
1 minute read
Monumentale Kooroptredes
Sport
NETBAL-ROOISKATTE IS OP EN OOR DIE MAAN!
Advertisement
Ons Netbal O/13-span is Wildeklawer-kampioene Laerskool Constantiapark se netbal-eerstespan is gekies om deel te neem aan die prestige nasionale skoletoernooi, Wildeklawer, wat jaarliks in Kimberley plaasvind. Hierdie is die grootste skoletoernooi in Afrika volgens die Wildeklawer-organiseerders. Skole kan slegs op uitnodiging aan die toernooi deelneem en dit was vanjaar maar Laerskool Constantiapark se tweede jaar by die toernooi. Vanjaar het die RooiSkatte netbalspeelsters oor die landsgrense heen trotseer en net eenvoudig geskitter van baan tot baan om as Wildeklawer-wenners uit die stryd te tree na vasbyt-wedstryde! Hierdie prestasie is 'n hoogtepunt vir die span wat verlede jaar al gewys het hulle moet dopgehou word toe hulle as O/12-span onder die Top 10-span by die Suid-Afrikaanse kampioenskappe geeïndig het.
Ons RooiSkat O/13-SPAN is Gauteng-Netbal-kampioene

