Nuusbrief 2 van 2023 DIS HÓÉ ONS DIE WÁT DOEN
Beste Ouers
Hou visse in die water
Op 13 Mei 2023 lees ek op Netwerk24 'n brief van die aktrise Antoinette Louw met die volgende titel: Ons bly die visse leer om boom te klim. U is welkom om die volledige skrywe op die webwerf te gaan lees.
Een van die sake wat die skrywer sterk argumenteer is dat ouers dikwels van hul kinders verwag om sake baas te raak wat nie binne hulle vermoë is nie. In 'n omgewing waar die najaag van prestasie op verskillende terreine aan die orde van die dag is, kom hierdie gewoonte vry algemeen voor. Hierdie tendens het tot gevolg dat kinders op 'n jong ouderdom reeds gevoelens van ontoereikendheid ervaar wat reeds die vroeë krake van 'n wankelrige selfbeeld tot gevolg kan hê. Dit is werklik bekommerenswaardig dat ons so dikwels sien dat sommige ouers hul onvervulde ideale deur hul kinders wil laat realiseer. Ten einde kinders met positiewe selfkonsepte die wêreld in te stuur is dit gebiedend noodsaaklik dat ouers so vroeg as moontlik sterk punte – selfs al is daar min – in hul kinders identifiseer en daarop fokus. Eerder as om op jou kind se swak punte te konsentreer en baie tyd en aandag daaraan te gee. Per slot van sake kan 'n sterk punt kort voor lank tot 'n uitnemende eienskap gevorm word, maar 'n swak punt kan met selfs baie tyd en moeite waarskynlik hoogstens tot 'n gemiddelde vlak gelig word. Om vroeg genoeg op jou kind se positiewe hoedanighede te fokus, waarborg 'n positiewe selfbeeld. 'n Mens wat goed oor homself voel, beskik gevolglik oor die vermoë om positief die wêreld rondom hom te beinvloed.
Kom ons as ouers en onderwysers herinner mekaar en ons kinders opnuut daaraan dat ons gaaf teenoor onsself en ander moet optree. Kom ons aanvaar mekaar en ander met 'n onvoorwaardelike liefde, sonder bevooroordeeldheid – teenoor onsself en ander. En dan veral – om jou heel beste te doen, ongeag die uitkoms.
Hou op om visse te leer boomklim. Ek het verlede jaar die hele skool agter my aan laat sê: “Ek is goed genoeg.” Glo dit, leef dit...
DIS HÓÉ ONS DIE WÁT DOEN
Groete Dr. Louis Dey Hoof
DR. DEY VERJAAR TOT OP DIE MAAN! DIS HÓÉ ONS DIE WÁT DOEN
DR. DEY VERJAAR TOT OP DIE MAAN! DIS HÓÉ ONS DIE WÁT DOEN
DIS HÓÉ ONS DIE WÁT DOEN
ONS IS 45 JAAR SLIMMER!
Laerskool Constantiapark hou van pionierspore trap op die maan en met ons Multidoel-arena wat amper aan die maan se rand raak, maak ons weer so. Ons vorder fluks. Ons Graad R-Sentrum kon weer terugtrek terwyl ons wag op die laaste afronding van die projek. Ons sit 'n BELGOTEX-vloeroppervlak in wat dan vir alle sporte uitnemende speelgeleentheid bied, maar ook vir ons groter skool en klein Rooikatjies ‘n oppervlak bied vir wyer gebruik- en ontwikkelingsgeleentheid. Die Belgotex-oppervlak is op pad uit Swede en is nuut in die land. Ons is die eerste skool wat hierdie opgradering van die vorige Belgotex-oppervlak gaan installeer. Die Belgotexoppervlak is reeds onder andere in gebruik by die NWU-Pukke se binnenshuise hokkie-arena en REDHAM HOUSE se binnenshuise sportsentrum. Ons Belgotek-oppervlak is op die skip, met die naam SANTA ISABELLA, op pad na Suid-Afrika en dan na Laerskool Constantiapark toe! 'n Mens se tone krul net om van lekker oor hierdie mooiste-mooi en spesiaal wat op ons terein ontvou... die geleenthede vir ons Rooikatte hier is net legio! Hierdie projek is 'n baanbreker-projek met 'n unieke dak, 'n eerste-in-Suid-Afrika speeloppervlak met 'n professionele span aan die stuur waarvan ons eie kundige ouers ook deel uitgemaak het. Die projek vind plaas onder leiding van ons beheerliggaamslid vir infrastruktuur, mnr. Oostwald Eksteen, en die dakontwerp is gedoen deur een van ons ouers, me. Maryke van Rooyen, en dan is die veiligheidsbeampte wat alles met valkoë dophou dat alles ook veilig bly vir elkeen van ons op die terrein ook 'n Rooikat-ouer met twee Graad R-Rooikatjies, mnr. Johan Janse van Vuuren. Nog so bietjie vasbyt, dan haal ons alle VERSIGTIG-bordjies af en kan ons voluit vorentoe torpedo!
ROOIKAT-ARENA
ALMAL
DIS HÓÉ ONS DIE WÁT DOEN
OP
SE LIPPE EN FONE
Me. Ilse Oosthuizen is aangestel as waarnemende Departementshoof vir die Graad R-Sentrum en Graad 1 in me. Marlene du Plessis se plek. Haar e-pos bly ilse.oosthuizen@lscp.co.za
Haar e-pos: nicole.marais@lscp.co.za.
Welkom! Ons o
Ons groet met swaar harte een van ons staatmakerpersoneellede, me. Marna du Plooy, wat 'n pos as vakadviseur by die Departement van Onderwys aanvaar het.
Juffrou Marna is ons Vakhoof: Engels en ons Graad 7-Graadhoof. Sy het met haar fyne voetjies, flymskerp intelligensie en heerlike sin vir humor dieper-as-diep spore op die maan getrap. Hierdie is 'n groot verlies vir Laerskool Constantiapark, maar 'n reuse aanwins vir Onderwys Suid-Afrika!
Ons groet Juffrou Madri!
Ons Juffrou Madri wat diep spore getrap het in Afrikaans, hokkie en atletiek gaan nou haar eie pienkvoet groot maak!
Dankie Juffrou Madri vir maanspore by die Rooikatte. Jy is 'n RooiSkat wat ons diep in ons harte bly vashou, want jou hart was so groot soos 'n hotel vir ons Rooikatte en jou handjies altyd bereid om iemand hier by ons te dien!
Welkom Juffrou Andine Dey by Graad R!
DIS HÓÉ ONS DIE WÁT DOEN ROOIKAT-PERSONEEL
Me. Nicole Marais is aangestel as Departementshoof:Kultuur.
Juf. Annelie is 'n RooiSkat wat baie dinge kan doen! Hier is sy 'n grimeerkunstenaar.
JUFFROU MARLENE SÊ TOTSIENS EN ONS SÊ BAIE DANKIE!
En die kat kom weer....
Mnr. Louis Boshoff, ons Departementshoof: Sport, is ook die afrigter van die SA All Stars Sevens-Span wat aan die World Paris Games vir die o/19-Sewes deelgeneem het. En kyk net wie het in sy tas gespring om saam te toer, ons ROOIKAT! Hy was oral saam met die span en het selfs kon saam vier toe hulle as naaswenners in die finaal uit die stryd getree het!
DIS HÓÉ ONS DIE WÁT DOEN
As ek groot is, wil ek 'n Rooikat-Brandweerman word!
NATUURWETENSKAPLIKE ONTDEKKINGS
DIS HÓÉ ONS DIE WÁT DOEN AKADEMIE
Top 10-Kwartaal 1
Top 10: Graad 7
Lyla Robinson (91.42), Megan Loots (91.32), Amelia Smit (90.96), Christiaan Matthee (90.68), Nikhan Brits (90.53), Nicola Breed (89.78), Daniel Joubert (89.04), Zayne Cornwall (88.49), Amonique Bence (88.21), Abigail Pretorius (87.94).
Top 10: Graad 6
Anzèll van Lingen (92.37), Reuben Spies (89.65), Sonja de Bruin (88.10), Amelié Prinsloo (87.71), Lua Coetzee (87.29), Inge Hendriks (85.91), Jade Brink (85.62), Mattayo Steyn (85.50), Ayla Claassen (85.22) en Aryn Matthee (85.05).
Top 10: Graad 5
Xander Vermeulen (93.94), Xander de Lange (93.68), Tiaan Jansen (93.22), Danielle van Dyk (91.76), Ryan Chapman(91.32), Kara-Mari Matthee (90.94), Kar Miali van Staden (90.74), Clara Einkamerer (90.19), Janka van der Merwe (89.69), Melindi Bronkhorst (88.47).
Top 10: Graad 4
Moya van Rooyen (95.05), Joshua de Lange (94.26), Anouka Bam (93.96), Isabella Wessels (91.23), W Ean Prinsloo (90.44), Migael van Schalkwyk (90.27), Driaan van Niekerk (90.16), Zian Anderson (90.06), Jevan Swart (89.99), Aidan Bence (89.78).
(95.05),
DIS HÓÉ ONS DIE WÁT DOEN
Skolierpatrollie DIS HÓÉ ONS DIE WÁT DOEN
DIS HÓÉ ONS DIE WÁT DOEN KLEIN VINGERTJIES IN GRAAD RR ONTDEK OOK... Ons het 6025 Blikkies ingesamel! Om te gee, is te gee...
DIS HÓÉ ONS DIE
DOEN
WÁT
ONS SPEEL WINKEL-WINKEL! KLEIN BEGIN, GROOT GEWIN!
DIS HÓÉ ONS DIE
DOEN
WÁT
ONS SPEEL WINKEL-WINKEL! KLEIN BEGIN, GROOT GEWIN!
Rooik-mente te koest
Ai... die lewe as 'n assistent op Kaskardag het net nie gelyke nie!
As hart en siel in elke Rooikat-tree is, is totsiens swaarder as swaar.
Elke koppie hier is kosbaar, uniek en deel van ons harte as ons hande vat vir vorentoe stap!
“Ek is 'n Rooikat!”
Dis 'n lekker lewe om 'n Rooikatgesin te wees!
“Ek is 'n RrrrrrrrroooooooooiKAT!”
Elkeen doen sy eie ding in pouse!
So mooi oomblik op 'n dag waarop alles vibreer by CP: Oom Jack maak 'n klein maatjie se skoene vas.
Dis hoe ons die wat doen: een vir groot RooiSkatte en een vir klein Rooiskatte!
Hier het elkeen 'n plekkie in die son!
Mnr. Neill lyk toe vir die Graad RR-maatjie soos Kersvader en toe voel hy aan die Kersvaderbaard so deur die heining.
Gesiggie is uit soos 'n kers na die NWklas! 'n Kat kan moeg raak van leer!
Fanie Viljoen kuier by die Rooikatte!
Vir ons by Laerskool Constantiapark, voel ons elke dag, genade onbeskryflik groot.
DIS HÓÉ ONS DIE WÁT DOEN
Rooik-mente te koest
Mamma-briefies in die kosblik, is so kosbaar, ons moet vir Juffrou gaan wys!
Een van ons werkers maak 'n vetertjie vas so in die verbyloop.
Ons oefen hokkie van voor die son opkom!
Tussen so baie dinge en gejaag deur, bou die kosbare stilstaan tydens die leieropening in die klasse 'n oomblik om te koester, want wat hier voorloop bou vir jare hierna nog Rooikatte wat in voorloop-spore volg. Hierdie mooiste oomblik in tyd in Juf.Sophie se klas, noem ons ook...trappe na die maan.
Ons Hoofleiers is in die Rooikat-studio vir 'n Opedag-opname
Rooikat-Arena: Ingenieurs, bouers, argitek, projekbestuurder, veiligheidsbeampte en bestuur vergader.
NW-Olimpiade se slimkoppe is op pad!
Mnr. Stoffie is afgestof!
Mnr. Stoffie se baie gesigsuitdrukkings laat hom spore op die maan trap!
Laaste ligawedstryd - dis swaar om afskeid te neem! Klein begin, groot gewin!
Leiers maak saam planne vir ons skool!
DIS HÓÉ ONS DIE WÁT DOEN
Rooik-mente te koest
Speel is ons werk waar ons ook al gaan!
Saam is ons sterker, daarom ondersteun ons ook saam die Netbal oor die langnaweek by E.G Jansen.
Rooikat-Handpoppe word in nood vatlappe.
Tussen deur die kaskar en pannekoek in haar klas, het juffrou Zilana nie gehuiwer om 'n tandsakkie vir 'n wisselende maatjie te kry nie.
Pappa! Ek wil nie huis toe gaan nie!
Wiskunde-olimpiade op die rekenaars!
Saam is ons sterker!
Ons RooiSkat, Juané van Rooyen, ontvang die Rolmodel van die Jaar-toekenning saam met 'n rits toekennings!
Speel is ook ons werk!
Ons vang elke dag die son!
DIS HÓÉ ONS DIE WÁT DOEN
3Gouesvirons
Rooikat-Spreekkore
ROOISKAT-KARLI IN ALLEGRETTO en AIDEN IN LEGEND OF THE ARTS!
Karlie Nel skitter en vonkel in die Allegretto Inter Provincial Eisteddfod. Karlie ontvang 'n uitsondelike A+++ vir redenaars en sy dring deur deur na die Gala-Aand waar sy gekies is om as een van die „Master of Ceremonies” te wees by die provinsiale hoogtepuntaand. Sy ontvang 'n trofee vir GalaAand presteerder van 2023 word uitgenooi na die Nasionale finaal wat in Oktober plaasvind. Hierdie is 'n RooiSkat om dop te hou. As sy die woord voer, raak die wêreld stil!
Aiden Bence neem deel aan die Legend of the Arts, verwerf ook 'n A+++ en eindig nasionaal onder die top 5 beste presteerders.
Lincke Botha behaal A+++ vir redevoering.
PIERNEEF-KUNSTEFEES WORD 'N SKITTERFEES!
Ons skitter met 56 A's by die Pierneef-Kunstefees en 8 Kategoriewenners
• Aiden Bence: Redenaars, A++ (kategoriewenner)
• Anelda van Zyl: Gedramatiseerde Poësie, A++ (kategoriewenner)/ Gedramatiseerde Prosa, A++ (kategorie-wenner)/ Spreekkoor, A++ (kategoriewenner)
• Mijana van Zyl: Poetry, A++ (kategoriewenner)
• Reuben Spies: Redevoering, A++ (kategoriewenner)
• Graad 3-spreekkoor: Spreekkoor, A++ (kategoriewenner)
• Alexis Serfontein: Poësie, A++ (kategoriewenner)
DIS HÓÉ ONS DIE WÁT DOEN
KULTUUR
Noord-Gauteng: Akrobaat
Baie geluk aan die volgende RooiSkat-akrobate wat Noord-Gauteng kleure behaal het: Rouxlé Nortje, Carla Esterhuizen, Libie Broodryk, Lienke Cronje, Hayla Crafford, Lienke Viljoen, Femke van Zyl, Leah Theron, Ciska Pretorius, Linke Louw en Marne van den Berg.
Ons RooiKatte wat met hulle Gauteng-Noord kleure ook deurdring na die SA-Kampioenskappe is Alyssa van Heerden, Carmi Nel, Inge-Mé Spaletta, Lize de Beer, Lienke Viljoen en Zané de Beer.
DIS HÓÉ ONS DIE WÁT DOEN
WOODLANDS KUNSUITSTALLING
DIS HÓÉ ONS DIE WÁT DOEN
Kyk ons mooie Picasso's en hulle werke!
Dis 'n Kattekabaal!
Lilandi Bezuidenhout en Melanie Venter se werke word as wenners aangewys!
ROOISKAT-DANSERS SKYN HULLE LIGGIES
Ons dansers het ook tot op die maan gedans, tydens die Shine Your Light Festival!
• Hip Hop-Beginnergroep: Wenners
• Hip Hop Vlak 1-groep: Wenners
• Kontemporêre Dans: Wenners
• Hip Hop Duet: RooiSkatte, Leandri en Chanelle, is wenners!
DIS HÓÉ ONS DIE WÁT DOEN
LEES-Fees
DIS HÓÉ ONS DIE WÁT DOEN
DUBBELALLEMINTIGE JUNIORKOOR EN SENIORKOOR
Monumentale Kooroptredes
DIS HÓÉ ONS DIE WÁT DOEN
SPORT
NETBAL-ROOISKATTE IS OP EN OOR DIE MAAN!
Ons Netbal O/13-span is Wildeklawer-kampioene Laerskool Constantiapark se netbal-eerstespan is gekies om deel te neem aan die prestige nasionale skoletoernooi, Wildeklawer, wat jaarliks in Kimberley plaasvind. Hierdie is die grootste skoletoernooi in Afrika volgens die Wildeklawer-organiseerders. Skole kan slegs op uitnodiging aan die toernooi deelneem en dit was vanjaar maar Laerskool Constantiapark se tweede jaar by die toernooi. Vanjaar het die RooiSkatte netbalspeelsters oor die landsgrense heen trotseer en net eenvoudig geskitter van baan tot baan om as Wildeklawer-wenners uit die stryd te tree na vasbyt-wedstryde! Hierdie prestasie is 'n hoogtepunt vir die span wat verlede jaar al gewys het hulle moet dopgehou word toe hulle as O/12-span onder die Top 10-span by die Suid-Afrikaanse kampioenskappe geeïndig het.
DIS HÓÉ ONS DIE WÁT DOEN
Ons RooiSkat O/13-SPAN is Gauteng-Netbal-kampioene
Ons O/12's staan nie terug nie en eindig as ligawenners en Gauteng-naaswenners nie!
DUBBELDOOR-BLOUBUL-SEMIFINAAL...
Ons skaakspanne is sonder keer. Ons het 'n hele 6 spanne ingeskryf vir die liga: twee O/9- spanne, 'n O/11-span en twee O/13-spanne en vir die eerste keer ook 'n dogterspan. Die spanne vaar baie goed, en ons wag op die uitslae, maar daar is 'n baie goeie kans dat ons O/9A- en O/11A-spanne na die uitspele wat op 29 Julie plaasvind sal deurdring .
Tien Rooikat-skaakspelers neem deel aan die D4-individuele proewe en Rooiskat, Alexia Jansen, vaar die beste en eindig 4de en kwalifiseer om by die Gautengproewe te gaan speel, waar sy uitstekend gevaar het en eindig gelyk in die eerste plek en stap weg met 'n goue medalje en eindig as die 2de beste O/11-Dogter in Gauteng! Wat 'n fenomenale RooiSkat!
Super 12-Skaak skitter onder die TOP 10
Ons juniorspan het 3de en seniorspan het 8ste uit 22 skole geëeindig. Ons Rooikat-skaakspelers eindig algeheel onder die Top Tien.
'n Dubbelallemintige twee van ons juniorspelers ontvang ook hulle bordpryse: Josh Grobler vir bord 2 en Walter de Leeuw vir bord 8
DIS HÓÉ ONS DIE WÁT DOEN
O/9 en eerstes in semifinaal van die Bloubulle
Eerstespan: Seuns
Eerstespan: Dogters
ONTMOET ONS HOKKIE-EERSTESPANNE DIS HÓÉ ONS DIE WÁT DOEN
Ernie Els Gholf
DIS HÓÉ ONS DIE WÁT DOEN NETBAL-ROOISKATTE ROER!
Ons gholfspan dring deur na die nasionale finaal van die Ernie Els-toernooi.
DIS HÓÉ ONS DIE WÁT DOEN
Roxy de Lange en Mienke Kruger verwerf albei provinsiale kleure vir fietsry. Roxy eindig ook as die Gauteng XCO-kampioen by die XCO kampioenkappe en Mienke as naaswenner
Ons het ons eie sonkrag-panele op die saal se dak!
180Rooikat-Bulletjies roer!
DIS HÓÉ ONS DIE WÁT DOEN
Lian Grant bly ons
Rooikat-Robin Hood
sonder gelyke en verwerf sy Federasiekleure in Veldskiet en verteenwoordig SuidAfrika einde Junie in Namibië. Hy is nog te jonk vir proteakleure maar voldoen reeds aan al die vereistes vir proteakleure wat beteken beste pyle in vyf kompetisies en dus altesaam 100km se loop, 1120 pyle in 80 ure se wind en son.
Lian verwerf met Veldskiet en met binnemuurse skiet nasionale kleure (federasiekleure) en is die O/13 SA-binnemuurse skietkampioen.
Ons bars van trots oor hierdie Rooikat-RamkatRobin Hood van ons!
Baie geluk aan ons Noord-Gauteng-landloopatlete:
RooiSkatte: Lea Minnaar, Ciske du Plessis, Lincke Botha, Isabella Wessels, Kara van der Merwe, Janka van der Merwe en Anzèll van Lingen.
RooiKatte: Etienne van Staden, Dieter Kriek, Enru Kriek, Ian van Staden en Conrad Wolhuter
Bergets-Baanbrekers
DIS HÓÉ ONS DIE WÁT DOEN
Boogskiet-Rooikat-Ramkat-Robin Hood
ONS KUIER LEKKERDER AS LEKKER OP KUIERDAG!
DIS HÓÉ ONS DIE WÁT DOEN
DIS HÓÉ ONS DIE WÁT DOEN Leierskap is ‘n werkwoord. Dis 'n Kattekabaal!
KATasmagoriese Kaskar!
DIS HÓÉ ONS DIE WÁT DOEN
KATasmagoriese Kaskar!
DIS HÓÉ ONS DIE WÁT DOEN
Ons is terug by die huis!
DIS HÓÉ ONS DIE WÁT DOEN
Speel is ons werk
DIS HÓÉ ONS DIE WÁT DOEN
DIS HÓÉ ONS DIE WÁT DOEN
DIS HÓÉ ONS DIE WÁT DOEN
DIS HÓÉ ONS DIE WÁT DOEN
DIS HÓÉ ONS DIE WÁT DOEN
DIS HÓÉ ONS DIE WÁT DOEN