit wat gegrond is op dié tegniek. Die uitvoering begin om 20:15. Kaartjies kos R100. Bespreek by 021 883 8164 of klt@klteater.co.za.


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.