Breederivier gazette 1 oct 2013

Page 8

Breederivier

Year 17 • 1 Oktober 2013 | Tel. 023 626 5212

MAAK OF BREEK: Die Rangers-rugbyspan van Robertson speel die seisoen uithalerrugby en speel Saterdag in hul laaste wedstryd van die jaar teen Tulbagh by die Van Zylstraatsportterrein. Dit is ’n maak-of-breekwedstryd want dit sal bepaal wie na die uitspeelronde deurdring. ROLBAL: Skoliere van so ver as Oos-Londen, George en Kaapstad het die afgelope naweek in Bonnievale deelgeneem aan die o.19-interdistrik-rolbaltoernooi. Ses-en-vyftig van die vier distrikte se spelers het aan die toernooi deelgeneem onder groot aanmoediging van hulle spanmaats. Veertien spanne van vier spelers elk het om die Envar-trofee (vernoem na ’n jong speler wat tydens die nasionale toernooi in Klerksdorp gesterf het) meegeding. Hier is die spanfoto van die spelers wat aan die toernooi deelgeneem het. In Afdeling A het die span van die WP eerste geëindig, gevolg deur Suid-Kaap, Boland 2 en Boland 1 en in Afdeling B het Boland 1 die eerste plek ingeneem, gevolg deur Grens en die Suid-Kaap. Vir meer inligting oor die sport, bel Theuns Coetzee by 082 417 8597 of e-pos theunscoetzee@gmail.com.

FUN ON THE TENNIS COURT: The Robertson Fun Doubles Tennis Tournament was held recently and players from as far as Lutzville and Montagu entered. Here are the winners. At the back are Theo Louwrens en Albie Lamprechts and in front Thean Swanepoel and Conrad Prins.


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.