Page 1

Breederivier

Year 17 • 1 Oktober 2013 | Tel. 023 626 5212

www.bolandgazette.co.za bolandgazette.mobi

Fabriek­store in ligte laaie

’n Vuurkolom het Maandagoggend vroeg bo Langeberg Ashton Foods se oostelike koelstore uitgetroon. Skade van etlike miljoene rand is aangerig. FOTO: ESTA SOUTHEY

ANITA DE KOCK Skade van etlike miljoene rand is vroeg Maandagoggend aangerig toe verskeie koelstore by die oosfabriek van Langeberg Ashton Foods Ltd in Ashton in ’n brand vernietig is. Die brand is omstreeks 02:00 in een van die koelstore opgemerk en hoewel die brandweer en ander nood-

spanne gou op die toneel was, is tussen 10 en 13 koelkamers verwoes. Die presiese omvang was nie teen druktyd bepaal nie. Niemand is in die voorval beseer nie. Volgens Nassos Martallas, hoofuitvoerende beampte van die maatskappy, het die brandweer se vinnige optrede voorkom dat enige ammoniak-lekkasies plaasgevind het. Hy het sy dank en waardering daarvoor uitgespreek.

Die oorsaak van die brand is nog nie in dié stadium bekend nie, hoewel hy sê dit nie aan ’n elektriese fout toegeskryf kan word nie. Hoewel nalatigheid of brandstigting nie uitgesluit word nie, wou hy geen verdere kommentaar lewer nie en word daar op ondersoekbeamptes gewag om te bepaal wat die presiese oorsaak van die brand was. Omdat dit buite seisoen is, is die meeste van die koelstore leeg en was

daar dus geen verlies aan produkte of produksie nie. Martallas het beklemtoon daar bestaan geen sprake dat mense nou werk weens die brand gaan verloor nie, juis weens die feit dat dit nie nou produksietyd is nie. Hulle grootste probleem is egter om die koelkamers betyds vir die 2014-oestyd te herbou. “Ons grootste uitdaging op die oomblik is die herstel van die koelka-

mers voor die komende oesseisoen,” het hy gesê. Daar word verwag dat forensiese ondersoekbeamptes en ook versekeringsbeamptes so gou moontlik met hul ondersoeke sal begin ten einde die oorsaak van die brand vas te stel. * Gaan na die Gazette se webwerf by www.bolandgazette.co.za en klik op die Galleries-skakel om meer foto’s van die brand en die skade te sien.


2

Entertainment - Vermaak

Breederivier Gazette

) Die MAG Opleidingsentrum se algemene jaarvergadering word op Donderdag 3 Oktober om 19:00 by die MAG-gebou, Sultanasingel 6, in Montagu gehou. Vir navrae, kontak Tim by 072 326 0589 of Klasie by 072 260 5285 of 023 614 2215. ) Die produksie Vuur Seisoene, met Mel Botes en Johan Kelber wat immergewilde klassieke meesterstukke van Vivaldi, Bach, Beethoven en Mozart sal speel, is op 17 Oktober om 19:30 in die Robertson-stadsaal. Die

vertoning is ten bate van baba Elizabeth Jordaan wat deurgaans intensiewe mediese sorg nodig het. Kaartjies kos R250 per persoon en sluit ’n ete en wyn in. Vir meer inligting, skakel 023 626 4437 of stuur e-pos na info@ robertson.org.za. ) Geniet melktert en tee of koffie die laaste Vrydag van elke maand om 10:00 by die Joubert-huis, Montagu. Groepe moet ’n week voor die tyd bespreek by 023 614 1774. ) Geniet pannekoek en koffie elke eerste Saterdag van die maand van 09:00 af by die Museummark op Robertson. Daar is ook stalletjies waar tuisgebak, boeke, snuisterye en dies meer te koop is. ) Stuur items vir weeklikse dagboek aan gazette@breede.com

‘Hawaii’ in Montagu ’n Hawaiiese aand word op 5 Oktober by die Victorian Hotel in Montagu aangebied om fondse in te samel vir liefdadigheid. Gaste kan uitsien na eksotiese skemerkelkies, tombola en ’n ete by Kati se Restaurant, terwyl ’n orkes sorg vir musiek. ’n Veiling van kunswerke word ook gehou en die wins gaan aan verskeie liefdadigheidsorganisasies in die dorp geskenk word. Gaste staan ook die kans om vakansieverblyf van twee weke lank in Kroasië te wen. Gaste word versoek om Karibbiese uitrustings te dra en klere kan by die Hospice Winkeltjie in die dorp gehuur word.

Die koste is R130 per persoon. ’n Oktoberfees word van 25–27 Oktober by die hotel aangebied, so reg in die tradisie van die Muchen Bierfees in Duitsland. Dit word gehou in die Kati Biertuin by die Hotel en speletjies met lekker pryse om te wen sal aangebied word. Die fees word aangebied op Vrydagaand van 17:00, Saterdag van 09:00 tot sluitingstyd en Sondag van 09:00 tot 16:00. Toegang is R30 per persoon vir volwassenes en kinders kan gratis ingaan. Meer inligting oor die twee aanbiedinge kan by die hotel gekry word by 023 614 2440/1 of by info@thevictoria.co.za

Wine on the River fest From 18 to 20 October Robertson Wine on the River is returning to the banks of the Breede River. The festival will be held in a spacious marquee at Goudmyn, situated on the R317 between Robertson and Bonnievale. Visitors can enjoy laid-back hospitality, more than 300 wines from local wineries, music, gastronomic delights, country food stalls and shopping at the Robertson Farmers’ Market. Tutored chardonnay tastings will be on offer in the Chardonnay Tent and other popular attractions

Dinsdag 1 Oktober 2013

include river cruises, arts and crafts. There will also be children’s activities which will be charged on a “payas-you-go” system. A special rate for pensioners will be available and children under 18 enter free of charge. Designated parking areas nearby, or a shuttle service can be utilised. Wines will be sold on site at cellar door prices. Bookings can be done at www.webtickets.co.za. For more information, contact the Robertson Wine Valley office at 023 626 3167, manager@robertsonwinevally.com or www.wineonriver.com.

TROTSE ORKESTRADISIE: Die Robertson Community Brass Band het op Sondag 29 September ’n suksesvolle musiekkonsert en teemiddag aangebied. Op die foto is bestuurslede en musikante van die orkes. Nuwe lede is ook welkom om aan te sluit. Die orkes tree op by verjaarsdagpartytjies, begrafnisse, lentefeeste, wynfeeste, troues, kerk- en ander gemeenskapsfunksies. Vir meer inligting, bel Hennie Arendse (sekretaris) by 072 744 5170.

Route 62­groep maak naam Die Route 62 Live Band is ’n musiekgroep van Robertson wat sedert hulle stigting in 2010 besig is om vir hulle ’n naam te maak in die Vallei. Die orkes is in November 2010 gestig nadat twee van die lede Lincoln Padiachy genader het met die idee om ’n orkes te begin en vandag bestaan die groep uit vyf permanente lede, Elvana Paidach (hoofsanger), Lincoln Padiachy (sanger/kitaar), Franscois Ruiters (tromme), Rolando January (baskitaar) en Johan (Honey) Adendorf (klawerbord), asook drie afloslede. Die groep se naam is afkomstig van die hoofroete – Route 62 – wat deur Robertson tot by Oudtshoorn loop. Die groep se heel eerste openbare optrede was in Desember 2010 toe hulle by die Bonnievale United Rugbyklub opgetree het. Sedertdien het hulle al so ver as Beaufort-Wes, Ladismith, Caledon en ander omliggende dorpe opgetree. Hulle is ook baie gewild by plaaslike feeste, waaronder die Cansa Relay for Life, Montagu Springs, die Wacky Wine en die Pot & Bierfees. Hulle het ook al opgetree saam met bekendes soos Karin Kortje, Nadine, Rocket Promotions en Die Broers.

Die Route 62 Live Band. Dit bestaan uit Franscois Ruiters, Lincoln Padiachy, Elvana Padiachy, Rolando January en Johan Adendorf. Later die jaar is daar nog optredes by die AJ Rugby Foundation, Vrolike Vinkies en die Ann Fredericks Primêr se debutantebal. Die groep is ook betrokke by liefdadigheidswerk en het opgetree vir ’n insamelingsveldtog vir Parmalat se werkers tydens die stakings, hulle het gespeel om ’n plaaslike leerling verder te laat studeer en tree ook gratis op vir Kansa en die AJ Rugby Stigting in Worcester wat help om ’n min-

derbevoorregte leerling wat in sport presteer finansieel by te staan. Die orkes neem ook jaarliks ’n jong musikant of sanger aan wat saam met hulle optree vir blootstelling. Die orkes is beskikbaar vir jaareindfunksies en ander geleenthede en is ook op Facebook onder Route62 Live Band. Vir navrae, besprekings en meer inligting, kontak Chantal by 079 023 6224 of Lincoln by 071 503 0257.


Dinsdag 1 Oktober 2013

News - Nuus

Breederivier Gazette

3

Langeberg­streek se toerisme presteer HILDERINE SCHRÖDER Toeristebestemmings en -kantore in die Langeberg-streek het uitstekend presteer by die Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit (KWDM) se jaarlikse toerismetoekennings. Die streek het altesaam vyf toekennings losgeslaan by die glansgeleentheid wat verlede Donderdag (26 September) by die Leipzig Country Lodge gehou is. Die Robertson Wynvallei is vir die tweede jaar agtereenvolgens as die wenner gekroon in die kategorie vir toerismebesigheid van die jaar. Die Montagu Country Hotel het die tweede plek in dié kategorie verower. Elizma Botha, bestuurder van Robertson Wynvallei, sê

die kantoor se sukses word aan harde werk toegeskryf, asook die feit dat elke geleentheid om die area te bemark aangegryp word. In die kategorie vir avontuur, buitelug en ekotoerisme het African Game Lodge, wat buite Montagu geleë is, met die louere weggestap, met Farmer Redbeard wat die tweede plek losgeslaan het. Montagu-Ashton Toerisme was tweede in die kategorie vir beste besoekersinligting, met Robertson en McGregor se toeristekantore derde en vierde onderskeidelik. Saggy Stone Brewery was die naaswenner in die kategorie vir nuwe toerismebesigheid van die jaar (besighede jonger as drie jaar). Die uitvoerende burgemeester van die KWDM, raadsheer Neels de Bruin, het die deelnemers hoë lof toegeswaai vir hul aandeel in die bevordering van toerisme in die streek.

African Game Lodge buite Montagu en Farmer Redbeard het die eerste en tweede plekke losgeslaan in die kategorie vir avontuur, buitelug- en ekotoerisme by die Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit se toerismetoekennings. Mandy Freeman (African Game Lodge) en Albertus van Zyl (Farmer Redbeard) het hul toekennings in ontvangs geneem.

WENWYN: Die Perold Absa Cape Blend-kompetisie is vanjaar vir die tweede keer aangebied en vir die eerste keer is die topvyf in plek van die topdrie wenners uit al die inskrywings aangewys. Viljoensdrift se River Grandeur is aangewys as een van die Cape Blendrooiversnitwynwenners. Die wenners wen elk ’n reis na ’n buitelandse wynland. Die wenners van die kompetisie is by ’n geselligheid by die Marine Hotel in Hermanus aangekondig. Hier is die wenners: (voor van links) Lance Bouma (Anura), Johann Fourie (KWV) en Gavin Patterson (Sumaridge); (agter) Fred Viljoen (Viljoensdrift) en Suzanne Coetzee (Clos Malverne).

Saggy Stone Brewery was die naaswenner in die kategorie vir nuwe toerismebesigheid van die jaar. Adrian Robinson het die toekenning in ontvangs geneem.

Elizma Botha van Robertson Wynvallei het dié kantoor se toekenning as wenner in die kategorie toerismebesigheid van die jaar in ontvangs geneem. Raadsheer Neels de Bruin, uitvoerende burgemeester van die Kaapse Wynlanddistriksmunisipaliteit, het die toekenning aan haar oorhandig. FOTO’S: HILDERINE SCHRÖDER

Mareletta van Zyl van die Montagu-Ashton Toeristekantoor het dié kantoor se prys as naaswenner in die kategorie vir die beste besoekersinligting by raadsheer Neels de Bruin in ontvangs geneem.


4

Robertson Lenteskou

Breederivier Gazette

FEESTELIK: Die afgelope Robertson Lenteskou was ’n groot sukses en die perde- en katteskou en ook die damesoggend het baie aftrek gekry. Volgens die skoukantoor kry hulle goeie terugvoering van die deelnemers aan die skou. Dit blyk egter die besoekersgetalle was vanjaar minder as gedurende vorige jare. Die sterk wind van verlede week het waarskynlik daartoe bygedra en talle stalletjies op die terrein het gesukkel om staande te bly.

Dinsdag 1 Oktober 2013

BORGTOGGELD VIR LIEFDADIGHEID: Inwoners van die vallei het by die Robertson Lenteskou bewys dat hulle bereid is om soos “misdadigers” behandel te word ten einde geld vir Kansa in te samel. Die groep het hulle “in hegtenis” laat neem en met gevangenisoorpakke en geboei in ’n “hof” skuldig gepleit op aanklag van liefdadigheid. Die “saak” is deur landdros Hannes Fölscher aangehoor wat sy eie unieke toga en pruik vir die geleentheid gebruik het. Die borgtoggeld wat betaal is, het R9 200 opgelewer. Die groep is ook gevonnis om op 1 en 2 Maart volgende jaar by die skouterrein aan die CANSA Relay For Life deel te neem. Hier is die barmhartige “misdadigers” (agter van links): Henk van Niekerk, Isak Viljoen, landdros Fölscher, Jacobus Brits, Karen Fouche, Hans Lizemore, Johan Mulder (skoupresident) en Annemari du Plessis; (voor) Marina Laubscher, Jacques Immelman, Zelda Kloppers van die Breederivier Gazette, Joan Cookson en Janine Bosman.

FOTO’S: ZELDA KLOPPERS

VETERANE PRONK OP LENTESKOU: Oudhede was oudergewoonte weer volop by die skou. Hier is veteraantrekkers, maar daar was ook veteraanmotors en -implemente.

’N VIERVOETIGE VRIEND: Die Chats du Cap-katteskou is vir die eerste keer hier aangebied. Hier verwonder ’n paar kleingoed hulle aan een van die inskrywings.

RY-VERNUF: Die perde-items is steeds van die gewildstes by die skou.


Dinsdag 1 Oktober 2013

News - Nuus

Nuwe beeld vir Hospice ANITA DE KOCK Ter wille van ’n groter bewustheid van Breederivier Hospice en die werk wat dit doen, is begin om die hospies se beeld in die Breederiviervallei ’n nuwe baadjie aan te trek. Volgens Mitch Clayton-Cragg wat vir die herontwerp van die “handelsmerk” verantwoordelik is, was die beeld van die organisasie baie gefragmenteer en het dit ’n nuwe, verfrissende beeld nodig wat die klem sal plaas op lewe. Daar word ook gewerk aan ’n eenvormige beeld vir die organisasie wat ook hul skryfbehoeftes, media, tekens, ens. betref. “Wat baie mense nie besef nie, is dat Hospice ’n niewinsgewende onderneming is en die hartseer van die saak is dat die algemene publiek nie bewus is nie dat hulle dieselfde uitgawes as enige ander besigheidsonderneming het. Hulle het meer ondersteuning van die publiek en sakelui nodig om hul werk te doen. ’n Nuwe beeld was nodig om meer bewusmaking onder die publiek te voorsien.” Daar is derhalwe besluit om die voorkoms van die hele organisasie en hul bekende winkeltjies so ’n bietjie op te kikker sodat dit meer prominent kan vertoon en ’n meer positiewe boodskap aan die publiek kan uitdra. Daar word beplan om ’n webwerf te stig waarop spesiale projekte van stapel gestuur sal word waarby sakeondernemings en die publiek betrokke kan raak. ’n Slagspreuk in die lyn van “Gee om vir Hospice” / “Have-A-Heart-4Hospice” sal ook gebruik word.

Breederivier Gazette

5

Hulp gevra vir Lindsey ’n Twaalfjarige leerling aan Laerskool de Villiers in Robertson, Lindsey Johnson, is onlangs met kanker gediagnoseer. Sy is tans in die Vincent Palotti-hospitaal in Kaapstad waar sy intensiewe behandeling ontvang vir die gewas op haar brein. Sy sal binnekort ook met bestraling en chemoterapie begin ten einde die kanker te behandel.

Die personeel by Laerskool De Villiers het besluit om ’n fonds te stig ten einde Lindsey en haar ouers te help met die hoë mediese en vervoerkoste. Verdere projekte sal ook van stapel gestuur word ten einde geld in te samel. Mense en instansies wat bereid is om te help, kan die skoolhoof, R. Sampson, by 084 499 7125 bel.

Lindsey Johnson

Oom Tiekie oorlede Die nuwe naambord by die Hospice-winkeltjie in Montagu. By die onthulling was (van links) Gert Lubbe, sr. Jane Phillips (bestuurder van Hospice), Jackie Hannebuss, Ann Randall, Susan Juta, sr. Myrtle le Roux en Mitch Clayton-Cragg. Die Hospice-winkel in Montagu was die eerste wat ’n nuwe voorkoms gekry het met ’n kleurvolle nuwe naambord. Die amptelike onthulling van die naambord is bygewoon deur Hospice-bestuurs- en raadslede, personeel en vrywilligers waaronder sr. Jane Philips, sr. Myrtle le Roux, sr. Jacqui Hannabuss, Gert Lubbe en Susan Juta. Sr. Phillips, die bestuurder van die organisasie, het gesê hulle is baie opgewonde oor die nuwe beeld wat ’n boodskap van mense wat wil leef, weerspieël. Juta, die winkel se nuwe bestuurder, sê: “Die sukses van ons klein winkeltjie is totaal te danke aan goedhartige donasies van die ge-

meenskap en ons is werklik dankbaar daarvoor. “’n Spesiale dank aan ons gereelde donateurs en kliënte, sommige wat ons gereeld besoek en baie kosbaar vir ons geraak het. Ook ’n groot dank aan ons vrywilligers.” Die winkel in Robertson is volgende aan die beurt om ’n nuwe naambord te kry tesame met kentekens op hul voertuie en kantoor, en hulle vra finansiële hulp van borge om die nuwe Breederivier Hospice-beeld uit te dra. Hulle bedank Rob Signs wat reeds hul deel bygedra het deur middel van afslag op die vervaardiging van hierdie nuwe tekens. Indien enigiemand kan help, kontak Charmaine Little by 023 626 5710 of events@hospicebreederiver.org.za.

ANNELDA GROOTBOOM

het hy sy pa amper 10 jaar gelede gesien en wou hy al die jare in verbinding tree met ’n Geliefde en alomhom. Net twee weke bekende inwoner, gelede het hy kontak Abben Olkers (77) of gemaak met sy pa en Oom Tiekie, soos hy het hulle reëlings gebekend was, se aftref dat hy volgende sterwe Woensdag 25 week (5 Oktober) vir September word diep hom sou kom kuier. betreur deur die geSy pa was baie opgemeenskap en sy kolwonde oor die feit dat legas by die Schoonhy hulle weer sou gezicht-dienssentrum. Hy het verlede Wyle Abben (oom Tiekie) Olkers sien. Volgens Pam van Woensdag (18 September) ’n beroerte gehad en is in die Schalkwyk, projekkoördineerder by die dienssentrum, sal sy hom onthou Robertson-hospitaal opgeneem. Olkers het 27 jaar gelede as ’n ha- as ’n liefdevolle, saggeaarde en nedewelose by die destyde skuiling by die rige mens. Hy was altyd besorg oor Schoongezicht-dienssentrum aange- ander en was altyd gewillig om daarkom, waar hy ook aangestel is as toe- die ekstra myl vir mense te stap. Die begrafnisdiens vind Saterdag sighouer van die perseel. Hy het ook die rywerk vir die dienssentrum be- 5 Oktober om 09:00 by die Schoongezicht-dienssentrum plaas en 10:00 in hartig. Volgens sy seun, Cornell Arendse, die VGK Robertson-Oos-gemeente.


6

Breederivier Gazette

General - Algemeen

Dinsdag 1 Oktober 2013

Witblits besorg hom top­stooktitel ANITA DE KOCK Stoker van die Jaar. Die trofee vir dié gesogte toekenning rus vanjaar in Robertson en wel in die huis van Willem Stemmet. Dit het eintlik alles toevallig gebeur, vertel hy. Sy seun Johan het in ’n artikel in die Wegtydskrif gelees dat die stokers in Johannesburg beweer hulle is die beste in die land. Johan het dadelik die organiseerders van die stookkompetisie gebel en hulle ingelig dat sy pa ’n stoker van formaat is met baie jare se ondervinding in die brandewynbedryf. Die gevolg was dat hulle ’n bottel van sy witblits ingeskryf en die Gautengers verkeerd bewys het. Niet net het sy inskrywing dubbelgoud gewen nie, hy is ook aangewys as die 2013 Stoker van die Jaar! Stemmet se pad met die stookketel kom reeds van sy kindertyd op die plaas af. In 1946 het hy by die KWV-distilleerders begin werk. Op daardie tydstip is koper-stookketels van Duitsland af ingevoer. Hy het hom as kopersmid bekwaam en begin om ketels te bou. Hy is ’n geregistreerde koperketelmaker. Stemmet het in 1989 as hoofstokery-tegnikus afgetree. Hy het die Pon van Zyl-trofee ontvang vir sy bydrae tot die brandewynbedryf en is ook ’n lid van die Brandewyngilde. Op ’n vraag waarom koper vir die ketels gebruik word, het hy gesê die koper breek die vetsuur in wyn af tydens die suiweringsproses. Hulle het in die verlede ketels van vlekvrye staal getoets, maar dit het nie gewerk nie. Koper bly steeds die enigste metaal wat werk in die stookproses.

Net die beste wyn- en druiwe word vir die stook van brandewyn gebruik. Op ’n tydstip het die plaaslike wynboere hul beste wyne begin uitvoer en Stemmet het na die Oranjerivier-wingerde in die Noord-Kaap uitgewyk en met sultanas begin eksperimenteer. Hy het toe ’n spesiale ketel gebou wat bekend gestaan het as Eau de Vie. Dié brandewyn was so gewild dat dit begin het om die gewone mark onder druk te plaas, en probleme het ook ontstaan met die verkryging van sultanas. Dié gesogte produk is toe ná ’n jaar van die mark gehaal. Die tradisie van brandewynstook kom uit Frankryk en ander lande in Europa. Die stooktradisie in Suid-Afrika het min of meer saam met Van Riebeeck aan die Kaap geland. ’n Innoverende skeepskok het begin om die wyn in voorraad te distilleer vir ’n ekstra skop vir die matrose, en ook om die voorraad langer te laat hou. Op dié wyse het dit in Suid-Afrika beland. Vir Stemmet is die tradisie van stook, veral produkte soos witblits (of mampoer in die noordelike dele van die land) iets wat behoue moet bly. Sy seun en twee kleinseuns is reeds baie bedrewe agter die stookketels. Drie van die koperketels wat hy gemaak het, is verlede week tydens die Robertson Lenteskou gebruik vir ’n kompetisie tussen plaaslike stokers. Die wenners het ’n stinkhout-trofee ontvang wat hy ook self gemaak het. ) Vir diegene wat nie weet nie: witblits word van druiwe/wyn gemaak, terwyl mampoer van vrugte soos perskes gemaak word. Witblits se alkoholinhoud kan wissel tussen 50–70% per bottel.

08 Sterfgevalle Death Notices

Dankbetuigings Thanks

ELIZABETH PAGE ROSSOUW (Bettie) Geb.04/08/1959Gest.25/9/2013 Sag heengegaan. Dit was so skielik, maar ons gun jou die rus. Jy sal altyd in ons harte voortleef. Liefde: van al jou familie. Begrafnisdiens vind plaas Sondag 6 Oktober om 11.30 vm te Kantoorstraat 32, Mcgregor en 12nm in die VGK kerk, Langstraat.

In Memoriam

Willem Stemmet by een van sy koperketels wat verlede week by die Robertson Lenteskou gebruik is.

Locals can help save the endangered riverine rabbit A special awareness day for the riverine rabbit will be held on Tuesday 15 October to highlight the plight of one of the most endangered mammals in South Africa with a population of fewer than 250 in the wild. The day will be held at the Graham & Rhona Beck Skills Centre just outside Robertson and will consist of two separate sessions. The morning session will be from 09:00 to 13:00 with lectures from Christy Bragg (the Drylands Concervation Programme, or DCP), Mossie Basson (Graham Beck Wines) and Janice Essex (intern at DCP) and will include a DCP feedback session, sightings of rabbit habitats, genetics and how farmers can help to conserve the rabbits. Tickets are R90 per person. The afternoon session from 14:00 to 16:00 will be a practical field trip that will start at the Skills Centre and will include a practical demonstration on how to look for the rabbits and how to rehabilitate nature and rabbit habitat areas. A practical demonstration on how to set up cameras to photograph the rabbits will

also be held. Tickets are R60 per person. The day will conclude with a fundraising evening bush banquet held to raise money for the Riverine Rabbit Research Project. The banquet, a traditional South African braai, will start at 19:00 and will be held at the lapa of the Graham Beck Private Nature Reserve (not open to the public). Visitors will need a high clearance vehicle to reach the reserve Tickets are R280 per person and all funds will be donated to the research project. The project is done in collaboration with the Endangered Wildlife Trust and Graham Beck Wines. For an extra donation of R50 or more, guests stand the change to win the full range of the game reserve wines. Bookings are essential. For bookings and more information contact Mossie Basson at 082 885 1670 or mossie@grahambeckwines.co.za or Marguerite Nel at 021 874 1258 or marguerite@grahambeckwines.co.za.

Op 5 Oktober 2013 is Daddy reeds ‘n jaar weg van ons. Ons weet Daddy is op ’n beter plek, mis Daddy oneindig baie. Van: Jasmine, Clifford en kinders.

12

11

Willem Stemmet met sy trofee wat hy ontvang het as Stoker van die Jaar. FOTO’S: ANITA DE KOCK

ALGEMENE DIENSTE GENERAL SERVICES

FAMILIEKENNISGEWINGS FAMILY NOTICES

SAMEULS ABRAHAM (Brönn) Geb.14/09/1958Gest.4/10/2011 Dis jou 2de verjaarsdag weg van ons. Ons mis jou ontsettend baie, maar die stille herinneringe van jou sal verewig bly. Van jou vrou, kinders, kleinkinders en Johnny.

GRAAG wil ek vir Pam van Schalkwyk (auntie Pam) baie dankie sê die onvergeetlike uitstappie/toer na Namakwaland. Die manier hoe dit organiseer was, was ongelooflik. Veral ons akkomodasie en verblyf. Ons waardeer dit ongelooflik. Jy's tops! Van: Angie en Kiro Matthys.

1141

Algemene Dienste General Services

KOM geniet die avontuur en ontspanning van perdry by die Robertson Ryskool.* Ons bied verskeidenheid van rylesse vir kinders en grootmense vir beginners en ervare ruiters *Outrides tussen die wingerde en langs die Breërivier * Wynproë op ’n perd se rug of met die waentjie by Majors Hill en Springfield. * Perdrykampe vir kinders gedurende skoolvakansies * Mini kommando’s op Saterdae* Kinderpartytjies. Skakel ons gerus by 072 291 7631 of 082 402 7088.


Dinsdag 1 Oktober 2013

General - Algemeen

Robertson Literary Society vier 130 jaar ANITA DE KOCK

Die Robertson Literary Society vier in Oktober sy 130ste bestaansjaar. Sover bekend is dit die oudste vereniging van sy soort in die land en daar word beplan om die geleentheid behoorlik te vier. Die vereniging is op 5 Oktober 1883 gestig as die Robertson Mutual Improvement Society en die doel was dat dit as ’n forum vir die uitruil van kennis vir sy lede sal wees. By die stigting was J.S. Lewis, stigterslid van die Litedaar Engels- én Neder- rary Society en die heel eerste selandssprekende lede en kretaris van die organisasie. onder diegene wat dit bygewoon het was ds. Andrew McGregor, Willi- Die laaste bladsy van die notule van die heel eerste am H. English (plaaslike kommissaris), ds. W. vergadering in 1883. Dit is onderteken deur onder Edwards, W. Dodds, C.J. Leibrandt en J.S. Le- ander die voorsitter, William Dutton English, en ds. wis (die heel eerste sekretaris). Andrew McGregor wat as ondervoorsitter gekies is. Onder die reëls wat aanvaar is, was dat toeFOTO’S: ARGIEF VAN ROBERTSON MUSEUM gangsgeld van 2s.6d betaalbaar sou wees, asook ’n kwartaallikse heffing van 1s.6d wat die opstel- en ander kompetisies wat vir senior vooruitbetaalbaar was. Enige lid wat meer as leerlinge van die Hoërskool Robertson aangedrie maande agterstallig was met sy ledegeld, bied is. Musiekstudente van die skool is soms genooi vir ’n uitvoering. Die samewerking is summier geskors. Enige onderwerp, behalwe godsdiens, kon tussen die skool en die organisasie het intussen doodgeloop. as besprekingspunt dien. Van die bekendste voorsitters van die orgaDie vereniging het in 1905 sy naam verander na die Robertson Literary and Debating Socie- nisasie was wyle Angus Rose, wie se praatjies ty. Dit het mettertyd verander in die Robert- altyd groot belangstelling gelok het, en Becky son Literary Society. Byeenkomste is elke Saacks, wie se entoesiasme jeens Robertson en sy geskiedenis almal geïnspireer het. tweede week gehou. Deur die jare heen is talle boekbesprekings Die spesiale geleentheid gaan behoorlik gevier word met ’n lekker kuieraand. Alle oud- gehou, praatjies oor die natuur, reiservarings voorsitters wat nog lewe is genooi om die by- van lede, musiekaande en in die onlangse vereenkoms by te woon. Onder leiding van die lede musiekaanbiedinge deur Willem Scott, ’n huidige president, Keith Poole, sal daar besin musiekkenner, wat gesorg het vir baie inteword oor die hoogtepunte van die afgelope 130 ressante byeenkomste. Die verbod op godsdienstemas staan steeds en intussen is partyjaar. Onder die hoogtepunte van die verlede was politieke besprekings ook daarby gevoeg.

Breederivier Gazette

7

Proe self die Veritas-wenners Die gerespekteerde Veritaskompetisie vir markklaar wyne en brandewyne bied geesdriftiges die geleentheid om dié jaar se topwyne en -brandewyne te proe. Die proe in Kaapstad vind plaas op Dinsdag 15 Oktober in die Balsaal van die Kaapse Internasionale Konferensiesentrum van 17:00 tot 20:00. Kaartjies kos

R130 per persoon. Hierdie sessies sluit ligte versnaperinge en ’n proe van die 2013 Qualité-kaaswenners in. Bespreek kaartjies vanaf 1 Oktober by Computicket. Besoek www.veritas.co.za vir inligting of bel Elsabé Ferreira by 021 863 1599, faks 021 863 1552 of e-pos na admin@veritas.co.za.


Breederivier

Year 17 • 1 Oktober 2013 | Tel. 023 626 5212

MAAK OF BREEK: Die Rangers-rugbyspan van Robertson speel die seisoen uithalerrugby en speel Saterdag in hul laaste wedstryd van die jaar teen Tulbagh by die Van Zylstraatsportterrein. Dit is ’n maak-of-breekwedstryd want dit sal bepaal wie na die uitspeelronde deurdring. ROLBAL: Skoliere van so ver as Oos-Londen, George en Kaapstad het die afgelope naweek in Bonnievale deelgeneem aan die o.19-interdistrik-rolbaltoernooi. Ses-en-vyftig van die vier distrikte se spelers het aan die toernooi deelgeneem onder groot aanmoediging van hulle spanmaats. Veertien spanne van vier spelers elk het om die Envar-trofee (vernoem na ’n jong speler wat tydens die nasionale toernooi in Klerksdorp gesterf het) meegeding. Hier is die spanfoto van die spelers wat aan die toernooi deelgeneem het. In Afdeling A het die span van die WP eerste geëindig, gevolg deur Suid-Kaap, Boland 2 en Boland 1 en in Afdeling B het Boland 1 die eerste plek ingeneem, gevolg deur Grens en die Suid-Kaap. Vir meer inligting oor die sport, bel Theuns Coetzee by 082 417 8597 of e-pos theunscoetzee@gmail.com.

FUN ON THE TENNIS COURT: The Robertson Fun Doubles Tennis Tournament was held recently and players from as far as Lutzville and Montagu entered. Here are the winners. At the back are Theo Louwrens en Albie Lamprechts and in front Thean Swanepoel and Conrad Prins.


Breederivier gazette 1 oct 2013  

Breederivier gazette 1 oct 2013

Advertisement
Read more
Read more
Similar to
Popular now
Just for you