1 minute read

DUBBELDOOR-BLOUBUL-SEMIFINAAL...

Ons skaakspanne is sonder keer. Ons het 'n hele 6 spanne ingeskryf vir die liga: twee O/9- spanne, 'n O/11-span en twee O/13-spanne en vir die eerste keer ook 'n dogterspan. Die spanne vaar baie goed, en ons wag op die uitslae, maar daar is 'n baie goeie kans dat ons O/9A- en O/11A-spanne na die uitspele wat op 29 Julie plaasvind sal deurdring .

Tien Rooikat-skaakspelers neem deel aan die D4-individuele proewe en Rooiskat, Alexia Jansen, vaar die beste en eindig 4de en kwalifiseer om by die Gautengproewe te gaan speel, waar sy uitstekend gevaar het en eindig gelyk in die eerste plek en stap weg met 'n goue medalje en eindig as die 2de beste O/11-Dogter in Gauteng! Wat 'n fenomenale RooiSkat!

Advertisement

Super 12-Skaak skitter onder die TOP 10

Ons juniorspan het 3de en seniorspan het 8ste uit 22 skole geëeindig. Ons Rooikat-skaakspelers eindig algeheel onder die Top Tien.

'n Dubbelallemintige twee van ons juniorspelers ontvang ook hulle bordpryse: Josh Grobler vir bord 2 en Walter de Leeuw vir bord 8

This article is from: